Vodacom Bulls change three for Lions clash

Vodacom Bulls change three for Lions clash

articles.comments (22)

Vodacom Bulls coach Frans Ludeke made three changes to his starting pack of forwards for Saturday's Vodacom Super Rugby clash against the Lions at Ellis Park.

Jacques Engelbrecht moves from the bench to start at number 8, with Grant Hattingh moving to lock in place of Victor Matfield who is rested. In another rotational swop, Marcel van der Merwe will start at tight head, with Werner Kruger playing off the bench.

Wimpie van der Walt replaces Engelbrecht on the bench, where there is also a return for Louis Fouchè. The flyhalf will replace Handrè Pollard, who is captaining the Junior Springboks in New Zealand. William Small-Smith is also back after illness and replaces Ulrich Beyers on the bench.

Ludeke confirmed his team's desire to make the play-offs.

"We have to win every remaining match, so are keen to keep on the winning track. It will also be important for us to go into the break with some momentum. We have made some minor changes and I believe we will be competitive against a team that will be very dangerous at home. We cannot afford to let them dominate the pace of the match or the style of play," Ludeke said.

The team (with Super caps) is: Jurgen Visser (23), Akona Ndungane (106), JJ Engelbrecht (46), Jan Serfontein (25), Bjorn Basson (68), Jacques-Louis Potgieter (53), Francois Hougaard (69), Jacques Engelbrecht (24), Jacques du Plessis (14), Jono Ross (16), Grant Hattingh (32), Flip van der Merwe (71, c), Marcel van der Merwe (16), Callie Visagie (35), Dean Greyling (51). Replacements: Bongi Mbonambi (13), Werner Kruger (105), Morné Mellett (21), Paul Willemse (17), Wimpie van der Walt (20), Piet van Zyl (41), Louis Fouché (23), William-Small Smith (4).

 

Drie skuiwe in pak vir Vodacom Bulls

Die Vodacom Bulls-afrigter, Frans Ludeke, het drie skuiwe in sy beginspan se pak voorspelers gemaak vir Saterdag se Vodacom Super Rugbywedstryd teen die Lions op Ellispark.

Jacques Engelbrecht begin op agsteman in die plek van Grant Hattingh, wat slot sal speel. Hattingh vervang Victor Matfield, wat ruskans kry. Marcel van der Merwe begin ook op vaskop in die plek van Werner Kruger wat bank toe skuif. Wimpie van der Walt neem Engelbrecht se plek op die plaasvervangerbank in.

Agterlangs keer Louis Fouchè terug as tweede losskakel, met Handrè Pollard wat die Junior Springbokke in Nieu-Seeland aanvoer. William Small-Smith is ook weer fiks en vervang Ulrich Beyers as die veelsydige agterspeler op die bank.

Volgens Ludeke is sy span steeds gefokus op 'n plek in die uitspeelstryd.

"Om dit reg te kry moet ons elke oorblywende wedstryd wen. Dit is ook belangrik om die rustydperk met goeie momentum binne te gaan. Ons het enkele skuiwe gemaak, maar ek is vol vertroue dat ons mededingend sal wees. Die Lions is 'n baie gevaarlike teenstander, veral op sy tuisveld. Ons sal nie kan toelaat dat hulle die pas en speelstyl in die wedstryd bepaal nie," meen hy.

 

Die span (met getal Super-wedstryde) is: Jurgen Visser (23), Akona Ndungane (106), JJ Engelbrecht (46), Jan Serfontein (25), Bjorn Basson (68), Jacques-Louis Potgieter (53), Francois Hougaard (69), Jacques Engelbrecht (24), Jacques du Plessis (14), Jono Ross (16), Grant Hattingh (32), Flip van der Merwe (71, k), Marcel van der Merwe (16), Callie Visagie (35), Dean Greyling (51). Plaasvervangers: Bongi Mbonambi (13), Werner Kruger (105), Morné Mellett (21), Paul Willemse (17), Wimpie van der Walt (20), Piet van Zyl (41), Louis Fouché (23), William-Small Smith (4).

Pin It

May 28, 2014

(22) Vodacom Bulls change three for Lions clash

  1. gravatar passdiebal says:
    Hoekom nie vir Willemse begin nie? 2 wedstryde gelede was hy MoM. Wil BBR hom ook groener weivelde laat soek?

    En weer het ons JJ op 13 wat nie kan pass of tackle nie. WSS sal seker weer 3 minute speelkans kry.

    Die Bokke is die hele week in Durban - kom eers Vrydag terug.

    SO die span het niks saam geoefen nie. Hoop ons kan dit bymekaar kry Saterdag.

  2. gravatar Namib says:
    Ek kan nie glo hulle speel vir Flip en Paul saam nie. Dit se vir my Paul gaan vir die volgende jaar net Bench. Sy kontrak eindig nou, en is dit al wat hulle kan bied is die bench. as ek na die media luister is hy ook nerens in die planne HM vir springbok vir die vlogende 2 jaar nie. Sal baie sleg wees vir SA as ons hom ook moet verloor. Ek dink hy moet ook maar oorsee gaan.
  3. gravatar Blou Koos says:
    Kan ook nie sekere skuiwe/spankeuses verstaan nie. Ek sou verseker vir Paul Willemse gespeel het. Hy en Flip altwee lekker aggresief. Ek dink die "seining" is dat Hatting 'n 5 slot is. Dit maak egter nie sin nie want almal se siening is dat JJ 'n vleuel is. Ons moet seker maar Frans se keuses aanvaar en die span ondersteun. WWS is verseker 'n beter 13 as wat JJ is. Ek sou eerder vir JJ as plaasvervanger kies. Waar is die rotasie stelsel of geld dit net vir sekere spelers. Ek weet Ross was goed verlede week maar jy moet ten minste 2 uit elke 3 games goed wees en nie 1 uit 7 wedstryde nie. Dan sien ek Louis Fouche is ook terug. Sal maar niks verder se nie
  4. gravatar Stapper says:
    Die Bulle het nog nie vanjaar 'n wegwedstryd gewen nie. Hierdie moet die eerste een wees.
  5. gravatar Anton says:
    Mooi man lekker span,dink Grant Hattingh is reg op 5 en JJ is reg op 13.
    Go Bulle
    Bulle met 13
  6. gravatar Johannes says:
    LML Anton - seker ook tevrede met Ross op 6?

    Jy is seker n Leeus ondersteuner!
  7. gravatar Jimmy says:
    Ai Johannes, hierdie is 'n spansport en die laaste ding wat mens doen is om fout te soek by die spelers wat hulle beste gelewer het in die laaste wedstryd. Ek sien ook Blou Koos deel jou sentiment, julle altwee weet nie regtig enige iets van die die Bloubul Dinamika af nie, doen julle?

    HOU BY DIE BLOU MY VOLK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  8. gravatar Johannes says:
    LML Jimmy - skryf eerder vir ons n song toe man.

    Ek het gedog mens lewer jou beste ELKE wedstryd in n spansport?

    En nee ek weet lyk my niks van Bloubul Dinamika af nie.

    Verduidelik asb aan my en Blou Koos hoe werk dit. ( Moenie Namib vergeet nie - hy is ook stomgeslaan...)

    Intussen sal ek in die hoekie gaan staan met Donkie op my rug.
  9. gravatar Stapper says:
    So werk die dinamika van suksesvolle mense:

    As jy nie weet nie, gaan soek op die regte plekke en en jy sal die regte inligting vind. As jy stomgeslaan is, maak jou mond oop en vra die regte vrae. Jy sal die regte antwoorde kry.

    Om bloot negatiewe aanvalle op afrigters te maak sal jou onkunde verseker bly voort bestaan.
  10. gravatar Anton says:
    Johannes wat vir my die beste is as Heyneke vir JJ op 13 kies het niemand 'n probleem met dit nie maar FL mag nie.
    as jy trugdinkaan Victor toe hy begin het was hy ook soos Hattingh gewees en kyk waar is hy vandag, Dink FL maak 'n goeie besluit om hom op no5 slot te speel.
    Met Ross weet ek nog nie maar voel hy speel al better en better.
    Go Bulle
  11. gravatar Johannes says:
    Anton,
    As HM vir JJ volgende week op 13 kies eet ek my BB hardehoed met horings op. En sommer my neusring vir nagereg!
    Dink eerder Sithole, de Jongh of de Ellendig.

    Ek dink die meerderheid van die bloggers voel hy is (of sal) n uitstekende vleuel wees.
    En my uitlating oor Hatting se keuse is niks teen hom1160 nie - maar in my opinie is een van die beste en hardwerkende slotte op die bank.
    En die Leeus gaan ons voor aanvat.
  12. gravatar FRANNABUL says:
    Ons het ons laaste game maklik gewen en nou wil van die bloggers grootskaalse veranderinge maak.....
  13. gravatar louisk says:
    Paul Willemse is op die bank om inpak te maak -moet die leeus nie weg gooi .al kom hulle trug van die toer -en mens het n beweeglike slot nodig in n pak - ek is bly oor die kombinasie speel die leeus moeg in die eerste 60 min dan kom willemse op en dryf hulle nog mooier so ek kan die skuiwing in sien wat Jono Ross betref ek dink hy verstaan nou eers hoe n no 6 moet speel hy het darem 3 steels gemaak en 2 driee gedruk teen die Brumbies sal maar die naweek sien teen die leeus se losies --maar verder ek bly vleis begin n game .GO BULLS
  14. gravatar Blou Koos says:
    Jimmy as jy mooi lees dan se ek net wat ek dink en hoe ek voel. Ek kraak nie vir Hattingh af nie. Ek se mos dat hy 'n no 5 slot is. Ek het nie 'n probleem met hom nie. Ek persoonlik sou eerder vir Paul Willemse gekies het maar ek weet hy sal in die tweede helfte sy beurt kry. Paul en Flip is beide no4 slotte.
    As jy vir my se dat JJ 'n beter senter as WWS is, kan ek nie met jou saamstem nie. Ek dink JJ is 'n beter vleuel of stem jy nie met my saam nie.
    Ek ondersteun die span wat gekies word en sal NOOIT die Bulle afskryf nie. Ek is 'n moerse Bulls supporter hier in die Kaap.
    Glad nie jou kommentaar nodig van Bloubul Dinamika nodig nie. Ondersteun Noord Transvaal en nou die Blou Bulle al vir baie jare.
    Het ek al ooit vir jou aangevat oor jou songs of is dit Bloubul Dinamika. Nee want dit is seker jou reg om dit te plaas. So is dit ook my reg om net my mening te gee oor hoe ek voel en dink.
    Maar nou ja as jy voel dit is jou blog, sal ek maar net lees of wegbly soos daardie ou van Mosselbaai ek dink. Daardie ou het van die beste kommentaar gelewer wat ek ooit op die blog gelees het. Wens hy wil weer sy rugby kennis met ons kom deel
  15. gravatar Cornelius says:
    Ek is positief oor my span en weet ons gaan goed wen, en defnetief ons 5 bonus punte vat
    HOU BY DIE BLOU
  16. gravatar johan bekker says:
    My Bul droomspan sonder beserings:

    15 visser
    14 engelbrecht
    13 william small smith
    12 jan
    11 basson
    10 pollard
    9 hougie
    8 arno botha
    7 du plessis
    6 stegman
    5 victor
    4 flip
    3 kirsten
    2 visagie
    1 greyling
    16 mbonambi
    17 marcel v d merwe
    18 mellet
    19 willemse
    20 spies
    21piet v zyl
    22 jaque louis potgieter
    23 Ndungane

    Dis n great span.
  17. gravatar jimmy says:
    Johannes ek het nou amper ‘n breinfloute gekry om presies vir jou te probeer verduidelik wat ek verstaan as Bloubul Dinamika; so kom ek volstaan net deur te sê dat dit eintlik neerkom op hoe opponerende dinamika versoen word om ‘n sekere doel te bereik. Dis seker nie so belangrik nie so kom ons los dit daar.  Ek sê ook maar net wat ek dink en voel Blou Koos en, dis ook my goeie reg. Ek weet nie hoe kom jy daarby uit dat ek dink dis my blog nie, dis ons almal se blog. Moenie in dieselfde gat trap as Mosselbaaibul aka Houtbaaibul nie, my opmerking was absoluut glad nie gemik teen jou as persoon nie. In elk geval, dit was geen rede vir hom om die pad te vat nie. Het hy hier geblog net om sy eie ego te boost of was dit regtig vir hom belangrik om ten alle koste ‘n bydrae te lewer gedryf deur sy liefde vir die Bulle? Ditto vir Sooibrandt.
    Gooi solank versoeke vir later vanaand se BLOUBULOORWINNINGSPARDY!


    LEEF EN LAAT LEEF MY VOLK!!!!!!!!!!!
  18. gravatar bloukaap says:
    Mmmmm....

    Jimmy ek dink jyself was ook al negatief oor die bulle en spankeuses. Hou dan maar oog van genade oor jou mede bloubroers.

    Terug na rugby:

    Ek voel weer dat.die lostrio verlede week vir die eerste keer geklick het en moes so gebly het. Dit is die een area waar ons vanjaar nie altyd na wense was nie. So jacques engelbrecht sal sy kans moet aangryp en woel vandag.

    Groot taak rus op Flip. Dit sal sy taak makliker maak as ons beter kan begin vandag as in die afgelope twee games.

    Ek hoop regtig Jacques Louis sal beseringvry deeurkom vandag. Want die adjudant ...




  19. gravatar Bedonnerbull says:
    Almal het maar hulle eie opinies maar die afrigters is elke liewe dag saam met die spelers op die veld so Frans weet wat hy doen maar ek sou vir WSS langs Jan wou sien die rede is JJ pass asb die bal as jy in kontak kom ons het die vinniigste Vleuls!
  20. gravatar Loftus says:
    Die probleem is Frans weet ook nie aldag wat hy doen nie. Hy kan al die blaam maar vat vir daardie 3 ligapunte wat ons op Loftus verloor het teen die Chiefs a.g.v.sy sinnelose grootskaalse plaasvervangings voor ons ons 4de drie gedruk het. Daardie 3 punte sou ons nou mooi laat le het op die log, maar daardie dag het slim sy baas behoorlik gevang.
  21. gravatar Mark Kruger says:
    jj is was en sal nooit n senter wees nie!!!! tussen hom en visser wie het die meeste kak innie hande??? en Basson is ook useless
  22. gravatar Loftus says:
    Visser laat my dink aan een van daai spelers wat by oefeninge sy veter raak trap,met sy gesig in die turf in val, en dan lag die hele span vir hom.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *