Blue Bulls schools/club league gets major boost

Blue Bulls schools/club league gets major boost

articles.comments (7)

The Blue Bulls Rugby Union and their Schools Rugby Association, in co-operation with sports promoter Willem Strauss and coffee retail franchise Enrista, on Wednesday announced an innovative and exciting new rugby competition that will combine club and schools rugby that will boost player numbers for both entities.

The Enrista Future Blue Bulls competition will see the eight Carlton League clubs combine with schools in their general catchment area in a tournament that will involve 46 schools teams competing in those eight club sides.

The Future Tuks, Future Police, Future Centurion, Future Oostelikes, Future Valke, Future Naka Bulle, Future Harlequins and Future Vikings will all enter u.19 teams, consisting of only matriculants, in the new competition.

No player who represented the Blue Bulls Schools Association in any representative week (like the Coca-Cola Craven Week) will be eligible for these teams.

"This will not only broaden our player base, but will also benefit players from smaller schools and those who develop a bit later, as they will now have a platform to showcase their talents," Strauss said.

"We have perfect examples of such players in Marcel Coetzee and Juan Smith and we believe this competition can deliver gems like that."

The tournament will be played in the June school holidays and all teams will play three matches. A similar tournament for the Valke province is also in the planning stage and Strauss hopes to see the concept become a nationwide one.

"We see the clubs/schools league as the way forward to grow the game," said Strauss.

It was an easy buy-in from their side, according to the Chief Executive Officer of the Blue Bulls Rugby Union, Dr. Eugene Hare.

"All unions in the country have issues with numbers in club rugby and this initiative can produce a big number of school players that will continue playing after school. It is also important to expose schools players to the club rugby culture and this will make that happen."

All schools players will be capped by their respective clubs.

Ferdie Niemand, chairman of the Blue Bulls Schools Rugby Association, see a number of benefits in this venture.

Not only will this boost playing numbers amongst clubs, but could provide another pathway for talented players, he said.

"We can only accommodate a small number of talented players in our provincial teams, but this tournament will give a host of players another opportunity to play in a very competitive environment.”

Enrista's Andre van der Westhuizen saw an easy fit between their products and this project.

"We started our involvement in rugby by sponsoring the Blue Bulls referees and extended that last year to the u.18 Craven Week side. We are keen to reward our loyal customers and research showed that they loved their rugby as much as our coffee, so we decided to get involve at the grassroots tier. It is really concerning to see the number of schools players quitting the game after school and we believe this tournament will help to keep school leavers in the game."

For more information on the Enrista Future Blue Bulls tournament, please contact Ferdie Niemand at 084 548 1148.

 

Blou Bulle klub- en skolerugby kry reuse hupstoot

Die Blou Bulle Rugby Unie en sy Skolevereniging, in samewerking met sportpromotor Willem Strauss en die koffiegroep Enrista, het Woensdag op Loftus Versfeld ‘n innoverende nuwe rugbyreeks bekend gestel wat skole en klubs kombineer en ‘n broodnodige inspuiting in die spel sal bring en nuwe lewe in klubrugby blaas.

Die Enrista Toekomstige Blou Bulle kompetisie gaan die agt Carltonligaklubs met skole in hul normale opvangsgebied kombineer en in ‘n nuwe kompetisie laat meeding waarin 46 skole in agt spanne sal speel.

Die Future Tuks, Future Polisie, Future Centurion, Future Oostelikes, Future Valke, Future Naka Bulle, Future Harlequins en Future Vikings sal almal o.19 spanne met slegs matriekleerders in die nuwe kompetisie inskryf.

Geen speler wat vir enige van die Blou Bulle Skolevereniging se verteenwoordigende spanne (Cravenweek ens.) gekies is, sal vir diè spanne kan speel nie.

“Dit sal nie net verseker dat ons die spelerbasis verbreed nie, maar ook aan spelers uit kleiner skole en diegene wat bietjie later ontluik, ‘n verhoog bied om hulle talente uit te stal,” het Strauss gesê.

“Spelers soos Marcel Coetzee en Juan Smith is sprekende voorbeelde van sulke spelers en ons hoop dat hierdie kompetisie soortgelyke talent sal oplewer.”

Die toernooi word tydens die Junie skolevakansie gespeel en elke span sal drie wedstryde speel. ‘n Soortgelyke reeds vir die Valke-streek vorder goed en Strauss hoop om die toernooie binnekort nasionaal uit te brei.

“Ons sien die skole/klubliga as die pad vorentoe om die spel op voetsoolvlak te groei,” glo Strauss.

Volgens die uitvoerende hoof van die Blou Bulle Rugbyunie, Dr. Eugene Hare, was dit maklik om die idee te ondersteun.

“Elke unie in die land ervaar druk met getalle wat afneem onder klubspelers en hierdie inisiatief kan beslis ‘n klomp nuwe spelers deurbring wat nà skool sal aanhou om rugby te speel. Ewe belangrik is die feit dat skolespelers nou die geleentheid sal kry om kennis te maak met die kultuur van klubrugby.”

Spelers sal ook kleure by die klubs verdien.

Ferdie Niemand, voorsitter van die Blou Bulle Skolerugbyvereniging, het gesê die kompetisie sal nie net ‘n klomp skolespelers aanwakker om by die klubs aan te sluit nie, maar hopelik ook erkenning gee aan verskuilde talent.

“Daar is net soveel seuns wat ons spanne vir die provinsiale toernooie kan haal en hierdie toernooi bied ‘n verdere geleentheid aan ons skolespelers om op ‘n hoëvlak mee te ding.”

Enrista se Andre van der Westhuizen het gesê dit was maklik vir hulle om by die projek betrokke te raak.

“Ons het aanvanklik die BBRU se skeidsregters geborg en toe verlede jaar die o.18 Cravenweekspan. Ons wou graag ons borgskap uitbrei om meer van ons tradisionele en getroue verbruikers te bevoordeel en te beloon en hierdie is so ‘n geleentheid. Dit is kommerwekkend hoeveel seuns nà skool ophou speel en en ons glo dat hierdie kompetisie hulle sal oorhaal om nà skool steeds by die betrokke klub aan te bly en rugby te speel. Ons is baie opgewonde oor die potensiaal en aard van die kompetisie. Die idee dat skole en klubs kombineer pas by ons visie van betrokkenheid op meer as een vlak.”

Vir meer inligting kan Ferdie Niemand by 084 548 1148 geskakel word.

Pin It

Feb 26, 2014

(7) Blue Bulls schools/club league gets major boost

  1. gravatar FRANNABUL says:
    Slim plan. Om die regtig te laat werk moet dit glad nie op kwotas gebaseer word nie, slegs op meriete. Dit sal vir die seuns wat nie die Cravenweek span gemaak het nie, die geleentheid gee om ook op 'm hoer vlak rugby te speel!
  2. gravatar Hans says:
    Klink na 'n blink plan.

    Wanneer word die reeks beoog?
  3. Ek sien FL sê dat Fouche was ons beste speler in die 2012 Curriebekerreeks! FL, asseblief skrik wakker. Hy was pateties en dit was die seisoen toe Lionel Cronje die heeltyd op die bank moes sit en Fouche jaag aan wedstryd na wedstryd!

    Ons kyk nie dieselfde wedstryde nie en dit maak my baie bekommerd as 'n hoofafrigter sulke snert kwyt raak.
  4. gravatar jan marais says:
    dis nou een van die beste innovasies om rugby te bevorder in baie lang tyd - baie geluk Bulle en Willem Strauss met hierdie inisiatief! Daars net positief hierin - soveel talentvolle seuns gaan verlore en kry nie kans agv blootstelling en in kleiner skole - sal klub rugby n groot huptstoot gee en dis so gesond vir die toekoms en dink net aan die gemeeskap se betrokkenheid! Hoop Atteridgeville, Mamelodi ens ook deel hiervan - moet ons eie spelers daar ook ontgin.
  5. Dis n wonderlike idee! Ons het al jare lank n probleem met bloubul keurders by die klubs, die keurders beweeg ook elke jaar saam met die ouderdoms groepe en elke jaar word dieselfde spelers gekies. Dit maak spelers moedeloos!
  6. gravatar Brett Bull says:
    Stem saam POEPIN... Fouche was nog nooit goed nie en om te dink ons het hom ingetrek bo iemand soos Boshoff. Dit gaan my verstand te bowe, weet nie wat het hulle in die kanaalaap gesien nie.
  7. gravatar wimpie nel says:
    Baie geluk Bulle met 'n goeie wen al was dit teen 'n swak lions span. Dit gaan moelik wees vir die lions om as gunstelinge op te daag hulle moet die "underdog" wees. Maak asb vir Serfontein 'n 13 en JJ 'n vleuel. Geluk aan JL Potgieter met 'n goeie wedstryd. Julle is reg dit is presies waar die bulle bestuur verkeerd gegaan het nl. werwing en kontraktering van spelers. Ek vermoed bulle gaan bloei teen die blues omdat hulle van enige plek kan aanval en ons die bal vir hulle gaan skop. Die bulle 15 en 9 is op geleende tyd. Piet is beter as Hougaar en maak vinniger skoon. Wat van Jesse Kriel op 15. Geluk met skole inistiatief dit kan definitief werk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *