You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Two Blue Bulls in SA Schools team


The locks of the Vodacom Blue Bull u18 Craven Week team, Andries Ferreira and Mlungise Bali, have been included in the SA Schools team.

Ferreira is a product of Affies, whereas Bali (St Albans) played Craven week rugby for the Bulls in 2007 and was also included in the SA Academy team of 2007.

Three players from the victorious South Western Districts Craven Week team were named in the pack of the SA Schools team.

Captain and eighthman CJ Stander was named to lead the SA Schools side and he was joined by team-mates Niel Kapp (lock) and Neetlingh Gerricke (tighthead prop), following the Eagles' 31-25 victory over Free State in the main match of Craven Week.

Two Free State players, centre Francois Venter and flyhalf Francois du Toit, were also named in the starting fifteen.

SA SCHOOLS TEAM

15 Patrick Lambie (KZN), 14 Tythan Adams (WP), 13 Wandile Mjekeyu (Golden Lions), 12 Francois Venter (Free State), 11 Abednego Mamushi (Mpumalanga); 10 Francois du Toit (Free State), 9 Chuma Faas (Eastern Province), 8 CJ Stander (SWD, captain), 7 Petrus Uys (Golden Lions), 6 Helmut Lehmann (WP), 5 Niel Kapp (SWD), 4 Andries Ferreira (Blue Bulls), 3 Neetlingh Gerricke (SWD), 2 Shaun Malton (KZN), 1 Ruan Smith (WP).

Replacements: 16 Gareth Topkin (WP), Njabulo Mkize (KZN), 18 Mlungisi Bali (Blue Bulls), 19 Siyamthanda Kolisi (EP), 20 Sinovuyo Nyoka (Border), 21 Elton Jantjies (Golden Lions), 22 Garth April (Boland).

Management:

Chris October (WP), Golie Gouws (Golden Lions), Vuyani Mdluni (Border).



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. 1ste!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, July 14, 2008 - 06:17
2. 2de
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Monday, July 14, 2008 - 07:13
3. Baie wel gedaan Bulle.
Sterkte vir die toekoms Derick.
Dankie Bokke.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Monday, July 14, 2008 - 07:14
4. Môre Bloues

Geparty vir die vale saterdagaand een oomblik nog jolig die volgende minuut "kaboem" Hougaard skok toe val my dif op die grond.

Ek voel egter nou beter nadat ek die artikel op Rapport se website gelees het oor wat sê Heineke en wat sê Derick en ek stem 100% saam met hulle en ek "back" hulle "all the way".
Posted by blouheks (100%BLOUBUL) Monday, July 14, 2008 - 08:15
5. Dag al my Blou vriende! Mike Schutte is vanoggend oorlede. Cheers ou maat, ek sal ons kuiertjies by die German club mis!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Monday, July 14, 2008 - 08:16
6. Terloops, volgens hom was hy die beste sanger in die wereld! *LMGA*
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Monday, July 14, 2008 - 08:28
7. Jimmy,hy was in elk geval beter as Snotkop of Etterkop of wat die ou homself ook al noem,en hy lyk nie soos n inkleur boek nie en hy kon boks.

Die Bulle het dai Tjieters en ref lekker op gedons.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 14, 2008 - 09:01
8. Dagse Getroue Bloue (en ander gematigdes)
Liefling weg? Wonderlike nuus om n Maandag-oggend (nie tyd gehad om oor die naweek op te vang met al die nuus nie). Alles van die beste Derrick, maar op die oomblik is ek so kwaad vir jou en Heynecke dat ek nou eers n poffadder gaan soek om te soen.
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Monday, July 14, 2008 - 09:09
9. More almal

ja wat 'n naweek van rugby emosies:

Eers die bokke, toe die SWD Cravenweekspan, toe die Griekwas en toe die Bulle.... en toe Liefling.

Ek sien dat ons vir CJ Stander van die SWD gekontrakteer het. wat 'n skitterrende agsteman. Ek het ook gedink Theissinger van die Vrystaat was uitstekend. Maar dis 'n groot vis wat die bulle in Stander gevang het!

Bitter min mense weet dit, maar Anton leonard het agter die skerms 'n groot invloed op Outiniqua se pak voorspelers en hul rugby hier. Ek hoop ons gaan nog meer van hom sien.

Die Bulle se Cravenweekspan was maar treurig en ek sal graag wou sien hoe lyk die ander nuwe ouens wat gekontrakteer is by die bulle. Hopelik het ons Unie se oë oop gegaan vir meer talent suid van Affies. Ek het gedink daai losskakel van die cheetahs was 'n yster. Die Boland het skitterende spelers ook.

Anyway, hier is dit lekker vanoggend om die WP ondersteuners se hand te skud. Dis soooo lekker gewees toe Griekwas hulle nail!!!!!!





Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, July 14, 2008 - 09:12
10. Little Blue Bull

Die Heyneke era is verby. Ek vermoed on spelers het eers begin prestasies lewerop die veld die dag toe hulle hierdie realiteit hul eie begin maak het. Rugby is 'n spel wat op sy eie evolusies moet maak. Daar is nuwe talent wat gementor moet word.

Derick wou al lankal loop en dan is dit beter so. Hy gaan egter strawwe kompetisie kry want ek dink dis dieselfde klub waar Toby Flood van Engeland ook speel.

Ons gaaan or 'n paar jaar heelwat van Heyneke se kuikens sien rondloop waar hulle sal begin afrig.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, July 14, 2008 - 09:17
11. More almal
Wat 'n uitstekende oggend in die Boland en ek het my Griekwadas aan vanoggend en niemand wil met my rugby gesels nie nou praat ek maar hier.

Mossel Boland was onoorwonne en et al vier hulle wedstryde gewen , maar dit word aan geen groot klok gehang nie en dit sonder die sogenaamde top rugby skole in Paarl en Skelmbosch skuus Stellenbosch wie se spelers vir die Wiepie speel. Daar is baie talent in die plattelandse skole en daarom is ek baie bly SWD het ook so puik verton as plattelandse unie.

Hoor dat SWD nou letterlik miljoene het uit hulle nuwe borgskap hoop Phil spandeer die geld goed.
Posted by BloubulindieBoland (Ashton) Monday, July 14, 2008 - 09:23
12. Mossel - OS,ek dink dit is die regte keuse wat DH maak,hoe anders sal hy kan bewys dat hy beter as die bestes op die oomblik is.

Butch is maar eenvoudig nie die antwoord nie,sy besluit op tye was maar baie swak,ek verwys na nie steek skop wat hy gegee het,as hy die bal versprei het was dit moontlik n drie.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 14, 2008 - 09:31
13. Mossel,dai vleuel van die Valke wat op leen van die Bulle is het my regtig beindruk.Ek dink hy sal goed vaar by ons op senter...in Delport se plek.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 14, 2008 - 09:36
14. ZZZZzzzzzzzzz
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 14, 2008 - 09:44
15. Hi Blou Dino

Is dit Dewald Pretorius van wie jy praat? Ons moenie die valke miskyk nie. Hendrik Meyer het bv. ook vir hulle gespeel en toe word hy deur die Cheetas opgeraap. Hy was Saterdag 'n doring in ons vlees. Hy is die tipe buitesenter wat die Bulle soek. Marius Delport se verdedigingslyn is baie swak. Hy hardloop heeltemal aan die verkeerde kant van die opposisie op. Maar hy het darem 2 keer of wat amper amper goeie breekslae gemaak. Ek dink net as die bokke in die ander spanne terug is gaan hulle dit baie beter uitbuit.

Hoe bly was ek nie dat Powell vir die Cheetahs gespeel het nie!

Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, July 14, 2008 - 09:53
16. Mossel,dis hy dai,Dewald,hy het die Chokers se agterlyn oop geruk.

Oor Powel,Ek was verlig toe hy waai verlede jaar.Sy hande laat hom in die steek en sy oog is van die bal af.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 14, 2008 - 10:04
17. Hemel maar iemand met invloed moet iets doen aan die internasionale tugkommittees se inkonsekwensie.

Hoe op aarde kan Bismarck vir 3 weke geskors word nadata dit wat hy gedoen het lyk soos wanneer ek my seuntjie stoei? Nou moet ons met Schalk Britz op haker! robbie Deans gaan dit geniet! En John Smit wat vir die 3 nasies uit is se oortreder word vir 1 week geskors?

Hoe op aarde werk dit dat ons elke keer aan die ontvangkant is van blatante diskrimenasie?

Bismarck se oortreding stuur die sien uit dat rugby ''n spel vir sussies en moffies geword het.

Blou Bul in die Boland

Ek is net so bly dta 'n palttelandse Unie vir 'n slag die hoofgame gespeel het. SWD het baie geld gekry maar hulle het ongelooflik baie skuld ook. Hulle kan nie die stadion vol pak soklank hulle in die Bankfin beker speel nie. Mense kom kyk nie na onbekende name nie. Hulle het die afrigters (heinrich rodgers rig bv. die voorspelers af) en hier is baie talent ook, maar om die spelers hier te hou is 'n probleem. Hulle kan bv. een of twee name bekostig, maar die meeste van die name wil weer hul loopbane aan die gang kry en chuck dan na 1 seisoen weer. Of jong spelers gaan soek hul heil oorsee. So die "kleiner unies" spook regtig om aan die lewe te bly en die meeste kan nie hul spelers voltydse salarisse betaal nie.

Hul eie splerskorps sal moet meer permanente blootstelling kry aan mededinging met die groter unies. Die vodacombeker gaan dit regtig nie doen nie.

Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, July 14, 2008 - 10:05
18. Goeie dag ald Bulondersteuners

Mossel, hou nou op om arme Delport te kritiseer, hy doen goed op die oomblik.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, July 14, 2008 - 10:24
19. Dis maar my mening Rustig.

As jy mooi lees wat ek sê sal jy sien dis nie afbrekende kritiek nie en dat ek ook die positiewe raaksien. Maar ek dink nie hy is ons oplossing vir JP Nel nie. Ons verdediging agterlangs is nog nie eksplosive genoeg nie. Hoewel Marius nog jonk is in hierdie posisie dink ek nie hy is die beste daar nie. Iewers het Marius sy gust gaan begrawe en net die helfde daarvan weer ontdek.

As ons nou in 'n finaal was sou ek egter baie bekommerd gewees het met Marius op buite senter en as ek sy opponent was sou ek my lippe aflek om teen hom te speel. Omdat ons agterste driehoek so solied vertoon en Wynand baie goeie rugby speel lnags Morne Steyn is dit makliker om stil te bly oor die senters.

Ek voel nog steeds die Bulle kort 'n goeie buite senter en het dit al voor die super 14 gesê.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, July 14, 2008 - 10:43
20. Ai, Rustig, wees rustig, ou tjom. Ander se opinie is n opinie, ne? Kom ons respekteer dit?
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, July 14, 2008 - 10:44
21. More julle

Wat n lieflike rugby naweek was dit net nie. Het iemand al iets gehoor van Wynand se besering? Dink julle dalk dat hy gerus moet word teen die Boland? Ons moet nooit hulle underestimate nie, veral nie in Wellington nie, maar miskien moet ons, ons diepte bietjie toets.

Ek was nog nooit n Marius Delport fan nie, maar ek stem saam rustig, hy doen goed en het nog nie nie bad game gehad nie. Don't fix it if its not broken of wat?
Posted by Nitronic (Nou vir die Blou!) Monday, July 14, 2008 - 10:47
22. Mossel, gaan lees wat het McFarlane, die agterlyn coach gese oor Marius se verdediging. .... he is not less effective than JP, he is just a different defender.

LB, ek respekteer ander se opinie heelhartig, maar dan moet dit billik wees.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, July 14, 2008 - 10:50
23. Ek stem dat ons moet uitkyk vir n senter, maar op die oomblik doen Delport goed, en moenie sommer enige iemand aankoop nie.

Die skrums het ook bietjie baie gesukkel.
Posted by Nitronic (Nou vir die Blou!) Monday, July 14, 2008 - 10:56
24. Speaker,die begroting vir die weermag se wapentuig beloop R 250 miljoen,70% van die weermag personeel het vigs.Sal dit nie goedkoper wees as ons die mense beveel om die vyand te spyker nie??
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 14, 2008 - 11:02
25. Nitronic
Die skrums het gesukkel omdat die cheaters onwettig geskrum het. Ek het Saterdag langs ervare voorrye op Loftus gesit en hulle het gesê die cheaters gee of 'n stappie na links of na regs, byvoorbeeld toe hulle die drie gedruk het, het die hele skrum 'n stap na links gegee wat die Bulle nie kon counter. Dit is net snaaks dat Jonker dit nie opgetel het nie, want dit het reg voor hom gebeur.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, July 14, 2008 - 11:03
26. Rustig

As hy 'n ander soort defender is, dan stem ek heelhartig saam. Maar is dit die doeltreffendheid wat die Bulle soek? Natuurlik gaan mcFarland nie sy spelers se swapkpunte op die blog uitstal nie, dit sal oneties wees. So het ons afrigting ook volgehou Danwell Demas bied ons "ekstra opsies"

Ek het gereeld na die voetwerk van JP en Wyand gekyk. Dis ongelooflik hoe hulle hulself posisioneer op verdediging. Onthou dat die Bulle die laaste 8 jaar met ouens soos Frikkie Welsch en Dries Scholtz 'n aggressiewe verdediging gehad het wat baie doeltreffend was.

Ek is die eerste een wat Saterdae voor die game sit en duimvashou dat Marius sal goed doen. Ek staan agter hom as ons op die veld is en wil hê hy moet die vreeslose rugbyspler word wat hy in sy o'19 jare was op die veld. Maar dit was as heelagter en as vleuel.

Ek dink nie die Bulle het op hierdie stadium 'n ander opsie as met Marius Delport nie want die res van die ouens is beseer.

Maar hy is nie my eerste keuse buite senter nie en die redes hiervoor, glo ek, al stem jy nie saam nie, is billik genoeg.



Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, July 14, 2008 - 11:03
27. Ek sal saterdag bietjie ousens laat rus die volgende span laat uitdraf:

15) Zane
14) Ndungane
13) Delport
12) Morne
11) Jansen
10) Burton
9) Fourie
8) Pedrie
7) Wikus
6) Stegmann
5) Wilhelm
4) Francois
3) Gerber
2) Maku
1) Engels

16) Kruger
17) Kuun
18) Danie
19) ??
20) F. Hougaard
21) Mametsa
22) ??

Wat dink julle?
Posted by Nitronic (Nou vir die Blou!) Monday, July 14, 2008 - 11:04
28. Rustig nou nie opgelet nie. Hulle sal nog hulle rieme styf loop.
Posted by Nitronic (Nou vir die Blou!) Monday, July 14, 2008 - 11:05
29. Ek dink nie ons huidige heelagter moet oor die hoof gesien word nie.dai man is glad nie bang vir n up en under nie.Tiger doen sy naam gestand!!!!!en sy aanval is onvoorspelbaar.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 14, 2008 - 11:10
30. Nitronic, 'n goeie span, maar ons moet nie die Boland onderskat. Kyk wat het met die WP gebeur in Kimberley. Dit is moeilike wedstryde.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, July 14, 2008 - 11:10
31. Rustig dit is in my agterkop, maar ons will ook nie he dat 1 span die heeltyd speel en dan later beserings op doen nie. Dis nogal n moeilike besluit, speel ons ons sterkste span saterdag of laat ouens bietjie rus?
Posted by Nitronic (Nou vir die Blou!) Monday, July 14, 2008 - 11:12
32. Stairway nog nooit?

Jislaaik jy moet hulle sien speel, ongelooflik!!! LOL

Weet nie wie om daar te sit nie.
Posted by Nitronic (Nou vir die Blou!) Monday, July 14, 2008 - 11:13
33. Hoe lank is die volgende spelers nog uit?
PogeChlyHn
Posted by Nitronic (Nou vir die Blou!) Monday, July 14, 2008 - 11:15
34. Jammer Potgieter,Chilli,Heinie
Posted by Nitronic (Nou vir die Blou!) Monday, July 14, 2008 - 11:16
35. Het ons nou ook n Fransman gekoop??
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 14, 2008 - 11:17
36. O ok,nee wat ek dink Chillie is net goed genoeg om vir Band-aid te adverteer.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 14, 2008 - 11:19
37. Van n Fransman gepraat.

Die Chokers sal ook nooit n CC kan wen sonder die huur soldate nie.Onthou julle nog hulle eerste CC wen,met NZ landers,Tom lawton,Plumtree en nou Freddie.

Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 14, 2008 - 11:25
38. Soos die Chokers die beker wil wen is dieselfde om met vistokke op die kar se dak by die vis winkel n 40kg snoek te koop en by die huis te gaan spog met n maand oue snoek,klomp eierkoppe.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 14, 2008 - 11:29
39. Nitronic,
Potgieter is nog vir 4 weke uit. Gaan baie goed met sy rehab en hy werk baie hard om 100% reg te wees. Om na 13 weke jou ander hammie te trek moet vir enige jong ou n gatslag wees, maar hy is baie dedicated!
Posted by Phoeboe (Pretoria) Monday, July 14, 2008 - 11:35
40. Bly om dit te hoor Phoeboe, dis n outjie wat ek highly rate
Posted by Nitronic (Nou vir die Blou!) Monday, July 14, 2008 - 11:39
41. Ek hoop nie HM gaan nog spelers lok na waar hynou afrig nie, want dit sal oneties wees van hom.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, July 14, 2008 - 12:12
42. Middag alle rugbyliefhebbers. Wat 'n suksesvolle naweek !!!!

Baie geluk aan SWD op die Craven week. Julle verdien dit. Geluk ook aan die twee Bulletjies wat die SA span gehaal het. Dankie tog die slot fabriek funksioneer weer.

Griekwas, julle bielies. Die skop van Viljoen was ongelooflik - wind en al. Die Valke het my baie beindruk met hul spel teen die Haaie. Die "groter" spanne kan gerus iets leer oor hantering. Die twee wedstryde het gewys dat die spanne beslis 'n rol het om te speel in die CB.

Die Bokke het met baie guts gespeel en baie geluk met 'n geskiedkundige wen.
Bismarck - ons is al so gewoond aan diskriminasie .............Almal weet dit is belaglik. Jy het 'n hengse toets gehad.

Die Bulle het hopelik finaal die spook van Bloem afgeskud en gelukkig is die vorentoe aangee gemis. Die beweging het gelei tot Danie se drie. Danie was nie homself in die S14 nie, maar speel weer skitterend. So ook Wynand en Pedrie. Toe Fourie op kom, kon jy sien hy is weer lus vir rugby. Tiger is besig om 'n gunsteling te raak op Loftus.

Mosselbaaibul, t.o.v. #19 - baie sterkte !!!!

Laastens aan Derick, jammer om jou te verloor. Sterkte en kom gou terug huis toe. Soos met JP gaan ons jou eers mis as jy weg is. Gelukkig het ons in Morne 'n baie goeie losskakel (net soms laks op die verdediging) en dan is daar nog ander losskakels wat groot word.
Posted by JB 007 (Centurion) Monday, July 14, 2008 - 12:40
43. Blou Dino - is jy seker dat Dewald geleen is vir die Valke? Hy het my baie beindruk. Stem saam dat ons hom kan gebruik. Sean Plaatjies het self slim spel gelewer en dink net as hy so bietjie gewig afgooi.
Posted by JB 007 (Centurion) Monday, July 14, 2008 - 13:00
44. 007,Dit kom uit die mond van een van die kommentators tydens die wedstryd.So ek vertrou dis reg.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 14, 2008 - 13:13
45. 007,Hy laat my baie dink aan Ray Mordt,As hy teen die lyn is gaan hy met krag terug na die binne veld en dit vat drie devenders om hom te stuit.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, July 14, 2008 - 13:20
46. Ja Dino, ek onthou nog Ray Mordt se drie driee teen NZ in 1981. Die toets waar ons weereens verneuk is deur die ref. Voor Ray was daar ook 'n vleuel Willem Stapelberg. Hy het in 1974 'n Bok geword saam met Andre van Staden (senter).

As Willem en Ray teen mekaar sou speel, sou dit geklink het soos wanneer die Amerikaanse buffels ("bousons") teen mekaar koppe stamp.
Posted by JB 007 (Centurion) Monday, July 14, 2008 - 13:43
47. Shoe, dis sti hier!
Is almal in rou oor Liefling?
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Monday, July 14, 2008 - 14:29
48. Dink ook hul moet Dewald Pretorius terugkry en op buitesenter langs WO plaas. Delport is olraait, maar is 'n beter vleuel.

Gaan DH se lang lynskoppe en akkurate stelskop werk mis. Steyn se slaagsyfer is tussen 50 en 60 persent, heeltemal te laag en baie sleg vir S14 standaarde.

Hoop hul gee vir Francis kans teen die kleiner unies. Hy moet reg wees, sou daar iets met Steyn gebeur.

Ook bly FDP is terug. Sy lang skoppe sal hopelik opmaak vir DH se afwesigheid.

Ons moet nou net nie oorgerus word nie.

Wat van Anton Leonard as voorspeler afrigter vir die BB ?
Posted by alf (calvinia) Monday, July 14, 2008 - 15:11
49. Hello Alf

Stem saam oor Derick. Ek sou verkies om die luuksheid te behou het van beide losskakels. Nou die dag spog die blog nog met Derick en Morne se suksesse pale toe, nou blyk dit verkeerd te wees. Ek glo egter Morne is nader aan 70% as dit wat SS gewys het.

FdP het goed gelyk toe hy opgekom het. Ja, oorgerus teen die kleiner spanne kan seer byt - vra WP.

Blykbaar help Heinrich Rodgers die SWD voorlangs. Sover ek weet het hy 'n gastehuis in George.
Posted by JB 007 (Centurion) Monday, July 14, 2008 - 15:30
50. Ek het op 'n ander blog gesien dat Dewald Pretorius hoog aangeslaan word.
Ek het sy wedstryd teen die Leeus gesien, en dit baie geniet toe hy bo-oor Jaco VS hardloop.

Bulle moet hom nie laat gaan nie.
Posted by alf (calvinia) Monday, July 14, 2008 - 15:30
51. Geluk P2,,,met jou vertroue in die Bokke!!!!!
Posted by Bergbok (Nou vir die Bokke) Monday, July 14, 2008 - 18:35