You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Ndungane and Gerber on injury list


The Vodacom Blue Bulls' Akona Ndungane and Rayno Gerber picked up injuries against the Griquas in Kimberley on Friday and there is a chance that they might not recover in time for the Bulls' next fixture against the Valke at Loftus on Friday.

Dr Org Strauss confirmed over the weekend that Ndungane injured his groin and Gerber picked up an achilles injury.

"At this stage these are the only injuries following the Griquas match and a full assessment of Akona and Rayno's injuries will be made on Monday but I assume they will be out for at least one week."

John Mametsa and Rocco Jansen are the other players in the Bulls' Currie Cup group that can play on the wing, while Werner Kruger and Ruan Vermeulen can fill Gerber's shoes at tighthead.





Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. GOEIE MORE EDELE BLOU BUL BLOGGERS!

En daar lyk dit vir my of ons ons HEEL sterkste span kan kies? Gaan die keurders dit doen? Sal maar sien.........
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 07:06
2. Hartlike goeie Bloubul more aan almal.
Weee Peee.....No man !!!!!!
Weer gesien julle sonder De Villiers is niks beter as die Pumas nie...

Damn Lions !!!!!!!!
Julle moes gewen het !!!!!
Maar "Rose" is seker n "job" ge-belowe daar in Natal !!!!!
Was dit nie vir daai aap nie het julle gewen !!!!!
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, September 29, 2008 - 07:18
3. DE ...soos die Lions..!
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, September 29, 2008 - 07:56
4. de ..soos die Cheetahs...!
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, September 29, 2008 - 07:56
5. de ..soos die WeePee...!
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, September 29, 2008 - 07:56
6. Goeie more aan al die Bul -ondersteuners..!

Final = Bulle vs Haaie
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, September 29, 2008 - 07:59
7. Beeld - Die Blou Bulle is in die benydenswaardige posisie dat hulle nie Vrydagaand op Loftus Versfeld met hul sterkste span teen die Valke op die veld hoef te draf nie.

Dit is albei spanne se laaste wedstryd in die uitdunfase van die Curriebeker-reeks, maar die Bulle is ná hul voltal teen Griekwas in Kimberley reeds seker van die tweede plek op die puntelys en ’n tuiswedstryd in die halfeindronde.

Dit lyk na ’n uitgemaakte saak dat die Bulle teen die Valke nie met spelers sal waag wat nie 100 persent beseringsvry is nie.
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, September 29, 2008 - 08:08
8. Goeie more bulvriende

Die Leeus is maar swak bure, ek het gehoop hulle help ons vir 'n tuisfinaal... en maak 'n paar duike in die shark-egos. Dit sal maar vir later moet wag.

Ons het 'n moeilike wedstryd in kimberley oortuigend gewen......dit was lekker om te sien die manne baljaar heerlik in die 2de helfte.

Ons kan nog teen enige van die cheetahs, leeus of problems in die semi's speel as my somme reg is.

Lekker bloubul week vir julle almal!
Posted by OU BUL (potch) Monday, September 29, 2008 - 08:13
9. Goeie more almal !

Aan al die Bulle wat gehoop het die Sharks choke....kry vir julle!! Dink nog steeds dit gaan n Sharks/Bulle final wees. Hopelik het almal nou gesien dat Earl Rose nie Springbok material is nie. GO SHAAAAAAAAAAAAARKS !!!!
Posted by Scarface (Sharks Forever) Monday, September 29, 2008 - 08:27
10. Drie dingetjies wat ek wil noem hier op 'n Maandag oggend.

1. Rayno Gerber sukkel darem maar in die skrums hoor. Waar is die dae toe ons Kees Lensing en Richard Bands gehad het wat vir ons in die voorry sak. Hopelik is Werner Kruger die lang termyn antwoord op vasskop.

2. Ons almal weet Pierre Spies is die talentvolste rugbyspeler in Suid Afrika. Hel, daardie Jeremy Guscott van Engeland noem Spies "potentially the most lethal attacking force in world rugby."

Maar die probleem is, op huidige vorm is Spies nie 'n skadu van die speler wat hy veronderstel is om te wees nie. Hoe embarrasing is dit om daai takhaar Kankowski kereltjie so goed te sien speel terwyl Pierre skynbaar heeltemal vorm verloor het. Veral as jy nou al vir die laaste jaar vir elke Sharks ondersteuner en sy maat probeer oortuig dat Spies in 'n ander liga as hierdie Kanko vent is. Ai, wat staan ons te doen. Wat gaan aan met Pierre?

3. Ek sien 'n herhaling van die 2007 S14 finaal. Hopelik los ons dit nie die keer so laat voordat ons die wendrie druk nie! Hehehe...
Posted by Shannow Monday, September 29, 2008 - 08:42
11. Shannow;

ek stem 100% saam met jou waarnemings Spies moet flippen vinnig regkom en ja ek se al die hele jaar dat Werner 'n baie beter vasskop as Gerber is - ons het net nie 'n tweede vasskop om Kruger te back nie - wat maak ons as die outjjie seerkry?
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, September 29, 2008 - 08:47
12. Waar woorde, Shannow. Maar choke, sal hulle choke....dis in hulle gene, my maat!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 08:48
13. As ons terugkyk oor ons seisoen is daar drie insidente wat ons 'n moontlike tuisfinaal gekos het. As enige van die drie anders afgeloop het, was die finaal op Loftus.

1. Hilton Lobberts se geelkaart teen die WP op Nuweland. Dit het ons daardie game gekos.

2. Die verloor teen die Lions op Loftus. Dit was net onverskoonbaar.

3. Die verloor teen die Sharks in Durban. Van al drie, is die Sharks verlies die mees aanvaarbare een, aangesien ons hulle darem tuis gewen het. En om in Durban te verloor is darem nou nie 'n skande nie (al het ons daardie game in die sakkie gehad.)

Maar die verloor teen die Leeus was onverskoonbaar. Op Loftus nogal.

So terloops. Hoeveel geluk gaan die Sharks nog he hierdie jaar? Hoeveel onderskepdriee wil hulle nou nog druk hierdie seisoen? Die wiel moet draai, en hopelik gebeur dit in die finaal.
Posted by Shannow Monday, September 29, 2008 - 08:56
14. Bands se besering(s) was hard gewees vir die bulle. Daar is sprake dat Gerber ook maar 'n negatiewe ou is voor tawe wedstryde, alhoewel dit maar net stories van 'n vriend van 'n vriend is.... Kruger moet net behou word.

Shannow ek stem 100% saam, ek verdedig ook vir Spies teen die chockers met hul Kanko vent, maar Spies is nie helfte van speler wat hy voor die WB was nie. Almal wat nou se hy moet wing toe skuif rook ietsie snaaks want as julle terugdink aan super 14 finaal (behalwe vir daai swak pass) en toetse teen Engeland(...ook behalwe vir swak pass (-: ) het hy uitgeblink op 8ste man. Hoop FL het die vermoe om hom uit sy slump te kry.

Ek dink hy moet nog 1 kans gegee word teen die valke en as hy dan nogsteeds so oneffektief is moet ons vir Pottie speel verder.
Posted by ToxicBull (Johannesburg) Monday, September 29, 2008 - 09:05
15. Habana word nou gereeld geklop op verdediging.... selfs teen griekwas het hulle n keer om hom gekom. Ek is positief dat die bulle die cc kan terugbring loftus toe maar ek sou baie beter gevoel het as Habana en Spies op hul beste was!!!!!
Posted by ToxicBull (Johannesburg) Monday, September 29, 2008 - 09:09
16. BLOUBUL BLOGGERS!!!! HEADS UP!!!

Volgens Superbru gaan al die rondte 5 wedstryde nou Woensdag gespeel word?! So, let wel, picks moet betyds gedoen word.

Seker maar The Queen se verjaarsdag, of so iets, hierdie volgende naweek?
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 09:19
17. Ek is ook nie gelukkig met die Bulle se agterlynverdediging nie - elke ou probeer onderskep in plaas daarvan om net sy kanaal te verdedig - dit gaan ons duur kos as dit so aangaan
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, September 29, 2008 - 09:20
18. Post 16: Verskonings! Dis nou Guinness. Volgens die Guinnes web-site is die 1ste wedstryd al more! Laaste is Donderdag.

Dis waar ToxicBull en Realistix. Gelukkig is dit "coachable" ; hoop Piet Rossouw sort dit vinnig uit.
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 09:29
19. Is daar dalk nog 'n spanner in die werke? WP KAN die Lines klop met 19 punte - die vraag is net sal hulle kan keer dat die Lines 'n bonuspunt kry? - ek hoop steeds so - dan is dit die WP teen die chokers in die semi's - en hulle gaan mekaar behoorlik opvoeter - Ons teen die Cheaters - 'n moeilike game, veral met Brussow op die grond - maar ons het vir Wikus en Steggie.... ek dink darem as ons teen die Cheaters verloor hoort ons in elkgeval nie in die final nie....die vraag is teen wie?... Die Chokers is die visbak... of (die een wat ek verkies) - die WP op Fort Loftus!!!
Posted by zet (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 09:45
20. More almal

Ek hoor almal se WP moet met 19 punte wen. Selfs hier in die kaap op 94.5 word daar gesê WP soek net 19 punte oorwinning. Op supersport se website is die Leeus se pointsdifference 137 en die WP s'n is 101. As my somme dus reg is moet die WP wen met 37 en nie net 19 nie. Op hul beste sal hulle die Leeus kan pakgee, maar waar kom almal aan 19 punte, of is supersport se somme verkeerd?

Wel, die Bulle het al met 33 op nuweland moes wen om vir 'n semi te kwalifiseer so as die WP reg is kan hule dit doen.

Ek dink die WP sal beter kans hê om opskudding te veroorsaak in die semi teen die Sharks as die Leeus of die Cheetahs.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, September 29, 2008 - 09:58
21. As WP wen met 19 verbeter sy punte verskil en die Lions sin verminder met 19...
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 10:05
22. Inderdaad so......

En hopelik gebeur dit sodat die ghuppies en WP mekaar kan stukkend speel in die semi's!
Posted by Koning Blou (Centurion) Monday, September 29, 2008 - 10:08
23. Natuurlik as die Leeus 4 driee druk val die hele calculation deur die mat want dan gaan hulle in elk geval deur - maar ek hoop nie so nie want Loffie en die hele span is te wintgat na my sin
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, September 29, 2008 - 10:31
24. Het nou net deur die weertoestande gewerk vir die naweek se wedstryde. Op hierdie stadium (want hierdie ouens voorspel maar sleg so ver vooruit) lyk dit maar oes op Nuweland nou Saterdag. Durban nog slegter!

Sal maar weer moet kyk so Donderdag se kant......
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 10:46
25. Hellou daar BLOUES

Goeie wen BULLE ja nee ek stem FL moet eerder spelers kies vir die semi-finaal wat 100% is asseblief ons kan nie kanse waag met "miskien" of "dalk" nie ons het genoeg spelers wat bewys het hulle verdien om te speel al is hulle nie springbokke nie tyd vir gamble is verby.

Ek is sommer vies vir die wp ag nee magtig man daar was nou die gulde geleentheid om die ou cheetah uit die curriebeker te skop en dan die lions wat so goed begin het as, as, as, (verbrande hout)

BLOU BULLE BO!!!!!!!!!!!!!
en die ou cheetah heel onder. (hopelik)
Posted by blouheks (100%BLOUBUL) Monday, September 29, 2008 - 10:50
26. Shannow en Toxic Bull, julle opmerkings oor Rayno Gerber en die voorrysituasie by die Bulle is interessant.

Ek dink dis die laaste ding waaroor ons bekommerd hoef te wees. Nie een van die Bulle se top stutte is al 28 jaar oud nie! Die kenners sê mos ''n stut raak eers regtig goed hier tussen 28 en 30. Willie Meyer het op 30 byvoorbeeld eers sy eerste toets gespeel. Op 35 (26 toetse later) was hy steeds baie goed, totdat 'n besering hom gedwing het om uit te tree. Os du Rand het ook van sy beste rugby ná 30 gespeel. Hy het immers sy comeback op 31 gemaak, nadat hy 3 jaar nie gespeel het nie!

So, met Jaco Engels (27), Gurtro Steenkamp (27) Gerber (27) en Werner Kruger (23) in ons geledere, kan die Bulle redelik gerus voel. Dink byvoorbeeld hoe verwoestend 'n man soos Kruger oor so 5 jaar gaan wees as hy die ondervinding van nog 'n paar seisoene se Super 14 rugby agter hom het!

Dan is daar natuurlik nog die briljante twee juniors, Frik Kirsten en Corné Fourie, wat binne 'n paar siesoene ook aanspraakmakers in die senior span gaan wees. Kirsten is al iewers indie media die "nuwe Os du Rant" genoem. Dié man kan 'n monster word oor 'n paar jaar, hou maar dop.

Wat Gerber betref, dit lyk eerder vir my of hy eerstens met 'n irriterende klein besering of twee speel en tweedens of hy 'n bietjie aan sy kondisionering moet werk. Die dae van cheesburgers by die dosyne, a la Ollie le Roux, behoort verby te wees vir professionele rugbyspelers.

Ek dink eerder ons kort dringend, voor die 2009 Super 14, 'n goeie haker of twee. Ek wonder hoe lank Danie Coetzee nog in Engeland gaan speel. Is hy nog by London Irish? Hy en Victor Matfield is ewe oud, so hy kan nog baie waarde toevoeg tot die Bulle se geledere as ons hom kan terugbring. Gary Botha is ook nog jonk (26) en sover ek weet het hy net vir twee jaar by Harlequins geteken. Hy kan dus dalk ook volgende jaar met die Curriebeker teruggelok word.

Ons kan nie langer Derick Kuun se talente as baljagter op haker vermors nie. Dié man moet net eenvoudig volgende jaar in die Super 14 op flank speel. Niemand kan meer ontken dat 'n mens nie rugby in die nuwe era sonder 'n baie goeie baljagter kan speel nie. Kuun is die een Suid-Afrikaner wat met manne soos Richie McCaw, George Smith en Phil Waugh kan kompeteer.
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 11:50
27. Mosselbaaibul,

Daar was 'n helse debat oor die punteverskil-storie op Keo se website die naweek. Die feit is dat WP met 'n verskil van 19 moet wen. Wat baie ouens vergeet, is dat die twee relevante spanne teen mekaar speel. Elke positiewe punt vir die WP sal dus 'n negatief vir die Leeus wees. Dus sal die WP net met 'n verskil van 19 hoef te wen en verhoed dat die Leeus 4 drieë druk.

Ek dink in elk geval dit sal 'n beter roep wees as WP wel kan deurgaan. Op dié bure van ons kan 'n mens nie reken nie. En ons wil mos nog 'n tuis eindstryd hê. As ons dus die Cheeters in die een halfeind kan klop en die WP kan die Sharks se doppie klink in Durban, speel Noord en Suid vir die eerste keer in 'n dekade weer in 'n finaal op Loftus.

Ai, hoe verlang ek nou skielik na die goeie ou dae daar op Loftus, as dit vol is en dit rof is. Daardie dae van regte egte Bloubulrugby...
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 12:22
28. Sooi Brandt: Ek sien jou punt en as mens so na dit kyk het die bulle regtig nie n probleem op stut nie. Waar ek biki worry is dat gerber nie regtig tot die los spel bydrae nie en ook nie regtig by skrumtyd uitstaan nie. In teendeel is daar al 'n paar keer verwys na hoe hy sukkel teen goeie opponente in die skrum. On the other hand (-: ek ken nie die stats nie maar ek is seker dat hy nie daar sou wees as hy nie sy kant bring nie.

Ek mis maar nogsteeds vir Bands... (-: Kruger lyk vir my regtig na 'n toekomstige ster vir die bulle. Wie is die beste stutte huidig in SA in julle opinie, ek dink Mujati is way overrated maar beast (ek haat die bynaam maar ken nie die clown se regte naam nie) het homself nogal bewys....
Posted by ToxicBull (Johannesburg) Monday, September 29, 2008 - 12:39
29. Sooi Brandt jy klink nou soos my pa!! Julle maak my jaloers dat ek die "glorie dae" gemis het! Ek het darm die nuwe glorie dae van 2004-huidig beleef.... Maar ek sou dit darm like om naas en burger en frik en al die legendes in aksie te kon sien!
Posted by ToxicBull (Johannesburg) Monday, September 29, 2008 - 12:42
30. Middag alle getroue Bloues, Bergbok en die res.

Hartlik geluk aan die Sharkies wat klaar die CB gewen het (Rapport). Die Bulle het hulle af games deur die kompetisie gehad en kon net sowel die WP en Sharks gewen het. Die Leeus het ons stukkend gespeel op Loftus - end van die storie. Die Sharks se impakspelers maak weekliks 'n positiewe verskil en die Bulle s'n nie.

Thys Lourens het destyds geglo in bioritmes en ek glo nou nog daarin. Ek sal graag wil sien hoe lyk Spies se bioritmes. Hoe lank kan 'n op-vorm speler soos Potgieter uitgelaat word vir 'n uit-vorm Spies?

Dit lyk asof ons die Leeus op Loftus gaan kry. Ons Bokke is wel terug, maar Spies en Habana is nie 100% nie. Matfield en Du Preez raak al hoe beter. Die Leeus het Alberts verloor. Ons agterlyn (Morne, Wynand, Marius) sal hulle verdediglyne moet uitsorteer anders gaan Jacque hulle deurmekaar hardloop. Ons moet al die kaartjies koop sodat hier baie min Leeus plek kry. Ongelukkig sal Rose nie weer so swak wees nie, maar sy vertroue het 'n erge knak weg. Die tyd sal leer of na verlede Saterdag kan herstel het.

Frans, kies asb jou beste agterlyn (sonder Du Preez) teen die Valke sodat die verdedigslyne ordentlik ingeoefen kan word. Besluit nou op Spies of Potgieter en hou daarby. Wikus, Matfield en Kuun kan gerus word.

Mangweni, Habana, Olivier, Delport, Mametsa, Steyn, Adams, Engels, Ralepele, Vermeulen, Stegmann, Kruger, Steenkamp, Wannenburg (kapt), Spies / Potgieter

Maku, Kruger, Rossouw, Potgieter / Spies, Hougaard, Francis, Kirchner.


Posted by JB 007 (Centurion) Monday, September 29, 2008 - 12:55
31. Ek dink hulle moet vir Burton Francis begin tee die Valke. Morne het al al die games gespeel die jaar...
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 13:03
32. ek dink dis die regte wedstryd om van die senior spelers te laat rus sodat hul reg is vir die semi en finaal.
Posted by baby bull (garsfontein) Monday, September 29, 2008 - 13:10
33. JB 007 ek is bevrees ons gaan nie die Leeus op Loftus sien nie maar die Cheetahs en dit gaan 'n baie moeilike game wees
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, September 29, 2008 - 13:16
34. Wat Spies betref hy speel al heel jaar swak rugby en ek weet nie hoekom nie - so ook Habana en ToxicBull is spot on oor Gerber - hy sukkel verskriklik in die skrums daarinteen is Werner Kruger stewig en woel hy in die los
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, September 29, 2008 - 13:18
35. Yis almal

Jammer oor my berkeningsfoutjie. Ek sien John Plumtree maak gelukkig ook sulke foute, nietemin dankie Sooibrandt.

ja ek sal ook hoop WP kom deur, oor twee redes. dit gee die sharks 'n harde smifinaal voor 'n finaal. "Bronne" van oud personeelbeamptes by die Bulle hier in die Sduid-Kaap reken die Leeus is nie werklik so ged soos almal dink nie. Miskien kan die WP dalk 'n goeie dag hê teen die Sharks op Kings Park. Dit kan dalk vir ons 'n tuis finaal gee. Aan die ander kant kan die sharks hulself klop, want soos ons media nou aangaan lyk dit vir my na 'n uitgemaakte saak dat die sharks die Curriebeker gaan wen. Ek hoop hulle hou aan op hierdie sporlyntjie. dit pas hul opponente baie goed. Dit kan ook wees dayt die einste leeus die bordjies kan verhang Saterdag en WP oorrompel, wat beteken dat dit dan 'n Bulle Leeus semi is. Ek wil egte rglo WP gaan die knoop deurhaak.

Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, September 29, 2008 - 13:23
36. Realistix

Ek stem saam met jou. Pierre speel glad nie so goed nie. Hopelik draai dit juis sy eie seisoen om. Ek voel ook Werner Kruger is my man. Ek dink net Ludeke se strategie is om elke vasskop 2 wedstryde na mekaar te gun. Kruger het van verlede jaar af letterlik van krag tot krag begin gaan en jy kan sien hy werk fisies har daan homself. Rayno se werkverrigting in die los moet mens egter nie onderskat nie.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, September 29, 2008 - 13:26
37. Mosselbaaibul - ek stem 100% saam met jou waarnemings - ons moet net passop as ons die Cheetahs speel dat hulle ons nie dalk verras en ons op ons louere rus nie - dit is net so gevaarlik
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, September 29, 2008 - 13:37
38. Een ding moet ons nie vergeet nie - en dit is as ons die beker wil wen sal ons 2 naweke in 'n ry goed moet speel...... maak nie saak wie ons speel nie (en for that matter ook nie waar ons speel nie - ek wil net graag die final op Loftus hê sodat ek daar kan wees)... Die Cheetahs en Leeus het nie 'n hoop om die Sharks in Durban te klop nie... daar is net 2 spanne wat dit kan doen en dit is ons en die WP... so ek skree WP vir 2 naweke in 'n ry...Eers moet ons egter die Cheetahs klop en dit gaan pretty taai wees....
Posted by zet (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 15:51
39. Middag mense

Ek deel julle sentimente oor Pierre se spel hierdie jaar. Ek het voor die eerste 3 nasies toets vanjaar op hierdie site gese Pierre hoort nie in die bokspan nie, en moet sy selfvertroue en vorm in die Curriebeker gaan terugkry. Ek is vergruis deur die bloggers hier, en is vertel ek weet niks van rugby af nie. Dis niks nuuts nie, hy was gemiddeld in die Super 14, vrot teen Wallis, en en baie gemiddeld in die 3 nasies reeks, behalwe vir die laasste wedstryd.
Ek vat hom beslis nie oor sy talent aan nie, ons almal weet hy is uiters talentvol, en ek hoop hy is weer gou sy ou self.
Maar hy is nie die beste 8 steman in die land op die oomblik nie, en is op reputasie in die bulspan.
Ek wonder selfs of hy hoegenaamd op agstemam hoort. Ek voel nommer 7 flank sal hom dalk beter pas. Hy is baie vinnig, en baie sterk en 'n baie goeie baldraer, maar sy ander vaardighede, soos hantering, aangee en die beheer van die bal agter die skrums laat hom nog te dikwels in die steek.
Gee Dewald Potgieter 'n kans, hy is gerreed en in die vorm van sy lewe. hy is boonop 'n baie slim agsteman daarby.

En ons kan maar se wat ons wil van Kankovski, hoe moeilik dit ook al is om te erken, hy is uiters talentvol en lyk op die oomblik na die man wat die bok no 8 trui syne gaan maak. Maar moenie die naam Dewald Potgieter vergeet nie.
Posted by blouHenk (PE) Monday, September 29, 2008 - 15:53
40. The complete idiot's guide to beating The Cheetahs:

1. Eerste fases moet skerp wees - Ons sal beter moet skrum as die naweek - begin met Werner en los Rayno op die bank. Verseker gaan hulle ons hier target.
2. Eerste fases is lynstane ook - In die vorige game teen hulle het ons hulle lynstane versmoor en kon hulle feitlik geen aanvalle loods nie - dit sal weer moet gebeur - hierdie ouens bou fases op van die lynstane af, en ek is seker hulle gaan hulle huiswerk hier doen - Victor op sy beste is nodig....
3. Afbreekpunte en balle op die grond - Brussow is 'n yster - gelukkig het ons Steggies en Wikus - maar die manne sal as 'n span moet speel en die Vrystaat skoon moet clean by afbreekpunte - Fourie sal skerp moet wees.
4. Vrystaat se agterlyn is redelik gemiddeld... hulle het nie baie planne nie - Rossouw is overrated, Bosman was never rated en daai buitesenter is jonk en onervare (maar waarskynlik die gevaarlikste), JW Jonker is nie 'n vleuel nie, Nokwe het spasie nodig wat ons hom nie sal gun nie en Fortuin en stadig stadig stadig....
5. Waar moet die Bulle aanval?
5.1 Speel posisie op die veld
5.2 Skop hoeke toe - agter die agterste 3 of selfs hoë skoppe op hulle
5.3 Smoor die lynstane
5.4 Wynand moet kook tussen hulle senters, of selfs Danie Rossouw of Habana in die agterlyn
5.5 Tackle hulle agterlyn sif - hulle gaan of die bal wegskop of foute begin maak.
Posted by zet (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 16:04
41. Hallo Blouvolk,

Die grootste foute wat ons sekerlik nou kan maak is om momentum te verloor voor die semi's EN om die semi's ligtelik op te neem met die oog op die finale.

Ek glo dat die enigste twee spanne wat ons van die Beker kan weghou is die twee kusspanne. As ons by ons patroon hou, sal die semi's teen Leeus of Vrystaat 'n blote formaliteit wees. Ouens soos Victor en Fourie is nederig en ervare genoeg om nie in die slagyster van 'n "maklike" semi-finaal te val nie.

Heng dit is amper ondenkbaar om vir die wp in 'n moontlike semi-finaal teen Natal te skree, en met die potensiele gevaar wat hulle inhou, hoop ek die Leeus wen hulle eerskomende Saterdag sowel as die Haaie die volgende naweek, sodat die finaal tussen die spanne van die Gauteng beslis word.

Bly getrou my BLOUVOLK!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Monday, September 29, 2008 - 16:04
42. The complete idiot's guide te beating the Lions:

1. Skrums skrums skrums - hierdie ouens het in my opinie die beste skrum in die kompetisie - dit gaan harde bene kou wees ('n gewaagde stukkie advies...... Chilli is 'n beter skrummer as Derik - dalk 'n opsie om hom ten minste vir die eerste 40 te oorweeg en Derik dalk op te bring vir die 2e 40?)
2. Earl Rose - hy gaan of jou stukkend speel of hy gaan soos laas naweek die game weggee.... sit die oukie onder druk - niemand hou van pressure nie - die kanse is goed dat hy kan crumble.... Fourie en Morne moet daai druk gee..
3. Leeus het probleme in die lynstane - en dit is juis ons sterkpunt..........skop en skop uit...........moenie Ludik kans gee om te hardloop nie -forseer hom om te skop deur goeie opvolgwerk en goeie lyne........
4. Weereens Bayuwatch is 'n meester op die grond - clean die ou man.. sit hom neer op die grond - dan kan hy nie speel nie - voories moet as 'n unit speel (nie op die vleuel staan nie Victor)
5. Waar moet die Bulle aanval?
5.1 Vaste5 - tipiese Blou Bul rugby - maak hulle vaste 5 dood en hulle skrums sal nie so effektief wees nie - hulle lynstane gaan sukkel en ons loosies sal meer in die game inkom (Pierre sal moet jol soos ons weet hy kan)... pick and drive, kort passes, fase op fase op fase en dan natuurlik HOU DIE BAL!!!
5.2 As daar geskop word moet dit teen die kantlyn eindig - moenie hulle 'n hoek gee om terug te skop nie - en dominate dan die lynstane
5.3 Druk op Jarno Vermaak (veral op Vermaak) en Rose sal deurfilter na die res van die agterlyn - en as Rose vou vou die Leeus
5.4 Tackle boys - die Leeus het goeie senters (Marius sal moet uithaal en wys) Jacque Fourie, Doppies LeGrange en Jaco Pretorius is gevaarlik.
5.5 Fourie moet breek rondom die losskrums - die Leeus se pillars is nie altyd in plek nie
Posted by zet (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 16:22
43. Ek voel jammer vir Earl Rose. Hy was power teen die Sharks. Maar ek glo in die ou se talent. Hy moet net leer om onder druk te presteer. En dat hy hard werk is duidelik., al het hy swak geskop Saterdag, het sy skopwerk onglelooflik baie verbeter hierdie jaar. Hy is seker die loskakel met die beste aangee in die lans=d en skep ruimte vir die spelers aan sy buitekant omdat hy ook 'n groot gevaar met die bal in die hand kan inhou.

Moenie hom afskryf na een vrot wedstryd nie. Hy baie minder wisselvallig as voorheen(hoewel dit nog sy grootste swakplek is), en raak net beter en beter.
En dat hy in die gym ook sy kant bring begin ook nou vrugte af te werp. Hy was altyd 74 kg, en is nou op na 83 kg.
Posted by blouHenk (PE) Monday, September 29, 2008 - 16:35
44. The complete idiot's guide to beating WP:

1. Waarskynlik die enigste span wat kan kompeteer met die Bulle se lynstaan - verrassings elemente is hier nodig - kort lynstane (al het hulle 'n vol lynstaan), sack of collapse of wat jy ook al deesdae mag doen met die maul van die lynstaan af - en forseer hulle om met die agterlyn te speel.
2. Ja dit klink gevaarlik - maar dit is iets wat hulle nie gaan verwag nie (hulle playmaker is Jean de Villiers - fokus net jou verdediging op hom en so kan jy 50% van die agterlyn neutraliseer.
3. Skrum hierdie oukies - hulle het jong onervare stutte
4. Trek die loosies in - Schalk speel geod maar is geneig om kop te verloor, Watson is 'n never been en Louw is maar net gemiddeld.
5. Watch vir Januarie - hy is geneigd om baie op sy eie te doen
6. Waar moet die Bulle aanval?
6.1 Fisiese aanslag voor - soos altyd hou die WP nie van die fisiese nie - skrum skrum skrum
6.2 Speel slim - wissel die aanval en die verdediging af
6.3 Jantjes is suspect onder die hoë bal, so ook Wylie Human en Chavanga
6.4 Watch vir Januarie en De Villiers - die playmakers in die span - pressure hulle. Naqalavuki pass nie - hy vat altyd die reguit roete - hier moet Steggies en Wikus skerp wees - as hy getackle word is daar altyd kans vir turnovers!!!
6.5 As die WP wil hardloop - laat hulle dit van ver af doen - speel posisie op die veld (squeeze hierdie ouens om foute te maak)........ en frustreer hulle met wat julle ook al kan wegkom (geelkaarte gaan definitief hier gewys word - hopelik meer vir die strepies as die Bloues)
Posted by zet (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 16:36
45. The complete idiot's huide to beating the Sharks:

1. Seker die mees gebalanseerde span in die kompetisie met 'n sterk bank.
2. Hulle skrums is goed, maar hulle lynstane waarskynlik nie - as hulle vd Berg op slot het is hulle lynstane beter maar hulle skrums swakker - sal moet sien wat hulle besluit - my raaiskoot is hulle is bang vir die Bulle se lynstane en sal dus met vd Berg begin.
3. Hulle sterkpunt en waarskynlik ook hulle swakpunt is hulle individuele briljantheid - as individue kan hulle baie goed doen.... maar ek glo altyd 'n goeie span as 'n eenheid sal 90% van die kere 'n span met goeie individue klop. (individue in die Sharks wat te veel alleen speel - Steyn, Jacobs, Pietersen, Michalak
4. Stefan Terblanche meot getoets word met goeie taktiese skoppe - hy is verskeie kere buite posisie gevang
5. Sharks is suspect op die verdediging
6. Waar moet die Bulle aanval?
6.1 Trek hulle gevaarlike loosies in deur 'n spanpoging in die vaste 5 - Deysel en Kankowski kan nie hardloop met die bal as hulle onder in die rucks lê nie....
6..2 Sit druk op Pienaar en Michalak
6.3 Val die senters aan - Jacobs het 'n goeie 3nasies gahd - maar hy bly steeds suspect op verdediging - Wynand kook gewoonlik teen hierdie piesangboere
6.4 Laat hulle ouens foute maak deur druk - Pietersen en Steyn het al gewys hulle is suspect in groot games
6.5 Die Sharks se agterste 3 is waarskynlik hulle grootste swakplek - Stefan is baie uit posisie en verdedig maar effe, Pietersen se hande laat hom gereeld in die steek, en Ndugane is nie flambojant nie.
6.6 en iemand gee net asb. vir Keegan Daniel 'n snot klap vir good luck.........
Posted by zet (Pretoria) Monday, September 29, 2008 - 16:49