Fitness update – brought to you by Medihelp

Fitness update – brought to you by Medihelp

articles.comments (11)

Fitness update – brought to you by Medihelp

Deon Stegmann has been declared fit and available for selection ahead of the Vodacom Bulls' match against the Blues at Loftus Versfeld on Saturday.

Stegmann suffered a groin strain early in the Vodacom Bulls' warm-up match against the Stormers late January in Polokwane and was kept on the sidelines while he recovered.

Stegmann will take full part in the full Bulls training session this week, team doctor Org Strauss said on Monday.

Not so for Jono Ross (contusion quad) or Frik Kirsten (back) will not train though, with Kirsten also sitting out tomorrow's scrum session.

Jessie Kriel (calf) and Travis Ismaiel (hip) will also join the rest of the squad on Tuesday.

Pierre Spies (arm, 6 months) and Arno Botha (knee, 5 months) are the only two long term casualties.

 

Fiksheidsverslag – aangebied deur Medihelp

Deon Stegmann is fiks verklaar en kan oorweeg word vir die Vodacom Bulls se Vodacom Super Rugby wedstryd Saterdag teen die Blues op Loftus Versfeld.

Stegmann het sy lies beseer in die Vodacom Bulls se opwarmingswedstryd teen die DHL Stormers in Januarie en was sederdien nie beskikbaar nie, maar is nou reg en het Maandag volo-uit saam met die span geoefen.

Volgens die Vodacom Bulls se spandokter, Org Strauss, sal slegs Jono Ross (kontussie, been) en Frik Kirsten (rug) nie vandag oefen nie. Kirsten sal ook môre se skrumsessie uitsit.

Jessie Kriel (kuit) enTravis Ismaiel (heup) oefen ook Dinsdag weer saam.

Pierre Spies (arm, 6 maande) en Arno Botha (knie, 5 maande) is langtermyn-ongevalle.

Pin It

Mar 03, 2014
Deon Stegmann

(11) Fitness update – brought to you by Medihelp

  1. gravatar Billy O says:
    Dean Greyling en Werner Kruger het baie verbeter sedert verlede seisoen, maar Frik Kirsten en Morne Mellet bly my gunstelinge voorlangs. JJ en Jan Serfontein het stukke beter gelyk met JL Potgieter op losskakel, maar Piet v Zyl is eerder die antwoord op skrumskakel as Hougaard. Stem saam met Rifrug, Jono, Grant en Visser bekommer my veral teen die Blues, maar op heelagter sal dit ook onregverdig wees om iemand soos Jesse Kriel of Blommetjies aan die diepkant in te gooi teen n baie sterk Blues span.
  2. gravatar Leon says:
    Man maar is dit nou goeie nuus gevolg deur beter nuus.
    Steggies is reg en Jono nie WHOOP WHOOP

    ook bly om te sien Travis en Jessie kan ook weer oefen.

    Enige nuus op Wimpie en Wynand??
  3. gravatar Blouland says:
    Dit lyk my die meeste ondersteuners sal graag die volgende span wil sien

    15) Basson
    14) JJE
    13) WS Smith
    12) Jan
    11) Hougaard
    10) JLP
    9) Piet

    8) Vleis
    7) JDP
    6) Steggies
    5) Vic (k)
    4) Flip
    3) Kirsten
    2) Callie
    1) Mellet

    Reserwes
    Dean
    Bongi
    Werner
    Willemse
    Wiaan of Roelof
    Pollard
    Kriel
    Beyers

    Maar ons weet dit gaan nie gebeur nie, die keurders toring nie sommer aan 'n wenspan nie, so ek dink die span gaan dalk so lyk,

    Visser Akona JJE Jan Basson JLP Hougaard
    Hattingh JDP Steggies Vic Flip Werner Visagie Dean
    R: Mellet Bongi Kirsten Willemse Ross Piet Pollard Beyers

    Nie die beste span nie, maar ek hoop regtig dat Steggies reg is, en dat ons 'n nuwe heelagter 'n kans gee.

    As dit waar is dat Dewald terug gaan kom, sal dit wonderlik wees om hierdie lostrio te speel: Steggies, JDP met Dewald op agsteman. Vleis op die bank.

    Dalk lees die keurders en afrigters wel hier, want 'n paar van die dinge wat ons hier noem het wel verander, soos Vic in beginspan en JLP op losskakel. Selfs die wedstrydplan was meer aangepas, want Saterdag het ons heelwat minder geskop en meer bal in hand gehou, selfs in die reënweer. Goeie vordering word gemaak, en hopelik kan ons met 'n aangepaste wedstrydplan en die regse spankeuses beter vaar die res van die seisoen.

    Wen ons die Blues, dan is ons weer 'on par'.

    Wen ons die Sharks oor twee weke tuis, kan ons weer begin droom ....
  4. gravatar l says:
    Dewald ....................sorry !!! LOL
  5. gravatar Leon says:
    My span
    15 Jurgen Visser
    14 Akona Ndungane
    13 JJ Engelbrecht
    12 Jan Serfontein
    11 Bjorn Basson
    10 Jacques-Louis Potgieter
    9 Francois Hougaard sub Akona op 60
    8 Grant Hattingh
    7 Jacques du Plessis
    6 Deon Stegman
    5 Victor Matfield
    4 Flip van der Merwe (captain)
    3 Werner Kruger
    2 Callie Visagie
    1 Dean Greyling

    Substitutes:
    16 Bongi Mbonambi
    17 Frik Kirsten
    18 Marcel van der Merwe
    19 Paul Willemse
    20 Jacques Engelbrecht
    21 Piet van Zyl
    22 Handré Pollard
    23 Ulrich Beyers, Goeie inpak speler op 12,13 en 15
  6. gravatar Brett Bull says:
    Baie goeie nuus dat Steggies terug is ons het hom baie nodig nou gaan FL vir Ross op agsteman speel want daar moet mos vir hom plek gemaak word.

    Ek stem nie saam met die mening dat Van Zyl `n beter keuse as Hougaardt is nie, indien Hougaardt `n bietjie meer vryheid kry soos in Saterdag se game is en bly hy baie onvoorspelbaar. `n Extra voordeel van Hougaardt is sy verdediging, hy het in die verlede al `n paar keer `n sekere drie gekeer met sy aanvoeling op verdediging.

    Sal graag vir Kriel op heelagter wil sien maar stem saam ons moet hom stadig invasseer. Stem saam dat FL nie maklik vir JJ op vleul sal speel nie omdat die nasionale afrigter hom op senter wil speel. Ek glo net dat `n talentvolle speler soos JJ meer gebruik kan word op vleul as op buite senter, kan lang die skrum of lynstaan inkom om gate te slaan of in ander bewegings waar dit nie moontlik is met buite senter nie.

    Teen die Blues moet ons gerus dink om liewer die balle uit te skop eerder as diep veld in. Ons het altyd `n goeie kans om lynstaan balle te wen of om hulle lynstane te ontwrig maar as hulle van diep gaan aanval sal ons moet bondstaan om te kan keer.

    Wat gaan ons met ons skrums doen, ons is nie op standaard nie, moet se Mellet en selfs Marcel beindruk my.
  7. Leon when you whoop wahoo for a players injury it shows wat a domgat you are.
  8. my span

    15) Beyers
    14) Ndungane
    13) Engelbrecht
    12) Serfontein
    11) Basson
    10) JL Potgieter
    9) P van Zyl
    8) Engelbrecht
    7) du Plessis
    6) Stegmann
    5) Matfield
    4) F van der Merwe
    3)W Kruger
    2) Mbonambi
    1) Greyling

    16) C Visagie
    17)M van der Merwe
    18) F Kirsten
    19) P Willemse
    20) W Liebenberg/ W van der Walt
    21)F Hougaard
    22) H Pollard
    23) W Small-Smith
  9. gravatar Wessie says:
    Die Bulle is regtig gelukkig om sulke slim ondersteuners te he. Speel die jong manne in die CB dan moes dit ouer manne geweess het, speel daar ouer manne in die \sr dan moes die jonges kans gekry het. il iemand vir my vertel hoeveel geld die bestuur nodig gehad het om die ou manne, waar almal so oor kerm, te behou het. Ook wie en waar is die top spelers wat die bestuur moet opraap en hoe weet julle slimmes dat 'n speler beseer gaan word. Ook ,hoe ontwikkel jy spelers sonder om hulle te speel. Ek sal so graag regtige rugby kenners se positiewe wenke en gedagtes ook hier wil lees maar nou is dit in 'n groot mate die selfde klaagliedere deur 'n handjievol kenners oor en oor. an die briewe lyk vir my of hulle al voor die wedstryd geskryf is om dit eerste geplaas te kry. Sommige slim ondersteuners wil selfs vir John Mitchell, na sy reuse sukses met die Loins< te koop.
  10. gravatar FRANNABUL says:
    Wessie, stem saam. Mens leer maar om sommige bloggers se posts met 'n knipppie sout te vat! Al wen ons die Blues Saterdag 50 vs 0 sal daar nog steeds bloggers wees wat kla oor iets!

    Maar oor 'n paar dinge lyk my is daar redelik konsensus bv Jono Ross en Jurgen Visser is nog swak plekke in ons mondering!
  11. gravatar Cala says:
    Hier is my span vir die week.. Onthou mense Jan is n buite senter.

    Visser
    Nudugane
    Serfontein
    Polard (Het centre gespeel saam met die 0/21 bokke)
    JJ E
    Potgieter
    Hougard
    Hatting
    Vleis
    Stegman
    Matfield
    Vd merwe
    Greiling
    Callie
    Werner

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *