Vodacom Bulls moves top of Super Rugby log
04 May 2012

The Vodacom Bulls scored five converted tries but were pushed all the way before claiming a 41-35 win over the Rebels at AAMI Park in Melbourne on Friday.

The win sees the Bulls move to the top of the overall log, with the Chiefs yet to play this weekend, but it wasn't without fault, reports SuperSport.com

Most worrying for the Pretoria outfit would be their leaky defence, having also conceded five tries. It was the result of a defensive system that relied on going high into the tackle and trying to keep the ball off the ground. All it succeeded in doing was to create go-forward ball, and they nearly paid the price for it.

With ball in hand it went much better, and the excellent form of Springbok fly half Morné Steyn would have caught the eye of even the biggest detractor.

Other players that stood out for the visitors were scrumhalf Francois Hougaard, wing Bjorn Basson and flank CJ Stander.

The Bulls next fixture is against the Waratahs in Sydney next Friday.

SCORERS

Vodacom Bulls – Tries: Akona Ndungane, Bjorn Basson, Morne Steyn, CJ Stander, JJ Engelbrecht. Conversions: Steyn (5). Penalties: Steyn (2).

Melbourne Rebels – Tries: Rodney Blake, Cooper Vuna (2), Nick Phibbs, Gareth Delve. Conversions: Kurtley Beale (5).

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
77
Ek dink die bottom line is dat almal happy is met die wen en daar is baie positiewe dinge te se en wat geprys kan word en sekere spelers speel werklik met hart en siel en dis alles baie goed, maar die groot concern vir ons almal is die probleem met verdediging.

Ek het dit al baie gese en se dit weereens: Ons verdediging is nie swak omdat ons nie wil tackle of die commitment het of enige van daai tipe issues nie, ONS TACKLE TEGNIEK IS BLOOT VERKEERD! Gaan kyk gerus wat die Stormers doen as hulle tackle; elke ou tackle sy opponent laag en grond toe, dit beteken jy stuit daai speler en die speler moet of die bal probeer ofload, of grond toe gaan en die bal lank genoeg probeer hou totdat hy support kry en kan recycle.

Dis die REGTE TEGNIEK, want eerstens gaan daai opponent nie deur die tackle hardloop en dan nog defenders trek nie, maar dit laat elke speler met net een taak en dit is om sy direkte opponent te tackle en grond toe te vat. As die opponent die bal uitgee, dan sal daar iemand anders wees wat sy direkte opponent weer kan tackle ens. As hy grond toe gaan met die bal moet hy release en dan kan ons of meeding vir die bal en n possible turnover, of hy staan die kans om n penalty af te staan vir holding on!

So in my opinie is die beste tegniek en dit bring beslis die resultate soos by die Stormers gesien kan word. Ons manna tackle vir dood, maar dis asof ons terselfde tyd terwyl die opponent nog op sy voete is, vir die bal ook meding terwyl ons tackle en dan hardloop hulle bloot deur ons tackle en behou momentum en dan veroorsaak dit dat meer as een man n tackle moet uitvoer en dan is dit n ketting reaksie van probleme en n paar sekondes later n drie teen ons.

Vir my is dit so helder soos daglig, maar ek weet nie of ander dit ook opmerk nie, sal graag julle opinie wil hoor.
Posted by nou-vir-die-blou on 05 May 2012 12:09
76
Wie het gisteraand "Tjoks en Tjops" gekyk. Interessant het Etzebeth die opmerking gemaak dat die W P goeie gesindheid in die span het, het ook verder gese dat spelers wat foute begaan , soos hy dit uitgedruk het,
"gefine" word. Wat se die "bloggers"????
Posted by Thurlow on 05 May 2012 10:08
75
@74 vir my moet n Kaptein nie net goed wees met besluite nie maar ook hy moet kan lei soos n ware speler en ongelukkig lei Spies glad nie as n speler nie.
Posted by Nitronic on 05 May 2012 09:45
74
Nog iets, ek kyk nou die highlights en dis sonder emosie.
Spies se besluitneming van wanneer pale toe en wanneer 5m lynstaan was baie goed en dit het ons die game laat wen. Hy is besig om te leer en soos enige leier maak hy ook foute, dit maak hom nie n swak kaptein nie en hy leer uit sy foute.
@72 JSmit was n uitstekende kaptein.
Posted by Kaap'se bul on 05 May 2012 08:40
73
J-a-a-a..... Eers het hulle die aarde verower en is die proses om dit op te neuk...... hierdie blog het hulle ook nou ten volle verower en neuk dit ook op........ Kyk...... hoe baklei hulle onder mekaar!! Die SvG! Elkeen sou, as hy kon, sy eie politieke party he, sy eie kerk he, sy eie provinsie he en sommer in n eie staat!! Ai.................
Posted by Ligblou Baron on 05 May 2012 08:35
72
Ek mag dalk gister baie gekritiseer het maar ek het my redes daar voor. Ek sal die wen vat maar was nog nie eenkeer oortuig die seisoen dat ons soos title contendors lyk nie.

My menings oor gister:

1) Spies, Spies en Spies ek wonder hoe lank gaan hy dieselfde as John Smit wees. Hy is nie n kaptein werd nie.
2) Ons defence gaan ons nog baie in die steek laat dis absoluut skokkend
3) Morne was briljant gister en weereens ons die game gewen
4) My rede hoekom ons nie ernstig opgeneem moet word is, jy kan nie teen die span wat heelonder is verloor nie (Blues) en dan ook teen die Rebels net net wen nie.
Posted by Nitronic on 05 May 2012 08:16
71
@65 Jimmy ek stem volkome saam. As jy gaan kyk op die koerante se blog is die beledigings totaal persoonlik en die rede meer waarom ek nooit op koerante berigte kommentaar lewer. Ek vermoed baie van die kommentaar is van ander provinsies.
As Bulls ondersteuners moet deur dik en dun by die manne staan, om foute uit te wys is een ding maar om iemand wat die foute uit wys aan te vat is n ander ding. Elke persoon het sy eie opinie van hoe hy die spel sien. As ons almal saam gestem het sou rugby maar baie boring gewees het en almal soos die Bulls gespeel het LOL.
Posted by Kaap'se bul on 05 May 2012 08:04
70
Vyf punte op die log op toer is die heel belangrikste. Die span gaan nog beter doen as die span wat 2009 en 2010 se Sup gewen het! Wanneer laas het n Bulls span 5 agterlyn driee gedruk???? Verdedeging kort aandag ja, Pierre kort nog ervaring as kaptein ja, maar die Bulls span gaan ons nog BAIE trots maak! BULLS FOR LIFE, THE SKY IS THE LIMIT!
Posted by IRC on 05 May 2012 06:07
69
Ja voor ek vergeet
Kaapse'Bul , loftus123 , Bl@derunner , Sakkie6Yster , Blou is Baas , piere_spies_fan , zet , Old Blue Eyes Blou is Baas en Willie N ....... VAT VIR JULLE OOK N DUBBEL BELLS

Ons sal maar trippple Bells vat as hulle verloor lol

Die sharks en die waratahs het groot games more ... as hulle verloor .... ( smile ) met eish
Posted by Baya Blou Bul on 05 May 2012 03:03
68
Jimmy ... Ek skink vir jou n dubbel Bells. Ek sing saam met jou daai gunsteling Blou Bul song.

Die Bulle het wel swakerig gespeel en teen die Blues verloor maar ons het die CRUSADERS GEWEN !!!!!!!!!!
Die Bulle het al 42 punte ingesamel op die log. Die bulle het gemors met die kampioen span REDS !!!!!!!!!!!!
Die Bulle het 8 spelers wat in hul eerste Super rugby reeks speel .....
Die bulle het 1ste 100 punte kerf behaal.
Die bulle het 1ste 200 punte kerf behaal.
Die bulle het 1ste 300 punte kerf behaal.
Die bulle het 1ste 100 punte verskil kerf behaal.
Die Bulle speel in die mees aakligste Pienk Broekies en kousies.
Die Bulle is onder die voorste puntemakers.
Die Bulle is onder die voorste drie drukkers.

Ek hou van die Blou Bul Span.
Ek hou van die Blou Bul Span se Kaptein.
Ek hou van die Blou Bul Span se Afrigters.
Ek hou van die Blou Bul Span se Bestuurs Span.

Die Blou Bul Span moet nog baya leer.
Die Blou Bul Span gaan nie net verloor nie.
Die Blou Bul Span het Baya Supporters.
Die Blou Bul Span het Baya net as hulle ver wen Supporters.

Ek skink vir Spiere Spies en al sy maatjies en die hele afrigter/bestuurspan ook n dubbel BELLS !!!!!
Dankie julle werk hard , is inoverend en die trots van Suid Afrikaanse rugby vir Baya jare al.




Posted by Baya Blou Bul on 05 May 2012 02:45
67
GOOI MIELIES BULLE!!!!!!!!!!
Posted by Jimmy on 05 May 2012 00:46
66
DAMES EN HERE STAAN OP UIT RESPEK VIR DIE VODACOM BULLS!!!!!!!!!!!!


DIE BLOU BUL EET NIE VAN DIE VLOER AF NIE
DIE BLOU BUL WEET NIE VAN VERLOOR AF NIE
DIE BLOU BUL SUKKEL NIE SY ROER AF NIE
NOU VRA JY MY VIR WIE EK SKREE

KOOR

EK SKREE NIE W.P. NIE EK BLY N BUL
EK SKREE NIE O.P. NIE EK BLY N BUL
EK SKREE NIE VRYSTAAT NIE EK BLY N BUL
LAAT STAAN DIE SHARKS EN DIE LEEUS EN DIE HELE BLEDDIE SPUL

DIE BLOU BUL TJANK NIE BY SY PA HULLE NIE
DIE BLOU BUL TJANK NIE BY SY MA HULLE NIE
DIE BLOU BUL TJANK NIE BY DIE PALE NIE
NOU VRA JY MY VIR WIE EK SKREE

KOOR

EK SKREE NIE W.P. NIE EK BLY N BUL
EK SKREE NIE O.P. NIE EK BLY N BUL
EK SKREE NIE VRYSTAAT NIE EK BLY N BUL
LAAT STAAN DIE SHARKS EN DIE LEEUS EN DIE HELE BLEDDIE SPUL

DIE BLOU BUL ROL HOM NIE N MIELIE NIE
DIE BLOU BUL KAN HOM OK NIE KIELIE NIE
DIE BLOU BUL IS HY NIE N BIELIE NIE
NOU VRA JY MY VIR WIE EK SKREE

EK ROEP VIR FRIK DU PREEZ HY SAL MY HOOR
EK VRA VIR THYS LOURENS BLY OP MY SPOOR
EN GEE VIR NAAS BOTHA HY SKOP HOM OOR
NOU VRA JY MY VIR WIE EK SKREE

EK SIT VIR FONNIE VOOR KAN JY HOM VANG
EK HET VIR RUBEN OOK MAAK HY JOU BANG
VAT ULI SCHMIDT JOU VAS LOS HY JOU MANK
NOU VRA JY MY VIR WIE EK SKREE

EK PASS VIR MOANER UIT KAN JY HOM VAT
NA HANSIE BREWIS TOE HY'S GANS TE GLAD
EK PASS VIR JOSIE UIT JY MAAK JOU NAT
NOU VRA JY MY VIR WIE EK SKREE

DIE BLOU BUL EET NIE VAN DIE VLOER AF NIE
DIE BLOU BUL WEET NIE VAN VERLOOR AF NIE
DIE BLOU BUL SUKKEL NIE SY ROER AF NIE
NOU VRA JY MY VIR WIE EK SKREE

KOOR ( 4X )

EK SKREE NIE W.P. NIE EK BLY N BUL
EK SKREE NIE O.P. NIE EK BLY N BUL
EK SKREE NIE VRYSTAAT NIE EK BLY N BUL
LAAT STAAN DIE SHARKS EN DIE LEEUS EN DIE HELE BLEDDIE SPUL
Posted by Jimmy on 05 May 2012 00:43
65
Numero Uno, en ons speel nog nie eers naastenby soos ons kan nie. Sommiges se kommentaar hier laat my dink aan pa’s wat eintlik maar wannabe’s is en dan hulle laaities tydens mini-rugby wedstryde uitvreet as hulle ’n bal misvang. Ek lees al vir baie jare hierdie blog, elke dag. Ek moes seker al honderde posts gelees het waarmee ek nie noodwendig saamgestem het nie, maar ek respekteer dit. Sorry maar persoonlike aanvalle soos ek vandag hier gelees het is onaanvaarbaar, die wat hulle hieraan skuldig maak beter baie vinnig bykom. Ek gee nie ’n m@er om of julle bedank en of iemand my later daaroor sou verwyt nie, julle weet sweet blow all van wat dit beteken om ’n ondersteuner te wees.
Posted by Jimmy on 05 May 2012 00:20
64
Geluk Bulle, het darem benoude boude gehad! Dit het wel gelyk of die manne nooit paniekerig was nie.
MSteyn was puik, KBeale sal enige span na wind laat gryp hy bly n baie gevaarlike speler, vandag het Beale so goed soos Cooper gespeel en kyk wat se verskil het hy aan die Reds gemaak.
Ons eerste en tweede verdedigins kanaal was swak vandag en dis waar die Rebels momentum gekry het. JP het nie n goeie game gehad nie, twee keer op sy kanaal n drie gedruk.
Ek vermoed WO speel met n besering, hy was baie stil, veral op verdediging waar hy gewoonlik baie besig is.
Posted by Kaap'se bul on 04 May 2012 23:16
63
Stander daarenteewn was uitstekend. Juandre het ook baie goed verdedig.
Posted by Blou Bul Kaapstad on 04 May 2012 22:10
62
Stander daarenteewn was uitstekend. Juandre het ook baie goed verdedig.
Posted by Blou Bul Kaapstad on 04 May 2012 22:10
61
Stander daarenteewn was uitstekend. Juandre het ook baie goed verdedig.
Posted by Blou Bul Kaapstad on 04 May 2012 22:10
60
Jacques Potgieter het twee driee afgestaan met missed tackles onder die pale.
Posted by Blou Bul Kaapstad on 04 May 2012 21:59
59
Mense ek is verbaas dat almal so negatief is. Ons het goed gespeel en die Rebels uitstend. Hulle self oortref. Hulle huiswerk goed gedoen . Meeste spanne het noual baie van ons geleer en hulle sal ons al hoe meer neutraliseer. So Ludeke moet nou ook 'n paar surprises na vore bring vir ander spanne. Ek niemand op hierdie blog sou kon raai dat ons na rondte 9 bo-aan die leer sou wees nie. Nie eers die afrigters nie. Nietemin dink ek Macfarland moet nou sy kleure wys en die verdediging verbeter. Ons tackle te hoog . Die span van vandag het alles gedoen waar ander spanne ons expose... nl wyd speel en ons buite om klop en hulle het ons baie fisiek aangevat... meer as enige ander span in die kompetisie ,..... en hulle pick and drives was goed ...
Posted by Blou Bul Kaapstad on 04 May 2012 21:16
58
So "by the way", kies CJ op agsteman - hoor hoe praat een van die grootste Spies ondersteuners, maar hy is nie op Par nie.

Posted by Frik on 04 May 2012 21:04
57
Eerstens - Dis lekker om 'n BUL te wees!!!

Ek lees 'n berig op Beeld se web bladsy oor hoe die Bulle hoog verdedig om nie die bal "dood" te maak nie, maar om sodoende die"maul" op te hou en sodoende 'n turnover te bewerkstellig. Maak sin, maar dan moet jy die teenstaander vas vat en nie los (Uit die tackle breek) om verder veld te wen nie, want dit beduiwel jou hele verdedigings lyne!!

Nou wonder ek oor hierdie taktiek? Is dir Mcfarland se idee wat hulle op die Bulle toets vir die bokke, want dit werk duidelik NIE!!!!!!!!

Of is die Bulle net bekommerd oor 'n "proper fetcher" se afwesigheid. Kyk CJ is die ene yster, en ek is mal oor hom, MAAR steggies moet maar terugkom, en baie vinnig ook.

Dan kan ons weer proper tackles uitvoer waarvoor ons bekend is, en die bal wen op die grond!!!

GO BULLE!!! Maak dit vier uit vier daar oor die see!!
Posted by Frik on 04 May 2012 21:01
56
Sjame, en Stormer4Life was so seker dat die Rebels sou wen - hy gee homself seker oor aan die wyn vanaand!
Posted by BlousteBlou on 04 May 2012 20:32
55
Geluk Bulls - dit is uitstekend om op die halfpadmerk bo te lê - na almal 9 games gespeel het. As die Chiefs more sou wen, is dit met 'n game meer - die Bulls is dus amptelik heel-bo - nogal iets vir hulle ondersteuners om te vier, sou ek sê. Ek dink meeste spanne sou vandag teen die Rebels verloor het, hulle het seker hulle beste game ooit gespeel - en Beale was ongelooflik baie werd vir hulle. Die Bulle was mooi geduldig en die voorspelers uitstekend. Verdediging kan beter, en Flip kan leer om homself in te hou, maar 'n wen is wat geskrewe staan. Die aller meerderheid wedstryde hierdie jaar, van al 15 spanne, is met 7 en minder gewen. Maak weer so volgende week Bulle, al is dit met punt!
Posted by BlousteBlou on 04 May 2012 20:29
54
Kritiek kan beskryf word as raad op 'n openbare platform buite 'n struktuur deur mense wat reken hulle mag iets weet. Dit bereik selde as ooit die persoon vir die wat dit bedoel is.

Terugvoering (wat verwant is aan kritiek) geskied binne 'n struktuur en word deur deskundiges gedoen en is direk gerig aan die betrokke persoon.

Dis elke persoon se reg om tussen die twee prosesse te kies. Positiewe mense verkies prosesse binne strukture.
Posted by Stapper on 04 May 2012 20:25
53
Weereens baie geluk Pierre en die Bulle met die wen - nie in ons grootste drome sou ons kon dink dat hierdie span halfpad in die toernooi bo aan die leer sou wees nie. Dit beteken egter nie dat daar nie kritiek gegee kan word nie. As daar nie kritiek is nie,sal n span nie verbeter nie. En ons almal wil he die span moet beter as die res van die spanne wees. Vandag het n Aussie span wat maar in hul 2de jaar van Super Rugby is en net 2 bekende spelers in hul span het, 5 driee teen ons gedruk. Dit maak nie saak wat wie se nie,dit is net eenvoudig nie goed genoeg nie. Ons verdediging het vandag soos die Lions s'n gelyk. Jammer. Verdediging is n gesamentlike poging en dus is n span se verdediging net so goed soos die swakste verdediger in die span. Ek is seker die Bulle sal hieraan werk hierdie week.
Die rede waarom sekere ondersteuners kla oor die Bulle se vertoning vandag is omdat hulle bekommerd is - nie omdat hulle negatief wil wees nie. Ek is ook bekommerd want dit maak nie saak hoe goed die Rebels vandag gespeel het nie - n span soos die Rebels moet nie 5 driee teen ons druk nie,nooit nie. Wat my die meeste pla is dat ons verdediger stuit die aanvaller maar dan val hulle af van hom en hy hardloop 5 - 10 meter aan.Dit beteken nog 2 ander verdedigers moet hom weer probeer stuit,Dit beteken effektief dat ons 4 of 5 spelers op die grond het wat net 1 aanvaller grond toe gebring het en dan is daar gate ooral op die veld vir die ander span om aan te val.
Ons aanval is puik,lynstane en afskoppe ook en skrums o.k. Weet enigiemand of ons Springbok hulpafrigters in Melbourne was saam met die span en of hulle in Kaapstad was saam met Meyer en die Stormers?
Posted by Loftus123 on 04 May 2012 18:51
52
#51, ek het die span verdedig tot nou toe, maar ons geluk gaan uitloop. Die verdediging kan ongelukkig net deur ontkenning regverdig word. Daar is 'n probleem in die middelveld en dis duidelik vir almal om te sien, dis waarom die Bulls daar getarget word, anders sal dit mos nie keer op keer gebeur nie? Daarmee neem ek niks weg van baie opwindende aanvalsrugbynie en goeie punte wat daar ook is nie. onthou ons het vandag teen 'n span gespeel wat feitlik laaste op die log is.
Posted by bloukaap on 04 May 2012 17:48
51
Almal hier kla oor die verdediging. Gaan kyk op die log. Die "top" spanne met die minste driee teen hulle gedruk het ook maar BAIE MIN driee gedruk. Ons het die tweede meeste driee gedruk. As jy aanval rugby speel en op aanval gefokus is (soos baie van die bloggers wou he) is dit n feit dat jy driee gaan afstaan. Toe ons verdediging n paar seisoene die beste was het omtrent almal gekla dat ons nie driee druk nie en dat ons boring rugby speel. Hou nou op om die spelers af te kraak. Soos die ouens wat se dat Flip so dom soos grond is en dat Pierre soos n moffie speel. EK DARE jou om dit in hulle gesigte vir hulle te se.
Posted by Bl@de Runner on 04 May 2012 17:39
50
dis baie mooi om te sien hoe die "staff" pronk in hul nuwe springbok uniforms, maar ongelukkig gaan dit nie vir die Bulls enigsins punte in die Super 15 meebring nie.

die span se verdediging is "in shambles." Dit is die 3e keer in 4 wedstryde dat ons eenvoudig ore aan gesit word hoofsaaklik in die middelveld en 'n groot pakslae of twee is om die draai om die afrigitingspan se neuse in die grond in te vryf. Ek het nie 'n probleem daarmee as dit dalk een keer gebeur nie, maar dis nou die derde keer. wat ons telkens gered het was swak skopwerk van ons opponente en veral Francois Hougaard se kruisverdediging. Wat kommerwekkend is, is dat daar absoluut geen verbetering in hierdie opsig is nie. JJ engelbrecht, Wynand en Morne kombinasie werk nie langs mekaar nie. JJ se hele liggaamsposisie is totaal verkeerd op buitesenter en hulle lees hom soos 'n boek. Maar hy is nie die enigste nie - die tackles is eenvoudig oneffektief en dit vat 'n baie laerangse australiese span om die Bulls se middeveld totaal deurmekaar te hardloop vanaf eerste fase spel en meters veld te wen, selfs vanuit hul kwartgebied. Verdediging wen toernooie, en hierdie is eenvoudig nie goed genoeg nie. wat die Bulls egter sla laat wakker le, is die onopsigtelike liggaamstaal van senior spelers nadat tackels gemaak is. Die verdedigingsafrigter en die senior manne wat die lyne organiseer, moet pa staan hiervoor. maar hulle sal dit baie goed besef.

Die positiewes was daar darem ook heelwat. Ons aanvallende spel is baie goed en hier en daar was daar bull dozer skrums. ons kon mooi momentum optel en ons lynstane het goed gelyk. Ek het weereens die wwarde van Dean Greyling besef vanoggend. Morne se taktiese skopvoet was baie goed en ons posisionele spel met die agterste drie is deurgaan spuik. En, die Bulls kan driee druk en innoverende rugby speel.

harde werk lê voor vir hierdie Bulls. ons vat die verwagte vyf punte, maar ons weet jy is net so goed soos jou laaste wedstryd. Kom Bulle.
Posted by bloukaap on 04 May 2012 17:29
49
dis baie mooi om te sien hoe die "staff" pronk in hul nuwe springbok uniforms, maar ongelukkig gaan dit nie vir die Bulls enigsins punte in die Super 15 meebring nie.

die span se verdediging is "in shambles." Dit is die 3e keer in 4 wedstryde dat ons eenvoudig ore aan gesit word hoofsaaklik in die middelveld en 'n groot pakslae of twee is om die draai om die afrigitingspan se neuse in die grond in te vryf. Ek het nie 'n probleem daarmee as dit dalk een keer gebeur nie, maar dis nou die derde keer. wat ons telkens gered het was swak skopwerk van ons opponente en veral Francois Hougaard se kruisverdediging. Wat kommerwekkend is, is dat daar absoluut geen verbetering in hierdie opsig is nie. JJ engelbrecht, Wynand en Morne kombinasie werk nie langs mekaar nie. JJ se hele liggaamsposisie is totaal verkeerd op buitesenter en hulle lees hom soos 'n boek. Maar hy is nie die enigste nie - die tackles is eenvoudig oneffektief en dit vat 'n baie laerangse australiese span om die Bulls se middeveld totaal deurmekaar te hardloop vanaf eerste fase spel en meters veld te wen, selfs vanuit hul kwartgebied. Verdediging wen toernooie, en hierdie is eenvoudig nie goed genoeg nie. wat die Bulls egter sla laat wakker le, is die onopsigtelike liggaamstaal van senior spelers nadat tackels gemaak is. Die verdedigingsafrigter en die senior manne wat die lyne organiseer, moet pa staan hiervoor. maar hulle sal dit baie goed besef.

Die positiewes was daar darem ook heelwat. Ons aanvallende spel is baie goed en hier en daar was daar bull dozer skrums. ons kon mooi momentum optel en ons lynstane het goed gelyk. Ek het weereens die wwarde van Dean Greyling besef vanoggend. Morne se taktiese skopvoet was baie goed en ons posisionele spel met die agterste drie is deurgaan spuik. En, die Bulls kan driee druk en innoverende rugby speel.

harde werk lê voor vir hierdie Bulls. ons vat die verwagte vyf punte, maar ons weet jy is net so goed soos jou laaste wedstryd. Kom Bulle.
Posted by bloukaap on 04 May 2012 17:29
48
Stem Blou-is-Baas, maar die probleem is jy mag byvoorbeeld nie sê die Bulle het sleg defend nie, "WANT hulle is bo op die log". Dis hoe vlak die manne redineer, en raak dan attacking. Baie swak om eerlik te wees. Ek sal dan maar gekategoriseer word saam met die manne wat kyk wat ons kan verbeter om die volgende game te wen (soos wat die coaches ook doen), terwyl die ander maar net browny points opgaar.
Posted by Willie Blou on 04 May 2012 16:52
47
Nou begin ek verstaan hoekom die ander provinsies se ondersteuners ons span so aanvat.

Hier wen die Bulls, maar die mense verskil oor hoe, wie wat en waar ons eintlik beter of slegter is as wat ons dink. Nou raak ons al onder mekaar beledigind.

Nee manne, bedaar nou en kom ons raak nie beledigend nie.

Daar is foute en die span is nog nuut saam (in vergeleke met die stormers), maar ons is bo hul aan die log. En ons kan terugkom van die toer met meer wenne as verloor. Maar dit gaan harde werk kos.

Geniet almal julle naweek en kom ons vertrou dat dinge gesort gaan word die week...

Bulls groete...
Posted by Blou-is-Baas on 04 May 2012 16:52
46
Ok, ek is nou nie die slimste rugby kenner nie (ek ondersteun darem die Bulls), maar die onderlinge nyd tussen ons Bulls is nie lekker om te lees nie. Ek blog ook nie te veel nie, maar is al BAIE lank hier 'n blogger en dit raak soms lelik hier. Kom nou manne, hou op mekaar slegse ens., die blog is om jou mening te gee oor ONS span en indien jy verskil, dit op oordentelike manier uit te gesels.

Ek sien dit so, ons verdediging was goed gewees tot 2 games terug. Ons wen ons wedstryde, net net, MAAR, ons wen. Ons lyk goed met bal in hand en op die aanval, maar ons het swak verdedig.

Kom on skerp ons verdediging op manne en dan SAL ons beter wees as die ander spanne.

Ons is geen kans gegun deur die ander spanne nie en ek dink hulle het gehoop ons flop met al ons ouens uit, maar nou gebeur dit nie en hulle begin panic...Go Bulls...
Posted by Blou-is-Baas on 04 May 2012 16:46
45
@23 Rifrug, duidelik verstaan jy nie die verskil tussen debateer en preek nie.

Verder het jou post op die vorige draad oorgekom asof jy jou skaar by die negatiewe komenntators - of jy dit nou so bedoel het of nie - dis hoekom ek jou daarop gewys het wat op die blog gese is.

In jou 1e post vra jy dat ons die negatiewe posters se opinie respekteer en dan kom jy en post #23 wat ek redelik disrespekvol ervaar - praat van preek vir wie?

Laastens se jy niemand is so blind soos die wat nie wil sien nie - ek se daar is niemand so blind soos die wat nie wil lees nie. As jy my posts gelees het sou jy sien ek het ook gese die Bulle moet sorg dat hulle uit hulle foute leer - so miskien moet jy weer gaan lees - ek het reeds my punte in vorige posts gemaak - ek gaan nie vir jou prentjies teken nie.

Lekker naweek vir jou.
Posted by zet on 04 May 2012 16:43
44
Aangesien Sakkie nie wil lees wat ons terugskryf nie (miskien omdat dit Sakkie sal blootstel as 'n huigelaar wat self lekker kritiek lewer teen die Bulle as dit hom pas maar ander mag nie), skryf ek maar aan my mede-bewustelose Rifrug. Ek dink Sakkie probeer dalk 'n Bulls Babe rokkie losslaan en 'n voltydse cheerleader word.

Die Bulle lyk eerlikwaar unbeatable as alles werk, as die bal deur die fases gaan, die groot manne die bal dra en oor die voordeellyn kom, en dan wyd gaan. Ons het dit paar keer gedoen vandag, en dit lyk uitstekend. Dis haas onmoontlik vir enige span om dit wettig te keer. Dis nog net teen die Stormers wat ons op die aanval gestuit is.

Maar vir ons wat al menige jare die Bulle ondersteun en betrokke was by hulle is elke wen bitter lekker, maar wil ons ook sien dat dit elke week gebeur. Dit kan nie ontken word dat ons verdediging swakker is as vroeer in die seisoen nie. Al wat ek sê is dat ons nie week na week 30+ punte kan bly afstaan en bly wen nie, daar gaan games wees waar die opponent goed verdedig en ons sal moet wen as ons net 10-15 punte aanteken.

Hopelik is Jacques P se besering nie ernstig nie, hy speel pure Bul.
Posted by Undertaker on 04 May 2012 16:39
43
Upon further review of the match footage the Citing Commissioner deemed in his opinion the incident had met the Red Card threshold for foul play
Dit is nou jones. Presies wat ek ook tydens die voorval gedink het
Posted by NETBLOU on 04 May 2012 16:38
42
Ek sien daai jones wat 'n rooi kaart moes kry is darem amptelik uitgwys. Hoop die Lees word hard aangespreek want hoe kon Hougie rooi kry en Jones nie. Jones moet sommer 4 weke plus kry. Hy het nie eers jammer gevra nie.
Posted by NETBLOU on 04 May 2012 16:35
41
Waarheid maak seer? Kan dieselfde vir jou sê. Maar dit het niks met waarheid te maak nie, dit is jou negatiewe aanmerkings wat my omgekrap het.....

Ek moet ongelukkig groet. Geniet jou naweek as dit vir jou moontlik is, ek sal werklik nie weer een van jou posts lees nie soos jy voorgestel het.... ek is maar net bloot telleurgesteld om te besef dat daar Blou Bul ondersteuners soos jy ook is.
Posted by sakkie6yster on 04 May 2012 16:34
40
Sakkie6, gaan speel op die spoor met jou sarkasme. Nou wys jy jou ware kleure. Laat my nogal aan my Stormer kollegas in Kaapse kantoor dink.
Posted by NETBLOU on 04 May 2012 16:32
39
Hierdie span van ons het vandag hulle harte uit gespeel, hulle oefen duidelik klip hard en die hele span; spelers, afrigters en almal wat iewers betrokke is doen hul beste om van die Bulle die beste organisasie in wêreld rugby te maak, dan kom daar 'n groot intelligente wese soos Oom Rifrug met al sy kennis en sy hoogs belangrike opinies en kom gee een na die ander negatiewe aanmerking wanneer SY EIE SPAN (so sê hy) 'n wedstryd OORSEE met 'n BONUS PUNT wen en daardeur heel bo aan die log eindig!!
Posted by sakkie6yster on 04 May 2012 16:31
38
Die waarheid maak seer nè sakkie6yster. Is dit hoekom jy nou beledigend raak?
Almal van ons op die blog ondersteun die Bulle, so hou gerus maar jou "gaan skree vir die Stormers" opmerking vir jouself, dit is al holrug gery deur mense wat nie weet wat anders om te sê nie.
Posted by Rifrug on 04 May 2012 16:29
37
@16. Ek weet nie van wat refs doen nie, maar jy's reg - geen aandag aan skeef in die skrum.
Ek dink jy slaan hom op sy kop - hulle is so beheb met die bind dat hulle niks anders sien of voor kyk nie.
Posted by NETBLOU on 04 May 2012 16:28
36
Vergeet van als wat ons sover vermag het, vergeet dat ons heel bo is, dat ons een van die top driee drukkers het, dat ons die voorste punte maker in die kompitisie het, vergeet dat ons al oor die 100 punte verskil het halfpad deur die kompitisie! Vergeet als en worry, want ons is swakker as die magtige Stormers!!! HAHAHAHAHAHAHAHA!!
Posted by sakkie6yster on 04 May 2012 16:27
35
Almal van ons wat vandag gelukkig is omdat ons span gewen het is blind! LOL!
Ons het geen benul wat in rugby aangaan nie, want indien ons wel enige kennis of insig oor die spel gehad het sou ons nou soos Rifrug bitter bekommerd gewees het oor die volgende 3 wedstryde wat ons almal gaan verloor!!! Ek is nogal spyt dat ek nie jou insig, kennis en begrip het van RUGBY nie oom Rifrug! Dan kon ek saam met jou vandag gesit en tjank het oor die bleek toekoms van ons span...
Posted by sakkie6yster on 04 May 2012 16:25
34
Rifrug lei jy aan depressie? Jou glas altyd half leeg ou grote? Gaan skree vir die Stormers ou slimstes!
Posted by sakkie6yster on 04 May 2012 16:23
33
En vir die wat wel hier lees. Die stormers het 13 punte op hulle toer oorsee gekry en as ons bokant hulle op die log wil eindig moet ons dit ook doen. So of ons daarvan hou of nie, in 2012 word ons wel teen die stormers gemeet. En die 3 Super-rugby trofees wat ons al gewen het help ons niks in 2012 nie.
Soos ek reeds gesê het, niemand is so blind soos die wat NIE wil sien nie.
Posted by Rifrug on 04 May 2012 16:18
32
Tweede meeste driee deur Bjorn Basson = 7
Posted by sakkie6yster on 04 May 2012 16:12
31
Heel Bo Aan S15 Log:
--------------------------------
Pos Team P W D L PF PA PD TF TA BPts Pts
1 Vodacom Bulls 9 7 0 2 311 206 105 33 21 6 42
Posted by sakkie6yster on 04 May 2012 16:11
30
sakkie6yste #23, ek het alles behalwe gekerm en gekla, gaan kyk gerus in die WAT na die definisie van hierdie woorde. En dit pla my rerig nie as jy jou vir my skaam nie.
En as jy nie belangstel in wat ek sê nie moenie my blogs lees nie.
Al wat ek kan sê is dat niemand so blind is as die wat nie wil sien nie.
Lekker naweek vir jou.
Posted by Rifrug on 04 May 2012 16:11
29
Jis, dis crazy hoe sielkundig almal nou raak. Almal wil pappa speel. Bulls game was swak, maar Bulle het gewen. Almal is bly oor die wen, en meeste is teleurgesteld in die manier hoe dit gedoen was. So nou moet die Vodacom Cup span net die Sharks more wen, dan kan die naweek goed begin, en goed eindig. Ons kan dan volgende week kyk of daar gewerk was aan die kortkominge hierdie week, wat obviously duidelik was. Rebels het hulle huiswerk gedoen. Hulle het dit uitgebuit met kantlyn toe skop, en kanaal om die afbreekpunte te vat waar die verdediging ook upright was. Glo daar sal gewerk word daaraan.
Posted by Willie Blou on 04 May 2012 16:10
28
Heel Bo Aan SA Conference:
----------------------------------------
1 Vodacom Bulls 9 7 0 2 311 206 105 33 21 6 42
Posted by sakkie6yster on 04 May 2012 16:10
27
Voorste Punte Maker in S15 2012:
-----------------------------------------------
Morné Steyn Vodacom Bulls 1 24 30 2 149
Posted by sakkie6yster on 04 May 2012 16:09
26
Brenden Nel: "In the long term the Bulls will take the five-point victory, and talk about how the game was open and entertaining, but they will also know they will have to improve a lot if they are to match the Stormers' haul on tour."
Ons word al teen die Stormers gemeet!! Vergeet dat ons 3 Super Rugby trofees het en WP het nog niks, hulle is nou ons maatstaf!!!??? Belaglik!
Posted by sakkie6yster on 04 May 2012 16:08
25
Zet #12, volgende week se "game" het alles met hierdie week se "game" te doen, want as hulle nie uit hirddie wwe s'n leer nie sal hulle volgende week weer dieselfde foute maak. Dit is wat na die Blues se wedstryd gebeur het.
En moet asseblief NIE vir my probeer preek nie, in elk geval nie voordat jy die situasie verstaan nie, wat jy blykbaar nie doen nie.
Posted by Rifrug on 04 May 2012 16:03
24
Nou moet die Welpies net die Chiefs pak gee!
Posted by Blou Bul Kaapstad on 04 May 2012 16:03
23
Hiehiehie... ek sien Brenden Nel is ook 'n kans gegun om oor die Bulle se game te skryf! Sy opskrif:
BULLS TAKE FIVE VALUABLE POINTS....JUST?? Net jammer oor die "just" gedeelte!!

Hoe ironies! Ons word al weer deur die media uit gemaak as gelukkig en ons foute word uit gewys instede van wat ons goed gedoen het. Daar was nog nie een goeie artikel oor ons agterlyn of ons vindingryke spel of die feit dat ons die veld aan die brand speel met vuur warm rugby nie!??
Het iemand al 'n slag na die log gaan kyk!??? Weet julle hoeveel driee ons al gedruk het hierdie seisoen? Hoeveel ons "Points Difference" is? Of net hoeveel balbesit en veldbesit ons in hierdie S15 het?
WP voor en WP agter!??

Iemand al 'n slag gedink wat die opskrifte sou gewees het as die game tussen die WP en die Rebels was?? Iemand al 'n slag gaan kyk wat die punte verskille was vir die Stormers in meeste van hul wedstryde!??? maar niemand skryf "..... Just" agter aan hul oorwinnings nie!

Aaai, ek kry skaam vir ouens soos jy Rifrug en Undertaker! Jou span wen en dan kerm jy! En ek stel regtig nie belang in wat jy vir my terug wil skryf nie. Kom net by!
Posted by sakkie6yster on 04 May 2012 16:02
22
baie goeie game morne!!!daai beale bly ma goed!Arno Botha het baie goed gedoen toe hy opkom!hy tackle raak en werk hard in die losgemaal!dalk kan hy start volgende week as jaques beseer is.dink nie steggies en cj moet saam start nie...
Posted by Spartan on 04 May 2012 16:02
21
Ek wonder net of dit nie genoeg is dat die res van die land teen die Bulle is nie, nou moet daar nog Bulls ondersteuners wees wat ook teen hulle is!?? LOL!
Posted by sakkie6yster on 04 May 2012 15:57
20
Zet 3#, ek het nie een van daai dinge wat jy aanhaal gesê nie. Dit is hoekom ek gesê het "Se voet, dit is hoekom ons hier op die blog is, om ons menings te lug en ons sê te sê sonder om beledigend en persoonlik te raak".

Posted by Rifrug on 04 May 2012 15:55
19
@Stapper: dit is interessant hoeveel ongelukkige wenners daar op hierdie forum is! LOL!

Dankie tog vir manne soos Zet, Stapper en Jimmy! :)

Wel gedaan Bulle!!! Whoooohooo!!! ONS IS HEEL BO AAN DIE LOG MANNE!!!!!! GENIET HOM!!!
Posted by sakkie6yster on 04 May 2012 15:53
18
Vir my lyk dit amper asof die Bulle begin swakker speel het na die afrigters by die Bokke aangewys is. Spandeer hulle regtig al hulle tyd en energie nog op die Bulle soos hulle voorheen gedoen het? Die Bulle se spelers speel hard en toegewyd vir meeste van die tyd, maar lyk net die afgelope paar weke ietwat onvoorbereid in die vaste fasette, en ook op die verdediging.
Posted by Undertaker on 04 May 2012 15:52
17
@15 Netblou, ek het 'n teorie daaroor ook.

Basies kom dit daarop neer dat elkeen van ons net 'n sekere aantal Bul verlore toegeken is... en as daai hoeveelheid bereik is sal die son vir ons nie meer opkom nie :)

My lewe is omtrent met 20jaar verkort in die jare van die vroee 2000's!!!!
Posted by zet on 04 May 2012 15:33
16
Ek het 'n vraag daaroor NETBLOU - nie net in hierdie game nie maar AL die games.

Hoekom is die refs so streng op skeef ingooi in die lynstaan maar blaas NOOIT meer vir skeef ingooi in die skrum nie? Phipps het 2 keer skeef ingegooi (en ek bedoel onder sy slot se voete skeef) en Weepu het vir die Blues vanoggend omtrent ELKE ingooi skeef ingegooi.

Is dit omdat die refs te veel konsentreer op binding en kyk wie laat val die skrum? Ek dink regtig die skeef ingooiery in die skrums is verneukery en moet net so streng soos lynstane gestraf word.
Posted by zet on 04 May 2012 15:29
15
@12 Zet. Ja die son sal opkom, maar myne sukkel maar ou maat - bly maar nag vir my die keer as Bulls verloor. Maar son sal more mooi opkom.
Posted by NETBLOU on 04 May 2012 15:27
14
Die ref het baie goed nie gesien nie, behalwe as ons skeef ingooi - pateties
Posted by NETBLOU on 04 May 2012 15:24
13
@3 Stem saam jou Zet. Almal is geregtig om hul opinie te lewer, maar daar is 'n verskil tussen positiewe kritiek gestaaf met goeie redes en sommer om net jou hooter te blaas. As jy net negatiewe goed wil sien, sal jy dit verseker sien.

Ek kies om na die positiewe aspekte te kyk en daar is baie. Ons het regtig puik driee gedruk vandag. En kom ons wees nou maar eerlik, die Rebels het bo hulle vermoë gespeel. Ek het in die begin van die seisoen gesê dat die spanne bêre hulle beste game vir die bulle.

Ek is bekommerd oor die feit dat daar vir die tweede game agtermekaar te maklik drieë teen ons gedruk is, maar Kurtley Beale was regtig vandag op sy kop. Toe dit saak gemaak het op die einde het ons hulle uitgehou met solid defence.

Ek kry die indruk dat die spelers dalk te gretig is op defence en sodoende nie by hulle strukture hou nie. Ek glo egter dat dit makliker reggestel kan word as om spasie te skep om drieë te druk en dit het ons vandag goed gedoen.
Posted by Old Blue Eyes on 04 May 2012 15:22
12
En Rifrug ek hou daarvan om te debateer met ouens wat rugby ken.

So vertel vir my waar die Bulle sou gewees het as hulle na die Blues game dieselfde negatiewe houding ingeneem het as jy nou. Ons het immers teen die Blues verloor wat LAASTE op die log is.... en as ons na daardie game gesê het "wat nou???" Dan sou ons nooit die spanne wat bo hulle is op die log gewen het nie.

Die punt wat ek probeer maak (en wat jy blykbaar nie verstaan nie), is dat volgende week se game NIKS met hierdie week sin uit te waai het nie.

Ja daar is foute en ja die Bulle moet dit regmaak.... maar jy redeneer nou soos die skool laaties wat sê span A het span B gewen, en span B het span C gewen... dus MOET span A vir span C wen!!

Aikona!!! werk nie so nie. Jy speel week vir week. Jy leer uit jou foute. Jy maak dit reg want volgende week gaan jy weer ander foute maak - en raai wat? As dit nie vir jou uitwerk nie dan probeer jy volgende week beter. Op die ou-end is dit net 'n game en die son sal more opkom (al verloor die Bulle so nou en dan).
Posted by zet on 04 May 2012 15:22
11
Om nou "top of the log" te wees is baie gevaarlik - sielkundig.

Maar, tog lekker om na dieselfde aantal wedstryde en loslootjies 1 punt voor die grootbekke van die Kaap te wees.
Posted by NETBLOU on 04 May 2012 15:21
10
Ek voel dat die een drie van die Rebels nie 'n drie was nie. Die laaste een , ek dink dit was die nr 6 wat dit gedruk het Hy het tweede bygekom , was van sy voete af en het die bal op die grond gespeel terwyl hy gele het en oorgerol vir die drie. Dit moes 'n strafskop vir ons gewees het . daarbenewens het hulle baie kere van hulle voete afgegaan en oor ons balle gekom . Maar all in all dink ek nie die ref was swak nie.
Posted by Blou Bul Kaapstad on 04 May 2012 15:18
9
Iets was fout en dit het ons amper gekos, maar ons vat die 5 punte. Moenie die Rebelle se poging onderskat nie. Dit is net so dat enige span wat teen die Bulls (en Saders) speel is 100 keer meer gemotiveerd om te kan probeer wen.
Posted by NETBLOU on 04 May 2012 15:17
8
Dis beter om die gelukkige wenner te wees as die ongelukkige verloorder.
Posted by Stapper on 04 May 2012 15:16
7
Goeie wen vir die Bulls. In die begin het dit gelyk asof ons die manne gaan ver wen maar die Rebels het hulle beste game van die seisoen gespeel en hard vir ons manne gekom. Alhoewel van hulle driee uitstekend was , is dit kommerwekend dat hulle 5 driee teen ons gedruk het. Kurtley beale maak 'n reuse verskil op loskakel en gaan groot faktor vir Aussies op 10 wees. Flip het ons amper weer met swak dissipliene in die voet geskiet. Morne was briljant so ook Stander. jammer dat J Potgieter beseer is maar sy defense was ook swak gewees en so ook sy hande. Dis nou die kans wat Stander gaan kry. Hy word dalk nog Bok! Juandre kruger het hulle ook onder druk geplaas en ook 'n uitsteknde drie vanaf die lynstaan engineer. Juandre was ook uitstekend in die defense en vastelos. Hy speel intelligent op die defense en bly mooi op sy voete. Die man dink op sy voete. Jy moet mooi kyk Flippie ! Die pick and drives van die Aussie Rebels was ook goed en hulle het hard vir ons manne gekom maar ons ouens het nooit gepanick nie en mooi vasgebyt teen die einde. Done it and been there. Hoor hierso mense , hierdie span van ons het die hart en die wil en gaan nog goed doen. Ons slotte en losvoorspelers doen uitstekend in plek van die ou manne van laasjaar wat weg is. Pierre voel ek kan vir my meer doen.
Posted by Blou Bul Kaapstad on 04 May 2012 15:15
6
Mooi Bulle , dit was n harde wedstryd, en kom ons bou hier op ons het dit volgende week nodig teen die Waratahs, Ons moet net die verdedeging en Flip se desepline opskerp en mooi gespeel Morne en kom ons geniet die boonste op die punte leer vir die volgende 24 uur en ten minste is ons bokant die Stormers vir die week
Posted by Corneluis on 04 May 2012 15:13
5
@ Lekkerblou,

Dis beter om ampre te verloor as om amper te wen!!
Posted by zet on 04 May 2012 15:08
4
Rifrug

Ek is liewers net -net eerste.Beter as om onder rond te boer.
Posted by Lekkerblou on 04 May 2012 15:06
3
@Rifrug, ek het jou op die vorige draad ook geantwoord - maar hier is dit weer:

Ek weet nie van die ander ouens wat "jubel oor die 5 punte" nie... maar ek kan vir jou sê dat ek ook nie blind is vir die Bulle se foute nie. Maar hoekom moet ons opmerkings maak soos:

"swak swak swak Bulle"
"Bulls = Dumbest players on earth"
"Flip = Domste speler in wereld rugby, skors hom nou en sommer klaar ook"
"Spies is pateties,swak verby""Of ons nou hier wen of verloor dis pateties verby en en Bulle verdien nie om so hoog op die log te wees nie. "
"@146 ons verdien nie die punte teen die Brumbies, as ons nie die ref betaal het nie het ons verloor"

Verduidelik vir my hoe dit enige iets goeds bydrae tot die blog?

Nee man - kritiseer as daar gekritiseer moet word - maar dan moet dit ten minste positief wees - nie bloot beledigend nie.
Posted by zet on 04 May 2012 15:06
2
well done BOYS! 5 punte op toer is knap gedaan! hou so aan manne!
Posted by pierre_spies FaN on 04 May 2012 15:06
1
Net-net 1ste. Soos die Bulle vandag.
Posted by Rifrug on 04 May 2012 14:59
VIDEO
Highlights of the Super Rugby match between Vodacom Bulls and DHL Stormers, from Loftus Versfeld, Pretoria.

Pick your Super Rugby fantasy league

Play the Super Rugby prediction game

Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
25 Junie. Giscard Pieters
27 Junie. Sias Wagner
28 Junie. Giel Eloff
28 Junie. Neil Powell
28 Junie. Daan Retief
29 Junie. Tommy du Plessis
29 Junie. Eben von Gericke
30 Junie. Jannie Claassens
30 Junie. Johan Visage
30 Junie. Boeta Wessels
1 Julie. Gert Kruger
1 Julie. Toffie Sharp
JOIN US ON FACEBOOK