Van der Merwe lei weer Vodacom Bulls

Van der Merwe lei weer Vodacom Bulls

articles.comments (15)

Van der Merwe lei weer Vodacom Bulls


Die Vodacom Bulls se gereelde kaptein, Flip van der Merwe, is weer terug op sy pos vir Vrydagaand se Vodacom Super Rugby -wedstryd teen die Brumbies op Loftus Versfeld.
Van der Merwe het 'n skorsing van drie weke uitgedien en is een van drie skuiwe in die span wat twee weke gelede teen die DHL Stormers gewen het. Hy vervang Paul Willemse wat afskuif bank toe in Wimpie van der Walt se plek.


Die ander skuiwe is rotasie, met Jacques-Louis Portgieter en Werner Kruger wat as losskakel en vaskop begin in die plekke van Handre Pollard en Marcel van der Merwe, wat beide van die bank sal speel. Ulrich Beyers vervang William Small-Smith (wat siek is) as plaasvervanger-agterspeler.


Die Vodacom Bulls se afrigter, Frans Ludeke, is bly om Van der Merwe terug te hê.
"Flip is 'n senior speler en leier in die span wat baie help in talle afdelings van die spel. Ons sal op ons beste moet wees teen 'n Brumbies-span wat baie goeie rugby speel vanjaar, so dit is lekker om jou ervare spelers en leiers op die veld te hê. Ons het die span bietjie roteer met die oog op Vrydag se wedstryd en glo dit sal die regte uitwerking op ons vertoning hê."


Van der Merwe sê dit is goed om terug te wees.
"Ons is almal goed uitgerus na die ruskans verlede naweek en dit is belangrik dat ons met daardie opgehoopte energie die wedstryd begin. Ons kyk nie te ver die toekoms in nie, maar is baie bewus van die belangrikheid wat 'n wen in hierdie wedstryd vir ons kanse in die uitspeelstryf vorentoe kan beteken."


Die span (met getal Super-wedstryde) is: Jurgen Visser (22), Akona Ndungane (105), JJ Engelbrecht (45), Jan Serfontein (24), Bjorn Basson (67), Jacques-Louis Potgieter (52), Francois Hougaard (68), Grant Hattingh (31), Jacques du Plessis (13), Jono Ross (15), Victor Matfield (135), Flip van der Merwe (70, c), Werner Kruger (104), Callie Visagie (34), Dean Greyling (50). Plaasvervangers: Bongo Mbonambi (12), Morne Mellett (20), Marcel van der Merwe (15), Paul Willemse (16), Jacques Engelbrecht (23), Piet van Zyl (40), Handrè Pollard (10), Ulrich Beyers (8).


Mylpale:
•Victor Matfield verbeter sy nasionale rekord vir Vodacom Super Rugby verskynings na 136 en sy Vodacom Bulls rekord na 128.
•Vodacom Bulls-afrigter, Frans Ludeke, verbeter sy rekord as mees ervare Suid-Afrikaanse afrigter in die kompetisie na 129 wedstryde.
•Akona Ndungane (105) en Werner Kruger (104) sal hul rekord as mees evare Super Rugby-vleuel en stut vir die Vodacom Bulls verbeter.

Van der Merwe back for Vodacom Bulls


Regular Vodacom Bulls captain, Flip van der Merwe, is back at the helm of the team to face the Brumbies in a Vodacom Super Rugby match in Pretoria on Friday. Van der Merwe missed three matches due to suspension and is one of three changes to the side that beat the DHL Stormers two weeks ago.


Van der Merwe replaces Paul Willemse in the number four jumper while Werner Kruger rotates as tight-head prop with Marcel van der Merwe. Jacques-Louis Potgieter swops the bench and the number ten jersey with Handrè Pollard in the only change at the back.
Wimpie van der Walt makes way for Willemse on the bench. Ulrich Beyers also comes onto the bench in place of William Small-Smith, who is ill.


Vodacom Bulls coach Frans Ludeke welcomed Van der Merwe back into the fold.


"Flip's leadership is very important to the team and as a senior player he does set an excellent example. We will need to be at our best in facing a Brumbies side that has played some great rugby this year. We have made slight changes for the match and rotated certain players and I believe we will be competitive come Friday."
Van der Merwe is keen to get back into action.


"We are well rested following a bye last week and we trained well this week. It is important to start the match with a lot of energy and I believe everyone will do so. We don't look ahead in the competition, but know how important a win will be with regards to a possible play-off spot," Van der Merwe said.


The team (with number of Super Rugby caps) is: Jurgen Visser (22), Akona Ndungane (105), JJ Engelbrecht (45), Jan Serfontein (24), Bjorn Basson (67), Jacques-Louis Potgieter (52), Francois Hougaard (68), Grant Hattingh (31), Jacques du Plessis (13), Jono Ross (15), Victor Matfield (135), Flip van der Merwe (70, c), Werner Kruger (104), Callie Visagie (34), Dean Greyling (50). Replacements: Bongo Mbonambi (12), Morne Mellett (20), Marcel van der Merwe (15), Paul Willemse (16), Jacques Engelbrecht (23), Piet van Zyl (40), Handrè Pollard (10), Ulrich Beyers (8).


Milestones:
•Victor Matfield will extend his South African record for Vodacom Super Rugby appearances to 136 and will extend his record as most capped Vodacom Bulls player in the competition to 128.
•Vodacom Bulls coach Frans Ludeke will also extend his record as most most experienced South African coach at this level to 129 matches.
•Akona Ndungane (105) and Werner Kruger (104) will extend their Vodacom Bulls records as the most capped wing and prop respectively.

Pin It

May 20, 2014
Flip Van der Merwe

(15) Van der Merwe lei weer Vodacom Bulls

  1. gravatar Anton says:
    Mooi man die span lyk goed, jammer oor Pollard en Willemse.Met Ross moet ons maar saamleef.
    Go Bulle
    Bulle met 13
  2. gravatar Gazza says:
    C'mon Frans Ludeke!!!

    1) Handre Pollard has a great game.... so let's bench him (I know the U20 WC starts soon, but you could have started him again surely).

    2) Why would you start Werner ahead of Marcl vd Merwe. He's a better scrummager, better in the tight loose and recently incl in bok training group... Also, I don't buy the rotation crap... Werner has started 90% of the time, so Marcel should still be fresh...

    Poor conservative selections I must say...

    It's a crunch game against the Brumbies.

    Hope the boys can do it!!
  3. gravatar Cornelius says:
    Ek hoop nie ons gaan nou negatief voel met elke wedstryd van die fier wat nou oorbly, ek luister gisteraand vir Naas en Kobus op super rugby wat reken as ons al fier wedstryde wen, dan sal ons op 48 punte eindig wat nie genoeg sal wees om te kwalifiseer, hulle praat van ons moet so 52 punte gehat het om n kans te staan, so dit klink soos, sit dit in die perm se blou boekies en vergeet daar van, as dit gebeur wel daar is weer volgende jaar kans, maar ek gaan vrydag aand daar wees om my Bulle te ondersteun
    HOU BY DIE BLOU
  4. gravatar FRANNABUL says:
    Cornelius, Bulls kan nog met 46 punte ook kwalifiseer. Daar is nog baie rugby wat gespeel moet word. Ons moet net sorg dat ons aan hou wen dan sal die log vir hom self sorg!
  5. gravatar Duane says:
    As al ons Suid Afrikaanse spanne kan speel soos die naweek wat verby is sal dit die bulle en sharks baie help.

    Ons kan maar ophou kla oor Jono Ross. Hy is die man lyk my wat hulle wil aanhou speel so doen dit maar. Op facebook se blad kla omtrent 150 mense oor Ross.

    Verder bly om Marcell in die springbok oefen groep te sien, dink hy is baie beter as wat hulle hom gebruik Laas jaar moes hy ook in Currie Beker onder Mellet en Kirsten sit en geen speel kans kry nie.

    VISSER, ROSS, HATTINGH moet gaan soek vir ander unies!!!!!!!
  6. gravatar werner says:
    FL maak alweer selfde foute - hy kan nie sien wanneer n speler op dreef is nie Met trane in my oe waarom vir Ross speel??? Waarom vir Marcel en Handre drop hulle is in form - Ross was nog nooit - iemand verduidelik asb!
  7. gravatar Cornelius says:
    Frannabul, dankie ons moet net positief bly, sal bly wees is ons kan deur gaan
  8. gravatar louisk says:
    ag hou op om oor hatting te kla --hy is 23 speel nou eers amper vol wedstryde -ek se hy gaan ons no 5 slot word -matfield was ook nie op standaard toe hy by die bulle begin het -ons het omtrent niks wedstryde in daai jare gewen -en kyk maar hatting speel al better wedstryd op wedstryd maak n ou better ek sou net graag ook Vleis en wimpie wou gesien het so paar wedstryde nameek speel om hulle tyd te gee om hulle stempel af te druk -en ja Ross is net daar om n 6 te he --maar net my eie nederige mening
  9. gravatar louisk says:
    ag hou op om oor hatting te kla --hy is 23 speel nou eers amper vol wedstryde -ek se hy gaan ons no 5 slot word -matfield was ook nie op standaard toe hy by die bulle begin het -ons het omtrent niks wedstryde in daai jare gewen -en kyk maar hatting speel al better wedstryd op wedstryd maak n ou better ek sou net graag ook Vleis en wimpie wou gesien het so paar wedstryde nameek speel om hulle tyd te gee om hulle stempel af te druk -en ja Ross is net daar om n 6 te he --maar net my eie nederige mening
  10. FL, wanneer roteer jy vir Mellet en Greyling? So ook Ross en v/d Walt. Jou spankeuses maak nie sin nie.
  11. gravatar Paarlbul says:
    Rotasie - die enigste posisie wat FL roteer is vaskop - eers was dit Werner en Frik, nou Werner en Marcel.
    Die Brumbies gaan weer vir Frans stategies uitoorlê soos laasjaar.
  12. gravatar Loftus says:
    Die Brumbies is seker baie bly ons het ons span verswak teen hulle vir Saterdag. Craig Joubert blaas ook - hulle kan seker nie hul luck glo nie. Willemse, Marcelle en Pollard is op die oomblik op vorm, maar ons geagte afrigters sien dit nie raak nie.
  13. gravatar bb1 says:
    Ja nee hier gaan ons alweer. Wanneer roteer ons vir ross??????
  14. gravatar Duane says:
    @LOUISK ouderdom is nie regtig n verskoning nie as jy goed is sal jy kan perform op die vlak. Vat Willemse hy is nog jonger as Hattingh en ek sal hom elke dag bo Hattingh kies. Die is n profesionele span en daar is nie plek vir passesiers as jy die beste wil wees nie. hy is ons 8ste man en as jy wil in top 6 eindig moet jy jou spelers kan match teen die top spanne. Ek kan hom nie vergelyk met n Palu, Read, Mowen en die manne nie.

    Ouderdom is nie n verskoning nie dit moet n motivering wees. Du Plessis is ook jonk en is ons beste loosie die jaar.
  15. gravatar Gerrit says:
    Haal net vi Jono Ross van flank af en sit vir Wimpie v/d Walt op en maak vir Victor Matfield die Blou Bulle kaptein.Ross hoort nie in die span nie hys pateties en Grant Hatting hoort nie op 8 ste man nie sit vir Vleis op (asseblief) maak oop jou oê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *