Vodacom Bulls fitness report - presented by Medihelp

Vodacom Bulls fitness report - presented by Medihelp

articles.comments (19)

Vodacom Bulls fitness report - presented by Medihelp

 

Van Zyl out of Force match

 

Vodacom Bulls scrumhalf Piet van Zyl picked up a knee injury and will not play against the Western Force in Perth on Saturday, the last tour match of their 2014 overseas tour for the Pretoria team.

 

Van Zyl left the field against the Waratahs in Sydney last weekend and will be out of action for two weeks, Vodacom Bulls team doctor, Org Strauss, said on Monday.

 

Good news is that both Akona Ndungane (knee) and Jurgen Visser (foot) has been declared fit to face the home side in the nib Stadium.

Ndungane's availability will result in Francois Hougaard moving back to the base of the scrum.

 

The Vodacom Bulls is also awaiting the result of Flip van der Merwe's citing, as this will determine his availability for the match.

 

 

Vodacom Bulls fiksheidsverslag aangebied deur Medihelp

 

Van Zyl mis Force stryd

 

Die Vodacom Bulls-skrumskakel, Piet van Zyl, het 'n kniebesering en sal nie Saterdag teen die Western Force in Perth kan speel nie. Die speler het sy knie teen die Waratahs beseer en sal twee weke buite aksie wees, het die Vodacom Bulls se spandokter, Org Strauss, Maandag in Perth gesê.

 

Goeie nuus vir die Vodacom Bulls is dat beide Akona Ndungane (knie) en Jurgen Visser (voet) van hul beserings herstel het en oorweeg kan word vir die wedstryd in die nib Stadion.

 

Ndungane se beskikbaarheid sal beteken dat Francois Hougaard weer skrumskakel toe kan skuif.

 

Die Vodacom Bulls wag nog op die uitslag van Flip van der Merwe se uitwysing vir ongeoorloofde spel. Die uitslag daarvan sal bepaal of die slot teen die Force kan uitdraf.

Pin It

Apr 21, 2014
Piet van Zyl

(19) Vodacom Bulls fitness report - presented by Medihelp

  1. gravatar Sharko says:
    Sharks are still top of the log :-)
  2. gravatar bloukaap says:
    Piet het nog nie die rugbyby die Bulle gespeel wat ek glo hy kan nie. Was Saterdag voor sy besering glad ie op dreef nie. Dis ook hierdie tyd vd seisoen waar spanne se diepte deeglik getoets word. Vanjaar sit ons regtig nie met baie diepte buiten die vaste5 nie.

    Baie bly as Akona en Jurgen weer sal kan uitdraf. Ons het Jurgen baie nodig teen die Force. Beyers kom vir my baie stadig voor op heelagter. Dit was vir my opvallend hoe vinnig die Bulls se game raak as Handre opkom en JJ vleuel toe skuif met WSS op buitesenter. Ons moet dit looi in die laaste 15 minute. Ek sien in die stats Victor het feitlik die enigste turnovers bewerk vir die Bullle, die meeste tackles ook gemaak. Well done big Vic.

    Kom Bulle. Fokus op hierdie ene en kry julself terug id prentjie.
  3. gravatar Anton says:
    Ek is bly Jurgen is weer reg. Dit was goed dat Beyers gespeel het dat die mense wat hom daar wil sien ,kon sien hy hoort nie daar nie.
    Stem saam met Bloukaap Beyers is te stadig en kom nie by die balle nie.Hoop FL haal nou vir Ross uit die span , ek se nie hy is 'n swak speler nie maar is verseker nie 'n no 6 nie.
    Go Bulle ons kan nog 'n paar punte huis toe bring.
  4. gravatar Anton says:
    Kan iemand vir my se is Wimpie 'n fetcher is of nie.
  5. Wimpie van der Walt is oorgevlieg toe Stegman weereens seergekry het. Hy is 'n goeie "fetcher" en het saam met Engelbrecht goeie rugby vir die Kings gespeel. Die oplossing is daar, FL moet die regte span kies en die Bulle sal wen.

    FL se ondergang by die Leeus was dat hy te lojaal aan sekere spelers was en dan natuurlik sy span keuses. Dit lyk nie of hy geleer het nie.
  6. gravatar Nico Botha says:
    My Span: 15: Visser 14: Ndugane 13: JJ 12: Serfontein 11: Basson 10: JL Potgieter 9: Hougard 8. Jacques Engelbrecht . 6: Wimpy van der Walt 7: Jacques du Plessis 5:Victor 4: Flip 3: Werner 2. Bongi 1: Dean
  7. gravatar Bloukaap says:
    Ek dink ook dis een van Frans se weak spots. Daarmee word gemengde boodskappe na spelers uitgestuur op die lang duur.

    Ons het bv. ideale geleentheid ook gehad om nou vir Wiehahn Liebneberg of Roelof Smit te kon oorstuur en waardevolle ervaring te kon opdoen as fetchers. Instede daarvan laat bring ons vir Wimpie vd Walt vanuit Japan en hy toer rustig saam as 'n pelgrim sonder om een game te speel, maar speel vir Ross, 'n agsteman, in posisie waa hy uit sy diepte is. Verlede jaar in die CC se laaste game het die Bulle vir Ross op ses gekies tkv Liebenberg omdat hulle gereken het die Cheetahs is nie goed genoeg in daardie area nie en dat hulle eerder wou fokus op baldraers (feitlik dieselfde lsotrio as nou). daardie game reeds is die huidige debakel en punt reeds bewys. Die stats is daar om te gaan kyk wie pas waar in die Bulle se spelpatroon in en wie is werklik effektief.

    Maar dis nie Ross se skuld nie, hy is nie die man wat die team sheets optrek nie.
  8. gravatar Bullebakkies says:
    Selfs op nr 8 is Ross nie goed genoeg nie. Hy het nie die talent of vaardighede om op hierdie vlak te speel nie. Hy is nie goed genoeg nie en klaar!! Ulrich Beyers ook nie goed genoeg nie!

    Ludeke weet hy sal nooit gefire word nie, so hy sal aanhou om swak spelers te kies en verkeerde gameplan te speel.

    Spelers maak elke week presies dieselfde foute....word net eenvoudig nooit reggestel nie!!!!!!!

    Die Stormers gaan nog bo ons eindig op log as iemand nie dringend gaan ingryp nie. Ludeke en sy afrigtingspan is op verkeerde spoor en NIEMAND tree op teen hulle nie. Moet baie lekker wees om vir BBRU te werk!!!!!
  9. gravatar Lekkerblou says:
    Jacques Potgieter sal seker daai eerste twee lopies van hom wat hy oor Ross hardloop raam!

    Dit maak nie saak of Ross 6/8/12/15 speel nie.Hy is nie goed genoeg nie.Hy kies hom nie self nie,maar magtig as jy dan gekies word.BLY OP JOU VOETE!TACKLE!Probeer iets!

    Paige bly Paige,maar magtig hy probeer darem.Was op die dag by verre ons beste agterspeler.

    En Matfield word nie genoem nie.Sy werk verrigting is maar power.Ons gaan Paul Willemse ook verloor omdat ons gedruk word om Matfield te speel.

    Beyers?Dalk die stadigste agterspeler in die S15?

    Dit gese.As Ross nie Saterdag speel nie.Glo ek ons gaan 5 punte kry.Speel hy verloor ons met 10.

    My span

    Visser
    Bjorn
    WSS
    Jan
    JJ
    JLP
    Hougaard
    Vleis
    Dup
    Wimpie
    Matfield
    Flip
    werner
    Bongi
    Dean
  10. gravatar passdiebal says:
    Al wat FL doen is om dieselfde verloorspan elke week te kies. Hy het nog geen veranderinge vanjaar aan die span gemaak wat nie agv n besering was nie - ekskuus 1 veranderind JL vir Fouchee.
    Nie een enkele ander een nie.
    Selfde span - selfde patroon - selfde verloor.
    Ek sien Man United het Moyes gefire halfpad die jaar in na swak vertonings.
    DIS professionele sport.
    BBRU is erger is die ANC - net palle word aangestel - en niemand se werk is in gevaar.
    Sela
  11. gravatar louisk says:
    ek nou al mooi agter ent vol vir die verloor --kyk sal ek kyk maar heng doen iets dat die Bulle bietjie kan wen
  12. gravatar Vusi says:
    To be honest i would even go as far as benching JJ. 15. Visser, 14. Akona, 13. William Small Smith, 12. Jan Serfontein, 11. Bjorn, 10. JLP, 9. Houggard, 8. Vleis, 7. Jacques, 6. Wimpie, 5. Victor, 4. Paul (I have a feeling Flip will be found guilty), 3. Werner, 2. Bongi, 1. Dean,

    16. Maku, 17. Marcel, 18. Morne, 19. Grant, 20. Ross, 21. Rudi, 22. Pollard, 23. JJ

    But this will not be the case. Callie will play. If Ross is taken out, Vleis will start but Grant will still be at 8. Wimpie will bench. JJ will play with Small on bench.

    I wish we could rotate like the chiefs do. If a player even looks a little out of sorts, he benches. Look at how Gareth played when he came on after being benched. Bringing on JJ from the bench and maybe moving Bjorn to 15 could work!
  13. gravatar BB1 says:
    Vusi at last a team that looks good and is political corect, i can see 12 and 13 becoming THE 12 and 13 all we still need is a new fl and bvg
  14. gravatar Bloumeneer says:
    Akona en Jurgen terug, hougie na 9, beyers na bench in SS se plek. Dis die span as ek reg verstaan
  15. gravatar Moegverloor says:
    Ek sal omkap van verbasing as Bloumeneer reg is. Trouens ek sal my bul hoedjie wegsmyt.
  16. gravatar passdiebal says:
    Moegverloor - gooi weg jou hoed. Bloumeneer is reg.
    FL kies weer n span wat weet hoe om te verloor.
    Hulle is gekonfyt om te verloor.
    Geprogameer om te verloor.
  17. gravatar Eugene says:
    Julle klomp het seker nooit self nooit rugby gespeel en is die spreekwoordelike "beste stuurman staan aan wal". Ek glo die span kort net meer selfvertroue in bietjie geluk. Maar hulle moet van ondersteuners in joernaliste net negatiewe kritiek verduur.
  18. gravatar passdiebal says:
    EUGENE - ligstraaltjies word daagliks gesoek -
    Bietjie geluk ? Is dit hoe mens rugby benader? Miskien n sangoma of toordokter gaan sien vir n geluk pakkie?
    Asseblief wys vir ons "nooit rugby gespeelde" kritici enige positiewes om aan te klou.

    Blou Bul rugby is n tragedie op die oomblik.
    Wenkultuur bou selfvertroue .Ondersteuner kritiek breek dit nie af nie Die kritiek kom van liefhebbers van die spel wat week in en week uit hoop en bid dat dit beter gaan as die week vantevore.
    Maar die bestuur kies dieselfde verloopspan week vir week wat nie n idee het hoe om te wen nie - want dit maak nie saak nie - want niemand se posisie is in gevaar nie. Niemand word gedrop nie.
    Ons kan nie eens kwotas blameer nie want Akona en Bjorn word op meriete gekies - en Bongi is ons beste (of tweedebeste) haker.
    n Voorbeeld van in-posisie bly is bv. afrigters wat aanjaag - soos Pine - en dan promosie kry na Super 15!
    Slaptjips se agter spelpatroon is so afgesaag almal lag daarvoor.

    n Ligpunt is Victor wat op 37 uit aftrede moes kom om te help - en nou die ster voorspeler is met die meeste lynstane wen in S15, in die top 5% van al die spelers in S15 is met tackles, en die meeste cleans verlede week vir die BB.
    Dis ons geluk dat hy weer begin speel het.
    En iemand soos Jacques du Plessis wat week na week sy hart uitspeel in n los trio waar die ander twee seker die swakste in die kompetisie is.

    En as ons Saterdag dalk wen , dan is dit teen n aangelaste span met minder spelers in hulle groep as Griekwas.
    n Span waar rejects soos Ebersohn Steenkamp en Branche gedy.

    So ja Eugene - die beste stuurmanne sit aan wal - want die huidige stuurman laat my dink aan die Kaptein van die Costa Concordia wat geslaap het toe sy boot op die rotse loop en nie wou glo daar is probleme toe diealarms afgegaan het nie.
  19. gravatar Bullperd says:
    Luister na wat FL se oor die loskrums en veral Ross en jy verstaan hoekom ons nou 5 games in n ry verloor het. Die man is die klits kwyt. As dit is hoe die afrigter praat het hy nou my laaste bietjie hoop ge down

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *