You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
Login  |  Register
Season tickets now available


Season tickets for the rest of the 2008 season are now available at Loftus Versfeld. The season tickets include the test against Wales as well as all the ABSA Currie Cup matches including a possible semifinal and final.

Prices:

Grand stand or Covered east stand: R980

East stand lower: R900

East stand upper level: R670

Buy your season ticket now to secure your Britsh and Irish Lions Tour ticket for 2009. Conditions apply.

For more information and credit card bookings contact 012 420 0700.

Wales test tickets are available at Loftus Versfeld and Computicket from R250 to R400.

The test is on 14 June and kicks off at 15:00.



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. wow, R980-00; verbeel ek my of is dit aansienlik duurder as laas jaar?
Posted by Joe-ZA Monday, May 26, 2008 - 19:02
2. Maar ons gaan Victor heel moontlik net in die Walllis toets sien; miskien kan hy so nou dan by die Curriebeker wedstryde handtekeninge kom uitdeel. Of my vir 'n braai oor nooi...
Posted by Joe-ZA Monday, May 26, 2008 - 19:05
3. Led in 'n Losie...
Posted by Joe-ZA Monday, May 26, 2008 - 19:08
4. Led, jy het op die vorige thread genoem dat John Smit Lions toe gaan; hoe waar is dit? Volgens keo het hy nog geen provinsiale kontrak nie, en sy 2de keuse, die Stormers, wil nie veel van hom weet nie
Posted by Joe-ZA Monday, May 26, 2008 - 19:12
5. Naand my getroue BLOUVOLK!!!!!!!!

Led is weer vroegmiddag besig om my Wes-Transvaalse buddie en oumies goed die bl$ksem in te maak. En, dit liewe vriende is wat hierdie blog vir my so lekker maak. Almal wat 'n diepere liefde vir die BULLE koester kan hier koppe stamp en gedagtes uitruil, solank dit ter wille van die BULLE is.

Hier moet ek egter saam met DH se ma stem en se dat liefling verreweg nommer een is. VERREWEG!!!! Met genoeg en goeie balbesit is daar nie nog 'n no 10 in Suid-Afrika wat 'n wedstryd so kan domineer soos hy nie. My gewoonlik onbetroubare bronne vertel dat hy in 2000, 2001 die kleine (330 leerlinge) Bolandlandb(l)ou skool tot no 3 in RSA gespeel het. Takties is die jong man briljant, en soos Naas het hy 'n goeie pak nodig om hom op die voorvoet te plaas.

Derrick forever!!!!!!!

Tov berig hierbo, het vroeer vanjaar vir Affies teen Gim in die Paarl sien speel. Skryf solank Reinhardt Fick en veral Andries Ferreira se name neer, hulle gaan nog grotes word in die Ligblou. Hande af Rassie!!

Groete eers my blouvolk, boeta het sy skoolboek vergeet en pappa moet dit gou koshuis toe neem, en ja reg geraai,.........Boland toe!!!!!!!!!!!

Posted by Weskaap bul (kaapstad) Monday, May 26, 2008 - 19:36
6. Hi Joe, 001 het nie nuus nie. 'n Klein onbekende voeltjie reken darem dat Bakkies lus het om te bly. Hy gaan egter nie op Kerkplein staan en dit uit basuin nie. Ek dink Victor werk met sy kop...........kom ons hou duim vas. Oor John Smit praat niemand nie. Dalk wag die Bulle en hoop vir 'n bargain !!!!

Noudat die Sharks weer gegly het, glo ek Durban gaan hard probeer om JS te behou. In so geval mag Bismark en sy boetie besluit om elders te gaan speel. Jannie het nou klaar gekry wat hy verdien - as jy elke game op die bank wil sit en rus, PdV gaan jou nie kies as jy wit is nie. Dus sal Jannie moet waai en 'n span kry waar hy die eerste keuse is. Dalk in Pretoria of by die Leeus? As CJ oorsee gaan, kan hy seker terug na die ARMe Vrystaat.
Posted by James Bond (Centurion) Monday, May 26, 2008 - 19:39
7. rassie se geld gaan ook op raak. die ander probleem is ,as hy al sy ou pele en has beens kontrakteer wat word van die wp se jong spelers. dan moet hulle maar weer skuif soos al so baie in die verlade gebeur het. dan huil hul weer na die tyd in hul hand. voorbeelde? Nel, hougaard maal 2 , dippenaar ,kruger en so baie ander. enige provinsie het n begroting en kan net soveel spelers kontrakteer. die jong manne wil ook weet waarnatoe met hul . so laat hul maar die ou manne kies . ons speel volgende jaar moet nuwe reels en lekke jong manne wat die reels pas.
Posted by baby bull (garsfontein) Monday, May 26, 2008 - 19:51
8. Hello WKB. Sien jy en Led se redenasie. As deel van die BB keurders voel ek dat beide in die 22-tal moet wees. Die teenstanders op die dag en die weersomstandighede sal bepaal wie begin die game.

Op die noot van wie begin - Derick het verlede jaar vir my broer dit so mooi gestel toe hy reken hulle weet nog nie wie die Saterdag sou "open" nie.
Posted by James Bond (Centurion) Monday, May 26, 2008 - 19:55
9. Geld in die proffesionele era is natuurlik belangrik, maar Rassie gaan nog leer dat geld nie GUTS koop nie. Die Sharks se bestuur het dit ook die naweek gesien. Watter boodskap stuur dit vir jou eie jong spelers as jy een van jou groot staatmakers uit die span laat vir 'n ou "has-been" van 'n ander land. In die Stormers se geval Tony Brown, wat nie eintlik 'n moewiese impak gehad het nie. In die Sharks se geval Freddie Miscelack en daai Tongaanse kopstamper wat spelers soos Jean Deysel en Keegan Daniel. Daar kan nooit 'n samehorigheid in 'n span wees as jou eie spelers uitgelaat word soos Saterdag nie. geen wonder daar was so min veggees in die Chokers se span nie. Hulle het seker heeltyd gewonder wanneer die vreemdeling op flank weer iemand met die kop gaan stamp.

Nie dat die Chokers op die beste van dae moewiese GUTS het nie.
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Monday, May 26, 2008 - 20:05
10. Stem saam met jou James (nr.17). Altwee spelers moet in die 22-tal wees. Dis 'n ongelooflike luuksheid wat die Bulle het om TWEE losskakels van sulke formaat op hulle boeke te hê. Dink net, deur altwee te kies kan jy in die middel van 'n wedstryd letterlik van een wedstrydplan na 'n ander oorgaan, deur net losskakels te wissel.

Ek dink ook JS hou duim vas dat die Sharks van plan verander; sou snaaks wees as hy, wat al 10 jaar vir hulle speel en boonop nog kaptein was, nou kom aftree by een van die binnelandse unies.
Posted by Joe-ZA Monday, May 26, 2008 - 20:45
11. Agent 001,

Dis tyd dat die keurkomitee weer koppe bymekaarsit en met praktiese voorstelle kom.

Een goeie voorstel sal wees om spelers slegs binne die BB unie en in die Paarl/Stellenbosch omgewing spelers te soek. Het julle al die lys gesien van Boland, Gim, Boishaai en Paul Roos wat die afgelope twee/drie jaar vir die Bulle gespeel het? Verlede jaar was die drie Paarl skole eerste, tweede en derde in die Kaapprovinsie!! Saam met die blou voedingsbron in ptown is ons weg voor.

Hoor ons kry volgende jaar weer 'n paar bulletjies in die Paarl daar uit Alf se wereld.

Stem saam met Judge, rassie sal nog sien die ding van guts is nie by die spar te kry nie. Intussen verloor soveel unies goeie talent omdat hul met "name" lugkastele najaag.

Groete, eers gou die beste program op tv, naas 'n bulle game, nl Boston Legal klaarkyk.

Bly getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Monday, May 26, 2008 - 21:13
12. Goeie more blou mense.

Ek hoop julle het 'n wonderlike Maandag aand gehad en dat julle uitgerus is vir die nuwe dag.

Ek kan nie wag vir die Springbokke om te speel die 7de nie. Wil graag sien wat ons gaan doen. En dan vir die CC!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Hier kom nog 'n koppie Pretoria toe!

Lekker dag vir julle.
Posted by Rissiepit (Gonubie) Tuesday, May 27, 2008 - 06:43
13. GOEIE MORE EDELE AVBBOBS!!!

Net terloops, daai van julle wat "dink" die BLOU BUL het nie diepte sonder onse Bokke nie, kyk n bietjie weer na ons opkomende spelers. Baie van hulle gaan CB "exposure" kry. So, weereens sal ons seker die CB bietjie stadig begin (maar nie so stadig as die S/14 nie!) en dan die beker vat. Vergeet maar van die tjieters; Naka is te dof om n strategiese "game-plan" te ontwikkel vir die ELVs? Hy gaan nog staat maak op vet, lomp, onhandig, maar sterk voorspelers; hy (en T'rassie tot n mate) dink kragrugby (sonder behendigheid) voorlangs is nog die alfa en omega! Dis n groot fout........

Lekker dag vir julle........dit sous hier by ons en ek moet d$nnerse groceries saam met vrou gaan koop........
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 07:14
14. More BULLE.........nat en koud hier in PTA..

23......................lmga
Posted by posts 2 (BULLAND) Tuesday, May 27, 2008 - 07:28
15. More AK , Rissie en Baron , en BULLE!!!!!!!!!!!

Lekker dag hier in Witbank.......die son skyn
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Tuesday, May 27, 2008 - 07:28
16. More p2
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Tuesday, May 27, 2008 - 07:29
17. AK , wil jy die toets op Loftus gaan kyk?

Laat weet , want die manne gaan begin boek hier by my
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Tuesday, May 27, 2008 - 07:32
18. More AK en Blitz...................................
Posted by posts 2 (BULLAND) Tuesday, May 27, 2008 - 07:38
19. Hoeveel ? Jy en "AK se BAAS" ?
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Tuesday, May 27, 2008 - 07:38
20. Praat later vanmiddag
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Tuesday, May 27, 2008 - 07:41
21. More julle ek is nuut op julle blog. Dit gaan egter so woes en vrolik so ek het gereken laat ek ook my mening lig. Led Zeppelin lyk na iemand wat lekker kan stir. Hy moet egter sy onverskillige stellings met feite kan staaf. Dit is geen geheim dat Derick Hougaard gedurende die super 14 2008 beseer gespeel het nie. Nogtans het hy so te se man allen die Leeus gewen. Dit waar die Bulle op 'n stadium met net 13 man gespeel het. Die Blues en Force Games kon ook in die sakkie gewees het as Fourie net die bal aan hom wou gee om te drop. Die Warratah Game was klassiek. Ek was een van die bevooregtes om op Loftus daana te kon kyk. Ek reken Derick is nog een van die min klassieke taktiese losskakels, 'n "dying breed". Wel kom ons sien wat die Bokke gaan maak. Onthou PdV Suid Afrikaners stel belang in wenners
Posted by Kalahari Expert (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 07:44
22. welkom by ons kalahari expert. Jy is reg oor Led. Die mannetjie is 'n negatiewe entjie mens.

Jy is reg oor Fourie maar onthou hy was ook maar beseer homself. Een ding waarvoor ek bly is, is die feit dat dit Francois Hougaard aan ons bekend gestel het. Nou weet ons almal waartoe hy instaat is. Ek is mal oor hom.

Posted by Rissiepit (Gonubie) Tuesday, May 27, 2008 - 08:00
23. Môre Blou Bulle, Bullinne en Bergbok.
Baron soos jy tereg noem gaan ons baie diepte hê in die CC. Die mense moet ons nie afskryf nie.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Tuesday, May 27, 2008 - 08:16
24. 35. Dankie Rissiepit. Ek stem saam Francois Hougaard is 'n puik belegging en mag hy van krag tot krag gaan. Gou gesond word groete aan Fourie, Derick en almal op die krukkelys
Posted by Kalahari Expert (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 08:36
25. Goeie more almal uit 'n lieflike bolandse oggend
Rissie het vir jou 'n mail gegooi geniet dit

Welkom Kalahari Expert enige ou wat se BLOU BULLE is KONING is welkom of wat nie kom akkies maak nie. Vanwaar jou Kalahari konneksie my skoonfamilie boer daar?
Posted by BloubulindieBoland (Ashton) Tuesday, May 27, 2008 - 08:42
26. Ek moet vanoggend beken ek het baie van Hougaaard gehou maar het die afgelope 4 weke 'n groot Morne Steyn aanhanger geword - ek dink die outjie is bestem om groot rugby te speel - met 'n goeie skrumskakel langs hom slaan hy groot gate in die verdediging op loskakel en stuur sy agterlyn goed weg - ek dink egter nie hy is 'n goei senter of heelagter nie
Posted by Realistix (Kempton Park ) Tuesday, May 27, 2008 - 08:57
27. 38. Ek het al 'n paar keer daar deur gery. Ek verwys na Upington en was selfs tot in Askham en die destydse Kalahari Gemsbokpark. Baie mooi wereld. Ek se altyd elke deel van ons pragtige land het sy eie unieke natuurskoon. Rugby groete aan almal
Posted by Kalahari Expert (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 09:38
28. ek sien die grapmakertjie is vanmore weer vroeg op sy pos.
ek glo nie die kaartjies sal vir hierdie game uit verkoop nie.wales het ni hulle beste span nie en n mens wetie wat om van peter de villers kan verwag nie.
vir die laaste keer stop die stront van derick se ma.julle het julle spelers en ek myne
Posted by Blou Bul dame (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 10:33
29. Dagse Getroue Bloues (en ander gematigdes) en welkom Kalahari
Led Z het gister genoem (post 45) dat Ludeke dink dat Demas n goeie heelagter sal maak indien Zane Bokke toe gaan. Ek het egter gehoor dat Paul T se dat indien n speler sewes speel, hy nie CC ens mag speel nie - mag wel vir die Bokke in aanmerking kom, maar n "hands-off" beleid word nou met die unies gevolg. Dit beteken dat ouens soos Kabamba en Demas, en die nder natuurlik, nou vir (?) twee jaar in die sewes-opset gekontrakteer is. Dink dit is sodat die sewes-span bietjie meer standvastigheid kan opbou. Dalk het ek verkeerd verstaan?
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 10:54
30. ja hy het vir tiger man wat vir die vodacom speel en zane is beseer so hy gaan dalk terug kom.daar is baie van die bulle wat gaan terug kom.
Posted by Blou Bul dame (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 10:59
31. BBidB,

Kaapse broer, hoe het dit met die stoei gegaan in Darling? Het jy aan die plaaslikes in Darling uitgewys dat hul dorp eintlik na DH (liefling) vernoem is, en as die vorige regering name soos die huidige klomp hoenners verander het, was Darling vandag Liefling?

BBD, my liewe tante, tannie kannie jou brood aan albei kante gebotter wil he nie, of jy is 'n dame (soos in BB Dame) of tjy gebruik daardie lelike taal, waarvoor tannie so lief is. O ja, hoe gaan met tannie se seun se sweer? Laat weet gerus. Het tannie-goed ok vandag sukke moi weer in Piketbergggg.

Kalahari, hoop die express verwys na die spoed waarmee jy vir ons springbok biltong in die hande kan kry. Welkom hier en hoop jy gaan nog lank blog. Moet ASB net nie fyngevoelig wees nie, jy sal nog sien.

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 11:08
32. Howzit,Blou mense en die Chokers wat roofkyk!!!! Shark lady jy mag maar saam kuier,

AK,onthou net n hond en n @#$% het n baas.
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, May 27, 2008 - 11:18
33. Weskaap,ek roep nou Daisy vir jou.*grin.
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, May 27, 2008 - 11:20
34. Dino,

Sien gisteraand op die nuus Witbank se goue meisie se eks (Tucker) is oorlede. Lyk of hy van leer afgeval het terwyl hy die antenna wou regskuif. Hoe lyk dit weer met 'n gedig of 2 uit Witbank

Stem saam oor die baas-storie, dit gehoor vandag ek moer klein was.

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!!!!!

Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 11:27
35. Weskaap,hulle se nie of die goue meisie die een was wat die leer vas gehou het nie.
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, May 27, 2008 - 11:30
36. Dino,

Nie nodig om vuil te speel nie. Los die grofgeskut vir later. Jy wil nou net weer vir Kalahari wegjaag. DAAI persoon, het mos arme EEE net soveel bolla gegee. Los die vrouens hier UIT!!!!

Rissie en haar Gonubie-tjom (ek weet ook mos nou waar dit is) is darem altyd nice.
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 11:32
37. F#k sure, sien jy daai girl enigiets vashou langer as 20cm? I think not!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 11:34
38. Weskaap, ons is "nice" totdat .......... Nee, toemaar, ons is altyd "nice" (evil grin)
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 11:36
39. LBB,

Bly uit hierdie gesprek. Dit is 'n privaat gesprek!!!.......Ja sure, ek klink nou soos DAAI persoon. Hel, ek laaik julle girls van Gonubie al vandat ek hier begin blog het. Waar is ons chili vriendin vandag? Gesien ptown mense kla oor die slegte weer, Kaap is pragtig vandag. As my gunsteling Gonubie meisies vandag hier was is ons Tafelberg toe! Sien egter 'n dowwe wolkkleed het Tafelberg nou toegemaak. Dino daardie kan die anker van jou volgende gedig wees. As jy egter oor LBB skryf moet dit oor mooi gedagtes wees.

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 11:45
40. Na gisteraand se winter reen,sit Weskaap skierlik hier alleen.
Koud is die wind en skraal,Weskaap sit n Blou koei op die paal.
Almal is verbaas,oor die groot geraas as Blou dame haar vir Weskaap opblaas.
Weskaap,Weskaap,heel oplaas weet jy hoe om die girls se emosies op te jaag.

Soos n stormwind wat woed is jy opsoek na daardie koekroller teen n rocket se spoed.
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, May 27, 2008 - 11:47
41. LOL! nr.44 Goeie een Weskaap Bul! Jy moet oppas, daai tannie gaan jou in Durbanville met die kop kom slaan.
Posted by Joe-ZA Tuesday, May 27, 2008 - 11:51
42. ZZZZzzzzzz
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, May 27, 2008 - 11:54
43. En dit staan nie vir ZORRO nie.
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, May 27, 2008 - 11:55
44. Dino, hierdie is darem nou 'n vrot poging!! Het jy nie Afrikaans as vak gehad nie? En as ek reg onthou is dit dame en nie koei nie. Fokus en probeer nou weer. WB sal jou nog 'n kans gee, want ek is 'n man van vrede! Sleutelwoorde van die nuwe gedig is Gonubie, LBB, rissie en troue. Maak my trots my blou broer.

As jy in een van DAAI persoon se buie is, skryf liewers bolla oor grootseun/kleinman watson as nuwe wit kwota flank.


Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 11:56
45. Weskaap, dankie n trippie Tafelberg toe klink "cool: - hier by ons is dit op die oomblik n stunning dag, beste tyd van die jaar vir julle wat dalk self n draai in Genuubs wil kom maak. Die "chilli" girl is seker bietjie besig - trouplanne, werk, ens? Sal seker darm bietjie later van haar hoor.
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 11:58
46. Weskaap,nee man,

Ek het gepraat van n vier been koei,nie n twee been Dame nie.
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, May 27, 2008 - 12:05
47. LBB,kry dai koekroller reg as hy daar kom,slaan hom dat hy hik!!!!
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, May 27, 2008 - 12:06
48. Die Lieflingspan, van Loftusland, word al te goed verteenwoordig
Wyd en syd, en tot hier by die Kei word Bulle van die res geskei -

Die Chilli girl, en ook Klein Bul, veg hard om Die span se eer -
Gonubie strand, is choker land en dinge raak soms wreed -

Met withaaitand word hul bedreig, maar jubel dan net voort
SharksforNEWA!!!!!
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 12:14
49. LBB,jy het seker Afr op skool gehad??
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, May 27, 2008 - 12:18
50. Zino,

Hou op speel vir tyd. My BLOUVOLK wag vir die mooi gedig oor Gonubie en sy pragtige mense.

LBB, ou Zzzzzzino is net jaloers oor hy nie saam berg toe gaan. Sien al die blou vriende in die Noorde het 'n mate van agressie. Zino is egter 'n woordkunstenaar, en daarom word hy en die ander linkerbrein-mense 'n mate van agressie toegelaat. Gelukkig vir ons skilder Zino nie in geel nie. Hoe se?!?

Dankie Joe, the best is still to come. Dalk is dit weer tyd vir 'n ope brief.

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 12:21
51. Eintlik iXhosa
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 12:21
52. Heh, Heh, Weskaap - nou-nou haal jy jouself die agressie van ons noordelik blou maters op die hals!
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 12:24
53. LBB,

Jy is duidelik nie net 'n mooi gesiggie nie. Hierdie is blouAfricana suster!! Laat weet of jy kan lemon meringue maak en ek is op die volgende Nationwide vlug Oos Londen toe.

Zino, hoop jy het tips ge.................zzzzzzzzzzzzzzzzz

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 12:24
54. Weskaap,ek moet post en werk,jy wil nie my baas he nie!!!!!!

LBB,Xhoza,Eish hou dit maar by Afr,al kom dit skeef uit.*grin*
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, May 27, 2008 - 12:27
55. Dino,

Liewers 'n baas tydens blog-tyd as om vir jouself te werk, alles staan stil as mens hier aant' blog gaan. Onthou my BLOUVOLK wag nog vir die gedig.

Eers weer gaan werk. Groete julle.

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 12:31
56. BDino - voel nou sommer tot in my siel gekrenk - kritici darem, en dit omdat ek dalk bietjie "poetic license" Afr gebruik het!!! snik, snik!!!

En dankie Weskaap, maar ek dink my dae as "poet laureat" is nou op n einde - kan eintlik nie lemon meringue maak nie, maar wel n mean choc koek (en sushi)
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 12:37
57. Middag aan al my bloubloed bulle maters, was lanklaas op die blog,bietjie uitstedig.Wat is die nuutste oor walvis John Smit se planne, het nou nou gehoor by die lapa hier in pta dat hy oppad na die leeus toe is,maar die nuusdraer wou of kon dit nie bevestig nie,weet een van julle dalk wat aan die gang is?
Posted by alfa (pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 12:44
58. Alfa, welkom terug. Ek dink op hierdie stadium is daar baie bespiegelinge oor JS en ek sal self graag wil weet wat sy "case" is. Ook gehoor, vanaf betroubare bronne, dat Ruaan P vreeslik graag terug Vrystaat toe wil gaan - baie unhappy met die huidige situasie daar by die chokers. Hy't glo gese hy geniet glad nie meer sy rugby nie en wil bitter graag "huistoe" gaan!
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 12:59
59. jy is so snaaks.julle moet eerder warry wat frans ludeke met die bulle gaan doen want anders gaan julle nog so wonder wa die cc beker is dan le of weer in die vrystaat of in die kaap.
Posted by Blou Bul dame (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 13:01
60. BB Dame, wie is so snaaks?
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 13:08
61. Dis baie mooi nogal om van my so te praat dink julle ek kan dit nie lees nie? WeskaapBul ek het jou misverstaan en omverskoning gevra, take it or leave it, of los my uit moenie van my praat as DAAI persoon nie.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 13:10
62. Hallo Daisy
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 13:11
63. En BTW EEE is ook 'n vrou en anders as jy het sy my verskoning aanvaar en gesels ons lankal al lekker. Hallo LBB.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 13:17
64. Wonder steeds wie / wat was so snaaks. Het ek iets gemis? Yoo-hoo!
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 13:23
65. Op die einde van die dag bly elkeen van ons onbekend vir 'n ander, net nog 'n persoon agter 'n keyboard, so miskien kan jy vir my vertel hoekom het jy toe jy die eerste keer met my "gepraat" het op die blog my met minag bejeen, dat ek moes uitvind vir jou waar is Gonubie terwyl jy met ander mense blog? Jy kon dit mos Google of hoe? so toe jy vir my gesê vandat jy weet waar is Gonubie en nou het jy niks verder vir my te sê nie, het ek aangeneem jy is op die moeilikheid uit soek. En dis het ek jou volgende woorde verkeerd opgevat. Ek het gese ek is jammer, beter as jy wat agter my rug van my praat as DAAI persoon, want wat weet jy nou eintlik van my af, van my ware ek. Jy is maklik om my sleg te maak voor ander, so dis goed so as dit jou dan so behaag, ek het nie jou nodig om my siel te red nie.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 13:33
66. Ek sien nou eers dat hulle al Led Zeppelin se posts vanaf die blog gehaal het! Waarom? Sy kommentaar is maar net tong-in-die-kies bedoel...
Posted by Joe-ZA Tuesday, May 27, 2008 - 13:41
67. Daisy, Weskaap Bul trek maar net jou been; ek glo hy spot so 'n bietjie; jy weet mos dis een van die aartsondes om ons mans TE ernstig op te neem.
Posted by Joe-ZA Tuesday, May 27, 2008 - 13:43
68. Nee Joe-ZA jy weet nie wat het hy al vir my alles gesê nie en ek het erken ek was verkeerd en het jammer gesê, hy bedoel elke liewe woord. Dis nogal 'n probleem daai een, die dat ons bulle mekaar so aanvat of ons nou manlik of vroulik is, dis soos met Bloubuldame, gun haar dit as sy meer van Derick hou as van Morne, dis tog elke mens se eie keuse, hoekom aan en aan gaan met iemand. As jy nie met 'n persoon wil praat nie, moet ook dan nie van daardie persoon praat nie.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 13:47
69. hallo daisy!!! hehehe

hier is jy!
Posted by bloumonster (nelspruit) Tuesday, May 27, 2008 - 13:55
70. Hi Monster.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 13:57
71. Ek dink een probleempie is dat, omdat mens soms maar vinnig tik, sinne nie altoos "uitkom" soos dit oorspronklik bedoel is nie. N wordjie hier. of daar, kan dan baie maklik soos kritieks ens klink. Moet erken dat sommige bloggers darem baie "nydig: kan wees, weet nie waarom nie, maar in daai geval moet hulle maar die "heat" vat!
Joe - ek het gewonder of ou Led nie dalk eintlik een van die "res" is wat in bulklere hier chat nie?
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 13:58
72. 70. Joe-ZA ek stem saam met bullsdaisy. Daar is perke van ordentlikheid wat jy nie oorskry nie. Led Zeppelin moet miskien maar weer gaan registreer as Uriah Heap of Deep Purple.
Posted by Kalahari Expert (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 14:04
73. En dis waar Kalahari, en ek het erken ek was verkeerd en ek het jammer gesê, ek het hom op daardie oomblik wragtig verkeerd opgeneem, ek het later dit weer gaan lees en gesien dat ek verkeerd was en verkeerdelik op hom uitgevaar het, dit was 'n ongelukkige toeval van verkeerde woorde op die verkeerde tyd. Ek dink ons almal moet maar bietjie leer om ander se waardes en sieninge meer te respekteer, of ons nou manlike of vroulike bulle aanhangers is, ten minste weet ek dat toe ek gese het ek is jammer het ek elke liewe woord bedoel.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 14:10
74. En dit vat 'n man om te kan sê ek is jammer, maar dit vat 'n groter man om daardie verskoning te aanvaar.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 14:12
75. Daisy, punt gemaak, kom ons laat dit daar. Anders raak ons 'n "soapy" blog, waar ons elke dag of paar uur moet oplog om die nuutste in die verhaal te lees. Ek ek probeer jou nie kap nie, maar julle rusie regeer nou hierdie site die afgelope week.

Posted by ElToros (Centurion) Tuesday, May 27, 2008 - 14:18
76. Vertel ons liewer van jou trou reelings. Het jy toe by Irene Lodge bespreek?
Posted by ElToros (Centurion) Tuesday, May 27, 2008 - 14:19
77. Ek stem nogal saam met jou ElToros jammer ek het niks die week daaroor gesê verder nie behalwe dat ek jammer is, nou vat jy my weer aan nadat daar amper 'n 10 postings daaroor gemaak is deur wie ookal en kie, en dis nie ek wat trou nie.... Soekie en Rissie trou. Cheers maters.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 14:24
78. Langs Irene Lodge is 'n mielieland, dan is dit die draad van die Gholf Estate. Ek bly reg langs die draad, so ek beleef al Irene Lodge se funksies, veral laaaat op 'n Saterdagaand! Hulle hou groot feeste daar. En dit is 'n classy plek, so dit sal 'n goeie venue wees.
Posted by ElToros (Centurion) Tuesday, May 27, 2008 - 14:24
79. Huh, Daisy, TROU??? Wat ek Nou weer gemis?
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 14:26
80. O, skuus, ek het gedink JY trou.

En ek het jou nie probeer aanvat nie. Net 'n vriendelike versoek om die negatiewe te los en positiewe dinge to post.
Posted by ElToros (Centurion) Tuesday, May 27, 2008 - 14:26
81. LBB

My geheue het my net in die steek gelaat oor WIE trou. Ek het Daisy en Soekie met mekaar verwar.
Posted by ElToros (Centurion) Tuesday, May 27, 2008 - 14:28
82. Nee ek weet wat jy bedoel, en ek baklei nie met jou nie, wys maar net hoe min ons regtig van mekaar af weet, ek het juis probeer positiewe dinge sê.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 14:28
83. 70. Hierdie blog is nie vir trolle nie en ek stem saam dat ons nie hier negatiwiteit moet weerspieel nie. Om persone aan te val hoort nie by 'n opregte opgevoede Blou Bul ondersteuner nie.
WHOZA CC 2008!!!!!!!!!!
Daisy jy sal altyd oulik bly maak nie saak nie.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Tuesday, May 27, 2008 - 14:32
84. Soekie en Rissiepit staan op trou.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Tuesday, May 27, 2008 - 14:34
85. Dit is tyd dat die Bulle weer begin speel dan sal al die binnegevegte stop. Dit ly vir my Led Zep is geban. Wens hulle wil dit met n paar Sharks ondersteuners ook doen.
Posted by Groot blou seun (pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 14:36
86. Dankie Bulletjie1 ek het in elk geval nou die laaste keer daaroor gepraat, of Weskaap Bul vat dit of los dit, as hy dit los dan sal ek dit net waardeer dat hy dan ook nie van my praat nie. Ek gaan definitief nie sy screen skoon lek om my te vergewe nie, geniet die dag verder almal, en true to the BLUE.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 14:36
87. He he ja GBS dan kan ons weer so paar chokertjies tackle.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 14:37
88. 89. Almal word dopgehou en hier en daar is daar 'n paar wat persone wat op dun ys skaats.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Tuesday, May 27, 2008 - 14:38
89. Eish dun eish ja....
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 14:40
90. Hallo blou maters, ek is terug!

Eltoros, dis mos 'n Spaanse bul dannie? Het jare gelede in PvR gebly in 'n lieflike woning wat ek nou nog verhuur. Dis mos nie baie ver van Irene af nie? Hulle sou 15 jaar terug 'n kortpad gemaak het, maar was seker vyf jaar gelede laas daar om die huurder te gaan opcheck. Gepraat van Bul, eintlik behoort ons maranello in kennis te stel dat die ding met die rooi bietjie oordrewe is, want eintlik is die bul se kleur blou, LIGBLOU!

LBB, jy al klaar getroud noudat die troukoors so sterk in die Oos Kaap loop? Sien op my nuwe kaart hulle praat eintlik van Gonubie-mond.

Terug na belangrike sake, die storie van John Smit is dem interresant. Verlede seisoen gehoor dat Jannie En Skip wou saam Bulle toe kom, maar die chokers wou Skip nie laat gaan nie. John sal sekerlik nie Leeus toe gaan nie, tensy hy net 'n adres soek om sy weight watcher videos te laat aflewer. Die storie oor trassie en die bulle (habana, spies ea) is ook moerstil. Enige nuwe verwikkelinge daar?

Gaan die abortiewe Spears ook nou van die grond afkom, want ons hoor die heeltyd verskillende stories.

Joe, geniet jou bydraes, laat waai asb op die blog!!

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 14:41
91. Ek hoop nou net nie almal wat oor rugby stry word afgehaal van die blog nie.
Posted by Groot blou seun (pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 14:41
92. Sien in my gedagtesoog hoe lek jy daai screen, Daisy - LOL.
Groot blou seun, ja, stem volhartig saam met jou oor die sharks (en andere) ondersteuners wat geban moet word - praat nou spesifiek van daardie chokers wat altoos moeilikheid kom soek en een of twee ander wat hulself "bul-friendly" probeer voordoen, maar op hulle eie webblad ons afkraak! Ek dink darem dat (?) Bulletjie 1 dit wel doen (of laat doen)?
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 14:43
93. Ek kan nie wag dat die Curriebeker begin nie. Die toetse teen Wallis behoort ook interessant te wees. Jammer die toets kaartjies is so duur.
Posted by Groot blou seun (pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 14:48
94. Weskaap, jong ek hoop nie die troukoors is aansteeklik nie! Daai storie kos te veel geld! Wat die spears aanbetref, "who knows". Stofile sal dalk weer daar begin rondkrap siende dat hy nou nie iets met die Bokke te doen het nie.....!
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 14:48
95. Om oor rugby te stry is goed, maar om die persoon aan te val is nie so goed nie. Dan moet sommige kommentaar ook maar met 'n knippie sout, suurlemoen en Tequila geneem worre.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Tuesday, May 27, 2008 - 14:49
96. Bulletjie 1,

Wie is die stelsel administrateurs wat "sake" dophou, en wanneer haal hulle iemand se bydraes lock, stock en smokin bull af.

Kan verstaan dat daar sekere minimum standaarde moet wees, want kinders en goggas lees ook wat hier geblog word. Maar wie, speel Big Brother, en wat sou Led gedoen het wat hul so vreeslik opref?
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 14:52
97. Ons moet ook besef dat daar ruimte, en meer nog, toleransie, vir mekaar se opinies gelaat moet word.

Almal wat hier blog het NET een ding in gemeen, en dis die liefde vir Blou Bul rugby! Verder verskil ons soos dag en nag. En dis 'n goeie ding, stel jouself die vervelige lewe voor as ons almal dieselfde was.

Ek geniet almal se kommentaar, miskien nie in dieselfde mate, maar nogtans is dit goed om die snaakse en soms weird opmerkings van sommige van julle te lees.

So kom ons vergeet van die persoonlike vendettas (nie daar ooit enige was nie, in my opinie), en ons sit ons onproduktiwiteit volheid voort deur hier te blog!!!

Posted by Joe-ZA Tuesday, May 27, 2008 - 14:54
98. WB

Ja, die kortpad is nog nie gemaak nie, Nelmapius is nog die enigste verbinding, en dit is 'n aborsie! Die Van der Bijls het blykbaar op hul titel, die reg om te bepaal of daar enigiets in Irene mag gebeur, daar mag nie eens 'n boom afgekap word sonder hul goedkeuring nie. Hulle blok ook 'n robot op die hoek van Botha Str en Nelmapius laan, wat die verkeer behoorlik opneuk.

Die beplanning vir die nuwe pad is darem al daar, dit is al uitgemeet tussen PVR Park en Irene. Die gedeelte vanaf Botha Laan na John Vorster laan is al gebou so twee jaar terug, toe skuif die brug oor Sesmylspruit, dit is nog steeds toe.

Ek is verheug dat Skip Badenhorst nie Bulle toe gekom het nie. Maar ek sal die Du Plessis broers verwelkom!
Posted by ElToros (Centurion) Tuesday, May 27, 2008 - 14:54
99. Het ek iewers iets gemis ?

Wie is kwaad vir wie ?

Kan ek nog saamskaats ?
Posted by alf (calvinia) Tuesday, May 27, 2008 - 15:03
100. Weskaap bul, ek is een van die oorsieners op die blog. Ons was verlede jaar oorval met trolle en ek het met BBM kontak gemaak oor die taal onder andere wat hier ge-uiter is. Indien 'n Blou Bul ondersteuner 'n eie soortgelyke ondersteuner beginne aanval en ander name toeken is dit nie gewens nie, Maak nie saak hoe erg daar verskil mag worre nie. Hierdie is immers 'n publieke blog en baie van die bloggers sal nie in die openbaar so sterk wees as hier nie.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Tuesday, May 27, 2008 - 15:04
101. Alf, jy kan saamskaats, maar die ys is dun op plekke - so wees gewaarsku!
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 15:06
102. alf, jy hoef nie bang te wees dat die ys te dun is nie, jou bydraes is nog altyd in 'n goeie lig ontvang.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Tuesday, May 27, 2008 - 15:06
103. Eltoros,

Skuus man, dalk moes ek beter verduidelik het, met skip bedoel ek die beroemde Duitse oorlogskip, die Bismarck! Vergeet daar daar nog 'n hoender met die naam Skip B rondsluip. Storie het verlede jaar ind ie wandelgange geloop dat die twee broers saam vir die Bulle wil speel. Volgens my gewone onbetroubare kontakte sal ons verbaas wees om te hoor hoeveel provinsiale spelers vir die bulle wil speel.

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 15:06
104. Bulletjie 1, dankie tog daarvoor. Op n stadium was dit bloot n geval van "ek ken meer vloekwoorde as jy, so we" niemand het tog seker die lus om sulke tjol te lees nie.... Skerts is lekker, maar sommiges moet mos maar altyd "overboard" gaan.
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 15:09
105. LBB, dankie.
Ek groet vir eers, nog ander draaie om te maak.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Tuesday, May 27, 2008 - 15:11
106. Bismarck wou na die Bulle kom? Nou dis nuus vir my! Ek hou nogal van hom as speler, maar my onbetroubare bronne, ala Weskaap Bul, sê my die mannetjie het nogal 'n uitsonderlike hoë dunk van homself. Hy is maar 'n onvriendelike kalant, altans my onbetroubare bron.
Posted by Joe-ZA Tuesday, May 27, 2008 - 15:15
107. Bulletjie 1,

Verstaan die gedeelte tov publieke blog, en ondersteun ten volle. Het self 'n paar weke gelede 'n "ope brief" aan BvG gestuur waarin ek sekere kwellinge tov my geliefde span ge-opper het. Bly om te sien dat die BBM darem nie self-sensuur toepas nie, want dit is darem die hoeksteen van enige demokrasie.

Tov die anominiteit sal ek self nie omgee as ons onder ons eie name geblog het nie. Dan kom ek Joe1 en jy Joe2 gewees het. Goeters sou seker Jakobus Gerhardus De Vries Naude Malan gewees het!! So gepraat van hom, waar is my man uit die weste vandag?

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 15:16
108. Kan ek nog steeds Joe-ZA bly? lol
Posted by Joe-ZA Tuesday, May 27, 2008 - 15:20
109. Joe (die oorspronklike)

Verlede jaar is op een van die webstes berig dat dit die 2 Du Plessis se hartsbegeerte is om eendag saam virrie bulle te speel. Was 'n media24 berig as ek reg onthou.

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Tuesday, May 27, 2008 - 15:22
110. Joe, ken die man natuurlik nie self nie, maar Vismark, skuus, Bismark lyk vir my asof hy so n bietjie van n opinie oor homslef het. Okk persoonlik het ek nie te veel ooghare vir boetman, dokter Jannie, nie!
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 15:25
111. # 106

Bulletjie 1, dankie vir die ingligting dat jy een van die oorsieners is. Daarom kan ek sommer die vrymoedigheid neem om te sê dat ek volkome eens is dat daar altyd sekere standaarde gehandhaaf moet word op enige gespreksforum.

Reëls is juis goed vir ons, as dit nie vir reëls was nie, sou ons bv nie rugby kon geniet het nie. Goeie reëls skep juis vryheid, maar as die reëls verag word, dan val die vryheid ook weg.

Mense wat geen reëls wil hê nie, is gewoonlik mense wat vrye teuels aan hulle losbandigheid wil gee in onder andere vuil taal en vuil grappe, en dan wil hul 'n gehoor hê daarvoor, en daarom 'n 'wettelose gespreksgroep'.

Dit gesê, het ek as blogger ook die volgende versoek aan jou as oorsiener, al weet ek dat baie mans op hierdie blog my nou dalk gaan kruisig.

Dit is, ek sal dit waardeer as ek elke keer rugby wil kom gesels, ek nie in een of ander dame se boude of bates hoef vas te kyk nie. Ek het niks teen die pragtige jonge dames as sulks nie, maar ek dink 'n vrou se bates is bedoel vir haar man alleen, en nie vir die hele wêreld of vir rugbyvermaak nie.

Jammer as ek nou op 'n paar tone trap, maar ons is tog hier om rugby te gesels, nie oor ander dinge nie. Netso min as wat vuil taal en vuil grappe na my mening by die blou bulle behoort, netso ongelukkig is die amerikaanse 'babes' kultuur wat ook nou na ons oorgewaai het.

Nou ja, ek het my mening gegee, dink maar daaroor.
Posted by alf (calvinia) Tuesday, May 27, 2008 - 15:28
112. He he skuus Alf dan gaan ek jou maar van nou af ook Oom Alf noem... Dit hou nogal die jongmanne hier op die blog rond hang, vir my as vroulike ondersteuner pla dit egter nie veel nie, mens word mos maar gewoond deur die jare aan sulke dinge. Maar ook net my mening.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 15:38
113. Ek moet se dat ek vir Led Zeppelin baie gaan mis. n Mens kon sien dat hy n geweldige rugby kennis het. Kan nie onthou dat hy iemand name genoem het nie.
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 15:41
114. Sensuur kan nuttig wees om moraliteit te beskerm, maar kan nie nuttig wees vir die herstel van moraliteit nie.
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 15:43
115. Sluipmoord is die sterkste vorm van sensuur. Bulletjie 1, ek dink jy en jou vennote moet darem eers met n man praat voordat julle hom stil maak. Hoor die ander kant.
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 15:46
116. Solank hulle net nie die BULL try kill nie.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 15:47
117. En dit was net 'n grappie voor julle my boooooooot.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 15:50
118. Wie het die Rapport sondag gelees, was daar 'n berig in van die Vrystaatse Rugby Unie oor die drie storie van die TMO van die vodacom cup, ek kon nie die berig aanlyn vind nie.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 15:52
119. Wie n mens laat struikel deur sy kuns, is ongehoorsaam aan God. En as die kunstenaar dan tog by geleentheid sy naaste laat struikel, sal hy, as hy liefde in sy hart het, die sensuur oor sy werk aanvaar, in die wete dat dit kom uit die harte van ander wat ook die welsyn van die gemeenskap in liefde wil dien.
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 15:52
120. Amen. Goed gaan Led R.I.P
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 15:53
121. Thaila-tyd, koebaai en mooi aand verder vir julle.

BULLE BO!
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Tuesday, May 27, 2008 - 15:59
122. # 116

Ou daisy, jy sal verbaas wees hoe 'jonk' ek nog is !

En, baie keer is dit juis (ongelukkig) die 'ooms' wat in hierdie lewe die grootste perverts is. Dit is nie 'n ouderdom ding nie, dit is 'n saak van reg of verkeerd.
Posted by alf (calvinia) Tuesday, May 27, 2008 - 16:01
123. Alf, ek moet se ek gee nie om vir die prentjies van mooi meisies op die blog nie. As dit jou pla moenie so daarna staar nie. Skoonheid is God se glimlag, musiek is sy stem.
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 16:05
124. Stairway to Heaven, aka Led Zeppelin; welkom terug! Jy moet jouself nou gedra; anders gaan jy vinnig uit LZ-related nic's hardloop.
Posted by Joe-ZA Tuesday, May 27, 2008 - 16:06
125. Alles aan jou is mooi, my liefling, aan jou is niks verkeerd nie. Hooglied 4:7
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 16:07
126. Alf ek joke net, nee ek verstaan jou standpunt jy is nie die enigste man wat ek ken wat nie daarvan hou om in sulke dinge vas te kyk nie, dis maar jou eie standaarde in die lewe wat dit doen, eintlik grap ek met jou, maar kan dit verstaan, ek self hou nie van sekere sites waarop mens ingaan nie, maar dit is wragtig darem maar baie erg, gelukkig is die babies darem altyd ten volle geklee.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 16:08
127. Dankie Joe-Za. Sal probeer om met almal saam te stem. Ek is n groot Derrick Hougaart aanhanger.
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 16:08
128. lol! (131) Jy lieg dit man!
Posted by Joe-ZA Tuesday, May 27, 2008 - 16:09
129. As ek dalk weer vannag deur Bulletjie 1 en sy sensuur raad vermoor word wil ek net vir oulaas se;

HOU BY DIE BLOU!!!!!!

Die mooiste ding in die wereld is vryheid van spraak.

BULLE KAMPIOENE!!!!
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 16:19
130. En weet enige een van julle van die berig in rapport wat ek oor gevra het, en waar op aarde dit aanlyn is want ek wil dit gaan lees!!!!!! Tantrum....
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 16:25
131. http://www.news24.com/Rapport/ Sport-Rapport/0,,752-796_2328644,00.html
Haal net die spasie uit dis die berig wat ek gesoek het en uiteindelik gevind het.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 16:40
132. Rugby: ‘Cheetahs huil nie’
Joe Venter

Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend














Bloemfontein

Die Vrystaatse Rugbyunie het ná oorlegpleging met hul regsverteenwoordigers besluit dat geen stappe gedoen gaan word om die uitslag van verlede naweek se Vodacombeker-eindstryd te betwis nie.

Die Blou Bulle het die Vodacombeker ná ’n omstrede beslissing van die televisie-skeidsregter ingepalm en daarmee prysgeld van R1 miljoen verdien.

Die Cheetahs het in die doodsnikke van die wedstryd ’n drie gedruk, maar dié drie is nie toegeken nie nadat die skeidsregter die televisie-beampte geraadpleeg het.

“Ons het besluit om die opstopper teen die kennebak te vat. Cowboys don’t cry,” het Harold Verster, voorsitter van die Vrystaat, gister aan Rapport gesê.

Hy sê die beste skeidsregters in die land het oor en oor na die video van die wedstryd gekyk en was eenstemmig dat die Vrystaters se drie geldig was. Jenny Bentel, die televisie-skeidsregter, het egter anders beslis.

“Nadat ons regskennis ingewin en al die opsies oorweeg het, het ons besluit om die saak daar te laat. Ons is nie bekommerd oor die beker nie, maar die geld kon baie nuttig aangewend gewees het om junior rugby in die provinsie te bevorder. Dit sou die jong spelers ook baie gehelp het,” het Verster gesê.

“Om nou in hofsake betrokke te wees, is ook nie in die gees van die spel nie.”

Hy het egter laat blyk dat die Vrystaat die borge sal nader om te hoor of hulle, in die lig van die omstrede gebeure op Loftus Versfeld, nie ’n bydrae tot die Vrystaat se geldkas wil lewer nie.

“Die geld kan vir ons van onskatbare waarde wees, terwyl die Blou Bulle eintlik nie die geld nodig het nie.”

Bentel, wat die besluit geneem het, is uit verskeie oorde veroordeel weens haar “blaps”. Sy het nog nie erken dat sy ’n flater begaan het nie, maar die grootbaas van die skeidsregters, André Watson, het gesê dit was ’n fout.


Ag ek het hom sommer vir julle gepost.

Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 16:41
133. Klink vir my na juis niks anders as 'n klomp snikke nie.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 16:44
134. Sjoe,wat gaan hier aan?????Bulle wat mekaar aanvat!!!!!
Is dit omdat hier nie meer Chockers is nie????
Posted by Bergbok (Nou vir die Bokke) Tuesday, May 27, 2008 - 18:46
135. Jinne!!!!
Posted by Bergbok (Nou vir die Bokke) Tuesday, May 27, 2008 - 18:56
136. Bergbok, jammer dat jou span dit nie gemaak het nie. Hulle sou beter teen die tahs gevaar het. Pasop vir te veel uitroeptekens, hier word nou sterk sensuur toegepas.
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 19:04
137. LOL!!! (141) Led
Posted by Joe-ZA Tuesday, May 27, 2008 - 19:11
138. ek is bly led z is weg hy wou net persoonlik raak en dink hy het alles geweet.
n mens kan verskil oor goed en niemand kan saam stem nie maar n ens het jou perke
Posted by Blou Bul dame (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 19:21
139. Ja- nee blou bul dame stem saam. Hougaard het sy perke.
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 19:23
140. O flip julle twee, Led is Stairway to Heaven, Blou bul dame, hy het weer aangeteken met 'n ander naam.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 19:28
141. HAHAHAHA!!! Hierdie is beter as die TV!
Posted by Joe-ZA Tuesday, May 27, 2008 - 19:29
142. Bulldaisy, moenie dit nie vir almal vertel nie, anders is ek weer more sonder n identiteit.
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 19:31
143. He he ok ek sal nie weer nie, gaan gou ander gedoente op die tv bekyk, enjoy moet nou net nie dat dit weer hand uit ruk nie, OK.... LOL.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 19:34
144. ag wat gun om maar sy kaans want duidelik kry nie genoeg aandig by die werk nie .
Posted by Blou Bul dame (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 19:34
145. Dankie blou bul dame. Het jy nog Hougaard se poster teen jou kamermuur?
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 19:37
146. Hierdie is so snaaks! Blou Bul dame, ons, altans Led Z, trek maar net jou been.

Jy het vroeër aan my genoem dat jy nie Derick se ma kan wees nie, want jy is 4 jaar jonger as hy. Ek weet Derick het 'n jonger suster; is jy dalk sy suster? As jy nie is nie, vra ek nederig om verskoning en sal ek van nou af op geen manier jou in die Hougaard familie band betrek nie.
Posted by Joe-ZA Tuesday, May 27, 2008 - 19:39
147. Kom nou Led, speel mooi. 'n Mens vra nie 'n dame wat sy teen haar muur het nie.
Posted by Joe-ZA Tuesday, May 27, 2008 - 19:40
148. Is daar enige iemand op hierdie forum met nuus oor die Bakkies hofsaak?
Posted by Joe-ZA Tuesday, May 27, 2008 - 19:42
149. Ek vra ook nederig omverskoning omdat ek van Morne Steyn hou.
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 19:42
150. ja maar nie net n poster nie maar tot my bedegoed is van hom,jy is so snaaks het vir n nar geswat.ha ha ha
Posted by Blou Bul dame (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 19:43
151. ek kan n grappie vat .is nie n stuck up nie
Posted by Blou Bul dame (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 19:49
152. Bakkies wil eerder Bok as Bul wees Die Burger
STEPHEN NELL 23/05/2008 09:48:53 PM - (SA) KAAPSTAD. - Bakkies Botha se fokus is 100% op die Springbok-rugbyspan, maar dit lyk nie of hy afgesien het van sy plan om hom in die nabye toekoms by die Franse klub Toulon aan te sluit nie. "Op hierdie tydstip is ek by die Springbokke en het ek 'n goeie regspan wat agter my staan," het Botha gister by die Bokke se oefenkamp in Somerset-Wes gesê....
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 19:49
153. Ja,en die regspan is Victor Matfield!!!
Stairway,is dit nou minder!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Bergbok (Nou vir die Bokke) Tuesday, May 27, 2008 - 20:26
154. Ja,ek se maar nag!!!!Jinne julle Bulle gaan vroeg slaap????Of is dit vir die klein Bulletjies????
Posted by Bergbok (Nou vir die Bokke) Tuesday, May 27, 2008 - 20:36
155. Goeienaand almal,

Die artikel by 137 is seker 'n grap!

Het Harold Verster dan vergeet van die Curriebeker halfeind verlede jaar? Die twee lynregters van daardie dag is later in 'n verhoor skuldig bevind dat hulle die Bulle beroof het toe Derick Hougaard vroeg in die wedstryd 'n strafskop in die reënweer oorgeskop het, maar hulle dit as mis aangedui het. Die eindtelling van daardie wedstryd was 11-6. Teen die einde van die wedstryd het die Bulle verskeie strafskoppe gekry wat Hougaard maklik sou oorskop, maar hulle moes probeer om 'n drie te druk om te kon wen. Toe skop hulle al daardie strafskoppe lyn toe.

As daardie twee lynregters nie die gruwelike fout begaan het nie, sou die telling teen die einde 11-9 gewees het. Ten minste een van die Bulle se hele paar strafskoppe in die laaste 10 minute binne trefafstand sou beslis oor gewees het. Dit sou die eindtelling op ten minste 12-11 te staan gebring het en die Bulle sou derugedring het na die eindstryd.

Die skade wat daardie twee lynregtes op 3 Oktober 2007 aan Bloubulrugby aangerig het, is enorm. Die geskiedenis sal vir ewig wys dat die Cheeters die Curriebeker kampioene was, maar weens dié onreg moes hulle nooit eers in die eindsrtyd gewees het nie.

Waar kom Harold nou vandaan om te wil huil oor 'n sogenaamde twyfelagtige beslissing? Ons moes verlede jaar 'n bewese fout van onkapabele lynregters sluk, wat ons span onberekenbare skade berokken het -- baie meer as 'n skamele R1-miljoen. Dink net aan die kommersiële waarde wat dit vir die Bulle sou inhou om in een jaar die Super 14 en die Curriebekerkampioene te kom wees!

Terloops, die Cheeters se drie in daardie halfeind het gekom na 'n vorentoe aangee van ten minste 'n meter na Frederiks, wat byna 60 meter gehardloop het om daarna te druk. Selfs sommige van die Cheeters se mees getrouste ondersteuners het agterna erken dat die Bulle die beste span op die veld was. 'n Feit wat min mense van bewus is, was dat Heyneke Meyer in die laaste weke van die Curriebekerseisoen weer ingegeryp het en Pote uitgehelp het met die afrigting. En dit het op die veld gewys. Die Bulle het die Vrystaat oordonder in die reën, maar met die hulp van 'n vorentoe aangee en twee skeel lynregters het Harold se manne die beker gesteel!
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 20:43
156. Sooi Brandt

Dankie tog. Ek het gedink ek was blind verlede jaar met daardie aangee na Fredericks toe. Ek het dadelik soos 'n mal ding op die twee lynregters geskree, maar Middelburg is net te ver van Bloem af. Almal hier het daarna vir my gese ek is laf. Later het die Skeidsregtersvereniging ons reg bewys, nl. dat die twee ouens inderdaad blind was.

Die hele hoeha oor die "drie" in beseringstyd van die VC finaal is belaglik. Niemand kon sien of die drie gedruk is nie. Geregtigheid dikteer dat die drie dan nie toegeken behoort te word nie. Die Vrystaatspelers se reaksie self was ook insiggewend. Logika dikteer weereens dat enige speler wat WEET dat hy sopas vier minute in ekstra tyd in, die wendrie vir sy span gedruk het, sou mal gaan. Maar nie hy of enige van die ander Vrystaters het op en afgespring nie. As dit nie aanduidend is dat selfs hulle nie seker was dat die drie gedruk is nie, dan sal niks wees nie.

In elk geval wil ek my doodlag oor die "regstappe" wat hulle wou oorweeg. Daar is geen manier waarop enige hof in hierdie land gronde of enige bevoegdheid het om so uitslag te verander nie. Howe verkry hul bevoegdheid suiwer uit wetgewing. Ek sal graag wil weet in terme van watter wet enige hof so bevoegdheid sou he. Nee, ek dink eerder daar was uiteindelik 'n eerlike regsverteenwoordiger wat nie wou naam of geld maak nie, wat vir die Cheeters gese het hulle gaan net hulle naam verder krater maak.
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Tuesday, May 27, 2008 - 21:22
157. VS straks van R1 miljoen beroof
May 21 2008 12:17:28:910AM - (SA)
Pieter Jordaan






Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend











Indien die televisieskeidsregter in Vrydagaand se Vodacom-eindstryd op Loftus Versfeld die vraag wat die skeidsregter aan haar gestel het, reg beantwoord het, was die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs die bekerkampioen.

André Watson, Suid-Afrikaanse skeidsregterbaas, erken dat die regte protokol nie gevolg is nie deur sowel die skeidsregter, Francois Veldsman, as die televisieskeidsregter, Jenny Bentel, toe ’n beslissing met die laaste beweging van die eindstryd tussen die Blou Bulle en Vrystaat gemaak is.

Die Vrystaatse slot Flip van der Merwe het in beseringstyd oor die lyn gebars en hoewel dit aanvanklik soos ’n drie gelyk het, het Veldsman besluit om sekerheid daaroor by Bentel te kry.

Nadat Veldsman gevra het of daar enige rede is waarom hy nie die drie mag toeken nie, het Bentel gesê sy kan nie op grond van die bewyse bevestig of ’n drie gedruk was nie.

“Dit lyk of dit óf in die lug gehou is, óf verloor is, ek kan nie sê nie – maar ek kan nie ’n drie toeken nie.”

Veldsman het haar toe gevra wat “sy vir hom probeer sê” of wat haar “advies” is, waarop sy geantwoord het: “Die bal was nie gedruk nie, so dit is in die lug gehou.”

Die drie is gevolglik nie toegeken nie en Veldsman het die eindfluitjie geblaas om aan die Bulle ’n 25-21-sege, asook die prysgeld van R1 miljoen, te verseker.

Volgens Watson is Veldsman se vraag – of daar enige rede is waarom die drie nie toegeken mag word nie – juis so verwoord aangesien “skeidsregters dan 70% of 80% seker is dat dit wel ’n drie was”.

“Sy moes dan net geantwoord het of die bal in die lug gehou was, of kort van die lyn gedruk is of aangeslaan is of so iets. Ons stem nie saam (met die beslissing) nie, want daar is niks wat onteenseglik bewys dat dit nie gedruk is nie. As die vraag behoorlik beantwoord was, bepaal die protokol dat ’n drie toegeken moes word,” het Watson gesê.

Watson sê wel dat dit volgens die beeldmateriaal nie duidelik was of dit ’n drie was nie.

“Net Vrystaatse ondersteuners sê dit was duidelik ’n drie en Blou Bulle sê dit was nie. Dit was nie blatant daai kant toe of dié kant toe nie.

“Dit is die hartseer en lekker van televisieskeidsregterbeslissings. Van hulle word gegee en van hulle nie, want ’n mens kan nie altyd alles sien nie,” het hy gesê.

“Indien die protokol korrek toegepas was, sou die drie toegeken gewees het.”

Watson meen Veldsman dra ook skuld vir die beslissing.

“Toe sy gesê het sy kan nie sê nie, moes hy gesê het dat sy net sy vraag moes antwoord.

“Maar sy (Bentel) hét ondervinding en was al televisieskeidsregter in ’n Varsitybeker-halfeindstryd en verskeie wedstryde in dié kompetisie, die Vodacombeker én die Curriebeker,” het Watson gesê.



Sooibrandt : die berig is Volksblad geplaas, ongelukkig is die berig by 137 nie 'n grap nie, dis die heilige waarheid, kom kyk nou mooi na hierdie berig, hoe kan enige mens in jou hele lewe so verwaand wees, Andre Watson sê hier dat die TMO net moes gesê dat die bal in die lug gehou is, maar gaan jy nou terug oor wat sy wel gesê wat kom jy agter het sy gesê : ''Die bal was nie gedruk nie, so dit is in die lug gehou."
Nou wonder ek wat het sy dan gesê.
Hoe kan daardie man so laag daal om teen haar beslissing te draai, hy sou nie teen een van sy manlike kollegas nie, sou hy? Maar steeds erken hy dat volgens die beeldmateriaal dit nie duidelik was of 'n drie wel gedruk was nie, nou hoe nou?
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 21:42
158. Ditsem Judge vertel hulle.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, May 27, 2008 - 21:49
159. Deon van Blommenstein and Louis Mzomba have effectively been banned until 1 April.

According to Rapport newspaper, the two received a year-long ban that begins on 1 January, with nine months suspended, after poor performances in the Currie Cup.

Their biggest blunder came in the semi-final between the Cheetahs and Blue Bulls in Bloemfontein when they were touch judges. A Derick Hougaard penalty was ruled to have gone under the crossbar, but TV replays showed the three points should have been awarded. The Cheetahs went on to win 11-6 and set up a home final against the Lions.

Had the Bulls won the game, the final would have been at Ellis Park, so the touch judges’ mistake may have cost the Lions Rugby Union R4-million.

Lions CEO Manie Reyneke admitted the union could do nothing about it now. “But you don’t expect things like this to happen in a professional game,” he told Rapport. “Mistakes like this can cost people their careers.”

Blue Bulls coach Pote Human agreed with Reyneke. “My career is in jeopardy because of their mistake,” he said. The Bulls, who had a dozen players on World Cup duty, failed to reach the final for the first time since 2001.
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 22:05
160. failed to reach the final for the first time since 2001.

Dit is n pragtige rekord. Hierdie jaar moet ons opmaak en weer die beker wen.
Posted by Stairway To Heaven Tuesday, May 27, 2008 - 22:08
161. Ek dink dat die omstredenheid aangaande daardie drie, direk te wyte is aan die skeidsregters se sogenaamde protokol met betrekking tot die TMO. Streng gesproke in terme van die protokol, moes die drie inderdaad toegestaan gewees het. Dit sou egter absurd gewees het, aangesien alles inaggenome dit verseker nie 'n drie was nie. Watson en kie, sal dringend hieroor moet besin.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Tuesday, May 27, 2008 - 23:59
162. GOEIE MORE EDELE BLOU VOLK!!!!

Jis AK! Hoekom soek jy daai P*&p;*l?? Hy en rugraatgas kruip nou nog weg daar in n seil pondokkie op Strandfontein......te skaam om op n blog te verskyn?
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 07:04
163. More aan almal. Bang om "goeie" more te se. Dis die 28ste en sover ek weet is Bakkies se saak in die hof vandag. Mag geregtigheid seevier. As die BBRU nie droog gemaak het met die kontrak nie, kan ek nie dink op grond van wat kan dit positief vir Bakkies wees nie. Ongelukkig ken ons nie al die feite nie. Die beste vir almal sal wees indien Bakkies besluit om die versoek te kanselleer - die kans blyk egter zero te wees.

Ek sien gisteraand op keo.co.za bespiegel Simon Borchardt watter spelers is gay !!! Wat makkeer die knaap ? As ek dit reg het, skryf hy vir die Cheaters en dit spreek boekdele..........as jy misluk op die veld, skuif die fokus weg van die werklike probleme. Nogal teleurgesteld, dit het gelyk of daar werklik net rugby gepraat word op keo.
Posted by James Bond (Centurion) Wednesday, May 28, 2008 - 08:00
164. JB, jy mag dalk verbaas wees van Springbokke wat kan gay wees? Ek weet van een en ek het dit uit n BAIE goeie bron gekry. Hy speel egter nie meer nie maar wat ek kan se is dat hy deel was van die groep spelers wat die 1995 wereldbeker gewen het. So, al "lieg" hierdie keo website dem baie is hierdie een nie nul nie..........
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 08:26
165. More Baron, ja, ek spot maar altyd as iemand my vra of ek dink die of daai is gay, dan antw ek maar dat hy my nog nie gesoen het nie , dus weet ek nie. My repetasie as 007 bevestig my voorkeur vir die skoner geslag ! Ek gaan egter nie minder van enige speler se spel dink indien hy wel gay is nie.

Skindertonge het vertel dat minstens drie lede van die 1995 gay is. Ek sal dit nie waag om die name te noem nie. Eerstens gaan dit my nie aan nie, en tweedens het ek nie geld vir lastereise nie.

Hulle persoonlike lewens is hul eie en ons sal eendag elkeen verantwoording moet doen vir ons dade. Dit is wel goed om te sien dat van die spelers erkenning gee aan hul Skepper. Mense is vinnig om bv. Bakkies te kritiseer oor sy manier van dinge doen. Jaco vd Westhuyzen is deur mense geoordeel oor sy T-hemp in die S14 finaal. Het dieselfde mense nou vir JP Joubert geoordeel oor sy T-hemp in die VC finaal ?
Posted by James Bond (Centurion) Wednesday, May 28, 2008 - 09:16
166. Kollega 007,

Het ek iets in die Kaap gemis? Wat is die storie oor JP Joubert se t-hemp?

Kan iemand met die toepaslike kennis vir ons asb gister se artikel van Stephen Nell (Die Burger) oor die grote afrigter A Coetzee op die website plaas, dis baie snaakser as enige Shapiro of Barry Hilton skets. Terwyul Bill Gates daarmee besig is, in die briewekolom was daar 'n brief van die voormalige stommes bestuurder oor kleinman/grootseun watson wat ook 'n glimlag werd is. Help asb jul whizz-kids!

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Wednesday, May 28, 2008 - 09:33
167. More aan my ligblou familie, aan 007, more,
Ek stem volkome saam met jou stelling, ons moet net versigtig wees dat ons rugby uitsonder en van die ander sportsoorte vergeet, ek praat van manshokkie, jy sal verbaas wees wat daar aangaan, ek oordeel niemand nie glo my, dis net dat ek meer hou van die evasgeslag met al hulle geite en al, haha, nou loop ek op dun eish..........
Posted by alfa (pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 09:44
168. Ek dink aan die vraag wat vroeer oor Led Zeppelin se skielike verdwyning,was die naweek op die sharks se blog gewees,hy was lekker besig gewees daar, baie erger as op ons blog,net hy sal weet watse k#k hy aangejaag het, by the way ek het die sharks bloggers nog nooit so pateties negatief gesien nie,ek wonder hoekom?
Posted by alfa (pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 09:59
169. Asskicker,

More,hoe kom ek in op Superbru,help gou asb!!!!
Posted by alfa (pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 10:05
170. Die waarheid oor AJ se besering 27 Mei 2008 7:07nm

AJ Venter was wél beseer en kon nie vir die Sharks speel in Saterdag se halfeindstryd teen die Waratahs in Sydney nie.

Ek het Dinsdag ’n bietjie met dié veteraan van Suid-Afrikaanse Rugby gepraat. Ky hom Woensdag saam met sy vrou in die Kaap aan om vir hom blyplek te soek en met Rassie Erasmus en Allister Coetzee te vergader.

Daar was allerlei gerugte oor waarom AJ nie gespeel het in die nederlaag van 13-28 teen die Waratahs nie, maar julle kan maar die amptelike lyn glo. Hy kon nie.

Die Burger bring vir julle AJ se eerste onderhoud sedert sy besluit om Kaap toe te trek vir wat sy laaste jaar in rugby behoort te wees. Sy kontrak verstryk ná volgende jaar se Super14-reeks.

AJ het my ook later terug gebel en my vertel van sy nuwe besigheid – ’n webwerf www.myfamousnames.com

Die idee is basies dat dit ons ‘celebrities’ kans gee om in hul eie woorde met hul ondersteuners te praat.

AJ gaan sy ondersteuners per MMS en SMS inlig oor wat aangaan, maar ek scoop hom in Die Burger met sy eie storie. Hy voel dis belangrik vir die waarheid om uit te kom, want wil nie hê sy ondersteuners moet hom daarvan verdink dat hy nie bereid was om sy alles vir die Sharks te gee nie.

Terselfdertyd het die Sharks ook nie vir AJ ‘gestraf’ oor sy besluit om Kaap toe te verhuis nie.

Hou dus maar www.dieburger.com dop, of koop Woensdag die koerant.


Kommentaar (4)
-
Allister verdien sy kans by WP 26 Mei 2008 11:38nm


ALLISTER COETZEE se aanstelling as afrigter van die Westelike Provinsie se Curriebeker-span het my met die soort warm gevoel gelaat wat ek té selde in my omgang met Suid-Afrikaanse rugby ervaar.
Ek onthou Coetzee goed as speler en hy is destyds af en toe ’n geleentheid gegun om te wys wat hy kon doen in die Oostelike Provinsie se span ná eenwording in die vroeë 1990’s.
Coetzee was ’n baie goeie skrumskakel en is by die OP dikwels oor die hoof gesien vir spelers wat nie op sy standaard was nie.
Daar was ’n tydstip toe ek ook gevrees het dit kan die storie van sy afrigtingsloopbaan word.
Die vorige Springbok-afrigter, Jake White, is wyd en syd geprys vir sy besluit om die voormalige Wallaby-breier Eddie Jones by sy bestuurspan te voeg voor verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi.
Terwyl ek glo Jones het goeie insette gelewer, is dit myns insiens oorbeklemtoon. Die indruk is byna geskep dat White se assistente nie geweet het wat hulle doen nie, totdat die ghoeroe Jones gekom het.
Jones beskik oor goeie rugbykennis, maar ’n besonderse groot mond.
Die media geniet hom omdat een van sy nuuskonferensies gemiddeld vyf stories oplewer.
Coetzee en White se ander assistent van 2004 tot die einde van 2007, Gert Smal, was soms ten koste van hulself beskeie.
Die feit is dat goeie hulpafrigters nie aan bome groei nie. ’n Hoofafrigter moet die mense met wie hy werk, kan vertrou en weet dat hulle hom in slegte tye nie op opportunistiese wyse in die rug sal steek nie.
Smal en Coetzee kon dit seker in White se donker dae van 2006 gedoen het, maar was nooit enigiets anders as lojaal nie.
Selfs toe Jones hom by die Bokke aangesluit het ná Rassie Erasmus se besluit om die pos as senior professionele afrigter by die WP te aanvaar, eerder om as tegniese raadgewer met die Bokke te werk, is geen ego gekrenk nie.
Daar is egter dikwels blaam voor Coetzee en Smal se deur gelê wanneer dinge in hul afdelings nie volgens plan verloop het nie. En toe die agterlyn voor en tydens die WB-toernooi ’n paar goeie bewegings aanmekaar gesit het, het Jones meer krediet as enigiemand anders gekry.
Die feit is dat Suid-Afrika met of sonder Jones die WB-toernooi sou gewen het. Hy was seker die beste span daar, maar het nooit met Nieu-Seeland, Australië of Frankryk kragte gemeet nie.
Vir die tydperk van daardie toernooi kon jy vir Grapjas Didi as die Bokke se tegniese raadgewer aangestel het, en hulle sou waarskynlik steeds die toernooi gewen het.
As media het ons waarskynlik ’n fout gemaak om Jones se rol ten koste van Coetzee en Smal s’n te beklemtoon. Hulle het immers van 2004 af ’n belangrike rol gespeel in die milieu wat geskep is.
Terwyl daar ruimte vir verbetering is, het die Stormers se agterlyn by tye indrukwekkend gelyk in vanjaar se Super14.
Het enigiemand gedink dit kan dalk deels aan Coetzee te danke wees?
Voorts hou ek van die manier waarop die WP hom aangestel het. Hy is as sy nuwe Curriebeker-afrigter – nie dié provinsie se “swart Curriebeker-afrigter” bekendgestel nie.
Dis seker die grootste kompliment wat daar kan wees, want dit wys rugby was die enigste maatstaf toe daar oor sy posisie besin is.
Kom ons betoon hom die respek en ondersteuning wat hy verdien.


Hoop dit is die stukke waarna WeskaapBul veryws @174
Posted by BloubulindieBoland (Ashton) Wednesday, May 28, 2008 - 10:14
171. More WKBul en Alfa

Ja, as klipgooi 'n sport was het ons almal vir die Proteas / Bokke gegooi.

Alfa, ek weet vir 'n feit dat atlete byna almal ooraktief is in die kooi. Seker daai mooi nuwerwetse SPYKERskoene van hulle !!!!! Met wie en watter geslag weet ek nie en is ook nie my saak nie. Die girls wat strand volleybal speel, word verplig om in daai eina broekies te speel - dit lok verseker toeskouers na die sport. Wie dink nie Anna Kournikova is pragtig nie? Almal weet van die lessie (naam vergeet) en dat sy een van die bestes was in tennis? As Victor more se hy is gay, hy bly die beste lynstaanslot in die wereld. Ek moet erken ek is self ..........lesbies - vreeslik aangetrokke teenoor vrouens (die wat nie hulle mans slaan nie)

Ek wonder hoeveel mense het gesien dat JP Joubert ook 'n wit T-hemp gedra het na die VC finaal. Kan nie onthou wat presies op die hemp was nie. Jaco s'n was " Jesus is Koning"

Geniet julle dag. Moet nou gaan gholf speel, gelukkig skyn die son vandag in die nuwe verbeterde moderne vuil Tshwane.
Posted by James Bond (Centurion) Wednesday, May 28, 2008 - 10:16
172. More BULLE..................

AK approve ASB.....................sien Ice babe is ok daar
Posted by posts 2 (BULLAND) Wednesday, May 28, 2008 - 10:16
173. Was alister en small die betrokke by die 49-0 debakel in Aus nie ? Vra maar net?
Posted by BloubulindieBoland (Ashton) Wednesday, May 28, 2008 - 10:18
174. alfa


http://www.superbru.com/
Posted by posts 2 (BULLAND) Wednesday, May 28, 2008 - 10:19
175. wanneer vanag kondig hy sy bok 30 tal aan
waarom is starway to heaven so stil
Posted by Blou Bul dame (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 10:20
176. Okay.............my pcks is in........................GO stormers
Posted by posts 2 (BULLAND) Wednesday, May 28, 2008 - 10:27
177. 184. Ek dink PdV se ratte werk nou oortyd. Hy werk seker sy verhoudings uit. Jy weet hoeveel Stormers teenoor Sharks
Posted by Kalahari Expert (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 10:32
178. 184. Blou bul dame jy doen navraag na Stairway to Heaven. Miskien is hy besig met'n nuwe skuilnaam. Moet se jy lyk na iemand wat jou rugby ernstig opneem en ken
Posted by Kalahari Expert (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 10:39
179. Heng maar die Blou volk is stil vandag. Net om aan te sluit tot PdV se Bok 30. Ek lees nou net dat die Vrystaters maar sukkel met die kaartjie verkope. PdV miskien moet jy vir die Bfn toets meer Cheetahs kies. Jy weet Horses for Courses.
Posted by Kalahari Expert (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 10:47
180. hello?
Posted by Rissiepit (Gonubie) Wednesday, May 28, 2008 - 11:21
181. Hallo Rissie
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Wednesday, May 28, 2008 - 11:51
182. Testing 1..2..3...
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Wednesday, May 28, 2008 - 12:28
183. BLOUBROERS

Ek was lanklaas op die blog maar ai ek het nou lekker gelag.

Jis dit was nou regtig hondsnaaks!!!

Ou Harold Verster is die grapmaker van die jaar. Wat daarvan as die Springbokke die 3de toets in 1981 in NZ ook sommer ongeldig verklaar omdat die partydige ref 10 min beseringstyd toegelaat het!!!!

Is die groep van 30 al bekend?? Ek sal graag wil weet watter Bulle is daar en wie gaan die jaar CC Medaljes kry. Want die CC kom huistoe. Die CC kom Pta toe!!

Blou my bloed
my hart en siel
Blou die vlag
wat ek vlieg

Blou my span
my hart se punt
Blou my bloed
eks 'n BLOUBUL kind!!
Posted by bloubefoeterd (pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 12:34
184. Hier is die Springbok groep van 30



The squad assembles in Bloemfontein on Sunday 1 June.

Backs

Gcobani Bobo, Tonderai Chavhanga, Bolla Conradie, Jean de Villiers, Peter Grant, Bryan Habana, Adrian Jacobs, Butch James, Conrad Jantjes, Ricky Januarie, Percy Montgomery, Odwa Ndungane, Ruan Pienaar and Francois Steyn.

Forwards

Andries Bekker, Bakkies Botha, BJ Botha, Bismarck du Plessis, Ryan Kankowski, Victor Matfield, Tendai Mtawarira, Brian Mujati, Danie Rossouw, John Smit (c), Juan Smith, Pierre Spies, Gurthrö Steenkamp, CJ van der Linde, Joe van Niekerk and Luke Watson.

Injuries

Of the original training squad, the following players were not considered because of injury:

Heini Adams, Meyer Bosman, Schalk Burger, Fourie du Preez, Jaque Fourie, Zane Kirchner, Wikus van Heerden and Duanne Vermeulen.
Posted by Joe-ZA Wednesday, May 28, 2008 - 12:57
185. Dankie vir die 30 Joe!
Posted by Rissiepit (Gonubie) Wednesday, May 28, 2008 - 13:10
186. Joe-ZA

Dankie vir daai. Ons verloor 4 huidige vories wat effel lastig is, veral op slot maar wat die loosies aanbetref kam daai Namibiërtjie Jacques Burger mos by. Kan ons nie iewers nog 'n slot kry nie?? Dit bekommer my baie want ons lynstane gaan maare lol en die stutte gaan maar sukkel sonder goeie springers en stewige manne in die skrum.

Of het FL 'n haas uit die hoed gepluk?
Posted by bloubefoeterd (pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 13:15
187. Waar is Akona ?

Posted by alf (calvinia) Wednesday, May 28, 2008 - 13:15
188. En nou sê ek niks meer nie, Odwa in plaas van Akona? Slaan my dood met 'n besemstok. En Overated Frot Steyn, sWatson, Outoppies James en sPercy. Posisielose R Pienaar. Ek hou my bek.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 13:18
189. Ja, Bolla en Joe van Nêrens hoort nie eers daar nie. Vermaak en Cobus Grobbelaar is baie beter

Verder waar is Heinke ? Sy kleur nie reg nie ?
Posted by alf (calvinia) Wednesday, May 28, 2008 - 13:24
190. Middag julle almal. Sien julle het die 30 "bestes" klaar gepost.

Wonder wat Akona verkeerd gedoen het?Bolla!!!Hemele bewaar ons...Het julle in die Burger die Stephen Nell se blog gelees oor Twatson?

Sal maar wag en sien, hier kom vir jou 'n ding...
Posted by Blou-is-Baas (Bulls is Baas!!!) Wednesday, May 28, 2008 - 13:35
191. Beteken dit dat Akona cc kan speel of gaan hy emerging bokke toe?
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Wednesday, May 28, 2008 - 13:39
192. Little Blue Bull, weet nie, maar is die emerging bokke nie veronderstel om up and comming ouens te wees nie?
Posted by Blou-is-Baas (Bulls is Baas!!!) Wednesday, May 28, 2008 - 13:43
193. BLOUBROERS

Met net Wilhelm Steenkamp oor wat gaan ons maak op slot vir die CC?

Of weet julle iets wat ek nie weet nie. Moenie vir my dinge wegsteek nie my senuwees is te swak daarvoor!!
Posted by bloubefoeterd (pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 13:49
194. Sou so dink, maar hierdie klomp narre doen mos soms hulle eie ding!
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Wednesday, May 28, 2008 - 13:51
195. Hallo Bloues

Net gou my 10c gee hier; Ons verloor die toetse , maar , Ons Wen die CC .
YIPE!
Posted by boksburg blou bul (Boksburg) Wednesday, May 28, 2008 - 13:53
196. bloubefoeterd, wat van P3 op slot?Ek ken nie die VC manne nie, so ek weet nie wie daar skuil nie...
Posted by Blou-is-Baas (Bulls is Baas!!!) Wednesday, May 28, 2008 - 13:54
197. Ek het julle gese PdV was net besig om die Sharks Stormer verhouding reg te kry. Daar is 10 Stormers, 8 Sharks, 5 Bulle (net 1 agterspeler), 4 Buitelanders( Victor op hierdie stadium ingesluit), 2 Cheetahs en 1 Leeu. Kom ons hou sy 22 dop.
Posted by Kalahari Expert (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 14:01
198. ja ek die bok span gesien.waar is akona en selfs jp pieterson hulle was immers wereldbeker spelers.wat soek percy da hy is al te oud vir rugby.butch kan nie pale toe skop nie wie gaan dit wees
Posted by Blou Bul dame (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 14:04
199. Boksburg - ek kan met daai prediction saamlewe - CC kom huistoe!!!
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Wednesday, May 28, 2008 - 14:08
200. BiB

Nie 'n slegte roep nie want hy is effe stadig vir 'n loosie deesdae. Maar ons moet iets in resewe hê.

Die VC manne is wel nog daar maar is hulle al mans genoeg vir Fondse, Duncan, Skeate, Pieterse en kie???
Posted by bloubefoeterd (pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 14:12
201. victor gaan nie nou speel nie dit gaan andries bekker wees want victor is nog nie daar nie
Posted by Blou Bul dame (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 14:21
202. 208.Ja Blou Bul Dame as hy vir Butch speel sal hy gedwing wees om met Percy te volhard. 211. Jy sal seker na aan die kol wees, maar vir dieselfde rede as ek hierbo noem dink ek hy sal moet gaan vir Percy. Doen hy dit nie het hy nie 'n betroubare stelskopper nie. Hy sal veel eerder na Mujati as beide Guthro en Tendai kyk, want onthou beide Guthro en Tendai is losskoppe. Hoop hy verstaan dit
Posted by Kalahari Expert (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 14:26
203. 212. Ek dink Victor het nou aangesluit, of hy hom as fiks genoeg sal beskou weet ons nie.
Posted by Kalahari Expert (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 14:28
204. Laat die klomp maar voortsukkel. Kies die hele WP en Haaie span, en los die Bulle uit om die saam met die VC hierdie jaar die CB ook te wen, asook volgende jaar se S14 ... en oor 3 jaar weer die wêreldbeker ;-)
Posted by alf (calvinia) Wednesday, May 28, 2008 - 14:29
205. ja wel daar is een goeie ding akona kan nou vir ons speel en nie danwel nie wynand zane en al daai sal daar wees.so as die bokke verloor kan ons darem goeie cc kyk

peter gaan dit nie maak nie
Posted by Blou Bul dame (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 14:45
206. Middag BLOU VRINNE

Ek is baie bekommerd oor die BUlle vaste 5, ek het regtig gehoop PdV los vir Danie R uit.

(212) BBD Victor sou gisteraand geland het.
Posted by goeters (Nou vir die Currie Beker!!) Wednesday, May 28, 2008 - 14:53
207. 217. Ek weet nie of BBD Peter Grant of Peter de Villiers bedoel nie. Ek dink daar hang 'n vraagteken oor beide
Posted by Kalahari Expert (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 14:54
208. Die Leeus gaan nie maklik van hul rugbyspelers vrystel nie as hulle vir die Opkomende Springbok-span gekies word om aanstaande maand aan die Internasionale Rugbyraad (IRR) se Nasiesbeker-toernooi deel te neem nie.

Dié toernooi vind van 11 tot 20 Junie in Boekarest, Roemenië, plaas

As daar Leeus in die span is, kan hulle deur die Goue Leeus-Rugbyunie (GLRU) onttrek word. Die Leeus wil die Curriebeker-reeks, wat op 20 Junie begin, met hul beste en sterkste span aandurf wanneer hulle die volgende dag op Ellispark teen die Blou Bulle speel.

Verlede jaar se toernooi in Roemenië het ook met die Curriebeker-reeks gebots. Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) het egter toe gesê dit was net ’n eenmalige toernooi. Dit het die boodskap aan die Suid-Afrikaanse unies uitgestuur dat dié toernooi nie in 2008 met die reeks om die Goue Beker sal bots nie.


Ek dink die Bulle moet ook die sirkus boikot. Erens moet iemand nou besef die CC is ons belangrikste kompetisie!!
Posted by goeters (Nou vir die Currie Beker!!) Wednesday, May 28, 2008 - 14:57
209. 220. Ek stem saam. Ek reken aan die einde van die dag beteken ons CC net soveel meer. Dit kan natuurlik wees dat PdV spelers soos Dollie(shame) aan die wereld wil bekend stel. Dink Dollie staan in elk geval 'n beter kans om daar te speel as om die WP se CC span te haal. Onthou de Waal is op pad
Posted by Kalahari Expert (Pretoria) Wednesday, May 28, 2008 - 15:01
210. Intussen het SA Rugby aangekondig dat sy bestuurder van nasionale spanne, Andy Marinos, en Anne-Lee Murray by die Bok-bestuurspan gevoeg is.

Murray sal permanent na administratiewe sake omsien en Marinos word op kort termyn na die bestuur gesekondeer is.

Posted by goeters (Nou vir die Currie Beker!!) Wednesday, May 28, 2008 - 15:03
211. Dit lyk vir my SARU weet hoe lief ons mense nog vir goeie CB rugby is, en daarom doen hul alles in hul vermoë om dit af te water. Dit is jammer.

Die ironie van alles, is dat as ons 'n seisoen kan kry waarin 'n volwaardige S14 gespeel word, en DAARNA 'n volwaardige Curriebeker op volsterkte, dan gaan ons baie meer geld maak, want as al die Bokke in die provinsies speel, gaan jy vol stadions kry weer vir CB rugby. Maak die S14 korter, opgevolg deur 'n paar toetse, en daarna 'n volwaardige krag-teen-krag CB.

Dit sal vir almal tot voordeel wees ... ook vir Absa ;-)
Posted by alf (calvinia) Wednesday, May 28, 2008 - 15:29
212. (211) Bulle Bo
Ek dink Bobo gaan beslis nr 13 wees en Percy gaan 15 wees.
PdV kan nie vir Butch speel sonder `n skopper nie.
Die res stem ek saam met jou.
Posted by goeters (Nou vir die Currie Beker!!) Wednesday, May 28, 2008 - 15:30
213. Stem 100% saam met jou Alf.

Dit lyk in elk geval op die stadium of die 1ste toets nie veel aftrek kry nie. Ek sien in vandag se koerant die VS sukkel om die kaartjies verkoop te kry.
Posted by goeters (Nou vir die Currie Beker!!) Wednesday, May 28, 2008 - 15:36
214. Testing 1 2 3.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Thursday, May 29, 2008 - 19:44
215. Nou wat nou? Bulletjie 1 as opsiener oor die blog moet jy verantwoordelikheid vat vir die gemors. Niemand weet waar om te post nie. Val op jou swaard.
Posted by Stairway To Heaven Thursday, May 29, 2008 - 22:06
216. More more almal!

Baie geluk met jou Bday AK! Ek hoop Sharklady bederf jou sommer verskriklik baie en dat julle 'n wonderlike jaar het om na uit te sien.

Lekker party vanaand.
Posted by Rissiepit (Gonubie) Friday, May 30, 2008 - 06:55
217. Bly om dit te hoor! Drink een op ons ook asseblief.
Posted by Rissiepit (Gonubie) Friday, May 30, 2008 - 07:02
218. VEELS GELUK MET JOU VERJAARSDAG AK!

Mog jy in hierdie jaar R50 Miljard se verkope doen! Mog jy trou en n eersteling bykry! Mog die engel van Jack Daniels n kas per maand aflewer! EN sommer die CB om dit uit te drink! Mag onse Here jou seen in alles wat jy aanpak!!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Friday, May 30, 2008 - 07:13
219. GOEIE MORE EDELE AVBBOBS!!

EN HAPPY BIRTHDAY, MY VROU!!! Wat op dieselfde dag as AK verjaar......
Mens, Geminaais net waar jy kyk..............
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Friday, May 30, 2008 - 07:15
220. Happy B-day Aunty LB!

AK - ek wou jou nie 'n alkolis maak of die oorsaak wees vir lewer probleme nie maar as jy game is then go ahead en drink sommer 'n hele paar vir ons part.
Posted by Rissiepit (Gonubie) Friday, May 30, 2008 - 07:34
221. More BLOU VRINNE!!!

Geluk AK, mag jy `n wonderlike jaar beleef. Jy mag maar vandag by die huis bly!
Posted by goeters (Nou vir die Currie Beker!!) Friday, May 30, 2008 - 07:49
222. Ligblou wense aan Mevrou Ligblou. Mag daar nog vele wees. Bederf haar bietjie LB. `n Vrou is mal oor diamante!!
Posted by goeters (Nou vir die Currie Beker!!) Friday, May 30, 2008 - 07:51
223. Geluk AK en Oom LBB se vrou met julle B-days, geniet die 2de laaste dag van die maand.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Friday, May 30, 2008 - 07:58
224. Baie geluk aan al die bulletjies wat vandag verjaar. Hoop daar is nog vele meer...
Posted by lieflingaanhanger_pe ((nou hougaard aanhanger)) Friday, May 30, 2008 - 08:08
225. Hartlik geluk met die verjaarsdag AK. Mag die jaar vorentoe net mooi dinge inhou. Geluk ook aan ander wat vandag of oor die naweek verjaar.

Geen nuus is glo goeie nuus. Sien of hoor niks van Bakkies of John Smit nie. Weet julle dalk van iets? Weet net Bakkies is weg by die kamp om aandag te gee aan huishoudelike sake. Danie Rossouw het in sy plek geoefen. Nou begin PdV klaar met sy strooi. Victor glo nie in die beginspan nie, Bekker wel........................hierdie Capie laat hom aan sy neus rondlei deur die hulpafrigters wat plek maak vir hul maatjies. Sharks agter, Stormers voor.
Posted by James Bond (Centurion) Friday, May 30, 2008 - 08:49
226. More more almal...... baie geluk AK, hoop dis 'n wonderlike jaar wat vir jou voorle....

JB ek dink miskien gaan hy dat VM en kie die tweede game speel, net om Wallis goed in die grond in te speel.......hoop maar dit is die geval
Posted by EEE (nou vir die cc.....) Friday, May 30, 2008 - 08:54
227. (247) Slegte nuus.
Ek het kaartjies en gaan die toets in Bloemfontein kyk. Ek het regtig gehoop PdV kies `n ordentlike span vir die eerste toets.
Posted by goeters (Nou vir die Currie Beker!!) Friday, May 30, 2008 - 09:03
228. EEE, miskien is ek bloeddorstig, maar speel hulle van die begin af in die grond in en as die slag klaar gelewer is, gee Bekker blootstelling.
Posted by James Bond (Centurion) Friday, May 30, 2008 - 09:04
229. Goeie more aan al die manne en dames. My rugbykennis is maar gebrekkig, maar ek is 'n volbloed Bloubul!!!! Mag ek asseblief saamgesels?
Posted by BlouPastoor (Daar is net een weg.....die BLOU WEG!!!!!!) Friday, May 30, 2008 - 09:11
230. Dag BP.

Welkom hier by ons.
Jy mag enige tyd saamgesels. As jy rugbykennis soek, is jy op die regte plek. Hier is `n parr manne en dames wat hulle rugby ken, en die res van ons is ook maar hier oor ons liefde vir die BUL!
Posted by goeters (Nou vir die Currie Beker!!) Friday, May 30, 2008 - 09:13
231. Natuurlik Blou Pastoor......dis net beitjie stil hier vandag....
Posted by EEE (nou vir die cc.....) Friday, May 30, 2008 - 09:14
232. Pastoor , welkom hier by die Bulle.
AK, ietsie vir jou sestiende verjaarsdag:

A professor was giving a lecture on the supernatural.
To get a feel for his audience, he asks "How many
people here believe in ghosts?"

About 90 students raise their hands.

Well, that's a good start. Out of those of you who
believe in ghosts, do any of you think you've seen a
ghost?"
About 40 students raise their hands.

"That's really good. I'm really glad you take this
seriously. Has anyone here ever talked to a ghost?"
About 15 students raise their hands.

"Has anyone here ever touched a ghost?"
3 students raise their hands.

"That's fantastic. Now let me ask you one question
further... Have any of you ever made love to a ghost?"
Way in the back, Sipho raises his hand.

The professor takes off his glasses, and says, "Son,
all the years I've been giving this lecture; no one has
ever claimed to have made love to a ghost. You've got
to come up here and tell us about your experience."
Sipho nods and a grins, and makes his way up to the
podium. When he reaches the front of the room, the
professor asks, "So, Sipho, tell us what it's like to
have s*x with a ghost?"


Sipho replied, "Eish! From the back I am thinking you
say, " Goats!"
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, May 30, 2008 - 09:15
233. More more al die bloues

was in die kaap vir werk die week.

Baie geluk aan AK. Hoop daar sal propvol romanse wees.

Ek siehier word heelwat gesels oor haroldt Verster van die Cheetahs se uitlatings oor die vodacombekerfinaal. Almal wat haroldt langs die veld van die aan finaal dopgehou het sou sien hy was dik die dinges in. Hy weet dis die laaste kans wat die Cheaters gehad het om hierdie jaar 'n beker te wen.

want die cheetahs gaan uitsak in die CC. Dit lyk vir my Rory Duncan gaan in japan speel en dat duane Vermeuelen dit sterk oorweeg om WP toe te gaan. (Lyk nie vir my daar is baie talent in die Kaap nie, al sê Rassie daar is). Met al die leegsuiery van die Cheetahs wonder ek of die kaap regtig nie beter kan doen as om hul eie talent asem te gee nie.

In 'n sekere sin voel ek jammer vir die Cheetahs. Hulle het hul afrigter aan die WP verloor, asook hul fisio (Jac Nienaber is die beste fiksheidscoach in SA).

Ek sien Chris Rosssouw gaan hul losskakel wees. Hy gaan goed inpas in die Cheetah se patroon, maar ek dink nie hy sal hul seisoen kan red nie.

WP, die Sharks en die Bulls, met die lions as buite perd.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Friday, May 30, 2008 - 09:21
234. LOL Blou blitz
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Friday, May 30, 2008 - 09:23
235. More Mossel
Posted by goeters (Nou vir die Currie Beker!!) Friday, May 30, 2008 - 09:25
236. he6t iemand al iets gehoor van john Smit? Ek sien Wynie was taamlik gehiemsinnig hieroor. As hy nie Bulle toe kom nie, kon Wynie mos so gesê het?
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Friday, May 30, 2008 - 09:25
237. Dankie Goeters en EEE! Mosselbaaibul, ek hou baie minder van JS. Hy gaan seker 'n plaas se prys kos en boonop maar min beskikbaar wees. Belê eerder in jong talentvolle spelers!
Posted by BlouPastoor (Daar is net een weg.....die BLOU WEG!!!!!!) Friday, May 30, 2008 - 09:52
238. More Blou Hartiges.

AK, baie geluk met jou verjaarsdag en mag die Here jou seën.

Geluk aan die Baronnes en mag jy 'n baie gesonde en geseënde jaar beleef
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Friday, May 30, 2008 - 10:04
239. Dagse Getroue Bloues (en ander gematigdes) - welkom BlouPastoor

Kaptein AK - net mooi wense vir jou op "jou" dag en vergeet van matigheid - enjoy!! MWAH (moenie vir SL van daai soentjie se nie)
Ook "happy, happy aan die Barones - maak seker die Baron bederf jou vreeslik baie vandag.
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Friday, May 30, 2008 - 10:11
240. 227. Nou wat nou? Bulletjie 1 as opsiener oor die blog moet jy verantwoordelikheid vat vir die gemors. Niemand weet waar om te post nie. Val op jou swaard.
Posted by Stairway To Heaven Thursday, May 29, 2008 - 22:06

Daar was 'n server probleem en mag jy nie in jou eie swaard inloop nie.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Friday, May 30, 2008 - 10:14
241. BLOUBROERS

Nuwerige draad. Join ons daar!!
Posted by bloubefoeterd (pretoria) Friday, May 30, 2008 - 10:18
242. Dankie @sskicker, ek neem aan jy is AK? Baie geluk en ook aan Ligblou Baron se vrou, 'n geseënde nuwe lewensjaar word julle toegebid. Ek groet eers, 'n heuglike dag vir almal.
Posted by BlouPastoor (Daar is net een weg.....die BLOU WEG!!!!!!) Friday, May 30, 2008 - 10:26
243. Namens Baronnes: "Baie dankie vir die verjaarsdagwense en dat julle aan my gedink het; my man gaan soms oorboord. AK is ons nie dalk n tweeling wat kleintyd geskei is nie?"

Ek twyfel aan hierdie laaste een n bietjie?? So paar dekades verskil in ouderdom? Sy is nou vort om met niggies, skoondogters, dogters, ens te gaan "tee drink" by die Kollonade! Peace..............Lol!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Friday, May 30, 2008 - 10:33
244. AK

Baie geluk met jou verjaarsdag.

Ek wens jou net geluk voorspoed en die CC op Loftus die jaar toe

Gaan speel n lekker game golf en passop dat die volgende nie met jou gebeur nie

Two women were playing golf. One teed off and watched in horror as her ball
headed directly toward a foursome of men playing the next hole.
The ball hit one of the men. He immediately clasped his hands together at
his groin, fell to the ground and proceeded to roll around in agony.
The woman rushed down to the man, and immediately began to apologize.
'Please allow me to help. I'm a Physical Therapist and I know I could
relieve your pain if you'd allow me,' she told him.
'Oh, no, I'll be all right. I'll be fine in a few minutes,' the man replied.
He was in obvious agony, lying in the fetal position, still clasping his
hands together at his groin.
At her persistence, however, he finally allowed her to help. She gently took
his hands away and laid them to the side, loosened his pants and put her
hands inside.
She administered tender and artful massage for several long moments and
asked, 'How does t hat feel?

He replied: 'It feels great, but I still think my thumb's broken.'

Posted by OokBlou (Belfast) Friday, May 30, 2008 - 10:56
245. dag almal , hey Ass , Baie geluk met jou verjaarsdag.Hoe oud is jy vandag ?
Posted by STEGMAN 2008 (port elizabeth) Friday, May 30, 2008 - 13:23
246. Maggie, a blonde city girl, marries a New Zealand dairy farmer.
One morning, on his way out to check on the cows, farmer John says
to Maggie, "The insemination man is coming over to impregnate one
of our cows today. I drove a nail into the 2 by 4 just above the cow's
stall in the barn. You show him where the cow is when he gets here, OK?"
So then the farmer leaves for the fields.

After a while, the artificial insemination man arrives and
knocks on the front door. Maggie takes him down to the barn.
They walk along the row of cows and when she sees the nail, she tells
him, "This is the one...right here."

Terribly impressed by what he seemed to think just might be
another ditzy blonde, the man asks, "Tell me lady, how did you
know this is the cow to be bred?"

"That's simple. By the nail over its stall", Maggie explains
very confidently.
Then the man asks, "What's the nail for?"

She turns and walks away, and with complete confidence, says,
"I guess it's to hang your trousers on."


Posted by STEGMAN 2008 (port elizabeth) Friday, May 30, 2008 - 13:28
247. God didn't promise days without pain, laughter without sorrow, sun
without rain, but He did promise strength for the day, comfort for the
tears, and light for the way.


If God brings you to it, He will bring you through it.



Posted by STEGMAN 2008 (port elizabeth) Friday, May 30, 2008 - 13:34
248. WHERE DO RED-HEADED BABIES COME FROM?????

After their baby was born, the panicked father went to see the Obstetrician. "Doctor," the man said, "I don't mind telling you, but I'm a little upset because my daughter has red hair. She can't possibly be mine!!"


"Nonsense," the doctor said".


"Even though you and your wife both have black hair, one of your ancestors may have contributed red hair to the gene pool."


"It isn't possible," the man insisted."????? ?"This can't be, our families on both sides had jet-black hair for generations."


"Well," said the doctor, "let me ask you this. How often do you have sex??? "

The man seemed a bit ashamed . "I've been working very hard for the past year. We only made love once or twice every few months."


"Well, there you have it!" The doctor said confidently.

"It's rust."


Posted by STEGMAN 2008 (port elizabeth) Friday, May 30, 2008 - 13:41
249. "SLIPPERS"

Murphy calls to see his mate Paddy who has a broken leg.
Paddy says, "Me feet are freezing mate, could you nip upstairs and get me slippers?"
"No bother," he says, and he runs upstairs and there are Paddy's two stunning 19 year old twin daughters sat on their beds.
"Hello dere girls, your Da' sent me up here to shag ya both."
"Fook off you liar!".
"I'll prove it," Murphy says.
So he shouts down the stairs, "Both of them, Paddy?"
"Of course, what's the use of fookin' one?"




Posted by STEGMAN 2008 (port elizabeth) Friday, May 30, 2008 - 13:44
250. blikemmer die blog is stil....

hello bloues
Posted by Rissiepit (Gonubie) Friday, May 30, 2008 - 14:00
251. Welkom BlouPastoor, van waar is jy ?

Mosselbaaibul, wanneer het Wynie Strydom wat gese? Sorry, ek is maar nuuskierig oor die rugby.
Posted by James Bond (Centurion) Friday, May 30, 2008 - 14:57
252. Mag die beste span more die S14 beker wen!!
Totsiens beker, maar nie vaarwel, 2009 S14 is die Bulle sin!!!
Posted by goeters (Nou vir die Currie Beker!!) Friday, May 30, 2008 - 15:48
253. ek hoop die crusaders wen die super 14 en dat wallis die bokke gaan wen dat die mense kan agterkom dat pdv nie die beste keuse was nie
Posted by Blou Bul dame (Pretoria) Friday, May 30, 2008 - 16:46
254. Kan iemand my inlig, wie is nou die amptelike BB afriter die jaar?
Posted by Ondier (Alberton) Monday, June 02, 2008 - 14:04
255. WAAR IS FRANCOIS HOUGAARD? (curriebeker groep)

of kyk ek skeel?
Posted by origin-0 (WORcester) Tuesday, June 03, 2008 - 16:02
256. They rock has come back to PRETORIA

Its time to move on from Heyneke Meyer because he will never become bok coach. The man said it himself. Lets support the current coach because I actually think the man has got great rugby knowledge and great respect around the rugby community.

Do you smell what the rock is cooking.
Posted by "The Rock" (Cape Town) Wednesday, June 04, 2008 - 22:12
257. FRANCOIS HOUGAARD is in the U20 BOK SQUAD
Posted by "The Rock" (Cape Town) Wednesday, June 04, 2008 - 22:14
258. SA RUGBY in sy mo...r!!!

Mooi so PdV, jy het die Springbok trui nou so goedkoop begin maak (of moet ek eerder sê goedkoper gemaak as toe Jake afgerig het), om selfs 'n blerrie Zim gebore (nog nie eens SA burgerskap gekry nie) speler in die sogenaamde Groen en Goud te plaas, wat van my nuwe idee, hoekom skryf Afrika nie eerder 'n span in en noem hom die Springbokke nie.

Hierdie is presies die rede waarom ek eerder 'n AB trui oor my kop sal trek, want as PdV jou met 'n Springbok trui sien, is jy innie span!!!

WELKOM BY 'N NUWE ERA VAN RUGBY (nie Springbok of SA rugby nie, net rugby)!!!!

En geluk aan ons twee Zim spelers, julle is nou jul inflasie telling werd, want dit is die getal mense wat nou absoluut gaan vas staar in daai truitjies van julle, en nie 'n hel gaan omgee van waar julle kom nie!!!!

As rugby ondersteuners behoort 'n mens nie 'n blerrie Bok trui in die strate te sien nie, almal moet hulself ontrek van hierdie sogenaamde mag wat nou besig is om sag te raak!!

Ek is nou regtig waar gatvol, hier is die Bok span:

10 Hasbeens
5 Wannabes
2 Zims
en ongelukkig moes die bulle ook 'n paar afstaan, volgens my verdien daai trui hulle nie!!!!
Posted by Blou_Bloed_Seun (Pretoria_(Loftus)_oppie_middel_lyn) Friday, June 06, 2008 - 09:08
259. 278. ondier

Frans Ludeke is die ampetelikke afrigter van die Blou Bulle
Posted by Blou_Bloed_Seun (Pretoria_(Loftus)_oppie_middel_lyn) Friday, June 06, 2008 - 09:10