You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Live Player Chat: Wilhelm Steenkamp


The Vodacom Blue Bulls' lock Wilhelm Steenkamp will be available on Wednesday between 12:00 and 12:30 to answer supporter's questions on bluebulls.co.za.

You are invited to bombard Steenkamp, who has played in all the Bulls' Super 14 games as well as every Currie Cup match thus far, with all sorts of rugby related questions in English as well as Afrikaans.

Brief biography:

Jabez Wilhelmus Steenkamp was born on 7 February 1985 in Calvinia and after attending Laerskool Willeston in the Karoo he enrolled at the prestigious Paarl Boys High.

He played Craven Week rugby for the WP in 2003 and was selected for the SA Schools team in that same year.

In 2004 he joined the Bulls and after a very successful junior spell he made his debut for the Blue Bulls in 2006.

He also played for the SA under 21s in 2006 and made his Super Rugby debut in this year's Super 14.

In 2007 he was selected for the Emerging Springboks and he is widely regarded as the player who has to take over from Victor Matfield.



Print


Question & Answers
LEON asked:
MIDDAG WILHELM

EK MOET JOU GELUK WENS MET JOU UITSTEKENDE SPEL .
NET N PAAR VRAE

1. IS JY GELUKKIG BY DIE BULLE.
2. DIE SPELERS WAT GELEEN IS AAN DIE VALKE DINK JY ONS GAAN HULLE VERLOOR WANT HULLE SPEEL BAIE GOEIE RUGBY.

VOORSPOED VIR DIE RES VAN DIE SEISOEN EN HOOP JY BLY NOG BAIE JARE N BLOU BUL.
Wilhelm Steenkamp answered:
1) Hi Leon, ek is baie gelukkig by die Bulle, ons is 'n lekker familie hierso en hulle was nog altyd goed vir my.

2) Die Bulle het hulle vrygestel sodat hulle wedstrydtyd kan kry, maar sover ek weet kan die Bulle hulle weer gebruik, maar dit sal nie sommer gebeur nie, want dit sal die Valke baie ontwrig. Die Valke is deel van die Bulls se franchise en die Bulle baat ook dat dié spelers Curriebekerrugby kan speel.
Ek is nie seker wat gebeur met hul kontrakte ná dié seisoen nie.
bbs asked:
Dag Mnr. Steenkamp

Die naweek is julle af naweek..... Wat doen super sterre soos julle op julle af naweek?

Wilhelm Steenkamp answered:
`n Klomp van ons gaan die naweek bietjie weg na `n wildsplaas waar ons lekker gaan ontspan en gholf speel.
Blou boer Seun asked:
Dag,

As daar een span is teen wie jy die graagste die jaar in die Currie Cup final wil speel, watse span sal dit wees? En hoekom?

Wilhelm Steenkamp answered:
Ek sal graag teen die WP wil speel. Die Bulle / WP games was nog altyd baie groot en die WP speel op die oomblik goeie rugby en jy wil jou teen die beste meet.
B asked:
Hey Mnr. Steenkamp

Wie is die beste slot teen wie jy al gespeel het?

Wie het jou al die hardste geduik?

Wie is jou gunstelling slot partner?

Wilhelm Steenkamp answered:
1) Ali Williiams van die Crusaders is `n complete slot - goed in lynstane, baie aggresief, baie ervare en hy het `n hoë werksverrigting. Ek het nog nooit teen Victor Matfield & Bakkies Botha gespeel nie, nog net saam met hulle, maar hulle is by verre die beste slotte.

2) Vanjaar in die S14 was daar `n paar groot duikslae - daar is nie een wat uitstaan nie, maar in die Hurricanes-wedstryd op Loftus is ek hard geduik.

3) Ek het `n goeie verstandhouding met die slotte by die Bulle - Bakkies, Danie Rossouw en Francois van Schouwenburg. Ek en Victor Matfield is albei 5-slotte en daarom sal ons nie sommer langs mekaar ingespan word nie.
Ben asked:
Dag Jabez,

Wil vir jou se dat 99% van ons ondersteuners jou bitter hoog rate. Geluk.

Behalwe vir Loftus, watse ander stadion geniet jy om by te speel?

Wilhelm Steenkamp answered:
Dankie Ben!

Nuweland is baie lekker om op te speel en Eden Park in Auckland het baie tradisie wat dit ook 'n gunsteling maak.
MAGRIET asked:
Hallo Wilhelm,goed gespeel Saterdag teen Boland,net bietjie probleme met die skrums(ons was daar)Maar ek hoop met harde werk gaan julle weer die CB LOFTUS toe bring vanjaar!!!!Ons bloed bly BLOU!!!
Wilhelm Steenkamp answered:
Hi Magriet, ek dink die nat veld van die naweek het nogal `n invloed gehad, dit was moeilik om die bal te haak, maar ons gaan hard werk daaraan om dit volgende week reg te stel.

Dankie vir die ondersteuning daar in die Boland!
Bloubloed asked:
Middag,Willem,

bly om met jou te praat. Hoop julle ouens geniet die rustydjie, watter span was jou gunsteling voor die Bulle jou genader het en sou jy graag daarheen wou gaan ?Hoop om jou op Brakpan te sien vir 'n handtekening en 'n geselsie?
Wilhelm Steenkamp answered:
Hello Bloubloed, ek was nogal altyd - my hele lewe lank - 'n Bul gewees. My pa is 'n groot Blou Bul, so ek het as kind in die Karoo nie 'n ander span geken nie.

Ek was nog nie een dag spyt dat ek Bulle toe gekom het nie.

Dalk sien ons mekaar ná die tyd in Brakpan
ROZETTA asked:
HI Wilhelm

dankie vir die foto wat jy Saterdag saam met my geneem het,ek waardeer dit baie.Ek is baie vol vertroue dat julle van hier af vorentoe net beter gaan doen,dink jy julle sal dit kan doen?Jy en Fransois doen baie goed en ek is baie trots op julle. Wat gaan gebeur as Victor en Bakkies hulle in die laaste maand van die CC terug kom.
Wilhelm Steenkamp answered:
Ons wil graag die Currie Cup wen en ons werk vir niks minder as dit nie.

Ek en Fran speel baie lekker saam, ons weet die Bokke terug, maar ons wil dit só moeilik as moontlik vir die coaches maak om ons nie te kies nie.

Dit is `n spanpoging om die Curriebeker te wen en ons berus ons by wat die beste vir die span is.
Bulversie asked:
Hi Wilhelm!

Hoe voel jy oor die nuwe reels, spesifiek in die lynstane?
En oor die Bulle se kanse om die Curriebeker terug Loftus toe te bring??

Dankie vir goeie rugby en voorspoed vir die res van die seisoen!!
Wilhelm answered:
Die ELV's was 'n aanpassing aan die begin, maar ons het daarby aangepas en nuwe planne gemaak en dit raak beter met elke wedstryd.

Ons sal ons bes probeer om die Curriebeker weer Pretoria toe te bring.
Franco asked:
Wat gaan jou rol wees waneer Victor terug is?
Wilhelm answered:
Ek sal só wil speel dat hy deurentyd op sy tone is want dit bring die beste uit albei van ons uit.

Ek leer baie by hom, hy is beslis die wêreld se beste slot
shane asked:
Hi Wilhelm , dit is nice om met jou te kan praat , so hoe voel dit om in Matfield se " boots " te kan speel ?, ek dink jy doen n great job
Wilhelm answered:
Dankie, ek waardeer dit.
Om met Victor vergelyk te word is 'n groot eer, maar die verantwoordelikheid is op my dat ek elke week beter speel.
Versie asked:
Hi,

Dankie vir puik rugby en hou so voort!!
Net 1 vragie.

Wie sal jy sê is hou rugby-hero en hoekom?
Wilhelm Steenkamp answered:
My eerste posters op my muur as kind was Joost vd Westhuizen & Jonty Rhodes.

Op hoërskool by Boys High het ek al na Victor en Bakkies opgekyk
Tilla Kirsten asked:
Wilhelm,

Sien julle uit om teen die Valke op hulle harde veld op 'n Vrydagaand te speel en hoe is die gees tans in die span?
Wilhelm answered:
Ons sien definitief uit - hulle speel baie goeie rugby tans en hulle is op 'n high.

Die gees in die span is baie goed en die manne geniet die ruskans baie
Christo asked:
Hokom laat die bulle iemand soos Derick H gaan as sy kontrak nog nie verstryk het nie?

Wie kan ons nog verwag om te loop wat aanbiedinge gekry het?

Wat dink jy is die bulle se kans die jaar om die CC te wen?

Wilhelm answered:
Dit is vir my moeilik as `n speler om oor kontrakte te praat, want ons werk nie daarmee nie. Derick wou graag onder Heyneke speel en hy dink nie hy is meer in die Springbokafrigter se planne nie.

Ek weet nie van iemand wat nou oorsee gaan nie.

Christo asked:
Hallo Wilhelm,

Dink jy Heyneke M is 'n beter afrigter as Frans L.

Groete
Wilhelm answered:
Dis 'n onregverdige vraag vir my as speler!
Hulle is verskillende mense, maar albei is baie goeie afrigters.