Vodacom Bulls fitness report - brought to you by Medihelp

Vodacom Bulls fitness report - brought to you by Medihelp

articles.comments (25)

Vodacom Bulls fitness report - brought to you by Medihelp

Piet van Zyl will not be able to take on his former Toyota Cheetahs team mates at Loftus Versfeld on Saturday as the Vodacom Bulls scrumhalf still suffers from a knee injury picked up on the Australasian tour.
The player will miss another week of Vodacom Super Rugby action as he recovers from his MCL injury, Vodacom Bulls team doctor Org Strauss confirmed.
Werner Kruger, who left the field in their last tour match against the Force, will train on Wednesday only in order for his back injury to recover.
Flip van der Merwe (suspended) is another to miss the match.


Vodacom Bulls fiksheidsverslag - aangebied deur Medihelp

Piet van Zyl loop Cheetahs-stryd mis

Piet van Zyl sal nie Saterdag op Loftus Versfeld teen sy voormalige spanmaats, die Toyota Cheetahs, kan speel nie omdat die Vodacom Bulls-skrumskakel nie van die kniebesering herstel het wat hy op die toer na Australasië opgedoen het nie.
Die speler sal nog 'n week van Vodacom Super Rugby-aksie misloop terwyl hy van sy MKL-kniebesering herstel, het spandokter, Org Strauss, bevestig.
Werner Kruger, wat die veld teen die Western Force moes verlaat, sal Woensdag oefen om sy rug nog herstelkans te gee.
Flip van der Merwe (skorsing) loop ook die wedstryd mis.

Pin It

Apr 29, 2014
Piet van Zyl

(25) Vodacom Bulls fitness report - brought to you by Medihelp

  1. gravatar raymond says:
    ons moet dadelik marnus van griekwas weer nader hy is naby brussouw. dan hoekom in hemelsnaam begin fl nie vir pollard op senter en kriel op fullback. dis 2 van bulle se grootste teenaanvallende spelers ma nie 1 speel.
  2. gravatar bb1 says:
    FL sal nie veranderinge maak nie,ons sal weer vir ross en kie sien met dieselfde plan.
  3. gravatar FRANNABUL says:
    Bulle het lankal al vir Griekwas genader ivm Marnus Shoeman maar hulle wil hom nie leen vir ons nie. Hulle het hom self nodig vir Vodacom Cup.
  4. gravatar Anton says:
    El dink ook nie FL gaan enige veranderings maak nie, ek bly maar net hoop hy gee vir Wimie 'n kans bo Ross.Hulle se altyd een speler maak nie 'n span nie maar kyk net watse verskil het Brussouw vir die Vrystaat gemaak, kyk ook wat se verskil het Stegies gemaak toe hy gespeel het.kan dit nie in worde se nie.

    Verder sal ek grag vir Polaart op 10 wil sien met meer tyd.Oor die res sal ek kan saamleef.
    As ons nie iets aan Ross doen nie gaan Brussouw ons klaarmaak die naweek.
  5. gravatar Deon says:
    Kom ons maak Loftus leeg , stem met jou voete
  6. gravatar nitronic says:
    Nee wat die bulle is n klomp palookas. J Dup het gewys teen die Force daar bestaan geen maar soos in boggerol breins in die bulle span nie.

    Ons kan nou maar net sowel die jonges kans gee

    15) Kriel - Visser is eenvouding nie goed genoeg nie
    14) JJ
    13) WSS
    12) Serfontein - Gee die man die toestemming om spel te skep dammit
    11) Basson
    10) Potgieter
    9) Hougaard
    8) Engebrecht
    7) Seker maar J Dup
    6) Wimpie
    5) Victor
    4) Willemse
    3) Marcel
    2) Bongi
    1) Mellet

    16) Werner
    17) Dean
    18) Visagie
    19) Hattingh
    20)???? Defnitief nie Ross nie
    21) Paige
    22) Akona
    23) Pollard
  7. gravatar deon says:
    Stem met jou voete , as Frans almal se opinies ignoreer, ignoreer Loftus Saterdag
  8. Dit help nie mense bly weg van Loftus af nie. Dit is net mooiweer ondersteuners wat so maak. Gaan skreeu eerder vir die WP. Ons span het ons ondersteuning nodig.
  9. gravatar Stapper says:
    Griekwas het Marnus Schoeman uit hul span gelaat. Hulle verkies, net soos Frans Ludeke, 'n baldraer eeerder as 'n fetcher.

    Great minds sometimes thinks alike.
  10. gravatar Anton says:
    dink ook nie 'n mens kan wegbly van Loftus af nie , moet jou span ondersteun in die swaar tye ook.sal eerder weg bly as hulle begin met die kwitas wat moet speel dan het jy 'n goeie rede.
    dink ons sal 'n ander span die naweek sien, Bulle met 10
    Go Bulle
  11. gravatar Blou Sakkie says:
    http://www.supersport.com/rugby/super-rugby/news/140430/Pollard_finally_set_to_start

    Ek sien dat Supersport alweer nuus het voor ons dit hier kan lees. Ek is bly Pollard en WSS begin. Dit gaan interessant wees om te sien wat die 3 jong manne op 10, 12 en 13 kan maak want WSS speel in JJ se plek. Volgens Supersport sal Ludeke nie vir Ross afhaal nie want hy sal heel moontlik die kapteinskap oorneem as Victor iets oorkom. WTF? Wat sien Ludeke en kie wat ons nie raaksien nie? Die enigste manier wat ons vir Ross uit die span gaan kry is as hy n langtermyn besering opdoen. Ek wens dit nie aan hom toe nie, want hy kies nie homself nie. As hy nog goed gespeel het kon ons nog gese het gee hom n go, maar hy het oor en oor bewys hy is pateties.
  12. Lees dat WSS en Pollard gaan speel Saterdag.

    Is dit waar dat WSS ons gaan verlaat?

    In daardie geval maak dit vir my geen sin om te speel nie?? Laat JJ eerder sy vorm terug kry met game time op droë velde.

    Is daar nie iemand wat BBRU kan oortuig dat Mallet die regte man vir die job is nie.
  13. gravatar Werner says:
    Indien supersport se span reg is , is ek bly vir die jong spelers wat kans kry . Maar wtf gaan aan tussen Ross en Ludeke?????? Nou word die man getip as volgende kaptein ! ek kan dit nie glo nie!!!!! Ross hoort nie eers in die span nie BULLS rugby is nou op die "self moord" pad.
    WORD WAKKER FRANS JY HET BETER NO 6 FLANKE IN DIE UNIE GEBRUIK HULLE !!!!!!!!!!!!!!
  14. gravatar Bullebakkies says:
    Ross is nie n baljagter of baldraer nie. Wat de hel doen hy dan daar? Daar moet goed agter die skerms gebeur waarvan ons nie weet nie. Dalk is hy Ross n seun of familielid van een van die Bulle se groot borge? Daar is GEEN manier dat hy op spelpeil eers vir die Vodacom Cup span behoort te speel nie!
  15. Deel van die Bulle se probleem by die losskrums is hulle stutte. Noudat hulle beter skrum wil hulle nie meer skoonmaak by die losskrums nie! Ek verwag dat die Cheetahs die kort skoppie oor die agterlyn van die Bulle gaan gebruik. Ons vleuels se dekverdediging is swak en die losvoorspelers is te stadig om toe te maak.
  16. gravatar mar says:
    Ek weet ook nie wat is dit met Ross nie!! Hoe kan hy nog in aanmerking kom vir kaptein. 'n kaptein moet sy plek in die span verdien en die beste in sy posisie wees. Jy kies eers jou beste span dan jou kaptein!! Ndungane kan oorvat by Matfield as daar iers gebeur. Wat dink die senior spelers in die span nie as Ross hul kaptein is nie? Dink nie regtig 1 van hulle kan op kyk na hom nie. En Hattingh op 8?? Moenie verbaas wees as Vleis ons 1 van die dae gaan verlaat nie, hy is baie beter as Hattingh!! Spelers in die vodacom cup soos Bullbring, Reniel Hugo, Wiaan Liebenberg en Roelof Smit is almal beter spelers as die 2, hulle kan verseker nie swakker doen nie! Munster is uit die Heineken cup, dink die bulle moet met hulle onderhandel vir Cj Stander. Nou daar is 'n uitstekende speler en kaptein as Matfield uit is. Weet nie hoe is hy laat gaan en Ross is gekontrakteer nie! Met brussow, Boom Prinsloo en Cook, kan 80min baie lank voel vir die bulle die naweek sonder 'n fetcher. Eks ook bly WSS kry 'n kans, JJ Engelbrecht is nie op vorm nie. Spelers soos Hougaard, Pollard, Serfontein, WSS en Basson moet die vryheid gegun word wat die Cheetahs hulle spelers gee, ons het niks om te verloor nie! Ek sal graag ook vir Jesse Kriel op heelagter wil sien. WSS het weer 'n jaar kontrak geteken so ver ek weet, die laaste wat ek gehoor het is dat Dries Swanepoel ons gaan verlaat. Ek voel die bulle moet als in hulle vermoe doen om die spelers te behou. Weet enige iemand wie die baljagter is wat die bulle wil koop wat in Rapport genoem is? Die bulle sal ook 'n goeie haker moet werf. Losskakel diepte sal ook gekry moet word. Die bulle het huidiglik nie genoeg diepte in sekere posisies nie. Dan laastens sal ek daarvan hou as die bulle Jimmy Stonehouse kan betrek by afrigting en 'n behoorlike direkteur van rugby kry.
  17. gravatar Lekkerblou says:
    So ons breinstrust gaan Strauss en Brussow n vrypas gee by die losbal!!!!Kyk dat Ross klaar nie daar hoort nie is al klaar erg,maar kaptein?????Die dag dat Ross voor draf in n S15 game is die dag dat BB rugby boikot!!!!
  18. Speel JJ op vleuel, Wimpie op No 6 en Jese Kriel op 15.Callie Visagie is ook n goeie kaptein hy moet net sy ingooie verbeter.

    GO BULLE maak ons trots,verewig en ewig n BUL
  19. gravatar Anton says:
    Ek het nie 'n probleem met die span nie, net Ross wat my pla. Brussow gaan hom soos 'n ameteur laat lyk.
    Dink hulle het 'n klomp geld betaal en nou moet hulle hom speel of meskien is hy dalk 'n kwota speler wat ek kan geen ander rede sien nie.
  20. gravatar Bullebakkies says:
    Kyk bietjie oor die jare wat Ludeke en Rossouw met jong belowende senters gedoen het. Hulle het die flair uit almal gecoach en hul verander in breindood stormramme met geen verbeelding nie. N Senter by die Bulle moet net crashballs vat, in spelers vashol en verder skoppe jaag! Hulle mag nie in gapings hardloop of offload in n tackle nie!

    Watermeyer, Dippenaar, Frans Venter, Johan Sadie...almal het gesukkel in Bulle se stormram rugby want dis mos n senter se werk! Kyk hoe goed speel hulle nou in spanne waar daar gehardloop word met die bal. Sadie is sekerlik op die oomblik die beste SA nr 13 in die S15!

    Ons kort n nuwe afrigtingspan en baie gou ook! Ek dink ook Jimmy Stonehouse is dalk die regte man vir die job!
  21. gravatar bloukaap says:
    Maak vir my geen sin dat die lojale Ludeke vir JJ sal uitlaat nie. Tensy daar tweede helfde strategie is met JJ en Jac Louis. Vlgs stats is JJ.en Visagie ons voorste fetchers by die afbreekpunte. Waarom JJ afhaal teen 'n span wat spog met Heinrich Brussouw. Of JJ sukkel met besering dat Frans nog wag vir mediese span. Oor Ross bly ek sprakeloos. Ek het ook oë in my kop. Nog meer sinneloos was die weglating van Callie Visagie teen die Force. Hy word nou teruggebring en Maku gedrop.

    Dis crunch game vir die bulle.
  22. gravatar bloukaap says:
    Maak vir my geen sin dat die lojale Ludeke vir JJ sal uitlaat nie. Tensy daar tweede helfde strategie is met JJ en Jac Louis. Vlgs stats is JJ.en Visagie ons voorste fetchers by die afbreekpunte. Waarom JJ afhaal teen 'n span wat spog met Heinrich Brussouw. Of JJ sukkel met besering dat Frans nog wag vir mediese span. Oor Ross bly ek sprakeloos. Ek het ook oë in my kop. Nog meer sinneloos was die weglating van Callie Visagie teen die Force. Hy word nou teruggebring en Maku gedrop.

    Dis crunch game vir die bulle.
  23. gravatar Chris Swart says:
    Ek stem heeltemal saam om die bywoning van wedstryde te boikot. Dit het by Manchester United gewerk. Die pawiljoene het leeggeloop en wys vir my meer lojale ondersteuners as hulle? Bywoning is geen indikasie van lojaliteit nie -inteendeel is dit 'n bewys van hoeveel ons omgee. Dit is duidelik soos daglig dat Mnr Ludeke so arrogant is dat hy nogsteeds glo in sy drakoniese spelpatroon wat hy op talentvolle spelers afdwing. Om nie eers van die Jono Ross fiasko te praat nie. Ek is beslis nie 'n mooiweers ondersteuner nie en sal altyd 'n Blou Bul ondersteuner bly. Al hoe ek my ontevredenheid kan wys is om met my geld te stem
  24. gravatar Vonk says:
    Jimmy Stonehouse is die antwoord vir afrigter, Frans Ludeke moet die eerbare ding doen en in sy eie swaard val.,
  25. gravatar Vonk says:
    Op die oomblik is dit 'n geval van the blinde lei die blindes, moet wees want wat Frans in Ross sien sal net die Vader weet. Ross weet voor sy siel dat daar geen fetcher is nie maar hy sal ook nie probeer nie, hy los dit eerder aan die genade oor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *