You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Press release: Bryan Habana


The Blue Bulls Company (Pty) Ltd received an email from Mr Bernie Habana on Friday saying that Bryan Habana has not accepted the offer that was made to him by the Blue Bulls.

The CEO of the Blue Bulls Company, Barend van Graan, received an email from Mr Habana on Monday which said that Bryan Habana has received and accepted an offer from the Western Province.

Please note that at this stage we can’t say anything more and we will keep you up to date with the latest developments.



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. Oor die hele Bakkies en Wynand sage laas jaar, so nou probeer hy sy steek kry. Dis al, maar nou-ja, dankie in elk geval vir jou diens Brian, en alle voorspoed met jou tog vorentoe. Nou wat het dan nou van al die Franse offers geword, of het hulle besef dis alles net stories!!!!
Posted by Dokta (Swakopmund Namibia) Monday, August 24, 2009 - 16:42
2. Wat meer is daar te sê as dat Habana die offer "accept" het? Ons hoef nie verder te wag vir die gory details nie. Lykskouings is uiters traumaties.


Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, August 24, 2009 - 16:56
3. Ja, dis jammer ons verloor Bryan, hy bly topklas. Wat my meer pla, is nie dat dit ons gaan verswak nie, maar dat dit WP gaan versterk - maar dit sal die geval wees met min of meer enige speler wat van ons na hulle gaan.

Miskien moet ons net voorspelerafrigetrs ruil - ten minste leer hulle hierdie jaar die ouens daar om te skrum, wat niemand in die Bulle se afrigterskorps skynbaar kan doen nie.
Posted by Blyblou (Middelburg) Monday, August 24, 2009 - 16:57
4. VD Heevertjie lat jy wiele kry pappa!!
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, August 24, 2009 - 16:58
5. Stem Blyblou, dink net ons leef nog in denial daaroor. (skrumafrigting)
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, August 24, 2009 - 16:58
6. #1
Die oorsese klubs het nie lus vir `n primadonna nie.

Nou is Rassie se tjekboek amper leeg en hy het nog steeds nie `n span nie.
Posted by Bloumens Monday, August 24, 2009 - 16:59
7. Dis jammer, maar gelukkig nie die einde van die wéreld nie! Ons kan en sal sonder hom klaarkom!
Posted by sala (Orkney) Monday, August 24, 2009 - 17:00
8. Brian moet maar sy memoreblia saamvat, soos foto's waar hy bekers vashou met 'n blou trui aan. dis die naaste wat hy ooit weer aan 'n beker sal kom.

Brian het die Leeus verlaat vir die Bulle se wenkultuur. Waarvoor verlaat hy die Bulle?

Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, August 24, 2009 - 17:00
9. Teersakie of de not, ons het almal oë in ons koppe...
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, August 24, 2009 - 17:03
10. Mossel - Hy wil nie sulke lang seisoene speel nie. WP haal mos nie semis en finals nie!!!
Posted by Bloumens Monday, August 24, 2009 - 17:03
11. Bloumens en Mosselbbaibul, dit is verseker teer en hulle leef verseker in denial - een van my (baie min) postings is ook verwyder - en ek het toe ook gekla oor die swak skrums. Ek het dit ook eenkeer in 'n live chat genoem teenoor Victor en ook teenoor Barend van Graan. Albei het my vertel hoeveel druk daar in 'n skrum is en hoe swaar 'n vaskop dan nou kry. Maar hulle hou nie daarvan as mens hul daarop wys dat nie een van die ander top5 CC spanne of enige S14 span so sukkel soos ons nie.
Posted by Blyblou (Middelburg) Monday, August 24, 2009 - 17:05
12. Blyblou, en dit is nie net in die skrums waar ons sukkel nie. Die ouens speel op die stadium volgens hulle rou talent. Met goeie afrigting sal ons `n BUL pak voorries hê.
Posted by Bloumens Monday, August 24, 2009 - 17:08
13. Amper vergeet ek, BAIE GELUK OOM MOF! Mag daar nog baie geseënde jare vir Oom wees!!
Posted by Bloumens Monday, August 24, 2009 - 17:09
14. so wat nou as ons in die currie beker se semi in Oktober teen WP moet speel.

Hier gaan my Post maar daar is defnitief fout met ons skrums. On speel met ons s14 voorry en kry pakslae van ander unies se tweede en derde voorrye en blameer dan ons slotte.
Posted by CC (Pretoria) Monday, August 24, 2009 - 17:11
15. Stem, Bloumens. Ek was weer verstom om Vrydagaand te sien hoe speel Dean Greyling - duidelik tonne talent, maar ek is nie so seker van die tegniek nie. Dink ook hieraan - ek is nie noodwendig 'n Heyneke Meyer dissipel nie, maar in sy laaste S14 in 2007, was Gerber die beste vaskop in die reeks - (volgens Supersport 24 se "rugbywrap", nie net my opinie nie). Laasjaar was hy veel swakker en hierdie jaar 'n skadu van die 2007 speler. Niemand het gekla dat hy loop nie, almal het gevoel Werner Kruger is beter. Nou dink ons (of hoop ons) Frik Kirsten is beter, want Werner sukkel. Maar aan die loskopkant gaan dit nie beter nie - Gurthro sukkel om enigsins druk uit te oefen as die ander span ingooi - en 'n blok van 'n man genaamd Jaco Engels het nou omtrent heeltemal verdwyn. Dis hartseer om sulke talent vermors te sien.

Dit was waarskynlik die gesoute Bakkies, Victor, Danie en superman Spies wat gesorg het dat die Bulle 'n kompeterende pak was in die S14. Wie het hulle nou weer leer rugby speel? - o ja, dit was Heyneke.

Laat mens drink, ne...

Posted by Blyblou (Middelburg) Monday, August 24, 2009 - 17:19
16. Ou Bryan is mos 'n mooi groot seun en oud genoeg om self te kan dink, hoekom heeltyd dans na sy pa se planne, kan hy nie bietjie self besluite neem nie ?

Posted by bendiebul Monday, August 24, 2009 - 17:31
17. Ek verstaan Bryan Habana se besluit.Hy het seker net besluit hy is klaar met groot rugby, dis hoekom hy WP toe gaan.
Posted by Blou_Bernie Monday, August 24, 2009 - 17:36
18. DIS JUIS!! HY GAAN SY NAAM DOOD MAAK DAAR BY WP. DALK KOS DIT NOG SY SPRINGBOK PLEK OOK. DIE WP SAL NIE SOMMER GOU REG KOM NIE! HY HOORT DAAR!
Posted by Jacques go bulle (Johannesburg) Monday, August 24, 2009 - 17:43
19. Hoesit julle!
Hei,laat Bryan sommer nou gaan!Ek het nog nooit tyd gehad vir spelers wat die blou trui vir geld verruil nie!Gelukkig is daar manne met trots soos FDP,Spies,WO ens.Ek het destyds onmiddellik opgehou om van Uli,Robert du Preez,Wynand Claassen,Andre Snyman ens te hou toe hulle die blou trui verruil het.Om die blou trui vir 'n WP trui te verruil is verregaande en ons moet nou maar vir VD Heever al die pad laat speel sodat Habana sy wedstryd geld kan kwyt wees!En ek will vir Bok v Blerk vra om 'n ander liedjie te skryf wat amper soos Habana klink maar in Zoeloe beteken om te loop!
Posted by NatalBul (Vryheid) Monday, August 24, 2009 - 17:45
20. HABNANA NA NA ! WAT N' JOKE!!!!!!!!
Posted by Jacques go bulle (Johannesburg) Monday, August 24, 2009 - 17:46
21. Ek dink die woord is "hamba"-hoe klink hamba na na!
Posted by NatalBul (Vryheid) Monday, August 24, 2009 - 17:52
22. Komaan Bok,maak my dag!
Posted by NatalBul (Vryheid) Monday, August 24, 2009 - 17:53
23. En ek is nie suur nie,net die@@@@@@ in!
Posted by NatalBul (Vryheid) Monday, August 24, 2009 - 17:55
24. Ek sal graag van die unie wil weet hoeveel hulle hom meer aangebied het. Geen vaste bedrae hoef genoem te word nie net die % increase. Dit sal vir my berusting gee. Kyk die jaar het almal wilde salaris verhogings geeis, baie het tot 12.5% gekry, nou kyk dis harde tye en die Unie moet ook na sy geld kyk. Maar as hulle hom net n 10% increase op sy pakket aangebied het is dit nie reg nie , enigiets bo 15% en hy is pleinweg geldgierig en dan se ek waai!. Almal se dis sy werk en dat dit n kort tydjie is om jou pensioen te vestig, ek se weereens snert, hy het nog n lewe na rugby, komentator , sportkroeg, sport winkels endorsements.....
Posted by superBul (Hoedspruit) Monday, August 24, 2009 - 18:03
25. Habana sal bitter min wedstryde vir die WP speel
Hy het maar 5 wedstryde vir die Bulle gespeel in die laaste 3 jaar.
As gevolg van die wereld beker en waar hulle gerus is in 2006.
Siende dat hy maar net vir Super 14 beskikbaar gaan wees. Kan die Stormers nou meer kiwi spanne wen om te verseker dat die bulle weer 'n tuis semi kan kry.
Habana sal omtrent verseker nie beskikbaar wees in 2011 vir die WP nie.
Die bulle kan die geleentheid gebruik en spelers te kontrakteer wat in altwee kompetisies beskikbaar sal wees.
Onthou hoe Rassie gekontrakteer was by Transvaal en toe nie een wedstryd vir hulle gespeel het nie.
Kan maklik weer gebeur.
Posted by Wes-Transvaal Blou Bul (Noordwes) Monday, August 24, 2009 - 18:12
26. Aandag aandag alle Blou bul spelers wat ook wil weg gaan moenie wag totdat die BULLE julle groot maak nie gaan sommer nou want ek het nie tyd vir hensoppers nie. My laatjie is nou 5jaar oud en B.H. Sy hero hoe moet ek hom nou verduidelik dat sy hero nie meer n bul is nie. ? Al wat ek kan sê is Van den Heever moet nou net die werk gaan soek en drieê druk. Ek wil meer sê maar my vorige post is afgekeer
Posted by Noordtransvaalbul (Middelburg) Monday, August 24, 2009 - 18:30
27. Al die ander bul spelers moet nou seker n draai by Dr. Org Strouse maak om die messe uit hulle rug te haal. Ek is kinderlik ongelukkig.
Posted by Noordtransvaalbul (Middelburg) Monday, August 24, 2009 - 18:36
28. Ag nee wat manne watse suurgyt is dit met julle? Ons is in die proffesionele era en dit is Bryan se reg om te gaan waar die geld is. Bryan het sy kontrak by ons Bulle getrou nagekom en ek is dankbaar vir die blydskap wat hy in sy tyd by die Bulle vir my gebring het.

Sterkte vir jou toekoms Bryan. Mag jy vir ons nog baie jare se plesier in die Bok trui ook gee.
Posted by RuggaFanToo (Warmbad) Monday, August 24, 2009 - 18:39
29. Suur is ek nie maar hoekom speel n ou rugby vir n provinsie sodat hulle hom kan groot maak dat n ander dit kan gebruik sê my een ding het die Wp hom n aanbot gemaak toe hy nog vir die leeus gesukkel het. Nee, want hulle het nie visie nie hulle moet dit koop. Ek vra waar is Bryan se loyalitet. ? Het die bulle hom dan sleg behandel????
Posted by Noordtransvaalbul (Middelburg) Monday, August 24, 2009 - 18:52
30. Ek is ook nie suur nie,net 'n lojale bul ondersteuner wat,ten spyte van die geld,slegs lojale bul spelers sal ondersteun.Ons het Habana gemaak en sy salaris betaal en as sulks het hy 'n verantwoordelikheid teenoor ons as ondersteuners.Ek neem ook die unie kwalik dat hulle toelaat dat iemand anders 'n beter aanbod vir sy dienste maak.Noordtransvaalbul,ek voel saam met jou oor jou seuntjie wat nou moet kyk hoe sy held in 'n streeptrui gaan speel!Onthou net,VD Heever is 'n opkomende ster en Habana 'n verskietende een.Dit is jammer dat ons hom moet onthou as 'n verloopte bul en nie een wat vir ons die s14 gewen het nie!
Posted by NatalBul (Vryheid) Monday, August 24, 2009 - 19:19
31. Anyway,ek is nou klaar gehabana en gaan nou beter dinge doen!
Posted by NatalBul (Vryheid) Monday, August 24, 2009 - 19:21
32. Ja nee Natalbul ek het ook hoop vir Van den Heever en met die regte afrigting kan hy dalk die groen en goud met die no.11 daarop dra een van die dae. Ek sê net dat as n speler nie game time kry by sy unie nie dan het ek geen beswaar as hy gaan nie maar n ou wat soos hy nog nooit uitgelaat was en hy vir ander speler moes plek maak nie. Dit maak my so kwaad.
Posted by Noordtransvaalbul (Middelburg) Monday, August 24, 2009 - 19:46
33. Ok, now look - this is the best thing that can happen, from several perspectives:

(1) Bryan is fantastic - the best, we all love him very much. Blue people and green people. And I hope we are all green under the blue. Losing Bryan to the Frogs would be a disaster. I would rather see him shine at Western Problems. He has not been on his best form of late because I think he has become one dimensional because he has been placed in a position of one dimension.

(2) GvdH will be better. The biggest obstacle to developing specialist players in a specialist position is the person who already occupies that spot. Ruan stood in Morné's way, for example, in the green. When Ruan - through injury or incompetence - was forced to abandon a game, Morné stepped up to the plate and beat New Zealand. Twice. On his own. Then he beat Australia. Gerhard - as I have been saying since the beginning of the year - is the future. He's tall. He's fast. He's in the B team. With Bryan stepping aside for WP, Gerhard moves up to the plate - and then we all win!

(3) RWC2011 is coming. I want to see us defend it. Damn, its ours and we own it - let's keep it. And if Gvdh shows his mettle by then, we have TWO excellent wings. GvdH may even be better than Bryan by then - in fact, I don't doubt it for one second.

Bryan has served us well. So he goes to WP. He must make his money while he can. I say good luck to him and I wish him all the best. Thank you Bryan, for the years of service. Thank you Bryan for the 19-20 2007 S14. Go well. We will survive.

We have Gerhard!
Posted by GreGorGy (Edenvale) Monday, August 24, 2009 - 19:51
34. Stem.VD Heever gaan baie groot rugby speel.Hoop net meeste van dit is in die blou trui(en natuurlik groen en goud).Wat die unie ookal doen,hulle moet nie die vis laat wegkom nie.As jy na ons agterlyn as 'n geheel kyk(VD Heever,Dippenaar,Watermeyer,Francis,Hougaard en natuurlik Zane) het hulle ook 'n verantwoordelikheid om te sorg dat die manne bulle bly sodat ons vir die volgende tien jaar die cc kan wen.Wen=vol stadion=baie geld!Kry julle my drift?
Posted by NatalBul (Vryheid) Monday, August 24, 2009 - 19:55
35. Dit lyk of die voorspeler/skrumafrigter 'n sensitiewe saak is. Net terloops, Christo Bezuidenhout, Springbokstut van 2003 wereldbekerspan, rig Centurion af. Dis nie nodig om ver te soek vir 'n skrumafrigter nie.
Posted by Stapper (Pretoria) Monday, August 24, 2009 - 19:56
36. GreGorGy,yeah,I personally think he will be on pension the moment he puts that province jersey on!
Posted by NatalBul (Vryheid) Monday, August 24, 2009 - 19:59
37. Dan is dit so!
Bryan, dit was net een groot plesier om vir jou te cheer in die blou trui, dankie meneer!
Ek glo die Bulle was voorbereid hierop-Bernie smous al van 2007 vir Bryan uit so ek hoop die gebeurlikheidsplanne is in plek.
Posted by Bloubosvelder (Bosveld) Monday, August 24, 2009 - 20:02
38. Stapper,skuus,ek weet nie van sensitief nie!Al wat ek weet dit is chaos!Ek het nog nooit so 'n swak bul 8 tal gesien nie!Ek glo hulle is fantastiese individuele spelers maar daar is 'n groot skroef erens los en dit moet net vasgemaak word sodat die ouens kan skrum!
Posted by NatalBul (Vryheid) Monday, August 24, 2009 - 20:03
39. Chow Bryan, you looked better in a Bulls jersey than you will ever look in pyjamas, I personally think your rugby career is going to go for the worse now
Posted by Barrybul (Klerksdorp) Monday, August 24, 2009 - 20:04
40. manne as Rassie hierdie blog lees lag hy seker, hy het die Bulle se weghol trein al n paar keer ontspoor. maar kom ons wees geduldig hy is baie goed met skelmstreke maar hulle hou nie lank nie. Op die ou end sal ons strukture weer vir ons die leemte vul wat Habana se trek laat. Ek kry seer as ek daai clips van die 3 driee wat hy vir ons in Super14 finale gedruk het kyk. Maar ek weet waar is die regte plek om hom sy fatale fout te laat besef, op die veld,waneer ons n speler het wat daai dinge weer vir ons doen , iemand anders wat die wendriee druk. Sy hartseer sal dan geen genade van my kry nie.
Maar hy kan ons laat lang trane huil, maar ek glo nie.....
Posted by superBul (Hoedspruit) Monday, August 24, 2009 - 20:08
41. Net terloops,het julle al gesien as Gurthro bind lyk dit of hy nie kan vatplek aan sy opponent kry nie.
Posted by NatalBul (Vryheid) Monday, August 24, 2009 - 20:10
42. Rassie kan maar lag.Hoeveel geld het hy nie nou al spandeer om spelers te koop net om maar weer gemiddelde vertonings te lewer.Die groot geheim van bul rugby is trots in daai trui en die ondersteuning wat ons die span gee.Dit is iets wat geen ander span het nie en wat geen geld kan koop nie.So Rassie,spandeer maar jou geld,dit gaan nie help nie!!!!!!
Posted by NatalBul (Vryheid) Monday, August 24, 2009 - 20:14
43. Gregorgy. Ek dink ons almal wat blou is glo dit is beter vir Gerard en dat hy in die RWC 2011 sal speel en ja ek weet dat die jong speler nou n beter kans gaan hê om in die super 14 volgende seisoen te speel. Maar soos ek vroeër gesê het die mane wat wil gaan moet nou gaan en nie wag totdat hulle erkende spelers word en dan wil gaan nie.
Posted by Noordtransvaalbul (Middelburg) Monday, August 24, 2009 - 20:24
44. Natalbul: ek stem saam. Hy is afgetree. Hy is seker al kla moeg. En dit is wat ek bedoel. Gerhard hoert nie in 'n B span. Hy sal groei en sterker en sterker word. Hy is do ou!!!!

Bryan moet sy geld maak. En, hy moet leër hoe swak dit is om te verloer. By province, kry hy daardie geleentheid. Maar nog steeds - hy het goed vir ons gespeel en ek is bly vir hom en ek wens hom die beste. Wel, die tweede beste - Gerhard gaan nou opstaan en baie gou (en jonk) 'n man word.

His blood is blue. His life is blue. His dreams are blue. His place is secured. I wish Bryan all the best - his career is rugby. Gerhard's career is BLUE BULLS!!!!!!!
Posted by GreGorGy (Edenvale) Monday, August 24, 2009 - 20:28
45. Dis nie lekker om een van jou mees experienced spelers te verloor, maar vir my is Habana vir meer as 2 seisoene al, nie meer die speler wat hy was. Ek, meen wanneer laas het 'n speler aan sy buitekant geklop met spoed.
Ek sou se, om 'n Deon Stegman, Dewald Basson, Wynand Olivier te verloor sou 'n baie groter loss gewees het...
Posted by vinnige sharkie (Pongola) Monday, August 24, 2009 - 20:33
46. Dewald Basson? Seker bedoel jy Dewald Potgieter? Ek sien Wynand het nou 'n bietjie gemors met die wet - te venig op die highway...
Posted by GreGorGy (Edenvale) Monday, August 24, 2009 - 20:47
47. Pretoria - Peter de Villiers, die Springbokafrigter, was duidelik baie gelukkig met Bryan Habana se besluit om sy bande met die Blou Bulle te breek en by WP-rugby aan te sluit, omdat Habana nou nie na Frankryk sal gaan nie.

"Ek is so gelukkig” het De Villiers met ‘n groot glimlag by ‘n mediakonferensie gesê.

"Hulle (Suid-Afrikaanse spelers) kan speel waar hulle ook wil, solank dit in ons eie land is. Ons is geseënd dat net twee spelers die land verlaat het, ná die Leeus hierheen getoer het”, het De Villiers gesê.

Volgens hom moet die land se spelers vooruit kyk na die dinge wat hulle wil bereik ná die afloop van die Drie-nasies reeks en sal hy ook dan met die spelers begin gesels oor die 2011 Wêreldbeker.

- Sapa
Posted by Frik (Biksburg) Monday, August 24, 2009 - 21:06
48. Habana is na die beter provinsie toe julle. Hy weet dis die tyd vir die Wit en Blou. Onthou hierdie post. Onthou wat ek nou se! WP gaan nou weer No.1 wees. Onthou Julle dalk 2002? As nie gaan kyk gerus op die net. Die stats is daar, kyk spesifiek na die bulle, en ook sommer SA rugby se geskiedenis. Habana moes dit sekerlik gedoen het. Geniet dit julle, want ons doen – dit dat spelers so graag in die Streeptruie wil speel. . .Hello Habana en Hello Fourie
Posted by WitBlou (Pretoria) Monday, August 24, 2009 - 21:10
49. Dis miskien 'n professionele era en bla bla bla. Maar Rassie koop soos 'n amateur. Wat se waarde het hy nou met sy gekoop die afgelope twee jaar by WP toegevoeg? 'n versameling van 'n klomp Has beens. AJ Venter, Percy Montgomery, die vleuel van Fiji ens ens. Wat Louis Luyt al vergeet van koop rugby moet rassie nog gaan leer. Jy koop ook nie oornag sukses of lojaliteit nie. Vra maar vir Louis Luyt. Dis eers toe Kitch Christie en 'n gros blou bulle na Transvaal in 1993 oorgeloop het, wat hulle goue era in aanvang geneem het. Die geskiedenis het 'n manier om homself te herhaal. In 1987 het carel en Michael Du Plessis na transvaal oorgeloop net om teen 'n jong Blou Bul span in die finaal te verloor. Wie weet wat hou die toekoms vir die Kaapse barbarians in?
Posted by gigs (pretoria) Monday, August 24, 2009 - 21:11
50. Witblou, ons onthou 2002, toe het die BB die CB gewen, en toe nog twee keer daarna. WP nerens in die prentjie nie.
Posted by bendiebul Monday, August 24, 2009 - 21:13
51. en o ja. ek verloor eerder met ouens wat will speel. Ek stem met alles saam wat hierbo oor ons voorspelers gese was. Daar is nou die ware leemte/uitdaging vir ons bestuur!!!
Posted by gigs (pretoria) Monday, August 24, 2009 - 21:13
52. Die koning is dood! Lank lewe die koning. Hy wou ons kwansuis die CC help wen het. Wel sedert hy by die Bulls was kons ons darem 2 S14 wen maar nog geen CC alleen hou nie.

Hopelik het ons darem nou geld vir stutte. Paulse se op SR dat die WP MANNE SE HULLE STRUKTURE IS NOU IN PLEK. So ons broeke moet seker maar begin bewe want met strukture in plek en BH in jou span kan jy mos nie verloor nie...
Posted by bloubefoeterd (Pretoria) Monday, August 24, 2009 - 21:21
53. Wonder hoe lyk die beserings in ons kamp na vrydagaand. Iemand al iets gehoor van Zane en Hougaard en Flip wat almal kwaai hou gekry het. Sal hul reg wees vir saterdag ?
Posted by bendiebul Monday, August 24, 2009 - 21:26
54. Bryan, ons verstaan maar al te goed dat jy veral finansieel gaan baat vind en ook nuwe vriende gaan maak in die Kaap (voorspoed ou grote). Wat my wel bekommer is dat enige suksesvolle, uitstaande en vinnig aanpasbare afrigter nie nodig het om spelers te koop nie. Die WP moet miskien weer gaan kyk na hulle totale benadering (insluitende die hulpafrigters), en sy spelers meer in-skool rondom "The Big Five" nl: "Body language, Player communication, When to force, When to abort & Positioning (outsmart)".
Posted by Sybies (Randburg) Monday, August 24, 2009 - 22:37
55. Ek sien 'n berig van Beeld dat amper die helfte van die Bulle se span siek of vol skete is.
Posted by Stapper (Pretoria) Tuesday, August 25, 2009 - 00:54
56. Ag,die bulls moet nie worry nie to Bryan by die "Lions" was het hy niks beteken nie toe kom hy "Bulls" toe en is top klas nou gaan hy "WP" toe dan beteken hy net mooi niks soos al die ander spelers wat die "BULLS" verlaat.Rassie koop nou wel al die spelers maar kyk waar is die "Cheetas" nou kan nie eers 'n game wen nie en het nog nooit in die super 14 semis gespeel nie so ook die WP
Posted by bloutjom (Springs) Tuesday, August 25, 2009 - 07:02
57. Eerstens, dankie Bryan vir jou bydrae tot die Bulle se sukses die afgelope jare!!! Ons het baie goeie herinneringe. Dankie!

Dit lyk vir my of jy en Rassie baie goed oor die weg sal kom, vir iemand wat klaarblyklik verlede donderdag nog nie geweet het van die aanbod nie, het jy darem BAIE vinning besluit, hierdie onderlangse ding met die WP kom seker al 'n lang pad.

Maar die manier waarop jy die Blou Bulle in kennis gestel het, maak jou in my oë van 'n Hero tot 'n ZERO!! Dit is laag, veral nadat jy een van die was wat altyd met 'n glimlag vertel het hoe professioneel die Bulle is, jy is verseker nie.

EEN ding is verseker, ek was 'n BUL voor jy na die bulle gekom het en ek sal 'n BUL wees LAAAANK nadat jy die WP gelos het vir 'n kontrak oorsee.

Ons weet almal dat julle spelers nie by die Bulle gaan bly totdat julle met krukke loop nie, maar die wyse waarop julle die hele dinge hanteer het..... wel.... cheers!!!!!

WE WIN TOGETHER
WE LOOSE TOGETHER
BLUE BULLS FOREVER!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Bulletjies Bo (Pretoria) Tuesday, August 25, 2009 - 07:12
58. Witblou
Dink mooi wat jy se!!!! As spelers so graag vir julle wil speel hoekom het julle vir brian so baie aangebied( die hogste nog), hoekom het WO gebly!!!!! Julle het nie n afrigter en nou probeer julle n span koop!!!!
Posted by BB1 (Piet Retief) Tuesday, August 25, 2009 - 07:14
59. Witblou

EEN speler (Habana) gaan nie die beker vir julle wen nie, dit is 'n span sport.....klem om SPAN
Posted by Bulletjies Bo (Pretoria) Tuesday, August 25, 2009 - 07:20
60. Bryan.
Let's forget about Bryan. He gave us a lot of pleasure whilst he was a Bull so thank him for that. He is now "water under the bridge", remember 'Cometh the hour cometh the man" We will survive.Let's look at two other adages; If you want nloyalty buy a dog" and "Talk is cheap but money buys the whisky" Leave the two Messers. Habana to their own devices, the "grass is not always greener on the other side". Totsiens Bryan, you now, in my book, no longer exist. That chapter has been closed.
Posted by Thurlow (Pretoria) Tuesday, August 25, 2009 - 07:33
61. Al wat ek aan Habana wil se is Nag grote. Jy sal die dae in die blou trui mis en daar sal geen terug kom kans wees nie. Al die spelers in die kaap wat wil rugby speel en deur rassie misken word kan na 'n wen span en kultuur toe kom soos Tiaan Liebenberg. Die bulle speel vir trots e4n bekers en die WP vir geld en geen lojaliteit nie. Koop maar rassie, koop maar.
Posted by Bluedog (Cape town) Tuesday, August 25, 2009 - 07:41
62. Mmm, Ja, my maatskappy waarvan ek afgetree het, het altyd, wanneer iemand hy/sy bedanking ter tafel gele het, en hy gaan kompetisie toe, is hy net daar gevra om sy skootrekenaar, selfoon en toegangskaartjie te oorhandig. Hy is dan deur die maatskappy se sekuriteitspersoneel van die perseel af gelei! Dit het tot met n direkteur gebeur; dis beleid. EN, dis die grootste IT maatskappy ter wereld; in my dae die 6de grootste maatskappy ter wereld. Ek dink dit moet in hierdie geval ook gebeur?
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Tuesday, August 25, 2009 - 08:21
63. So, twinkle-toes hoort seker by twinkle-toes? Of wat se ek, ou Bergbok??
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Tuesday, August 25, 2009 - 08:26
64.
Bryan Habana kan maar gaan.. Hy speel die laaste paar jaar in elk geval nie meer goeie rugby nie... Sy rugby hoogtepunt was maar 'n "flash in the pan"...

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Tuesday, August 25, 2009 - 08:31
65. Ek is dalk kinderagtig, maar die manier waarop Habana die hele ding hanteer het is so swak. En ek kan nie glo hy het nog die vermetelheid om te se, "kom ons gaan wen die curriebeker nie."
ASB, gee nou vir Shadow kans, hy moet nou en volgende jaar die wa deur die drif trek. Ek sal BITTER teleurgesteld wees as Habana bo Shadow gekies word vir n moontlike semi en finaal.

Kyk hoe positief is iemand soos Jaco Engels, wat in my opinie, al lankal kon loop. Dis sulke ouens wat my trots maak om n Bul te wees.
Posted by NDB (Johannesburg) Tuesday, August 25, 2009 - 09:01
66. Ja ou Brian. Hoekom bedank jy nou op so `n skelm manier met sms`e en emails. Kan jy nie die wergewer wat jou op die map geplaas het in die oe kyk en soos `n normale oorbetaalde wergewer bedank nie. Jy bly goed en dit is jammer jy laat nou so `n goor smaak in almal se monde hier in BlouBul Land.
Posted by Johan Kleu (Pretoria) Tuesday, August 25, 2009 - 09:35
67. Blou hallou

Volgens die berig in beeld sommer netso per sms nie eers in persoon nie dit is nou uiters swak. Nee regtig man dis nou stank vir dank.
Posted by blouheks (100%BLOUBUL) Tuesday, August 25, 2009 - 09:42
68. Aan Habana :

Good night, God bless GODBYE!
Posted by NDB (Johannesburg) Tuesday, August 25, 2009 - 10:20
69. Habanna , dankie vir jou bydrae en spel die afgelope jare.

Ek kom maar uit die ou skool so is nie groot voorstander van sg professionalisme nie.

Tog aanvaar ek dus die prys wat mens betaal in die professionele era, alle unies koop spelers. En spelers moet na hulle belange kyk.

En ja vir party is geld meer belangrik as anders, tog dus elke persoon se goeie reg.

Derhalwe glo ek dus verkeerd om vinger te wys en te oordeel.

Ek glo tog aan die ander kant dit se baie van 'n speler wat deur dik en dun staan by sy unie, in die mate was ek soos destyds ook met Uli Schmidt en die ander jammer om te sien spelers loop oor na ander unies. Dus egter 'n werklikheid. En ek sal dit teen geen speler hou nie.

Tog dink ek daar is diesulkes soos 'n Joost, Naas , Frik Du Preez wat met trots kan se ... eenkeer 'n bul nooit iets anders nie.

Die groot vraag nou is, indien Bryan se keuse dan nou gemaak is, is dit nie beter om hom nou maar al te laat gaan nie want duidelik is sy lojaliteit dan nou klaarblyklik klaar verkoop aan die WP...
Die bulle sal sekerlik ook soos hy dan na hulle belange moet kyk en eerder die jong spelers blootstelling moe tgee in die oorblywende wedstryde.

Aan die bulle unie wil ek se ek reken dus 'n goeie besluit om nie buitensporige gelde te betaal nie. Rugby is en bly 'n span sport en geen een speler is groter as die sport nie. Dus beter om al die spelers te vergoed op 'n gelyke grondslag en op 'n deursigtige wyse.

die laaste ding wat 'n unie nodig het is enkele spelers wat enorme vergoeding kry, en ander skamele salarisse.

natuurlik het mens jou senior en sleutel spelers wat groter bedrae kan kry, maat mens moet alles hou binne redelike verband.

Groete
Posted by Aiken Drum (Pretoria) Tuesday, August 25, 2009 - 10:36
70. Habana het nie bedank nie, hy het bloot sy voorneme om nie 'n nuwe kontrak met die Bulle te sluit nie, bekend gemaak. Ek glo nie die Bulle dink so emosioneel oor hierdie saak soos ons nie, so ek is seker hy sal gekies word vir elke wedstryd wat binne sy huidige dienskontrak val.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Tuesday, August 25, 2009 - 12:05
71. Ek wag in spanning om te hoor van die "verdere verwikkelinge". Die hoop beskaam nie...
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Tuesday, August 25, 2009 - 13:30
72. Een swaeweltjie maak nie 'n somer nie. Klap 'n toon WP toe.
Posted by Marcell (Benoni) Tuesday, August 25, 2009 - 13:50
73. ons is n BLOU MASJIEN!! ons maak spelers baie goed, ons koop nie goeie spelers nie, ons maak hulle!! so ons kan regtig ervaar as spelers baie mooi kan speel, sal hulle vinnig stap anner clubs toe! moenie worrie, die nuwe talente wag al vir so lank!! nou is dit hulle kans!
Posted by Jantje (Boskoop) Tuesday, August 25, 2009 - 17:49
74. hoe lank het ons geworrie oor die liefling hougaard wat gestap het? kyk wat ons Morne nou gemaak het, hy's n bok soos nie n anner nie!! as n goeie ou ons verraai, maak dit die pad oop vir die nuwe talente!! ek gloo daar gaan n groot BLOU no 11 kom!!
Posted by Jantje (Boskoop) Tuesday, August 25, 2009 - 17:52
75. Ek weet nie wat in die binne kringe gebeur nie, maar ek onderstuen die unie se besluit.
Ek dink ook nie ons het 'n tekort/probleem op die punte van die lyn nie.
Die unie kan geld vat en op voorry afrigting spandeer.

Go Bulle!!
Posted by hammer01 (vereeniging) Wednesday, August 26, 2009 - 07:54
76. ouens los vir habana hy wil naby aan sy bloed broers wees. anyway thnx 4 ur services mate n wish u well at newlands. but dnt tink u gon win any trophies at WP
Posted by willaz (Pretoria) Wednesday, August 26, 2009 - 12:40
77. As 'n mens nou net so bietjie terug dink in die nabye verlede sal ons aan nog iemand kan dink wat so aan sy pa se broekspype vas klou.(die outjie wat so vinnig naar word as hy naby 'n bok trui kom.) Maar wat, ek is seker daar sal iemand wees wat sy skoene kan vol staan.Onthou net die "glory days" by die Bulle Brayn, daar gaan min wees by die wiepie!!
Posted by GROOT KOOS (Rustenburg) Wednesday, August 26, 2009 - 19:31
Happy birthday to:
25 Aug: Schalk van Dyk
26 Aug: Theo van Rensburg
27 Aug: Rocco Peddar
28 Aug: Christo Ferreira