Sadie out for remainder of Super Rugby, Stegmann back
02 July 2012

Deon Stegmann is fit again, but for Johann Sadie the Vodacom Super Rugby season is over.

Sadie suffered a grade three ligament tear to his ankle and will be out of action for six weeks, Vodacom Bulls team doctor, Org Strauss, confirmed on Monday.

He will therefore miss the rest of the Super Rugby campaign.

Stegmann has been declared fit and available for the clash against the Sharks coming weekend after fully recovering from a broken arm.

Rossouw de Klerk is also back in training after sitting out for most of the season.

Bongi Mbonambi will be able to train in a week’s time, following an ankle strain.

Bjorn Basson, Dewald Potgieter, Dean Greyling, Flip van der Merwe, Jacques Potgieter and Pierre Spies will not train on Monday due to minor ailments, but will be back on the training pitch on Tuesday.

Lionel Cronjè (four weeks) and Fudge Mabeta (three months) long-term casualties.

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
39
Ek is seker Johann Sadie sal weer sy vorm herwin, geen speler is altyd op die kruin van die golf nie, nie eers Pierre Spies nie, so almal relax net bietjie, gee hom kans, volgende jaar is hy weer n hero en dan wil julle almal sy tjom wees! Ek dink die BBM het nou genoeg aankope gedoen, dis tyd dat die talent wat klaar aangekoop is en die hope talent in Pta n slag ontwikkel word sonder dat die die Unie bankkrot maak! In elk geval die k.. wat nou by die Leeus aan die gang is is begin deur Louis "ons koop almal wat ons kan" Luyt! Niemand is meer trots om n Leeu trui oor die kop te trek nie, want almal kry n beurt sonder om jouself in die grond in te speel. Daar is genoeg van alles, werk met hulle, gee hulle kans in die Currie Cup en wees net bietjie geduldig!
Posted by IRC on 03 July 2012 06:49
38
Iemand gee asseblief vir Houtoog n Bells.
Posted by Las on 02 July 2012 20:26
37
sien nuwe draad.
Posted by bendiebul on 02 July 2012 17:02
36
Hotoog, jy is totaal argaies! Destyds, kort nadat Jake White aangestel is as Nasionale Afrigter, het ons tesame met kliente, hierdie fetcher situasie bespreek. Hy het toeka gese ons is is uit die mode. Hy het die hele filosofie van met ons bespreek. Hy het toe nog gese die Springbok senters is die beste fetchers in die span!!!!!
Posted by Ligblou Baron on 02 July 2012 16:44
35
Dit is sommer bollie dat net een heeltyd al die fetchwerk moet doen.

Hier by my kry elke kind 'n beurt om iets te fetch vir pa uit die yskas ....
Posted by bendiebul on 02 July 2012 16:32
34
Shannow #33: Weer verkeerd! Dis so goed jy sê "enige ou kan die tegniek as vaskopstut aanleer" of "enige ou kan leer om in die lynstaan te spring" of selfs "enige ou kan leer om pale toe te skop."

Spesialis fetchers het 'n spesiale talent, net soos skoppers dit het. Hulle is gewoonlik oud stoeiers, baie vinniger as die gemiddelde voorspeler besonder sterk in die bene en arms en boonop so tussen 1,78m tot 1,85m lank, wat beteken hulle het 'n vermoë om hulself te balanseer en hul gewig te dra met hul bene terwyl hulle op die bal konsentreer.

Jy maak verder nog 'n fout deur fetchers te beskryf as spelers van net "buk oor 'n getacklede speler"! 'n Goeie fetcher het die vermoë om die donkiewerk in die los én vastelos te doen. Hy is nie net 'n goeie steler van besit nie, maar ook 'n besonder goeie BESKERMER van besit. Hierin is Stegmann byvoorbeeld 'n kampioen! Dan is hulle ook puik verdedigers, wat baie naby aan die meerste tackles maak in elke wedstryd!
Posted by Houtoog on 02 July 2012 16:27
33
Ligblou Baron

Presies.

Hoekom moet daar net een ou wees wat kan fetch?

As De Jongh die tackle maak, dan is Aplon tien teen een die eerste ou by die losgemaal.

En dan is hy die ou wat die bal probeer steel.

Of Chilli, of Werner Kruger soos teen die Cheetahs.

Dis vir my redelik sinneloos dat een ou net gekies moet word omdat hy kan buk oor n getackelde speler. Enige ou kan daardie tegniek aanleer.
Posted by Shannow on 02 July 2012 16:12
32
Shannow, wie oorheers rugby in die noordelike hafrond die afgelope jaar of wat? Is dit toevallig dat die opkoms van die "nuwe" Wallis span gepaard gegaan het met die opkoms van die noordelike halfrond se beste fetcher? Gaan kyk na die video by die link hieronder, dan gesels ons weer oor fetchers, die verlede en die hede...

http://www.youtube.com/watch?feature=endscreen&NR;=1&v;=0X0eGPWJ-x0
Posted by Houtoog on 02 July 2012 16:12
31
Dit gaan my verstand te bowe hoekom, in hierdie moderne tydperk van rugby (ten minste op hierdie blog), dat die "fetchers" altyd beperk word tot die flanke!!!! HM skiet nie fetchers af nie.... hy gebruik net ander voorspelers daarvoor! Byvoorbeeld Bissie. Word wakker mense............
Posted by Ligblou Baron on 02 July 2012 16:08
30
LBC... what do you smoketh?
Posted by Ligblou Baron on 02 July 2012 16:01
29
Shannow " Ek hoop ek sien die eerste keer hierdie jaar n Bul span wat fisies kan domineer soos in die dae van Danie Rossouw, Bakkies, Pedrie Wannenburg en Jacques Cronje" Dit is juis die probleem ons het nie hiedie tipe spelers op die oomblik nie.Jaques Potgieter en Arno Botha kan nog ontwikkel in sulke spelers maar ons sal goed doen om gelyk uit die collisions uit te kom. Ons moet dus speel na ons sterkpunte lynstane, taktiese skopwerk en hulle midddeveld ontbloot.

Houtoog ek kan nie saam stem 2 fetchers nie. Al hoe jy vir n Brussow kan akkomodeer is met Alberst op 7. Hoe kan jy nou vir Spies wil drop om vir Stegman plek te maak?

Posted by Pieter Blou on 02 July 2012 15:52
28
Shannow #24: Heyneke Meyer is nie volmaak nie. Sy weiering om die belangrike rol van baljagters te erken gaan hom nog duur te staan kom. Hy is die man wat Derick Kuun se rugbyloopbaan kortgeknip het deur hom twee jaar lank te laat haker speel, terwyl Kuun een van die land se belowendste fetchers was!

Jake White is intussen bekeer en wil nou selfs vir Pocock Brumbies toe lok! Meyer sal vanjaar in die Viernasies sy les met duur gevolge leer as hy voortgaan met sy styl.

2009 en 2010 is die verlede, ja. En die verlede is daar om uit te leer. Fetchers is steeds deurslaggewend in vanag se rugby. Het jy Sam Cane dopgehou teen Ierland? Het jy hom vanjaar in die Super 15 dopgehou. Hy gee aan die Chiefs daardie X-faktor wat hulle die afgelope twee seisoene gemis het!

Het jy Shauwn Adendorff in aksie gesien teen Engeland in die JWB? Nogal interessant dat dit een van Heyneke se cronies by die Bulle was (ek dink sy naam is Werner) wat Adendorf onmiddelik 'n kontrak aangebied het die oomblik toe hy hom drie jaar gelede die eerste keer in aksie gesien het...
Posted by Houtoog on 02 July 2012 15:50
27
Should read: 4th last line remind the Chiefs of the 2009 final.........
Posted by Les Bleus Cocardier on 02 July 2012 15:40
26
Les Bleus

You live in quite a fantasy world, mate.

The Bulls best hope is to keep winning now and get a home quarterfinal.

Then to beat the Crusaders at Loftus, and hope like hell that somehow we manage to win our semifinal against the Chiefs, before meeting the Stormers in the final at Newlands, to rip their dream from them just as they are in sight of the promised land.
Posted by Shannow on 02 July 2012 15:38
25
Chiefs lose to Crusaders/Hurricanes but gain three bonus points, because they relax too soon when they realise they had already won the conference = 63 (2nd overall, 1st conference)
Stormers beat the Cheetahs and Rebels but again only score 2 tries per game = 66 (1st overall, 1st conf)
Brumbies lose to the Tahs away but beat the Blues at home and gain two bonus points = 60 (3rd/1st)
Bulls lose to the Sharks by less than 7 (bonus point) and beat the Lions with 5 tries (another point) when they decide they have nothing to lose = 60 (5th/2nd)
Crusaders beats the Chiefs by less than 7 and the Force with 5 tries = 61 (4th/2nd)
Hurricanes beats Chiefs with less than 4 tries/7 points plus gain 4 for the bye = 58 (7th/3rd) Same match wins than Sharks, but worse points difference.
Reds beats Highlanders and Tahs at home with bonus points = 59 (6th/2nd)
Sharks beats Bulls/Cheetahs but only one of them with 5 tries = 58 (8th/3rd)
Highlanders lose away to the Reds and gets 4 for the bye = 49 (9th/4th)
Playoffs:
Brumbies (h) lose to Reds (a) - Because not even Jake White can get that bunch to go all the way
Bulls (a) upsets Crusaders at AAMI stadium when Morne Steyn finds his kicking boots hidden in Dan Carter's locker, promptly slotting 3 drop goals, 4 penalties and coverting Olivier's solo effort interception try vs converted tries by Fruean, Dagg and Franks plus two Carter penalties (28 - 27)
Semi's:
Stormers lose at their soon to be ex-stadium, to a Quade Cooper inspired team finally showing that you cannot win this competition by scoring 1 try a game
Bulls, now used to living in NZ, remind the Chiefs of the 2010 final on and off the field - booking a home final at the Fortress
Flying home to meet a quivering Reds team, the Bulls makes it 4 out of 6 infront of a sea of Blue, the pink a long gone memory.
Posted by Les Bleus Cocardier on 02 July 2012 15:35
24
Houtoog

Jy het duidelik n verskillende rugby filosofie as Heyneke Meyer.

2009 en 2010 is iets van die verlede. Dis nou 2012.

Posted by Shannow on 02 July 2012 15:34
23
Dis altyd interessant om te sien hoe mense reageer op die mees onlangse gebeure, terwyl hulle hulself as "kenners" blootstel met hul slimmighede.

Net omdat Brussouw 'n swak wedstryd beleef het is baljagters nou skielik uit!? Nie meer plek vir Stegmann in die Bulls se span nie?

Iemand wat sulke dinge sê of suggereer wys 'n kaal kol in sy rugbymondering. David Pocock, Richy McCaw, Sam Cane (die nuwe All Black sensasie wat nou reeds as beter as McCaw beskou word!), Sam Warburton, Heinrich Brussouw, Deon Stegmann en Derick Minnie is almal manne wat in byna elke wedstryd wat hulle speel 'n wesenlike invloed het. Fetchers kan steeds die gang van 'n wedstryd bepaal al word die reëls aanhoudend verander.

Gaan kyk weer Saterdag se twee wedstryde op SA bodem. Die Stormers kon maklik gewen het teen die Lions, maar danksy Minnie is hulle in so 'n mate in toom gehou by die afbreekpunte dat hulle eenvoudig nooit ritme kon kry nie!

Deon Stegmann was die onbesonge held van die Bulls se SuperRugby triomf van 2009 en 2010. Hy was in daardie seisoene sekerlik die waardevolste speler in die Bulls se span, Morne Steyn en Matfield ingesluit! Waarom sou hy nou eenkant gegooi word? Hy is die tipe speler met 'n werketiek wat al sy spanmaats in verwonderig laat!

Moet ook nie die invloed van Dewald Potgieter op Saterdag se wedstryd onderskat nie. Hy het die rol van baljagter briljant vervul en weer gewys hoe talentvol hy werklik is. As Dewald se arms 'n bietjie sterker was, kon hy 'n wêreldklas fetcher geword het.

Doen julself 'n guns en gaan kyk na die volgende video van Pocock op YouTube:

http://www.youtube.com/watch?v=JFffdWSINW0

Op Suid-Afrika se vinnige, harde velde, sal ek dit sterk oorweeg om Brussouw en Stegmann as flankmaats saam met Willen Alberts op agtsteman te kies in toetse teen die aussies en die all Blacks. (Alberts was briljant op agt vir die Lions toe hy destyds daar gespeel het.) Dan sal ek iemand soos Dewald Potgieter of Marcel Coetzee (werkesels in eie reg) op die bank kies om die vyand te pla as die baljagters hulle moeg gespeel het.
Posted by Houtoog on 02 July 2012 15:29
22
En kan iemand asseblief tog net ons stutte leer om korrek te bind in die skrum.

Hoeveel momentum verloor ons met ons ongeveer 4 skrum strafskoppe per wedstryd?

Hoeveel jaar gaan hulle nou nog nodig he om hierdie basiese skill te bemeester?

Dis soos n bus drywer wat nie kan bestuur nie. Of n loods vat nie kan vlieg nie.

Dis jou werk om te skrum, meneer. Maak dan so.
Posted by Shannow on 02 July 2012 15:22
21
Lyk my ek kyk n ander game as die res van julle.

Vir my was die eerste 60 minute van die Cheetahs game basies maar n replika van die Reds game.

Met ander woorde, teen swak opposisie laat ons die driee maklik lyk, maar sodra ons teen n sterk span te staan kom, dan lyk dit weer soos voorspelbare, one-off runners wat geen momentum kan opbou nie en ons eindig na 10 phases nogsteeds op dieselfde plek as wat ons oorspronklik geskrum het.

Ons domineer nie sterk spanne fisies nie, en die rede is dat ons nie n Willem Alberts of Marcell Coetzee in ons span het nie.

Ons slotte is in n ander liga as die Sharks s'n, maar wat die res van die pak betref het ek my bedenkinge.

Die Bulle is besig om te ontaard in die WP span van weleer. Naamlik fantastiese agterspelers, maar nie meer n pak voorspelers wat kan domineer nie.

Daar moet dringend na gekyk word, na my mening.

40 punte teen n swak Cheetahs span beteken niks as jy nie n Stormers B span op Loftus kan wen nie.

Daar wag n groot game vir ons Vrydag. Ek hoop ek sien die eerste keer hierdie jaar n Bul span wat fisies kan domineer soos in die dae van Danie Rossouw, Bakkies, Pedrie Wannenburg en Jacques Cronje.

Anders gaan dit n opdraande stryd vir ons wees.
Posted by Shannow on 02 July 2012 15:18
20
1. dit was baie lekker om Hougie so snappy en vinnig te sien skoon maak, dit het bulle ander dimensie gegee as die normale stadige bal, defnitief n great game deur Hougie!
2. ek hoop die res van die land het nou gesien hoekom HM nie vir Brussouw in springbok groep gehad het nie, hy was no-where en bulle het hom mooi uit die game gehou.
3. ons ervare manne het weer mooi hulle hande opgesteek en bars hou wedstryd gespeel, mooi so Pierre, Wynand en Morne, julle het gewys watse wereld klas spelers julle is!
Posted by pierre_spies FaN on 02 July 2012 15:06
19
Die Sharks het 2 swakplekke.Hulle lynstane en verdediging in die middeveld, Ons moet dit target.Verder moet ons hoop ons is gelyk in die skrums en dat ons vir Willem Alberts in toom kan hou (as hy speel). Hulle het lank laas gespeel so ons beste kans is om goed te begin en punte op te stapel.Ons takiese skpwerk mpet akkuraat wees en ons moet uitskop. Jy will nie dat Pietersen en Mvovo teen aanvalle begin nie.Go Bulls.Hierdie is n groot game speel om te wen!
Posted by Pieter Blou on 02 July 2012 14:25
18
Mense moet onthou dat Sadie nie sy debuut in die CC vir die WP gemaak het en toe super 15 toe is nie, hy het vir die Stormers alreeds gespeel in 2011 voordat hy CC toe is en het baie beindruk. Sy speelkans was net erg geskend met die dat J Fourie, de villiers en de Jongh eintlik die drie aangewese senters was.

sadie het baie goed vir die stormers vertoon en was bitterlik gevaarlik. dis kort na hul oorsese toer dat Heyneke opgemerk het dat sadie die sepsiale vemroe het om in die regte hoeke te hardloop wat hom so gevaarlik maak. heyneke het alreeds voor die CC begin het vir Sadie gekontrakteer.

die vraag is dus eerder waarom hy nie by die BULLS "shape" nie. Is dit selfvertroue? is dit 'n ander mindset as by die Stormers oor senterspel? Is dit kombinasies? waarom het jaco pretorius ook so lank gevat om regtig te blend by die Bulle?

ek is ook bang dat ons jong talentvolle spelers in stampkarre gaan omskep en dan die spelers balmeer dat hulle nie 'step-up' nie.

Die een goeie ding as wynand weggaan is dat die jonger sentrs geleentheid gaan kry. Venter sit net op die bench game na game en word nie geskool nie. Hy moet sekerlik meer tyd gehad het saterdag met die telling op 40-0, net soos louis Fouche???
Posted by bloukaap on 02 July 2012 14:19
17
Sadie het 'n ongelukkige jaar gehad, hoop hy kom sterker deur volgende jaar.

Noudat ons praat oor die subs, is dit 'n ding wat my besorgd maak: die subs kom op en speel asof hul doel is net om getalle vol te maak en te kyk hoe vinnig die tyd omgaan. Lyk nie toegewy en passievol om die geleentheid aan te gryp nie.

Nee kêrels, julle moet speel om 'n verskil te maak, om die manne in die begin 15 uit hul plekke te stoot ! Dink die reserwes het 'n goeie kopwas nodig, dat hul sal besef jy word nie 'n kampioen of wen die super 15 met 15 goeie spelers nie, jy kort 22 toegewyde passievolle spelers wat 85 minute lank kan en wil speel.

Niks teen CJ nie, hy is 'n yster maar ek sal graag vir Arno op die bank wil sien, hom meer speelkans gee.

Die Potgieter kombinasie kan werk, veral Dewald was goed. Sal graag wil sien dat JP net sy stormlopies afwissel met 'n swenk of twee (eenmaal gedoen en toe druk ons amper as Dewald nie geknock het nie), nie so vinnig grond toe gaan nie (dit is asof hy die verdediger deur die grond probeer dril tot in Japan), en dan 'n paar offloads (die oomblik as hy kontak maak moet hy draai en uitgee vir Spies of Juandre op volspoed = drie onder die pale!).

Julle manne wat nou vir Stegmonster wil afskryf, pasop ! Las gaan julle uithaal, in 'n tyd wat fetchers nie meer gewild is nie, is daar nog altyd DIE Stegfetcher, DIE Fetchermann !
Posted by bendiebul on 02 July 2012 14:12
16
Wat Johann Sadie aanbetref, ek is nogal in aanstaner van die woord lojaliteit. Tans lyk hy nie asof hy die mas opkom nie, maar gee hom so bietjie kans. Ek vertrou die Bulle bestuur sal hom reg hanteer en help om oor sy pyne (letterlik en figuurlik) te kom. En as dit nie gebeur nie, Jan Serfontein, Francois Venter en William Small-Smith en sekerlik nog 'n paar ander klop sterk aan die deur. Dis net jammer met Wynand wat nou deur se kant toe staan dat ons nie 'n ander senter kon gehad het wat al bietjie senoriteit kon bou in die span nie - sekerlik een van die redes om vir Sadie te gekry het met al die ander jong manne op pad....
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 02 July 2012 14:08
15
Arme Sadie, ek het hom gerate vandat hy nog u/21 was by die WP.
Brussouw was nerens in Saterdag se game nie as flank nie. Sy lopie teen die kantlyn af op vleuel is wat menige vleuel net van kan droom.
CJ - nog nooit baie van hom gehou nie. Ook een van daai ouens wat oor mense probeer hardloop eerder as om hom te klop. Arno Botha - nou daar is 'n rugbyspeler!

Die flank kombinasie wat ons nou het is myn insiens die beste wat die Bulle het op die oomblik. Stegman gaan sukkel om 'n impak te maak.(moenie vir las dit se noudat stegman reg is nie)
Posted by Bomskok on 02 July 2012 14:04
14
Nee wat, ek het CJ ook hoog anngeslaan, maar sy hart is nie meer daar nie. As jy kyk na sy tweets die naweek het alles gefokus op sy verlowing met Ryk Neethling se sussie Jean-Marie. Dis regtig nie 'n probleem dat dit so is nie, maar duidelik het die man al begin aanskuif in sy gedagtes - kan hom sekerlik nie blameer nie.
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 02 July 2012 14:01
13
Shannow R2 miljoen is te veel vir albei van hulle. Ek sal eerder die R2miljoen gebruik om Serfontein en Arno Botha te behou. Albei het meer talent en CJ wil in elk geval nie bly nie.

Ek voel tog dat Sadie ongelukkig was hierdie seisoen.Hy het onder n groot media en ondersteuner hype hier opgedaag op grond van vertonings tydends n afgewaterde Currie beker laas jaar .Steelling soos "Ek is klaar mentally sterker by die Bulls as wat ek by die Stormers was" voor jy n suksesvolle game gespeel het is arrogant. Hy is in sy eerste game beseer en is daarna in en uit die span uit. Curriebeker en Superugby is nie dieselfde nie. Nog n seisoen Curriebeker op buitesenter sal hom goed doen, JJ Engelbrecht speel goed tans maar hy is n beter vleuel. Daai pass wat hy vir Zane teen die kop geggooi het is n tipiese vleuel pass na buite. Sadie het laas jaar die buite gap gereeld gevat en sy vesrpreiding was baie goed. Ek hoop ons sien dit weer.
Posted by Pieter Blou on 02 July 2012 13:59
12
Blou sakkie

Ag, dalk is ek nou te krities teenoor hom. Dis maar net die teleurstelling wat praat, aangesien ek hom baie hoog aangeslaan het.

Maar nou ja, so loop dit maar.
Posted by Shannow on 02 July 2012 13:53
11
Miskien is dit dat hy te lanklaas op 8 gespeel het, en dit anders is om te verdedig in daardie kanaal.
Posted by blou.sakkie on 02 July 2012 13:52
10
Ek dink CJ is eintlik n agsteman, as ek dit nie mis het nie.

Posted by Shannow on 02 July 2012 13:49
9
Ek is nie 'n boffen nie, maar sou dit nie beter gewees het om vir Dewald na 8ste man toe te skuif toe CJ opgekom het nie? CJ is tog 'n baie goeie flank?
Posted by blou.sakkie on 02 July 2012 13:48
8
CJ het swak gespeel.

Die vibe is vir my net heeltemal anders vandat ons weet hy is oppad oorsee.

Ek sou eerder vir Arno gespeel het.
Posted by Shannow on 02 July 2012 13:45
7
Ek kon ongelukkig nie die wedstryd kyk nie, so my vraag is hoe het CJ gelyk op agsteman nadat hy vir Pierre vervang het? As hulle van die begin af die plan gehad het om Pierre af te haal, moes hulle nie maar vir Arno 'n kans gegee het nie?
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 02 July 2012 13:45
6
Brussouw was nie n faktor Saterdag nie. Totaal geneutraliseer.

Die drie aan die einde het niks te doen met sy waarde in sy primere rol as "fetcher" nie. En in daardie rol het ons hom uit die game uit gehaal.

Fetchers se dae is skynbaar getel.

Wat my laat wonder hoe Deon Stegmann nog in die prentjie pas.
Posted by Shannow on 02 July 2012 13:41
5
Ek het vanoggend op Supersport se website een blogger se kommentaar gelees. Hy beweer dat Jacques Potgieter eerder vervang moes wees met Heinrich Brussouw in die bokspan want "Heinrich speel met hart" en het die naweek bewys hoekom hy die no6 boktrui moet dra. Dis nou mos snert. Hy was Saterdag "anonimus" gewees, en as die ref die vorentoe aangee opgetel het waar hy gescore het, sou sy naam glad nie eers genoem gewees het nie. Lyk my Jake White se teorie dat 'n fetcher net goed genoeg is om sy bier uit die yskas te gaan haal is waar. Dewald en Jacques het altwee vir Heinrich in toom gehou. Hy het nie een keer die bal omgekeer nie.
Posted by blou.sakkie on 02 July 2012 13:40
4
@ 1 - Stander any day - not a difficult one to answer :)))
Posted by BullsRbest on 02 July 2012 13:40
3
Kyk, hindsight is an exact science.

Maar ek dink dit is akkuraat om te se die groot bedrag wat aan Sadie bestee is het nog nie vrugte afgewerp nie.

Ek wonder tog of hy nie effens te klein is vir top klas rugby nie - veral as jy kyk na Heyneke se voorkeure met De Villiers en Frans Steyn - albei 100kg plus manne, Ma'a Nonu, Sonny Bill Williams en so aan.

Die ironie is dat dit juis Heyneke is wat Sadi aangekoop het. Een van sy min oordeelsfoute, dalk?
Posted by Shannow on 02 July 2012 13:39
2
Dit is mos een vraag wat net BB23 kan antwoord. CJ is een van die spelers wat die belowendste is vir die toekoms en hy word nie gehou nie. Sadie is die gelukkigste persoon wat ek ken. Hy het 'n kontrak gekry by 'n unie wat bereid is om hom 'n stewige bedrag te betaal sodat hy Superrugby kan kyk. Ek kry hom tog jammer, want niemand kry tog met opset 'n besering wat jou lank gaan uithou nie.
Posted by blou.sakkie on 02 July 2012 13:33
1
Vasvra:

Jy het R2m wat rondle. Koop jy vir Sadie of CJ Stander?

Mhmm.

Phone a friend?
Posted by Shannow on 02 July 2012 13:24
VIDEO
Highlights of the Super Rugby match between the Vodacom Bulls and Toyota Cheetahs from Loftus Versfeld, Pretoria.

Pick your Super Rugby fantasy league

Play the Super Rugby prediction game

Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
4 Julie. Ewoud Malan
4 Julie. Robbie Rein
4 Julie. Verwoerd Roodt
5 Julie. Mike Marais
5 Julie. Ross van Reenen
5 Julie. Hannes Venter
5 Julie. Dennis Victor (Oorlede)
5 Julie. Johan Visagie
6 Julie. Pierre de Vries
7 Julie. Louis Koen
8 Julie. Gys Pitzer
8 Julie. Jannie van Aswegen (Oorlede)
8 Julie. Butch van Wyk
9 Julie. Matthys Bekker
9 Julie. Fav van Rooyen
JOIN US ON FACEBOOK