You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Live legend chat: Johan Heunis


The legendary Northern Transvaal fullback Johan Heunis will be available for a "live chat" on Thursday between 12:00 and 12:30.

You are invited to bombard Johan with all kinds of rugby questions, but please keep them as crisp and clear as possible in order for him to answer as many questions as possible.

Brief biography:

Johan played in 110 matches for Northern Transvaal between 1981 and 1989 and what makes this achievement even more remarkable was that he was in the starting XV on 109 occasions.

He played in 14 tests for South Africa and in 24 matches in all for the Springboks during the isolation years.

His test debut came in the first test against the All Blacks on the 1981 tour and his last against the World XV which toured South Africa in 1989.

Johan also captained Northern Transvaal on occasion and played for the Blue Bulls in every position among the backs apart from scrumhalf.

To this day he is considered one of South Africa's finest fullbacks and probably the best number 15 Northern Transvaal ever had.

In his last season (1989) he set up a Currie Cup record of 268 points. No mean feat considering that he played mush of his rugby during the reign of kicking king Naas Botha.

Heunis' record stands to this day!



Print


Question & Answers
Elsa Grobler asked:
Johan,
Is jy nog betrokke in BLOU BUL Rugby?
Johan Heunis answered:
Hello Elsa
Ek was 'n direkteur van die BBM tot ongeveer drie jaar gelede, maar is nie meer betrokke nie.
Ek kyk die meeste van die wedstryde wat ek kan.
Jimmy asked:
Hallo Johan.

Ek sou meer gerus gewees het indien jy Saterdag die laaste vesting beman het! Dankie vir jou bydrae tot die Bulle se 70 jare van glorie.

Hoe beinvloed 'n speler se mate van selfvertroue sy reaksietyd of spoed?
Johan Heunis answered:
Ek dink jou selfvertroue speel wel `n rol, aangesien jy sal huiwer wanneer jy onseker is oor watter opsie om uit te oefen.
Die topspelers se vermoëns is baie naby aan mekaar en `n speler se selfvetroue as individu en in spanverband bepaal in `n groot mate sy en die span se sukses.
Pieter Greeff asked:
Ek het al baie gewonder wat het van julle manne geword. Dit is lekker om te weet dat die legendes van bul rugby nog in die geledere is. Jy was voowaar n puik heelagter en was n groot inspirasie vir my rugby. Dankie en voorspoed vorentoe.
Johan Heunis answered:
Baie dankie vir die mooi woorde!
Jean Wessels asked:
Dag Johan

Dink jy Zane Kirchner is een van die top 3 heelagters in die huidige 5 super 14 spanne van Suid-Afrika?
Wat gemaak met Jaco v/d Westhuizen? Reserwe loskakel/heelagter of sou jy hom bo Zane op 15 kies?
Johan Heunis answered:
Ek dink baie van Zane sowel as Jaco se vermoëns, as mens langtermyn beplan dink ek Zane is my keuse.
Ons hoop net hy kan die beseringspook afskud.
Snoeshaan asked:
Hi Johan, wie is die beste heelagter wat jy die afgelope tyd gesien het?
Johan Heunis answered:
Chris Latham
NM asked:
Wie dink jy moet Percy Montgomery se opvolger wees?
Johan Heunis answered:
Ek sou graag wou sien dat dit Francois Steyn moet wees.
Ek dink hy het die kwaliteite op `n wêreldgehalte heelagter te wees.
Hy is `n goeie verdediger, hy is uitstekend onder die hoë bal, skop die bal baie ver en akkuraat en is `n uitstekende aanvaller.

`n Heelagter is in die bevoorregte posisie dat hy as `n tweede losskakel diens kan doen en met die verrassings-element dat hy op enige plek in die agterlyn kan inkom, sal Francois op heelagter `n geweldige impak hê.
Ligblou Baron asked:
Middag Johan.

Goed om weer van jou te hoor!

Wat doen jy deesdae om n dors op te wek?
Johan Heunis answered:
Te min!
ek speel wel elke nou en dan tennis en so een keer per week gholf.
Ina Erasmus asked:
Ek was in die bevoorregte posisie om jou te kon sien speel. Maak nie saak in watter posisie jy gekies was nie, jy was 'n absoluute staatmaker.
Alles van die mooiste & beste vir jou & jou familie
Johan Heunis answered:
Dankie vir die mooi wense,
ek was bevoorreg om in verskeie posisies te speel aangesien dit `n uitdaging was om elke keer by `n nuwe posisie aan te pas.

Ek moet erken losskakel was my gunsteling posisie aangesien mens soveel meer deelgeneem het aan die spel.
gerhard asked:
Hallo Johan

Jy was my hero in die laerskool. Watter jaar van jou loopbaan was vir jou die hoogtepunt?

Waarom dink jy word die Bulle vanjaar afgeskryf?
Johan Heunis answered:
Hi Gerhard, ek sien jy is van Mosselbaai, ek kom van George, en het op Hoërskool Outeniqua skoolgegaan.

1989 was ongetwyfeld die hoogtepunt.
Ons het die Curriebeker in 89 gewen, ons span het die rekord opgestel vir die meeste drieë gedruk in 'n seisoen en ek was gelukkig genoeg om die Curriebeker-rekord vir meeste punte in 'n seisoen aan te teken.
In '89 is ek aangewys as die SA Speler van die Jaar.

Wat my aanbetref sal dit 'n fout wees om die Bulle af te skryf, want hulle het 'n trotse tradisie, beskik oor spelers met ongelooflike vermoëns en belangrik, hulle het sterk leiers in senior geledere.
Ek sê altyd 'n span se vertoning hang meer af van senior spelers wat leiding neem, mbt werksetiek en dissipline as van 'n goeie afrigter.
Die Bulle het sulke spelers.
Mclaren asked:
Johan,

Ek het twee helde op skool ghad, Naas Botha en Johan Heunis. Jy is waarskynlik die beste agterspeler wat die Bulle in my leeftyd opgelewer het. Wie kan 1989 vergeet. Daar is net een groot vraag. Was jy 'n beter losskakel as Naas Botha want jy het geskitter. Min te kies tussen my helde!!
Johan Heunis answered:
Dit is `n moeilike vraag om te antwoord omrede ek baie subjektief sal wees.
Om eerlik te wees, dink ek dat Naas se eienskappe van hom `n beter losskakel maak as wat ek was, hy het ongelooflike vinnige reaksies gehad en kon uitstekend skop met beide voete, terwyl ek meer van `n stadige reaksie speler was en heelagter my beter gepas het.
Tom asked:
Hallo Johan,

Ek onthou nog die dag met jou laaste game toe jy jou kouse op die veld uitgetrek het en vir een van jou bewonderaars geskenk het,en kaalvoet die veld af is.dit getuig watse nederige mens jy is.

Johan dink jy ons Blou Bul rugby is gesond en hoekom sukkel ons met die nuwe reels?
Johan Heunis answered:
Ek is nie naby genoeg betrokke om kommentaar te kan lewer of die Bulle se rugby gesond is nie, maar ek dink nie daar is te veel rede tot kommer nie.
'n Span se vertoning kan in 'n groot mate deur beserings beïnvloed word en as jou sleutelspelers in kritieke wedstryde nie beskikbaar is nie, kan dit 'n groot invloed hê op die span se uiteindelike prestasie in 'n betrokke jaar.

Ek dink dat ons weer 'n faktor sal wees indien die beseringspook ons nie ry nie.

Nuwe reëls: Dit is 'n moeilike vraag om te antwoord - 'n span speel volgens sy sterkpunte en dit neem soms tyd om te sien hoe mens die reëls kan gebruik om dit tot die span se voordeel te benut.
Bjorn asked:
Hi Johan

Jy was een van my gunstelinge toe ek 'n laaitie was. Ek moet se jy was net so goeie losskakel gewees.

Waar dink jy, gaan die 5 SA Super 14 spanne eindig die jaar?

Sterkte met jou toekoms en mag die Here jou seën
Johan Heunis answered:
Ek is van mening dat die Sharks en die Bulls onder die Top 4 gaan eindig.
Shannow asked:
Hi Johan

In ag genome al die drama waardeer die Bulle in die laast twee jaar moes gaan, en die mate van stabiliteit wat daar nou (hopelik) hierdie jaar in die groep sal wees, wat is jou persoonlike voorspelling vir die Bulle se S14 seisoen.

Gaan ons die kompetisie weer wen (die diepte en kwaliteit van spelers is ongelooflik op papier.) Gaan ons darem die semis haal? Of gaan die ELV's en ander faktore ons weereens laat onderpresteer?

Wat is jou voorspelling?
Johan Heunis answered:
Ek dink ons gaan onder die Top 4 eindig indien ons sleutelspelers nie beserings optel nie.



Post a question
Name
Email
City / Town
Question