Vodacom Blue Bulls fitness report - presented by Medihelp

Vodacom Blue Bulls fitness report - presented by Medihelp

articles.comments (56)

Vodacom Blue Bulls fitness report - presented by Medihelp
Vodacom Blue Bulls flyhalf Jacques-Louis Potgieter has been ruled out of rugby for at least four weeks following a rib injury.
According to Vodacom Blue Bulls team doctor, Org Strauss, the flyhalf suffered a rib dislocation in the team's match against Western Province in Cape Town.
Prop Mornè Mellett, who underwent a scope on his knee last week, has been ruled out for four weeks as well.
Strauss confirmed that flyhalf Tian Schoeman has recovered from injury though and will be fit for selection against the EP Kings at Loftus Versfeld on Saturday.
Dean Greyling (calf), Jurgen Visser (toe), Akona Ndungane (Achilles) and Lohan Jacobs (flu) will only train on Tuesday.
Bjorn Basson will be available next week.
•Pierre Spies, Flip van der Merwe, Arno Botha, Frik Kirsten and Jaco Visagie remain long term casualties.

Pin It

Aug 18, 2014

(56) Vodacom Blue Bulls fitness report - presented by Medihelp

  1. gravatar nitronic says:
    Kon die hele span maar net nie op die lysie verskyn nie? Niks ernstig nie maar net lank genoeg sodat ander jonges hulle self kan inspeel en dan die dikgat pievreters se plekke in die span oorneem.

  2. gravatar Johann says:
    Frans Ludeke soek mos elke week plek vir Jono Ross. Hier is sy kans om hom op loskakel te speel!!
  3. gravatar GatvolBul says:
    Dit is geen toeval dat die website se "Contact Us" `n "404 Error We're sorry, but there is no content for this page" ek sal ook eerder `n foutiewe website he as wat ek my kontak besonderhede verskaf. Ek wil BAIE graag vir iemand hoog op `n email stuur maar ek is bevrees hulle sal dit seker ook nie kan lees met die oogklappe wat hul aan het om die rugby te kyk want hulle sien absoluut NIKS fout nie!

    Die BBU skuld hul ondersteuners `n baie goeie terugvoer oor wat agter die skerms aan die gang is maar daai probleme moet agter die skerms bly waar dit hoort as jy op daai veld hardloop met daai Blou trui oor jou kop is die 80min se Blou Bul rugby wat van jou verwag word al die ander gemors maak nie saak dan nie en as jy nie daarmee kan deal op die uitvoer nie gaan soek `n ander unie om voor te speel en gee iemand wat dit kan doen n kans.
  4. gravatar Johannes says:
    NITRONIC - lyk my die vleispasteitjie lot is besig om jou baie kwaad te maak! Miskien moet jy reel dat Tim Noakes die dieete van daai ronde mannetjies kom gee.
    Ek dink ook dis kand om n paar jong laaities te speel - maar jy weet daar is n beter kans dat Naas sal terugkeer rugby toe.
    Dit gaan die same old wees met WSS op 13.
    Viva rotasiebeleid viva.
  5. gravatar bluedog says:
    Beserings, van wat. Om hul swak verdediging en spel te regverdig. Die bulle word gespot en uitgelag.
  6. gravatar Duane says:
    Maklik om alles op beserings te blameer.

    Al was Pierre Spies, Arno Botha en die manne reg sou ons nog steeds verloor.

    Mens kan nie wedstryde wen met ouens soos Callie Visagie, Grant Hattingh, Jono Ross, Rudi Paige, Tony Jantjies, Sampie Mastriet en Jurgen Visser nie.

    Maar hulle sal elke week gekies word so kry maar pak.

  7. gravatar Duane says:
    Nie een van die spelers wat ek hier bo genoem het sal by die Sharks, Wp of Lions span kry nie.

    Ludeke jy is n grap en die gaan ons volgende jaar weer beinvloed as dit nie binnekort gestop word nie. Sien uit ons laaste 22 currie beker wedstryde het ons net 8 gewen. Pateties vir n unie wat gedomineer het n paar jaar terug
  8. gravatar BarryBul says:
    Wat is volgende - lees berig hieronder . . .
    Bulle se veterane in vizier
    Unie wil gewese spelers ‘uitskryf’
    COBUS CLAASSEN
    Sondag 17 Augustus 2014
    Wynand Claassen
    Te midde van die Blou Bulle se gesukkel op die rugbyveld dreig ’n botsing tussen dié rugbyunie se besluitnemers en oudspelers.
    Daar is groot ontevredenheid onder oudspelers, onder die voorsitterskap van Wynand Claassen, voormalige Springbok- en Noord-Transvaal-kaptein, oor planne om die Bulle se oudspelersvereniging “uit die unie se grondwet te skryf”.
    Die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) is op die punt om ’n nuwe grondwet goed te keur.
    As die nuwe grondwet in sy huidige vorm goedgekeur word, sal die oudspelersvereniging geen seggenskap in die unie se uitvoerende komitee hê nie.
    Claassen het Sondag gesê die redes vir die plan om oudspelers te misken, “is duister”.
    Die nuwe grondwet sal volgens inligting Maandagaand op ’n vergadering van die uitvoerende komitee op Loftus Versfeld bespreek word.
    Claassen sê die oudspelers gaan die plan teenstaan en sal nie toelaat dat hulle eensydig na die kantlyn geskuif word nie. Die voorsitter van die oudspelersvereniging is veronderstel om ’n visepresident van die unie te wees, maar dit is nie tans die geval nie.
    Die Bulle se oudspelersvereniging het in onguns verval nadat daar in die vroeë 2000’s pogings was om in te gryp in die bestuur van die unie toe die Bulle ook nie te waffers gevaar het nie.
    ’n Trust van oudspelers onder leiding van wyle Piet Uys het in 2002 ’n mosie van wantroue in die unie ingestel wat onder meer sou behels het dat Heyneke Meyer, destyds afrigter van die Blou Bulle, summier die trekpas kry.
    Uys-hulle se mosie het misluk en die BBRU het sy steun aan Meyer gegee nadat hy aan die prestasieklousules in sy kontrak met die Blou Bulle Maatskappy (BBM) voldoen het.
    Meyer het dié storm afgeweer en die Bulle het die Curriebeker van 2002 tot 2004 gewen.
    ’n Bron in die unie se uitvoerende komitee sê die oudspelers word in sommige kringe “beskou as ’n groep wat geneig is om onnodig in te meng”.
    Daar is intussen toenemende kommer onder die oudspelers oor die Bulle se swak vertonings vroeg in die Curriebeker-reeks.
    Deon Stegmann se span het ná Saterdag se loesing van 17-41 teen die Westelike Provinsie op Nuweland in twee agtereenvolgende wedstryde 40 punte afgestaan.
    “Daar is baie ongelukkigheid oor wat op die veld aangaan. Ons (die oudspelers) wil ’n ondersteunende rol speel en is nie hier om ’n negatiewe agenda te dryf nie.
    “Die span se huidige spelpeil regverdig egter die kommer wat daar is,” sê Claassen.
    Die Bulle se nederlaag teen die WP beteken dat die Lig¬bloues sedert verlede seisoen net drie van hul laaste 12 Curriebeker-wedstryde kon wen.
    Louis Nel, president van die BBRU, het by navraag gesê die nuwe grondwet is nog nie gefinaliseer nie. “Alle betrokkenes het steeds die reg om insette te lewer en die oudspelersvereniging het nog in geen komitee aangedui hulle is ongelukkig oor die proses nie.”
    Hy sê die Bulle se grondwet moet gestroomlyn word sodat die unie se groot uitvoerende bestuur verklein kan word.
    “Die oudspelers het sittingsreg in al die komitees en is betrokke by die beplande nuwe grondwet.”
    Volgens Nel word daar nêrens in die grondwet aangedui die voorsitter van die oudspelersvereniging moet outomaties ’n visepresident van die unie wees nie.
  9. gravatar Chris says:
    Sien in die Beeld Frans blameer alweer 'afronding' en vra dat ware supporters nou moet saam staan, net soos hy by die Leeus gevra het daai tyd, want hy het alweer baie geleer afgelope naweek, vlieg in jou maai Ludeke, BOIKOT!!
  10. gravatar Jan Venter says:
    lyk my die top bestuur maak benoude spronge stream line van die bestuur sodat hulle meer droog kan maak nog meer rede on die klomp oogklap blinde bestuur uit te haal die Bulle se groot probleem is die spelers word te veel betaal en is met FL in n comfort zone passie word gebore en nie gekoop nie probeer dit asb verstaan kry 15 top carlton spelers by mekaar en selfs hulle sal die Bulle pak gee want daai spelers verstaan van saam speel en passie
  11. gravatar bluedog says:
    Webmaster, wat het van die bulle se sewes span geword? Geen verdere terugvoerong nie. Glo wp het hulle stukkend gehardloop in die kwarteindstryd gister. Vertel ons asb
  12. gravatar Franscois says:
    Asb kies die nawek die span soos volg:

    Visser
    Jje
    Wss
    Kriel
    Akona
    Schoeman
    Piet
    Vleis
    Jdup
    Steggies
    Hatting
    Willemse
    Marcel
    Bongi
    Dai jong seun

    Bench:
    Sit maar enige gewillige poephol wat lyk of hy kan rugby speel
  13. gravatar Franscois says:
    Sal nogal laik om murray wee in aksie te sien hy was goed vi die leeus op i tyd
  14. gravatar Louwtjie says:
    Ek is nou al veertig jaar n ondersteuner van die bulle.Nog nooit voel ek so vernederd soos deesdae nie.laat die klomp poephlle hulle eie borg betaal en jaag frans ludeke kaalvoet die kalharie woestyn in.Iets moet nou gebeur..Komaan bestuur doen iets .Is die oudspelers te veel betrokke of wat
  15. gravatar Loftus says:
    We'll done BBB, die spelers lyk ongelukkig, die ondersteuners is duidelik ongelukkig en nou wil julle die oud spelers ook vervreem. Hier kom n storm, hierdie bestuur is lankal die kluts kwyt en ek het geen meer vertroue in hulle nie. Hierdie tyd perk sal in die Bloubul geskiedenis onthou word as n baie donker tyd.
  16. gravatar KUVUKILAND says:
    Where did it all go so wrong for the Proud Blue Bulls.. Will Ross starts at flyhalf this weekend;;; what a sad day in bulls rugby.... Where is William Small Smith in this world.........what have he done wrong to deserve this... Where is the highly regardes Dries Swanepoel ...
  17. gravatar MightyBlue says:
    Frans Ludike het nie die curriebeker die vorige jare afgerig nie dit was Pine Pienaar. Gee Frans die kans. As jy gaan kyk na die player stats op rugbymag.Co.za dan is die bulle spelers los hande voor. Die spelers hardloop op die einde van die dag op die veld en hulle moet die gameplan deurvoer. Dit was twee baie moeilike wedstryde teen die leeus en die WP. Dis jammer daar is nou weer soveel beserings maar gee die jongklomp kans hulle het verlede jaar baie goed gedoen vir die Bulle. Bulle werk daaraan op die Bal te dryf met die voorspelers en dan goeie aanvalle met die agterlyn te doen. Moenie Balbesit onnodig wegskop nie. Werk ook daaraan om minder balhantering foute te maak. Sterkte vir die naweek manne! Maak ons trots!
  18. gravatar nitronic says:
    Kyk Johannes ek se nie die jonges is die oplossing nie, maar vet weet hulle sal seker nie swakker wees as wat ons is nie.

    Ons is kamstig in n bou fase maar gee dan die jonges soos Kriel, WSS, Rohan, Dries ens so voort kans om ervaring op te doen en dan oor n paar jaar n lekker span kan bymekaar sit. Die outjies het die talent om ver te kom in hul rugby loopbane.

    As dit nie gaan gebeur nie dan is dit beter as Rohan, WSS, Dries, Kriel, Serfontein, Pollard. vir ander unies teken want ons "briljante" bestuur dinges hulle loopbane op.

    Die spelers tans in die span kan nie hulle loopbane verbeter nie en is eenvoudig nie rugby spelers se gate werd nie. Maybe at best klub rugby spelers
  19. gravatar Honibal says:
    Kyk, ek weet beslis niks van rugby af nie. Die coach het my lankal vertel dat daar 'n verskil is tussen 'n rugby-kenner en 'n rugby-kyker.....

    Dus, dit in gedagte, verstaan ek beslis nie die opmerking in die artike dat die losskakel, Tian Schoeman fiks en reg is om gekies te word nie.



    Tony Jantjies is dan die derde keuse losskakel na Pollard en JLP......dus moet hy nou speel. Hy word elke maand 'n salaris betaal en dis hoogtyd dat hy sy pond vleis staan loop en verdien, of hy nou goed genoeg is of nie. As jy salaris wil trek, moet jy beginne werk daarvoor....of is hy die volgende Cornell Hess wat net geld loop en verdien sonder om iets te doen.

    Sterkte bulle......
  20. gravatar Paarlbul says:
    Mighty Blue - dit is juis die probleem - die gameplan!!!!
    Wat doen die Bulle anders as:
    - Dryfings van lynstaan (ook maar sonder commitment)
    - Die boks kick daarna
    - Hardloop pylreguit en regop op die verdediging af en gaan grond toe - geen ofloads, geen support
    - Skop te alle koste indien eie gebied - geen opsomming van situasie
    - Skrum - wanneer laas het hulle die skrums ordentlik oorheers?
    - Lynstane sonde Matfield of ograniser is chaos

    Wat vir my baie meer teleurstellend was Saterdag is die vertoning van die O/21's. 'n Span met soveel teveel talent - MAAR HULLE SPEEL NIE. 'n Bloudruk van die Frans Ludeke gameplan en nog sonder passie ook.

    Dit raak nou werklik 'n storie sonder enige trots- hoe kan dit wees Frans???????
  21. gravatar bloukaap says:
    Paarlbul

    Nuus vanuit afrigtingskamp is dat hulle die CC gebruik om bal meer te dra. JLP het beslis minder geskop.

    Die probleem is dat spelers vir baie lank geleer is om anders te speel en dat ons sukkel om balbesit te behou. Jy sal onthou ons het in opwarmjngsgame teen Pumas 46-38 gewen. Dit was die plan. Maar die span daag net nie op nie.

    Ek het self die o'21 gaan kyk en hoewel hulle beter aanval as die seniors was hul verdediging shocking gewees.


    Ek het Saterdag regoor die doellyn gesit waar ons vier aanslane begaan het. Vier driee. 28 punte. Die span se sielkunde is nie goed nie en hulle verloor selfvertroue sommer vinnig. Ek het lanklaas Blou Bulle se lusteloosheid so prominent gesien soos hierdie span. Hulle koppe hang en daar word stadig gestap om weer in posisie te kom, terwyl die opponente ons dronk hardloop. Ons gee net moed op. Dis vir my onverklaarbaar.

    Beide Jurgens Visser en Grant Hattingh hardloop by vier geleenthede deur WP se verdediging maar dan verloor ons die flippen bal of ondersteuning is te stadig by. Die Ref hey ons aanmekaar gebkaas vir bal op grond vashou. Met die telling op 19-12 na 12 minute in 2e helfde het ons so turnover afgestaan en vandaar was dit koppe wat hang. Dis asof ons reeds verloor het as ins uit die tonnel gehardloop kom. Wat vir my erg is is JJ ons Springbok.wat nie eens potensiele gevaar inhou vir sy direkte opponent nie.

    WP het groot verlies in leierskap gehad met Deon Fourie wat weg is vir die CC. Maar mens kom dit nie eens agter nie. Dit is vir my die missing ljnk by.die Bulle. Die nuwe geslag spelers het.nog nie hand opgesteek nie.

    Dis amper soos die 2008 seisoen met die elv's. Toe het ons uit die bus geval en negatief as span geraak.

  22. gravatar Riaan says:
    en weereens dieselfde ou breinlose stampkar rugby die naweek gewees...:( :(.... mense, en die bestuur en afrigters se terugvoering en komentaar is......hoe kan ek dit stel.....wel ek kyk net so na hulle en toe besef ek, die wiel draai, maar....die hamster is dood?
    groete aan my eens trotse Blou Bul. Aan die BBRU; mense dit is nie altyd die stekste wat oorleef maar wel die een wat aanpas by verandering.
  23. gravatar Nguni says:
    Baie mooi gestel Bloukaap. Gert Smal het wel 'n verskil gemaak daar in die Kaap - maar vir my was hulle beste aanwins, Henning Gericke (Sport Sielkundige)!!

    Wat my net weereens nog meer diemoerin maak is - Henning se huis is 2 bloke van loftus, sy kinders is in Affies. Die bulle het hom nie eenkeer genader vir 'n moontlike pos nie!!
  24. gravatar Nguni says:
    Baie mooi gestel Bloukaap. Gert Smal het wel 'n verskil gemaak daar in die Kaap - maar vir my was hulle beste aanwins, Henning Gericke (Sport Sielkundige)!!

    Wat my net weereens nog meer diemoerin maak is - Henning se huis is 2 bloke van loftus, sy kinders is in Affies. Die bulle het hom nie eenkeer genader vir 'n moontlike pos nie!! Hy sou vir baie minder geld na die Bulle toe gekom het - weens die feit dat sy lewe in Pretoria is.
  25. gravatar Bloukaap says:
    NGUNI

    Het ons nie vir Jannie Putter nader getrek nie?

    Maar ja, wa snogal nie lekke rom henning in 'n WP baadjie te sien rondloop nie. Nog erger was om Vlok Cilliers op en af verby ou Pine te sien hol.
  26. gravatar Bullebakkies says:
    Kan iemand asb vir my se wat Pieter Rossouw se job description is? Wat is sy rol by die BBRU?
  27. gravatar Paarlbul says:
    Dankie Bloukaap,
    Hel dit sou amper die verloor meer aanvaarbaar gemaak het het as die spelers wou balbesit hou en hol. Maar die manier hoe hulle doen wyk nie af nie. Dit is asof hulle geen span is nie maar eerder 15 spelers - die Lions en Pumas speel as 'n span.
    Rugby is 'n baie eenvoudige game, dit kos net 'n bietjie konsentrasie om aan te pas - weereens die Lions onder leiding van afrigters het dit redelik vinnig aangepas selfs Derek Minnie lyk na 'n ander speler.

    Die o/21's dieselfde - dit is soos jy sê, motivering is nêrens.

    Die ander faset waar die Bulle die heeltemal die pot missit is die afbreekpunte en jy kon dit nie duideliker sien in die O/21 game nie.

    As ek nou een van die volgende spelers was het ek by die Pumas gaan aansluit want ek het 'n gevoel 'n ou se loopbaan gaan daar eerder vorentoe gaan en sal ook die Pumas baie versterk.
    Jimmy Stonehouse gaan beslis ook beter na 'n ou kyk. En waar is dit lekkerder as in die Laeveld?
    Frik Kirsten - Werner Kruger is om die een of ander rede die beste by die Bulle
    Dennis Visser
    Dries Swanepoel
    WSS
    Wiaan Liebenberg
    Irne Herbst
    Roelof Smit
    Ulrich Beyers
    Lohan Jacobs
    en en en
  28. gravatar Brett Bull says:
    Stem saam met jou Bloukaap, ons grootste probleem lê tussen die ore. Ons speel eenvoudig nie met dieselfde passie as wat die Lions en die WP teen ons gespeel het nie. Toewyding word raakgesien in jou verdediging en daar was die Bulle Saterdag pateties en die WP baie goed. Ons kan vir 10 minute nie deur hulle verdediging kom nie en dan kry hulle dit reg om in 30 sekondes deur ons verdediging te kom.

    As ons dan `n nuwe gameplan het (en ek is bly daaroor) moet met die ouens se koppe gewerk word dat hulle daarin glo. Huidiglik lyk hulle vir my ongemotiveerd.

    Gehoor daar is probleme in die topstruktuur van die Unie en dit begin blykbaar met Van Graan. So iets spoel altyd oor na die spelers. Ons kort `n regruk soos wat die Sharks gehad het. Iemand soos Matfield moet sommer oorvat en dan sy eie nuwe groep saamstel, dit het gewerk vir die Sharks.

    As ons nie Saterdag goed kan wen nie werk ek liewer Saterdae in my tuin.LOL My vrou sal baie bly wees ten minste.
  29. gravatar Johannes says:
    Rossouw se posisie is agterlyn afrigter - Ja lag maar.
    Intussen trap hy net water want ht waai een van die mooi dae WP toe om by Alistair oor te neem!
    Bye Bye WP!
  30. gravatar Johannes says:
    Ek het n stukkie skokkende statistiek gehoor - ek gaan weer die game WP game kyk want dit klink amper onmoontlik.
    Ons 4 losvoorspelers (insluitende ENgelbrecht toe hy opkom) het nie n enkele keer die bal gepass in die 1ste en 2e fase spel met die stampkar rugby wat ons speel nie.
    Hulle gaan ELKE keer af grond toe in die tackle.
    MAW ons opposisie weet as hulle die bal dra kom die spel elke keer tot stilstand.
    Ons is SO voorspelbaar!
  31. gravatar Chris says:
    Ek weet nie of n goeie wen Saterdag die regte ding gaan wees nie, dan lyk Frans weer goed, en asof niks verkeerd is nie, ons wil nie dit he nie..
  32. gravatar Bloukaap says:
    Chris

    Dit gaan die Bulle miljoene kos as hulle nou vir Frans laat gaan en nuwe mense inkry. FL se kontrak verstryk eers einde 2015. Jy kan maar skreeu soos jy wil, maar FL gaan nie nou waai nie.

    Totdan my vriend, gaan jy lekker hier skreeu en tantrums gooi.
  33. gravatar Brett Bull says:
    Ja ons sal maar by FL moet bly, wat is die ander opsies en hoe moontlik is dit. Kom ons kyk:

    Kom ons speel duiwelsadvokaat en kyk na moontlike kandidate en weeg hulle op.

    Brendan Venter: Hy het `n mediese praktyk in die Strand, is `n konsultant by Saracens in Londen en dit sal miljoene kos om hom te kry: Kans: 1 uit 10.

    Jimmy Stonehouse; Hy verrig wondere by die Pumas met `n klein spelersbegroting en spelersgetalle. Maar die Pumas het ook twee keer agtereenvolgens (in die Curriebekerreeks) verloor en volg hulle nie maar dieselfde spelpatroon as die Bulle nie? Hoe sal Jimmy die senior spelers hanteer en hoe sal hy saam met die groot honde in die Superreeks blaf? Finaansieel die grootste winskoop. Kans: 6 uit 10.

    Nick Mallett: As ek kon kies, sou ek Nick aanbeveel, al is hy reeds 57, maar dis sal nie gebeur nie. Hy verdien miljoene by SuperSport, bly baie lekker in die Kaap en ek weet nie of hy in die Jakaranstad sal aanpas nie. Gaan doen ook maar navraag op entertaiment-online.co.za en hoor hoeveel Nick vra om seremoniemeester of gasspreker te wees. As Bokafrigter was hy suksesvol, maar die wag voor sy mond het hom al te veel kere in die steek gelaat. Ook, hoe het hy gevaar toe hy Italië afgerig het? Dis nie as nie, maar wanneer hy en die Blou Bulle-bestuur vassit. Kans: 2 uit 10.

    Naas Botha. As speler en analis nie sy gelyke nie, maar as afrigter? Lyk baie gelukkig by SuperSport en ek glo nie Naas sal dit wil prysgee en so baie van die huis af weg wil wees nie. Kans: 2 uit 10.

    Johan Ackermann. Pretoria Polisie se verlore seun! Verreweg die innoverendste en gewildste afrigter in Suid-Afrika. Hy ploeg met jong kalwers en maak hulle binne `n paar jaar bulle. Hy behoort `n lang paadjie te loop as die SA rugbybase visie het. Die Leeus sal hom nie maklik laat gaan nie, maar elke speler/unie/afrigter het sy prys: Kans: 5 uit 10.

    John Mitchell. As afrigter uitstekend, hy het immers die saadjie geplant wat Ackers nou oes. Maar, doen eers navraag by die Leeus (en die spelers) hoekom hy daar weg is. Dalk is dit die regte doepa wat die spelers nodig het … maar dan ek weet nie so mooi in 2014 nie. Kans: 2 uit 10.

    Jake White: As die geld reg is, sal Jake `n Blou Bul word. Die Bulle se spelpatroon sal hom soos `n handskoen pas. Al het die Sharks sleg slae gekry in die Superreeks se halfeind teen die Crusaders, is Jake dalk die regte man. Hoe lank is sy kontrak by die Sharks? (Nie dat Jake hom te veel aan dié goeters steur nie, vra maar vir die Brumbies) Kans: 5 uit 10.

    Die res? Naka Drotske, Allister Coetzee, Robbie Fleck, Carlos Spencer, Rory Duncan, Hawies Fourie?

    Wat van `n oorsese afrigter?

    Die gevolgtrekking: Hou maar by die Blou… die wiel sal draai, nie as nie, maar wanneer.
  34. gravatar JP says:
    As jy Saterdag Loftus toe gaan dan ondersteun jy Frans en sy bestuurspan , moet dan nie weer volgende week op die blog kom huil nie , dit is al kans wat ons het mense staan saam eenkeer en bly weg vanaf Loftus asb.
  35. gravatar Bullsrbest says:
    I cant stand watching my team losing week in and week out. I was so excited at the start of the Currie Cup because we looked like the strongest team on paper yet we are making fools of ourselves every week. Isn't it time for Frans Ludeke to pack up as he is now doing to us what he did to the Lions. He has used up all his resources that Heyneke left for him to continue with a winning formula but has now run out. What about Mallett or are we going to let the biggest and best franchise in South Africa go down the drain as we are doing now?
  36. gravatar Bloukaap says:
    As ons die seisoen wil omdraai is dit Saterdag.

    Ek het aan die begin vd seisoen na die fixtures gekyk en gesien ons speel in afdeling waar daar twee sterkste spanne is en ons begin weg teen hulle. In my agterkop het ek gedink dit kan sleg wees as ons weggames teen hierdie twee moet begin, want volgens my sou hulle twee die gunstelinge wees. Het nie gedink ons gaan hierdie games sommer wen nie, maar het ook nie gedink sulke pakke slae sou ons voorland wees nie. Nou moet ons onsself uit hierdie verloorgat kry voordat dit afspiraal na chaos toe. Dus, Draai Saterdag om.

    WP sal die naweek daarna weer Pretoria toe moet kom en gaan vol selfvertroue wees en dink dis net kwessie van opdaag en wen. Stephen Nell en Gavin Rich skryf al klaar 'n boek oor die suksesverhaal van WP rugby.

    Dus, wen net Saterdag om daardie selfgeloof weer terug te kry. Maak nie saak hoe nie. Dit kan een punt wees, whatever. Wen dit net.
  37. gravatar Chris says:
    Ai Bloukaap, jy trap in n slaggat, ons sal wen hierdie naweek, ons kan moontlik goed wen ook. Dit is op Loftus, teen n swakker span, so natuurlik. Maar ek waarborg jou vandag, die WP gaan ons hier ook kom trap, jy weet dit, so ook die Leeus, Sharks en Cheetahs. Ek sal aanhou tantrum tot Fransie net n nare nagmerrie is, ek weet dit help nie, maar dit is my opinie.
  38. gravatar zanixis says:
    @Brett Bull: wat van Dawie Theron - dink hy het genoeg bewys by die 0/20 wat hy kan doen.
    Hel as ek kon sou ek Zandberg Jansen aangestel het nettie ou FL nie
  39. gravatar Victoriabok says:
    > Bloukaap
    > Chris
    > Dit gaan die Bulle miljoene kos as hulle nou vir Frans laat gaan en nuwe mense inkry. FL se kontrak verstryk eers einde 2015. Jy kan maar skreeu soos jy wil, maar FL gaan nie nou waai nie.
    > Totdan my vriend, gaan jy lekker hier skreeu en tantrums gooi.


    Betaal hom op sy gat in 'n kantoor te sit en niks doen totdat sy kontrak oor is

    Die Leeus moes dit ook met hom doen om van hom ontslae te raak. Dit alleen wys jou water tipe mens jy mee te doen het en dat die man het geen skaamte het nie

    Hy kan minder skade aanrig en die span sal beter wees sonder sy insette



  40. gravatar Victoriabok says:
    En betaal Nico Serfontein wat hy wil hê en gee hom 'n tien jaar kontrak as Hoofafrigter
  41. gravatar bluedog says:
    Hierdie gesanik oor ludeke moet nou end kry. Ons weet hy moet gaan maar dit sal nie gebeur nie. Hy sal sy kontrak uitvoer tot na 2015. Die groot probleem lê by die spelers. Hulle word duisende betaal vir die werk wat hulle doen. Due bbru is die werkgewer en die speler die werknemer. As hulle nie wil werk nie moet die bbru hul kontrakte nietig verklaar en hulle laat loop. Hierdie spelers is slapgat. Ek hou nie van my baas nie maar steeds doen ek my werk met n passie. Ek verdien my karige salaris elke maand met n lekker hart. Dit is nie ludeke se werk om die bulle die basics van rugby te leer nie. Hoe om te hardloop en te pass en te verdedig nie. Dit moet deel wees van jou passie om rugby op daardie level te speel. Jy kan nie n speler uit die wp of die leeus of van die kings leer om met die ligblou trui deur n muur te hardloop of trots op dit te wees nie. Die sards wp en leeus en cheetahs en pumas en griekwas speel met n passie en vir die trui wat hy dra. By die bulle gaan dit om geld. Die span van 2002 tot 2010 het n passie vir die trui en unie gehad en drie super titels en curriebekers gewen. Hulle was manne. Hulle wou wen. Hulle wou die beste wees. Hulle het pak slae uitgedeel. Vra maar vir wp en die reds. Die groep wat nou hier speel het geen trots nie. Hulle is spul losers in die ligblou trui. Ja, ludeke is nie perfek nie maar as die spelers hand opsteek en begin speel om te wen sal en kan dinge begin draai na wenne toe. Guts en glory word niegekoop in winkels nie. Dit kos harde werk. Bloubul rugby is nie vir sissies nie.
  42. gravatar Victoriabok says:
    Ander Unies betrek oud spelers by die Unie se bestuur en dit werk


    Soos John Smit en McLeod-Henderson by die Sharks, ,Gert Smal by die WP en Ackermann en Kevin de Klerk by die Lions


    Ons moet ook 'n oud Bulls speler in die bestuur betrek

    Maar dit sal seker nie gebeur nie, Barend van Graan wil eerder van die oud spelers ontslae raak

  43. gravatar Victoriabok says:
    > bluedog
    > Hierdie gesanik oor ludeke moet nou end kry. Ons weet hy moet gaan maar dit sal nie gebeur nie. Hy sal sy kontrak uitvoer tot na 2015. Die groot probleem lê by die spelers. Hulle word duisende betaal vir die werk wat hulle doen


    Bull

    Die afrigter is in beheer, hy oefen die spelers en hy bepaal die wedstrydplan

    Hy hou vol met Ross en JJ op senter?

    Dean en Kruger terwyl ons beter het?

    Speel nie 'n fetcher nie en die opposisie steel die bal elke keer wanneer sy ses voet ses 120kg sogenaamde klosvoorspelers op die grond beland ?


    Kyk maar mooi, Ludeke se Bulls lyk net soos Ludeke se Lions, selfde passie en resultate op die veld

    Dink jy dis toeval?


  44. gravatar Victoriabok says:
    >> bluedog
    >> Dit is nie ludeke se werk om die bulle die basics van rugby te leer nie. Hoe om te hardloop en te pass en te verdedig nie.



    Dis sy werk om te sien dat hulle dit kan doen en die hulpafrigters te kry om dit te doen

    En hy moenie hulle nie te kies as hulle spel nie op standaard is nie



    >> Die span van 2002 tot 2010 het n passie vir die trui en unie gehad en drie super titels en curriebekers gewen. Hulle was manne. Hulle wou wen. Hulle wou die beste wees. Hulle het pak slae uitgedeel.



    Die span het die beste slotpaar in die geskiedenis en 'n wedstrydwenner op skrumskakel gehad

    Hulle het ook vir Heyneke gehad wat een van die beste afrigters ooit is en die beste motiveereder is



    >> Ja, ludeke is nie perfek nie maar as die spelers hand opsteek en begin speel om te wen sal en kan dinge begin draai na wenne toe



    So om op te som sê jy dis nie Ludekes se werk om toe te sien dat hulle die basics kan doen nie?

    Ook nie om vir hulle 'n verdedigings patroon te leer nie?

    En ook nie om die spelers te motiveer nie?


    So wat doen hy nou eintlik?

  45. gravatar WieSoekWat says:
    Ek is geneig om met BlueDog saam te stem!
  46. gravatar bloukaap says:
    Victoria Bok

    Frans se spelpatroon tot en met die Curriebeker verskil "zickoll" van Jake White se Sharks. Meeste spanne in Noordelike halfrond speel taktiese rugby met skopwerk.

    My enigste kritiek teen Frans is dat hy te lojaal aan sekere spelers bly en te sag is op spelers. Hy is baie positiewe mens wat in alles die positiewe sien. Ongedissiplineerde spelers moes al lankal die trekpas gekry het. Spelers wat halfhartige vertonings lewer moet plek kan verloor. Daar is spelers wat erg gewig aangesit het na die Superreeks. Springbokke sit op die bench. Dan is daar ouens wat te stadig geword het vir die moderne game.

  47. gravatar Christo says:
    Ek hoor Strafskop Greyling is vir 'n week geskors vir sy trap.
  48. gravatar Johannes says:
    My raai vir Saterdag span net veranderinge:

    Bongi op haker
    Rudi op 9
    Jantjies 10
    WSS 13
  49. gravatar Hans says:
    Johannes - al daai ouens verdien n speelkans. Sou net graag n paar losvoorspelers met guts ook wou sien begin het.
  50. Ek wil ook net se dat dit tyd is vir die spelers om hulle slapgatheid te los en te begin speel,ek dink nie FL is vir dit veranwoordelik nie.Met trots en passie kan jy ver kom.Wetter dissipline by die spelers in en jy gaan n ander span sien.GO BULLE
  51. gravatar nitronic says:
    Sien blomme begin vir cheetahs, hoop hy wys ons patetiese unie hoe om rugby te speel
  52. gravatar bluedog says:
    Victoriabok. Die spelers by die bulle is gesoute rugby manne. Jy leer n o/9 kind wat basics is en verdediiging. Hoe om reguit lyne te hardloop en n ball te pass. Nie vir n speler op super rugby en cb level nie. Ja, die afrigter moet die patroon inoefen wat hy wil speel. Ludeke sukkel met n patroon. Ludeke kan egter nie op die veld wees met n game nie. Ek glo nie hulle leer die bulle om te verdedig soos teen die wp nie. Sy span keuses is ook nie altyd korrek nie. Daarom sê ek raak ontslae van n speler wat nie wil speel nie. Raak ontslae van spelers wat nie betrokke wil bly by die bulle nie. Soos Bongi. Stel hom vry dat hy sommer nou wp toe gaan. Hoekom hom verder speel? Dit is hoekom ek sê die spelers moet hul kant begin bring en ophou om bloubul rugby te verneder. Ons soek daardie passie en trots terug op die veld.
  53. gravatar bloukaap says:
    Johannes

    Ek het Saterdag gesien beide Visser en Ndungane loop maar kruppel. Veral Visser se een voet het maar kreupel gelyk. So ons kan dalk vir Kriel op heelagter sien.

    Ek wonder waar is die sewes vleuel Jamba Ulengo of so iets oor wie berig is al reeds saam met CC span sou oefen?
  54. gravatar victoriabok says:
    > bluedog
    > Ludeke sukkel met n patroon. Ludeke kan egter nie op die veld wees met n game nie. .
    > Sy span keuses is ook nie altyd korrek nie.
    > Raak ontslae van spelers wat nie betrokke wil bly by die bulle nie. Soos Bongi. Stel hom vry dat hy sommer nou wp toe gaan.


    Ek stem saam dat spelers wat aan die einde van die seisoen waai nie meer moet speel nie, speel eerder sy opvolger dat hy speeltyd kry en laat hom op die bank sit totdat hy verniet loop (sonder salaris) of bly en vet en lui word en stuur hom dan vir die ander span


    Ludeke sukkel nie met die patroon nie want hy het net een, dieselfde een vir die laaste sewe jaar

    Hy bly ook vir Ross speel en ignoreer ander talentvolle spelers soos WSS

    Hy probeer niks anders nie, en speel dieselfde gemors patroon met dieselfde useless spelers soos Ros oor en oor en verwag dat dit gaan werk

    Hy speel ook nie 'n fetcher nie en daarom maak die ander spanne ons klaar op die grond


    'n Afrigter net soos 'n speler moet ophou op 'n stadium

    Ons het vir John Williams en Eugene van Wyk ook laat gaan, maak nie saak hoeveel trofees hulle gewen het nie

    Hy moet gaan, dis tyd vir vars idees


    Waar is Nico Serfontein?
  55. frans ludeke wat,wat,wat gan in die blou bul span an dat hulle ni mag,wil of kan wen nie,jy maak blou bul ondersteuners wat 40 jaar di bulle ondersteun maak jy afvallig van hulle se gelief kooste rugbyspan.jy moet bedank,want ons span is pateties,jy pay te veel en gaan te veel wimpy toe met jou famielie.jy mors my tyd naweke voor di tv, nou moet ek wp rugby kyk as ek wil wen rugby sien,proud blou bul supporter,blou bul forever. viva wp viva

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *