You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Good chance that Du Preez will play


There is a very good chance that the Vodacom Blue Bulls' Springbok scrumhalf Fourie du Preez will be in action when his team takes on the Free State Cheetahs at Loftus on Saturday.

Du Preez injured his hand during the Super 14, but coach Frans Ludeke is optimistic that Du Preez will recover in time for the clash against the Cheetahs.

"Fourie is part of our planning for Saturday's game, but he first needs to get through the week's training.

"If he doesn't experience any pain he will definitely be part of the 22. His experience will be of utmost importance to us and it is just great to have a leader and a player of his caliber back in the mix."

Du Preez's flyhalf for so many years, Derick Hougaard, injured his shoulder against the Sharks and at this point in time he is a doubtful starter for the Cheetahs match.

Ludeke said that Hougaard will go for a sonar on Monday and after that the extent of the injury will be known.

The loosehead prop Jaco Engels picked up a niggle in his calf muscle, but except for this there aren't any other injuries in the Bulls' camp.

Ludeke is very happy with his team's performance against the Sharks and he says the main thing for him is that the Bulls are back on track.

"I was very pleased with the fact that we could score four tries and I think our discipline was outstanding throughout the match.

"We did not unnecessarily give away possession to the Sharks and we made a huge step-up in our lineout play."



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. Liewe Webbie

ek is eerste hier maar vir die afgelope 2dae was ek heeltyd laaste. Die bulle se website was stadiger as enige ander website en ek moes weer registreer.

waarsku ons net as julle konstruksie werk doen.

Tx
Posted by taukobka (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 08:04
2. Môre ald die Bloubulle

Geluk aan die span met 'n goeie oorwinning oor die chokers. Jammer van Derick se geel kaart en DH se besering. Die span het goed saam gespeel en ek dink ons kan hierdie naweek die cheaters ook wen. Die afrigtingspan doen goed.

Posted by FJG (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 08:06
3. James bond alias blou-ril, ek wag vir jou kommentaar, ek is lus vir jou vandag.
Posted by FJG (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 08:07
4. Dis great nuus!!!!
Ek hou duim vas, BBC is daar n kans dat julle sal terug voer oor die vrae?

"14. TO THE FORUM, FELLOW BLUE BULLS SUPPORTERS AND BLUE BULLS COMPANY:

I just feel I should express my utter disappointment concerning the quality of this evening’s Match Officials.
I feel the poor quality of the match officials cost us at least 14 points.
If not more!
(POINTS DIFFERENCE) = log position.

PUNISH them, FIRE them, at least BAN them from being allowed to officiate at Loftus!
(SA Rugby Union) The same people who appointed Peter de Villiers.

Please! Please! Please!

I beg the Administration of this forum to respond and also inform us on the procedure that will occur after what we saw from the match officials tonight.

Punish them at very least express your disappointment at the quality of their work!
They get paid to sound like complete uneducated fools trying to communicate over life television across the world. Not knowing what to say or do? Frustrating both players and spectators!

Also the SuperSport commentators are a laughing stock and only compounded the frustration!

Joel and Andy;
Gosh please just talk about what you see and stop “brain-farting” throughout the whole game telecast as I pay for my television service. And you guys are just plain bloody stupid, not to mention bias, nearly as dumb as those bloody Aussies! Who are so dumb that they need three commentators instead of two!


The most alarming was when the words;

“The blacks are killing”

These were repeated several times by the TMO… Surely not? Not in South Africa?

Danie Rossouw; you are a legend! Great try my friend!"

Any feedback would be greatly appreciated!
Posted by parratjie (pretoria) Monday, July 07, 2008 - 08:22
5. More almal

Wat 'n great naweek. Ons span is baie beter as wat die telbord sê en ons kon beslis die haaie nog verder pakgegee het.

Die agterlyn was met tye teen dye teen die leeus en weer teen die sharks beslis die gevaarlikste agterlyn in ide reeks. Die vleuels kry die bal op spoed en die senters trek die lyn pragtig reguit. Wynand Olivier speel van sy beste rugby wat ek hom nog gesien het.

Toegegee, die Haaie het bietjie dom gelyk sonder Barrit en Kockott, en Nic Strauss voo op nr. 7 was uit sy diepte. Dis hier waar ons hulle kaf gedraf het. Hul eksperiment met Keegan Daniels op 8 het ons gepas soos 'n handskoen.

Deon Stegman se dryfwerk agter in die lynstaan het vir ons gewerk soos 'n bom. En hoe lekker is dit nie om vir Wikus terug te hê nie. Ek hoop nie Derick se besering is te ernstig nie.

Hoed af vir ons slotte ook. Danie Rossouw is 'n yster en PDV eet sy snor op omdat hy Pakslae by die huis gelos het.

Die TMO's laat dink my aan binnelandse sake: niemand wil verantwoordelikheid neem vir enige besluit nie. Andre Watson se verdediging van sy hopelose transformasie paddas wat ons games moet blaas, drup so van diplomatiese gatkruip dat dit erger klink as John Smith se post-match clichès. Om te dink dat ons vir nog 11 rondtes moet kyk na iets wat van ons geliefde spel 'n kyk weer spesialiteit wil maak. Ek wil nie weet hoe voel mense wat lewendig na die games gaan kyk nie.

Ons skeidsregters is van die swakste in die wêreld en is sooooo maklik intimideer baar deur 'n tuisskare, maar die feit is dat hulle begin om ook van die spel 'n sissygame te maak. Jare terug is daar besluit om verbonde skeidsregters te verbied en net refs van ander provinsies of lande in die game te laat blaas, maar ek is bevrees al ons refs kom deesade uit die kaap uit.

As die reel net in die CB toegepas gaan word beteken dit dat daar beamptes in leierstoele is wat dink die CB is so goed soos koshuisrugby. 110 jaar se status beteken vir hierdie mense boggerol. Te oordeel aan die driee wat hierdie saterdag toegeken is en wat nie toegeken is nie moes ons beslis die wedstryd teen die WP gewen het.

Ek is dit net van mening, dat die mense wat die heelmeeste gesukkel het met die aanpassing van nuwe reels definitief die skeidsregters is. Ek hoop nie ons bebote weer spanne wat in die openbaar die skeidsregters se peil kritiseer nie. Die reg moet nou sy loop begin neem sodat die regte oplossings betyds in plek gekry kan word.
Posted by taukobka (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 08:26
6. Rustig

wil jy nie jou naam verander na krokodil of luiperd of iets wat wag om uit te bars soos 'n landmyn nie?
Posted by taukobka (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 08:28
7. Dagse Getroue Bloues (en ander gematigdes)
Sien sommige mense het blykbaar al weer aan die verkeerde kant van die bed opgestaan.
Posted by IR (Muscat) Monday, July 07, 2008 - 08:30
8. Mossel, ek stem saam met jou, dit is net jammer dat John Mametsa nie eers vir Stefan Terblanche kan weg hardloop nie.
Posted by FJG (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 08:31
9. Goeie môre

FdP is goeie nuus!

Die bokke het hom en Danie gemis Saterdag. In die omstandighede was 'n agsteman wat die bal kan bemeester as die skrum in trurat is baie belangrik gewees. Joe het klaaglik misluk om dit te doen, maar Danie het reeds laas jaar bewys hy kan dit met onderskeiding doen. Met 'n sukkelende skrum en Butch sou FdP die druk op Butch kon verminder met goeie skoppe agter die skrum. Die kere wat Januarie geskop het, het meestal tot omgekeerde besit vir die All Blacks gelei.
Posted by bulshit (jo-burg) Monday, July 07, 2008 - 08:31
10. Nou ja, genoeg oor die TMO's en die refs.

PDV hoop ek het 'n groot les geleer: Jy kan nie met een erkende skopper in jou span die All Blacks in NS aandurf nie. Nie alleen kan Jantjes nie skop nie, maar hy kan ook nie drukverlig met goeie taktiese skoppe nie. Hy was baie solid onder die hoë bal, maar hy kan nie druk verlig nie.

Ditto vir die 2 skrumskakels: Nie eenvan hulle kan die druk verlig met taktiese skopwerk nie, wat beteken dat SA se groot kwesbare wond nou expose is en dit is dat ons geen erkende skopper in die span het nie. Jake White het dit geweet ook.

Butch James gaan sy afdae hê maar in terme van sy akkuraatheid is hy beslis nr. 3 in ons land wat losskakels aan betref. Willem de Waal en Derick Hougaard kan jou 'n hele middag besig hou op 'n nat veld. Frans steyn is nie die man nie.

Joe van Niekerk het wat gedoen?????? Ons almal weet hy is nie eers ons nr. 4 agsteman nie.

En BJ Botha hoort in die span. So ook Heinke vd Merwe.

Posted by taukobka (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 08:41
11. Rustig,

Ons agterste driehoek is so solied soos 10 en ons kon vier driee druk teen 'n agterlyn met vinnniger vleuels.

Mametsa se commitment is onvervangbaar en daarom is hy onvervangbaar. Ek is trots op alles wat hy vir ons beteken.
Posted by taukobka (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 08:44
12. Môre Blou Bulle, Bullinne en Bergbok.
Registreer weer oor om op die blog te kan inteken.
Posted by bloubul15 (Strand) Monday, July 07, 2008 - 09:11
13. Hello almal , Baie mooi BULLE
Posted by Scarface (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 09:38
14. Hartlike goeie more almal.
Posted by Glitch (Klerksdorp) Monday, July 07, 2008 - 10:33
15. More Stegman, mis jou goeie grappe. Stuur weer 'n paar aan asb.

Mnr Rustig, normaalweg doen ek wat ek se. Ek het gese ek ignoreer jou en jou niksseggende kommentaar. Jy kan op die blog skryf wat jy wil, ek kan nie en gaan nie jou probeer keer nie. Jy weet niks van my af nie en ongelukkig stel ek zero in jou tipe belang - dus sal dit so bly. Ek gaan ook nie hier weg bly omdat jy my probeer irriteer nie. Ek geniet die meeste mense hier se opmerkings en dit sal so bly. Ek is volwasse genoeg om my nie eers vir jou te vererg nie - so maak soos jy wil.

Kry dit nou in jou koppie as dit nie te ver bo jou verstandelike vermoeens is nie. Soos ek voorheen gese het, raak nou rustig.
Posted by NamBok (Windhoek) Monday, July 07, 2008 - 10:45
16. Dankie 007, ek maak so.
Posted by FJG (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 10:56
17. Sukkel ek alleen????????????????????????????????????
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 07, 2008 - 11:33
18. 2de!!!

Genade maar dit is stil hier!!!

Hou almal nou nog party???!!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, July 07, 2008 - 11:36
19. GOEIE MORE EDELE BLOU VOLK!

Ja, het bietjie gesukkel BD maar lyk my n Profile opdatering hierbo laat hom werk. Glo n virus gehad.
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 11:36
20. CHECK DIE LOG!!! Amper normaal! Totale normaliteit sou wees:

1) DIE BLOU BUL
2) twinkies
3) lines
4) Ag wat......enige van die ander p%epie spannetjies....maak eintlik nie saak nie?

Finaal: BLOU BUL vs twinkies/lines op LOFTUS!

KOM BULLE.........THE TIME IS AT HAND!!!!!!!!!!!!!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 11:40
21. Môre Bloues

UIteindelik weer 'n bietjie in die kantoor.

Mensig maar dit was lekker op Loftus Saterdag. Toe al daai duisende Sharkondersteuners so in stroom en so lekker luid begin dreun, het ek gedink hier kom vandag 'n groot geveg. Gelukkig het die Bulle hulle so stil gespeel dat mens later nie eens geweet het hulle is daar nie. Skuins agter ons het 'n paar Sharks gesit wat die eerste paar minute hul monde lekker gerek het, veral toe Derrick 'n geelkaart kry. Toe staan daar so snaakse tannie op, vir wie ek ook bang sou wees, en vertel die ou se fortuin vir hom. Hy moet haar seker maar goed ken, want hy was maar baie stil daarna.

Die Bulle was AWESOME (jammer vir die Engels). Die Sharks het met 'n baie gedugter pak voorspelers na Pretoria gekom, en eintlik lelik op hul neuse gekyk. Danie Rossouw het sy eweknieë sleg laat lyk in die lynstane en die vaste los, terwyl hul hoogaangeskrewe lostrio grasgevreet het teen die Bulle. Op die oog af het dit gelyk of die Bulle swaargekry het in die skrums, maar dit is hier waar ek die kwaadste was vir die skeidsregters. Om mee te begin het Fortuin nooit die Sharks gestraf omdat hulle voor die tyd begin skrum nie. Verder het Deon Carstens selde gebind met die inslaanslag en wanneer hy gebind het, het hy nie korrek gebind nie. Dat Fortuin ons vaskop vier keer gestraf het en vir Deon Carstens nooit nie, het my rooi laat sien. Hy het in die eerste helfte met elke skrum, op die grond gedruk, wat sy linkerskouer laer as sy heupe laat gaan het, wat beteken het dat Werner Kruger nie onder die loskop kon in kom nie, en sy skrum krag dan effektief geneulralisleer het, wat tot gevolg gehad het dat die skrum so baie geswaai het op ons ingooi. Meeste van hierdie skrums was regvoor een-bruinoog Kobus Wessels.

As iemand soos Joel Stransky en Andy Capistanio, wat beide ooglopende Sharks ondersteuners is, en beide anti-Blou Bul is, sê dat die ref beheer verloor het, en RIDICULOUS en PATHETIC is, dan moet jy weet hoe sleg dit gegaan het.

Ek het nie soveel van 'n probleem DAT daar soveel verwysings na die TMO was nie, maar hoekom Michael Cupido elke keer omtrent vyf minute vat om te sien wat ons telkens dadelik op die groot skerm kon sien, verstaan ek nie. Ken hierdie ouens dan nie die reëls nie, of is hulle net eenvoudig blind?

Terug by die wedstryd self. Die Bulle het fantasties gespeel, en nogtans ten minste vier drieë weggegooi. Akona Ndungane se aangee twee tree van die doellyn af in Stefan se hande moes 'n drie gewees het. Dan het JP Joubert by twee geleenthede in die tweede helfte met 'n hele agterlyn en omtrent drie manne oor, besluit om eers self tussen vier Sharkvoorspelers deur te storm en toe later die bal vir Danie te gee, in plaas van sy hele agterlyn wat staan en wag. Voeg daarby Wynand wat 'n skitterende gaping slaan, en dan die bal agter John Mametsa se rug verby te gooi, terwyl hy omtrent drie spelers by hom aan sy binnekant gehad het.

Om die hoogvlieënde Sharks eers in die 71ste minute toe te laat om 'n drie te druk, NA twee vorentoe aangeë en 'n aanslaan wat alles gemis is, wil gedoen wees. As ons van hier af kan voortbou, gaan hierdie 'n groot seisoen wees. Ons wag natuurlik vir die WP op Loftus. Hulle gaan nie weer so gelukkig wees nie.

As selfs die ref ons nie meer kan wen nie........
Posted by huibrecht (Brits) Monday, July 07, 2008 - 11:41
22. Ha dit lyk na besigheid.

Baron,en na n paar maande,hoe bly die nuwe huis?
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 07, 2008 - 11:41
23. En toe skop die Bulle die Chokers se agterente goed en hard!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, July 07, 2008 - 11:43
24. Ek dink almal sukkel om vanaoggend in te log - die TMO time-outs het 'n wonderlike wedstryd gepoil - wat 'n gemors behalwe die laaste drie het die ander beslissings die Bulle se great wedstryd in die agtergrond geplaas
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, July 07, 2008 - 11:45
25. En die Chokers kyk vas na n score wat hulle nog goed laat lyk,maaar diep binne weet hulle dit was nog so 14 meer.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 07, 2008 - 11:45
26. Baie lekker BD, dankie. Besig met die tuin voorbereiding kan nie wag vir die Lente nie!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 11:55
27. Die chokers is amper waar hulle histories hoort! Hulle mag moontlik die valke kan wen? Moet seker maar vir n draw gaan op SuperBru?
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 11:57
28. Weet iemand dalk iets van Kuun se verhoor???
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 07, 2008 - 12:04
29. Dag die BLOU
Hel dis great om n fantastiese wen teen die chokers te sien..wonder net waar is die groooootbekke vandag...ai-ai..Bulle, jul dorings....cheaters gaan ook g*t sien saterdag, bad teen die strepies gespeel...great om te weet ons gaan hulle roer op Loftus...time is now...Cup is comming HOME......
Posted by FREAK1 ((PRETORIA - BULLS VAT GOUE BEKER - 2008)) Monday, July 07, 2008 - 12:23
30. Goeie dag almal en geluk met die wen ek moet sê daar was Saterdag net een span op die veld. Ek weet nie eers hoe het ons dit reg gekry om 14 punte tekry nie want ons was swak, maar soos hul sê die cc word nie nou al gewen nie julle moet nog by ons ook kom kuier en ek glo darm dat ons dan n sterker span op die veld kan laat draf. As daar iemand is wat my kan antwoord doen so asb. Waar is Jean Dyssel die plaasvervanger agtste man van ons daai outjie lyk belowend.
Posted by BITE*ME (SHARK TANK) Monday, July 07, 2008 - 12:26
31. BD -Ek weet iets van kuun se verhoor,hy verdien dit nie
Bulle -dit was n great game ,die koppie gaan
hierdie jaar WP toe(weer pretoria)

GO BULLE
Posted by Habananana (Vanderbijlpark) Monday, July 07, 2008 - 12:28
32. B-ME,ja die sharks weet mos wat om te doen teen die bulle op tuis-veld
veral in n super 14 finaal (grapie)
Posted by Habananana (Vanderbijlpark) Monday, July 07, 2008 - 12:32
33. Freak 1,amper val ek van my stoel af,is dit jy in gees of vlees???
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 07, 2008 - 12:35
34. Waar is almal nou,is lunch verby?
Posted by Habananana (Vanderbijlpark) Monday, July 07, 2008 - 12:36
35. Bite me,hoekom sukkel ek om op julle blog in te kom??het dit iets met Sat te doen?lol
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 07, 2008 - 12:41
36. Dino, ek dink die chokers chat nou op een of ander "cooking' webblad. Selfs hul webbie het seker begin skaamkry oor die tipe geselsies wat daar aangegaan het en besef dat, indien hy sou toelaat dat hulle verder kan "chat", dit bloot vir die res van die rugby-publiek sou wys hoe min daai lot eintlik van rugby weet.
Posted by IR (Muscat) Monday, July 07, 2008 - 13:01
37. Cokers gesels nou seker op een of ander "cooking" webblad. Resep-idees van die week - Different ways to use fishpaste in your recipes!
Posted by IR (Muscat) Monday, July 07, 2008 - 13:04
38. Chokers gesels moontlik deesdae op een of ander "cooking" webblad. Resep- idees word gesoek - How to use fishpaste creatively"
Posted by IR (Muscat) Monday, July 07, 2008 - 13:06
39. Dino, moontlik gesels die chokers deesdae op een of ander "cooking" blog. Resep-idees oor die kreatiewe gebruik van "fish-paste" word dringend gesoek.
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Monday, July 07, 2008 - 13:08
40. Check die nuwe draad!!! Dis n fossiel uit die verlede! Dink die ouens daar by die 'Computer Room" babbeleer nog? ***LMGA****
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, July 07, 2008 - 14:19
41. Hel webbie, ek het sopas vir die derde keer in 2 dae geregistreer en hierdie slag is dit met 'n ou e-pos adres. Al die nice postings van vanoggend is afgehaal???? wat de hel was fout daarmee???? Het jy die TMO ingeroep vir foul play????
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, July 07, 2008 - 15:10
42. Jy kannie die tmo inroep vir enigiets nie!Hy is untouchable!!!!!!!!!
Posted by NatalBul (Vryheid) Monday, July 07, 2008 - 15:17
43. Ek weet nie wat julle ouens op die blog sover bespreek het nie so verskoon my as ek iets herhaal maar weet julle,dis nie meer 'n plesier om rugby te kyk wat heeltemal deur die skeidsregter en sy trawante oorheers word nie.
Posted by NatalBul (Vryheid) Monday, July 07, 2008 - 15:24
44. Middag bloues,
Het op verlede jaar se draad geblog, wou maar net se veelsgeluk met die uitmuntende vertoning teen die sharks, lyk of Slaptjips tog a aanwins is terwyl Plumtree n swak afrigter is wat maar gaan sukkel om die semis te haal.
Posted by vlekkie (Johannesburg) Monday, July 07, 2008 - 15:42
45. ZZZZzzzzz....
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, July 07, 2008 - 16:22
46. Kom ons duimvas dat die onderhoud op die stelsel nou reg sal werk.
Posted by bloubul15 (Strand) Monday, July 07, 2008 - 16:43
47. Kom ons vertrou die onderhoud hou die keer.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Monday, July 07, 2008 - 16:44
48. Apologie vanaf die tegniese mense.

"Dit was wat die tegniese ouens noem 'n sequel spike (toemaar, ek weet ook nie rêrig wat dit is nie). Ons moes terugwerk na gisteraand se laaste back-up, so 'n paar posts sou verlore gegaan het"
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Monday, July 07, 2008 - 16:53
49. halo . da wen swd die craevweek bulletjies met 26- 21.
Posted by baby bull (garsfontein) Monday, July 07, 2008 - 17:00
50. 28 cravenweek
Posted by baby bull (garsfontein) Monday, July 07, 2008 - 17:00
51. Môre Bloues

Sien my posts van gister wou nie deurkom nie. Die blog ly seker maar aan dieselfde vertraagde prosesering as die skeidsregters.

Mintag, maar dit was lekker op Loftus Saterdag. Toe ek al die Sharkondersteuners sien, het ek gedink dit gaan 'n lang dag vir ons word. Veral toe hulle so lekker begin dreunsing. Die Bulle het egter ander planne gehad en die klomp gou stil gespeel. Veral die ouens wat skuins agter ons gesit het wat sulke vieslike opmerkings begin maak het veral na daai "welverdiende" geel kaart. Na daar so "sterk" tannie opgestaan en hulle fortuin vir hulle vertel het, was hulle ook aansienlik stiller. Ek sou liewer ook nie vir haar iets sê nie, maar darem was die trolle toe stil.

Aan die einde van die wedstryd sou selfs die gehardste Sharkondersteuner moes erken dat die Bulle hulle stukend gespeel het. Die telling was alreeds groot, maar as in gedagte gehou word dat die Bulle nog ten minste 8 ander geleenthede geskep het, waarvan ten minste vier drieë MOES gewees het, is dit duidelik in hoe mate die Bulle oorheers het. Uitgesonderd die vier TMO gevalle( twee van Mametsa en twee van Danie), was daar vier ander werklike geleenthede vir drieë. Die eerste was waar Akona Ndungane enkele tree van die doellyn af nie een van die Bulle se opvolgers kon vind nie, maar vier Stefan Terblanche. Hy moes dalk net eers gekyk het voor hy die bal aangee. Ek weet dit gebeur vinnig, maar soms is dit beter om selfs grond toe te gaan met die bal as om dit net weg te gooi. Verder was daar twee geleenthede waar JP Joubert die bal op die doellyn net moes laat loop vir sy agterlyn wat 'n moewiese "overlap" gehad het. Een keer het hy probeer om self deur vier Sharks te dryf en die ander keer het hy vir Danie die bal gegee om deur etlike Sharks te probeer dryf. Dan was daar natuurlik die breukslag van Wynand Olivier so vyf minute voor die einde. Hy moes die bal eerder aan sy binnekant vir Derick Kuun gegee het, wat reg by hom was met geen verdedigers oor nie, as om te probeer om 'n aangee te maak na Mametsa toe.

As al hierdie gevalle ook in punte omskep is, dink net hoe sou die telling gelyk het.

Die Sharks aan die ander kant, het selde gelyk of hulle die doellyn kon oorsteek. Selfs die een drie wat hulle gedruk het moes nie toegeken gewees het nie. Hier reg voor ons was daar 'n aanslaan en 'n moewiese vorentoe aangee, in die aanloop tot die drie. Hoekom JC 'ek-het-'n-Fortuin-foute-gemaak', nie daardie drie ook verwys het na Michael 'ek-kan-nie-'n-besluit-maak-nie' Cupido, weet niemand nie.

Die enigste kwesplek in die Bulle se mondering op die oomblik is Marius Delport. Ek dink nie hy is opgewasse vir senter speel nie. Met Zane terug, moet dit dalk oorweeg word om Tiger op vleuel in te span en Mametsa buitesenter toe te skuif. Hy het verlede jaar die grootste deel van die seisoen vir die Vodacomspan buitesenter gespeel, en het my baie beïndruk. Met sy groot hart, kan hy net so dodelike verdediger word daar as JP Nel.

Nou vir die Cheetahs. Ek dink dit bewe op die oomblik in Bloemfontein.....winter of te nie.


I WILL ALWAYS STAY TRUE TO THE B L U E !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Tuesday, July 08, 2008 - 08:08