You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Live Chat: Vlok Cilliers


The Vodacom Bulls' kicking coach Vlok Cilliers will be available between 9:30 and 10:15 to answer supporters' questions on this website.

You are invited to bombard Vlok with rugby related questions, but please keep the questions as short and specific as possible in order for him to answer as many questions as possible.



Print


Question & Answers
Cecil (Nou die Blou) asked:
More Vlok. Hoe lank nog voor ons in die koerante lees dat jy ook die Bulle gaan verlaat?
Vlok Cilliers answered:
More Cecil
ek is op die oomblik nog baie gelukkig hier. Ons fokus is nou om die S14 goed te eindig en dan skuif die fokus na die Curriebeker. Ons sal graag die Curriebeker wil wen.
mackie asked:
Vlok what is the vipe between the players after the Bakkies story for the game of saturday?
Vlok answered:
The vibe is great in the team, Bakkies is very positive, he is training hard and the spirit for Saturday is good and the whole team is looking for the game.

Bakkies is a professional athlete and the whole issue is handled by professionals off the field for the best interest for the Union and the player.
Snoeshaan asked:
Hi Vlok

wat is die storie met Pieter Rossouw en Johann van Graan?
Vlok answered:
Dit is van alle waarheid ontbloot. Daar is 'n great gees in die bestuurspan en almal werk hard om ons weer op die wenpad te kry.

Moet nooit alles glo wat in die koerante staan nie.
Joe asked:
Goeie môre Vlok,

Uit 'n (skop)afrigtersoogpunt; maak dit nie meer sin om Morné Steyn op binnesenter te speel nie, met JP Nel op buitesenter en Derick op losskakel?
Vlok answered:
Die laaste paar wedstryde speel Wynand Olivier werklik goeie rugby op 12. Met die Lions-wedstryd het Morné Steyn weens beserings binnesenter gespeel - met hom op 12 en Derick Hougaard op 10 het ons meer kicking options en Morné is `n "footballer" wat ewe goed op 10 en 12 kan speel.
As jy kyk na die All Blacks speel hulle gewoonlik met `n binnesenter wat ook losskakel kan speel soos bv Luke McAlister en Aaron Mauger wat dit met baie sukses gedoen het.
Langtermyn kyk ons daarna, want Wynand gee ons ook opsies op buitesenter.

Pieter asked:
Môre Vlok,

Waarom skop die Bulle soveel besit weg, wanneer die ELV's juis balbesit aanmoedig?
Vlok answered:
Hello Pieter.
Die 5 spanne wat die meeste skop is die S14 is die Crusaders, Waratahs, Sharks, Stormers en Bulls.

Veral met die nuwe reëls waar dit 'n 50/50 raak op die grond probeer die spanne om takties slim te skop om sodoende druk op die teenstanders te sit, sodat hulle swak terugskop wat vir jou 'n beter aanvalsgeleentheid skep.

Of om 'n span onder druk te plaas sodat ons omkeerbesit (turn overs) kan forseer soos in die geval teen die Highlanders waar 4 van ons drieë gekom het weens omgekeerde besit.
James asked:
Hallo Vlok,

Dankie vir die goeie werk wat jy met Liefling doen! Sy skop stats is nog steeds die beste in die S14. In jou opinie; is daar nog plek in 'n span vir 'n skoppende losskakel, met die nuwe ELV's in plek?
Vlok answered:
Die key is altyd om eers jou losskakel te kies.
Maak nie saak watter reëls gespeel word nie, daar sal altyd plek wees vir `n 10 wat takties goed kan skop en takties goeie besluite kan neem.

Met spanne se verdedigingspatrone wat deesdae so goed is, kan jy nie altyd hardloop nie, daarom het jy losskakels nodig soos Dan Carter, Hougaard, Morne Steyn, Jonny Wilkinson, Ronan O`Gara wat meesters is op dié gebied.
Di.bul asked:
Hullo vlok ons almal wt morne en hougaard is di 2 beste place kickers maar my vraag aan jou is wie sal pale toe skop in n wedstryd as dai 2 beseer is in di wedstryd
Vlok answered:
Dis 'n lekker vraag!

Indien Derick en Morné beseer is sal Wynand Olivier oorneem. Wynand oefen gereeld saam met my en het op skool by Affies pale toe geskop.

Fourie du Preez kan ook skop - hy is 'n natural.

Onder die forwards is daar geen Frik du Preez nie.
Jurie Duveen asked:
Hallo Vlok , ek kan sien dat julle baie tyd aan die skoppers spandeer. Hoe belangrik kan taktiese skopwerk nog wees met die nuwe Elvs ? Gaan kortskoppies nie meer belangrik word omdat die verdediging so goed is nie?
Vlok answered:
Kortskoppies (chippies) kan slegs gedoen word wanneer daar slegs een verdediger tussen jou en die doellyn is.

Verlede Saterdag het CJ van der Linde op die Hurricanes se kwartlyn ge-chip en toe score die `Canes van daar af.

Ou of nuwe reëls - taktiese skopwerk sal altyd `n baie groot rol en invloed op die wedstryd hê
Lallas asked:
Hi Vlok.

As an insider in the Bulls camp, can you please tell us what the atmosphere is like and what the attitude of the players are with the Bakkies saga in the camp.
Vlok answered:
The atmosphere is good. The attitude of the players are very positive, they are all focused on Saturday's game.

The Bakkies saga is handled by professionals off the field and they will try to keep it as far from the field as possible.
Blou boer Seun asked:
More Vlok,

1. Hoe lank werk jy nou as skop afrigter by die Bulle?
2. Dink jy die Bulle gaan Saterdag wen?

Vlok answered:
1) Ek is die afgelope 4 jaar die Bulle se skopafrigter.
2) Ons wil baie graag wen want on skuld dit vir die ondersteuners en vir mekaar in die span.
kobus asked:
more vlok. hoekom met derick in die span skop hulle nie pale toe nie wetende dat hul sukkel in die lynstane. jul kon 2 wedstryde op die toer gewen het as jul die strafskoppe pale toe geskop het in plaas van hoek toe. met 8 punte meer op die log sou dit baie beter gelyk het. sterkte vir die naweek.
Vlok answered:
Partykeer is dit vroeg in die wedstryd en jy het momentum en jy wil die opponente onder druk hou deur lyn toe te skop en moontlik 7 punte te kry.

Wanneer jy hoek toe skop, score mens dalk nie onmiddellik van die dryf nie, maar dit gebeur dat ons van daar af fases opsit en ná 8 -10 fases punte aanteken.

Maar ons kyk altyd na die gang van die wedstryd en dan sal Frans 'n besluit neem of ons pale toe skop of lyn toe.
Daardie besluit word dan 100% ge-back.
Blou seun asked:
More Vlok,

Wie gaan die Curriebeker afrig?

Jy is naby aan die camp, se vir my asb, hoe voel die spelers as hulle op n leeg Loftus uitdraf agv swak prestasies?

Vlok answered:
Frans Ludeke met die huidige bestuurspan soos in die S14.

Dis nooit lekker vir enige speler om op sy tuisveld voor min mense te speel nie - daar is geen atmosfeer nie.
Met `n vol pawiljoen lig die ondersteuners die spelers die nodige 5-10% wat baie keer die verskil tussen tussen wen en verloor is.
Ben asked:
Vlok,

Ek sien in een van die vrae se antwoorde se jy mens moet nooit alles glo wat in koerante staan nie. Dink jy nie dat ons die toeskouers juis die koerante glo die heeltyd oor ons in die donker gehou word by ons geliefde Bulle/BBCo?

Vlok answered:
Koerante kan altyd spekuleer oor wat gebeur, maar weens die vertrouensverhouding tussen die BBM en die spelers moet alles so konsekwent hanteer word.
Lallas asked:
Hi Vlok,

'n Boodskap vir Derick.

Jy maak ons Blou harte warm klom met jou lojaliteit aan die Bulls, en mag jy gou weer die GROEN trui aantrek. Ons is trots op jou.
Vlok answered:
ek sal boodskap vir Derick gee.
Joe asked:
Jy noem Wynand op buitesenter; is JP Nel nie miskien meer geskik vir die buitesenter rol as Wynand nie. JP maak in die laaste paar wedstryde die lyn goed reguit, sy verdediging was nog altyd uitstekend, en hy bring 'n fisiese dimensie na die agterlyn, soos 'n Ma'a Nonu byvoorbeeld
Vlok answered:
Jy is heeltemal reg.
Indien JP seerkry moet ons na ander opsies kyk, soos Wynand Olivier en die 20-jarige Stephan Dippenaar (wat in die S14 oefengroep is).
Oblix asked:
Vlok,

Wat is eienskappe wat 'n goeie stelskopper oor moet beskik? Hoe bepaal ons die afstand wat 'n stelskpper moet terug tree voor hy skop?
Vlok answered:
Eienskappe van `n stelskopper:
1) BMT - om in druk situasies kalm te bly en punte vir jou span te kan aanteken.
2) `n solid technique
3) om goeie timing en ritme te hê - want dit bepaal die akkuraatheid en die afstand van elke skop (pale toe en uit die hand uit).

Stelskoppers moet baie hard werk en die lang ure insit.

Tree wat stelskoppers moet gee:
Daar is nie reg of verkeerde wat tree aanbetref nie, maar hoe minder tree jy gebruik hoe meer foute kan jy uitskakel met jou aanloop na die bal.

Bv. Derick, Morne, Percy, Jonny en Carter gebruik die 4-5 tree aanloop.
Gert asked:
Vlokkie,
Welkom op blok.
ouens soos F Steyn by guppies het die vermoë om strafskoppe van 55m+ or te sit. Wat is Derick se 'range'?
Is dit tegniek of maar net timing en krag?
Vlok answered:
Derick se range is 50 - 55 meter.

Verlede jaar in die semi-final van die S14 teen die Crusaders het Derick 'n skop van 55m net voor rustyd oorgeskop.

Timing speel 'n groot rol en dis 'n voordeel as jy 'n langer beenlengte soos Frans Steyn het.
Jaco asked:
More Vlok,

`n Wereldgehalte losskakel is darem `n groot probleem wat van skole vlak af deurkom in SA. En dis vir al die spanne. Alle respek vir die huidige losskakels, maar SA kan nie soos die AllBlacks en Engeland losskakels kweek wat goed is met die voet, aanval en verdediging nie. Hoe sal mens die probleem kan uitklaar.

Sterkte vir die res van die seisoen.
Vlok answered:
ons het topklas-losskakels.
Butch het van sy beste rugby verlede jaar in die Wêreldbeker gespeel.
Derick op 19 `n Curriebeker vir die Bulle gewen.

Frans Steyn kan `n baie goeie losskakel word en huidiglik sit ons met die top junior losskakels in die land by name Marnitz Boshoff en Francois Brummer (wat huidiglik in die SA o20 span is).
Deon asked:
Hi Vlok,

Hoeveel Suid-Afrikaanse spanne sien jy in die S14 semi-finale?
Vlok answered:
Stormers het 'n goeie kans
Sharks het 'n moeiliker pad
Jurie Duveen asked:
ek kan sien dat die hangskoppe al afgeneem het in die super 14 , wat is nou die idee aan die lugskoppe veral teen spanne met n goeie agterste 3 , dis gewoonlik die 8 ste manne wat die bal misvang( behalwe Spies)?
Vlok answered:
Lugskoppe word steeds met sukses in S14 gebruik.
Mens wil so skop dat die bal net buite die 22 van die opponente land, waar hulle nie `n merk kan vang nie. Só `n skop moet contest word en jy kan dit dan gebruik as aanvalsgeleentheid.

Spanne ontleed mekaar, so jy weet ook wie nie goed is onder die hoë bal nie en dan skop jy op hulle.
Franco asked:
Hoe baie skaaf werk is daar aan iemand soos Derick se skopwerk?
Vlok answered:
Dieselfde soos 'n Tiger Woods, wat weekliks met sy afrigter werk.

Daar is altyd plek vir verbetering. Klein probleempies sluip soms in en jy wil altyd hê 'n Derick moet verbeter.
Kobus van Staden asked:
Vlok, hoe het dit gebeur dat jy by die Bulls betrokke geraak het ?
Vlok answered:
Heyneke het my in 2003 genader.
Sy visie was dat daar onder meer `n voltydse attack coach, verdedigingsafrigter en skopafrigter moes wees en dit is hoe ek betrokke geraak het.