You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Live Player Chat: Rocco Jansen


The Vodacom Blue Bulls prolific try scorer Rocco Jansen will be available on Wednesday between 14:00 and 14:45 to answer supporters' questions on this website.

Jansen is currently the leading try scorer in the Vodacom Cup with 11 tries to his name and is one of the Bulls' most talented youngsters.

You are invited to bombard Rocco with all sorts of rugby questions in English as well as Afrikaans.

Brief biography:

Rocco started off as a centre at Queens College Primary (Queenstown in the Eastern Cape) in 1994 and played for Queens' first team in 2004. He was the first team's flyhalf and was also selected for the Border Academy XV in his matric year.

After school he enrolled at the Puk Rugby Institute where he started playing wing and represented the Puk under 19's as well the Leopards 7's.

At the end of 2006 he joined the Blue Bulls and played in last year's Vodacom Cup Tournament. He was one of the stalwarts of the Blue Bulls under 21-side in 2007 and is earmarked as a future star at Loftus.



Print


Question & Answers
Mariska asked:
Hi Rocco
Dankie dat jy die tyd afstaan om die ondersteuners te chat.
Wie is jou gunstelling all time speler en hoekom?
Rocco Jansen answered:
Hi Mariska
Christian Cullen, vir my was hy een van die eerste spelers wat met soveel flair gehardloop het. Hy was 'n all round footballer.
Ander ouens na wie ek opgekyk het was Jonah Lomu en Jason Robinson (heelagter van Engeland).
Lynette asked:
Baie dankie vir jou uitmuntende vertonings die jaar!
Hoe voel jy oor julle kanse om die titel ta vat die jaar?
Rocco answered:
Op dié stadium dink ek die span speel baie goeie rugby en ons begin mekaar te verstaan.
Ek glo nie ons het al tot ons volle potensiaal gespeel nie, maar van die quarters tot die finals moet ons net elke week dit vat soos dit kom en in elke wedstryd verbeter. As ons dit doen staan ons `n goeie kans om die titel te wen.
Stapper asked:
So 'n ruk terug het van die bloggers gemeen daar moet meer van die Vodacom-spelers in die super-14 span gekies word. My mening was dat jy die enigste Vodacom speler is wat gereed is vir Super 14. Toe kry ek 'n antwoord dat jy glad nie kan verdedig nie. Is jou verdiging 'n probleem en word daar aan gewerk?
Rocco answered:
Verdediging: Ek kan in al die aspekte van my spel verbeter en ek probeer net so hard op my defence te werk soos wat ek op my aanval werk.
Ek het verlede naweek teen die Bulldogs my eerste têkkel van die jaar gemis omrede ek te vinnig opgegaan het en toe step die opponent my - dit wys my net dat ek altyd moet harder werk.

S14: as die geleentheid kom sal ek graag wil wys wat ek op daai vlak kan doen en dit sal ook 'n goeie toets vir my wees. Ek dink manne soos Tiger Mangweni en Okkie Kruger sal die Bulls nie in die steek laat op S14-vlak nie.
Mariska asked:
Baie dankie vir daai antwoord
Nog 'n vraag - Wat is jou opinie van die ELV's en hoekom dink jy sukkel die S14 span so baie met dit?
Rocco answered:
My opinie: Die game is wel vinniger en ek glo ons het die spelers om aan te pas. Persoonlik pas die reëls my want die span wat aanval kan vir homself meer ruimte skep en dit pas my as vleuel.

Die S14 wat sukkel: Die Bulls het die afgelope paar jaar `n baie gestruktureerde game plan gevolg wat baie effektief was, maar die ELV`s pas nie noodwendig so `n benadering nie. Ek dink steeds ons sal kan aanpas en dat die span weer kan begin wen.
Mariska asked:
Ek was Vrydag by die wedstryd in Oos London en het die match baie geniet. Ek was redelik verbaas met die spoed van die nommer 11 en 14 van Border. Hulle is wel BAIE klein maar dink jy hulle het 'n goeie toekoms met die nuwe ELV's
Rocco answered:
Ek dink hulle het 'n toekoms met die ELVs. Hulle is klein maar step baie goed.
Mark asked:
Hi Rocco
Jy speel fantasties ! Hou dit daar.
Het jy `n kontrak met die Bulle en vir hoe lank ?
Rocco answered:
Baie dankie Mark!
Ek het `n kontrak tot einde van die jaar en sal graag nog by die Bulle wil bly.
Rich asked:
Why are the Bulls so damn useless????
Rocco answered:
I don't think it is a matter of being useless, I mean we won the S14 in 2007 and certain things just did not go our way this year.
With a few matches left I really think we can pick ourselves up.
Francois asked:
Hullo! Dink jy ludeke mut zim press word
Rocco answered:
Nee, die span het nou ondersteuning nodig.
Rob asked:
Are the problems really sorted out in the S14 team...I dont want to go to another game where the players are not committed and I feel so gutted.
Rocco answered:
The Vodacom Cup team and the S14 do some sessions together during the week and the S14 guys really look sharp thus far.
The guys are looking forward to the weekend and have prepared well.
I think the team is committed.

gerhard asked:
Hi Rocco

Sterkte met die volgende 3 games en bring vir ons 'n beker huis toe,
Glo jy dat jy Currie cup sal kan speel met die kopetisie van die ander agter spelers wat daar is
Rocco answered:
Hi Gerhard, op dié stadium is my fokus op die Vodacombeker en om goed te doen vir die span en my beste te lewer.
Dis altyd `n doelwit om Curriebeker te speel en ek sal my bes doen om vanjaar daar uit te kom.
Hendrik asked:
Why the sudden change in team nobody realy left the team except 3 players
Rocco answered:
Hi Hendrik, the best way to explain this is to read the press release issued today on the website.

Mark asked:
Rocco
Hoe is die gees in die span ?
En die gees by die Bulle se ander spanne ?
Gaan ons die Vodacom Cup vat die jaar en sommer ook die Currie Cup ook ?
Rocco answered:
Die gees by die Vodacom en die S14 is goed.
Ons sal ons beste poging gee om die bekers te wen vanjaar.
Joe asked:
Hi Rocco

Eerstens dankie dat julle Vodacombeker ouens ons Blou Bul ondersteuners darem iets gee om oor bly te wees, en sterkte vir die res van die seisoen. Ons hou vurig duim vas.

My vraag, hoe word n' verloor soos Saterdag s'n in die Bloubul kamp gevoel? Die gevoel wat ons kry is dat veral die bestuur net glad nie omgee nie. Al wat ons hoor is dat ons julle moet ondersteun, maar dit is soos om by n' restaurant vrot tamaties gevoer en dan na die bestuurder moet luister wat aandring dat jy elke week moet terug kom want hy het jou ondersteuning nou nodig.
Rocco answered:
Niemand gee meer om as die spelers en die bestuur nie.
Francois asked:
Wie die beste loskakel morne of derick
Rocco answered:
Francois, jy weet ek gaan nie so vraag antwoord nie.
Albei is baie goeie spelers en albei pas in by ons game plan.

Die beste losskakel wat ek al ooit gesien het, is Daniel Carter.