Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

Vodacom Bulls sign Lionel Cronjé
19 September 2011

The Blue Bulls Company Pty (Ltd) is pleased to announce that former South African u.20 player Lionel Cronjé will be transferred to the Blue Bulls after successful negotiations between the Blue Bulls and Western Province. He signed a two year deal with the Blue Bulls Company Pty (Ltd).

The 22 year old fly half/fullback has been playing for Western Province in the Currie Cup and the Stormers in Super Rugby in the last two seasons, but is currently recovering from a knee surgery. He will join the Vodacom Bulls in November this year on a contract that will initially run till 31 October 2013.

Cronjé, who also played Currie Cup rugby for the Free State Cheetahs as a junior player, said he appreciated the time Western Province has invested in him on and off the field.

“The opportunity at the Bulls is one that I am looking forward to immensely. I would like to believe that my best years as a player are still ahead of me and that I could become an asset to the Bulls and take my game to the next level with them.”

Heyneke Meyer, Head: Rugby at the Blue Bulls Company Pty (Ltd) said of the signing.

“We are happy to finally have Lionel on our books. We have been looking to secure his services for a while now and I am very pleased with the news. Lionel will play an important role in our plans for the next couple of years,” Meyer said.

Bio:

Physical: 1, 84 & 90 kg
DOB: 25 May 1989, Bloemfontein
Favourite film: Wanted
Favourite music: Classic
Favourite food: Steak
Primary School: Queens College Junior
High School: Queens College
Tertiary: University of Free State

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
73
Good choice
Posted by Aurette on 20 September 2011 19:44
72
#71 In die vytige en sestige jare het ons rugby gesien, op provinsiale speel dae, vanaf 10.30: laerskole, hoerskole , Administateurs beker, 0/19, Carlton, en toe die hoof wedstryd.. Die stadion het gewemel van kinders, ouers en grootouers.
Posted by Thurlow on 20 September 2011 15:58
71
Anti Province, ou tyd was daar nie 0 19 games nie. Dit was O 20 (deesdae O 21), B Spanne en Hoof game.

Stem saam B spanne sal goed wees om die ander manne speelkans te gee!
Posted by FRANNABUL on 20 September 2011 12:30
70
Volgens BvG is Jaco nog beseer as ek reg kan onthou.Ek ken Theuns Kotze baie goed van Upington se dae,hy is nie n sleg No 9 nie.Kan hulle nie maar soos in die ou tyd weer die B spanne terugbring nie.So kan die dag dan begin met O19,O20,Bspanne ,CC of S15 spanne en die ouens kry speelkans.
Posted by Anti Province on 20 September 2011 11:40
69
Die blog raak nou lank. Sien julle by nuutste blog.
Posted by NETBLOU on 20 September 2011 09:49
68
Dippenaar het nog kontrak tot 2012 maar ek dink as hy sewes kontrak kry sal die blou Bulle hom laat gaan!
Ek vermoed Jaco v d Westhuizen het stil stil uitgetree, hoor niks van hom nie!

Ons kort ook nog net 'n stut om Gurthro te vervang! Wat het geword van die rumours oor Dawie Steyn, Pumas loskop?
Posted by FRANNABUL on 20 September 2011 08:55
67
Sooi Brandt , verskil met jou! Frik Kirsten gaan dit nie maak nie. Rossouw de Klerk was 20 jaar oud toe het hy al sy man gestaan in die S14.
Posted by FRANNABUL on 20 September 2011 08:52
66
Laeveld BB en Sooibrandt

Ruan Boshoff speel nie meer rugby nie, hy het werk al 'n geruime tyd vir 'n IT Mpy
JC Roos het by Pumas geteken
Brummer is nie weer 'n kontrak aan gebied nie, weet nie waar hy gaan nie, Pumas was die logiese keuse want Stonehouse sy skool coach is daar maar hulle het klaar JC Roos, Croy en Coenie van wyk.
Hoor 'n voeltjie fluit dat Marnitz by Griekwas geteken het!

Marnitz is seker die ongelukkigste ene van almal, het nie genoeg kanse gekry nie. Wie weet, dalk sien ons hom soos Matfield en Wilhelm Steen kamp na 2 jaar by 'n ander provinsie weer terug by ons!


Posted by FRANNABUL on 20 September 2011 08:49
65
Met al die ander provinsies se spelers wat gekoop word is daar geen kans vir die u/21 spelers om iewers te kom nie. Is daar al vir die outjies gese wat hulle lot vir volgende jaar is? Of gaan dit net dankie en koebaai wees. Dink aan Roos, Booysen, Beyers??????????????????
Posted by Bullsno1fan on 20 September 2011 08:43
64
Die Boshoffs kom mos van hierdie geweste af en ken hulle al van skool dae af en hou hulle maar dop.
Posted by Laeveld BB on 19 September 2011 23:08
63
#62 Nie familie nie en sal vir jou probeer uitvind van Ruan en sy ander broer.Sy naam Chandre en ek dink hy het laas vir polisie in die carltonbeker gespeel 2010 maar weet nie veel meer nie.Ook gesien dat Ruan varsitycup gespeel het vir TUT en sal as ek inligting het dit met jou deel.Ek verbeel my JC Roos het n kontrak geteken by die Pumas.Dit is voorheen gese op die blog.
Posted by Laeveld BB on 19 September 2011 22:18
62
Goeienaand Bloubul Bloggers.

Nouja toe, die dinge gebeur in die Bloubul kraal, né! Ek het 'n maand of drie gelede hier gesê dat ons op die vooraand staan van 'n skoonmaak proses. Ons staan op die drumpel van 'n heel nuwe bedeling. Al wat ek daaroor wil sê is dat ek hoop daar kom nooit weer 'n tyd in die Bulle se geskiedenis dat spelers so magtig word soos wat die afgelope vier jaar by die Bulle gebeur het nie.

Ek sien hier is 'n paar manne wat wonder oor Stefan Dippenaar. Ek dink nie ons gaan hom weer in 'n Blou trui sien nie. SABC nuus het vanaand aangekondig dat SA Sewes spelers langtermyn kontrakte gaan kry en Dippies was een van die manne wat in die agtergrond geoefen het toe daar 'n onderhoud met Paul Treu was.

Moet ook nie verbaas wees as Jaco Pretorius dieselfde goue handdruk as Derick Kuun gekry het nie. Ek dink hy is ook klaar.

Wat Frik Kirsten betref, ek weet hy is baie togewyd aan sy studies. Sover ek weet maak hy vanjaar klaar. Hou hom gerus volgende jaar dop. Hy is strate beter as De Klerk.

Oor Francois Hougaard: Julle praat deur julle nekke, manne. Hougie gaan nêrens!

Ek het ook gehoor dat Brummer en Boshoff vandag ingelig is dat hulle nie langer deel van die Bulle se planne is nie. Ek sal egter graag wil weet wat van JC Roos gaan word. Hy het Saterdag swakkerig gespeel, maar dié mannetjie het al oor en oor bewys hy het BMT in oorvloed. Daardie skepskop waarmee hy die onder 21's laat wen het Saterdag was uit die Naas Botha-handboek uit!

Terloops, Laeveld BB, is jy familie van Marnitz Boshoff? Dalk ken jy die familie. Weet jy wat het van Ruan en die ander boetie geword? Ruan het begin vanjaar nog vir TUT gespeel en toe verdwyn hy. DIe ander broer is al twee jaar van die radar af.
Posted by Sooi Brandt on 19 September 2011 21:52
61
55: Ja Jaco P op vleuel kan werk, 'n mens kan 'n paar dinge teen Jaco hou maar verdediging is een van sy sterkpunte terwyl dit Shadow se swakpunt is. Ek hoop net nie die Venter en WO kombinasie word gebreek nie, dit begin nou mooi werk.
Posted by bendiebul on 19 September 2011 19:14
60
Dean Greyling en Werner Kruger het deur die junior spanne, vodacom en CB spanne gekom. Hulle het vanjaar vir SA gespeel. Rossouw de Klerk is 22 jaar en tans in die wedstryd 22. Wat stutte aanbetref het die Bulle wel jong spelers ontwikkel. Frik Kirsten was deur 'n ernstige nekbesering teruggehou.
Posted by Stapper on 19 September 2011 19:09
59
#57 Jy slaan die spyker op die kop.Ek dink Corne Fourie is ook n speler wat nooit regtig die geleentheid gehad het om te ontwikkel nie.Hoop maar die Bulle weet wat hulle doen met Heyneke en Frans aan die stuur van sake.Ian maak maar meestal soos die manne vir hom se om te doen.
Posted by Laeveld BB on 19 September 2011 17:45
58
#57 Dit is so, spelers moet speelkans kry om te kan verbeter... maar daar is 'n fyn balans.

Wie wou jy rus om jong spelers kans te gee? Victor, Bakkies, Spies??

As die Bulle nie hierdie ouens gespeel het nie en ons het verloor, kan jy jouself indink hoe hierdie blog sou gons?

Die Bulle pluk nou die vrugte van hulle eie sukses. 'n Mens vervang nie daardie klas spelers wat ons gehad het oornag nie - dit vat tyd. En soos dit vir my lyk begin Heyneke en Ian met dieselfde proses as wat ons moes begin in 2002/03. Hier word 'n kern van jong spelers gebou vir 2013. Daar is egter nog 'n tekort hier en daar. En elke jaar sal spelers ons verlaat vir ander unies. Ons sal weer nuwe spelers inkry en van die manne wat dit nie maak nie sal moet gaan. Ek het egter volle vertroue in wat Heyneke en Ian doen - hulle het dit immers al vantevore gedoen.

PS: Dit is een ding om jong spelers kans te gee as jy hulle het. Die Cheetahs het die jong stutte gahd... ons het nie...my opinie.

Posted by zet on 19 September 2011 17:39
57
Hougaard moet skrummie speel anders maak ons van hom 'n 2de Russel. Wat my egter bekommer is dat terwyl die Bulle al die beste spelers in die wereld in byna alle posisies gehad het, het hulle glad nie die jonger spelers deurgebring of die geleentheid gegun om te speel nie. Nou moet hierdie spelers die letsels dra van kannie die mas opkom nie, is nie goed genoeg nie ens. Die ander unies bied hulle jonger spelers die geleentheid om hulle te bewys deurdat hulle speeltyd gegun word. So word hulle raakgesien en vir groot geld verhandel. #22 jy vra wat van stutte? Vrystaat het vir bv vir die stutte Coenie en Marcell die geleentheid gegee om te speel. Hulle het ook foute gemaak en gesukkel maar Vrystaat het met hulle deurgedruk en vandag is hulle gesiene stutte. Die Bulle se jonger stutte het net van die kaart af verdwyn - wat het van Corne Fourie en Frik Kirsten geword. Hulle kry nie eers die geleentheid om splinters in die sitvlak te kry nie, so hoe moet hulle hulle spel en tegniek verbeter. 'n Voorry verbeter hom teen 'n ander voorry wat tegnieke toepas wat die skrummasjien nie kan doen nie. Ek glo die Bulle hoef nie verder te soek nie, werk net met die spelers wat hulle reeds baie geld aan gespandeer het, maar nie baie wedstryd gegun word nie. Nog 'n voorbeeld is Watermeyer en Dippenaar, wat het nou van hulle geword? Hulle kry ook nie eers die geleentheid om splinters in die boude te kry nie en so kan ons seker nog 'n klompie spelers opnoem.
Posted by Supporter on 19 September 2011 17:23
56
For me personally it is a bitter pill to swallow after following the career of francois brummer since his shool days i had such high hopes for him.
What he produced on saturday was shocking he let me down.

I will not be surprised if he played his last match for the bulls very disappointed br brummer.

Welcome Lionel Cronje
Posted by Muzi on 19 September 2011 17:15
55
Stem saam met Ben die Bul #48. Hougaard MOET skrumskakel speel. As hy weer in 10 verskillende posisies speel sal hy net soveel makliker weggaan. En ons wil hom by die Bulle hou.
Dan net oor Jaco Pretorius, speel hom 100 maal eerder as shadow. Almal praat oor hoeveel kanse Brummer al gehad het. Wat van shadow? Hoeveel kanse het hy al gehad? En hoeveel moet hy nog kry?
Posted by Rifrug on 19 September 2011 16:37
54
Baai Baai Brummer
Posted by Bomskok on 19 September 2011 16:30
53
Snaaks hoe dinge verander het in drie maande se tyd.Ek het nog drie maande gelede gemoan oor n buite senter.Nog n vleuel of heelagter en tweede losskakel.Nog n skrummie.Baie manne hier het gevra vir n groot nommer sewe.Nog n slot.En n haker.en so op n streep kry ons as ondersteuners vroee kersfees geskenke!!!!!
Engelbrecht,Sadie,Cronje,Vermaak,Potgieter,Wilhelm en wepener.En die kersie op die koek.Pine bring jong talent deur.Visser,Venter,Fouche,Botha,Teclenberg.VREK DIT IS LEKKER OM N BLOU BUL ONDERSTEUNER TE WEES!!!!!!!!!!!!!
Posted by Lekkerblou on 19 September 2011 16:23
52
dis ni n storie ni,dis werklikheid!!
Posted by Blou Loukie on 19 September 2011 16:16
51
Dis reg Bloumens ... gee hom vir ons en ons sal met hom hardloop. Ons sal hulp stuur sodra ons daar kom - dan kan hulle jou kom oplaai hoor!!
Posted by zet on 19 September 2011 16:16
50
@ #37, #36, #32, #10, #7 hygend maar julle kan darem weghardloop met `n storie.....
Posted by Bloumens on 19 September 2011 16:09
49
@45 Ons het genoeg senters, veral in 2012.
@48. Ek neem aan jy het die feite. Indien wel ja dan op skrummie. Eintlik kan hy enige plek speel self haker as dit moet - hy is so sterk soos 'n bees - lyk dit vir my. hy doen egter skitterend op vleuel - beide by Bulls as Bokke. Moeilike een die. Ek is net bevrees dat hy so min skrummie gespeel het hy dalk tyd nodig gaan hê op te skerp.
Posted by NETBLOU on 19 September 2011 16:05
48
Hougaard het gebly omdat hy belofte ontvang het dat hy FDP gaan opvolg. Speel hom skrummie, as hy ander posisie moet speel, teken hy dalk vinniger 'n ander kontrak.
Posted by bendiebul on 19 September 2011 15:54
47
Is Ruan Snyman nog beseer en wat van Heini Adams, kan ons hom nie teruglok Loftus toe nie ?
Posted by bendiebul on 19 September 2011 15:53
46
@45 dit klink vi my reg,Hougie kan di lyn breek,hy verdedig goed - hoekom ni.SIZE DOESNT MATTER!!!!!
Posted by Blou Loukie on 19 September 2011 15:52
45
wat van Hougaard op senter,ek dink dit behoort te werk.

9 Vermaak
10 Steyn
11 Basson
12 Hougaard
13 Sadie
14 Engelbrecht
15 Kirchner
Posted by notties0070 on 19 September 2011 15:49
44
Ek dink di outjie van Namibie is ni te sleg ni.ek dink hy sal mooi inpas by di Bulle en hy sou ni so duur gewees het ni.
Posted by Blou Loukie on 19 September 2011 15:40
43
42 Zet of sommer ou Wynie Strydom - hy sal hulle roer. Al is dit net om hulle aandag af te trek met al sy poetse wat hy kan bak.
Posted by NETBLOU on 19 September 2011 15:40
42
Haha Blou Loukie - ek het 2 weke terug al gesê as Jano beseer word in 'n game sal ons beter doen deur met 14 man te speel!! Saterdag kon ons selfs Nic Groom a subbie opgebring het en hy sou beter gedoen het...
Posted by zet on 19 September 2011 15:31
41
Wat dink julle van Theuns Kotze wat nou vir Namibie 10 speel in die WC?
Posted by zet on 19 September 2011 15:29
40
@Zet
hahahaha

dink jy ni n ou soos Derick Kunn moet dalk terugkom in di haker posisie ni.OF DALK RESERWE SKRUMSKAKEL HEHEHE
Posted by Blou Loukie on 19 September 2011 15:28
39
Blou Loukie - ek dink die probleem is Jinka ROOK DALK TE VEEL PYP!!!
Posted by zet on 19 September 2011 15:25
38
32 Lekkerblou. Hougie as vleuel of skrummie dink jy. Dan moet ons dalk vir Habana terug koop. Hy kan mos ook beide skrummie en vleuel speel. Ha ha ha!
Posted by NETBLOU on 19 September 2011 15:24
37
as Hougaard terug gaan WP toe moet ons n ander skrummie ook kry.ek se nie hulle moet een koop ni,mar Jinka rook ni di pyp ni.is da ni n ander scrummie om Vermaak af te los ni.
Posted by Blou Loukie on 19 September 2011 15:23
36
Jy's reg Lekkerblou - miskien is daar te veel van 'n bedmaatjie verhouding tussen die WP en die Bulle.... hulle moet nou nie begin toring aan Hougaard nie!!!!!!
Posted by zet on 19 September 2011 15:23
35
Die rede waarom soveel WP ouens nou by ons teken is omdat hulle in hul WP laerskool cravenweek kontrakte 'n klousule gehad het wat sê dat hul outomaties vrygestel kan word as die WP vir 10 jaar boggerol bekers gewen het.
Posted by bendiebul on 19 September 2011 15:23
34
Eindtelling: Maties 43, Tuks 22.
Posted by Met Eish Ja on 19 September 2011 15:22
33
#30 ek stem saam,mar hulle kan vi Brummer en Boshoff gebruik in di Vodacom beker volgende jaar.
Morne,Cronje en Fouche moet in di Super 15 groep wees.
Posted by Blou Loukie on 19 September 2011 15:20
32
Goosen het vir twee jaar geteken by die Cheetahs.Al was hy nie gekontrakteer nie.Sou ek nie wou het die Bulle moet hom koop nie.Die mannetjie wil net rugby jol.En by die Cheetahs is hy verseker van baie wedstryd tyd.By die Bulls sal hy agter Morne moet speel.Goosen is te begaafd om gemors te word op die bank.Kyk ek wil nie vir Goosen jinx nie,maar magtig hy het n reuse loopbaan voor hom.

En dan op n negatiewe noot.Die Bulls en die WP onderhandel net te lekker na my smaak.Kontrak tot 2012 of te not.Ek glo Hougaard is oppad terug WP toe.
Posted by Lekkerblou on 19 September 2011 15:15
31
Ek dink hierdie is n goeie kopie. Ek dink nie ons hoef te veel te worry oor ons "WP" backline volgende jaar nie. Dis nie ons skuld die outjies se ouers het nie in Pretoria gebly nie. Ek dink enige jong laaitie in SA wil n BUL word eendag. Ek dink net ons moet n bietjie meer geld gaan bele in vaste 5. Het nie genoeg diepte daar nie. Genoeg agterspelers en losvoorspelers.
Posted by Bloudonner on 19 September 2011 15:14
30
Ek stem saam met Morne, dan Cronje, dan Fouche.
Maar pasop nou vir Brummer en Boshoff as hulle albei ander weivelde kry. Al soveel keer gebeur dat sulke ouens wat net nie die mas opkom nie by ander unies uitstekend vaar. Dink dis omdat trappie by Bulls te hoog is, maar tussen swakker spanmaats kan hulle baie keer uitstyg.
Posted by NETBLOU on 19 September 2011 15:12
29
@13 Bennie, Nou raak jy 'n teer sakie aan. Ons het genoeg spelers in SA om ons eie mense te kies. Ons het nie 'n Mitchellin of skeermes-lemmetjies nodig nie. As ons dan diepte kort, dan is dit so!! Hierdie buitelanders wat ons eie mense uit posisies hou is 'n klomp twak. Arme JLP is seker vrek syt hy het by Sharks geteken. Wonder of hulle hom ingelig het oor ou tyre wat eerste keuse is.
@17Zet, jy is seker reg. Net jammer dat Watermeyer, Boshof, Dippenaar, moet wag vir 2012 Vodacom om hulle merk weer te probeer maak.
Posted by NETBLOU on 19 September 2011 15:07
28
Nounet gaan Google - Goosen het in Augustus vir 2 jaar by die Cheetahs geteken. Imagine hoe duur hy gaan wees in Augustus 2013????
Posted by zet on 19 September 2011 15:05
27
Zet, ek like ook vir Louis Fouche kwaai! Lionel is tog 'n goeie koop, ek dink as hulle vir Goosen kon koop sou hulle, dalk wag hulle vir hom om uit sy kontrak te kom in die toekoms? ;)
Posted by sakkie6yster on 19 September 2011 15:04
26
Zet,ek dink jy moet gaan kyk na Marnitz se Vodacom games want dit is al waarop jy hom regtig kan meet.Seker is daar werk aan elke speler,so is daar werk aan Fouche se skoppe pale toe en dink ek persoonlik(my opinie)dat hy nie dieselfde behandeling gekry het as die ander losskakels by die Bulle nie.Vlok kon seker die uit die hand skoppe verbeter het.Wat Johan Goosen aanbetref ,hy is geteken by die Vrystaat tot 2013.
Posted by Laeveld BB on 19 September 2011 15:04
25
Maties 40, Tuks 10 halfpad deur 2e helfte.

#24 ek het iewers gelees dat Bees Roux se kontrak nie hernu gaan word nie en dat Mnr van Graan op gepaste tyd names BBRU 'n verklaring hieroor sal uitreik.
Posted by Met Eish Ja on 19 September 2011 15:01
24
#22 ons weet nog ni wat met Bees Roux gan gebeur ni,mar ja ons kort slotte.
Posted by Blou Loukie on 19 September 2011 14:56
23
Miskien het die WP Lionel Cronje laat gaan om Johan Goosen te kry?

Lionel Cronje is nie eintlik 'n WP speler nie, was in Grens op skool en daarna by die Cheetahs.
Posted by Stapper on 19 September 2011 14:56
22
Yes Blou Loukie - behalwe... stut en haker pla my nog (slot ook in 'n mindere mate - veral 'n 4 slot)
Posted by zet on 19 September 2011 14:52
21
#19. Nie wat ek gehoor het nie IRC. Sover ek weet het Johan Goosen 2 jaar vir die Cheetahs geteken - ek mag verkeerd wees - ek kan nie onthou waar ek dit gelees het nie.

Maar as ek na die signing van Cronje kyk - dink ek dit is onwaarskynlik dat die Bulle vir Goosen gaan kry.
Posted by zet on 19 September 2011 14:51
20
@Zet

ja dit maak sin.beserings kom enige tyd.ek wonder net watse ander verrassings da nog gan wees.
so wat jy eintlik se is,ons het omtrent diepte in elke posisie.
Posted by Blou Loukie on 19 September 2011 14:50
19
Daar is blykbaar ook op die oomblik onderhandelinge aan die gang met Johan Goosen van die Cheetahs, hy het nog nie weer bu die Cheetahs geteken nie maar die tweeling het klaar geteken,so kans glad nie uitgesluit dat Goosen dalk nog BB toe kom nie.
Posted by IRC on 19 September 2011 14:50
18
Een groot probleem wat ek met Marnitz gesien het, was sy skoppe uit die hand uit - hy kry nie naastenby die afstand van Louis of Morne nie... hy tref sy lynskoppe soos wat Francois Brummer sy stelskoppe tref - nooit op die soetsproet nie!!
Posted by zet on 19 September 2011 14:47
17
@Blou Loukie

Barend van Graan het al verduidelik dat mens bykans 2 spelers in elke posisie moet hê van volgende jaar af - die kompetisies gaaan oorvleuel en die seisoen gaan net langer word (danksy Australië se inmenging)

Spelers wat nie die S15 span gaan haal nie gaan Currie Beker speel - so daar gaan speelkans vir almal wees. En daar is ongelukkig altyd beserings ook - dis hoekom dit Ian en Heyneke se werk is - ons weet nie wat in hulle koppe en beplanning aangaan nie - maar ek is seker hulle sal nie sommer net geld agter spelers aangooi as hulle nie 'n plan het nie.
Posted by zet on 19 September 2011 14:44
16
Marnitz Boshoff gaan nie vodacom of varsity beker rugby vir die Bulle speel nie.Ek persoonlik glo hy het nie geleentheid gekry nie en kon dalk die oplossing gewees het.Ongelukkig het die coaches nie dieselfde siening nie en glo en weet ek hy gaan vir n ander unie speel.
Posted by Laeveld BB on 19 September 2011 14:42
15
Stem saam met jou pecking order Franna. Maar ek dink Louis kan nog beter word as Lionel Cronje (dink steeds hy is 'n beter 15).

Ek dink nounet daaraan dat die WP dalk so stadig maar seker besig is om ons te infiltreer. Jinka maak dit net bietjie te obvious!!!
Posted by zet on 19 September 2011 14:39
14
ons agterlyn kan dalk so lyk volgende jaar.
9.Hougaard / Vermaak
10.Steyn / Cronje / Fouche
11.Basson / Hougaard / Engelbrecht
12.Venter / Olivier / Watermeyer
13.Radie / Olivier / Pretorius
14.Engelbrecht / vd Heever / Ndungane
15.Kirchner / vd Heever

di vraag is wa gan Francois Hougaard speel met Vermaak da.en da is te veel vleuels.

Posted by Blou Loukie on 19 September 2011 14:38
13
Ouens, hoekom koop ons so baie WP spelers? Kan ons nie self spelers ontwikkel nie? Dit maak my bekommerd oor ons strukture.

Hier beny ek die Sharks, hulle het 'n skitter kopie in Michalak gedoen. Ons moes miskien na iemand soos Johnny Wilkenson gekyk het. Iemand wat al die jong outjies kan touwys maak. Dieselfde rol vul as Michalak nou by die Sharks.
Posted by Bennie Strydom on 19 September 2011 14:35
12
Cronje sal goeie backup wees vir Morne. Hy kan heelagter ook speel so hy sal speelkans kry al speel Morne die meeste games. Hy het ook al S15 gespeel en was nie sleg nie. Dink hy was 2de of 3 de in die Stormers pecking order!

Brummer het dit nie gemaak nie en Marnitz sal Vodacom speel en Varsity cup!

Pecking order dus:

Morne
Cronje
Fouche
Marnitz
Posted by FRANNABUL on 19 September 2011 14:34
11
Zet, nou praat jy. Hulle hou egter nie daarvan nie - dit met die S14 finaal in 2010 gedoen met hulle vlag - nou nog bedons daaroor.
Posted by NETBLOU on 19 September 2011 14:32
10
#7 Hougie het 'n kontrak tot Oktober 2012.... ek is ook bekommerd hy maak nou soos Habana en speel daarna nie meer ernstig rugby nie!!!
Posted by zet on 19 September 2011 14:32
9
Ek sien ou Victor is weer lus vir speel. Seker groot geskrik toe hy sien hoe sy plaasvervangers vaar
Posted by NETBLOU on 19 September 2011 14:30
8
#7 Haha Netblou - mis ek die een r.... daars nou so baie WP spelers in die blou span miskien moet ons daai trui veras!!!
Posted by zet on 19 September 2011 14:29
7
Zet, van die vorige draad - verkies verrassing bo verassing. Interessant.
As dit so aanhou gaan BB volgende jaar in streeptruie speel. Hoop net nie die is deel van 'n uitruilskema nie - ek is baie bekommerd oor F Hougaard - eindig sy kontrak 2012 of 2013?
Posted by NETBLOU on 19 September 2011 14:27
6
#2.

As dit wel so is sal dit my glad nie verbaas nie Laeveld BB. Nie een van daardie 2 het hulle kanse gebruik nie - of hulle kanse regverdig was of nie.

Brummer het al splinters in sy boude van op die bank sit - maar sy rugby het sleg agteruitgegaan sedert hy vir ons die Vodacom koppie gewen het met daai drop goal.

Marnitz Boshoff dink ek is 'n beter speler as Brummer - en miskien kon ons hom nog ontwikkel het - maar ek dink ook nie die nuwe rugby patrone pas hom nie - hy is meer 'n loskakel in die 10 man game.

Lionel Cronje dink ek is beter as 'n heelagter eerder as loskakel. As 10 is hy egter die teenoorgestelde van Marnitz - hy sal nie die spel dikteer met die voet nie, maar kan die voordeellyn aanval.

Johan Goosen is die ideale 10 - hy hardloop, skop, tackle.... ag dis jammer ons kon nie die vis skep nie!!
Posted by zet on 19 September 2011 14:26
5
een van di dae het ons n WP agterlyn
Posted by Blou Loukie on 19 September 2011 14:26
4
ek ondersteun die Bulle maar as ek nie saamstem nie gaan ek my mening lug.

Hierdie is mors van geld. overrated. Niks beter as wat ons nou het nie. Sias Ebersohn of Johan Goossen sou ek nog verstaan. Dit is nie progressiewe move nie.
Posted by bloukaap on 19 September 2011 14:20
3
Maties 33, Tuks 3 by klubkampioenskappe. Nog baie tyd oor.
Posted by Met Eish Ja on 19 September 2011 14:19
2
Gaan losskakel speel.Met die aap uit die mou kan ek dan seker se dat Brummer en ook Boshoff nie weer kontrakte aangebied is nie.
Posted by Laeveld BB on 19 September 2011 14:18
1
Ok - dis nou uit die bloute uit - nie iets wat ek verwag het nie.

Ek moet nog eers bietjie hieroor gaan dink voordat ek kommentaar kan lewer. Is dit 'n goeie signing of nie? Waar gaan hy speel?

mmmmm.... ek weet net dit gaan die WP/Stormers ouens se gatte krap....hehehehehe
Posted by zet on 19 September 2011 14:13
VIDEO
Highlights of the Absa Currie Cup match between MTN Golden Lions and Vodacom Blue Bulls from Coca-Cola Park, Johannesburg
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
26 Sept Tjokkie vd Merwe
27 Sept Gideon Helberg
27 Sept Johan Otto
27 Sept. Wikus v Heerden (Snr)
28 Sept Francois du Plessis (Voorry)
28 Sept Dries Scholtz
28 Sept. Braam van Straatentd>
29 Sept. Sky de Beer (Oorlede)
30 Sept. Gys Viljoen
26 Sept. Tjokkie vd Merwe
JOIN US ON FACEBOOK
Virtual Tour