Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

Injury update - Wynand Olivier
15 October 2011

Dr Org Strauss confirmed that Wynand Olivier is fine after going for a scan last night. He only sustained a degree of concussion after he was stretchered off with concussion after ramming his head into a hip in a tackle.
Please log in at the top of the page to post comments
Comments
23

Wynand mag dalk oky gewees het maar hy is vanoggend op geneem vir n skouer operasie.
Posted by Naudine on 18 October 2011 10:51
22
Ek sien op die afgelope paar blogs dat Dewald Potgieter nie gesien word as n kaptein nie. Ek stem glad nie saam met dit nie. Ek dink hy is die beste leier wat nou in die span is. Elke keer as Dewald die kaptein was, het die manne rustiger en met meer focus gespeel. Die discipline was ook baie beter gewees en hy kan ordentlik met n skeidsregter praat.
Posted by Naudine on 18 October 2011 10:50
21
#20 Stapper Do I detect a note of sarcasm/awe in your comment.? As far as us youngsters, at that stage, was concerned, the players did not only walk on water they played on water.
Players were amateurs, worked till 16.30 , caught a bus to Eastern Sports Grounds to get to practise, did not have gyms, tackle bags( one's opposition served this purpose) etc, and had to do the hard yards themselves.
Remember those players made the name of Northern Transvaal the awesome and respected one it is to-day.
To-day's game is faster and more scientific but that does not detract from the contribution made by our heros
( those who then walked/played on water) and in our minds, as you say, they were, in our eyes, perfect individuals,we lauded them to heaven, just like we do to-day.
Posted by Thurlow on 17 October 2011 07:12
20
As daar van spelers van die verlede gepraat word moet 'n mens net onthou hulle was so goed gewees dat hulle selfs op water kon loop, altyd perfekte rugby gespeel en nooit foute gemaak nie. Dis slegs hedendaagse spelers wat menslike foute maak en soms swak speel.
Posted by Stapper on 16 October 2011 21:34
19
#18 Attie Botha (senter)het teen die 1949 All Blacks vir Noord Transvaal gespeel. Die laaaste wat ek van hom gehoor het was dat hy weer in Pretoria woonagtig is nadat hy 'n geruime tyd in Rhodesia deurgebring het. Colin (senter) se spoed was bedrieglik, het so 120 kg geweeg,ook vir NTVL in die middel en laat 1940's hier gespeel, Klub.. Qins., Boeta Gys was net so groot. As my geheue my nie in die steek laat nie was Attie en Colin die NTVL senters teen die besoekende All Blacks. Peter Henderson (vleuel), Haas Catley (haker) en Bob Scott (heelagter) was onder hul teenstanders.
Posted by Thurlow on 16 October 2011 17:07
18
Baie goeie nuus! Dit het op die veld baie sleg gelyk.

# 16 Thurlow - ek dog ek is oud maar weet nie wie Attie Botha en Mostert is nie. Voeg gerus by jou lysie vir Frans (Stampkar) Wessels en ook vir JP Nel.
Posted by James Bond on 16 October 2011 10:51
17
Ettiene Botha se swakplek was sy verdediging.
Posted by Stapper on 16 October 2011 09:58
16
Verdediging het ons weer in die steek gelaat. Waar is senters soos, Eitenne Botha, Attie, Botha, Colin Mostert en JP. AS daai manne jou deduik het het jy twee keer dedink voordat jy weer probeer deur kom. Ek besef daar is baie wat nie gehoor het van attie en Colin nie, maar hulle was legendes hier in Noord Transvaal.
Posted by Thurlow on 16 October 2011 08:39
15
Heyneke Meyer was einde 2000 as afrigter aangestel. 2001 was sy eerste seisoen as afrigter.
2001: Wen Vodacom en eindig 5de in CB. Phil Pretorius is Super12 afrigter.
2002: Wen CB en is afrigter van Super12 span.
2003: Verloor eindstryd van Vodacom en wen CB. Joubert rig Super12 span af.
2004: Verloor eindstryd van Vodacom en wen CB. Joubert rig Super12 span af.

Heyneke Meyer het alreeds in sy tweede seisoen 'n wenspan gehad. Hierdie span se begin was die 2001 Vodacomspan. Dus het hy alreeds in sy eerste seisoen met die regte spelers begin.
Posted by Stapper on 16 October 2011 00:15
14
Met ander woorde, Heyneke moes in 2000 met niks begin, maar dit was nie nodig dat ons nou weer met niks moes begin het nie. Ons moes geleidelik al in 2009 en 2010 n nuwe span begin bou het.
Posted by Shannow on 15 October 2011 23:33
13
Bloukaap

Jy het n punt beet rakende prosesse. Die enigste plek waar ek van jou verskil is dat Heyneke oorspronklik met niks begin het nie, en omtrent 4 jaar nodig gehad het om n span te bou.

Dit behoort nie nodig te wees om elke 8 of 10 jaar weer n span te bou nie. Instede daarvan moet dit n organiese proses wees, waar die span die heeltyd uit n mengsel van ervaring en nuwe talent bestaan. Dit is verkeerd as die hele kern van die span uit ou manne bestaan, soos wat hierdie jaar die geval by die Bulle - en tot n mate die Bokke - was.

Dan beteken dit jy het te lank geklou aan wat in die verlede gewerk het, en nie vroeg genoeg hernuwing ingebring nie.

Bv. die Crusaders het oor twee generasies van spelers heen beswaarlik n dip gevang. Selfs in hulle herbouings jare - na Robbie Deans weg is - het hulle steeds die S14 semifinale gehaal. Dis omdat nuwe bloed vroeer reeds ingebring is, en die vorige generasie se helde nie tot op pensioen-ouderdom gespeel is nie.

Ek het baie hoop vir die toekoms, maar ek voel 2011 was n gemorste jaar, aangesien ons hernuwing al laas jaar na die S14 moes plaasgevind het.

Posted by Shannow on 15 October 2011 23:32
12
So die BBulle 0'19 speel teen die VS in hul smei en die 0'21's teen die Leeus. Baie sterkte manne, dra die blou vlag met trots. mag die senior manne soos CJ, Tecklenburg, Arno Botha, Fouche, Venter en Visser in hierdie semi's speel?
Posted by bloukaap on 15 October 2011 22:30
11
uiteindelik was dit die Griekwas besoekie in Kimberley, wat die Bulle 'n plek in die semi-finaal gekos het.
Posted by bloukaap on 15 October 2011 22:20
10
Mense wat nie prosesse verstaan nie sal altyd op die korttermyn ontslae raak van dit wat hulle nou pla.

Heyneke Meyer sou dus ogv bg. teorie nie sukses by die Bulle geproe het nie omdat hy in 2000 al moes padgee. genadiglik was daar mense by Loftus wat prosesse verstaan het.

Die enigste afrigter in suid-afrika wat saam met Meyer en Ludeke kan gesels, is John Plumtree.
Posted by bloukaap on 15 October 2011 22:16
9
OK CC 2011 is neusie verby. Dalk 'n bedekte seen. Nou kan die ouens bietjie vakansie vat voor die nuwe rekrute arriveer vir S15 2012 voorbereiding en kan die BULLE bietjie introspeksie doen.

Pine ek dink jy gaan nog diep spore in die BB rugby trap. Sterkte vir vlg jaar. Altyd 'n BUL!!
Posted by bloubefoeterd on 15 October 2011 21:47
8
Ek was ook gisteraand daar en het my des m@ers geskrik met Wynand se tekkel en val. Genadiglik is hy ok en is dit een van die min kere dat hy hier was.
Gary het ook gisteraand gegroet en ek moet se, ek dink dis tyd vir 'n nuwe kaptein en leier. Gary, as kaptein was daar-dis al. Dewald Potgieter doen dit ook nie, om een of ander rede sukkel hy om die gesag af te dwing wat noodsaaklik is.
Ek mis die "magic" van 'n leier en die tradisie wat daar is om te volg in blou.
Ek hoop net PIne val nie in die slaggat om eers 'n kaptein te soek voordat die beste posisionele speler daar is nie.
Hierdie is 'n tyd van intospeksie en met die spelers se aankope is daar geen verskoning vir die Bulle en Bulls om in 2012/13 'n groot verskil in die Suidelike halfrond te maak nie.
Dankie vir die lekker 71 punteverskil gisteraand!
Vir Pine en die res van die bestuurspan; die formule is daar- dis tyd om die los drade bymekaar te maak.
Bring-it-on!
Posted by blouhond on 15 October 2011 20:26
7
Dit is nie nou die tyd om tanturums oor die afrigter te gooi nie. Die werklike sukses of mislukking van die afgelope CB seisoen sal eers volgende jaar in die Super15 bepaal word. Dat die Bulle moes veranderings aanbring was 'n feit. Een van die veranderings was 'n ander soort afrigter. Pine Pienaar is die ander soort afrigter wat nodig was.

Net terloops. By tye gisteraand was die hantering van die Bulle die beste wat ek nog van 'n Suid Afrikaanse span gesien het. Daar is nog werk by die voorspelers nodig is is duidelik.

Dat die Bulle vroeg uit is is nie vir my 'n terugslag nie, dit bied van die spelers ekstra rustyd. Die Bulle was die afgelope aantal jare in die meeste van alle spanne in eindstryde betrokke en het sy tol ge-eis.
Posted by Stapper on 15 October 2011 19:44
6
@ Bluedog,

Vat dit eers rustig.
Antwoord my die:
Wat kon John Mitchell met die Lions regkry in die begin? Niks.
Kyk hoe lyk die Lions nou.

Dit vat n rukkie vir die spelers om in te skakel.
Kyk wat het met Ludeke se span gebeur in 2008.
Kyk 2009, 2010, (en wat 2011 moes gewees het, nogsteeds die beste span).

Pine Pienaar is n goeie afrigter en hy doen sy huiswerk.
Wag tot volgende jaar. Die Bulle en Blou Bulle sal nou n nuwe identiteit he.
Ek sal nie glo dat met die spelers en afrigters wat ons nou tans het en die direkteur sal ons nie bo uitkom nie.
Posted by Las on 15 October 2011 18:35
5
Dankie bulle vir n mooi wedstryd teen die luiperds. Jammer oor n swak cb seisoen 2011.Hopelik sal die trots terug wees volgende jaar in die S15 met ludeke terug as afrigter. Pienaar het die kans gehad om hom self te bewys met 10 bokke in sy span. Hy kon nie. Kom bulle, as julle dan afrigters wil skei tussen die S15 en cb, kry tog net bevoegde persone. Die bbru is tot beter instaat as vanjaar se vertoning.. Aan pienaar, totsiens ou grote, gaan rig skole rugby af in bloem. Bulle, sterkte vir 2012. Altyd n bul.
Posted by Bluedog on 15 October 2011 17:39
4
O ja, en laat ek nie vir Pine Pienaar uitlaat nie, n briljante en baie tegniese afrigter.
Posted by Las on 15 October 2011 13:17
3
Dankie tog, verlig.
Ou Wynand, jy moet jou kop aan die regte kant van die tekkel kry jong! My skrik gegee jou klein poephol.
Baie bly om te hoor dat jy oraait is!!!

Ok manne, al maak julle dit nie CB finale toe nie, daar le nog baie rugby glorie voor.
Ons het nog altyd 'n dip gevang met 'n nuwe coach of reels/toernooi veranderings.
Maar ons het nog altyd sterk teruggekom!

Volgende jaar met ysters soos Stegmanneer, Spies, Juandre, Flip, Dean, Werner, Arno, CJ, Potties en ons agterlyn en Mnr. Ludeke, Rossouw, Van Graan, McFarland, Wynie, Org, Plummer, Ronel en natuurlik die pretty boys in die agterlyn gaan ons DOMINEER!!
Posted by Las on 15 October 2011 13:13
2
Dankie webbie/BB23 dat julle ons so vinnig op hoogte hou. Bly om te hoor WO sal reg wees vir volgende week se CB semi teen die Leeus ....
Posted by bendiebul on 15 October 2011 12:13
1
Baie bly & dankbaar dis nie soos dit aanvanklik gelyk het nie!
Posted by Bloubosvelder on 15 October 2011 10:54
VIDEO
Highlights of the under 19 final between MTN Golden Lions and Vodacom Blue Bulls from Coca cola park
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
8 Nov Elandré de Koning
8 Nov Francois du Plessis
8 Nov Frans Wessels
9 Nov. Willie Enslin
9 Nov Kholekile Ralo
9 Nov Bennie vd Walt
10 Nov. Conrad Breytenbach
10 Nov. Thys Burger
11 Nov. Louwtjie Erasmus
11 Nov. Joe Esterhuizen
11 Nov Danie Faasen
11 Nov Dolf  Weber
12 Nov. Jannie Cloete
12 Nov Pieter (Suidwes) vd Merwe
13 Nov. Jacques Olivier
13 Nov Andre Skinner
JOIN US ON FACEBOOK
Virtual Tour