Charl van Rooyen – Vodacom Blue Bulls season ticket holder since 1977

The Vodacom Blue Bulls continue to celebrate 80 years of heritage as we shine the spotlight on 81-year-old Charl van Rooyen who has been a main pavilion season ticket holder since 1977. It is supporters like Van Rooyen who drive our brand to continue making strides in the bustling South African rugby landscape.

The former fullback’s attendance at Loftus Versfeld rivals some of the Vodacom Blue Bulls greats as he has attended all Currie Cup finals at Loftus Versfeld since 1977 as well as the Vodacom Super Rugby finals in 2009 and 2010.

Van Rooyen rates Northern Transvaal legends Thys Lourens and Buurman van Zyl as an inspirational captain and coach respectively while his favourite player from the modern era is Joost van der Westhuizen.

The Blue Bulls Company would like to honour Charl van Rooyen as a special guest at today’s Currie Cup match against DHL Western Province and thank him for his years of loyalty to the Vodacom Blue Bulls.

40 jaar van kykgenot op Loftus By Chatl van Rooyen

Gedurende 1976 word ek deur die firma vir wie ek destyds gewerk het na hulle hoofkantoor in Pretoria verplaas.

Daardie tyd was Tukkies en die Vrystaat my gunsteling spanne vanweë my studies en plek van geboorte.

Gedurende 1977 koop ek my 4 seisoenkaartjies op die hoofpaviljoen waar ek vandag nog sit.

In daardie tyd kry my witspan gedurig pak teen Noord Transvaal. Tot groot ontsteltenis van my oudste dogter (wat baie saam met my rugby gekyk het) besluit ek, dat ek graag ‘n wenspan in die toekoms wou ondersteun. So word
ek ‘n Bul en word die Baberton se daisy my ikoon.

Oom Ben van der Merwe, ‘n oud polisie speler sit in die ry voor my. Elke Saterdag met sy swart “blazer” en rooi das en ‘n plattetjie in sy baadjie se binnesak. Nodeloos om te sê dat elke keer as Noord Transvaal ‘n drie druk, gebruik ons iets.
Oom Ben vertel ook dat Loftus eintlik van Noord na Suid afdraend loop. As Noord Transvaal in die tweede helfte afdraend speel, wen hulle altyd.

So het ek oor die jare ‘n klomp goeie vriende gehad wat die rugby saam kon geniet. Die meeste van ons was nogal goeie rugby kenners.

Willie Reyneke het altyd sy oë toegemaak as Gerbrand Grobler pale toe skop. Sy spanning het te hoog geloop as hy pale toe gemik het. As Gerbrand klaar geskop het, kon ons sê maak oop jou oë.

Ek bly die laaste paar jaar in Bethlehem en ry nog gereeld Loftus toe om na die Bulle te kyk. Maar ai, hulle stel my so teleur!

Ek hoop elke jaar dat ek weer die ou wenkultuur sal beleef.

Ek wil die ou Noord Transvaal en nou die Blou Bulle Rugby bedank vir 40 jaar se genot wat ek op Loftus kon beleef.

My vriende van die verlede is vandag nie meer daar nie, so ek is werklik geseënd en bevoorreg om nog Loftus toe te kan gaan.

Daar is soveel gebeure en interessante staaltjies wat in hierdie 40 jaar plaasgevind het. Maar dit is te veel om alles neer te skryf.

So het ek ‘n vaste parkeerplek op die sypaadjie gehad waar ons voor en na die wedstryd met rugby kykers kon gesels en kuier. Ongelukkig kan ons nie meer vandag naby Loftus parkeer nie.

Ek sal Loftus nooit kan vergeet nie. Dit was ‘n groot deel van my lewe.