Spies is Bumble Bee for Vodacom Bulls
03 April 2012

The captain of the Vodacom Bulls Pierre Spies has been named Bumble Bee by team management, following their match at Newlands against the Stormers.

The Bumble Bee is awarded by team management after a review of each game to the player who contributed most to the team’s performance. Spies showed great leadership, lead from the front and made numerous telling contributions on attack and defence.

The other awards went to:

Hitman (biggest tackle of the day): Francois Hougaard

Bison (most cleans): Arno Botha (11 in 40 min)

Sniper (most tackles): Jacques Potgieter (11 in 40 min)

Ant (Best back): Bjorn Basson

Workhorse (highest work rate): CJ Stander

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
31
@30 ; ek hoor jou duidelik :) My vraag is egter of "goed genoeg" nie tog ook `n ervaringskomponent op `n bepaalde vlak insluit nie? Voorts het ek ook, dalk verkeerdelik, die 'strukture" van die Bulle so verstaan dat jong spelers deeglik voorberei word vir hulle toekomstige rolle. Veral voorspelers. Ek hoor graag wat dink BBB's (Blou Bul Bloggers).
Posted by CP on 04 April 2012 18:19
30
@29 ek verskil met jou oor "spelers ryp druk"as jy goed genoeg is ,is jy oud genoeg--vat James Oconner as voorbeeld,en daar loop baie soos hy maar kry nie die kans omdat ons altyd se ,hulle is te jonk.Die All Black franchises wemel van die jong spelers
Posted by Anti Province on 04 April 2012 14:27
29
@ 24 Paarlbul: By die jong slotte in die Bulkamp is daar ook nog Philip du Preez en Jannis Kirsten (Frik se broer). Philip du Preez het ook laasjaar SA Skole span gehaal en het volgens Owen Nkumane die veld aan die brand gespeel in die tweede helfte teen die Franse in Port Elizabeth (hy het vir Irne Herbst vervang).

Ons moet egter nie die jongmanne te gou wil ryp druk nie.
Posted by CP on 04 April 2012 09:43
28
Op slot sal Schalk van Heerden die antwoord wees.
Posted by Frickey B on 04 April 2012 08:09
27
Dankie Monster, wel atletiek se verlies is rugby se wins.

Ek het toevallig onlangs in Rapport gelles dat ASA bekommerd is oor die aantal belowende jong talent wat op skool al atletiek los en dan op rugby fokus.

Hulle het ook spesifiek na 'n seun wat nou matriek in affies is verwys wat blykbaar blitsvinnig is en 'n uitstekende toekoms in atletiek het, maar eerder rugby wil speel. Soos ek verstaan het hy ook 'n baie goeie toekoms op vleul
Hy hardloop die 100 in 'n baie goeie tyd en het reeds 'n paar rekords laat spat. Hy was blykbaar reeds geoormerk vir die Junior wêreld byeenkoms, maar het nee gesê want hy wil craven week toe gaan en hopelik SA skole. Noudat die liga fase by die skole ook begin gaan hy ook nie aan die SA skole atletiek byeenkoms deel neem nie.

as ek reg verstaan het, het hy reeds 'n "ooreenkoms" met die bulle en dit is wat die atletiekbase so moerig maak. Hulle kan nie eens met rugby se geld kompeteer op senior vlak nie, laat staan nog op skole vlak.

Dit is ook so witkop laaitie, sal bietjie uitkyk vir hom in die craven week
Posted by Old Blue Eyes on 03 April 2012 17:38
26
@21

Die persoon na wie jy verwys is Jacques du Plessis. Hy was 2 jaar gelede die wereldkampioen in diskus op skolevlak. Sy pa het toe alreeds gese dat Jacques eerder op rugby wil fokus. Hy het baie goeie beurse ontvang om in Amerika te studeer en atletiek verder te vat.
Hy was op Ermelo Hoerskool. Hy kom van Pongola af in KZN. Sy pa boer daarso. Sy pa is massive ook. Jacques du Plessis is rerig freak soos Pierre Spies. Massive spoed en power.
Posted by Monster Sharkie on 03 April 2012 17:23
25
Ek dink die Bulls het die wedstyd verloor omdat Spies verkeerde keuses gemaak het. Indien jy teen n span soos die Stormers speel dat vat jy tog die punte wat jy kan kry. Twee redes, een jy haal druk van jou span en veral die skopper af, en twee jy weet driee sal self kom soos jy druk op jou teenstanders toepas. Presies soos met die Reds wedstryd. Eers die druk lekker opgelaai in die eerste halfte en toe die doodskoot in die tweede halfte. Almal praat heeltyd van die spelers moet geduld beoefen, dit beteken mos dan ook dat hulle die strafskoppe binne trefafstand moet vat vroeg in die wedstryd.
Posted by Kaapse Blou Bul on 03 April 2012 16:46
24
Stem met jou @21 ons kort nr 4 slotte. Flip speel nie nou goed nie, maar as hy moet seerkry, dan het ons probleme.
Hierdie jaar se jong oes het sommer 'n paar Nr4 slotte - Daai witkop van gisteraand, Jacques du Plessis, die reserwe wat opgekom het, Dennis Visser. Daar is ook nog Inre Herbst. Herbst en du Plessis was laasjaar die junior bokkies se slotpaar. Herbst lyk na 'n sterke derduiwel. Schalk van Heerden is ook nr 4 net 'n jaar ouer.
Raak ontslae van daai pienk broeke en sokkies!!!!!
Posted by Paarlbul on 03 April 2012 16:06
23
Ons het juis so 'n nommer 4 slot nodig - baie vinnig ook
Posted by Realistix on 03 April 2012 15:32
22
Ons het juis so 'n nommer 4 slot nodig - baie vinnig ook
Posted by Realistix on 03 April 2012 15:30
21
Het julle daai witkop no4 slot van die young guns gisteraand gesien. Goeie f$#. Ek dink sy van is Du Plessis.

Hy was laasjaar nog op skool en klink my as ek John v Rensburg reg verstaan het hy meer op atletiek gefokus as rugby. Hy hou die junior wêreldrekord vir diskus en het na die atletiek vinnig 'n paar games gespeel, craven week gekry en maklik die SA skole span gehaal.

Hy het blykbaar die jaar besluit om atletiek vaarwel te roep en net op rugby te fokus.

Die man gaan nog 'n yster word. Ek sal graag wil sien dat hy bietjie kans kry in die vodacom cup.
Posted by Old Blue Eyes on 03 April 2012 15:10
20
moet....jammer
Posted by DIE BLOU BAAS on 03 April 2012 15:07
19
Maar feit is, ons mot 'n groot een insit teen Crusaders! Niks minder as 5 punte!
Posted by DIE BLOU BAAS on 03 April 2012 15:07
18
Dawie Steyn ook, dink regtig dis nou tyd dat hy speelkans kry op Super Rugby vlak
Posted by DIE BLOU BAAS on 03 April 2012 15:05
17
En Venter.
Posted by Frickey B on 03 April 2012 14:18
16
Ek stem Blou Baas. Jy kan egter J Potgieter, Juandre, JJ en Louis ook insluit. Oja daar is Frik ook nog.
Posted by Frickey B on 03 April 2012 14:18
15
Goeie dag mense! Kyk, 'n verloor is nooit lekker nie, veral as dit teen die Stormers is! Maar ja, kom ons beweeg aan! As ek so kyk na die "awards" hier bo moet on positief wees. Daai 2 jong manne (Botha & Stander) gaan nog groot rugbt speel1 dis hul eerste seisoen die
Posted by DIE BLOU BAAS on 03 April 2012 14:12
14
Congrats To our Captein Spies, leading from the from can't wait to rub the super15 cup in all the other faces, just can stand behind our team.
Posted by maxwax on 03 April 2012 14:04
13
@12 Vermeulen raak met elke game waar daar druk is ,weg,hy verdwyn heeltemal,daarom sal hy nie springbok word nie.Wat gaan met Sadie aan???
Posted by Anti Province on 03 April 2012 13:45
12
Ek moet sê ek het Spies baie gekritiseer na die 1ste wedstryd teen Sharks, maar daarna speel hy nog elke naweek net beter en beter.

Ek dink hy verdien die toekenning van Bumble Bee en was ook loshande beter as vuilgat Vermeulen.
Posted by Old Blue Eyes on 03 April 2012 13:31
11
het Bomskok ooit gekyk?
Posted by zet on 03 April 2012 13:26
10
het Spies ooit gespeel?
Posted by Bomskok on 03 April 2012 12:32
9
Geluk aan die stormramme met die wen.
Posted by Kwagga3 on 03 April 2012 12:23
8
Frannabul, ek vat die 9 pienk truie vir elke blou een met `n vrek groot knippie sout. Klink vir my meer na `n bemarkingsfoefie van Puma. Onthou dit is een van hulle mense wat dit gesê het.
En Netblou, dit help nie om te sê ons kan niks daaraan doen nie. As ons nie sê hoe ons daaroor voel nie dink almal ons hou daarvan.

NOU DIE BLOU!!!!!!!!! (weg met die pienk)
Posted by Rifrug on 03 April 2012 11:34
7
Stem saam - die pienk trui is nie so bad nie - maar maggies daai pienk broeke en kouse is net te veel... dit lyk bietjie soos babbatjie-poef-blou!!!!

Puma vertel in elkgeval dat die trui pers is - nie pienk nie... nou wat dan van pers broeke en kouse wat by die voorkant van die trui pas - nie die bliksemstrale nie - net die pers kleur??
Posted by zet on 03 April 2012 11:09
6
Pienk trui is fine, maar broek en kouse ook is bietjie dik vir 'n daalder!

Ek hoor hulle verkoop 9 pienk truie vir elke blou ene. Maklike besluit dis: Pienk trui met blou broek en kouse!
Posted by FRANNABUL on 03 April 2012 10:47
5
bloubloed7, lyk my ons ondersteuners is ook besig met karakterbou.....

Ek persoonlik het nie 'n probleem met die trui as sulks nie, maar om Vadersnaam verander net die broeke en die kouse!!!!!
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 03 April 2012 10:33
4
ek is al sat om te hoor " 15 vanish- kannetjies" en "LOFTUS het n nuwe song- BARBIE GIRL"
NEEEEEEE!!!!!
Posted by bloubloed7 on 03 April 2012 10:26
3
Mense, ja die pienk is hinderlik, maar is niiiiiks wat ons nou die jaar daaraan kan doen nie. Aanvaar dit nou maar as 'n feit. Petisies is soos teen donnerweer brom of in dioe wind te ... julle weet wat.

Ek sien hier is 'n paar ou en jong ysters wat in die dae verjaar - geluk aan almal. Onder andere Man from Japan. Wat het dan van Jaco geword - opgehou/terug Japan toe?
Posted by NETBLOU on 03 April 2012 10:22
2
More Bulondersteuners!
Ek het 8 kaartjies (Oos Pawiljoen) vir die game teen die Crusaders. My kinders kan nie meer deurkom nie en ek wil dit graag vir iemand gee wat belangstel. Dit is kaartjies wat ingesluit is by die seisoenkaartjies en is natuurlik gratis. E-mail my asb by bosthatch@mweb.co.za.
O ja, geluk Spieeeees!!!
Posted by Bloubosvelder on 03 April 2012 10:13
1
more almal
wie kan help met n petisie vorm teen die belaglike pienk?
Posted by bloubloed7 on 03 April 2012 10:12
VIDEO
Highlights of the Vodacom Super Rugby match between DHL Stormers and Vodacom Bulls DHL Newlands Stadium, Cape Town.
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
2 April. Danie Clifford
3 April. Carl Basson
3 April. Piet Boer
3 April. Norman Jordaan
3 April. Willie Storm
4 April. Marius Coetzer
4 April. Pieter Nel
4 April. Peet Vorster
5 April. Vic Booyens
5 April. Frikkie Cronjé
5 April. Hennie Daniller
5 April. Sarel Fourie
5 April. Piet Pike
5 April. CJ Stander
5 April. Kalafo Tlailane
6 Maart. Archer Dames
6 Maart. Archer Dames
6 April. Leon Esselen
6 April. Marius Goosen
6 April. Francois Hougaard
6 April. Johann Schütte
6 April. Jaco vd Westhuyzen
6 April. Thinus v Niekerk
7 April. Charl Potgieter
7 April. Thys Stoltz
8 April. Ettienne Botha (Oorlede)
8 April. Dirk de Vos
9 April. Tjaart Coetzee
9 April. Kerneels Erasmus
9 April. Charles Rossouw
9 April. Bennie v Huyssteen
JOIN US ON FACEBOOK