Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

Ndungane injury setback for Vodacom Blue Bulls
19 September 2011

Vodacom Blue Bulls stalwart Akona Ndungane will miss the next two weeks of Currie Cup rugby after injuring ribs in last weekend’s win over Western Province at Loftus Versfeld.

Ndungane will miss the fixtures against the Lions in Johannesburg and the Pumas at Loftus Versfeld. He should be fit for the Blue Bulls fixture against Griquas in Kimberley, along with Deon Stegmann (cheek bone) and Jaco Pretorius (groin) who is recovering well from operations.

According to team doctor Org Strauss, a couple of players are feeling the effects of the season, with Dewald Potgieter (ankle), Jano Vermaak (knock against the head), Juandré Kruger (knee), Louis Fouché (groin), Gerrit-Jan van Velze (contusion) and Bjorn Basson (flu) missing training on Monday and Tuesday.

“All of them should be running again on Wednesday,” Strauss said.

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
15
Ek sien Tjokkie vd M verjaar die maand. Nou vat dit darem 'n mens ver terug na sy dae toe - kookwater vir Tuks en Noord Transvaal gespeel.
Posted by NETBLOU on 19 September 2011 14:21
14
Wil jy 'n verassing hê Netblou??

GAAN LEES DIE VOLGENDE DRAAD!!
Posted by zet on 19 September 2011 14:18
13
Dink julle ons kan die welpie se stert knoop? As ons kan voortbou op afgelope Sa, dalk net 'n verrassing vir almal op die kaarte!! GO BLOUES.
Posted by NETBLOU on 19 September 2011 14:16
12
Sjoe ouens, julle is alweer besig om voor Judge se stoep te speel - hy gaan julle 'n lang storie gee.
Blyblou, jammer maar as jy enige ander senter bo Wynand as die beste verdediger kies, dan moet ek verskil. Sedert destyds teen die Brumbies (of was dit die Warratahs?) toe hy nie een tackle kon doen nie, is daar min in SA wat by hom met verdediging kersvashou. Dit lyk tog vir my of die huidige 12 & 13 jel. Met Sadie oppad voel ek jammer vir jong ouens wat nou hulle hand opsteek - soos bv Venter. Sadie sal homself natuurliks eers in die BB patroon moet bewys.
Posted by NETBLOU on 19 September 2011 14:13
11
Jip zet.Dis wat rugby so lekker maak!Stem saam jou mense het maar opinies.
Posted by Spartan on 19 September 2011 14:10
10
Stem saam Spartan - hy was MoM teen die Griekwas en as CJ nie MoM was teen Luiperds nie was Arno.

Maar ek kyk na die 6,7,8 as kombinasie.

Jou opinie en myne verskil - maak nie myne reg of joune verkeerd nie. Maar bly steeds my opinie.
Posted by zet on 19 September 2011 13:45
9
Ja dis jou mening.Hy het een game begin en toe was hy man of the match teen die griekwas.Wys jou wat hy kan doen as hy 80minute jol.Hy is ook eintlik 'n agsteman soos by sa onder 20's.So hy kan enige loosie vervang.
Posted by Spartan on 19 September 2011 13:42
8
@Spartan

Ek hou nogal van die kombinasie van die 2 Potgieters op 6&7. Jaques is 'n tradisionele #7 en goeie momentum vir ons span gegee terwyl hy op die veld was. Dewald was man of the match en alhoewel hy nie 'n suiwer fetcher is nie, het Jaques op #7 hom miskien bietjie meer vryheid gegee om na die bal toe te speel. Omdat Dewald nie suiwer #6 is nie, sal ek eerder Steggies op die bank speel veral nadat hy net terugkom van 'n besering.

So anders as Bismarck is Arno nie noodwendig die beter speler nie. Potensiaal het hy beslis - maar hy het hom nog nie as die duidelike eerste keuse ingespeel nie. Hy is nog jonk genoeg om dit wel in die toekoms te doen - maar vernou verkies ek Dewald, Jaques, CJ en Steggies in die wedstryd 22.
Posted by zet on 19 September 2011 13:36
7
Nee zet ou pellie.Arno kan eerder in dewald of Jaques potgieter se plekke begin.Op die stadium is die storie vir my dieselfde as Bismarck sin.Hy is beter in die posisie maar sit op die bank.
Posted by Spartan on 19 September 2011 13:12
6
Stem saam oor Fouche en Vermaak - dink hulle het hulle plekke "verseker" deur nie te speel Saterdag nie :-)
Dit is jammer dat Brummer skynbaar netnie die trappie na 'n hoer vlak kan klim nie - hy het baie beter as junior gelyk 2 jaar terug as nou. Jinka - wel hy sal dit waarskynlik nooit maak nie.

Stem nie saam oor Jaco Pretorius nie - hy is vinniger en 'n beter verdediger as beide Venter en Olivier. Almal kritiseer Jaco oor sy gebrek aan aanvallende spel in die S15 - maar laat mens nou maar eerlik wees - nie sy voorspelers of die agterspelers aan sy binnekant het nou eintlik 'n goeie seisoen gehad nie. 'n Buite-agterspeler het darem so nou en dan 'n voorvoet bal nodig, en die spasies om aan te val, moet eintlik deur die binne-agterspelers vir die buitenstes geskep word. Wanneer hy reg is, sal ek nie verbaas wees as hy dadelik gekies word nie.



Posted by Blyblou on 19 September 2011 12:39
5
Ek het nou weer na die log gekyk, hom so bietjie links en regs gedraai, maar dit wou nie beter lyk nie. Toe ek hom heeltemal omdraai het dit goed vir ons gelyk .. maar toe kon ek nie lees nie.

Nee wat, realisties lyk ons kanse maar skraal. Dit is veral die verloor teen die Sharks op Loftus en die groot gebrek aan bonuspunte (Staat se 8 teen ons 2) wat ons gaan lem .. soos met die S15, hoeveel wedstryde het ons met 3 drieë ge-eindig ?

Maar, totdat die vet tannie nie finaal gesing het nie, en ons met bietjie geluk dit nog kan deurhak, sal ek bly hoop. En dit begin alles met 'n wen teen die gunstelinge, die Leeus op hul tuisveld.

Sal ook vir Shadow weer terugbring op vleuel, maar hy moet weet dit is tyd om al daardie talent te begin gebruik !
Posted by bendiebul on 19 September 2011 12:36
4
Ja nee ou Pine, los asb vir Jaco Pretorius net waar hy is, uit die span! Jaco het goeie diens oor die jare gedoen maar sy tyd is verby - hy gaan nie by Bulle se nuwe styl inpas nie. Dink ook hulle moet vir Shadow terug bring!
Posted by Bullebakkies on 19 September 2011 12:30
3
Ja nee, hierdie is goeie nuus. Solank as wat Fouche en Vermaak terug is behoort ons die knoop deur te haak teen die Lions. Ek gaan nou regtig nie huil oor Jaco Pretorius nie. Ek dink sy besering is baie soos die van Jean de Villiers s'n. 'n Seëning.
Posted by sakkie6yster on 19 September 2011 12:17
2
Jammer vir Akona, 2 weke is darem nie te lank nie.

Steggies kan op die bank begin - in die plek van Arno ('n jammerte vir Arno - maar hy is nog jonk en sal sy kans kry in die toekoms). Jaco Pretorius is nie beter as die senter kombinasie wat nou speel nie.

Ek het gesien hulle het Dewald se enkel gestrap gedurende die game - en nie oor sy toks soos mens sou verwag as dit 'n besering is wat gedurende die wedstryd gebeur het nie - dit lyk na 'n recurring injury. Nie dat dit hok afgeslack het deur die game nie.

Juandre was groot teen die WP - hy moet net reg wees.

vVelze en Bjorn is nie sulke groot kopsere nie.

Die beste nuus hierbo is dan ons skakelpaar reg behoort te wees vir die Leeus - Jinka (eish!!) en Brummer sukkel erg - Louis en Jano moet eenvoudig net speel!!
Posted by zet on 19 September 2011 12:04
1
Jammer, AK is die mees konstante speler hierdie seisoen.
Posted by Bloubosvelder on 19 September 2011 12:04
VIDEO
Highlights of the Absa Currie Cup match between MTN Golden Lions and Vodacom Blue Bulls from Coca-Cola Park, Johannesburg
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
26 Sept Tjokkie vd Merwe
27 Sept Gideon Helberg
27 Sept Johan Otto
27 Sept. Wikus v Heerden (Snr)
28 Sept Francois du Plessis (Voorry)
28 Sept Dries Scholtz
28 Sept. Braam van Straatentd>
29 Sept. Sky de Beer (Oorlede)
30 Sept. Gys Viljoen
26 Sept. Tjokkie vd Merwe
JOIN US ON FACEBOOK
Virtual Tour