You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Bulls put pride back in their jerseys


The Vodacom Bulls played some of their best rugby of the season in their 47-17 hammering of the Highlanders at Loftus Versfeld on Saturday.

The Bulls started of with a bang and within four minutes the fullback Zane Kirchner dived over thanks to brilliant backline play for the first of his side's six tries.

The Bulls continued in the first half with their urgent, intense, high tempo approach and absolutely demolished the visitors in all aspects of the game to lead 28-3 at halftime.

The way the team scrummed, mauled and gained momentum with the forwards' robust runs was a clear demonstration that this team is still able to play top class rugby.

The Highlanders are clearly not the toughest opposition in the Super 14 but what was most pleasing was the fact that the Bulls played outstanding 15man rugby and used the width of the field to maximize their own potential.

After the break JP Nel scored the Bulls bonus point try within six minutes but for a while it looked like the Highlanders will at least try to keep the Bulls from their goal line, but they could only hold out till the 70th minutes because in the last ten Pedrie Wannenburg as well as Akona Ndungane each scored a scintillating try thanks to stupendous interplay.

The team was particular effective in the set pieces and it will be an injustice if the names of Werner Kruger and Gurthrö Steenkamp are not mentioned. They did a lot of hard work in the scrums and on the defence they gave it their all.

In the loose the pack as a whole was very destructive but the star of the game was the young scrumhalf Francois Hougaard, who had to play 67 minutes after Heini Adams injured his tibia quickly after the start of the game.

Hougaard's pass, his work rate, his options and his work on defence were excellent and part of why the backline could run havoc was because of his brilliant service.

Morné Steyn had a stormer at flyhalf and created a lot of space for his outside backs and men like Wynand Olivier, JP Nel, Akona Ndungane and Kirchner will be very chuffed with the way they ran into the gaps.

Bryan Habana did not get a lot of opportunities but his work of the ball personified the positive attitude of the Bulls that they had on the day.

Scorers:

Vodacom Bulls: Tries: Zane Kirchner (2), Akona Ndungane (2), JP Nel, Pedrie Wannenburg. Conversions: Morné Steyn (4). Penalties: Morné Steyn (3).

Highlanders: Tries: Chris King, Tom Donnelly. Conversions: James Wilson (2). Penalty: Wilson.



Print


Login Email adress Password


Blog
1. 1ste??????????????????
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, April 21, 2008 - 09:47
2. Try weer
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Monday, April 21, 2008 - 09:48
3. Môre Bulle, Bullinne en Bergbok.
Dankie Bulle vir 'n pragtige verbetering en geluk aan die Stormers.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Monday, April 21, 2008 - 09:49
4. LOL LB.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Monday, April 21, 2008 - 09:51
5. Die twee jong skrummies het 'n groot verandering gemaak aan die agterlyn. Die balle was vinniger skoongemaak en het nie gelyk soos 'n spietkop wat verkeer berheer nie.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Monday, April 21, 2008 - 09:56
6. 1,2,3 testing.....
Posted by bullsdaisy (Pretoria (Harties)) Monday, April 21, 2008 - 10:01
7. ag nooit ek het meer van my nuwe naam gehou.
Posted by bullsdaisy (Pretoria (Harties)) Monday, April 21, 2008 - 10:02
8. MORE ALMAL

Ek wil ook baie geluk gesê aan die Bulle vir gister - julle was puik ,en ek is so trots om 'n bul te wees.
Posted by chloe (capetown) Monday, April 21, 2008 - 10:02
9. is dit nou weer die oues?
Posted by lieflingaanhanger_pe ((nou hougaard aanhanger)) Monday, April 21, 2008 - 10:02
10. Jip
Posted by bullsdaisy (Pretoria (Harties)) Monday, April 21, 2008 - 10:04
11. Die wat sukkel om te post log uit en weer in dan is dit als weer soos dit was voor die dinges die site getref het.
Posted by bullsdaisy (Pretoria (Harties)) Monday, April 21, 2008 - 10:04
12. hulle wil mens deurmekaar maak op 'n maandag oggend LOL
Posted by lieflingaanhanger_pe ((nou hougaard aanhanger)) Monday, April 21, 2008 - 10:07
13. Ons is alreeds so deurmekaar na saterdag se game.
Posted by bullsdaisy (Pretoria (Harties)) Monday, April 21, 2008 - 10:08
14. Derick bly langer in Pretoria
J.J. Harmse

Pretoria

Derick Hougaard gaan nog vir minstens die volgende vier seisoene Loftus se Liefling bly. Die 25-jarige losskakel het ondanks verskeie aanbiedinge van oorsee, besluit om sy uiters vrugbare verbintenis met die Blou Bulle en Bulls tot 2011 voort te sit.

Dié besluit behoort soos manna uit die hemel te kom vir die beleërde Bulls-onder?steuners, veral omdat daar steeds op verskeie van die Bulls se beste spelers jag gemaak word. Hougaard se mosie van vertroue in die Bulls laat die toekoms aansienlik blouer lyk.

Hougaard het aanbiedinge van vyf Franse klubs en minstens twee Engelse klubs oorweeg, maar besluit om te bly “want ons moet regmaak wat vanjaar verbrou is”.

Hy glo sy vroeë besluit sal help om ander senior spelers steeds in die Bulkraal te laat wei.

“Die laaste paar weke het baie met my besluit te doen gehad. Jy kan nie net deel van iets wil wees in die goeie tye nie. Jy moet ook wys waar jou lojaliteit en integriteit lê as dinge swaar gaan, soos nou by die Bulls,” het Hougaard aan Rapport gesê.

“Ek hoop dit spoor my spanmaats aan om ook hulself in die Bulls te belê. Ons moet regmaak wat stukkend is en daardie honger terugkry om weer die beste te wees. Ek speel ook nou al ses jaar saam met wêreldklas-spelers en hoop dat die volgende vier jaar dieselfde sal wees.”

Die puntemasjien, wat reeds die Bulls se grootste puntemaker in Super-Rugby is, erken dat die besluit beslis nie weens finansiële redes gemaak is nie. Hy keer trouens sy rug op ’n aansienlike finansiële geelwortel oorsee.

“Uiteindelik gaan dit oor waar jy gelukkig voel, die mense rondom jou kan vertrou en steeds ’n bydrae wil maak,” het Hougaard oor sy besluit gesê.

Hy wil weer vir die Springbokke uitdraf. “Daardie vuur brand steeds in my. Dit bly steeds ’n grootse eer om vir jou land te speel en dit is nie anders met my nie. Daar is nog leemtes wat reggestel moet word, maar ek glo ek kan ’n bydrae lewer. ”

Hougaard het 69 punte in sy agt toetse aangeteken, maar het nooit regtig ’n kans gehad om sy stempel af te druk toe Jake White in beheer was nie.

Sy skitterende spel in verlede jaar se Super-14-reeks het White geen ander keuse gelaat as om Hougaard weer ’n kans te gee nie, maar hy is oor die hoof gesien toe die Wêreldbekergroep aangewys is.

Ondanks die Bulls se gesukkel is Hougaard weer een van sy span se bestendigste spelers en sy skopvoet is so dodelik soos altyd. Sy 74 punte vanjaar bestaan uit tien doelskoppe, 16 strafdoele en twee skepdoele. Belangriker is dat hy steeds die beste tref?tempo van al die skoppers in die reeks het en met meer as 80% van sy skoppe pale toe slaag.

Baie dankie Liefling vir toegewydheid - ek hoop jy stel die voorbeeld vir baie vandie ander wat wou geloop het.Jy is my eie Liefling en ek is so trots op jou!









Posted by chloe (capetown) Monday, April 21, 2008 - 10:08
15. Ja chloe, het ook vroeër vandag vir hom dankie gesê. Dit maak my meer positief as spelers soos hulle se bloed blou bly as die wen teen die Highlanders. Beteken hulle wil nog vir ons speel en dinge regmaak.
Posted by lieflingaanhanger_pe ((nou hougaard aanhanger)) Monday, April 21, 2008 - 10:11
16. More almal
Posted by Dibul.van.warmbad (Warmbad) Monday, April 21, 2008 - 10:15
17. Hiert maar die virus kan 'n mens rondgooi.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Monday, April 21, 2008 - 10:16
18. Hopelik is dit nou reggestel.
Posted by lieflingaanhanger_pe ((nou hougaard aanhanger)) Monday, April 21, 2008 - 10:18
19. kom ons probeer weer
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 10:22
20. Yes Rissie daar gaat jy.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Monday, April 21, 2008 - 10:23
21. Ha Rissie jy is op.
Posted by bullsdaisy (Pretoria (Harties)) Monday, April 21, 2008 - 10:23
22. As die teenstand beter was sou ek opgewonde geraak het. Kom ons kyk maar eers oor 2 weke teen die Brumbies. Fourie de Preez jy het n problem in die Bull span het die 2 jong skummies altwee beter as jy gelyk and Januarie gaan jou lig uit die Bok span.
Posted by Leslie (Pretoria) Monday, April 21, 2008 - 10:23
23. Leslie, Fourie het nie sy kontrak met Bokke hernu nie.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Monday, April 21, 2008 - 10:24
24. Great Stuff

Geluk aan die bulle met julle wonderlike oorwinning! Dankie dat julle soos 'n span saam gespeel het!
Frans Hougard - jy is 'n ou doring!
JP - dankie vir geen geelkaarte nie en dat jy nie suinig was met die ou balletjie nie
Zane - jy is 'n ou staatmaker

Ek hoop dit is 'n goeie opwarming vir 'n great CC seisoen.

Ook baie geluk aan die Stormers met julle oorwinning
Geluk aan die dolphins & baie baie geluk aan die titans! Baie trots op julle blou mense! Kom ons vat daai koppie!

Geniet die dag verder!
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 10:25
25. Yes Bullsdaisy - ekke is hier.

Jippeeeeee!
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 10:27
26. Daars hy nou werk die ding darem weer.

MORE BLOU MENSE!!

Mooi wedstryd gewees, net jammer dit was teen die blindeskool.

Paar goeie dinge:
Ek sien Wilhelm Steenkamp praat baie met die spelers op die veld, is hy dalk die kaptein in wording vir die toekoms???
Baie beindruk met die jong Francois Hougaardt.. hy gaan nog groot rugby speel.
Morne Steyn het vir my goed gelyk op die aanval.
JP Nel het vir die eerste keer soos `n senter probeer speel.
Pierre Spies gaan binnekort weer sy selfvertroue en vorm terug hê.

Sal maar moet sien wat gebeur teen die Warathas, en natuurlik die (spoeg) Cheetahs!!
Posted by goeters (VC beker wenners!!!) Monday, April 21, 2008 - 10:27
27. Vrydagaand is dit VC QF op Loftus teen die Leeutjies.
Kom nou bulletjies, skop gat ons soek daai VC beker!!!
Posted by goeters (VC beker wenners!!!) Monday, April 21, 2008 - 10:31
28. Ek sien die Cheethas het darem nie die naweek verloor nie.....

...want hulle het nie gespeel nie...!!

He he he ..!!!
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, April 21, 2008 - 10:31
29. More almal,

Dalk kan ek nou weer probeer!

My punt van netnou is dat die verbetering totaal toe te skryf is aan die verbetering van die agterspel - veral hantering en hardlooplyne. En ek dink Slaptjips moet die erkenning kry hiervoor.

Ek stem gladnie saam met die artikel hierbo dat die bulle so effektief in die vaste vasette was nie - ons skrums is swak - wanneer het ons nou eintlik regterskouer gekry op ons bal, of hulle onder druk gesit op hul bal? Ons het nog teen elke span swaargekry in die skrums. Die ouens bind swak en die voorry hurk nie behoorlik voor die inslaan nie. En hul ondersteun swak in gebroke spel en dan verloor ons balle by die afbreekpunte - soos toe Morne vir Wynand en Kirsh 'n perfekte hoekskop gegee het - maar hul moes baklei teen 4 teenstanders, toe wen die Highlanders die bal.

So - my punt was dat die voorspeleragfigter dalk sy sokkies bietjie moet optrek - ek sal dit nie so sterk stel soos ek eintlik wil nie - netnou word ek weer gesensor!
Posted by Blyblou (Middelburg) Monday, April 21, 2008 - 10:34
30. Dink Pierre se enigste probleem is match fitness op die stadium. Hopelik doen die week af die manne goed om te herstel van klein beserings, ens.

Kom Bulle, julle kan nog hoër op die log eindig!

Baie geluk Titans, weet nie of my senuwees nog vrydagaand ook sal kan survive nie.
Posted by lieflingaanhanger_pe ((nou hougaard aanhanger)) Monday, April 21, 2008 - 10:35
31. more goeters - Ek was baie impressed deur ou frans hougard! Kyk daai mannetjie het seker gemaak hy word weer gevra om te speel!

Wikus was 'n goeie kaptein het ek gedink - is dit moontlik dat die ouens meer daarvan hou as Wikus kaptein is as wat Fourie is???

Hulle het soos 'n span gespeel! Nie glory boys probeer wees nie!

Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 10:36
32.
MORE BLOU KAMPIOENE!

GELUK BULLE EN BERGBOK!!
Posted by BLOU_RIL (SHARKS="Stupid"=Whiners!!!) Monday, April 21, 2008 - 10:37
33. liefling! Ek het amper die pannekoek gister aand gebrand oor daai laaste twee overs van die game!

Maar was verskriklik bly om ons blou bulle krieket in nog 'n finaal te sien! Klink amper soos super 14 2007! Durban vs Pretoria - op durban se gronde!
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 10:37
34. Hoekom lyk dit vir my of Fourie die probleem in die span is..........
Posted by goeters (VC beker wenners!!!) Monday, April 21, 2008 - 10:37
35. Springbok scrumhalf Fourie du Preez could become the latest Bulls player to head to Europe, with reports claiming his move north will be as early as next month if he decides to accept one of four offers he has received.

The Afrikaans Sunday newspaper Sondag reported that Du Preez is currently considering four offers and has not ruled out the option of an imminent move after the Super 14.
Posted by BLOU_RIL (SHARKS="Stupid"=Whiners!!!) Monday, April 21, 2008 - 10:38
36. According to the report, two British clubs as well as Stade Francais and Brive are after his signature.

"I have received a few offers," Du Preez told Sondag, "But I wasn't looking for them. At the moment I'm playing for the Bulls in the Super 14 and I have a contract with them. I will however have a look after the Super 14, weigh up my options and take a decision then about my future.

Posted by BLOU_RIL (SHARKS="Stupid"=Whiners!!!) Monday, April 21, 2008 - 10:38
37. Miskien was die hand besering gebruik as verskoning om met die beste aanbod te onderhandel.
onthou die bakkies injury?
Posted by BLOU_RIL (SHARKS="Stupid"=Whiners!!!) Monday, April 21, 2008 - 10:39
38. Du Preez was offered a contract with the Springboks but didn't sign within the time allowed. This gives him an escape clause in his contract with the Bulls.

"The Springbok contract was withdrawn and there is an escape clause in my contract with the Bulls that says if I receive an offer from overseas and I am not contracted to the Boks, I can leave," he said.

DIE POND PRAAT HARD!!
maar dankie hougaard dat jy eers wil regmaak !!
Posted by BLOU_RIL (SHARKS="Stupid"=Whiners!!!) Monday, April 21, 2008 - 10:40
39. Haai Rissie
Hoop maar die Titane slaat daai viskoppe stukkend!!!
Posted by goeters (VC beker wenners!!!) Monday, April 21, 2008 - 10:40
40. Ek sien Derick Hougard het kontrak met die Bulle vir die volgende 4 jaar geteken.

Dit nadat hy baie goeie aanbiedings van 4 oorsese klubs gekry het om vir hulle te gaan speel.

Nie eers groot oorsese geld kon hom weglok nie...!! Hy is nou 'n goeie voorbeeld van 'n WARE BUL...!!!

Prima Donas soos Victor Marfield, Gary Botha en andere hardloop mos net agter die geld aan...!!! Ek hoop nie Bulle kies hulle ooit weer nie..!!!

Mooi so Derick...!!!
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, April 21, 2008 - 10:41
41. more almal. bly dit gaan beter. lyk of die jonger manne meer lus het vir speel.ek speel liewer met mense wat wil as mense wat moet.miskien n goeie tyd om die senior ouens n rus kans te gee. francois zane en morne maak n verskil. lyk net meer honger om te speel. francois se workrate lekker hoog.jammer van heine. hy het skerp gelyk die tydjie wat hy op was. die insinking na rustyd pla my. goeie spanne buit dit uit. ook n paar lynstaanballe verloor toe maku opgekom het saam met die subs. speel nou 80 min soos die 1ste helfte dan behoort dit goed te gaan.go bulle.
Posted by baby bull (bulfontein) Monday, April 21, 2008 - 10:43
42. Is dit die begin van die einde vir die chokers?
na die naweek se wedstryde kan hulle hul self in die sesde plek bevind met n wedstryd teen die crusaders wat nog moet kom!!
hier kom groot CHOKE!!!
Posted by BLOU_RIL (SHARKS="Stupid"=Whiners!!!) Monday, April 21, 2008 - 10:45
43. 36 & 37 BLOU_RIL
Miskien is dit nie 'n slegte idee dat Fourie ander weivelde soek nie... ons het immers twee scrumies wat ons Saterdag gewys het waarvan hulle gemaak is. Ek het geen twyfel dat Heini gou gaan herstel... Tot dan kan ons Francois gebruik, hy het 'n baie goeie game gehad... Jong bloed kan 'n span net goed doen!

Posted by Bokkie Blue (Kempton Park) Monday, April 21, 2008 - 10:45
44. wat van joubert,is hy nou reg?
Posted by BLOU_RIL (SHARKS="Stupid"=Whiners!!!) Monday, April 21, 2008 - 10:47
45. Bou osse - eerlik waar sit jouself in hulle posisie!
Wat deesdae aangaan met die rugby in SA - Victor, Gary, John en al daai mense het gegaan nadat daar "rumours" rondgeloop het dat die staat gaan begin inmeng met seleksie!

Dat 12 uit die 15 spelers swart moet wees! Hulle het gereken dat daar geen toekoms vir hulle in die bokspan was nie! So hoekom hier rondhang as wat hulle oorsee kan gaan speel en nog baie geld ook verdien daar!

Kyk hoe lank was Percy daar - hy het terug gekom en great vir die Bokke in die Wereldbeker gespeel!

Wat die bulle aanbetref was dit nie net die SA rugby ding met die bokke nie maar ook die feit dat Heyneke Meyer nie meer daar is nie.
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 10:48
46. Het jy al ooit van werk verander omdat jy meer geld kan kry?
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 10:48
47. Al die Bul spelers wat vir geld oorsee wil gaan rugby speel moet dit nou maar doen en waai.. Fourie du Preez inkluis..

Dit het nou tyd geword dat die Bulle spelers kies wat vir die Bulle WIL speel en nie net agter geld aan hardloop nie...!!!!

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, April 21, 2008 - 10:49
48. Goeiemôre Bloues en Kie. Van my kant ook, baie geluk aan die HELE BULSPAN & AFRIGTINGSPAN!!! My 'trip' Loftus toe was verseker die moeite werd! Al die spelers het oorgeskuif na 'n hoër rat!!! Julle was almal uitstekend. Aan almal wat op die blog noem dat ons realisties ook moet wees want die Highlanders is nie 'n sterk span nie, het julle vergeet die Sharks kon die einste Highlanders verlede Saterdag met slegs 19-17 wen? Francois Hougaard het uitstekend gespeel, jammer vir Heini....hoop hy's gou weer op die been. Die ouens se verdediging was ook baie beter. JP en Wynand het gewys hulle verdien hul plekke in die span, goeie spel en goeie verdediging.

Derick H, jy is 'n voorbeeld vir baie......geld is ook nie alles nie, jy is nog jonk en het nog baie rugby in jou.....Maar jou lojaliteit juis nou in die "donker dae" dit is amazing. Ek hoop jy inspireer die spelers wat net ook die water wil verkas!!

Hoe waar dink julle is die gerugte oor Fourie de Preez?

Sterkte aan die Titans.....Hou die ligblou naam HOOG!!! (Weereens 'n bewys dat jy die beker wen wanneer dit saak maak, nie in die middel van die seisoen nie)!!!

I WILL ALWAYS BE TRUE TO THE BLUE
Posted by Bulletjies Bo (Pretoria) Monday, April 21, 2008 - 10:50
49. 44 BLOU_RIL
Enige iemand op 9 is beter as Fourie op die stadium... Hy het 'n negatiewe impak op die Bulle!
Posted by Bokkie Blue (Kempton Park) Monday, April 21, 2008 - 10:53
50. Ek het nog nooit Loftus so leeg gesien nie! Ai dit was hartseer!

Wie was man of the match van ons game? Hulle het oorgeskakel na die stormers game voordat hulle die MOTM aangekondig het...Ek sien ook daar is niks op die artikel hierbo nie...
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 10:56
51. Spelers wat net vir geld speel moet nie vir die Bulle speel nie..!

Om vir die Bulle te speel moet hy die WIL, PASSIE, en TROTS hê...!!
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, April 21, 2008 - 10:56
52. my wereld lyk my die manne wil eers erg gekritiseer word voor hulle rugby wil speel baie geluk met n uitstekende game hoop ons vat dit verder van hieraan die titans geluk ouens ons is proud op julle
Posted by mon17lcd (cape town) Monday, April 21, 2008 - 10:57
53. ons kan nie verwag dat fourie elke game man of the match moet wees nie gee die ou n break elke speler het sy af dae of seisoen en dis nou seine ek staan bankvas agter hom
Posted by mon17lcd (cape town) Monday, April 21, 2008 - 11:00
54. 50 Rissiepit
Hulle het genoem dat Ndugane 'n kans staan op man of the match, maar ek is nie seker of hulle hom toe so aangewys het nie.

Hoop Loftus lyk met die volgende game voller!
Posted by Bokkie Blue (Kempton Park) Monday, April 21, 2008 - 11:01
55. Dankie Bokkie Blue - Ek persoonlik dink ou francois of Zane het dit verdien! Ai - ek is trots op daai twee!
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 11:03
56. Ek is ook beïndruk met Zane en Francois se spel... Ek dink hulle het dit was maar moeilik om 'n man of the match te kies, hulle het almal goed gespeel.
Wat in Ndugane se guns getel het is die twee 5ers wat hy aangeteken het!
Posted by Bokkie Blue (Kempton Park) Monday, April 21, 2008 - 11:07
57. ja dit is waar! Ag - maak nie regtig saak nie! Dit was 'n span poging!
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 11:09
58. Nou wonder ek net wanneer gaan die BBRU met ons praat oor die gerugte dat Fourie dalk die pad gaan vat.
Posted by goeters (VC beker wenners!!!) Monday, April 21, 2008 - 11:14
59. Dit is wat 'n wen so lekker maak, as die span saam speel!
Dit is wanneer 'n mens die ware karakter van spelers raak sien... dit maak die pad doellyn toe ook makliker!
Posted by Bokkie Blue (Kempton Park) Monday, April 21, 2008 - 11:15
60. as daar n ou is wat sy hart uitspeel is dit dewald pottie die mannetjie verbeter met elke game go pottie jy gaan nog ver kom
Posted by mon17lcd (cape town) Monday, April 21, 2008 - 11:16
61. Ek neem nie vir Fourie kwalik nie. Die manier hoe hy speel gaan sy lyf nie baie lank meer hou nie. Beserings gaan hom vorentoe nog hel gee. Hy moet `n vinnige paar pond/euro bymekaar maak voor hy nie meer kan speel nie. Wat is daar vir hom in elk geval om nog te vermag in SA. Hy wag net om te sien hoe PDV se span gaan lyk, dan sal hy sy hand op papier sit.
Posted by goeters (VC beker wenners!!!) Monday, April 21, 2008 - 11:17
62. 'n Mens wens daar is meer ouens wat rugby weer met die hart wil speel... en nie bekommer oor geld nie.
Posted by Bokkie Blue (Kempton Park) Monday, April 21, 2008 - 11:18
63. My ou blou bul vriende

Stadig oor die klippe.

Julle kan nie sommer net so vir ou FDP afskryf nie, skaam julle !

Gaan kyk na al die games, behalwe teen Canes. Hy was heeltyd een van die beste spelers op die veld. Niemand was meer teleurgesteld as hy met die verloor teen die Blues en Force as hy nie.

Hy het hom seker nie self as kaptein gekies nie, en as die Bokke gaan sukkel op skrummie, dan hoor ek hoe gou skree julle Fourie.

Ja, ek gee toe hy was ook nie op sy beste nie, en dalk is hy nog beseer. Maar moenie hom weggooi nie.

As ons die CB en die S14 weer wil wen in die toekoms, het jy jong EN 'ou' manne nodig: vra maar vir Os, Naka en Rassie.

Behou FDP, en laat FH saam met hom grootword. Hou Wicus as kaptein.

Die twee ou spelers wat my wel die meeste teleurstel hierdie seisoen, is Danie R en Pedri. Ai, dit is jammer dat hul so swak speel, want hul was sulke ysters op hul tyd. Dalk sal die opkoms van die jong turke hul nou motiveer om weer goed te speel.
Posted by alf (calvinia) Monday, April 21, 2008 - 11:20
64. elke ou het sy prys en elke werker strewe na iets hoer so ek blameer nie die ouens nie want rugby is n profesionele game
Posted by mon17lcd (cape town) Monday, April 21, 2008 - 11:22
65. Peter de Villiers sal versigtig moet wees..

Dit help nie hy kies 'n pikswart Bokspan, en hulle speel voor lee pawiljoene nie..!!!

Wie gaan na 'n Bokspan kyk wat NIE op meriete gekies is nie..???

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, April 21, 2008 - 11:23
66. Stem heelhartig met jou saam Alf
Posted by goeters (VC beker wenners!!!) Monday, April 21, 2008 - 11:24
67. 63 alf
Ek stem saam met jou FDP, sal goed wees om sy kennis vir 'n jong ou te leer.
Net jammer, ek dink vir almal, dat hy nie op sy beste vorm is nie. En ja ek dink Wikus moet eerder kaptein wees.
Ongelukkig buig yster as hy warm word, hulle moet nou weer vorm om aan te pas by al die nuwe verwikkeling in die rugby reels. 'n Paar nuwe brekers sal goed wees, al is dit vir motiveering!
Posted by Bokkie Blue (Kempton Park) Monday, April 21, 2008 - 11:26
68. 64 Derick Hougaard het gewys dit gaan nie net oor geld nie...

Mooi so Derick..!!!
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, April 21, 2008 - 11:27
69. ek glo nie daars genoeg swart spelers om n pikswart bokspan te maak nie so jy kan maar gerus wees blou osse
Posted by mon17lcd (cape town) Monday, April 21, 2008 - 11:28
70. /?
Posted by posts 2 (BULLAND) Monday, April 21, 2008 - 11:28
71. 68 BLOU OSSE
Dis hoekom hy altyd die liefling van Loftus sal wees.
Posted by Bokkie Blue (Kempton Park) Monday, April 21, 2008 - 11:28
72. Dis goed om te sien hoe die wen oor die Highlanders die blou volkie so vinnig laat beter voel.

Die ware toets kom natuurlik teen die ware opposisie, die Tahs, Brumbies, en selfs die Cheetahs. Die 'Landers is nie 'n goeie span nie, en alhoewel hulle net met 2 punte (op hulle tuisveld) teen die Sharks verloor het, sê dit meer oor die Sharks wat vinnig besig is om die spoor byster te raak, as wat dit oor die vernuf van die 'Landers sê.

As ons hierdie tipe van argumentslyne volg, wat sê dit oor die Bulle as die 'Canes ons 'n week gelede op die hoêveld kon kafdraf, maar nie dieselfde teen die Stormers kon regkry nie.

Ek is bitter bly dat ons kon wen. Punt. Maar ek dink nie dis die herlewing van die Bul soos wat ons amal voor hoop nie. Ek sal dit eers glo as ons die heroics week na week kan herhaal.

Onthou, ek dink Frans se rekord lees iets soos 3 uit 24 Super 12 oorwinnigs, waarvan 2 teen Suid-Afrikaanse spanne en een teen 'n oorsese span. Klink dit bekend?
Posted by Joe-ZA Monday, April 21, 2008 - 11:30
73. Fourie Du Preez was verlede jaar die Super 14 speler van die jaar in SA! Hy is 'n goeie speler!

Hy het dalk net 'n af seisoen of is soos Joost (speel op sy beste as hy nie kaptein is nie)
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 11:31
74. Ek stem saam Joe! FL het nog baie om te bewys! Dit nog baie meer wenne vat voordat ek my mening oor hom verander.
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 11:32
75. 73 Rissiepit
Ek stem saam. 'n Scrumie is daar om die bal te versprei, nie om te worry oor wat wie se plig in die span is nie... dis te veel!
Posted by Bokkie Blue (Kempton Park) Monday, April 21, 2008 - 11:34
76. 69
Peter de Villiers het onlangs nog gesê hy het 'n lys van 60 swart spelers wat enige tyd vir die Bokke kan speel , ...as hulle net die kans gegun word...

Huhh...!!!!!
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, April 21, 2008 - 11:35
77. alf jy is reg . dis baie belangrik dat die jong manne reg bestuur word. die vodacom span se gelukkig vir ons dat daar oor genoeg talentis . die bulle se vc span is seker die jongste van almal en hul kla nie oor die elv s nie . omtrent 8 o/ 20 s in daai span wat baie potensiaal het. so daar is lig in die tonnel. miskien is dit die lig wat die manne sien. maar soos jy se alf bestuur van daai jong talent is baie belangrik. net nog dit oor die naweek se game. ek sien hul skop nou weer pale toe met strafskoppe.teen die blues en force kon hul gewen het as hul net hul strafskoppe pale toe geskop het.wie neem daai besluit. afrigterof kaptein?
Posted by baby bull (bulfontein) Monday, April 21, 2008 - 11:36
78. PDV - is 'n aap! Hy het dit net gesê sodat hy die pos kan kry! Ek sien nie uit na die games die jaar nie! Ek dink dit gaan erger wees as die bulle se ineenstorting!

Ek het geen probleem met swart spelers nie - solank hy verdien om daar te wees omdat hy die beste speler is vir daai posisie!
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 11:38
79. Stem saam met jou Rissie en dit hang af of die nuwe reëls hier is om te bly of nie. Dis dalk 'n goeie ding ook, Fourie kan nou sien hy moet speel vir sy plek en sal hom dalk ekstra oemf gee...
Posted by lieflingaanhanger_pe ((nou hougaard aanhanger)) Monday, April 21, 2008 - 11:39
80. OSSE
Ek hoop hy kies al f@kk@n 60. Dan kan Wallis die boerbokke goed opvoeter en die ware Bokke kan dan CC speel sodat DIT weer `n hoë standaard kompetisie kan wees.
Posted by goeters (VC beker wenners!!!) Monday, April 21, 2008 - 11:39
81. Dankie Alf, common sense prevails... Fourie is die beste skrumskakel in die wêreld; en dis net HIER in sy tuis unie waar mense oor sy spel argumenteer!

Die man is 'n yster, en klaar. Hoe kan julle sy spel bevraagteken as julle nie met die wedstrydplan bekend is nie. Hy het self gesê dat hulle soms die spel wil stadig maak, en dis wat hy OOK in die wêreld beker gedoen het. Toe het niemand oor sy spel gekla nie, en stadig bal was glo koning; net omdat ons gewen het!

Julle wil nou 'n man weggooi wat ongelooflike ervaring het, vir 'n 19-jarige seuntjie wat 70 minute teen 'n baie swak span gespeel het.

KYK ASB. na Francois Steyn by die Sharks. Ongelooflike speler! Hy is alles en meer wat mens in die moderne speler soek. MAAR hy het al soveel stront aangejaag, NET omdat hy nie die ervaring van 'n Percy of 'n Jean het nie.

Ek dink nie julle weet wat ervaring beteken nie! Dis hoe jy games wen! Dis wat jou deur die moeilike games dra. DIS HOE ONS DIE FLIPPEN LAASTE WêRELDBEKER GEWEN HET!

Francois Hougaard is goed, maar hoor nou wat ek vir julle sê; plaas hom onder die WARE Super 14 druk en 'he becomes average'. Jy BESTUUR jong talent soos hy!
Posted by Joe-ZA Monday, April 21, 2008 - 11:40
82. Baby bull - kaptein neem daai besluit! Wikus het 'n goeie job gedoen die naweek! Hy wou eers wen voordat hy gedink het aan bonuspunte!

Fourie is 'n briljante speler maar ek dink die kapteinskap is dalk te veel vir hom die jaar! Ek is mal oor hom maar hy speel beter as hy net oor sy eie spel moet worry!
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 11:41
83. MAN of the match mORNE STEYN!!! Lol dit was my vote
Posted by Dibul.van.warmbad (Warmbad) Monday, April 21, 2008 - 11:41
84. Joe - ek stem saam!

Ek hoop nie ek was verkeerd opgeneem nie! Ek het gesê ek was impressed met Fransios se goeie spel en dat daar 'n blink toekoms vir hom is - nie dat hy Fourie se plek moet vat nie!
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 11:43
85. Rissiepit. Ek was op Loftus. Zane was die "man of the match"! Ek lees wat julle skryf....die Super 14 is vir ons verby.....maar die feit dat die hele span gewys het dat hulle ten spyte van die seisoen nie net bly lê nie,....maar kan OPSTAAN is wonderlik. Hulle bly 'n span wat nie afgeskryf kan word nie....ek dink dit gaan 'n fantastiese Curriebeker vir die Bulls wees.
Posted by Bulletjies Bo (Pretoria) Monday, April 21, 2008 - 11:44
86. Wa is ek nu
Posted by Dibul.van.warmbad (Warmbad) Monday, April 21, 2008 - 11:45
87. 85 Bulletjies Bo
Daarom bly ons so getrou aan die Blou!
Posted by Bokkie Blue (Kempton Park) Monday, April 21, 2008 - 11:48
88. Maak die bulle almal .... FRANSE!! Lmga
Posted by Dibul.van.warmbad (Warmbad) Monday, April 21, 2008 - 11:49
89. Ek dink ook die Curriebeker kan goed wees vir die Bulle, maar asb nie saam met Ludeke nie! Ek sien die man het weer sy storie in Sondag se Rapport verander. Hy erken nou dat dit wel 'n fout was om nie 'n erkende heelagter saam te neem op toer nie. Dit terwyl 'n S14 afrigter hierdie dinge behoort te weet?

Ek wil nie 'n span met hierdie man bou nie. Ek soek iemand soos 'n Rassie of 'n Heyneke wat gemiddelde spelers in wonderlike SPANNE kan ontwikkel. EERLIKWAAR, ek kan nie sien dat hy dit OOIT sal reg kry nie! Die man is te veel van 'n introvert, en te sag vir die cut-throat wereld van Super Rugby.
Posted by Joe-ZA Monday, April 21, 2008 - 11:49
90. Klip in die Bos

ELV's of nie
FL of nie
Volgende jaar speel die Bulls in die S14 semi-finaal.

Hoes daai vir positief?!?!?!

NOU DIE BLOU!!!!
Posted by goeters (VC beker wenners!!!) Monday, April 21, 2008 - 11:52
91. Well Done Bulls. I posted a while back that the bulls will rise and they have. It made me so proud to be South African. They 'klapped' the Highlanders good and solid. Steyn was magnificent and I like the scrummie as well. First time I have seen Hougaard. Keep it up and continue to klap the rest of the uitlanders!
Posted by WPSniper (Pretoria) Monday, April 21, 2008 - 11:54
92. More almal
Sommer weer lus om te Blog na die naweek
Wil n statement maak - Soos die span nou speel het ons nog altyd geweet hulle kan - dan wonder ek kan FL en kie hulle afvra wat sou en kon gebeur get as als reg gegaan het met keuses op toer en ook die paar beslissende calls teen ons
Spelers speel vir n Coach - Rassie,JW,HM en Kitch het dir bewys
Ek hoop van harte dat dit net n learing curve van FL en kie was en dat dinge nou gaan reg kom nader aan die CC
Bloues - Julle het ONS weer trots gemaak
Titens - Julle is ware BULLE - Veggees!
Posted by LUG BLOU (Krugersdorp) Monday, April 21, 2008 - 11:56
93. Pieter de villiers is n kak afrigter! Dis hkm hy 2 goeie hulp afrigter kry dat hy al die glorie kan vat terwyl hy vokkol dun! En watse 60 hy ht seka by die spears ga kyk
Posted by Dibul.van.warmbad (Warmbad) Monday, April 21, 2008 - 11:57
94. GO Goeters!
Ek hou van die positiewe denke!
BLOU BLOU BLOU
Posted by Bokkie Blue (Kempton Park) Monday, April 21, 2008 - 11:57
95. Rissiepit, ek is jammer om so 'n stupid vraag te vra, maar waar is Gonubie?
Posted by Joe-ZA Monday, April 21, 2008 - 11:57
96. hi rissie. moenie worry oor pdv nie . sy span sal reg wees. die prestasie klosule red ons.hy wil die graagste wen.dit raak sy sak. sy sukses gaan afhang van die span rondom hom en dit lyk ok.kyk die vorige jare se o/19 en 21 s.omtrent helfte helfte en hul eindig 1ste en 2de. die talent is verseker daar. soos ek se dit moet net reg bestuur word.
Posted by baby bull (bulfontein) Monday, April 21, 2008 - 11:58
97. Joe, ek dink as Ludeke se redding gaan daarin lê as hy begin erken dat hy foute gemaak het. As hy dit doen, dan glo ek 'n mens kan met hom 'n pad loop.

Die volgende regte besluit wat hy hopelik sal neem, is as FDP terug is, vir Wicus kaptein te behou. Dan kan hy FDP speel vir 60 min en dan vir FH opbring vir die laaste 20 min. Dit gee ook vir FDP beter ruskans, as wat hy elke wedstryd vir 80 minute lank homself afskryf met sy groot toewyding.


FDP is die tipe ou, dink ek, wat al die probleme probeer oplos, en omdat hy kaptein was, het hy alles probeer, soms te veel op sy eie, en toe het dinge nie uitgewerk nie. Sit hom terug in die span, met 'n goeie kaptein, en julle sal sien hoe die wêreld se beste skrummie weer die wêreld aan die brand speel.
Posted by alf (calvinia) Monday, April 21, 2008 - 11:59
98. WPsniper - congrats with your team!

Joe - Gonubie is in Oos London
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 11:59
99. VRAAG: Hoe kon die Bulle- bestuur vir Frans Ludeke aangstel het as afrigter, ...met sy track record..????

Joost vd Westhuizen sou 'n beter keuse gewees het..!!!!!
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, April 21, 2008 - 12:02
100. Alf - ek stem saam - FH kan soos Wannenburg - 'n impak speler wees!
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 12:02
101. Boo praat ek met my myself!
Posted by Dibul.van.warmbad (Warmbad) Monday, April 21, 2008 - 12:02
102. Blou osse - Joost het nie aansoek gedoen vir die pos nie!
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 12:02
103. Ons is nou opgeskeep met daai useless idioot - daar is geen punt om te wonder wie kon die job gekry het nie!

As daar van julle is wat julle name verander het omdat ons oor geregistreer het - kan julle ons laat weet wie julle was?
Posted by Rissiepit (Gonubie) Monday, April 21, 2008 - 12:04
104. Ok, dankie Rissie
Posted by Joe-ZA Monday, April 21, 2008 - 12:04
105. alf ek stem saam met jou. dit maak egter nog minder sin vir my om 3 skrummies op toer te vat en dan speel jy net die beseerde 1
Posted by baby bull (bulfontein) Monday, April 21, 2008 - 12:04
106. Weet iemand nou al wie die Springbok Spanbestuurder en hulpafrigters gaan wees? Is daar darem al `n mediese span aangestel?? Die eerste toets is oor 7 weke, PdV se tyd raak min.
Posted by goeters (VC beker wenners!!!) Monday, April 21, 2008 - 12:07
107. Middag amal
Nuwe draad
Posted by Russel (Almaty) Monday, April 21, 2008 - 12:07
108. NOU HKM HT HUL NI DAAI ANDER AAP WAT DI SPAN BESTUUUR IS VIR DI BOKE EYENYA OF VOK OF MUT EK SÈ DAI MAMPARA VIR DI BULLE COACH !! Dan het fl NIE SO KAK GELYK
Posted by Dibul.van.warmbad (Warmbad) Monday, April 21, 2008 - 12:08
109. Sorry, moes almal gewees het.
Posted by Russel (Almaty) Monday, April 21, 2008 - 12:08
110. Russel, ek dink almal sukkel vandag met die tik... koue trek mos deur alles.
Miskien moet ons soos 'n graad 1 juffrou doen... skiet die vingers!
Posted by Bokkie Blue (Kempton Park) Monday, April 21, 2008 - 12:10
111. "Maybe the Bulls can hurt the challenge of the Waratahs and the Brumbies when they travel to South Africa in the coming weeks, and in so doing help their very good friends from the Cape and Durban."

Lees dit op die supersport webblad.

Die 'very good' is so bietjie oordryf, dink ek :-)

Maar ons sal maar moet uithelp waar ons kan.

Soos die Stormers nou speel, dink ek hul het die beste kans om die semi's te haal, en selfs 'n tuis semi-finaal. Die arme Sharks. Ky die wedstryde wat vir hul voorlê: Tahs, Saders, Chiefs (almal oorsee) en dan nog die Cheetahs by die huis ... eina ! Ek wonder of daar nie probleme is met dalk Muir se Bokbelange nie, dat hy dalk nie so mooi gefokus is nie ? Hulle sal werklik moet wakker skrik, en sommer die naweek ook, as hul nie net 'n tuis semi wil maak nie, maar nog bloot die semi's wil haal.

Terug by die Stormers: wat 'n groot verskil maak goeie afrigting ! Omtrent die selfde groep as die afgelope paar jaar, en kyk hoe goed speel hulle, en toegewy. Ja, selfs vir 'n geharde BB ondersteuner goed om na te kyk. Selfs Watson speel goed. Ek dink ou Rassie het daai waatlemoene onder sy arms stukkend geslaan, asook vir hom 'n ordentlike rugbybroek gegee om mee te speel. Daai 'skipants' waarmee Watson in die verlede gespeel het, het sy spel erg beinvloed.

Die Stormers kan hulself seker skop dat hul nie daardie eerste wedstryd teen ons gewen het nie. Ek dink hul sal definitief die semi's haal (as hul aanhou speel soos nou), maar dit is ironies dat 'n tuissemi nie in hul hande is nie, maar in hul aartsvyande se hande, die BB wat moet sorg dat die Tahs en Brumbies pak kry op Loftus.


Posted by alf (calvinia) Monday, April 21, 2008 - 12:11
112. Die Bulle se afrigtersspan:

Frans Ludeke (Leeus)
Pote Human (Cheetahs)
Slaptjips Rossouw (Stormers)

Geen wonder die Bulle is deurmekaar nie..!!

Geen wonder hulle kan nie meer rugby speel nie..!!

He he he he..!!!!!
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, April 21, 2008 - 12:12
113. Ja dit klink soos 'n verkleurmannetjie op 'n smartie box!
Posted by Bokkie Blue (Kempton Park) Monday, April 21, 2008 - 12:15
114. I once again call for Ludeke's resignation. We have been humiliated too much. He must go now.
Posted by BlueBlood (Jhb) Monday, April 21, 2008 - 12:47
115. Dag se my blou vrinne

F?k ,was ek "Ge-petrol" Saterdag ek kon nie glo wat ek sien nie
GO BULLE
Posted by Habananana (Vanderbijlpark) Tuesday, April 22, 2008 - 00:51
116. Ass....well done , the bulls played really well.
Posted by Streeptrui (Bulls 2008 S14 chokers) Tuesday, April 22, 2008 - 05:59
117. Ek kan nie glo julle wil nog hê Hougaardt moet bly nie! Na die naweek! Dit is vir my so ooglopend dat ons Hougaardt nie die nuwe reels kan speel nie. En dan het ons nogsteeds nie eintlik enige senters nie. JP Nel het vir ons menigte wedstryde gekos met aanhoudende vuilspel. Wynand het image probleme (almal ontohu wat dit veroorsaak...ala percy by WP), pleks hy sny net sy hare korter.

Ek voel Kirchner is die eerste agterlyn speler, skrumskakel en vleuels uitgesluit, wat aanvallend lyk. Morne ook maybe. Ons gan nie weer wen met die ELVs as ons nie nuwe spelers kans gun nie of beter spelers koop nie.

en Frans Ludeke is 'n donnerse Fossiel van n afrigter. Daar is nie meer plek vir afrigters soos hy in die rugby wereld nie.

Laastens... Blou osse, ja ons coaching mag dalk van buite af wees maar dis dalk n goeie ding...behalf FL wat n fossiel is. Ons kort nuwe perspektief. Dan is daar die kommer dat soveel van ons spelers uit die WP kom. Jaco Engels, JP Nel, Guthro Steenkamp, Derek Hougaard, Pedrie Wannenburg etc... en STEEDS het WP n span wat uitstekend is. Hoe kan ons skool strukture so min oplewer?

Ons moet iets verander, ons bestuur moet iets verander en om FL aan te stel is nie die oplossing nie.
Posted by gr()tman (Cape Town) Wednesday, April 23, 2008 - 07:57
118. Wat het van die optog geword Saterdag by Loftus. ek was nie daar nie en sien niks omtrent dit nie. Nie tyd om al die Blogs te lees nie
Dis reg Ludeke is 'n swak afrigter maar wat van die spelers omtrent almal het in die einstryd teen die Sharks gespeel, waar is hulle trots.
Posted by louisbloubul (Rustenburg) Wednesday, April 23, 2008 - 16:34