Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

Meyer in beheer van nuwe professionele struktuur by Vodacom Bulls
29 June 2011

Die Blou Bulle Maatskappy Edms (Bpk) kondig hiermee graag die volgende toevoegings tot hulle huidige afrigtingskorps aan, asook die langtermyn-aanstelling van Heyneke Meyer as Uitvoerende Hoof: Rugby.

In ‘n besluit van die Blou Bulle Maatskappy direksie op 30 Mei 2011 word Meyer aangestel as hoof van ‘n meer vaartbelynde rugby-afdeling, wat ook die aanstelling van Johan (Pine) Pienaar as Curriebeker-afrigter en Vodacombeker-afrigter van die Vodacom Blou Bulle en Nollis Marais, voormalige hoof-afrigter van Tuks Rugby, as afrigter van die Vodacom Blou Bulle o.21-span behels.

Huidige Super Rugby-afrigter, Frans Ludeke, bly hoof-afrigter van die Vodacom Bulls in ‘n langtermyn-pos en sal in beheer staan van die afdeling vir Senior Professionele Rugby, met Pienaar, wat pas as assistant-afrigter van die Suid-Afrikaanse o.20-span van die Junior Wêreldbekertoernooi in Italië teruggekeer het, wat hoof-afrigter van die Curriebeker- en Vodacombekerspan sal wees.

Marais staan aan die hoof van die afdeling Junior Professionele Rugby, met die gereelde Vodacom Blou Bulle o.19-afrigter, Paul Anthony, wat in dié pos voortgaan. Die voormalige afrigter van die Oostelike Provinsie Kings, Corné Korff, word aangestel as agterlyn-afrigter van die o.19-span en Elias Bennett as die nuwe spanbestuurder.

Die Hoë Prestasiebestuurder, Ian Schwartz, se portefeulje bly onveranderd, maar sy afdeling kry toevoegings en Johan Schoeman sal die Spelontwikkelingsafdeling van die unie se amateur-afdeling hanteer.

Tydens die aankondiging van die aanstellings het die Hoof Uitvoerende Beampte van die BBM, Barend van Graan, gesê die aanpassings is nodig om seker te maak die Vodacom Bulls, Vodacom Blou Bulle en hul junior spanne bly fakkeldraers in die spel.

“Ons moet die toekoms uitdaag en hierdie aanstellings is nodig om ‘n nuwe era te skep ná ‘n baie suksesvolle dekade en generasie van spelers. Heyneke sal daarop fokus om die ‘Bulls wyse’ te vestig, terwyl Frans op Super Rugby met sy gepaardgaande ontwikkelinge kan fokus.”

Van Graan het aangedui dat meer van spesialiste gebruik gemaak gaan word wat beskikbaar gaan wees vir alle Blou Bul-spanne. Biokinetikus Shaun du Toit is so iemand en is reeds in dié verband aangestel.

‘n Groter klem gaan voorts op amateur-rugby geplaas word om spelers aan die professionele strukture te lewer en om dit te vermag is Werner de Beer (Amateur-rugby en werwing) en Xander Janse van Rensburg (Skolerugby en werwing) in die Hoë Prestasie-afdeling van Schwartz aangestel.

Van Graan het verder die aanstelling van bemarkingsbestuurder, Richard Papo, bevestig.

Papo is die afgelope 13 jaar reeds ‘n spesialis in strategiese bemarking en het in verskeie hoedanighede in dié verband maatskappye soos Tiger Brands, Cadbury, Clover SA en Brand House bygestaan en van die land se voorste handelsmerke bestuur.

“Een van uitdagings in ons struktuur was die bemarking van die Vodacom Bulls handelsmerk. Richard bring waardevolle ervaring en sal ‘n groot bydrae kan lewer in ons strewe om die Vodacom Bulls-handelsmerk tot sy volle potensiaal te ontwikkel,” het Van Graan gesê.

Die Blou Bulle Maatskappy hoop om binnekort die pos van Uitvoerende Hoof: Kommersieël en Finansies te vul. “Ons wil nog iemand aanstel wat die oorhoofse kommersiële en finansiële aspekte bestuur, alternatiewe inkomstes kan genereer, stadiongebeure kan stimuleer en seker maak ons kry maksimum waarde van ons beleggings.”

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
VIDEO
You are viewing user entries from the Vodacom Shosholoza Bokke campaign. Sing Shosholoza to support our Bokke and stand a chance to win a trip for 2 to watch the Rugby in New Zealand. Entries close on 13th August 2011. T&Cs; apply.
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
26 Julie Deon Grobler
27 Julie Matt Frank
27 Julie Schubel O’Reilly
27 Julie Dewey Swartbooi
28 Julie Frikkie Bosman
28 Julie Tarr Eloff
28 Julie Perry Enslin (Oorlede)
29 Julie Manfred Böhmer
29 Julie Jacques Burger
29 Julie Piet Joubert
29 Julie Franco Smith
29 Julie Johan Wasserman
29 Julie Sam Willard
30 Julie Denzil Frans
31 Julie Hennie du Rand
JOIN US ON FACEBOOK
Virtual Tour