Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

Vodacom Bulls lock Botha cited
22 March 2011

The Vodacom Bulls have been informed that lock Bakkies Botha has been cited for an alleged act of foul play in Saturday’s Super Rugby match against the Stormers.

Botha was cited for a tackle on Stormers scrum half, Dewald Duvenage.

He is due to appear in front of a Sanzar judicial committee chaired by advocate Jannie Lubbe.

?Bulls team doctor, Org Strauss confirmed on Sunday that the injuries to Gurthrö Steenkamp (arm and ankle) and Zane Kirchner (shoulder) will be assessed on Monday.

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
44
Dankie tog...Bakkies was cleared !!!!! Die stormers se gatte...hulle het weer gedink hulle gaan vir ons `n toffie wys
Posted by Thumper on 22 March 2011 13:05
43
Hoe swak was Skinstad se kommentaar? Hy is lyk my verlief op Flo en konnie ophou praat hoe goed Habanna eintlik is nie en hoe hard hy probeer. Ek het beslis nie dieselfde game gekyk nie. Habanna was maar swak, het baie geknock, en n drie weggegee. enigste goeie ding wat hy gedoen het was daai score toe basson vas aan die slaap was
Posted by Bomskok on 22 March 2011 10:19
42
#40 Kan nie genoeg met julle saamstem nie. Almal is betrokke met een of ander ding van die veld af. Dit voel asof die spelers dink hulle is groter as die game. Tussen "blood brothers" waar hulle die hele land rond reis en die varsity cup wonder ek hoeveel tyd is daar oor om te fokus op die super 15. Hopelik sal dit beter gaan as ons toer want dan sal al hierdie ander dinge hopelik op die agtervoet geplaas word. Kom ons hoop maar so.
Posted by CC on 22 March 2011 10:14
41
Bomskok jy is 100% reg! Ons los trio. Hulle sukkel ek dink DP se naam was saterdag 3 keer genoem? Ons is te voorspelbaar selfs die komentator se wat gaan gebeur voor dit gebeur?? Waar is die element van surprize? Ons het die vinnegste vleeuls in Super rugby maar hul sien daai bal NOOIT, die kere wat dit gebeur is dit TRY TIME!!!
Posted by Gummy Bear on 22 March 2011 09:54
40
The same thing was said after the defeat to the Highlanders and while Matfield assured Sport24 that there are no problems behind the scenes, the players’ actions contradict their captain’s statements. Too many Bulls players appear to be involved with charity work, social networking, TV advertisements, spreading DVDs and books, writing columns, golf days and contractual negotiations to be able to keep their attention between the four lines.
Posted by Bomskok on 22 March 2011 09:47
39
ONS PROBLEEM KOM UIT BETUUR SOWEL AS DIE SPELLERS. 1. Die Vodacom span het al 4 wedstryde verloor omdat hulle aftrigter NOOIT daar is nie Heineken Meier is meer by die Uneversiteit rugby betrokke as by die bulle waarvoor hy aangestel is . Hulle (bulle) het nou al 3 keer WEG gespeel sonder dat die afrigter eers SAAM met die span gegaan het. 2. Die blou Bulle ( Super Rugby Span) het n probleem op hakker wat nie n clue het om n bal in te gooi nie nog minder om n bal te dra of duikslag uit te voer sonder n aanslaan . Bulle van die beste in lynstane in die wereld na die swakse nou wat het verander net die hakker. 3. Waynand Olivier het in 4 games die bal 3 keer gepaas waarvan daar 2 driee gekom het , een teen lions en een teen stromers. DIE RES IS HY TE SUINIG EN VOLGENS MY EEN VAN DIE GROOTSTE PROBLEME IN DIE SPAN . Almal weet a hy paas nie so gaan vir hom vat die bal af en maak n teen aanval of dwing n strafskop af. 4. HIERDIE PINTE KAN AAN GEWERK WORD Bakkie moet minder die man speel en meer die bal n mens druk driee met die bal en nie met n ander man se kop nie. Spies moet meer prominent en doelgerig wees nie dink dit kom van self nie.Stegman is te duur gee te veel strafskoppe af.en VIctor ai Victor hou op klae en wees n kaptein wat lei deur n voorbeeld nie deur om alles te bevraagteken en te agumenteer met die ref , dit help nie die 50/50 calls gaan dan net na die ander span toe ?????
Posted by Francois G on 22 March 2011 09:43
38
Bakkies het nie dai ou getackle nie,hy het geclean,lol,julle moet onthou ons het teen die Pink stad gespeel,hulle is maar bietjie broos.
Posted by Blou Dino on 22 March 2011 09:43
37
Die senior spelers het moeg en "out of it "gelyk. Dit was so vreeslik dat Habana skoons die drie-droogte van die Stormers beindig het. Ek glo dat enige amateur kon daai 3 gedruk het deur all die foute wat die bulle begaan het. Morne Steyn moet meer fokus op sy skoppery want selfs Patrick Lambie laat hom soos `n Varsity Speler lyk. Victor Matfield het gesukkel om die lineouts te wen en spel patrone moet behoorlik na gekyk word. Bal besit moet altyd aan die order van die dag wees en as die senior spelers moeg is of hul beentjies beskerm vir die wereldbeker moet hulle maar die bank warm hou.
Posted by Blou Bulletjie 2010 on 22 March 2011 09:40
36
Wonder watse geploeter ons Sat gaan sien????
Posted by Blou Dino on 22 March 2011 09:33
35
Halo die Blou, Die een uit twee keer wat Wynand die bal gepass het,het ons gescore.WO is so voorspelbaar soos daglig,geen verbeelding.Is dit die afrigter wat hom so beveel???Die up en unders het van begin af nie gewerek nie maar daar is volgehou daarmee.Morne jy skop uiters k@k,en dit op jou tuisveld,gaan leer by Grand!!!Kom ons wees eerlik,altwee die eerste games het ons met n vloekskoot gewen,Die Saders lek hulle lippe af,lus vir n reeds rypgemaakte steak.
Posted by Blou Dino on 22 March 2011 09:28
34
Vanaf ruggastats.com: Pierre Spies het die bal 9 keer gedra, 62% van die tyd oor die gain line gekom en 3 keer aangeslaan geen penalties. Potgieter het die bal 2 keer gedra, en 50% van die tyd oor die gain line gekom en 1 penalty afgestaan. Stegman het die bal nie eenkeer gedra nie en 2 penalties afgestaan. Tussen die 3 le ons grootste probleem op die oomblik
Posted by Bomskok on 22 March 2011 09:17
33
Jy leer in bulletjierugby om te tackle. Daarna is dit gesindheid en guts. Haal maar die tackle gisteraand van Draghoender op die UCT vleuel uit wys dit oor en oor vir die Bulle. DIS hoe dit gedoen word.
Posted by Bloubosvelder on 22 March 2011 09:15
32
Goeiemore almal. Alles is sekerlik nog nie verlore nie maar in die laaste 4 weke het ek omtrent net in totaal 15 minute se goeie rugby van die Bulle gesien. Die Stormers vuur ook nie op alle silinders nie en ons kan bly wees ons het teen hulle gespeel en nie teen iemand soos die crusaders nie, want dan het ons 50 punte verby ons gekry. Ek dink die grootste probleem wat ons ouens het is dat hulle te veel ander aktiwiteite, anders as rugby het wat hulle besig hou. Allerhande celebrity byeenkomste etc. Het jare terug met Gregory Townsend gepraat wat n seisoen vir die sharks gespeel het. Daai jaar het die sharks al hulle weg wedstryde gewen en omtrent alles by die huis verloor. ek het hom gevra wat was fout en toe se hy dat toe die sharks by die huis was hulle nie meer n team nie want die spelers het orals vingers in die pie in durban met besigheid en ander dinge wat hulle aandag verg behalwe rugby. ek dink dieselfde gebeur by die bulle
Posted by Bomskok on 22 March 2011 09:10
31
Dankie Bulle vir die afgelope paar jaar se plesier wat julle ons gegee het.Ons het julle krediet gegee en julle op gehemel.Ons het die stadions volgemaak en die geld koffers volgemaak.Dit was lekker vir julle en vir ons.So dit maak my seer om die volgende vrae te vra en die volgende stellings te maak. Elke provinsie het n werwings konsultant wat saam met die bestuur span sit en sekere swak plekke uitwys.Nou my vraag is.Is ons te trots om ons net n bietjie wyer te span?Buitesenter was nog altyd vir ons n groot probleem.Jacques Fourie was in die mark.Ons het nie eers probeer nie.Ons hou nie van hom nie,maar Frans Steyn was in die mark.Die leeus wat hom met plesier.Die Shark besef Terblance en Jacobs is klaar.Hulle gaan haal vir Marius Joubert.Dit is een van my probleme. Skiet my vir die volgende stelling.Pierre Spies is nie n gehalte agsteman nie.Hy is verwoestend in gebroke spel,maar doen nie die basiese werk van n agsteman nie.Verskoon my Engels.Vegelyk sy work rate met die ander agstemanne in die kompetisie.Ons grootste probleem is ons lostrio.Party se hulle is te klein en ander se hulle is te stadig.Die punt is hulle doen nie hulle werk nie.Party senior spelers is nie op vorm nie.Drop hulle bank toe. Dan laastens.Almal slag vir Frans en Pieter.Ons kan nie die basiese dinge van rugby doen nie.Ons kan nie vang nie.Ons kan nie duik nie.En ons kan nie die bal nie hou nie.Hoe leer jy n Springbok om n bal te vang en om n speler plat te duik?Jy kan nie.Jy drop hom!Frannabul.Ek hou van jou veranderinge.
Posted by Lekkerblou on 22 March 2011 09:09
30
Oukei, "Kampioenspan" een woord, voor Riffie my opdinges.
Posted by Las on 22 March 2011 09:00
29
En geluk met jou verjaarsdag Deon Stegmann! Ek hoop jy bly nog aan hier by die Bulle na 2011, jy verdien n Kampioen span om jou.
Posted by Las on 22 March 2011 08:46
28
@ FRANNABUL, die span gebruik nie Stegmann as n baldraer nie, dis nie dat hy nie kan nie, inteendeel is hy baie goed daarmee. En ook: dis nie dat die fetcher ons slegs help om besit op die grond te wen nie, maar hy is teenwoordig by baie van ons loskrums om te probeer verseker dat ons ook die besit behou, of opposisie bal stadig te maak. Die werk van die flanke is nie altyd sigbaar nie, maar hulle groot werkverrigting beteken baie vir die span. En nog n ding, Steggies het nie n klomp strafskoppe afgestaan nie, soos julle daarvan hou om te dink, niks meer as die Louw nie, en boonop was Steggies se strafskoppe klug.
Posted by Las on 22 March 2011 08:45
27
Thurlow, wat is die kleur van die reel boekie? Het laas week in n skole game van my seun n argument met n onderwyser ref gehad en dis toe die 1 ste ding wat hy my vra. Ek se toe dadelik ek lees die reels op die internet maar dit sal gaaf wees om te weet wat die kleur is van die reel booekie.
Posted by FRANNABUL on 22 March 2011 08:13
26
Bakkies het nogal Saterdag 1 van sy beter wedstryde vir my gehad maar die duikslag op Duvenhage was onnodig. Lyk my hy leer nie en is bang vir die groot ouens, regte boelie. Flip kan net oor vat hy sal nie ons span verswak nie. Ons groot probleem is by die los trio. Met nie nuwe reels baat dit ons nie om n fetcher te speel nie. Ons kry dalk 1 bal omgekeer maar 4 strafskoppe teen ons en n goeie kans vir n geelkaart. Steggies moet gaan, hy is nie n baldraer nie en Dewald is heeltemal van vorm af. Spies sukkel ook voort. Ons moet Danie op 8 speel, Juandre op 7 en CJ Stander op 6. Kirchner moet 13 toe gaan. Basson moet 15 toe en Hougard op 11 Fourie en Matfield moet ook weer geleer word hoe om gat te kruip by die ref. In die local derbies gaan geen span baie tries score nie. Strafskoppe sal die game wen en dis al wat die Stormers Saterdag gedoen het. En O ja, van die Tuks Varsity cup spelers moet na hul toernooi verby is n kans kry in VC. Veral die nr 5 slot Franco Mostert sal goed vaar op nr 7.
Posted by FRANNABUL on 22 March 2011 08:09
25
#23 Superbul. Dit is ook die aantal strafskoppe wat ek, en `n mede oud skeidsregter getel het. Ja dit lyk asof die fluitjiemanne uit is om die ``Yarpies`` uit die kompetisie te blaas. Daar was `n paar strafskoppe waarmee mede oud skeidsregters ook nie kon verstaan nie.Die een wat duidelik tevore kom is toe ons gestraf was toe die Stormers Habana oor gedryf het en Nar besluit dat ons dit gedoen het. Dankie vader ons sal hopelik hom nie hierdie seisoen weer hier sien nie wonder of hy die kleur van die reelboekie weet.
Posted by Thurlow on 22 March 2011 07:35
24
Not surprised at all, Bakkies you are losing respect, play rugby. You have a WC coming up and cant afford to be doing what you are doing. Get the passion back for the game
Posted by Jaco die bull on 22 March 2011 06:40
23
Thurlow sorry het bedoel 13 teen die Bulle en 3 teen die Stormers, Ingels maar nog vreemde taal man. :lol: Waarom word ons skielik so hewig gestraf? Dit is asof die refs besluit het omdat ons kapteinskap hul so question sal hulle terugslaan met die fluit.
Posted by superBul on 22 March 2011 03:15
22
#13. Die strafskop telling was nooit in die Bulls se guns nie, gaan kyk maar weer. #14. My probleem is dat ek aan beter rugby gewoond is, en dit ook verwag.Waarom moet ons met sulke power spel tevrede wees?,Die manne moet die Engelse segwoorde onthou ``Do not bite the hand that feeds you`` en ``Earn your bread by the sweat of your brow``. As ek sulke diens aan my kliente opdis is my besigheid in sy peetjie.
Posted by Thurlow on 21 March 2011 22:11
21
Ek het voorspel ons gaan teen die Highlander and Stormes verloor en was reg. Ons kanse om nou teen die Lions te verloor raak nou baie goed. Voorspel ons gaan al 4 oorsee wedstryde verloor. Ons is nou moeg vir verskonings, FL kort nou n ernstige ruk in die bek. Victor is oor die muur, Bakkies bly maar n vuilgat. Vir die res se patetiese spel het ek nie eens woorde nie. Kom ons try maar volgende jaar weer met jong spelers wat wil speel.
Posted by Bull perd on 21 March 2011 20:45
20
Dankie Rifrug, jou ondersteuning word waardeer. daar is groot fout by die bulle.
Posted by Bluedog on 21 March 2011 19:22
19
En Riffie, ek weet ook nie wat bedoel jy daarmee wanneer jy se ek probeer mense oortuig nie.
Posted by Las on 21 March 2011 18:33
18
Sorry Riffie oor my spelfoute. Die ref was baie beter die keer natuurlik, maar simpel goed soos Matfield wat onkant geblaas vir geen rede en Stegmann kon mos oor die "line of touch" beweeg om n tekkel te maak wanneer Bekker die bal aflaai na die receiver as albei sy voet eers ankant was, is dit nie? En daar is nog goed wat ek nie nou onthou nie, maar ja, die dissipline was swak sowel as hantering ens. Maar wat ek bedoel is, in 2008 het die Bulle voortgeploeter, tot hulle besluit het om te wen, toe wen hulle die laaste 4 games, en het vir meer as eer verlede toe vir die eerste keer weer op Loftus verloor. So al wat dit beteken is dat ons ons kanse bietjie opgebruik het, en dit sal great wees om te sien as hulle elke wedstryd op toer kan wen. Ons kan nogsteeds bo eindig. Almal kan sien die span speel nie soos ons weet hul kan nie, maar dis dan onnodig om die baba met die badwater uit te gooi.
Posted by Las on 21 March 2011 18:30
17
Pieter de Villiers kan maar nou al sy kontrak springbokke van die bulls laat rus...
Posted by DRUGS on 21 March 2011 18:19
16
"Johannesburg - Vodacom Bulls coach Frans Ludeke will keep faith in the game plan that has won his side three Vodacom Super Rugby titles, even though there is more than enough evidence that it may well be outdated in a competition that increasingly favours teams holding onto the ball." berig op news24 van Brendan Nel, maak my bekommerd,
Posted by Bloubloed on 21 March 2011 18:04
15
Dit was beslis nie lekker om Saterdag op Loftus te wees nie. Eers verloor die Blou Bulle vir die 4de atereenvolgende keer, en toe verloor die Bulle tuis vir die 2de agtereenvolgende keer. (1 punt gekry vir 2 tuiswedstryde, onaanvaarbaar). En kom ons wees eerlik, die stormers het verdien om te wen. Wat het geword van ons veel geroemde voorspeler-brekers? Die stormers het ons voorspelers net doodeenvoudig geboelie, soos die Highlanders voor hulle. En lyk my Bakkies kan net die klein outjies seermaak. Wanneer laas het hy iemand soos bv. Andries Bekker aangevat, lyk my hy is bang vir sy eie portuur. Ons hantering is skokkend, 65 keer die bal gedra en 27 hanteerfoute teenoor die stormers se 74 en 18 hanteerfoute. 23 Keer die bal verloor teenoor die stormers se 12 keer, onvergeeflik. 2 Keer die lyn gebeek teenoor die stormers se 10 keer, en 400 meter veld gewen teenoor die stormers se 730. 16 Strafskoppe afgestaan teenoor die stormers se 8, (die "ref" was seker maar weer swak en teen ons). Ons verdediging was darem beter as teen die Highlanders, maar daar is iets fout as Werner Kruger (`n vaskopstut) die speler is wat die meeste "tackles" gemaak het. Die statistieke van die wedstryd vertel amper alles, maar waar is ons spelers se "commitment"? Dit help ook nie om vir Frans Ludeke en Pieter Rossouw te blameer nie, hulle is immers nie op die veld nie. Is daar nie dalk te veel sosiale aktiwiteite van die veld af wat die spelers besig hou nie? Dit help nie eers om na individuele spelers te kyk nie want het ons rerig beter spelers om by die huidige spelers oor te neem. Ek dink nie daar is vreeslik baie nie. (Moet erken ek trek terug wat ek van JvdW gesê het, hy was een van die beter spelers Saterdag). Kom manne, kry julle passie terug en wys ons waartoe (ons weet) julle in staat is. As dit nie gebeur nie gaan dit `n lang Super-15 wees en kan julle maar vergeet daarvan om in die kwarteindronde te speel. En dan LAS, jy sê "Blouhond kalmeer jy net. As die Bulle eerste eindig op die log (wat heel moontlik is), hoe stupid gaan jy nie lyk na jy sulke goed kwytgeraak het?" Las, jy lyk alreeds "stupid" met jou aanhoudende goedpratery van die Bulle se geploeter. Hou gerus op daarmee want jy oortuig niemand meer nie. En, o ja, voor ek vergeet, "vout" word met `n "f" gespel.
Posted by Rifrug on 21 March 2011 16:37
14
Daar is om een of ander rede n "smear campaign" aan die gang teen Deon Stegmann het ek onlangs agtergekom. Die media, die web, die "commin"-tators wag vir ekle kans om Stegmann te brandmerk as n "penalty liability". Dit het al laas jaar begin. In die naweek se game toe Stegmann sy eerste strafskop van die aand weggee teen die einde vd eerste helfde (dit was ook onregverdig dink ek, aangesien die bal reeds by die losskrum uit was, Morne Steyn wat nie weggerol het nie het die druk op die skeidsregter geplaas teo kry Stegmann dit), toe se Owen Nkumane sommer vir almal om te hoor dat dit Stegmann se 4de penalty is! En wanneer n strafskop teen die Bulle geblaas is vra Hugh Bladen sommer kort-kort of Stegmann nie betrokke was nie, en ou Bobby Skinstad is net te bly om Stegmann in die verband by elke geleentheid te noem, sonder dat Steggies eenigiets verkeerd doen. Dit skep vir die gewone ou voor sy of haar TV die indruk dat Stegmann n "strafskop masjien" is soos van die bloggers hier se, en die selfde ding op die blogs ens. _____________________________________________________________________________________ Nou mar wat gaan aan mense? Thurlow wats jou probleem ou maat?
Posted by Las on 21 March 2011 16:11
13
At one stage the count was 13-3 in favor of the Bulls , and yes i also wonder why we are so poor all of a sudden
Posted by superBul on 21 March 2011 15:27
12
10 Thurlow sorry vriend ons is baie kwaad maar behou net jou beskaafdheid.Net soos Habana ons twee groot wenne toe gevat het moet ons dankie daarvoor se, hy is nou by n anner "kerk" :lol: maar ons het nog respek vir hom. Ons manne is nog goed en ja ons is kwaad maar moenie hul nalatenskap vir sies nie. Ons kan dit op die ken vat nadat ons soveel jare dit uitgedeel het. Hou jou kop hoog Bulle is klas.
Posted by superBul on 21 March 2011 15:23
11
What an inept, disgraceful sloppy performance. The Stormers outplayed us in the Line-outs,the scrums and in play in general. Well done and good luck to them. It would be interesting to read the penalty count for each side, Steggies what was your personal tally?The Happy Whistler gave a performance, that would do an Andre Rieu concert proud. I am going to find him a penny whistle so he can play a more melodious tune when next we are afflicted with him. If he his one of the best then I would hate to see the worst.
Posted by Thurlow on 21 March 2011 15:17
10
Vir die eerste keer in amper vier-en-dertig jaar gaan ek nie op Loftus wees nie. Ek sal maar moet reel om by n hospitaal beeldradio te kyk dan sal daar die nodige behandeling vir n hartanval ter hande wees.Wat n gemors, ek raai aan dat tien veranderings aangebring word, sit die al Bulls Babes in die span, hulle sal baie beter doen as die manne wat of te bang, te ly of te groot kop is om te speel. Manne julle verdien nie stuiwers nie, het julle geen skaamte wanneer die hande uitsteek om hul besoldiging te vat nie? Om te dink dat ons soveel moet jaarliks moet betaal sulke twak te sien slaan my dronk. Perhaps it is time to despatch " the solid human waste, to the appropriate farm".
Posted by Thurlow on 21 March 2011 14:26
9
#7 Bomskok, se die Bybel nie ook dat ons nie mag oordeel nie. Nee wat hou op om die mense so af te kraak. Dat die Bulle probleme het is is feit, maar regtig moenie in die ouers se karakter klim nie man.
Posted by bulkalfi on 21 March 2011 14:22
8
Oor die game. Ek dink die swakste skakel in die pak is Dewald Potgieter. Hy het net geen impak nie. danie moet hom vervang en ons hoof baldraer wees. Spies moet minder gym en ball sense oefeninge doen.
Posted by Bomskok on 21 March 2011 13:35
7
Ek dink die bulle moet maar vir bakkies release om frankryk toe te gaan. Hy speel net te vuil. Kon daai klein WP skrumskakel se nek gebreek het. Wat my ook afsit van die Bulle is hoe hulle soos skynheiliges op hulle kniee gaan en bid voor die game. Staan daar nie in die Bybel dat mens nie soos die Fariseers op die straat hoeke moet staan en bid om deur mense raakgesien te word nie, maar as jy bid moet jy in jou binnekamer bid. Wat bid bakkies? Vergewe my want ek gaan nou vuilspeel?
Posted by Bomskok on 21 March 2011 13:33
6
Sterkte Bakkies! Miskien was Saterdag jou laaste vir die Bulls. FvdM is in elk geval beter op hierdie stadium. Nee manne, daar is fout by die Bulle. Verloor vir hulle en die VB span raak net te maklik. Duidelik ontbreek toewyding en guts. Ek wonder wie is in beheer van oefeninge,beplanning, post mortems. Verseker nie dieselfde mense as die afgelope 2 jaar nie!
Posted by Bloubosvelder on 21 March 2011 13:30
5
Ek het gehoop ons gaan die ding draai met hierdie wedstryd, maar die hoop het beskaam. Die gevaartekens was reeds laasjaar met die CB en veral CB semi daar. In die voorseisoen moes ons ten minste n plan B ontwikkel, maar om een of ander rede weier die Bulle dinkskrum om te aanvaar die reels het verander, jy kan nie meer n pistoolgeveg met die vuiste wen nie. En, as jy bly by jou ou wedstrydplan, en die span voer daardie plan nie met passie en toewyding uit nie, dan gaan dit nog slegter gaan, soos nou die geval is. So, wat is volgende ? Natuurlik hoop ek die Bulle kan die ding omdraai, en natuurlik ondersteun ek my span, wen of verloor, maar met die huidige wedstrydplan en huidige vorm gaan ons hier en daar n swakker span klop, maar ons gaan nie weer die kampioene wees nie. Sterkte Bulle, onthou, dit vat n man om te erken jy het n fout gemaak (verkeerde beplanning) ... en n groter man om dit dan reg te stel (met die regte gesindheid).
Posted by bendiebul on 21 March 2011 10:25
4
I say BAN TWITTER!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Muzi on 21 March 2011 09:49
3
I just read an article concerning the form of pierre spies.....my question is that do the bulls coaches know how to utilise pierre spies.....the bulls are not using spies correctly.He can not be our main ball carrier he is target he weighs 108 compared to willem alberts he is too light to carry alot of the balls he is getting smashed to pieces right not.Heyneke Meyer knows how to use pierre spies and jake white also knew how to ise spies the bulls coaches are confused spies can not be our main ball carrier he will get a bad injury watch this space. Bring in stephan dippernaar i say jaco pretrius is a weaklink!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Muzi on 21 March 2011 09:26
2
Lynstane - pateties! Skrums - kom ons skop vir hulle die bal terug!! Fourie du Preez - te stadig. MOrne - vat maar weer die week af, hoekom sal jy nou wil oefen?? Wynand - stormram. Basson - Sondagmiddag draffie, Habana kan my nie weghardloop nie!!! Om te verloor is iets wat gebeur in sport, maar wragtig om dit so slapgat te doen is darem te erg! Moenie so seker wees ons gaan die Lions kan wen nie.
Posted by Bloumens on 21 March 2011 08:42
1
Nou Ja ........ Wat kan ek se. Baai Super Titel........ Baai Vodacom Titel........Baai Currie Beker. Hallo 1998 tot 2003. Ek was gelukig by n reunie. So ek het nie Saterdag rugby gekyk nie. Ook maar goed so, anders het ek sekerlik n paar glase en dalk n tv minder gehad. Nou is hier nog steeds mense wat se daar is niks fout by die Bulle nie. ASB Mnr van Graan, iets is erens vout. Julle sal dit moet uitsorteer want dit kan nie so aangaan nie!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Bl@de Runner on 21 March 2011 07:45
VIDEO
Highlights of the Vodacom Super Rugby match between the Vodacom Bulls and DHL Stormers from Loftus Versfeld, Pretoria
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
20 Mar Derick Grobbelaar
20 Mar Reinhardt van As
22 Mar Hendro Scholtz
22 Mar Deon Stegmann
23 Mar Timothy Iraka
23 Mar Tufffy Reyneke
23 Mar Kobus Wernich
24 Mar Danie Crous
24 Mar Fourie du Preez (Jnr)
24 Mar Giepie Nel
25 Mar Richard Bands
26 Mar Chris le Roux
27 Mar Graeme Bouwer
JOIN US ON FACEBOOK
Virtual Tour