Vodacom Bulls verander vier in beginspan

Vodacom Bulls verander vier in beginspan

articles.comments (35)

Jacques-Louis Potgieter draf Saterdag vir die eerste keer sedert 15 Mei 2010 as losskakel uit vir die Vodacom Bulls in een van vier skuiwe wat die tuisspan aangebring het vir sy Vodacom Super Rugby tuiswedstryd teen die Lions op Loftus Versfeld.
Die 29-jarige losskakel is saam met Grant Hattingh (no 8), Victor Matfield (no 5) en Frik Kirsten (op vaskop) in die beginspan ingesluit vir die span se eerste wedstryd op sy tuisveld vanjaar.
Potgieter vervang Louis Fouchè in die wedstrydgroep van 23, Hattingh skuif agtsteman toe in die plek van Jacques Engelbrecht, Matfield skuif in Hattingh se plek en Kirsten roteer met Werner Kruger, wat saam met Engelbrecht bank toe skuif.
Paul Willemse is terug in die groep en vervang Wiaan Liebenberg as plaasvervanger.
Die veelsydige Potgieter het laas vir die Vodacom Bulls as plaasvervanger-senter in die eindstryd van die 2010-reeks teen die Stormers in Soweto gespeel en het daarna vir die Cheetahs, Sharks en Bayonne uitgedraf.
Hattingh, wat ‘n hele paar wedstryde as kantman op die kerfstok het, sal in sy eerste Super-wedstryd op agtsteman uitdraf.
Die Vodacom Bulls se afrigter, Frans Ludeke, glo die veranderinge aan die beginspan sal die span to groter hoogtes aanspoor en die nodige vuur verskaf wat tot dusver ontbreek het.
“Dit is nog vroeg in die toernooi, maar ons moet eerlik met onsself wees en erken dat dinge nie goed gegaan het nie. Ons kan eenvoudig nie ‘n herhaling van die afgelope twee weke se pogings bekostig nie. Ons was traag in ons uitvoering en kern fases. Die Lions is boonop propvol selfvertroue en ons sal van meet af hard en doelgerig moet speel.”
Hy glo die skuiwe kan vrugte afwerp.
“Jacques-Louis het al 42 wedstryde op die vlak gespeel en hy sal daardie ervaring tot ons voordeel moet benut. Victor bring kalmte en sal hopelik rigting gee in ons fasespel, veral in die vaste fasette. Ek is ook opgewonde oor Grant se vertoning op no. 8. Hy is ‘n uiters gebalanseerde rugbyspeler wat die spel goed lees en verstaan.”
Flip van der Merwe behou die kapteinskap waarmee hy verlede week toevertrou is.
“Ons is beslis onder die aanvaarbare standaard wat gestel is,” het die slotvoorspeler Woensdag by die spanaankondiging in Pretoria gesê.
“Dit is ons eerste tuiswedstryd na twee moeilike naweke in Durban en Bloemfontein en ons moet ons turf verdedig. Die Lions speel met geweldige passie, vaardigheid en akkuraatheid, juis die aspekte waarna ons streef om baie goed uit te voer.”
Die span teen die Lions (met Super-wedstryde) is: Jurgen Visser (13), Akona Ndungane (98), JJ Engelbrecht (35), Jan Serfontein (14), Bjorn Basson (57), Jacques-Louis Potgieter (42), Francois Hougaard (58), Grant Hattingh (22), Jacques du Plessis (4), Jono Ross (6), Victor Matfield (126), Flip van der Merwe (65, k), Frik Kirsten (33), Callie Visagie (25), Dean Greyling (40). Plaasvervangers: Bongi Mbonambi (3), Werner Kruger (94), Marcel van der Merwe (5), Paul Willemse (6), Jacques Engelbrecht (16), Piet van Zyl (34), Handré Pollard (2), Ulrich Beyers (3).
Notas:
•Victor Matfield verbeter sy rekord as Suid-Afrika se mees ervare speler in Super Rugby en speel in sy 127ste wedstryd. Met agt daarvan vir die Cats, is hy steeds tweede op die Vodacom Bulls se lys, met Mornè Steyn (123) die mees ervare.
•Francois Hougaard kort een drie om 100 Vodacom Super Rugby punte agter sy naam te skryf.
•Afrigter Frans Ludeke sal sy rekord as mees ervare SA afrigter in Super Rugby na 119 wedstryde verbeter. Ludeke is die mees ervare afrigter in vanjaar se kompetisie.

Vodacom Bulls change four in starting team


Jacques-Louis Potgieter will earn a first Vodacom Bulls start at flyhalf since 15 May 2010 when the home side host the Lions in their first home match of the Vodacom Super Rugby competition at Loftus Versfeld on Saturday.
The 29-year old pivot is one of four changes made to the starting side that came up short in Bloemfontein last weekend, with Grant Hattingh (as no 8), Victor Matfield (at no 5) and Frik Kirsten (as starting tighthead) the others to earn a start on the weekend.
Potgieter replaces Louis Fouchè, who drops out of the match 23 altogether, Hattingh moves from lock to the back of the scrum in place of Jacques Engelbrecht and Kirsten swop places with Werner Kruger, with the latter on the bench for this match. Engelbrecht moves to the bench, whilst Matfield takes over from Hattingh at lock. His place on the bench will be taken by Paul Willemse, with Wiaan Liebenberg missing out.
The versatile Potgieter last played for the Vodacom Bulls as a replacement centre in the final of the 2010 showpiece, when the home side beat the DHL Stormers in Soweto for back-to-back Super Rugby titles.
Hattingh, who has played as a flanker for the Bulls and the Lions in Super Rugby before, will start at no 8 for the first time.
Vodacom Bulls coach Frans Ludeke believes the change in personnel will invigorate his side, who lacked composure in finishing off chances this far.
"It is still early in the competition, but we have to be honest with ourselves. We cannot afford a repeat of the first two weekends, where we were lethargic and inaccurate in our set plays. The Lions are high on confidence, so we need not only to start well, but play with belief and commitment.”
Ludeke backed his team selections.
"Jacques-Louis has 42 Super Rugby caps under his belt and need to show that for us, while we expect Victor to bring composure and calm to our set piece. I am excited to see Grant at no 8, he is a true footballer and read the play very well."
Flip van der Merwe, who took over the captaincy from Pierre Spies last week, will again lead the team into battle.
"We are way down on the standards we set for ourselves this season," Van der Merwe said at the team announcement in Pretoria on Wednesday.
"This will be our first home game of the season and we are pleased about it after two difficult weekends in Durban and Bloemfontein. We are facing a rampant Lions team though who are playing with passion, skill and precision. We need to match them in those areas if we want to record our first win of the tournament.”
The team to face the Lions (with Super Rugby caps) is: Jurgen Visser (13), Akona Ndungane (98), JJ Engelbrecht (35), Jan Serfontein (14), Bjorn Basson (57), Jacques-Louis Potgieter (42), Francois Hougaard (58), Grant Hattingh (22), Jacques du Plessis (4), Jono Ross (6), Victor Matfield (126), Flip van der Merwe (65, c), Frik Kirsten (33), Callie Visagie (25), Dean Greyling (40). Replacements: Bongi Mbonambi (3), Werner Kruger (94), Marcel van der Merwe (5), Paul Willemse (6), Jacques Engelbrecht (16), Piet van Zyl (34), Handré Pollard (2), Ulrich Beyers (3).
Notes:
•Victor Matfield will extend his record of the most capped South African in Super Rugby to 127 matches. He is still behind Mornè Steyn (123) as most capped Vodacom Bulls player though, having earned 8 of his caps as a Cats player in his debut year.
•Francois Hougaard is one try short from 100 Vodacom Super Rugby points.
•Coach Frans Ludeke (118 matches) will extend his record as the most experienced South African coach in Super Rugby. He is also the most experienced of all 15 coaches in the competition.

 

Pin It

Feb 26, 2014
Jacques-Louis Potgieter

(35) Vodacom Bulls verander vier in beginspan

  1. gravatar johan bekker says:
    My span sou as volg gewees het..

    15 visser
    14 hougaard
    13 jj
    12 jan
    11 basson
    10 jacque louis
    9 piet v zyl
    8 hattingh
    7 du plessis
    6 liebenberg
    5 matfield
    4 flip
    3 kirsten
    2 mbonambi
    1 greyling
    16 visagie
    17 m v d merwe
    18 w kruger
    19 p willemse
    20 j engelbrecht
    21pollard
    22 small smith
    23 u beyers
  2. gravatar Brett Bull says:
    Dankie tog, Fouche is uit die groep. Ek dink hierdie is `n baie beter span as die vorige twee naweke se spanne. Nou moet FL net die lig sien en van Jono Ross ontslae raak. Ons sal nog steeds sukkel by die afbreekpunte maar hopelik sal ons die spel beter kan dikteer met die nuwe No 10.

    Goeie nuus dat Steggies nie te erg beseer is nie want ons het hom baie nodig.

    Nou net sit en stuif duimvashou vir Saterdag se game, ek glo ons sal die game kan wen.

  3. gravatar Lekkerblou says:
    Whitely,Kriel en Tecklenberg dink seker dit is n April fools joke.

    Hattingh(Sal hom nie oordeel voordat hy n game op 8 gespeel het nie)
    Dup(Lucky packet.Weet nooit wat jy gaan kry nie)
    Ross(Was Chris Le Roux dalk jou hero?)(kapein vir Bulle in ons swaarste tye)

  4. gravatar Netblou says:
    Ja dit is `n diep sloot waariut die Bulls moet kom. Ek staan agter hulle.

    Ek hou nogal van Johan Bekker se spankeuse
  5. gravatar Blouland says:
    Verbeterings
    Fouche is uit
    JLP
    Kirsten
    Vic in beginspan
    Willemse op die bank

    Probleme (hopelik hul laaste kans komende Saterdag)
    Visser
    Ndgane
    Hougaard
    Ross
    Visagie

    Grootste probleem bly die lostrio, ons huidige lostrio is seker die stadigste in die hele kompetisie.

    Hier is die span wat ek sal kies as almal reg is (langtermyn beserings uitgesluit)

    Kriel Hougaard JJE Jan Basson JLP Piet (sal vir WS Smith wou inbring en JJE na vleuel, maar lyk my dit gaan nooit gebeur nie)

    Vleis JDP Steggies Vic(k) Flip Kirsten Bongi Mellet

    Reserwes: Werner Visagie Dean/Marcel Willemse Roelof Smit Pollard Akona WS Smith/Beyers/Akona


  6. gravatar Bullebakkies says:
    Ek sou net vir Ross ook terug gestuur het Tukkies toe, dis nou as Pote hom wil he!

    Kom Dewald Potgieter terug? Dit nie dalk n goeie tyd nou om vir Cj te gaan "terugkoop" nie? Al kos dit baie?

    Ons agterlyn kan baie driee druk INDIEN die regte wedstrydplan gespeel word!
  7. gravatar Rifrug says:
    Jammer om dit te sê maar hierdie span boesem ook nie vreeslik baie vertroue in nie, alhoewel dit beslis `n verbetering is.
    Grant Hattingh, wat nog nooit bekend was vir sy goeie hanteerwerk nie, is nou ewe skielik ons nr. 1 agtsteman. (Jacques Engelbrecht trek seker al die hare uit sy kop oor sy skuif na die Bulle).
    Jono is nog steeds ons nr.1 baljagter, met Wiaan nie eers op die bank nie.
    Francois Hougaard nog steeds die man wat die vinnigste agter die skrum skoonmaak en Jurgen nog steeds die betroubaarste heelagter.
    Minstens is Louis Fouchè darem vervang en met Paul Willemse op die bank het ons darem die wêreld se ervaring.
    Sal seker maar weer Loftus toe ry en heel moontlik weer daarna spyt wees daaroor, maar gaan my bes probeer om vir die res van die week positief te bly.
  8. gravatar Blouland says:
    Die grootste vraag gaan natuurlik eers Saterdag beantwoord word, met watter wedstrydplan gaan ons span opdaag.

    Ek hoor die Lions oefen net een wedstrydplan.

    Wag vir die Bulle om die bal weg te skop, en dan drop Marnitz ons uit die game uit.

    Ek was baie beindruk met Tuks se wedstrydplan afgelope Maandag teen UCT. Het pragtig by speel toestande aangepas, baie sterk winde, die bal vir baie fases in hand gehou en die resultaat was 'n bonuspunt wen.

    Leeus se sterkpunt is hul lostrio en skakelpaar, so die bal moet weggehou word van hierdie spelers, geen onnodige lugskoppe nie, en die wedstryd is half gewonne.
  9. gravatar Bullsrbest says:
    I am so much happier and more relieved at this team selection - my only other change would have been to start Van Zyl and put show pony Hougaard on the bench. We have to win this match now so GO BULLS !!!!!
  10. gravatar Blouland says:
    Soos mense op die ander sport blogs uitwys, Bulle se een groot probleem is half opgelos, 'n beter losskakel.

    Die ander probleem is vererger, geen spoed onder die lostrio nie. Ons sit met 2 slotte in die lostrio en 'n nr.6 wat glad nie 'n 6 is nie. En om dit te vererger, iemand soos Wiaan is nie eers op die bank nie. Vleis is glad nie 'n vriend van spoed nie.

    Probeer positief bly, maar ek dink ons gaan die game (weer) verloor by die afbreekpunte.
  11. Al my vriende lag net al hoe meer elke week. Hierdie Coaching staff sien iets wat ons mis op naweke. Vat die leeus hulle het al die ouens uit gegooi wat nie wil/kan speel nie en nuwe jong manne in en hulle speel met passie.

    Ons hou an en an en an met Ross, Hattingh, Visser, Visagie wat nie op die vlak hoort nie.

    Ons gooi al ons loskakels weg. Brummer, Boshoff, Cronje en met wat sit ons nou??? nog n oupa (Potgieter)

    Die loose trio is n grap. Ons gaan vermorsel word.

    Great backline maar niemand kry bal nie. as ek jj of jan is loop ek en speel vir n provinsie wat wil speel.

  12. gravatar Cornelius says:
    Goed dit is die span, en ons moet natuurlik agter hul staan, Goes as JL Potgieter so goed is hoop Ek hy kan skepskop, akuraat pale toe skop en balle uitskop en ook nie weer skop en jaag rugby soos hulle noem stamp kar rugby
    Hierdie naweek behoort daar mense op stadion te wees, maar as hulle gaan verloor is hy volgende naweek leeg
    Hoop Dewald Potgieter kom so gou as moontlik terug
    Sterkte Bulle ons hou duim vas
  13. Baie goeie span. Sal nie verbaas wees indien ons n bonuspunt kry vir 4 driee nie. Ons gaan hulle voor sag maak en dan agter slaan.
  14. gravatar Andre says:
    Hoe waag jy met 'n slot op agsteman (met swak hande en wat net jare terug vir Varsity cup daar probeer speel het), jy drop jou beste beskikbare agsteman, jy hou 'n flank wat glad nie die mas opkom nie (wat ons laasnaweek 6 punte gekos het) en jy drop die flank wat baie meer potensiaal het? Gaan my verstand te bowe. Kan net hoop vir 'n wonderwerk (en dat ons nie nog spelers verloor).
  15. gravatar louisk says:
    dink die no 10 kan groot verskil maak as hy vorm het--onthou die vorige 2 games het die losskakel ons uit die game uit geskop --die voorspellers het nie n kans gehad so --kom saterdag ek wil my Bulle sien op loftus
  16. gravatar Paarlbul says:
    Ja nee wat Frans staan soos 'n volstruis met sy kop in die grond - luister na niemand nie. Ek stem met Nitronic, daar is nie ander manier om van Frans Ludeke ontslae te raak as vir die Bulle om heel laaste te eindig nie. He must go!
    Soos Naas gesê het in Superrugby - mens moet darem beplan om jou gameplan uit te voer. Watter beplanning het Frans gedoen?

    Dit is eending om 'n span te kies op papier, maar op die veld lyk hulle en speel hulle soos paloekas. Dit bly kanaal 1 sonder dat iemand probeer om die spasie aan teval of die ball net te offload - vinnig te maak na die support.
    Jac-Louis leap frog sommer nou vie Handre?
    Jacques du Plessis het baie potensiaal maar hy word nie gecoach om sy foute reg te maak nie.
    Hougaard moet maar kop al wil en kan hy nie?
    Lostrio kombinasie - Toe Liebenberg opkom speel hy oopkant en Ross blindside - is Ross dan nie die voorslag oopkant flank nie? Rudolf Smit is strate beter en kan net leer by Stegman. Rudolf word 21 ek wonder hoe oud moet iemand wees? As jy goed genoeg is, dan is jy oud genoeg.
    Nou hoor ons weer van rotasie tussen Kruger en Kirsten - ag asseblief Frans.

    Ek kyk die junior Bul spanne - soos Tuks ens. maar mors nie meer my tyd om na Frans se gemors te kyk nie.
    Die Bulle moet maak soos Sharks - jongbloed in bring - Fourie du Preez en saam met Victor Matfield as coaches. Fourie het vir Frans gedra na Heynecke weg is, want toe het die agterlyn darem nog rigting gehad.

    Swaar dae Frans swaar dae!
  17. gravatar Shannow says:
    Goeie veranderinge. Net jammer dat Hougaard steeds op skrumskakel is. Ek sou hom of vleuel toe of bank toe skuif. n Goeie speller is hy beslis, maar n skrumskakel is hy weliswaar nie.


    Behalwe skrumskakel, en binne die beperkinge van ons groep, is hierdie waarskynlik die beste skuiwe wat Frans kon maak.

    Ek verwag dat ons die Leeus sal wen die naweek.

    Verder as dit waag ek vir eers nie enige voorspellings nie.

  18. gravatar BlouStoffel says:
    Spies word darem nou ook te veel en gou beseer, wonder of hy dalk ook planne maak om elders te gaan speel?
  19. gravatar Bloudna says:
    Wat gaan aan!
  20. gravatar Bloudna says:
    8 Arno Botha (as hy reg is)
    7 Jacques Du Plessis
    6 Deon Stegmann(as hy reg is)
  21. gravatar Kiboko says:
    Brendan Venter on Supersport:


    "Casting an eye over the Bulls – who’ve suffered consecutive losses – I believe they are in more of a quandary than the Stormers. They have won three Super Rugby titles based on a simple yet effective blueprint. However, owing to injury and the current personnel at their disposal, the reality is that the Bulls are neither proving penetrative on attack nor breaking the gain-line – primarily they lack the explosive ball-carrying ability of the Sharks, for example. Thus, I’m of the opinion that a complete system overhaul is required at Loftus Versfeld."


    Ja-nee.
  22. gravatar Bloukaap says:
    Ek is verheug oor die insluitin van jl potgieter en hattingh op agsteman.

    Ons moet ons balbehou, kanse benut en momentum opbou.



    En dan stem ek saam met Brendan Venter. Maar die bulle weet goed hulle was oorhaastig met kontrakterings. Die toenaderng tot dewald bewys dit.
  23. gravatar passdiebal says:
    Teen die Leeus het die 3 sleutel agterspelers - Jan JJ en Bjorn SAAM die bal 27 m gedra....
    Hoe op aarde kan hierdie span verwag om n wedstryd te wen met sulke stats.
    Ek het JL sien speel in Polokwane - hy is rustig en skop die bal n myl. EK dink hy is n beter opsie as Pollard om mee te begin. Hy was briljant langs van Zyl. Hougaard is totaal uit sy diepte - maar FL love hom.
    Die Leeus gaan ons uitguts Saterdag.
  24. gravatar Victoriabok says:
    > Bloukaap
    > Ons moet ons balbehou, kanse benut en momentum opbou.


    Bloukaap, jammer om jou teleur te stel maar JL Potgieter is nie gekies vir sy pass vermoë nie

    Hy gaan die velle van daai bal af skop Saterdag

  25. gravatar Victoriabok says:
    > passdiebal
    > Hougaard is totaal uit sy diepte - maar FL love hom.


    Hougie was slim, hy het "I love Frans" op sy arm getatoëer en dit vir FL gewys

    Nou kan hy niks verkeerd doen in Fransiw se oë nie :-)
  26. gravatar Victoriabok says:
    Wat doen Rassie deesdae, sal hy nie belangstel om die Bulle af te rig nie?

    Hy het die Cheetahs en die Stormers reggeruk
  27. gravatar Victoriabok says:
    http://www.sarugbymag.co.za/blog/details/bulls-in-big-trouble


    Bulls in big trouble

    26 Feb 2014


    The Bulls lost to the Cheetahs for the first time in Super Rugby The Bulls lost to the Cheetahs for the first time in Super Rugby

    The Bulls are facing a season that could get uglier than their diabolical 2008 campaign and Frans Ludeke seems powerless to stop it, writes RYAN VREDE.

    I praised Ludeke for his contribution to two Super Rugby titles (2009 and 2010) and maintain that he deserves recognition. However, the degree to which he shares in the plaudits needs to be established. Ludeke inherited not only a team, but an entire structure that ran throughout the union's sides. Heyneke Meyer had rebuilt the Bulls from the humiliating period in the early to late 2000s, forging them into a formidable opponent with players of the highest quality.

    Their subsequent success was largely attributable to that foundation.

    Having won the Super Rugby title in 2007, Meyer, frustrated at the the influence of amateur administrators and the region's clubs on the professional arm, stepped down that year. Ludeke was recruited in a decision that was widely criticised, given his poor showings while coach of the Lions. It didn't take long for Ludeke's limitations to be exposed. The 2008 Super Rugby campaign was a disaster. The defending champion Bulls won just six of 13 matches, finishing 10th out of 14 teams.

    Some astute recruiting followed in late 2008, and those players would combine superbly with the existing senior core and youngsters who had come of age, to win back-to-back titles. That feat was achieved primarily with Ludeke overseeing the implementation of an existing blueprint (my understanding is that his efforts to imprint his own stamp on the team failed badly and were ditched when results went south), which one the Bulls' players, most notably Fourie du Preez and Victor Matfield, would implement with the Springboks in 2009 after Peter de Villiers's disastrous attempts to turn them into a free-running side the year before. Ludeke did very little actual group or personalised coaching, or formulation of tactics. He didn't need to.

    Now he finds himself in a position where that will be critical to the strength of their challenge. His aptitude in this regard should worry Bulls fans.


    Talent of Pollard's calibre is best nurtured in an environment that is populated by very good, very experienced players

    The recent exodus of senior players, the second in three years, combined with long-term injuries to key players, including captain Pierre Spies, will see the Bulls' campaign built largely on youngsters, senior players of average ability or ones suffering performance slumps. It is clear that Ludeke doesn't have the personnel to continue with the territory-based pressure game that has been so successful for them in the past. He needs to adapt the strategy to maximise the strengths of his existing squad, not try to force square pegs into round holes.

    Most notably, the loss of Morné Steyn to Stade Français has robbed the Bulls of a player who has scored nearly 50% of their points since 2008. Having hoped Louis Fouché would defy expectations and settle quickly as their premier pivot, Ludeke has now turned to Jacques-Louis Potgieter, a journeyman whose career has been unremarkable.

    Privately, Ludeke will hope Potgieter can keep it tidy. He isn't a flyhalf you build a successful campaign around. The plan is that Handré Pollard, benched for this weekend's game against the Lions, develops into that player. However, talent of his calibre is best nurtured in an environment that is populated by very good, very experienced players and a coach who has the technical and man-management skill to consistently extract the best out of him.

    Simply put, I don't believe Pollard will realise his immense potential at the Bulls. For him to grow into the asset he has the potential to be for the Springboks, he needs to be a Sharks player while their current group are together under the guidance of Jake White.

    The potential exists for the Bulls to re-sign the core of players that took them to their three titles, although it is a long shot. A year with players like Du Preez, Danie Rossouw, Bakkies Botha, Gurthrö Steenkamp, Wynand Olivier and Steyn (among others) would buy them time to recruit similarly strong replacements and give their young understudies an opportunity to be educated by some of the best in their position in the game's history. If this is sounding like I'm clutching at straws, it is exactly that. I'm trying to illustrate the depth of the Bulls' problems at this stage.

    The 23 named for their derby with the Lions has a decidedly mediocre look to it. It is arguably the weakest squad they've had in nearly a decade. Ominously, there's little quality in depth beyond that 23. Their game plan is not effective in the context of the personnel they have and their coach doesn't appear to have the competency to steer them out of this stage of their journey.

    The Bulls are in big trouble.
  28. gravatar Blouland says:
    In die laaste sin, vervang die woord trouble met s__t !
  29. gravatar Johan says:
    Ek stem saam: “Jacques Engelbrecht trek seker al die hare uit sy kop oor sy skuif na die Bulle” Hy het nog nie ‘n regverdige kans gehad om homself te bewys nie. Of Hattingh beter is as Jaques, twyfel ek. Kan Frans dalk vir ons sê hoeveel kanse het Ross voordat hy sy plek verloor? Spelers word deesdae te vinnig aan die diepkant ingegooi en dit kan hulle loopbane in meer as een opsig skade doen. Ek hoop daar word gewerk aan ons agterlyn se verdediging en dat die kommunikasie tussen Jacques-Louis Potgieter en Jan Serfontein beter sal wees. Die Sharks het met gemak deurgebreek. Ek dink Jan se verdediging is verdag en op aanval sien spelers aan sy buitekant nie veel van die bal nie. Hy het baie talent wat reg bestuur moet word! Hoop ons wen die naweek.
  30. gravatar Victoriabok says:
    > Johan
    > Kan Frans dalk vir ons sê hoeveel kanse het Ross voordat hy sy plek verloor?

    Omtrent soveel as Hougie?

    Hoeveel kanse het Hougie gehad?

    Twee of meer seisoene

    Maar teen daai tyd sal Frans nie meer afrigter wees nie

    Met die BBRU bestuur se geskiedenis van goeie besluitneming, soos om die Potgieters, Meisiekind en Vermaak halwe salarisse aan te bied, Sadie ten duurste te koop en groot kontrakte vir useless spelers soos Hougie aan te bied het ek nie baie vertroue in hulle om 'n goeie plaasvervanger vir FL te kry nie

    Met hulle track record gee hulle dalk die job vir Pine?
  31. gravatar Ras Dumisani says:
    Jonno Ross = Chris le Roux , goeie vergelyking! Bulle wat Juan Smith wil koop , laat my dink aan die dae toe die Bulle Os en Naka gekoop het! Barend , baie dankie wat jy vir die Bulle gedoen het, maar ek dink dit is tyd om te gaan! Ek dink ons moet ons huis in orde kry en dit moet sommer bo begin! Sal egter by my span staan deur die maer jare!
  32. gravatar Jimmy says:
    Rifrug, ek kon dit nie beter stel nie...

    NOU DIE BLOU!!!!!!!!!!!!!!!
  33. gravatar Mark Kruger says:
    Van die 118 wedstryde wat FL afgerig het hoeveel is gewen en hoeveel verloor???
  34. gravatar Kwagga says:
    Frans het vanaf 2008 62 wedstryde gewen uit 95 gespeel in die Super-reeks.

    Ek weet nie waar die 118 vandaan kom nie. Dit sluit moontlik Curriebeker-edstryde in.
  35. gravatar Kwagga says:
    Die 118 sluit seker as afrigter van Transvaal ook in.

    Ek het nie gekyk hoe hy by hulle gevaar het nie, die bogenoemde 95 wedstryde is by die Bulle.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *