Youth and experience for Vodacom Bulls in season opener

Youth and experience for Vodacom Bulls in season opener

articles.comments (43)

Vodacom Bulls coach Frans Ludeke will look at his next generation Vodacom Bulls players to deliver the goods in the Vodacom Super Rugby season after he named a youthful looking side to face the Cell C Sharks in the season’s opener in Durban on Saturday.
Regular captain Pierre Spies will lead a team on the field with a number of players on debut and a number of others with only a handful of caps, but will also have the luxury of Victor Matfield on the bench.
Matfield will join former Sharks AJ Venter and John Smit in becoming the most capped South African Vodacom Super Rugby players and will play in his 125th match at this level.
Deon Stegmann (groin) failed a fitness test on Wednesday and was not considered, which will give Jono Ross a starting opportunity in the number 6 jersey. His fellow flanker, Jacques du Plessis, will play in the number seven jersey for the first time after an appearance at lock in his Super Rugby debut in 2013.
Springbok scrumhalf Piet van Zyl, who joined from the Toyota Cheetahs, will play off the bench, as will Jacques Engelbrecht, who joined from the Southern Kings.
Ludeke was confident that he picked the right combinations for the opening match.
“We have identified certain areas where we will have to dominate and I think we have the right combinations in place to achieve that. This is going to be a typical South African derby with a lot of focus on the breakdown and to dominate the advantage line,” he predicted.
“We respect the Sharks, but if we are accurate and play our rugby in the right areas of the field, we should get some reward for that. Our focus will be to execute and to make sure that we protect our ball, as the Sharks will be keen to counter whenever we turn over possession.”
On Matfield’s inclusion, Ludeke said: “We all know what Victor is capable of. He showed in training and our friendly match that he is still right up there amongst the best and I am confident that he will make a telling contribution when called upon.”
Vodacom Bulls captain Pierre Spies said his side does not mind the ‘underdog’ status in Durban.
“The Sharks should be one of the pre-tournament favourites. They have a lot of Springboks in their team, have loads of experience in the decision-making positions and will be playing in front of a very passionate crowd. This is exactly the type of challenges we like as a team and will go to Durban with a lot of determination and motivation.
“We have some goals to achieve and worked hard to make sure we are ready to compete against any team at any venue. The younger guys in our team bring a lot of energy to our effort and I am pretty pleased to have them in my side, rather than playing against them,” Spies said.
The Vodacom Bulls team to play the Cell C Sharks (with Super Rugby caps) is:
Jurgen Visser (11), Akona Ndungane (96), JJ Engelbrecht (33), Jan Serfontein (12), Bjorn Basson (55), Louis Fouchè (21), Francois Hougaard (56), Pierre Spies (c, 102), Jacques du Plessis (1), Jono Ross (4), Flip van der Merwe (63), Paul Willemse (5), Werner Kruger (92), Callie Visagie (23), Dean Greyling (38). Replacements: Bongi Mbonambi (2), Frik Kirsten (31), Marcel van der Merwe (3), Victor Matfield (124), Jacques Engelbrecht (14), Piet van Zyl (32), Handrè Pollard (0), Ulrich Beyers (0).
Notes:
•If they take to the field, Handrè Pollard, Piet van Zyl, Jacques Engelbrecht, Ulrich Beyers and Marcel van der Merwe will all make their Vodacom Bulls debuts. Van Zyl (Cheetahs, 32 caps), Van der Merwe (Cheetahs, 3 caps) and Engelbrecht (Kings, 14 caps) have played for other franchises.
•If he takes to the field, Victor Matfield will become the second most capped Bulls player in VSR history (117 matches), only behind Mornè Steyn (123). He will also equal John Smit and AJ Venter (125 matches) as the most experienced South African player in VSR (117 Bulls, 8 Cats).
•Francois Hougaard is one try away from 100 VSR points.
•Coach Frans Ludeke (116 matches) will extend his record as the most experienced South African Super Rugby coach. He will also be the most experienced coach in the competition across all franchises.


Jeug en ervaring vir Vodacom Bulls in openingswedstryd


Die Vodacom Bulls se afrigter, Frans Ludeke, het sy troewe in die hande van verskeie opkomende Vodacom Bulls sterre geplaas toe hy sy span vir hul openingswedstryd in die Vodacom Super Rugby kompetisie komende Saterdag in Durban teen die Cell C Sharks gekies het.
Die gereelde kaptein en agtsteman, Pierre Spies, sal ‘n span op die veld lei met verskeie spelers wat hul debuut vir die Bulls gaan maak of slegs ‘n handvol wedstryde op die vlak gespeel het.
Spies het darem die luukse van Victor Matfield as plaasvervanger. Matfield kan hom by AJ Venter en John Smit aansluit as die land se mees ervare Super Rugby speler sou hy in sy 125ste wedstryd uitdraf.
Deon Stegmann is weens ‘n liesbesering nie oorweeg nie en Jono Ross sal die belangrike nommersestrui dra, terwyl sy mede-kantman, Jacques du Plessis, vir die eerste keer die nommersewe op die rug gaan hê. Du Plessis het verlede seisoen sy Super Rugby debuut op slot gemaak.
Die Springbok-skrumskakel Piet van Zyl, wat van die Toyota Cheetahs aangesluit het, sal van die plaasvervangerbank af speel, soos Jacques Engelbrecht, wat verlede seisoen vir die Southern Kings in die kompetisie uitgedraf het.
Ludeke meen hulle het die regte kombinasies gekies vir die wedstryd.
“Ons het sekere aspekte van die spel uitgeken waar ons wil domineer en ek meen ons het die regte kombinasies gekies om dit reg te kry. Dit gaan ‘n tipiese Suid-Afrikaanse derbystryd wees met fisieke konfrontasies en ‘n fel stryd rondom die afbreekpunt en die voordeellyn,” glo hy.
“Ons het baie respek vir die Sharks, maar as ons akkuraat is en die regte rugby in die regte areas van die veld kan speel, is daar nie ‘n rede waarom ons nie suksesvol kan wees nie. Ons fokus sal beslis op goeie balbehoud moet wees, want die Sharks gaan daarop uit wees om van omgekeerde besit aan te val.”
Hy meen Matfield se insluiting was ‘n gegewe. “Ons almal weet waartoe hy in staat is en hy het in die oefensessies en in ons opwarmingswedstryd gewys die vaardighede is nog daar.”
Die Vodacom Bulls kaptein, Pierre Spies, meen dit pas sy span dat die Sharks as gunstelinge beskou word.
“Hulle kan met reg as een van die toernooi-gunstelinge beskryf word. Daar is ‘n klomp ervare Springbokke in hul span, hulle het baie goeie spelers in die besluitnemingsposisies en sal voor ‘n toegewyde skare speel. Dit is egter juis sulke tipe uitdagings wat ons as ‘n Bulls-span wil aangryp en bemeester,” het hy gesê.
“Ons het sekere doelwitte wat ons wil bereik en het hard gewerk om seker te maak ons kan kompetered wees teen enige span op enige veld. Die jonger spelers in die span bring ongelooflike energie en dit spoor almal aan. Ek is bly ek speel saam met hulle, eerder as teen hulle.”
Die Vodacom Bulls span is (met getal Super Rugby-wedstryde):
Jurgen Visser (11), Akona Ndungane (96), JJ Engelbrecht (33), Jan Serfontein (12), Bjorn Basson (55), Louis Fouchè (21), Francois Hougaard (56), Pierre Spies (k, 102), Jacques du Plessis (1), Jono Ross (4), Flip van der Merwe (63), Paul Willemse (5), Werner Kruger (92), Callie Visagie (23), Dean Greyling (38). Plaasvervangers: Bongi Mbonambi (2), Frik Kirsten (31), Marcel van der Merwe (3), Victor Matfield (124), Jacques Engelbrecht (14), Piet van Zyl (32), Handrè Pollard (0), Ulrich Beyers (0).
Notas:
•As hulle speelkans kry, sal Handrè Pollard, Piet van Zyl, Jacques Engelbrecht, Ulrich Beyers en Marcel van der Merwe hul Super Rugby-debuut vir die Vodacom Bulls maak. Van Zyl (Cheetahs, 32 wedstryde), Van der Merwe (Cheetahs, 3) en Engelbrecht (Kings, 14) het vir ander spanne in die toernooi gespeel.
•As hy opdraf sal Victor Matfield die Vodacom Bulls se tweede mees ervare speler in Super Rugby word. Dit sal sy 117de wedstryd wees, met slegs Mornè Steyn (123) wat meer gespeel het. Matfield kan hom by AJ Venter en John Smit aansluit as die land se mees ervare Super Rugby speler sou hy in sy 125ste wedstryd (117 Bulls, 8 Cats) uitdraf.
•Francois Hougaard is een drie weg van 100 Vodacom Super Rugby punte.
•Afrigter Frans Ludeke (116 wedstryde) sal die rekord as mees ervare Suid-Afrikaanse afrigter in Super Rugby verbeter. Hy is ook die mees ervare van die 15 afrigters in die kompetisie.

Pin It

Feb 12, 2014
Frans Ludeke, Pierre Spies

(43) Youth and experience for Vodacom Bulls in season opener

  1. gravatar Muzi says:
    Ok....I must admit at first I wasn't sure if FL was bold enough to include some of the youngsters....without a doubt this is our best match 23 bar one or two players...not complaining at all.
    It's not how you start but it's how you finish the match that determines the result....our bench isn't all that bad we have quality to put up a fight against the guppies.
    I am especially pleased for Du Plessis.....Bongi.....Willemse...Beyers...Pollard...Bongi and Marcel I believe they will make a massive difference this season.
    Yes....I am not a Jono Ross fan BUT FL went for more bulk in the loose trio...pity Steggies is out injured....Louis Fouche is time to make a name for yourself lad hopefully you can prove me wrong this season.

    Hou By Die Blou!!!!
  2. gravatar Lekkerblou says:
    Sekerlik die swakste lostrio in die S15.Het darem my Superbru pick makilik gemaak.Sal altyd agter die Bulle staan,maar my nagmerrie(Ross) het waar geword!
  3. gravatar Colin says:
    Ek verstaan nie meer nie. Ulrich Beyers en Jono Ross hoort nie daar nie. Veral Jono, wie rate hom? Die Sharks se pak gan amok maak. Ek hoop JL Potgieter word vinnig in die span in gebring.

    Die res vand die span is solid, maar daar is baie ouens wat gan moet step-up. Paul Willemse het BAIE om te bewys, ek sou eerder Matfield en Flip op sy actual 4 posisie start.

    Good luck
  4. gravatar Bullebakkies says:
    Goeie agterlyn, slotpaar. Dis al wat ek kan se.



  5. gravatar SUIDKAAPBUL says:
    Hierdie is n maklike bonuspunt oorwinning vir die Sharks.Van die spelers wat hier gekies is hoort in die Vodacom span..Gaan nie name noem nie want mens mag mos nie persoonlik raak nie.
    Die seisoen het nog nie begin nie en Steggiies is klaar beseer.
    As my voorspelling hierbo nie reg is nie sal ek Maandag op die blog verskoning vra.
  6. gravatar Vusi says:
    In Frans Ludeke we trust. i am excited to see what impact Piet, Handre, Beyers, Engelbrecht bring. Our loosies are going to have a hard time against Alberts, Marcel, Deysel and those gents but this is a learning curve...who knows...The Bulle might have something up their sleeve.

    Jan and JJ...show them boys! Fouche...territory and penalties...thats all we want from you. Bjorn and Akona...chase those kicks and compete compete compete.

    Werner and Dean...scrum boys!
  7. gravatar Bullebakkies says:
    Ek neem aan WSS sal nog sy kans kry. Beyers net daar omdat hy meer posisies kan cover?





  8. gravatar Cornelius says:
    Dit is die span kom ons staan by hulle, en hoop van die beste
    GO BULLS
  9. gravatar Bullsrbest says:
    Very sorry that L-P not playing - I still think he is our best hope at flyhalf otherwise the teams is really gr8 - I think we can put in a good fight on Saturday - you show them boys. GO BULLS !!!!
  10. gravatar FRANNABUL says:
    Ons gaan nie ver wen nie....
  11. gravatar Bloukaap says:
    Jip. Paar goed wat gaan uitstaan:


    Soos Frans self se, numbers at the breakdowns. as die laaste CC game teen die cheetahs 'n maatstaf moet wees, moet Ross sy sokkies optrek.

    excecution: wat basies beteken die baldraer kan ook nie geisoleerd wees teen 'n Bok trio nie en ook nie so regop soos 'n liniaal nie. Ek hoop Jacques du Plessis is goed gecoach in die afseisoen.

    Skrumtyd teen die Bok voorry gaan yslik wees. ek is verheug oor die subs voorry. as ons die laaste 20 minute nog in die game gaan wees kan dit in ons guns tel.

    ons wil in regte gebiede speel: Louis Fouche se skopwerk sal op die tiekie moet bly en sy kanse pale toe benut. Maar jy kan net in die regte gebiede speel as jy voorlangs domineer of jou opponente soveel foute maak dat jy hulle onder druk kan hou.

    verdediging agter die gain line: die sharks hou ook van in contact charges. Ons manne gaan hul tackles moet ken om hierdie ouens agter die voordeellyn te keer.

    balhantering in humiditeit: ons rekord op Kingspark in die laaste 5 games lyk heel skaflik. maar hierdie game word vroeg in Februarie gespeel. John Plumtree het opgemerk dat dit beter vir die Sharks is om vroeg te toer agv Durban se sweterige weer. dit kan die speeelveld dalk net gelyk maak.

    Overall een helse challenge vir paar jong ouens om hulself te meet teen die Bestes. Hulle speel immers teen die betse pak in die reeks. hopleik sal die lynstane ons kan help om die Sharks te klop. Ons het verlede jaar beide games teen die Sharks net-net gewen oor twee redes:

    Lynstane en dryfmale wat hulle konstant onder druk geplaas het;
    Morne Steyn se akkurate skopvoet.
  12. gravatar Leon/Bpouest says:
    So lank Beyers n kans op heelagter kry en nie vir JJ sub nie is ek happy, behalwe as JJ by Akona oorvat op 60. Van Ross wil ek nie eers praat nie. Verder dink ek ons kan dit maak vir n eerste wen.
  13. gravatar Shannow says:
    Are positive comments mandatory or can we be honest about our team's realistic prospects this year?



    Kom ek volstaan maar net met die raad dat ons nie ons verwagtinge te hoog moet stel hierdie jaar nie, manne.

    Heeltemal te veel Vodacom Beker vlak spelers, en te min Internasionale Bok gehalte spelers in hierdie groep.

    Manne teen seuns is wat Saterdag vir ons wag. En ek hoop julle het genoeg realisme om te besef wie is die manne en wie is die seuns in hierdie vergelyking.
  14. gravatar blueiq says:
    Shannow.

    Welcome back.Lets not be blindly loyal nor excessively optimistic.

    One positive: Its early season so the Sharks juggernaut may not be fine-tuned yet. Maybe we catch them when they are overconfident?
    Pity that our two first choice loosies are already out of action.
    I do get irritated how everyone picks on Jono. The man does not pick himself. How must his confidence be when he reads this? Its not his fault that Steggies is injured. Who else is there to play fetcher?
  15. Sjoe manne ek weet nie so lekker nie. Ons spannetjie lyk vir my heeltemal te lig in die broek. Dit pla my verskriklik om dit se maar al FL die coach wat al 100+ games gecoach het kan jy nie beton maak uit jellie nie. Ek sal absoluut verheug wees as ons net 'n BP kan verdien saterdag.As ek kyk na die tjietas se stutte raak ek groen van jaloesie.

    Die agterlyn laat my effens beter voel maar kan jy kan ook nie driee drul as jy die bal het. JS en JJ gaan saterdag tackle tackle tackle.

    Bewys my verkeerd. Asseblief!!
  16. gravatar Shannow says:
    Die realiteit van die huidige Bul span is goed opgesom vandag in n artikel deur n rugby joernalis van een van die groot rugby webblaaie, wie se naam ek nie nou gaan noem nie.

    Kortliks opgesom het die Bulle lank vooruit geweet dat ons 2007 sterre geleidelik sou begin uittree, maar sedert die verlies van ons kontrakterings guru aan die Bokke, het ons kontrakterings strategie eenvoudig in duie gestort.

    Die eindresultaat is dat ons met n uiters onervare en ondergemiddelde Bul groep sit in vergelyking met enige seisoen sedert 2003/4.

    Dis n tragedie dat die huidige stand van sake toegelaat is om te ontwikkel, veral as in ag geneem word watter platform die 2007-2010 goue era vir ons geskep het.

    n Mens kan maar net jou kop skud in moedeloosheid, en wonder hoe op dees aarde ons in hierdie posisie beland het. Dit terwyl die Sharks net vooruit boer met helfte van die huidige Bok span in hulle geledere.

    Ja swaer.
  17. gravatar le Blues says:
    As hierdie lostrio afkom, sal ek om verskoning vra - dink nie dit is die beste en regte keuse/kombinasie. Sterkte aan almal - veral hulle.
  18. gravatar jps_bluebull says:
    Ulrich Beyers played one game last year did he not? Against the Waratahs if I remember correctly. So article stating he will make his debut is wrong.
  19. gravatar Jimmy says:
    Hemel tog Snannow, daar is nog nie eers een wedstryd gespeel nie en ons moet al klaar na jou klaagliedere luister. Verlede jaar was dit dieselfde storie en daar wen ons nie net die konferensiebeker nie maar amper amper die toernooi. Soos jy sê: “ ‘n Mens kan maar net jou kop skud in moedeloosheid” Hoekom verswyg jy die naam van die joernalis Shannow? Post asseblief die artikel, ek sal dit graag wil lees.

    Jake White moet pasop, hy sal nog so mediteer oor ‘n sogenaamde Chinese militaris dan stamp die Bulle hom en sy spannetjie plat. Daar in die Sharktenk boonop waar meer trane as sjampein nog ooit gevloei het…

    Hou by die Blou my Volk.., jy ook Shannow! Nitronic en Suidkaapbul try julle bes ook asseblief.
  20. gravatar JRJ says:
    Die Sharks het baie sterk span, goeie afrigter, en altyd 'n goeie game plan. En as plan A
    nie werk nie, is daar altyd 'n B of 'n C. So enige span sal sukkel om hulle hierdie jaar te
    klop. Die bulle se span is nog jonk, die bestuur het Helse foute begaan deur al daardie
    senior spelers te laat gaan, en nie toepaslike plaasvervangers te kry nie. Die spankeuses
    lyk ook of dit weereens deur PYN in die g*t pienaar gemaak is. Maar nou ja, wat kan ek
    se'. Sharks gan saterdag die wedstryd met gemak wen. Sharks by 16+.
  21. gravatar Mark says:
    Wat is FL so behep met Jono Ross en Jacques Du Plessis??????? Die Sharks gaan ons mors by die afbreekpunte? Al drie hul losvoorspelers is vinniger en beter as ons sin en dan het hul nog vir Bismarck ook???????
  22. gravatar Werner says:
    Ek het net een vraag vir die BB bestuur (wat in hul wysheid goeie ervare spelers weggejaag het-Potgieters- en vervang het met spelers wat nie op standaard is nie - seker goedkoper) wanneer word dieselfde oefening gedoen onder bestuur waar daar duidelik mense is wat nie op standaard is nie. Is dit nie tyd dat ons soos Sharks huis skoonmaak.? Bly altyd getrou Blou. (Miskien wie weet sit ek pot mis en bestuur weet wat hulle doen en daar wag n aangename verrassing op ons die jaar. Maak ons trots BULLE!
  23. gravatar Shannow says:
    More Jimmy.

    Jy is inderdaad die "Ewige Optimis", en ek respekteer jou daarvoor.

    Die punt wat ek maak, is dat die voorspelbare weeklikse geween en gekners van tande, en die holrug refrein: 'Ons het die spelers, so waar is die problem?", regtig onkundig is.

    Die feit waarmee heelwat van die ondersteuners moet vrede maak is dat ons inderdaad NIE die spelers het nie. Dis nie die afrigter wat swak is nie. Daardie afrigter het 2 Super Rugby titels agter sy naam. Dis die kontrakteringsbeleid wat nie op standaard is nie.

    Gee vir Frans Ludeke spelers soos Bismark en Jannie du Plessis, Beast Mtawarira, Willem Alberts, Marcel Coetzee, Frans Steyn, Lambie (noudat ons vir Morne verloor het), etc. etc. en hy vee almal voor hom plat.

    Die rekordboeke sal wys dat Super Rugby kampioenspanne topgehalte spelers in gemeen het. Die kwaliteit speler is baie belangriker as die kwaliteit afrigter.

    So om te verwag dat Frans n haas uit sy hoed moet pluk en spanne propvol huidige Bokke met n groep groentjies moet platvee is onsinnig.

    Die manne wat meer verwag, en dan weekliks kop krap oor waar alles nou weer verkeerd geloop het, hierdie raad is vir julle.

    Pas jou verwagtinge by die omstandighede aan, en probeer eerder regmaak wat verkeerd geloop het. Naamlik die kontrakterings strategie.
  24. gravatar Bullebakkies says:
    Dis die swakste lostrio wat ek in 10 jaar gesien het! Jono Ross sal by geen ander S15 span plek kry nie. Ek glo nie eers ek sal hom vir Tuks kies nie! Jean Cook word laat gaan...daar is GROOT fout met ons kontraktering soos Shannow genoem het.

    Dink ons kort n goeie skoonmaak aksie soos wat die Haaie gedoen het. Al Heyneke se harde werk v 2002/3 - 2007 word nou ongedaan gemaak!
  25. gravatar Le Blues says:
    iets wat ek van my hart af wil kry sommer vroeg in die jaar: die feit dat iemand 'n opinie uitspreek dat die Bulle gaan verloor maak nie van jou 'n dislojale ondersteuner of negatief nie. Ek ondersteun die span maw ek skree vir hulle, ek is baie bly as hul wen en ek is spyt as hul verloor MAAR ek bly objektief en gebruik my gebrekkige kennis as ek 'n uitspraak lewer oor 'n verwagte uitkoms. Om te redeneer jy moet altyd glo hul gaan wen, maak jou nie lojaal nie, maar eerder 'n blinde en naiewe ondersteuner.
  26. gravatar Gazza says:
    Guys, whatever happened to Sean Addendorf???

    I watched him a few years ago for the SA U20's and he looked like a really good flanker....

    Big, strong and good fetching skills too.

    How come he's not even in the big group of players????

    I'm absolutely dumb fouded.....
  27. gravatar Netblou says:
    Stem 100% saam met Jimmy. Hy sonder een ondersteuner uit wat negatief is. Daar is egter die grootste gros wat net kla. Dis soos met Matfield wat nou uitgekryt word vir die 2015 wêreldbeker. Hy is nog nie eers vir die bokke gekies. Kom ons gee die span, insluitend afrigter a kans; daar is nog al die S15 wedstryde wat voorlê
  28. gravatar Shannow says:
    In elk geval. Ek wens die manne sterkte toe en hoop hulle oortref alle verwagtinge. Ek weet hulle gee hulle beste op die veld.

    Ek weet maar net hoe die spanne op papier vergelyk en kan daarvolgens op n logiese basis my persoonlike verwagtinge formuleer.
  29. gravatar Rifrug says:
    Sal maar eers wag en sien wat gebeur Saterdag, maar beslis nie baie optimisties nie.
    Stem 100% saam met Le Blues se kommentaar.
  30. gravatar Le Blues says:
    According to Sharks website editor Michael Marnewick, the team White has named includes 11 Springboks in the starting line-up with a further three on the bench as he has been able to name pretty much a full-strength side.
  31. gravatar Jimmy says:
    LE BLUES, nou is ek regtig bang.
  32. gravatar ayms says:
    Dankie tog.As julle kaptein van voor kan lei sal julle kan verras saterdag,hoop spies se 3jaar rus period is verby
  33. gravatar Bloukaap says:
    Jimmy

    Wta dink jy gaan Saterdag gebeur?
  34. gravatar Bloukaap says:
    Shannow

    Ek het ng altyd jou opinie respekteer. Keep on posting.

    Dis vir my ook frustrasie gewees om die ooglopende bloopers met kontraktering te sien. Jy kan ngelukkig nie diesuper 15 ingaan sonder genoeg diepte nie. Ons moet weet die krisis was hoog in die feit dat victor terug is. Die spel is so vinnig en hard deesdae dat ons grootste vrees is nie diepunteleer nie maar beserings. Ek dink die voorste linie Bulle sal hulself kan laat geld, maar daarna is ek bekommerd, veral in die lostrio posisie. Ek sien hierdie super 15 ongelukkig soos verlede jaar se curriebeker: 'n leerskool. Maar dan wil ek byse dat ek nie wil he die leerskool moet ontaard in 'n dom getjommel nie. Dit was uiters frustrerend om die Bulle se Curriebeker veldtg te aanskou.

    Ek dink op loftus sal ons kompeterend bly en mag selfs alons games daar wen. Weg vd huis af gaan ek baie versigtig enige voorpsellings waag.
  35. Die BULLE gaan rape knor. As hulle wen sal ek op hierdie blog rape knor
  36. Blou bul groete aan al die Blou Bul ondersteuners. Hier in die Suid Kaap kry die Blou Bul ondersteuners swaar, maar ons bly Bulle. Kom ons kyk wat doen die Los trio teen die bokke van die Sharks dan praat ons weer. Stem sam dit is nie ons Beste Los trio nie, maar meskien speel hulle ons still veral Jono Ross. Dit gaan bloed sweet kos, maar ons kan dalk net die over confident Sharks en Jake White verras. Sterkte Bulle

    4638365 112
  37. Bloukaap en ander,

    Ek was op Loftus met meeste Curriebeker wedstryde en het die pyn eerstehands ervaar. Ek het die verslae Bulle ondersteuners gesien toe die Leeus besluit om die krane oop te maak in die tweede helfte en toe die Stormers met 14 man die span vol gate hardloop. So ek is een wat nogal lugtig is om sommer oorhemels positief te raak oor hierdie Super Rugby seisoen.

    Daar is egter 'n paar dinge wat my versigtig optimisties maak, en ek wil dit net deel so uit my eie klein wereldjie.

    1. Die verskil tussen CB en Super Rugby is in die ervaring om jou
    Die Bulle het meestal maar 'undercooked' gelyk in die CB, en gebrek aan ervaring het goed uitgestaan. Die 'jonges' moes maar self die spit afbyt en het soms lelik tweede gekom - ten spyte van talent en potensiaal. Ons het egter nou 'n klomp spelers terug wat ervaring kan gee aan die jong klomp, en wat die algemene spelpeil van die span heelwat lig. Ek dink nie ons moet die kans om nou skielik tussen veel beter spelers te kan speel onderskat nie. Die jonges se spel gaan verseker lig. Of dit egter genoeg gaan lig om die finale verskil te maak op die uitslae sal ons maar moet sien.

    2. Die ondersteuning-span is beter
    Daar was een of ander stadium 'n artikel wat gegaan het oor die absolute sinergie tussen Heyneke Meyer, Frans Ludeke en Ian Swartz. Dit het vertel hoe die drie saam 'n ongelooflike gdugte span gevorm het. Ons het wel HM en IS verloor, maar ek reken ons het steeds HM erens in die agtergrond (nou wel met 'n oorhoofse hoed aan) wat sy insette vir FL gee. En ons moet nie die tyd wat FL gehad het om die patrone uit die 2013 seisoen te analiseer onderskat nie. Tyd sal wel leer of hy genoeg geleer en reg voorberei het. Die grootste vraagteken is seker steeds hoe sterk en hoe reg die topbestuur is om hierdie skip steeds op die regte pad te lei.

    3. Voorbereiding was goed
    In verskeie onderhoude het dit wel uitgekom dat die spelers lank laas so fiks en voorbereid was soos nou. Van die Springbok skrum afrigter se sessies met die Bulle tot die kondisionering en so meer was daar groot klem op voorbereiding gewees. Dit lyk wel asof HM vir al die spanne aangehits het om hulle kondisionering te verskerp, so ons sal sien of dit wel 'n bonus vir ons sal wees. En so ook die ander voorbereiding: was al die werk goed genoeg?

    4. Die harte van die spelers
    Om goed te doen moet jou self-geloof reg wees. My ervaring van die CB toernooi 2013 was dat die jong manne se self-geloof so effens gekwyn het. Wel, sover klink dit anders met die Super groep, maar die seisoen is nog lank en die grootste uitdaging gaan wees as die Bulle terugkom van Durban af met 'n verloor in hulle sakke of hulle dit kan wegsit en vorentoe kyk sonder dat dit hulle uitkyk beinvloed. Die Super groep van 2013 se self-geloof was goed, maar individue soos Francois Hougaard het gesukkel met dinge buite die spel, en dit kon gesien word op die veld. Hierdie jaar het hy nuwe liefde, nuwe motivering om sy plek in die Bokspan terug te kry, so dit kan net die res positief beinvloed.

    5. Underdog is nooit te versmaai nie
    Die Bulle het net die vermoe om teenstand postief te draai. Die 2007 seisoen was 'n goeie voorbeeld. Verloor teen die Haaie in Durban, speel die eindstryd weer daar en het 'n groot uitdaging gehad om daar te kom. En dan in die laaste sekondes druk ons die wen deur. Hierdie, saam met die vorige punt, kan 'n uitmuntende positiewe reaksie meebring as reg bestuur word. Selfs die meerderheid van die ondersteuners wat negatief is oor die voouruitsigte kan slegs positiewe energie in die span veroorsaak.

    Wel, dis maar 'n paar punte wat ek as leek sien van my enige perspektief, en ek weet verseker nie alles nie. Wat ek wel weet is dat alhoewel my Superbru die naweek nie my span bo het nie, skryf ek hulle verseker nie af nie, en ek sien regtig uit na die seisoen, want enige iets is moontlik. Ons het die talent, ons het 'n paar sterre, ons het 'n kans. Verseker gaan ek trots my blou bloed uitleef in hierdie seisoen, want ons eet nie van die grond af nie. Maak nie saak hoe sleg dinge lyk nie.
  38. gravatar Jimmy says:
    Diegene wat dink dat my positiwiteit my blind maak vir die tekortkominge in die Bulkamp sit die pot ver mis. Shannow, ek verstaan beter as wat jy dink. Eintlik wat my half krapperig gemaak het was daai sinnetjie van jou van die Haaie wat glo vooruit sou boer. Dis jou goeie reg om te komplimenteer waar jy dink ‘n kompliment in orde is maar ek het nie een goeie woord vir die gemors nie. Bloubefoeterd, hopelik kry jy ‘n paar kleinerige rape in die hande :) Enige persoon is geregtig op sy mening Le Blues, so ook die persoon wat daarop kommentaar lewer. Die belangrikste is dat ons net nie persoonlik moet raak met mekaar nie. Bloukaap, ek dink die Bulle gaan vriend en vyand verras en wen. Nie een van die spelers of afrigters gaan die wedstryd tegemoet met die mindset dat ons gaan verloor nie, ek verseker ook nie.

    GEE DIT HORINGS BULLE!!!!!!!!
  39. gravatar jimmy says:
    Ek kom nou by die huis na 'n lang nag van mielies gooi. Orals twis die Sharkies en die WP oor wie nou eintlik die beker gaan wen. Ha ha..

    Bulle bly die beste..
  40. gravatar Bluedig says:
    Shannow en kie, ek lees wat julle sê en het begrip vir jul mening. Net een punt. Die bulle is net so goed soos enige ander span in die kompetisie met goeie spelers wat vandag teen die sards speel. Ja, die sards het n halwe springbokspan en sommiges begin al ou kant toe staan. Verder is daar baie spelers wat nie springbok kleure verdien nie maar met die naam loop. Dit maak hom nie noodwendig die beste in n span of wedstryd nie. Ongelukkig word springblok truie uitgedeel soos peanuts. As ek reg onthou dit was in 1969 toe daag die wp by loftus op met n span gelaai met springbokke en Noord Transvaal het hulle gevreet. Frik se drop, place en score wedstryd. So enigiets is moontlik vandag en die seisoen. As die bulle reg ingestel is kan ons wen. Dit is egter n tuis wedstryd vir die sards. Dit is games wat jy moet wen. Indien die bulle wen vandag is dit n groot bonus vir ons. Sterkte aan my geliefde bulle. Gaffel soos helde van eens vandag.
  41. gravatar Jimmy says:
    Bluedig, jy's 'n man so na my hart. Sulke mooi woorde soos die tyd toe die Herders nog die kleed gedra het. Oppad Bruilof toe.. Gaffel hulle Bulle, Gaffel hulle in hulle moere in!!!!!!!!!!!!!!!
  42. gravatar Barrybul says:
    The season starts, not the best team on paper but lets see what happens, I hope and trust that this season will be an improvment on last year, go BULLS!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *