You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Come join our Rugby College


Applications for entry to the Blue Bulls Rugby College for 2009 have opened. The Blue Bulls Rugby College would like to offer school leavers, who wish to make rugby their career, the opportunity to live their dream at Loftus Versfeld.

The College aims to develop young talent by equipping them with the knowledge and skills necessary for the rugby industry, be it as player, coach, referee or administrator.

Paul Anthony, who is the head of the College as well as the head coach of the Vodacom Blue Bulls' under 19 team says the Rugby College aims to maintain a good balance between rugby skills, life skills, practical experience and exposure to professional structures and the student can choose between a one or two year (full time) Certificate Course in Rugby Science, which is accredited by the University of Pretoria (UP).

"Students will be trained in various rugby and business related aspects by experienced and well-known coaches and lecturers and for the duration of his College career, the student is exposed to the professional structures of the Blue Bulls and may his excellent performance be rewarded with a contract."

The students play their rugby at the various clubs in Pretoria and this year 11 students played for the Blue Bulls' under 19 and under 21 Amateur teams. Three of these guys were also selected to play for the Valke in the national junior competition.

If you are interested in joining the College contact Leon Badenhorst at 072-245-2610 or college@bluebull.co.za

You can also fill in the application form that is available on the Blue Bulls' website (Click on the College link and then click on application form).



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. ste soos die BULLE!
Posted by BLOUALLENT (CAPE TOWN) Wednesday, October 01, 2008 - 10:43
2. Ons het nie veel om te se oor die wedstryd van die naweek teen die Valke nie - ek hoop net hulle kry 'n bonuspunt of twee om hulle posisie tov die uitspeelwedstryde te verbeter. Ek dink almal sit angstig en wag om te kyk wie van die WP en Lions die uitspeelwedstryde maak want dit kan bepaal waar die eindstryd gaan plaasvind
Posted by Realistix (Kempton Park ) Wednesday, October 01, 2008 - 10:59
3. BlouCon

Ek dink daar is baie spelers afrigters wat dit kon regkry.
Die Gert Smal/Carel du plessis Wp span van 2000 en 2001
Posted by blouHenk (PE) Wednesday, October 01, 2008 - 11:10
4. wat van John Williams?
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Wednesday, October 01, 2008 - 11:13
5. As ek na die treurige posisie van die 0/19's op die log kyk, lyk dit vir my asof die Bulle nou begin om soos die WP te kontrakteer, eers die politieke oorwegings en dan die meriete oorwegings!!!

Ek dink Paul Anthony moet dalk eerder op die wen van wedstryde begin konsentreer, want hulle is afgeransel deur die WP, en dit met spelers soos Sidney Tobias en Yaasir Hartsenberg wat nie eens verlede jaar hul onderskeie skole se eerstespanne (Paul Roos en Boishaai) kon haal nie!!!!!!

Die enigste balans wat ons van hom soek is 'n goeie wen en 'n minder goeie wen!!!! Ja, ja, ek glo ook in 'n holistiese benadering tov die spelers van jongs af, maar alles val in plek wanneer 'n span begin presteer. Dit is egter nog nie te laat nie, en ons hoop saam met die span op die wonderwerk wat wag om te gebeur!!!!!!

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Wednesday, October 01, 2008 - 11:23
6. Ja, moontlik Williams, maar ek is nie seker nie
Posted by blouHenk (PE) Wednesday, October 01, 2008 - 11:24
7. Dag Bulle!!!!Heng maar julle het n goeie 2de span....jammer WP het nie daai diepte gehad nie....sou dan nie vandag in die verkronsing gesit het nie(Verlore teen Valke en GW)....So,nou moet hul speel vir oorlewing.....en ek dink nie die Leeus gaan hul toelaat om by agterdeur...op sy oop skrefie in te glip nie!!!!??????
Posted by Bergbok (Nou vir WP) Wednesday, October 01, 2008 - 11:35
8. WP gan wen met 21 punte. sien julle in die final
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Wednesday, October 01, 2008 - 11:37
9. BC5,,dankie vir jou optimiste!!!!.....Maar ,,ek twyfel!!!!
Posted by Bergbok (Nou vir WP) Wednesday, October 01, 2008 - 11:46
10. wat wel 'n probleem is, ek sien jean d v het maaggriep... weet nie of julle dit sonder hom gaan reg kry nie...
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Wednesday, October 01, 2008 - 11:47
11. Hoekom ek twyfel.....is omdat daar in hul laasts 2 Wedstryde n afwaartse kurwe in hul spel te besbeur was(Bokke en al)!!!!!
Posted by Bergbok (Nou vir WP) Wednesday, October 01, 2008 - 11:51
12. ja weskaap bul oor die junior spanne; die wp se 0/19 het die bulle stukkend gespeel. die probleem het sommer al voor begin en veral in die los . die veelberoemde lostrio van die bulletjies het sleg 2de gekom en die senterkombinsie van wp wat laas jaar vir gim gespeel het was baie goed. jy kon sien hul speel goed saam en nie elkeen op sy eie nie.ek dink daar is te veel spelers in die bul span wat wag vir die bal en te min wat die harde werk wil doen.
by die o/21 was dit presies die teenoorgestelde.die voorspelers van die bulle het die wp pap geskrum, hul was baas in die los en hul lynstaan werk was skitterend. alhoewel min agterspel en baie geskop op die nat veld het hul dit klinies uitgevoer en dodelik verdedig. daai spannetjie kan dit nog ver bring.
sterkte vir al 3 die spanne vir die naweek.
Posted by baby bull (garsfontein) Wednesday, October 01, 2008 - 11:53
13. JEAN gaan speel......hoop hy kan WP besiel!!!!!!
Posted by Bergbok (Nou vir WP) Wednesday, October 01, 2008 - 11:54
14. Hi almal. Hoe gaanit hier?
Posted by Bloubiets (Boksburg) Wednesday, October 01, 2008 - 11:55
15. Weet julle miskien wie die bulle op die inkopielys het vir volgende jaar?
Ek weet van dries Van Schalkwyk en JP Nel is ook terug,maar nie die antwoord op
buitesenter nie.Bly om te sien Stephan Dippenaar kry speelkans.
Sal Robert Ebersohn nie n toekoms langs Wynand he nie??
Posted by BLOUALLENT (CAPE TOWN) Wednesday, October 01, 2008 - 12:03
16. Ja baby bull,sal graag wil weet wat van daai WP 0/19s geword het wat verlede jaar vir WP die beker gawen het???Ons 0/21 span is hierdie jaar pateties!!!!!Geluk aan jul0/21 span!!!
Posted by Bergbok (Nou vir WP) Wednesday, October 01, 2008 - 12:04
17. Pieter Russouw was verlede jaar betrokke by WP se onder 19 span, ek dink nie ons besef hoe gelukkig ons is om hom te he nie.
Posted by blouHenk (PE) Wednesday, October 01, 2008 - 12:36
18. bergbok, wat het verander van laas jaar af? Dippenaar en Hougaard is weg en die afrigter het verander, maar baie min van laas jaar se wenspan kry plek. lees maar tussen die lyne.
Posted by baby bull (garsfontein) Wednesday, October 01, 2008 - 12:38
19. 15 blouallent. daar is so baie jong senters by die bulle. dippenaar, watermeyer.gerber en selfs boshoff en wat van jackson. dit maak nie regtig sin om nog jong senters te koop nie.
Posted by baby bull (garsfontein) Wednesday, October 01, 2008 - 12:47
20. 34nm

Die Curriebeker-halfeindstryde is om die draai en die nasionale tydverdryf om die Blou Bulle as die res van die land se grootste vyand te teiken, begin reeds op dreef kom.

Ek het Beeld se briewekolom met belangstelling gelees omdat ek voorsien het dat ene Kiepie van Johannesburg se aanval op Blou Bul-ondersteuners ’n lewendige debat gaan ontlok. Ek was reg.

Dit is jammer dat Kiepie nie die moed van sy/haar oortuiging het om onder sy/haar eie naam sulke aanvegbare aannames en veralgemenings te maak nie. Ek het nog altyd gedink dis lafaards wat agter skuilname wegkruip.

Kiepie se aanval op Blou Bul-ondersteuners is nie die eerste en ook laaste op hulle wat die manne in Ligblou ondersteun nie. Soos ek in die inleiding sê, trek die land altyd laer teen die Bulle wanneer dit by uitspeelwedstryde kom.

Ek onthou nog goed hoe die Cheetahs in 2006 feitlik op die hele land se steun kon reken omdat hulle in die Curriebeker-eindstryd teen die Bulle te staan gekom. Een van die berigte wat dié epiese eindstryd voorafgegaan het, het juis die strekking gehad van dis die Bulle teen die Res van Suid-Afrika.

Die Bulle se ondersteuners is dus daaraan gewoond om vir spesiale behandeling uitgesonder te word en Kiepie is trouens in die kol oor van sy/haar stellings oor toeskouers se gedrag op Loftus.

Ek was ook al dikwels ná wedstryde skaam vir die gedrag van ondersteuners van die Bulle, want die spreekwoord sê immers drank verdra geen onreg nie.

Ek sit gelukkig met elke wedstryd in die persbank en word die “leeuwêreld-ervaring” op Loftus se oospaviljoen gespaar. Ek ken egter mense wat hul rugby daar kyk en hulle stem saam dis nie ’n plek vir sissies nie.

Die kort van die lank is dat daar wel ondersteuners van die Bulle is wat nie weet hoe om hulle te gedra nie, wat dronk by wedstryde opdaag en nog dronker huis toe gaan, wat selfs ’n matroos met hul woordeskat van vloekwoorde sal laat bloos en wat op die keper beskou ’n verleentheid vir hul eie span en mede-ondersteuners is.

Hieroor stry ek dus nie met Kiepie en ander lede van die OHBK (Ons haat die Bulle-klub) nie, maar waar hulle die pot so ver mis sit, is dat dié gedrag uniek aan ondersteuners van die Bulle is.

Die feit dat Kiepie en sy/haar meelopers die harde werklikheid ignoreer dat alle rugbyspanne in die land onbeskofte toeskouers het, verklap reeds baie oor die mate waartoe hulle in ’n kokon van hul eie vooroordeel, ontkenning en provinsialistiese blindheid vasgevang is. Hulle glo wat hulle wil.

Die waarheid is dat die Leeus, Haaie, Cheetahs en WP net sulke aanstootlike ondersteuners soos die Bulle het. Kiepie en ander briefskrywers se tipering van Blou Bul-ondersteuners as rugbyboewe en slegte verloorders is dus ’n belediging vir dié GROOT meerderheid wat hul span geesdrfitig ondersteun sonder om varksig te wees.

Wat Kiepie wel oor alle Bul-ondersteuners kan sê, is dat hulle onvoorwaardelik lojaal is en nie van span verwissel wanneer hul eie nie meer in die wedloop is nie.

Daarom het Bul-ondersteuners nie soos die res van die land ’n “tweede span” wat hulle ondersteun nie. Dis die Bulle óf niks ­ ­ - en DIT maak hulle uniek soos die suksesvolle span wat hulle ondersteun.
morris gilbert in beeld.



Posted by bulletjie3 (als is blou) Wednesday, October 01, 2008 - 13:54
21. Hallo Bloue mense

Dankie tog Morris Gilbert. ek het Saterdag nadat ek Kiepie se brief gelees het dadelik weer my stert in 'n krul geruk, en 'n brief beeld toe gestuur. Ek dink hulle is moeg vir my, want hulle wil nie meer my briewe plaas nie. Ek dink ou Morris het my brief gesteel, want dit is omtrent alles wat ek vir hulle geskryf het. ek het net vir ou Kiepie een ding bygevoeg in antwoord op sy bewering dat daar nie op Ellispark so gees heers soos op Loftus nie(verwysend na die onbeskofte en arrogante Bulle). Ek het geskryf dat hy wel reg is, want om so atmosfeer te kry, het jy toeskouers nodig. Op Ellispark is daar net baie toeskouers as die Bulle of die Haaie daar speel en hul eie toeskouers saambring.
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Wednesday, October 01, 2008 - 14:11
22. dis jammer ons kan nie eers die mense "keur" voor hulle vir die bulle mag skree nie...
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Wednesday, October 01, 2008 - 14:16
23. Die heel eerste persoon wat 'n Curriebeker as speler en afrigter kon wen was oom Boy Louw. Hy was ook die skeidsregter wat die eerste Curriebeker finaal geblaas het.
Posted by Blou seisoen (PTA) Wednesday, October 01, 2008 - 14:57
24. Dankie blou seisoen
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Wednesday, October 01, 2008 - 15:02
25. Ligblou Baron

Morris Gilbert is 'n baie swak joernalis. Hy herhaal nou al soveel jare dieselde sinnetjies en gesegdes in sy berigte. As die bulle wen is daar 90% van die kere die woord 'Gaffel' in die opskrif. En as hulle verloor is dit nooit omdat die ander span goed was nie, "die bulle het teen hulleself verloor" word jaar na jaar as rede vir 'nederlae beskryf.

Morris en JJ Harmse is volgens my twee van die groot redes waarom somigge rugby ondersteuners die bulle as arrogant beskou.
Posted by blouHenk (PE) Wednesday, October 01, 2008 - 15:54
26. Hey ouens

Lees 'n bietjie mooi wat skryf Morris. Hy staan eintlik agter die Bulle se ondersteuners. Wat hy skryf is waar. daar IS van ons eie ondersteuners wat hulle wangedra. Ek sien sulke ouens elke week op Loftus. Die kruks van sy berig is juis dat daar sulke individue is. Verder dat daar sulke individue is by elke stadion en tussen elke span se ondersteuners. Hy skryf juis dat hierdie Kiepie se aanval op ons as ondersteuners juis is as gevolg van die feit dat hulle ons almal oor dieselfde kam skeer. Sy skrywe is eintlik 'n lelike dwarsklap vir hierdie alewige "Anti-alles-wat-blou-is" brigade. oor sy skryfwerk rakende die wedstryde self gaan ek nie kommentaar lewer nie, maar hierdie stuk wat hy geskryf het is 'n bietjie sarkastiese pakslae vir ouens soos Kiepie.
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Wednesday, October 01, 2008 - 16:05
27. Judge

Ja, natuurlik is dit verkeerd as ouens soos kiepie so veralgemeen. Kiepie het gereageer op 'n brief deur 'n blou bul ondersteuner, wat presies dieselde as Kiepie gedoen het.
Ek is al jare 'n intekenaar van Beeld, en Morris kla ook elke jaar oor dieselfde storie.
Dis elke jaar die "Bulle teen die res van Suid Afrika", soos ek se, die ou het nooit 'n oorspronklike onderwerp nie.
Posted by blouHenk (PE) Wednesday, October 01, 2008 - 16:19
28. BlouHenk

Nee dis waar. Maar ek dink net die kritiek op hom is 'n bietjie skeef. Die ou wat die brief geskryf het waaroor Kiepie so opgewonde geraak het, is egter nie in dieselfde trant as Kiepie se brief nie. Die ou het geskryf dat hy vies is vir die WP ondersteuners wat ons so haat, maar skielik almal vir die Bulle skree toe hulle wil he ons moet die Vrystaat wen. Kiepie se brief hetr die ou erg aangeval, maar dit het glad nie gegaan oor die ander ou se brief nie. Kiepie het sommer net weer monduitgespoel oor die Bulle en hul ondersteuners, sonder om die ander brief mooi te verstaan.

Maar Morris is ook nie verkeerd nie. Dit is nou weer DIE BLOU teen die RES. En hy skryf elke jaar hieroor, omdat dit elke jaar die geval is, en elke jaar erger word. Moenie uit die oog verloor dat hierdie sanikers oor die Bulle meestal hul griewe rig teenoor ons, die ondersteuners nie. Onthou dit is die ouens wat skryf dat die Bulle se ondersteuners 'n klomp dom biersuipende boepense is wat eenvoudig en common is nie. Hulle griewe teendie Blou Bulspan is meestal as gevolg van ons, die "arrogante en onbeskofte" ondersteuners. hulle haat ons omdat ons Liefling gesing het, omdat ons blou vlae rondswaai. oor Steve se Bloubullied en omdat sommige dit waag om pette te dra met horinkies op. Dit is reg dat die Vrystaters oranje vlae waai, klein jagluiperdjies op HUL pette het, die Sharks hulle "We are black, we are white, we are dynamite" kreet laat weergalm en eweveel swart en wit vlae rondswaai. Dit is aanvaarbaar dat die Leeus se gelukbringer altyd die Bulle se vlag iewers beetkry, en openlik op die veld voor die skare maak of hy hom daarop ontlas en dan sy agterstewe daarmee afvee. Maar die Bulle se ondersteuners word beskou as arrogant.

Nee, ek is ook nie die grootste ondersteuner van Morris Gilbert nie, maar sy aanhoudende geskryf oor die ander ondersteuners wat ons so onverbiddelik haat, kan maar kom. As hy elke week daaroor skryf is dit ook reg. Trouens, ek sal bly wees as hy dit elke week in hul opgesmukte gesigte vryf. Hierdie ander ondersteuners se houdings teenoor ons, is die rede waarom Blou Bul ondersteuners nie 'n 'tweede' span in Suid-Afrika ondersteun nie.

HOU DIT BLOU.
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Wednesday, October 01, 2008 - 16:33
29. DIe vraag oor afrigter/speler wat die Curriebeker gewen het verwys.

SuperRugby het volledige statistieke oor die CB op hulle website. Die enigste statistiek in dié verband wat ek gekry het is die volgende:

Winning captain & manager & coach in a final
Naka Drotské
Cheetahs Captain 2005
Cheetahs Manager 2006
Cheetahs Coach 2007
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Wednesday, October 01, 2008 - 17:37
30. Wel, ek kyk nou al 20 jaar my rugby vanuit die oos-paviljoen en ek weet nie waaroor julle kla nie. Miskien moet julle bietjie ophou in die losies drink en ook daar kom sit. Ek het nog niemand gebliksem wat dit nie verdien het nie!
Posted by Blou Karnallie Wednesday, October 01, 2008 - 22:30
31. 1 ste soos die Bulle na afloop van die GB seisoen!
Posted by ALS BLOU (Vanderbijlpark) Thursday, October 02, 2008 - 06:31
32. More alle bloue getroues & Bergbok,hoop julle gaan almal n vantastiese dag he.
BLOUBUL groete!!!
Posted by ALS BLOU (Vanderbijlpark) Thursday, October 02, 2008 - 06:33
33. 3de soos die lions.
geniet julle dag!
Posted by BLOUALLENT (CAPE TOWN) Thursday, October 02, 2008 - 06:38
34. Hartlike goeie more Bulle !!!!
Lekker dag vandag verder vir almal !!!!

Nou die BLOU !!!!!!
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Thursday, October 02, 2008 - 07:00
35. GOEIE MORE EDELE BLOU BUL VOLK!

Daar score HM weer op Guinness!

BLOU BULLE BO!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Thursday, October 02, 2008 - 07:29
36. Tellings vir Vrydag:

BLOU BULLE 33 - 10 valke
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Thursday, October 02, 2008 - 07:31
37. Judge

Ek stem saam met jou, laat Moris maar aan hou met dit wat hy doen, die groot probleem met die ander spanne se ondersteuners is dat hulle oor die jare ons haat kyk maar terug na Naas se tyd, as hy vir die BULLE speel het die land hom en die span gehaad maar as hy vir SA speel was hy hulle hero gewees.

Die selfde storie maak elke jaar sy draai, ek kan nog goen onthou toe ons teen die cheeters verloor het in 2005, ek was daar. Die maandag opkantoor is groot plakate opgesit wat gelees het (Groot slagting op Loftus) die ding wat my baie kwaad gemaak het was dat dit die nie rugby kenners (WP en kie) aanhangers was wat dit opgesit het.

Om die storie kort te maak gee ek nie om of die ander spanne se ondersteuners saam staan om ons te haat nie, dit laat my egter baie goed voel, dit beteken net dat hulle weet ons is die beste en hulle kan dit nie hanteer nie.

Dit is ook die rede dat ons as Blou Bulle ondersteuners net een rugby span het, trots is daar oor en by ons span sal bly. Ons weet hoe dit voel om verloor dit is noe lekker nie maar dan staan ons weer op.

Kyk bietjie na die rekord vir wen en deel van die beker dan kan ons sien hoekom die res van die land (Nie Blou Bulle) ons so haat.

CURRIE CUP GAMES WON SINCE
(1968-2007)

Griqualand West
1 Win 1970
0 Shared

Free State
3 Wins 1976, 2005, 2007
1 Shared 2006 (Blue Bulls)

Golden Lions
4 Wins 1972, 1993, 1994, 1999
1 Shared 1971 (Blue Bulls)

Natal
4 Wins 1990, 1992, 1995, 1996
0 Shared

Western Province
8 Wins 1982, 1983, 1984 , 1985, 1986, 1997, 2000, 2001
2 Shared 1979 (Blue Bulls), 1989 (Blue Bulls)

Blue Bulls
16 Wins 1968, 1969, 1973, 1974, 1975, 1977, 1978, 1980, 1981, 1987, 1988, 1991, 1998, 2002, 2003, 2004
4 Shared 1971 (Lions), 1979 (WP), 1989 (WP), 2006 (Free State)

Ever since 1968 the Blue Bulls have won every year ending with 8
1968, 1978, 1988, 1998

Wat van 2008 as ons will kan ons dit doen????

Lekker Blou Bulle dag vir almal en sien julle more op Fort Loftus
Posted by RDM (Rustenburg) Thursday, October 02, 2008 - 07:35
38. RDM

Ja, toe ek vanoggend staan en skeer, dink ek weer or die hele storie. Die rede waarom ons nie die ander spanne so haat nie, is omdat ons daarop fokus om ons span te ondersteun en sodoende ons energie daarop te spandeer. Die ander spanne se ondersteuners spandeer die meeste van hul energie om ons te haat en nie om hul span met passie te ondersteun nie.

HOU DIT BLOU!!!!!!!
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Thursday, October 02, 2008 - 07:50
39. Goeie more an al die Blou Bul-ondersteuners...!!

Is dit darem nie ironies nie..??

Hoe beter die Bulle presteer, hoe meer word die Bul-spelers en -ondersteuners deur die ANTI-Bulle gekritiseer.....

Lyk my baie van die kritiek TEEN die Bul-spelers en -ondersteuners het maar met "jaloesie" te doen......

En Morris Gilbert is reg, ..dis gewoonlik in die Finals, die BULLE vs DIE RES VAN SA.....

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, October 02, 2008 - 08:14
40. Judge

Dit is tog so waar. Ek is met elke wedstryd op Fort Loftus, Oos, Hoof of Losie. Daar is van ons onderrsteuners (Nou en dan raak ek ook maar opgewerk) wat kan hand uitrik op sekere oomblike, dit wys my net die liefde en hard wat ons vir ons span het, ek haat dit om te verloor, maar kyk elke keer weer om te sien wat het foud gegaan en hoe hulle dit probeer reg maak. Ek glo ons het die jaar die spelers wat as hulle as een man speel soos wat ons weet hulle kan, kan dit net goed gaan. Man vir man glo ek het ons op elke posissie van die beste in die land maar as hulle nie goed saam speel en mekaar ken en met selfvertroue speel gaan die ander spanne harde benne kou om ons te moet klop.

Soos ek op die vorage blog gese het en ek is nie windgat of arrogant nie maar as enage ander span die beker will lig moet hulle ons eers uit die prentjie haal. (maybe maybe not)

Ek is 'n BULL en sal vir altyd een bly, daar is net een kleur, selfs die lug en die see is lig blou.
Posted by RDM (Rustenburg) Thursday, October 02, 2008 - 08:15
41. WP and the Lions go head-to-head in Cape Town, while the Cheetahs host the Boland cavaliers as they chase the two remaining spots in the play-offs.

But for the Bulls it's an opportunity to recharge and return next week refreshed.

"The [Bulls] team that will play in the semis had a decent run of games together," Delport told rugby365.com in an exclusive interview.

"We know what to expect from each other and they decided to give us a break this week. No doubt we will be ready by next week," he said, adding they have already benefited from the odd bye in mid-season.

Their training regime this week consisted mainly of some fitness sessions, with an already reduced work-rate starting the process of "refreshing" the players.

However, it is the four-day break over the weekend the will help most.

"The other teams will have some very tough games this weekend. It is very much like an extra play-off match for some of the teams, like the Lions and Western Province," Delport said.

"Where they are having a tough week, we are having a nice relaxing weekend ... and in the long run it will help us.

"Next week it is back to normal and we are all looking forward to start preparing for the semis.

"However, the best thing about this weekend is that we can sit back, have a braai [barbecue] and watch them tackle the living daylights out of each other.

"We now have an extra week to recover, where they only have next week, and we'll return next week refreshed."

Delport, a former South African Under-19 and Under-21 star who came through the Blue Bull ranks, said he is enjoying his time as World Cup-winning Springbok Wynand Olivier's midfield partner.

Despite having spent some time on the wing and fullback in previous years, and extended run at outside centre has seen his game take a sharp upward curve.

"It doesn't matter where I play," he said about the question of wing or centre, "...as long as I get game time."

And with the experienced Olivier on his inside, he is "enjoying" the extra opportunities to express himself.

"He [Olivier] has played at international level and knows what it is all about and that makes life a lot easier for me," Delport told rugby365.com.

"Also, players like Bryan [Habana] and Akona [Ndungane], guys who have played at the highest level, make it much easier to settle in."

But it is the influence of a rejuvenated Olivier that is most beneficial.

"Wynand [Olivier] is a very good player, and he certainly creates a lot of opportunities for me at outside centre, especially with his running lines.

"He is also playing great rugby this year. No doubt he is on song this year," Delport added.

By Jan de Koning
Posted by Rustig (Centurion) Thursday, October 02, 2008 - 09:01
42. Waikato 45 - 41 Taranaki. Finale telling.

BolandBul skop alweer agterent!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Thursday, October 02, 2008 - 10:08
43. Watter posisie het Marius Delport 0/19 en 0/21 gespeel??
Posted by BLOUALLENT (CAPE TOWN) Thursday, October 02, 2008 - 12:23
44. Goeiedag almal,

Jammer as ek mosterd na die maal is. Ek wil graag 'n paar opmerkings maak oor die onderwerp van rugbyskrywers, wat gister 'n paar keer op hierdie forum aangeraak is.

Ek moet eestens sê, ek het met rugby in die koerante kennis gemaak is die dae van Quintus van Rooyen, Johan Volschenk, Niel Steyn, Lappe Loubcher en dié manne. Ek weet sommige van hulle was soms erg eenogig en provinsialisties, maar wat ek deesdae mis van daardie manne, is die feit dat hulle altyd bereid was om hul eie mening te lug. Dít het hulle stories interessant gemaak en dít het gemaak dat mense die sportblaaie eerste gelees het.

Deesdae, veral in Beeld, is die rugbyskrywers se werk vir my nòg vis nòg vlees. Die een ou in die Afrikaanse pers wat hiervan verskil is miskien JJ Harmse. Hy krap darem geraaeld iets nuut uit. En natuurlik Louis de Villiers daar onder in die Kaap, wat altyd interessante hoeke aan sy stories gee.

Ek het niks teen 'n ou soos Morris Gilbert nie, maar ek dink net hy is vervelig. Sy patroon is net te afgesaag. Altyd dieslefde. Hy haal eerder 'n afrigter of 'n "kenner aan as om self 'n mening te waag. Dít is waar Quintus hom ligjare vooruit was. Ek dink Morris is dalk té ordentlik om 'n goeie rugbyskrywer te wees. Dalk moet die base daar by Beeld ou Morris bevorder en 'n rugbyskrywer kry wat die robuuste debat onder Pretoria se rugbymalles so bietjie kan aanblaas. Dis opmerklik dat die meeste reaksie in Beeld oor rugbysake kom van lesers wat reageer op ander lesers se briewe. Dit was belsis nie so in Quintus se tyd nie. Ou Quintus het die mense goed opgklits. Hy was nou wel baie eenogig-Blou, maar niemand kon ooit stry dat hy 'n baie goeie tegniese kennis van die spel en besonder goeie kontakte gehad het nie. Ou Quintus se vinger was altyd op die pols van rugbysake regoor die wêreld. En hy het nie eens die voordeel van die Internet gehad nie!

Wie van julle kan nog onthou hoe kwaad ou Lape Loubsher die rugbymense kon maak as hy iets oor Burger Geldenhuys geskryf het? Ou Lappe kon soms die grootste klomp boel krytraak, maar ten minste was hy bereid om sy eie mening te gee.

Wat van Johan Volschenk? Wie onthou nog sy rubriek, Linker Erasmus in Die Transvaler? Hy kon die mense aan die praat kry. Deesdae moet ons elke nou en dan Pieter Kruger se rubrieke in Beeld lees. Wat 'n ramp! Ons het werklik nie die sentimentele snert van 'n tweedehandse Dana Snyman op die sportblaaie van Beeld nodig nie. As ek nog een keer een van sy stokerige verhaaltjies uit sy kinderdae moet lees, boikot ek Beeld vir 'n maand! Pieter Kruger moet miskien in die argiewe gaan krap en by Johan Volschenk gaan leer hoe 'n sportrubriek geskryf moet word.
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Thursday, October 02, 2008 - 12:38
45. Tellings vir Vrydag:

BLOU BULLE 33 - 10 valke
BLOU BULLE 12 - 30 valke
Posted by Pitbul ("Fort" Loftus) Thursday, October 02, 2008 - 13:18
46. Ja,sal ook nie vergeet toe Quintus die telefoon in my oor neergegooi het nie!!!!Ja...diit was hier by die einde van die 70 jare toe Maties vir Tukkies gewen het!!!!!Het hom toe gevra hoekom het Naas nie daai game vir jul gewen nie!!!!Nie geweet hy kon so kwaad word nie!!!!
Posted by Bergbok (Nou vir WP) Thursday, October 02, 2008 - 13:22
47. Ek kyk my vrou op 'n dag so en sê: "Liefie, toe ons 30 jaar gelede getroud is, het ons 'n goedkoop woonstel en 'n goedkoop kar gehad. Ons het op 'n sofabed geslaap en na 'n swart en wit TV stel gekyk. Maar ek het elke aand by 'n vuurwarm blondine in die kooi geklim. Nou het ons 'n
mooi huis, 'n mooi kar en 'n plasma TV skerm. Maar ek slaap elke aand by 'n vrou van 55. Ek dink nie jy is besig om jou kant te bring nie."

My vrou is 'n baie redelike mens. Sy sê toe ek moet gaan en vir my 'n warmbloedige 25-jarige blondine soek. Dan sal sy wat my vrou is, seker maak dat ek weer in 'n goedkoop woonstel bly, in 'n goedkoop kar ry, op 'n sofabed slaap en na 'n klein swart en wit TV kyk. Ouer vroue is briljant. Hulle weet presies hoe om jou middeljare krisis op te los
Posted by RDM (Rustenburg) Thursday, October 02, 2008 - 13:51
48. Ja,en vir oom Danie Craven ook so in die krip gesit......!!!!Toe was hy nog Koshuisvader van Bekfluitjie(Wilgenhof).....Wou by hom weet hoekom hy so baie heelagters in die Maties se agterlyn gekies het wat teen Tukkies verloor het.....Kan nou nie meer al die name onthou nie.....Onthou wel Bossie Clarcke se naam!!!!
Posted by Bergbok (Nou vir WP) Thursday, October 02, 2008 - 13:54
49. Ja,RDM.....!!!!!!Jy't jou allie dan gesien!!!!!!Goeie een!!!!
Posted by Bergbok (Nou vir WP) Thursday, October 02, 2008 - 14:02