You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Live Player Chat: Jacques Burger


The Vodacom Blue Bulls' new recruit Jacques Burger will be available on Tuesday between 12:00 and 12:30 to answer supporters' questions on this website.

Brief biography:

Jacques was born on 29 July 1983 in Windhoek and went to school at Eros Primary and Hoërskool Windhoek.

He played centre up until he was in st 9 and represented Namibia at under 12 as well as two years at under18 level.

He played Craven Week rugby in Port Elizabeth in 2000 as a centre, but in his matric year he was moved to number 8 and again represented Namibia at the Craven Week.

After school he went to Bloemfontein and was selected for the Free State under19 team as well as Namibia's under19 World Cup squad.

In 2003 he made his test debut for Namibia as a 20 year-old against Zambia and in 2004 he was one of Nam's stars in their match against the SA "A" side.

Jacques says the Griquas contracted him after the SA "A" match and he ended up playing for three years and in more than 40 games for the Griquas.

He was one of the heroes of Namibia's World Cup campaign in France in 2007 and immediately after the tournament he joined the French Club, Aurillac, where he played 28 consecutive matches for them.



Print


Question & Answers
Stapper asked:
Wat posisie verkies jy, nr 6, 7 of 8, om t e speel en hoe lank is jy by die Bulle gekontrakteer. As ondersteuner sien ek daarna uit om jou so gou as moontlik in die Ligbloutrui te sien speel
Jacques Burger answered:
Ek verkies om flank (6 of 7) te speel.
Tussen 6 en 7 verkies ek toekantflank, maar dit maak nie regtig saak nie.

Ek is gekontrakteer tot einde 2009, en ek sien net so daarna uit om in 'n Bloutrui te wees.
ROZETTA asked:
HI JACQUES

Ek wilnet graag by jou weet hoe dinge lyk in die Bul kamp,is alles darem nou weer in orde nadat hulle so gesukkel het in die S14,en dink jy daar bestaan 'n kans dat ons hierdie jaar die CC gaan wen.Ek hoop hulle kies jou vir die naweek se wedstryd en straf Lobberts vir 'n tyd lank,hy sal gedissiplineerd moet word,en al sê mense ook wat hy het ons Saterdag se wedstryd gekos.Alles voorspoed vir jou vorentoe.
Jacques Burger answered:
Hello Rozetta
Alles is in orde in die kamp - die ouens werk hard en ons almal se enigste doel is om die Curriebeker te wen. Ek dink daar is `n goeie kans dat ons die Curriebeker kan wen.
Aan die einde van die S14 het dit begin goed gaan en almal is positief.

Ninene asked:
Hoe is dit so ver vir jou by die Bulle?
Jacques Burger answered:
Baie lekker!
Almal het my baie vinnig welkom laat voel en alles is baie professioneel by die Bulle.
ek is happy om hier te wees.

BOB asked:
HI Jacques

Welkom by die Bulle .
Hoop jy kry gou speelkans.
Hoekom het jy nog nie die span gehaal in die eerste 2 CC games nie. Was jy dalk beseer ?

Waar is jou landgenoot Tertius Losper. Hoe lyk sy kanse om die squad te haal ?

Alles van die beste vir jou & die span die seisoen.

groete
BOB, BELLVILLE


Jacques Burger answered:
Die rede hoekom ek nie in die eerste twee wedstryde gespeel het nie, was omrede ek nuut is. Mens kan nie in `n week se tyd al die "calls" en bewegings leer ken nie.
Ek dink die Bulle was ook gelukkig om die span wat hulle gehad het - dit is moeilik om net in `n span soos die Blou Bulle in te stap.

Tertuis Losper is in die Curriebeker-groep. Hy kompeteer met Tiger Mangweni en Zane Kirchner vir `n plek op heelagter.
Joe asked:
Hallo Jacques!

Welkom by ons Bulle! Hoop om jou sommer nog lank in die Blou trui te sien.En dan, sommer so 'n tong-in-die-kies-vraag! Hoe het jy Franse klubrugby ervaar, is die Franse toegangklik?
Jacques Burger answered:
Hi Joe

Ons het in 'n klein Franse dorpie gebly en almal was baie vriendelik en het die rugbyspelers baie ge-ondersteun.
Die taal is maar moeilik om te verstaan aan die begin, maar naderhand het ek geleer om myself te help.
Hulle het ook 'n heel ander siening oor rugby: hulle glo nie in spelpatrone nie - jy speel wat jy sien en hulle is ver agter Suid-Afrika met hul vaste fasette (skrums en lynstane).

Dit was 'n baie goeie ervaring vir my en ek is nie spyt ek was daar nie. Rugby in Frankryk raak baie groot.
Al die jong mense in die dorpies wil rugby speel - hulle is regtig fanaties oor rugby.
ROZETTA asked:
volgens bespiegelinge gaan Derick/Wickus/Zane die naweek dalk reg wees,is dit so? Of is dit net bespiegelinge?
Jacques Burger answered:
Derick Hougaard en Zane Kirchner is beslis verkiesbaar en oefen saam.

Dit lyk of Wikus reg gaan wees vir die wedstryd en hy was saam met ons in die gym vandag. Die dokter het gister gesê daar is `n 70% kans dat Wikus sal reg wees.

calla asked:
Hoe voel jy daaroor om met Sebastian Chabal in vreeslose spelstyl vergelyk te word?
Jacques Burger answered:
As iemand dit sê is dit 'n groot eer, want hy is 'n baie goeie rugbyspeler.

Ek weet net nie of dit my spel of die hare en baard is wat mense só laat sê nie!
Vlooi asked:
Hey Jacques, Vlooi hier, Stewart & Lloyd weet nie of jy my kan onthou nie.

Is bly om te sien jy is dam terug in SA. Hoop dit gaan goed daar, stuur groete vir Lehanie en HOU BY DIE BLOU!!!!!!

Jacques Burger answered:
Hello Vlooi!
lekker om van jou te hoor, alles gaan goed hier en sien uit na my eerste game.
Voorspoed daar, ek sal vir Lehanie groete stuur.
calla asked:
Hoeveel keer het jy al daai neus van jou gebreek?
Jacques Burger answered:
Hi Calla, ek het al ophou tel

Hy kan nie meer skeef as wat hy nou is nie!