You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Bulls flatten Cheetahs on way to final


The Vodacom Blue Bulls are on their way to Durban to play against the Sharks in the ABSA Currie Cup final after they demolished the Vodacom Free State Cheetahs 31-19 at Loftus Versfeld on Saturday.

The Bulls were at their structured best and one never had the feeling that the game is not going to be won by Victor Matfield and his determined team. After the flyhalves Morné Steyn and Jacques-Louis Potgieter exchanged a few penalties in the opening minutes Bryan Habana scored the Bulls' first try in the 18th minute to take the Bulls into an 11-9 lead.

Steyn added another penalty two minutes before the break and in the 40th minute John Mametsa dived over to make the halftime score 21-9 for the Bulls.

In the first ten minutes of the second half neither the Bulls nor the Cheetahs could gather any points but Potgieter slotted another penalty in the 51st minute to keep the men from the Free State within range from the home side. However, Matfield extended the Bulls' lead in the 54th minute after they kept the ball through a number of phases and this try, with the score now on 28-12, took the wind out of the Cheetahs' sails.

The Bulls saw the game out with brilliant kicking patterns and excellent defence and the only time the Cheetahs could cross the Bulls' try line was twelve minutes before the end when speedster Jongi Nokwe intercepted a loose ball.

The Bulls will be very happy with this performance and the excelled in almost all of the aspects of the game. The forwards outscrummed the opposition, their defence was awe inspiring and in the line-outs Matfield, Danie Rossouw, Pierre Spies and Derick Kuün did a tremendous job to secure possession for the backs.

Deon Stegmann was outstanding on the ground and all the backline players had a great game. Zane Kirchner in particular was very effective and we all know how good Fourie du Preez is in a must win play-off match.

Among the forwards Gurthrö Steenkamp crushed his opponents with his aggressive tackling and Rossouw as well as Matfield just keep on delivering one amazing performace after another.

Scorers:

Vodacom Blue Bulls: Tries: Bryan Habana, John Mametsa, Victor Matfield. Conversions: Morné Steyn (2). Penalties: Morné Steyn (3). Drop goal: Morné Steyn.

Vodacom Free State Cheetahs: Try: Jongi Nokwe. Conversion: Jacques-Louis Potgieter. Penalties: Jacques-Louis Potgieter (4).



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. 1 ste soos die BULLE!!!!!!!!!!!!!
Posted by Blou Karnallie Saturday, October 11, 2008 - 19:53
2. Baie goeie wedstryd deur die Bulle. Ons het goed geskrum. Spies verloor egter te veel balle, hy moet sy spelpeil lig vir die finaal.
Posted by Blou Karnallie Saturday, October 11, 2008 - 19:56
3. Dit is die 6 de verloor vir die Vrystaat vanjaar teen die Bulle
Super 14 60-20
Vodacom 68-24
Finaal Vodacom 25-21
Curriebeker 31-23
Curriebeker 23-5
Curriebeker Semi 31-19
Baie Geluk Blou Bulle
Posted by Wes-Transvaal Blou Bul (Noordwes) Saturday, October 11, 2008 - 20:09
4. Die Vrystaat kon nie een span wên met Springbokke nie
Hulle kon nie eers die WP vanjaar wên nie.
In 6 wedstryde teen spanne van Blou bul land kon hulle nie een wên nie.
In hulle laaste 6 wedstryde kon hulle net die valke en die Boland wên.
Dit is dalk hulle plafon.
Het ook nog nooit 2 Finale in 'n ry gewên nie.
Slegs drie Currie bekers ooit.
Ek het ook gehoor almal in Bloemfontein soek blyplek.
Die Vrystaters het terug gekom aarde toe
Posted by Wes-Transvaal Blou Bul (Noordwes) Saturday, October 11, 2008 - 20:18
5. Spot on Wes-transvaal

RDis sooooooooo lekkkkeerrrrrrrr om teen die grootbek Vrystaters te wen. Mag hulle sulk tot hulle platgevee is met die aarde.

Die halfeindstryde het presies dit onderstreep wat gesê is verlede jaar: 2007 was geen ware rfeleksie van krag teen krag in SA rugby nie. Verlede jaar se finaal was 'n vloekskoot. 2006 se finaal moes die Bulle ook sonder hul Bokke klaarkom plus 2 geelkaarte deur onse Mark. 2005 was 'n poxie. Vandag is die waarheid van die afgelope drie jaar onder die Cheetas se windgat neuse ingevryf.

Dit is die eerste keer sedert 2005 dat Matfield en Fourie du Preez, en wynadn olivier en Brian habana en Guthro Steenkamp weer in 'n Curriebeker finaal sal speel en dat die Bulle weer hul bokke in die finaal sal terughê.

Vrystater, waar is jy my maat. Jy het verlede jaar hier kom vertel dis die einde van die Bul era. Sluk maar swaar my suurstatertjie.

Oranje bloem, ek soek 'n fotot van jou ou laas by die vertoonlokaal van die Curriebeker by die VS rugby Unie. Neem afskeid met laaaaaang trane.

Ek braai nou eers 'n tjoppie, rook n sigaarthjie terwyl ek aan Ollie Le Roux dink en drink 'n lekker Jacq Daneel.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Saturday, October 11, 2008 - 21:26
6. Great game vir ons Bulle,

Laat ek net eers dit oor die Leeus sê+ Hulle verdien wraggies nie om in die semi's te wees nie. WP sou baie waardiger opponent gewees het en kons selfs die Haaie geklop het. Ek het nog NOOIT so 'n lustelose weggooi semifinalis gesien soos die Leeus vandag nie. Earl rose is of omgekoop deur die Durbanse bookies, of hy is regtig vrot. Loffie Elof se drie jaar plan is ook nou verby en ook hy sal nes Ludeke nie regtig weet hoe goed hy is nie.

Die Sharks was net so lusteloos,en dalk sêmm dit meer van hul opponente as van hulle. Ek het 'n vermoede dat hierdie laaste paar weke se rustige stroll teen hulle kan draai in die finaal en dit mag dalk net vir die Bulle werk.

My voorspelling dat Fourie du Preez 'n grote sou hê vandag was in die kol. What 'n dude!

Thums up vir Rayno Gerber vandag. Die Cheetas se gepraat vooraf oor die skrums was toe maar eintlik net wind. Duane Vermeuelen is hard gelak en daarna was dit tickets. Vrystaat het hul loosies onder die up and unners gesit en toe dit nie werk nie, was dit nag nella.

Ek stem saam oor Pierre Spies. Hy lyk baie mooi gespierd en sterk, maar daar tackle klein Ebersohn hom laat hy hik. (dis nou 'n belegginkie op senter daai!) Pierre is geen gevaar nie behalwe dat hy sterk kan dryf maar ek weet nie of Juandre krugfer en Dewaldt potgieter nie ook dieselfde kan doen nie???

Wynand Olivier was weereens skitterend en Marius Delport is beslis nie meer ons blindekol in die agterlyn nie. Haban gaan op sy beste vorm wees in die finaal, hoor my lied, hy lyk bitter honger en hy het 'n paar goeie lopies ingekry.

Ons losskakel bekommer my egter 'n bietjie. Sy skoppe het nie die lengte om regtig spanne takties terug te druk nie, en sy pale toe skoppery was taamlik maklike skoppe. Sy doelskop vanuit die hoek uit het gewys dat Morne gaan sukkel as ons strafskoppe nie vir hom binne trefafstand is nie, en skop hy soos vandag weer net so buite die kwartgebeid, gaan Stefan terre Blanche weer baljaar. Sy balverspreiding, tesame met wynand Olivier s'n, is egter briljant, en dan moet ek hom darem op die skouer klop vir daardie skepskoppie teen die einde: You go Boet! Die Bulle se gaterlyn kook, en ditto vir Zane, wat vandag beter heelagter was as sy direkte opponent.

As die Bulle vandag afgerond het, het ons verskeer 'n 50 gehaal, en dalk is dit die finaal waar ons uiteindelik sal peak....

Nou virrie Blou!!!
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Saturday, October 11, 2008 - 21:44
7. Welgedaan Bulle !!!!!! Nou vir die regte uitdaging. Die Bulle is nou die underdog en dit sal verseker bars gaan in Durban. Na al die drama in die S14, nuwe afrigters ens. het julle dit tog reg gekry om op te staan.

My man vd wedstryd gaan aan Gurthro. Uitstekend. Die tackle op Strauss het 'n reuse invloed gehad - het my laat terug dink aan die eerste skrum toe Wouter Hugo so uit die poel gehaal is. Danie Rossouw het ook een van sy beter dae gehad. Stegmann was goed. Wikus, ai, ek vra 'n laaste grote oor 2 weke. Pierre het so gevaarlik gelyk by tye, nog net die hande.

Kirchner was toe heel goed (een knock sal vergewe word). My hart het byna gaan staan toe hy bal pass vir John. Hele agterlyn was goed. Ek hou nog steeds nie van Marius se manier van verdedig nie.

Rus nou maar daai moee lywe. Ek hou styf duim vas dat Bakkies sy terugkeer sal maak. Sterkte aan die spelers en bestuur met die beplanning.

Geluk aan die Sharks. Wees verseker dat julle 'n fight op hande het. Ons verblyf is reeds gereel. Is daar iemand wat asb. kan help met die kaartjies. Ons is hopelik 16 Bulletjies.
Posted by JB 007 (Centurion) Saturday, October 11, 2008 - 22:07
8. Amper vergeet ek om geluk te se aan Nico Serfontein en sy span. Bietjie aan die slaap geraak met daai voorsprong. Was sekerlik baie warm op die veld. Welgedaan !!!!
Posted by JB 007 (Centurion) Saturday, October 11, 2008 - 22:10
9. Naand Almal!!

Nou net terug van Loftus af en dit was fantasties!!

Die Bulle het die Vrystaters nie 'n kans gegee nie en was doodeenvoudig die beste span op die veld!!
Welgedaan Bulle!!!

Net 'n ou ietsie oor Spies.
Ja, hy is nog nie op sy beste nie, maar het 'n paar sterk lopies ingekry en 'n hele paar Cheetahs teruggedryf.
En hy was beslis nie die enigste een wie se hantering hom so bietjie in die die steek gelaat het nie.
Selfs ou Wikus, Danie en Derick het die bal 'n paar keer verloor.
Ek kom nie op vir hom nie, ek sê net almal het maar hier en daar foutjies gemaak, maar ek kan nie na 1 van die Bulle wys en sê hy't nie heeltemal sy kant gebring nie.

Hulle was ysters vanaand en het die Cheetahs met krag aangevat!!
Dis mos Blou Bul rugby so uit die boeke uit!!

Geniet dit Bulle!!
Julle het dit verdien!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Saturday, October 11, 2008 - 22:13
10. Hallo an al my mede BULL ondersteuners. Ek is hier uit Namibia en volg die blog al vir n lang tyd. Hoop ek is welkom om saam jul te gesels. Soos dit gaan daar by julle met ondersteuners wat mekaar hap oor spanne,doen ons ook hier. Soos die Bull en WP ding.lol. Ek is en SAL n groot BULL ondersteuner bly. Ek wens ek kon soos baie van julle hulle wedstryde persoonlik gaan kyk.

Eerstens will ek graag ietsie se van vanaand se wedstryd. Baie geluk aan die Bulle,jul maak ons almal trots en ek dink baie van julle sal saam stem. Tog dink ek ons was nie op ons heel beste maar beslis n goeie wedstryd. Ons gaan daai Chokers TRAP in die finals,want soos hulle se,history repeats itself.

Ek hoor wat baie van julle se oor Spies,en al breuk dit my om dit te se(want hy is my rugby held,en beslis my gunstuling speler),moet ek bietjie saam stem. Maar daar is tog tye wat hy baie gewaarlik lyk met die bal in hand. Ek dink speeltyd vir hom is die antwoord om weer op volle strewe te kom. Maar,en ek will nie negatief klink,dink ek tog n speler kan ok net so goed wees soos wat die afrigter is. Ek meen nie Luduke doen n slegte job nie en probeer hom nie laat sleg lyk,maar miskien moet hul hom meer probeer help aan sy voute. Ek sou vir hom se: Spies jy is groot en sterk,gebruik dit meer. Word meer agresief. Probeer die spel beter lees en werk aan jou basic nr.8 spel bietjie.

Dis maar wat ek dink julle. Spies is nog jonk en nog baie om te leer. Maar ek voorspel dat hy nog n GROOT Springbok legende gaan word. Ek sal selfs so ver gaan om te se hy gaan dalk nog 1 dag n goeie kaptein ook maak,miskien n Springbok ene ook.

FINALS HIER KOM ONS!!! Dink Chokers is besig om slaapeloose nagte te kry!!
Posted by BigBullsFan (Swakopmund) Sunday, October 12, 2008 - 00:09
11. Oh ja. Ek dink tog Tiger sou n beter opsie wees as Kirchner. Hoop tiger begin in die Finaal
Posted by BigBullsFan (Swakopmund) Sunday, October 12, 2008 - 00:10
12. Mense dit was fantasties op Fort Loftus, maar ongelukkig land ons toe reg voor die mees ongeskikste en dalk die gesuipste Cheetah ondersteuners wat daar seker was, kyk sulke monde kort werklik seep en soos julle my ken is ek self iemand wat maar lekker kan "nie mooi" praat nie, maar wat my verder gehinder het was dat hulle op een of ander manier bier daar gesit en drink het, 'n bul se glas is van hom af weg gevat deur die sekuriteit maar hoe het hulle die bier daar ingekry? Hulle het so hard gegil en geskree dat mens werklik nie eers op die game kon konsentreer nie.

Wel halftyd het hulle seker nog bier gaan kry toe rus ons ore so bietjie gelukkig, maar o wee toe haak hulle nie vas by die biertuin nie.

Iets anders wat my gepla het was die klipharde rassistiese bewoording wat hulle gebruik het, en kyk ek het my vervies daarvoor want daar was van ons mede kleurling en swart ondersteuners daar soos in twee het reg langs ons gesit en het net soveel vir hulle kaartjies betaal as ons. Ek noem nie hierdie om die cheetah ondersteuners in 'n slegte lig te stel nie, daar was baie ander cheetah ondersteuners ook wat mens amper nie eers gehoor of gesien het nie, dis vir my net tragies dat dit altyd net die bulle ondersteuners is wat sleg gesê word.
EN RAYNO DANKIE JY HET DAAI GROOTBEK TOE GEDRUK DAT HY HIK....
Nag Bulle.

Dankie Jimmy vir die inligting, sal dit oordra aan Mr Daisy wat eintlik wou geweet het.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Sunday, October 12, 2008 - 00:34
13. Môre al die bly Blou Bulle

Ja ek si bly ons het gewen, maar dit was moeiliker as wat ons gedink het. Die span het goed saamgespeel en dit lyk of die ruskans net die ding was wat hulle nodig gehad het. Potgieter kan miskien bo Speis begin en dan kan Spies as impak speler gebruik word. Ons het goed geskrum. Die agterlyn kon beter as hulle die rehte opsies uitgevoer het,

Zane was goed, maar Tiger sou ons ook nie in die steek gelaat het nie.

Jammer vir die cheeters, maar julle toeskouers was ook waar ek gesit arrogant, bomvasties en dronk - dit was nie wat ons verwag het nie.

Sterkte vir die finaal Bulle. As Spies op standaard is kan hy 'n teenvoeter wees vir Kankofski, anders het ons groot probleme.
Posted by Rustig (Centurion) Sunday, October 12, 2008 - 06:05
14. GOEIE MORE SEEVIERENDE BLOU VOLK!

Baie geluk onse BLOU BULLE, die GROTES en O/21s; dis presies reg wat julle gedoen het. Ook baie geluk aan Frans Ludeke, Nico Serfontein en julle afrigtingsspanne. JULLE BOU DIE BLOU TRADISIE UIT! Mooi!

Vir die lines en tjieters? Taffies, ouens, sien julle in die volgende S/14.
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Sunday, October 12, 2008 - 06:37
15. NOU VIR DURBS! Wie's daai span nou weer? O ja, die CHOKERS! BULLE gaan trap hulle wintie keelgatte toe!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Sunday, October 12, 2008 - 06:38
16. Vanoogend se ANZ telling:

Hawke's Bay 31 - 28 Waikato

Hulle semis gaan baie taai wees?
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Sunday, October 12, 2008 - 06:40
17. Good morning South Africa!
Bulle, Bulle en Bulle, julle het alles gedoen wat nodig is om final toe te gaan. Veels Geluk aan almal betrokke.
WHOZA BULLE!!!!!!
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Sunday, October 12, 2008 - 06:46
18. Dankie vir ANZ LB.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Sunday, October 12, 2008 - 06:47
19. Hardlines vir die Lions & Cheetahs, beter luvk next time?
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Sunday, October 12, 2008 - 06:48
20. #10
Die coach kan nie die game vir 'n speler speel nie, en net so min durf en murg in sy pype sit, of vir hom visie leer. Kom ons wag maar eers vir Spies om sy vorm te herwin voor ons hom tot Springbokkaptein en legende status verhef. Ek kom agter dat van die mense in BBland nogal ywerig is om supersterre van ouens met kleivoete te maak. 'n Speler moet die erkenning eers verdien. Op die oomblik moet ons, Springbok of te not, ons beste speler in elke posisie speel, en ongelukkig is Pierre nie tans die beste nie. Tog word hy voor Pottie gekies, seker op versoek van Pietertjie om hom te help vorm herwin. Maar ons gaan Pottie se tackles en werkverrigting teen Kanko en Kie nodig he.
Posted by bloutokkelosie (Pretoria) Sunday, October 12, 2008 - 07:32
21. Dagse Getroue Bloues (en ander gematigdes) -
En dis nog steeds lekker, baie lekker! Chokers beware, die Blou Masjien is op pad.
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Sunday, October 12, 2008 - 07:55
22. My plesier, B1.
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Sunday, October 12, 2008 - 09:18
23. dis die blou, DIS DIE BLOU.......wat die shaikse gaan vou.....

KOM DIE BLOU BUL, FRANS EN AFRIGTINGSPAN! Bring hom hustoe waar hy HOORT! Sal hom sommer vasmessel daar in die Voortrekkermonument; aan die voet van die senotaaf, waar hy VIR ALTYD behoort te BLY!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Sunday, October 12, 2008 - 09:22
24. Oor 2 weke:

"Bulls Flatten Sharks in Final"

YESSSS!!!!!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Sunday, October 12, 2008 - 09:25
25. Kyk mooi hoe byt die babers in die volgende 2 weke! ***LMGA***
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Sunday, October 12, 2008 - 09:27
26. 3 jaar in n ry claim vrystaat wat van die tweede jaar toe julle hom gedaal het met die BLOU BARON. Breebors sekel stert die jaar is pa se ORANJE SEUN niks werd.
Posted by Timeband (Pretoria) Sunday, October 12, 2008 - 14:01
27. Wat 'n wedstryd...

Al wat my pla is is dat die cheatas partykeer te maklik 'n gaping kon kry en dat dit amper 3 bulle vat om 1 opponent plat te vat...maar die bulle het uitstekend gespeel...

Ek dink in die finaal gaan ons dalk agterkom hoe ons vir dreick hougaard mis...
Posted by FEZELA (Vryheid. ) Sunday, October 12, 2008 - 14:10
28. (20)

Het nou gou weer die game gekyk, en ek verskil bietjie van julle.
Ek was self op Loftus en Spies het nie vir my so verroes gelyk nie.
Hy het 'n paar reuse tackles ingekry, veral die een op Barend Pieterse toe hulle weer oppad was doellyn toe.
En Kankowski en Daniel het baie spoed, daarom is Spies dalk 'n beter keuse om teen hulle te begin.

Pottie is 'n yster en kan as hy opgaan, klaarmaak wat Spies begin het.
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Sunday, October 12, 2008 - 15:09
29. Wat my baie bly gemaak het is die feit dat Habana bietjie lus gelyk het om te speel.

Hy self was nie die speler van verlede jaar hierdie laaste ruk nie.

Hopelik herwin hulle almal hulle topvorm in die finals!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Sunday, October 12, 2008 - 15:11
30. Post 26, Timeband: ?????
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Sunday, October 12, 2008 - 16:08
31. Bulle,

Wat 'n plesier om hier in die vreemde my BLOU BUL trui aan te trek en te gaan Rugby kyk.

Boys,

2 weke en dan staan die Cup weer op Loftus!!!!

NOU VIR DIE BLOU
Posted by Dubai Bul (Dubai) Sunday, October 12, 2008 - 17:33
32. Hoeveel keer het die bulle al die currie cup gewen?

Heineken Cup
Leicester tigers 12-6 Ospreys

Hougaard het so in die 66 minuut op gekom, nie so goed verdedig maar takties skoppe was uitstekend!
Posted by FEZELA (Vryheid. ) Sunday, October 12, 2008 - 18:02
33. Blou Bulle bestaan eers van 1938
Van 1939 is daar eers begin speel in 'n finaal
Wênners van die Currie Beker in 47 Finale
22 Blou Bulle(ingesluit 4 keer gedeel - in 29 finale)
11 WP (ingesluit 2 keer gedeel- in 22 finale)
8 Leeus (1 keer gedeel - in 18 finale)
4 Natal (in 10 finale),
4 Cheetahs (1 keer gedeel - in 12 finale)
3 -
1 Griekwaland Wes (in 1 finaal)
0 Boland en Oos Transvaal het elk in een finaal gespeel

Dus die Bulle speel in 30 finale uit 48 na vanjaar
Posted by Wes-Transvaal Blou Bul (Noordwes) Sunday, October 12, 2008 - 18:47
34. Dit was 'n skiiterende game-sit die punte op die bord en verdedig dit! Die sharks het presies dieselfde gedoen (weliswaar teen 'n baie swakker span). Jammer Spies het die bal 2 keer verloor na goeie breke maar hy lyk vir my baie naby aan sy beste en dan sal hy begin. Pottie is ideale impakspeler; hy kan Daniel se rol neutraliseer waneer hulle opkom.
dankie vir die stats WtvlBb! Ek reken 'n sukseskoers van 76% teenoor 40%(Natal/Sharks) vertel 'n storie van sy eie- nog enige twyfel oor die mantel van chokers?!
Posted by Bloubosvelder (Lephalale) Sunday, October 12, 2008 - 18:59
35. Wat 'n pragtige artikel oor (f)Luke Watson in Rapport. Ek vertrou dat dit die absolute finale en laaste sien van die seuntjie in 'n Springbokspan was. Rubbish bly rubbish. Die Kiwi's en Aussies het meer respek vir die Boktrui.
Posted by JB 007 (Centurion) Sunday, October 12, 2008 - 19:16
36. Bosveldertjie,Jou rubbish statistieke van wen en verloor beteken niks vir Plumtree nie.
Hierdie is die sharks se jaar, en basta met jou bloubulmasjien. Die enigste een wat gaan choke is jy in jou bier. Ek kan nie wag om te sien hoe sny Kanko verby Pierre Spies soos 'n pyl uit 'n boog nie. Die bulle is en bly 'n baie goeie span, maar Plum se span het geen swakplekke wat die masjien kan aanval nie. Sorry mater....
Posted by mitysharkie (Pongola) Sunday, October 12, 2008 - 19:44
37. JB007, ek het nie die rapport gekoop nie, maar om sulke goed te hoor vul my met haat vir die man. Luke Watson is een arrogante, maar gem rugbyspeler...
Posted by mitysharkie (Pongola) Sunday, October 12, 2008 - 19:46
38. LB,jy is reg,die eerste baber het lyn gevat.LOL,vrot viskop vir aas.
Posted by Blou Dino (Witbank) Sunday, October 12, 2008 - 20:09
39. Luke Watson has slammed the “Dutchmen” who control South African rugby, and says he wanted to vomit on his Bok jersey last year.

In a speech on transformation at the Ubumbo Rugby Festival at the University of Cape Town on Friday, 3 October, the Bok flank spoke about his family’s fight against apartheid and said he accepted the “burden” of wearing the Bok jersey because there is a “bigger picture”.

“We need to realise that the here and now is not just the here and now, but the here and now only exists because of those who went before us and because of those who are still to come,” Watson said. “Me having to wear the Springbok jersey, to keep myself from vomiting on it, because there is a bigger picture, because men and women have bled for me to get there.”

Watson claimed that South African rugby’s biggest problem is that it is being run by “Dutchmen” (white Afrikaners). He called the Varsity Cup an elitist competition, saying it was run by the “biggest Dutchman of them all” in World Cup-winning Bok captain Francois Pienaar. He also reportedly said that the only way blacks could make money out of the sport was if Afrikaners were removed, and that he hated losing his place in the Bok team to an Afrikaner (Schalk Burger).

Watson then spoke for the first time about his controversial debut for the Boks against Samoa last year, when he was included in the team at Saru president Regan Hoskins’s insistence.

“I sat with my father [Cheeky], last year in the Springbok camp. I was in the hotel. I said: ‘Dad, I’m leaving. This place is despicable, it’s disgusting. The men won’t talk to me, they won’t greet me, the very coach won’t greet me. They walk past me. I sat at a table by myself; they wouldn’t eat with me, because I was a political pawn.

“But yet, Danie Craven has stadiums named after him. Danie Craven, the very man that said a black man will never play for the Springboks; he’s got stadiums named after him, he’s got traditions [tournaments] in honour of his name, statues erected. But yet I’m a political pawn? The little white boy in the corner, that sits with his mouth shut eating by himself?

“My father said: ‘Luke, unpack your bag’. I said: ‘Why?’. “He said: ‘Too many people, Luke, have bled, so that you can be here, whether you play or not, your very presence symbolises victory, symbolises a step forward, symbolises us coming up against South African rugby, an institution that is rotten to the very core’.”

He added that “the men who sit on my left and right of me in the [Springbok] change room despise me for who I am .. The man next to me automatically gets uncomfortable. He looks at me and says: ‘There is something different about this man, there is something different about Luke Watson. He can’t be bought - I can’t throw the Springbok jersey at him and expect him to beg for it, to be on his knees, because it is not going to happen’.”

SA Rugby het 'n nood vergadering more met U.K. en die WP Rugby Unie.

Watson die politikus. Loftus wag vir jou, dan is daar nog Bloemfontein en Coco Cola Park en die Absa stadion. Ek kan ongelukkig nie sien dat jy weer vir WP / Stormers sal speel nie. Maar ek hoop.....soos ek hoop vir 25/10.
Posted by JB 007 (Centurion) Sunday, October 12, 2008 - 21:18
40. Ek wil net graag een vraag vra oor gister se game, ek is nie die grootste rugby kenner nie, daarom vra ek jul opinie. ñ Paar mense het al vir my gesé ons een drie was ñ forward pass. Wat sé julle?
Posted by Blou Sonneblom (Pretoria - Bulls or nothing) Sunday, October 12, 2008 - 21:36
41. Blou sonneblom

Ja, Brian se drei was vorentoe, so what. Verlede jaar was ons een skop mis en die lynregters het gewys hy was mis. Ons het nie gehuil nie, so die cheeters moet ook nie huil nie.
Posted by Rustig (Centurion) Sunday, October 12, 2008 - 22:46
42. Ekskuus, die skop was oor.
Posted by Rustig (Centurion) Sunday, October 12, 2008 - 22:46
43. Sonneblom, ek vra dieselfde vraag. Raai wie was die naaste met sy / haar telling?

BLOU BULLE 32 - 15 cheetahs - Bergbok
BLOU BULLE 28 - 17 cheetahs - BITE*ME
BLOU BULLE 29 - 17 cheetahs - Sharkstop
BLOU BULLE 23 - 12 cheetahs - B1
BLOU BULLE 21 - 16 cheetahs - Scarface
BLOU BULLE 41 - 17 cheetahs - BolandBUL
BLOU BULLE 31 - 18 cheetahs - James Bond 007
BLOU BULLE 33 - 17 cheetahs - Sharktail
BLOU BULLE 41 - 25 cheetahs - AK
BLOU BULLE 28 - 11 cheetahs - LB
BLOU BULLE 39 - 17 cheetahs - ALS BLOU
BLOU BULLE 21 - 20 cheetahs - Bloubefoeterd
BLOU BULLE 35 - 10 cheetahs - Serena
BLOU BULLE 27 - 23 cheetahs - Blou Sonneblom
BLOU BULLE 29 - 18 cheetahs - P2
BLOU BULLE 18 - 12 cheetahs - Blou Karnallie
BLOU BULLE 61 - 10 cheetahs - RDM
BLOU BULLE 24 - 12 cheetahs - BBS
BLOU BULLE 26 - 21 cheetahs - Koeks
BLOU BULLE 25 - 17 cheetahs - Antoinette
BLOU BULLE 28 - 19 cheetahs - BLOUAL
BLOU BULLE 26 - 18 cheetahs - Judge
BLOU BULLE 58 - 09 cheetahs - Blueman
BLOU BULLE 27 - 14 cheetahs - bullsbabe
BLOU BULLE 25 - 17 cheetahs - LLAH
BLOU BULLE 27 - 15 cheetahs - Blou-is-Baas
BLOU BULLE 26 - 19 cheetahs - the legend

Is daar asb iemand wat kan help met kaartjies in Durban?
Posted by JB 007 (Centurion) Sunday, October 12, 2008 - 22:49
44. Sorry Sonneblom. Nie mooi gelees nie. 'n Skeidsregter se verduideliking: Die aangee word getoets deur na die speler (wat pass) se hande / arms te kyk. Indien dit na agtertoe is, is dit reg. Die lyn is nie van toepassing nie. Kyk gerus weer na Wynand se hande. Die TMO was gelukkig reg met die beslissing.
Posted by JB 007 (Centurion) Sunday, October 12, 2008 - 23:13
45. Vir julle ouens wat dink Brian se drie was 'n forward pass
Gaan kyk gerus die video op Youtube en kyk bietjie hoe word 'n vorentoe aangee geevalueer.
Aan al die nie Bulle
Julle gaan defnitief iets leer
http://www.youtube.com/watch?v=RgMlDy2jP9s
Posted by Wes-Transvaal Blou Bul (Noordwes) Monday, October 13, 2008 - 03:59
46. Bul-pak hou sleutel
LIAM DEL CARME
12/10/2008 08:42:28 PM - (SA)

As die Sharks se rugbyspan sy Curriebeker-droogte wil breek, sal hy eers die angel uit die Blou Bulle se tamaai pak moet trek.

John Plumtree, die Sharks se afrigter, glo die Sharks sal dit wat die Blou Bulle voorlangs uitdeel, moet absorbeer as hulle die Curriebeker-eindstryd op 25 Oktober wil wen.

“Die Bulle het ’n groot pak voorspelers. En hulle is beslis beter as byvoorbeeld die Cheetahs agterlangs omdat hulle meer Springbokke het.

“Dit sal ’n groot fisieke uitdaging wees. Hulle hou daarvan om fisiek te speel,” meen Plumtree.

Dié breier se span het Saterdag die Leeus met 29-14 getroef, terwyl die Bulle met 31-19 baas was teen die Cheetahs.

Plumtree besef dat daar baie druk op sy spelers is om ’n trofee die eerste keer in 12 jaar te verower en hy kon voor die halfeindronde kwalik ’n beter opsweepmiddel vind.

“Ons het middagete saam met Craig Jamieson, Wahl Bartmann en Gary Teichmann geniet.

“Ons het aan die spelers video-materiaal gewys van hoe ons in die jare 90 die Curriebeker verower het.

“Craig, Wahl en Gary het die truie oorhandig. Dit was ’n kragtige boodskap. Hulle het van hul ervaring as kapteins van die Sharks gepraat en hoe hulle die span tot glorie gelei het.

“Die spelers het dit baie geniet. Van die spelers het nie geweet hoe Wahl gespeel het nie en toe wys ons hulle,” het Plumtree gesê.

Met ’n gaping van twee weke tussen die halfeindronde en die eindstryd, moet albei spanne ’n fyn balans in hul voorbereiding handhaaf.

“Ons het die aanloop tot die halfeindstryd soos ’n eindstryd benader. Die eindstryd sorg vir homself ons hoef nie die spelers daarvoor op te sweep nie,” het Plumtree oor hul sielkundige benadering gesê.

“Ek sou verkies het om onmiddellik voort te gaan. Nou gaan dit 10 tot 14 lang dae wees.

Morris Gilbert skryf die grootste uitdaging waarvoor die Bulle die volgende twee weke in die aanloop tot die Curriebeker-eindstryd te staan sal kom, is om niks te oordoen nie.

Daarom sal die spelers net tot oormôre oefen waarna hulle tot Maandag afkry om hul koppe skoon te kry.

Wanneer die Bulle wel oefen, sal hulle veral aandag aan hul spel by die kontaksituasies moet gee.

Hul balbeheer was swak by die afbreekpunte en hulle het etlike strafskoppe daar afgestaan.
Posted by BLOUALLENT (CAPE TOWN) Monday, October 13, 2008 - 06:19
47. Waar is die oranje mense nou??
Posted by BLOUALLENT (CAPE TOWN) Monday, October 13, 2008 - 06:20
48. Bulle vryf sout diep in
MORRIS GILBERT
12/10/2008 07:38:11 PM - (SA)

Die oorwinning met 31-19 wat die Blou Bulle Saterdag in die Curriebeker-halfeindstryd behaal het, het die kroon gespan op ’n seisoen waarin die Cheetahs se neuse herhaaldelik in die grond gevryf is.

Die feit dat dit juis die Ligbloues is wat die Cheetahs se Curriebeker-wurggreep verbreek het, maak die wraak soveel soeter vir veral die skandes van 2005.

Die einste Vrystaters het die Bulle immers toe as kampioene onttroon en ook verlede jaar in die halfeindronde geklop.

Dit was eergister die negende keer dié seisoen wat die Bulle/Bulls in die onderskeie reekse met die Cheetahs kragte gemeet het.

Die Bulle het agt daarvan gewen en die Cheetahs net een. Dit was op 3 Mei toe die Vrystaters se o.19-span hul Ligblou-eweknieë met 23-20 op Loftus Versfeld geklop het.

In die nege wedstryde tussen dié twee aartsvyande het die Bulle 324 punte aangeteken en 187 afgestaan.

Die drieëtelling was 37-24 vir die Bulle.

Met hul oorwinning in die Curriebeker-halfeindronde het die Bulle ook die bygeloof dat dit feitlik onmoontlik is om dieselfde span drie keer in dieselfde seisoen in dieselfde reeks te klop, vir ’n reuse-ses geslaan.

Dié driekuns het op Loftus begin toe die Bulle hul eerste ligawedstryd teen die Cheetahs met 31-23 gewen het. In die herontmoeting in Bloemfontein was die Bulle met 23-5 baas.

Hoewel die oorwinning in die Curriebeker-halfeindstryd meer betekenisvol ten opsigte van die groter prentjie is, was die Bulle se beste naweek teen die Cheetahs steeds dié in Mei toe hulle twee keer in twee dae by die Vrystaters gespook het.

Op 16 Mei het die Bulle met 25-21 teen die Cheetahs in die Vodacombeker-eindstryd op Loftus geseëvier nadat hulle in die ligafase met 68-22 in Petrusburg baas was. Dit is die meeste punte wat nog teen enige Vrystaatse span aangeteken is.

Op 17 Mei het die Bulls en Cheetahs hul Super14-verpligtinge in Bloemfontein afgehandel en die besoekers ’n wegholsege met 60-20 behaal.

In die nasionale amateurreeks het die Bulle op 4 Oktober met hul Vrystaatse eweknieë in die halfeindronde afgereken (35-34).

In die nasionale o.21-reeks het die Bulle die vorige dag met 31-22 teen hul Vrystaatse eweknieë gewen en só van die eerste plek op die puntelys seker gemaak.
Posted by BLOUALLENT (CAPE TOWN) Monday, October 13, 2008 - 06:24