Vodacom Blue Bulls get front row boost
01 October 2012

The Vodacom Blue Bulls will be able to call on the services of Springboks Dean Greyling, Chiliboy Ralepelle and Bjorn Basson for Friday night’s Absa Currie Cup match against the DHL Western Province in Pretoria.

Ralepelle has fully recovered from a knee strain he picked up while on Springbok duty, Greyling’s suspension has lapsed and Basson is fully fit after recovering from an earlier operation.

According to Vodacom Blue Bulls team doctor, Org Strauss, no injuries were reported after the clash against The Sharks last weekend. Louis Fouchè will not train on Monday though, due to a shoulder strain, but will be fit to train again on Tuesday.

Deon Stegmann, Pierre Spies and Fudge Mabeta remain the long term casualties and will not play again during the Absa Currie Cup campaign.

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
83
Gee hulle Horings!! Wp gaa wee pee!!
Posted by BLOU_RIL on 04 October 2012 10:51
82
Ek dink ook die BBRU het genoeg talent en nie regtig nodig om nog te koop nie, maar op slot kan ons maar die sak skud vir n goeie ene, want Juandre Kruger en Flip v d Merwe sal voortaan meestal in die Bokspan wees en JC janse van Rensburg en Jacobie Adriaanse kan ook n goeie koop wees, miskien kort ons Bokspan hulle want wraggies Beast en Jannie Du Plessis kon nog nooit skrum nie??? Jannie eerder as spandokter lol
Posted by BillyO on 02 October 2012 13:49
81
Ek persoonlik dink nie die BBRU moet enigesens nog spelers koop nie, ons het reeds genoeg talent - RWC 0/20 speler van d toernooi kry nie eers span nie. Ons moet eerder bele in goeie mense om die leemtes te vul wat Heyneke se vetrek gelaat het.
Posted by Bullebakkies on 02 October 2012 12:48
80
@ Muzi - I think we should grab Taute before anyone else does - we certainly could do with him. Whaddya think ? GO BULLS !!!
Posted by BullsRbest on 02 October 2012 12:45
79
Wi net noem ek het so vier weke met Derick Hougaard gepraat in Worcester en hy se hy is beseer tot volgende jaar. Op n vraag toe waar hy dan gaan rugby speel was sy antwoord in die Noorde so ek hoop regtig daar word n plan gemaak. Ons sal drasties n ordentlike vaste 5 moet kry wat dominieer anders kan ons volgende jaar se super 15 ook nou al vergeet. My flip man koop vir Pat Cillers asook Taute endan wil ek n klip in die bos gooi, koop as sommer vir Graig Berdon van die sharks ook want hy is n yster. Afrigters kan ons as ondersteuners seker niks doen nie maar ek dink net ons moet die druk blu opsit. Iemand sal moeg raak daarvoor glo my.
Kyk maar mooi daar gaan vrydagaand meer WP supporters Loftus toe gaan as Bulle. Dan wonder n mens hoekom. Sterkte Bulle maar ek sien swaarigheid. Maak reg vir promosie relegasie
Posted by Summies Bul on 02 October 2012 12:34
78
Die enigste manier wat ons van Pine Pienaar gaan ontslae raak is die Bulle relegasie speel EN verloor, dan gaan BBRU bestuur seker wakker skrik (wanner dit te laat is) en vir Pine Pienaar in die pad steek en terugstuur vanwaar hy kom!!!!!!
Posted by KemptonBlouBul on 02 October 2012 12:29
77
@75. Jong, dis al klaar moeilik om op TV te kyk! Kom ons kyk hoe lyk die span! Soos ek se, miskien was dit net voorsorg gewees om Arno op te roep. As hy nie in die 22 is nie sien ek geen rede hoekom HM hom dar moet hou nie. As hy dit doen en hy is nie in die 22 tal nie is daar regtig iets GROOT fout met HM se verstand!
Posted by DIE BLOU BAAS on 02 October 2012 12:17
76
Wat moet nog gebeur voor die afrigters sien dat hul planne (of gebrek aan planne)nie werk nie. 0ns het verandering nodig. Hulle speel n LF wat n laat fiksheid moet slaag voor LC wat gekoop is en nog nooit gespeel het. LF het nog niks besonders gedoen al was hy ook nooit sleg. Ek kan nie glo ons is heel onder aan punte een ons gaan seker daar bly. Enige iets kan gebeur met die uitspeel teen kings, hulle het n goeie pak voorspelers. Ek wil hoor wat die verskoning gaan wees as ons volgende jaar nie eers cc kan speel nie. Almal op die blok verskil van mekaar maar almal kan sien dat daar groot fout is, hoe kan pp en fl dit nie sien of iets daaraan doen. Jano het n groot verskil gemaak is dit nie tyd om n kans te vat met LC( Ek glo nie HP gaan dit maak by die bulle nie) Dit kan nie slegter gaan nie. Wat het ons om te verloor, daar is nie meer veel trots oor in die blou?????
Posted by BB1 on 02 October 2012 12:15
75
Goeie dag Blou Bul bloggers,
Dink julle dis die moeite werd om kaartjies te koop om ons geliefde span te kom ondersteun of gaan dit geldmors wees want duidelik het Pine Pienaar nog nie die lig gesien nie. Het so gewens ons word geboost met die nuus dat Pine Pienaar se groot trek terug Vrystaat toe begin het!!
Posted by KemptonBlouBul on 02 October 2012 12:08
74
Ek is bly om te sien hier is uiteindelik `n paar ander bloggers wat nou saam met my stem oor die man, wat volgens baie, op water loop. Net hy sal weet hoekom hy Arno Botha en Lionel Mapoe by die bokke wil hè. (Ek twyfel egter of hy werklik weet). Soos alreeds hier genoem is dit die laaste toets en die uitslag is bloot van akademiese belang, en natuurlik trots vir veral Heyneke Meyer.
Die Blou Bulle aan die ander kant is in die laaste loopgraaf en moet wen om `n relegasie wedstryd te vermy. Maar nouja, #%! die Blou Bulle, dit is mos in landsbelang dat ons 30 spelers in Soweto moet hè.
Stem saam met Paarlbul dat ons vir Jean Cook in Arno se plek moet speel.
Bomskok, met respek gesê, jy praat twak.

NOU DIE BLOU!!!
Posted by Rifrug on 02 October 2012 11:27
73
Sien Tecklenberg het vir die Leeus geteken. Het nie regtig by ons ingepas nie, maar hy gaan seker ook nou soos Brummer, Schoeman, Helberg en Andries Coetsee begin goeie rugby speel. Die ouens se selfvertroue groei so as hulle die Bulle verlaat.

Wat gaan aan by ons geliefde unie?
Posted by Blou seisoen on 02 October 2012 11:18
72
more almal waneer word di blou bul span aangekondig?
Posted by kzn bul on 02 October 2012 10:48
71
ek is bly vir Arno, hy is 'n great speler en hoe minder hy aan pine se swak coaching blootgestel word hoe beter.

Bulle gaan hulle laaste 2 games verloor so spaar die okes vir die relegasie game.
Hierdie skop en bid taktiek werk net nie en dis lyk my al hoe ons kan speel. As dit nie gereen het vrydagaand nie sou die sharks ons afgeslag het want hulle wou rugby speel, ons wou dryfings speel
Posted by Bomskok on 02 October 2012 10:43
70
En hy doen dit aan die unie wat hom gemaak het wat hy is.....nee wat...alle respek vir HM verloor!! Wat is die punt om Arno op te roep?? Marcel is dan daar en ja, ek stem, Keegan kon mos op geroep word?
Posted by DIE BLOU BAAS on 02 October 2012 10:08
69
HM Ons dag hy is BBR se redder. Nou is hy BBR se shredder......Dei Bokke gaan anyway 'n pakslae of note kry Saterdag. Jammer om bubbles te bars maar die Aus het eers regtig gevou met hulle beserings en 14 man die laaste 9 minute. Glo my ek is nie dislojaal of anti-bok nie net realisties.
Posted by bloubefoeterd on 02 October 2012 09:57
68
Elstadt is reg vir Vrydag en HM neem ons beste loosie.HM wil jy nie sommer vir Jano,Dean,Chilli ook nooi om vir jou duik sakke te dra nie?Dankie HM vir jou tyd by die Bulle,maar jy het die jaar gekrap,waar jy nie moes nie.Jy was die master"brein" agter die Sadie en Odongo kopies?Het basies die hele bestuur span gevat.Soos BB23 nou die gese het.Toe Die bestuur wou vasskop toe word hulle beskuldig hulle tree nie in land belang op nie.

En as ek n Shark ondersteuner was.Keegan Daniel 6/7/8.Magtig hy sal seker ook stut speel.Wat moet hy doen om erkenning te kry?

Maar nou ja genoeg gemoan.Go Aussies in vandag se krieket!(Kan nie glo ek het dit gese nie)
Posted by Lekkerblou on 02 October 2012 09:41
67
Hoop die Bulle het gesien wat kan gebeur as jy vir Morne uit jou span haal, ek is seker dat as ons Fouche uit ons span haal, ons net beter kan wees.
Posted by Noemsaan on 02 October 2012 09:34
66
Schoeman gaan heel waarskynlik kontrak by Cheetahs vir Super 15 kry.

Bulle het big time opgeslip met hierdie ou. Big time.
Posted by bloukaap2 on 02 October 2012 09:10
65
Ek is ook ongelukkig oor Arno! Marcell Coetzee is reeds die losvoorspeler op die bank, waarvoor nou vir Arno oproep? HM kan hom eerder saamneem einde van die jaar as Bokke in UK gaan toer en hom so blootstelling gee aan die bok kultuur ens. HM skroef ons alweer lekker.

Ek is bly vir Arno, hy gaan nog lank vir die Bokke speel, maar soos ander bloggers se, Keegan was al deel van die groep vanjaar.
Posted by Bullebakkies on 02 October 2012 09:09
64
@27 stem 100% saam.HM is n "controll freak". Hoekom is sy hulp afrigters almal van die bulle,want hy ken hulle en hulle sal HM nie openeer nie. Sekerlik is daar baie meer ervare afrigter wat hy kon gekies, Ek het al lankal my respek vir hom verloor
@54 stem saam wat moet Keegan Daniels nog doen om gekies te word
Pateties
Posted by rooiblou on 02 October 2012 08:28
63
Morning Muzi, concerning the flyhalves I was trying to paint the reality and alternative to the current Fouche/Steyn situation. Those are the flyhalves on our books. Pollard is for sure the future, hopefully he will be seen as good enough/ old enough. Joshua Stander - don't know him?
I have not seen any U/19 Bulls rugby sofar to judge the current form of Tredoux, but I can remember he was quite a boffin in school/cravenweek.
Yip, that does not make any flippen sense letting Schoeman go for Tecklenberg!!! Hy sit 'n klomp van die "beter" fetchers ore aan! Even behind a Griqua tight five that is not quite the best!!
It is bad that Arno must go and carry sandbags for just this weekend. My selection would be Jean Cook in his place, he is a tall, hard footballer! Even with Arno their my loosetrio will be 8. Botha 7. Cook 6. D Potgieter.
Posted by Paarlbul on 02 October 2012 07:19
62
Miskien is dit meer 'n voorsorg? Ek sien ook nie die punt om iemand te call up en hy dra dan net duiksakke aan nie? Miskien kan BB Bestuur on meer inligting gee? Gaan HM hom release as daar nie ernstige beserings is nie?
Posted by DIE BLOU BAAS on 02 October 2012 07:19
61
Sjoe, wys net die kaliber spoeler wat Arno is.

Wonder egter wat sy (HM) motief en bedoeling kan wees met die oproep van Arno. Die seun gaan beslis nie speel nie. Los hom eerder by sy provinsie waar hy blootstelling kry.

Ek's teleurgestel.
Posted by Honibal on 02 October 2012 07:08
60
Arno is nou ge call up en gaan seker nie eers die 22 tal maak nie? vir wat doen hy dit???
Posted by DIE BLOU BAAS on 02 October 2012 07:02
59
O ja, skuus, ek sien so. Ag nee regtig, ek het nou finaal al my respek vir HM verloor!! Hy is een van die redes hoekom die Bulle is die choas is!! HM, jy is selfsugtig!
Posted by DIE BLOU BAAS on 02 October 2012 07:01
58
"Voorts sal die flank Jacques Potgieter ook nie vir die All Black-toets oorweeg word nie, aangesien hy in ’n wedstryd vir die Blou Bulle verlede naweek ’n maagspier beseer het.

Roberts en die jong stut Coenie Oosthuizen vlieg vandag na Durban om ’n tweede mening oor die herstel van Oosthuizen se nek in te win.

Oosthuizen is kort voor die Wallaby-toets aan die 22-tal onttrek en sal hoop die besoek aan die neurochirurg verdoem hom nie tot nog ’n lang tydperk langs die kantlyn nie.

Die Bok-kamp het gisteraand aangekondig dat die jong flank van die Blou Bulle Arno Botha en die veelsydige agterspeler van die Leeus Lionel Mapoe by die Bok-groep betrek is.

- Terwyl die Springbok afrigter, Heyneke Meyer, die situasie met die beseerdes fyn sal dophou, moet hy ook vandeesweek die All Blacks se ondergang beplan.

Danksy die goeie oorwinning oor die Wallabies sou die Springbokke moed geskep het oor hul "
Posted by IRC on 02 October 2012 06:52
57
Dit staan in Beeld, dis sommer swak styl van HM om nou vir Arno op te roep, nou dat JP beseer is en hy niemand anders wil vrystel nie roep hy nog vir Arno ook op!
Posted by IRC on 02 October 2012 06:51
56
Dag almal. Waar staan dit dat HM vir Arno op geroep het? Ek sien niks daarvan.
Posted by DIE BLOU BAAS on 02 October 2012 06:48
55
Arno botha was die groot rede hoekom die bulle weer kon opstaan op aanval en verdediging en ons lostrio kon begin meeding en dewald kon 6 toe skuif. jac potgieter is beseer. Ons gaan dus weereens met ons verloor lostrio moet speel.

heyneke is absoluut belaglik in kompetisie waar die bokke reeds nie die kompetisie kan wen nie en die bulle nog die halfeind of relegasie moet speel. ek kan nie glo die bulle laat dit toe nie. die twee bokke terug is dit net dean wat noemenswaardige verskil sal maak. Om als te kroon kies die wp vir rynhard elstadt vir hierdie.


Posted by bloukaap2 on 02 October 2012 06:43
54
Hartlike dank aan Heyneke en sy paloeka keurders. Met Arno uit, het die Bulle se kans aansienlik gedaal. Stel nou vir Jacques Potgieter vry dat die Bulle hom kan reg toor voor Vrydag.

Wat op aarde moet Keegan Daniel nog bewys? Hy kan 6/7/8 speel en is skitterend op vorm. Wat op aarde gaan Arno nou daar maak? Duiksakke regop hou? Meyer kan gerus end kry om die Bulle te spyker. Die keurders en SARU probeer ook hard om die Leeus af te trek om hulself die verleentheid van die jaar te spaar. Waarom is al die Leeus nou skielik goed genoeg. Terloops, bring Butch James terug vir die All Blacks want Goosen gaan net seer kry. James het die temperment vir daai wedstryd.

Ek weet nie of ek Greyling sou speel bo Mellet nie, maar Dean sal seker speel. Chlliboy sal begin want Wepener sal dalk 70 min moet speel en as Chiliboy vir Wepener vervang en Chili kry seer, sit ons dieper in Kokstraat. Ek sal vir Basson speel en hoop hy is fisies en psigies gereed. Ek sou ook Fouche ruil vir Cronje - kan nie veel slegter gaan nie. Let wel, Fouche het goed gedoen Vrydag terwyl dit gesous het. In die tweede helfte moes hulle Cronje gespeel het ipv om alles weg te skop.Laastens wens ek Serfontein kry 'n regverdige kans saam met Venter. Was Engelbrecht Vrydag op die veld?
Posted by James Bond on 02 October 2012 00:40
53
#26 jou span doen dit vir my!
Posted by Bull perd on 01 October 2012 20:11
52
#26 jou span doen dit vir my!
Posted by Bull perd on 01 October 2012 20:10
51
#26 jou span doen dit vir my!
Posted by Bull perd on 01 October 2012 20:10
50
Ag ek kan nie glo hy trek vir Arno nader nie. Nee hel dis mos nou sommer heeltemal simpel en selfsugtig. Wat moet ons nou maak met 'n Chilliboy wat nie 30 minute kan speel nie?
Posted by bloukaap2 on 01 October 2012 20:01
49
Botha is n groot terug slag vir ons, maar wens hom alle geluk toe maar glo nie hy sal eers op die bank sit nie.
Posted by Nitronic on 01 October 2012 19:47
48
Arno Botha gaan bokke toe, J Potgieter is beseer. Zane is ook beseer.
Posted by Bl@de Runner on 01 October 2012 19:25
47
Vir die wat nie weet nie, ons vriend HM het nou ook vir Arno Botha by die Bokke betrek na 'n besering aan Potgieter! Daar is glo vroeer vanjaar met die Unies ooreengekom om geen van die 30 vry te stel vir die naweek nie! Dankie HM, dis 'n moerse terugslag vir ons Do or Die game Vr aand!
Posted by Blou Vlam on 01 October 2012 19:24
46
Die Bulle se diepte op losvoorspeler is nie so asemrowend soos mense dink nie. Deon Stegman was die laaste drie seisoene baie beseer en vanjaar was dit Dewald. Volgende jaar verloor ons vir CJ. Jong manne soos Adendorff en Liebenberg moet seker nog deurkom, maar hulle sal nie reg wees vir Super 15 nie.
Posted by bloukaap2 on 01 October 2012 19:24
45
ek dink ons speel nog di kick and chase game want ons het nie n flyhalf wat kan dink ni. ek dink dit sal eers verander as cronje kans kry maar ek twyfel of hy sal speel. pollard gaan net een seisoen by ons hou dan gaan hy ook weg want pp speel ni di beste ouens in hul posisie ni. dit gaan n hele nuwe afrigting span kos om ons te red die ouens speel al 2 jaar onder pp en jy kan sien hul het ni meer lus vir di res van di cc nie hulle wil ook seker net he di seisoen moet nou klaar kry
Posted by kzn bul on 01 October 2012 19:20
44
It's not rocket science the Bulls have some of the best junior centres in SA.
Players like Jan Serfontein,William Small Smith,Dries Swanepoel,Francois Venter,Rohan janse van Rensburg,Daniel Kriel and Burger Odendaal have immense potential.
If we keep on playing the kick and chase game with flyhalves like Louis Fouche who can't read the situation then sadly these young centres will never reach their full potential.
Like i said adapt or die stop kicking valuable possesion away and run the ball!!!
Posted by Muzi on 01 October 2012 17:13
43
Ons gaan nerens heen behalwe agter toe terwyl fl,pp,bb23 daar is. Aanvaar dit en raak gewoond aan verloor.
Posted by BB1 on 01 October 2012 17:13
42
@The Bulls decided to release Marnus Schoeman because the coaches thought tecklenberg is a better player?!?!?!
Marnus Schoeman outplayed Heinrich Brussow on saturday i still can't believe it that the Bulls let go a rising star at openside flank what a travesty honestly it makes me MAD!!!!!!
Posted by Muzi on 01 October 2012 17:05
41
@Paarlbul
Louis Fouche,Tony Jantjies,Willie du Plessis and Francois Tredoux have potential but i have my doubts about them being long term solutions at 10.
IMHO Paarl Gym's Handre Pollard will soon wear the blue jersey he can be our answer at 10 because he has the all round game and BMT !
Watch out for a young lad by the name of Joshua Stander he can jol.
Posted by Muzi on 01 October 2012 17:01
40
@Blou Vlam
Hey tjom agree with you concerning Morne Mellet i thought he has been very good but we all know Dean will play loose head on friday you know how Pine is with team selection.
William Small Smith has a bright future IMHO he's an outstanding leader probaby the best junior 13 in the Bulls set up.
I'm just as confused as some of the Bulls bloggers Jan Serfontein is die sould vannie span that kid should be playing for Pine's side.
I went for Akona because of experience he knows how to play the kick and chase game.JJ is a better player IMHO at wing but Pine will go for the safe option.
Posted by Muzi on 01 October 2012 16:56
39
LEES SPIES SPEEL GOLF WONDER HOE IS SY SWING MET DI AF VINNGER
Posted by kzn bul on 01 October 2012 16:48
38
VOLGENDE SAL ONS SEKER LEES SERFONTEIN TEKEN VIR SHARKS
Posted by kzn bul on 01 October 2012 15:45
37
Hoekom doen die Bulle nie iets omtrent Jaco Taute nie?
Posted by DIE BLOU BAAS on 01 October 2012 15:25
36
Hoekom doen die Bulle nie iets omtrent Jaco Taute nie?
Posted by DIE BLOU BAAS on 01 October 2012 15:25
35
Tecklenburg signs for Lions

--------------------------------------------------------------------------------

by Brenden Nel 01 October 2012, 15:23


Vodacom Blue Bulls flanker Warwick Tecklenburg has temporarily stopped the exodus at the Golden Lions by becoming the first player this season to sign for the Johannesburg union since they lost their Super Rugby status.

Tecklenburg, who was first spotted for Tuks at Varsity Cup level and graduated into the Vodacom Blue Bulls Currie Cup and Vodacom Cup squads, has signed a two year contract with the Lions, his agent James Adams announced.

With the Lions preparing to organise games against top overseas teams to prepare them for their inevitable promotion-relegation game next year, Tecklenburg was unlikely to get a contract again at the Bulls with their abundance of loose forward talent at the province.

He has had limited time during this year's Currie Cup, getting just two starts in the season where the Bulls have struggled.

Previously the Lions have had to come to terms with losing players such as Jacobie Adriaanse (Scarlets), Josh Strauss (Glasgow), Caylib Oosthuizen (Free State), Paul Willemse (Bulls) and Ruan Botha (WP).

They are also likely to let their three current Springboks play Vodacom Super Rugby elsewhere next year, with Pat Cilliers, Jaco Taute and Elton Jantjies all negotiating with other provinces at the moment.

The Sharks and Western Province are favourites to snap up the trio of players at the moment.
Posted by DIE BLOU BAAS on 01 October 2012 15:24
34
Al 3 die manne wat nou weer reg is het goeie games gehad in die Super 15. Swak disipline van Dean verwys ons seker hier na die Springbok game?? Alle stutte sukkel met die binding en die skeidsregters se blaas van hierdie reels. Nee wat, ek sal sy dummy teen Israel Dagg NOOIT kan vergeet nie. Baie bly die 3 is terug, veral Basson kan 'n groot verskil maak met sy spoed. Nogtans sal ek Chilly op die bench sit aangesien hy lanklaas gespeel het en Willie speel goeie, harde rugby.
Oor CJ Stander wil ek nie eers praat nie, ai ouens, hoe kan julle hom laat gaan?????
Ek sal maar 'n BUL bly, ek kan nie vir 'n ander provinsie skree nie, behalwe as hulle vir die Springbokke speel dan is hulle almal groen. Ek bly by die Blou 4EVER!!!!!!!!!!!
Posted by bulkalfi on 01 October 2012 15:15
33
Ek het 'n vermoede en miskien is dit die rede hoekom Cronje nie speel kans kry nie - is dat hy is eintlik 'n heelagter, wat kan senter en losskakel speel ,maar homself nog nie daar bewys het nie. Sy skopwerk pale toe is ook seker nie 100% nie.
Jurgen Visser is weer eintlik 'n losskakel wat nou 15 speel en hy is 'n baie goeie aanvallende 10, miskien weer te aanvallend vir Pine en ook nie 100% met skopwerk pale toe nie.
Nou ja, 3 ander losskakels het die pad gevat toe hulle besef Louis Fouche is die kroonprins - Brummer, Boshoff en Dunlop. Wie weet wat sou een van hierdie kon offer met kans en goeie afrigting?
Die volgende wat ek van bewus is, is du Plessis, Jantjies - of hulle Curriebeker standaard is - glo nie?
Die meer talentvolle Tredoux is nog O/19 en heelwaarskynlik te jonk, maar is Serfontein nie ook O/91 nie?

CJ Stander is 'n goeie speler, maar ek sê al lankal hy is te regop met bal in hand. Vrydag was hy ook op verdediging te regop met 1ste drie van Sharks en is maklik afgestamp. Kan net nie verstaan hoekom sort afrigters dit nie uit nie?

Iemand skryf hier dat Chadwick een van die swakker nr 1 is, maar dit is hy wat Roussouw de Klerk laasjaar se naam gat gemaak het. Werner en hy kon niks met mekaar maak nie. Toe Frik egter opkom, was dit opvallend hoe Chadwik in trurat gaan! Maak Werner die reserwe, want hy sak beide kante!
Posted by Paarlbul on 01 October 2012 15:03
32
15) visser
14) JJ Engelbrecht
13) serfontein/beyers(laaste 20min?)
12) venter
11) basson
10) cronje/Morne (as die nood druk deur die game)
9) vermaak
8)a botha
7) stander
6) potgieter k(JP as impak)
5) steenkamp
4) mostert/Juandre
3) kirsten
2) wepner/Chilli(na 20min)
1) mellet

Posted by DIE BLOU BAAS on 01 October 2012 14:32
31
# 27. Ja ons almal was so bly toe HM terugkom. Ons het mos geglo hy is BB rugby se redder. Toe ons weer sien is hy BB rugby se shredder.....
Posted by bloubefoeterd on 01 October 2012 14:20
30
Ek sou graag vir Chillie Dean en Bjorn in aksie wou sien Vrydagaand. Hoop net Juandre word vrygestel saam met JP. Visser verdien sy plek op 15 en dan met JJ en FV en Cronje op 10 en JV op 9 agter daardie pak kan die BULLE wen. Gelukkig sal ons na die drag slae op Nuweland nie die opposisie onderskat nie.

Lionel kort m.i. game time BIG TIME want mens kan sien hy is so verveeld oppi bench hy weet nie meer watter kant toe nie. PINE gee die man 'n kans!! Hy kan onmoontlik stadiger wees as LF. Louis is so bedrieglik stadig die verdediging tackle voor hom in die grond vas.
Posted by bloubefoeterd on 01 October 2012 14:18
29
My Span:
15) visser
14) JJ Engelbrecht
13) serfontein
12) venter
11) basson
10) cronje
9) vermaak
8)a botha
7) stander
6) potgieter k
5) steenkamp
4) mostert
3) kirsten
2) wepner
1) mellet
Posted by DIE BLOU BAAS on 01 October 2012 14:03
28
@27, ek verstaan HM wou ook vir CJ Stander laat haker speel. Wonder watter invloed het dit op sy finale besluit gehad het.
Posted by Poepindieketel on 01 October 2012 13:44
27
Ek het baie respek vir Heynecke en vir wat hy by die Bulle gevestig het (weet nie vir hoe lank dit nog staande bly nie?), maar hy het 'n paar groot foute gemaak wat ek nie kon verstaan:

1. Derick Kuhn haker gemaak en sodoende is Kuhn se potensiaal as flank daarmee heen

2. Geepad England toe - weet nie wat regtig die rede was nie, maar dit was 'n fout om 2 redes
- Hy trek Derrick Hougaard saam met hom - verlore vir Bulls is een van die mees talentvolle spelers
- Dit veroorsaak dat die Bulle vir FL aanstel as hoof afrigter - dit kan ek gladnie verstaan?

3. HM kom terug en trek vir Pine nader, wat ek glo hy wou train en wysmaak. Om al die hordes talent wat die Bulle so aankoop reg te hanteer. Nou is HM weer weg en Pine is in die woestyn. Hy is nie ervare genoeg om self die mas op te kom in 'n Bul kultuur nie en FL is nie instaat om hom te help nie!!

Posted by Paarlbul on 01 October 2012 13:36
26
hi bul bloggers hier is my span vir vrydag sal graag wil hoor wat se jul
15) blommetjies (as hy beskikbaar is)
14) JJ Engelbrecht
13) SMALL-SMITH (as hy beskikbaar is ,ek hoor hy is
12) serfontein
11) basson
10) cronje
9) vermaak
8)a botha
7) stander
6) potgieter k
5) steenkamp
4) mostert
3) kirsten
2) wepner
1) mellet

Posted by kzn bul on 01 October 2012 13:33
25
Die gameplan was obviously nodig Vrydag met die reën, want dit het rêrig sterk neergekom op stadiums. Sharks het ook selfde gedoen, en daar was wel baie aanslane aan altwee kante as gevolg daarvan. Ek dink ook self ons het die talent, maar daar is 'n baie groot confidence probleem in die span oor die algemeen, maar veral in kritiese posisies. Mens kan net na die Bokke game kyk om te sien watse verskil toewyding , passie en ywer gemaak het aan die spelers se performances, vandat die internasionale seisoen begin het, tot nou toe. Dit is iets wat my baie impress het sover met Heyneke se afrigting. Hoe hy dit uit die ouens uit kry. Ouens soos Habana, Bekker, Louw, tot Beast, het skielik baie beter gedoen as wat hulle gewoonlik doen. Pine kom nie voor vir my as iemand wat na daai aspekte kyk nie, en is dalk onregverdig om dit van hom te verwag, maar dit gesê, moet iemand wel daarna kyk. Ek wil stilletjie sê ons raak beter einde van die Currie Cup se kant toe, maar sal eers moet kyk wat gebeur in die volgende game. Hou duim vas vir die manne!
Posted by Willie Blou on 01 October 2012 13:30
24
Die Bulle moet konsentreer vir die volle wedstryd en natuurlik moet hulle mik vir die 4de plek. Hulle kan dit doen en moenie verbaas wees as hulle nog die Curriebeker gaan wen nie! 'n Vierde plek kan vir hulle baie selfvertroue gee en moenie verbaas wees as hulle ons nog gaan verras nie! Hulle het ons almal se ondersteuning nodig en ek hoop die afrigter vat raak hierdie naweek.
Posted by Poepindieketel on 01 October 2012 13:24
23
Die cafrigting by die Bulle is beroerd. Lyk my al wat hulle afrig is die hoogskop en bid taktiek.
So sal ons niks ooit uitrig nie
Face dit die bulle se jaar is oor. Gaan die volgende 2 games verloor met die taktiek en dan wen ons hopelik die vernederende promosie relegasie as ons gelukkig is.
Pine moet gaan asb, kry iemand wat kan afrig, iemand soos John Mitchell
Posted by Bomskok on 01 October 2012 13:16
22
Die Bulle het nie so sleg gespeel Vrydagaand nie. Twee keer het hulle konsentrasie verloor en hulle was gestraf (wel 'n derde keer met Potgieter se strafskop wat die Sharks laat opskuif het vanaf 10 na 13). Die slotte en losvoorspelers het werklik baie hard probeer.

Agterlangs sal ek vir Fouche met Cronje vervang en Mastriet met Basson. Voor sal ek volhard met Mellet en vir Werner Kruger vervang met Kirsten. Chadwick is sekerlik een van die swakker loskoppe in SA en Werner Kruger het teen hom gesukkel! Werner moet rus, hy is net soos Morne en Spies swak bestuur deur die Bulle se afrigters. Jy kan nie bloed uit 'n klip tap nie.

Ek sal verder ook vir Ralepelle op die bank begin, maar ek twyfel of ek Greyling enigsins sal kies. Hy is 'n goeie baldraer, maar dit is waar dit stop.

Ons kan baie praat oor die agterlyn, moet Serfontein speel, is JJ eerder 'n vleuel as 'n senter, ens. Dit feit is dat die Bulle altyd sal sukkel om drieë te druk solank as wat Fouche die losskakel is. Hy is te stadig en het geen afwisseling in sy spel nie. Sy skopwerk kan ook nie sy plek regverdig nie. So, ek weet wragtig nie hoekom hulle met hom volhard nie.
Posted by Poepindieketel on 01 October 2012 13:09
21
Pieter Blou

Ek dink dis verkeerd om individue persoonlik aanspreeklik te hou vir ons gesukkel. Ek dink net die kwaliteit van die hele groep spelers is laer as wat dit op enige tydstip sedert 2003 was. En ek praat nou van ons vol sterkte span.

Middelmatige aankope is gemaak vanaf ander provinsies, en die hoop was skynbaar dat ons coaches iets sien in hierdie middelmatige spelers wat hulle huidige afrigters te onnosel was om te sien en dat ons hulle op een of ander manier in wereldsterre sou omskep.

Wel, hierdie hoop was onrealisties. Ons sit dus met n hele klomp gemiddelde spelers, en met gemiddelde oorblyfsels van ons glorie era - terwyl al die werklike ster veterane ons verlaat het.

Die kombinasie wat oorbly is bloot gemiddeld. Pollard en Serfontein, Small Smith, Arno Botha etc. is goed en wel, maar hulle gaan nie ons probleem vir die volgende 3 jaar oplos nie. Hulle is te jonk daarvoor, en nog ver van hulle top potensiaal af.

Tot dan gaan ons skynbaar aanploeter met die sukkelende spul. As jy koop, kan jy maar eerder top kwaliteit koop, as spelers wat reeds hulle plafon bereik het.

Dis my mening.
Posted by Shannow on 01 October 2012 13:04
20
Even Warren Brosnihan saw space which Louis Fouche was suppose to see. 2 defenders against 4 en wat maak Fouche, skop die bal en skop dit na die ander kant van die veld, weg van die wanbalans af. Dit is ongelukkig die tipe speler wat hy is, CANNOT read the situation, just want to kick and kick badly? Not at all interested in running. Ai tog en nou wil Pine weer vir Morné kies - wat de hel is the difference between the two ?????

So bietjie na die Cheetah-Griekwa game gekyk en het net weer gewonder wat die ander afrigters met spelers maak dat hulle soveel beter baie ander provinsies speel? Kyk maar weer net na Marnus Schoeman, (oja die Bulle dink mos Tecklenburg is beter as hy?????)
Dan is daar nog Brummer, Deon Helberg, Andries Coetzee etc. Dit is net asof hulle uit hulle gemaksone kom weg van die Bulle se afrigting af????

Ek dink nie die Bulle verdien NIE om enigsins in semifinal betrokke te wees nie (kan nie glo ek sê dit nie). Miskien is dit goed so. Iemand by die Bulle MOET uit hulle GEMAKSONE geskud word en dit is nie noodwendig die spelers nie!!!
Posted by Paarlbul on 01 October 2012 13:04
19
Shannow@17 stem saam. Ons recruitment strategie het gefail met die reruitment van Pine en sy onverklaarbare irrasionele besluit om Fouche teen wil en dank te kies. Die kombinasie van hulle 2 het ons so te se die Currie Cup gekos. Ons forwards was Vrydag die Sharks oor en die Sharks het n baie goeie pak. Jy het egter n losskakel wat geen benul het van spasies aan sy buite kant nie. Hy kyk nie eens link of regs nie hy laat sal sy kop en skop net en hoop die Sharks knock! Hy is ongetwyfeld die swakste losskakel in die Currie Cup maar Pine kies hom wedstryd na wedstryd. Lionel Cronje kan net beter wees as hy maar kry nooit n kans nie.Fouche kan dit eeens op n verswakte Currie Cup maak nie maar hy is ons back up losskakel vir die Super 15?!
Posted by Pieter Blou on 01 October 2012 12:58
18
Ons moet mik vir 4de! 5de is baie boring. Top 4 speel Semi's en 6de kry jy kans om die Kings op hulle plek te sit! Ek sal nie omgee om nog 2 Bulle games te kyk as ons nie die Top 4 haal nie! Dan kan Lionel 4 games kry om homself te vestig en die Bulle om die spelpatroon te verander voor vlg jaar.
Posted by Blou Vlam on 01 October 2012 12:42
17
Manne, die realiteit is eenvoudig.

Daar is slegs een Bul in die huidige Bok begin 15 tal, en selfs hy is gelukkig om daar te wees.

Die manne wat terugkeer na die Bulle vul my nie juis met opwinding nie, en met goeie rede, as die bogenoemde in ag geneem word.

In eevoudige taal - ons "recruitment" strategie het heeltemal tekort geskiet sedert die Matfield generasie ons verlaat het.

Of jy is a ster, of jy is nie. En omtrent al die sterre by die Bulle is huidiglik nog O21 of jonger, of liederlik van vorm af.

As ons gaan wag om die ouer ouens reg te "coach" gaan ons laaank wag. Na my mening moes ons die oomblik toe Matfield hulle weg is, dadelik vir Alberts, Taute en Coenie Oosthuizen aangekoop het, en omtrent 3 spelers laat gaan het om CJ Stander se salaris te betaal en hom hier te hou.

Sonder internasionale klas sterre kan jy maar coach soos jy wil, maar jy gaan nie ver kom nie.


Posted by Shannow on 01 October 2012 12:32
16
More vriende.
Hoekom het ons Lionel Cronje ooit gekoop? Ek het gereken , die idee was om te kyk wat sy potensiaal is, wat hy na die span bring ens. Niks teen Louis Fouche, maar is dit nie tyd om te kyk of Lionel nie dalk iets anders na die spel patroon kan bring nie.As dit so aangaan, is dit een van die dae super rugby , en het ons geen idee oor hoe Lionel gebruik kan word of wat sy sterk of swak punte is nie.
Die grootste teleurstelling bly die onvermoe van ons span om enige variasie in hul spel te toon.
Praat nie eens van die vermoe om te sien as hulle 'n gulde geleentheid het om punte aan te teken nie , maar dan eenvoudig die bal wegskop.
Die skop spel het vir in ons gewerk, en steeds met tye. Feit is egter Fourie Du Preez, was puik wat skopwerk betref. Sekere skrumskakels se skopwerk is eenvoudig net beter as ander sin, ja hulle kan dit verbeter ens, maar myns insiens moet ons meer kyk na wat is die heidige spelers se werklike sterkpunte is en bou 'n spelpatroon rondom dit. Dit maak nie vir my sin om byvoorbeeld van 'n Naas Botha te verwag om soos Henry Honniball te speel of omgekeerd nie , of van 'n Joost van der Westhuizen te verwag om soos Fourie Du Preez te speel nie. Destyds het skopwerk vir ons gewerk , want selfs al kon ons nie die bal terug wen nie, het Victor, Bakkies en Danie gesorg dat ons 'n 80 persent kans het om die bal van 'n lynstaan terug te wen.
Jano Vermaak en Hougaard is goeie skrumskakels, maar nie skoppende skrumskakels nie... laat hulle oefen aan die skoppe, maar magties laat hulle toe om te speel na hulle sterk punte.
Kry vir Jan Serfontein op binne senter, want ons kort 'n spelskepper. Venter is 'n goeie speler, maar kan ons nie bietjie vir Serfontein kans gee net soos met Lionel Cronje. As dit so aangaan , gaan beide die spelers nie meer lank hier speel nie. As die Sharks bv hulle jong spelers al speel , wat is ons probleem. As jy goed genoeg is , is jy oud genoeg.
Die afrigtingspan sal indringend moet kyk na ons sogenaamde spelpatroon, want ek kan nie anders as om te glo dat dit nie inpas by die sterkpunte van ons heidige groep spelers nie.
Ek twyfel of die opposisie enigsins ons wedstryde meer ontleed ... Jy weet al presies welke spelers gaan net skop, welke spelers sal nooit 'n bal uitgee nie ... As ons swart en wit tv skerms gehad het sal ons seker met tye dink ons kyk na heruitsendings, enigste ding wat dit sal weggee is die opposisie se spel.
Nee kom bulle, die vaste vyf lyk al beter, maar Arno Botha moet agsteman speel en die agterlyn moet hulle spel begin afwissel. Blou Bul groete. PS: Kry vir Mallet, David Campese, Naas en Ray Mordt om bietjie die agterlyn uit te help.
Posted by Aiken Drum on 01 October 2012 12:16
15
Ek wens HM wil vir JP en Juandre vrystel vir Vr. Juandre sal 'n groot verskil maak, en JP op die bench ook! As die span vir Sa gekies is, is daar sekerlik geen punt vir die ouens buite die 22 om nog daar rond te hang nie!
Posted by Blou Vlam on 01 October 2012 12:15
14
Dean moet eers die basiese reels van rugby gaan leer en leer hoe om behoorlik te bind! Anders, hou Morne Mallet
Posted by DIE BLOU BAAS on 01 October 2012 12:14
13
Ek sal nie vir Dean kies nie, hy sukkel al heel jaar met sy bindwerk in die skrums en sy dissipline is swak! Hierdie game teen die WP is vir ons soos n finaal! Die Leeus in Cokeblik vlg naweek gaan baie moeilike wedstryd wees, so as ons teen WP verloor is n uitspeelwedstryd teen die OP n nare realiteit.

Posted by Bullebakkies on 01 October 2012 12:13
12
@Muzi, I very seldom disagree with any of your comments! Like your team, but why Dean instead of Mellet and do you think that Akona validates a place ahead of JJ? I know he's struggling with confidence, but that's due to playing 13 all the time. What do you think of William SS as long term option at 13?
Posted by Blou Vlam on 01 October 2012 12:11
11
yes Arno needs to be in the starting line up in next years S15. Otherwise there's big problems for us.
Posted by Nitronic on 01 October 2012 12:07
10
Power,Speed,Skills,Commitment and BMT that's young Arno Botha for you that lad is going to be big for SA rugby!!!!!
Posted by Muzi on 01 October 2012 12:05
9
@Heyneke Meyer rates young Morne Mellet very highly it's a pity he will have to make way for Dean.
Posted by Muzi on 01 October 2012 12:01
8
like your team muzi, but will keep mellet and not include Dean Greyling in the match 22.
Posted by Nitronic on 01 October 2012 11:55
7
My team vs WP on friday:

1.Dean Greyling
2.Chilliboy Ralepele
3.Frik Kirsten
4.Franco Mostert
5.Wilhelm Steenkamp
6.Dewaldt Potgieter
7.Arno Botha
8.CJ Stander
9.Jano Vermaak
10.Lionel Cronje/Morne Steyn
11.Bjorn Basson
12.Francois Venter
13.Jan Serfontein'
14.Akona Ndugane
15.Jurgen Visser

Reserves:
16.Willie Wepener
17.Werner Kruger
18.Grant Hattingh
19.Jean Cook'
20.Ruan Snyman
21.Louis Fouche
22.JJ Engelbrecht

IMHO with this team we can beat weepee so what do you think gents???
Posted by Muzi on 01 October 2012 11:50
6
Hey guys it looks like Pine Pienaar wants Morne Steyn to play in saturday i guess the Bulls still think the kick and chase game can win them the currie cup.
I'm just disappointed and confused concerning Lione Cronje not playing this lad when fit is a great attacking threat to any defence.
Bulls management and coaches IMHO have missed a big chance in giving lionel a chance so he can get ready for next years super 15 rugby comp.
I wonder if Pine or Frans watched young Goosen give the boks an extra dimension on attack.
The game against WP will be very close Bulls need Griquas to lose against the lions this weekend.

Posted by Muzi on 01 October 2012 11:44
5
glo my greyling is nie n boost nie, Morne moet rus. Ek sal net vir LF vervang
Posted by Nitronic on 01 October 2012 11:36
4
@2 stem saam dat cronje moet begin, lees ook in beeld dat pine vir morne wil speel.ek dink as blommetjies op heelagter speel en basson op wing sal dit beter gaan. ek hoop hm stel al di bb spelers wat ni teen di kiwis speel nie vry di tyd is nou ryp om n pap wp span te klop hoop ons kan dit doen
Posted by kzn bul on 01 October 2012 11:34
3
en as lionel droog maak wie gaan hom oppas
sy sentermaats is ook maar jonk -dis hoekom ek dinl LF kry speel kans hy het so effe bietjie meer ondervinding so ja kom ona wag en sien
Posted by louisk on 01 October 2012 11:31
2
Persoonlik dink ek nie dit gaan verskil maak nie? Ek dink dalk moet hul Lionel net begin? enigste verandering wat ek sal maak, wat dink jul?
Posted by DIE BLOU BAAS on 01 October 2012 11:13
1
die is n moet wen game
Posted by louisk on 01 October 2012 11:10
VIDEO
Highlights of the Currie Cup semifinal between The Sharks and Vodacom Blue Bulls from Mr Price Kings Park, Durban.
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
1 Des. Sid Kingsley (Oorlede)
3 Des. Tiaan Joubert
3 Des. Tommy Webb
4 Des . Braam Faure
4 Des . Deon Oosthuisen
4 Des. Kresence Swanepoel
4 Des. Murray Bondesio
5 Des . Gavin September
5 Des . Wynie Strydom
6 Des . Gerhard Klerck
6 Des . Eugene Meyer
6 Des. Francois Rossouw
9 Des . Bees Roux
9 Des. Elandré vd Bergh
10 Des. Jaco Pretorius
11 Des. Alan Faber
11 Des. Wikus Lock
12 Des. Bill(Os) Odendaal
14 Des . Barend Brits
14 Des . Bags Cilliers (Oorlede)
14 Des. Chris Maree
14 Des. Graham Noonan
15 Des . Dolf Bekker
15 Des . Dirk Coetsee
15 Des . Fief Ferreira
15 Des . Theuns Koekemoer
15 Des. André van Staden
16 Des . Bernard Pienaar
17 Des. Jaco Engels
17 Des. Dewald Kamffer
17 Des. Xander Redelinghuys
18 Des. AJ le Roux
18 Des. Leon Piek
21 Des . Morné Human
21 Des . Dries van Schalkwyk
21 Des. Piston van Wyk
22 Des. Kobus Archer
22 Des . Leon Barnard
22 Des . Jacques Bisshoff
22 Des . Kenneth Ford
22 Des . Pierre Spies (Snr) Oorlede
23 Des. Org Cronjé
23 Des . At Oosthuizen
24 Des. Rudi Durandt
26 Des. Jamie Prinsloo
26 Des. Andrew Williamson
26 Des. Lourens van Heerden
28 Des. Warren Brosnihan
29 Des . FP Naude
29 Des . Henry Tromp
30 Des. Lourens Campher
30 Des. Pieter Scholtz
30 Des . Braam Willemse
31 Des . Mark Fourie
31 Des . Eddie Fredericks
31 Des . LM Smit
31 Des. Donnie Verster
JOIN US ON FACEBOOK