You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Van Schalkwyk signs with Bulls


The Vodacom Blue Bulls have signed a two year deal with the Boland Cavaliers' Dries van Schalkwyk.

Van Schalkwyk is a big, fast loose forward who is also capable of slotting in at lock and has played for the Cavaliers since the beginning of 2007 after he made his provincial debut in 2006's Currie Cup for the Valke.

Van Schalkwyk's services were in high demand during the last couple of weeks and therefore the Bulls are delighted that they could get him on board while he was still available.

He is able to play at number 8, lock and flank but because of the departure of Wikus van Heerden, Emile Verster and Hilton Lobberts he will primarily be considered for the number 7 role.

The 23-year-old Van Schalkwyk will join the Bulls when the Currie Cup has ended.



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. Eks bly om te sien hulle gee vir ou pienkdas ook gas soos hulle altyd vir Jake ook die lewe moeilik gemaak het. As dit nie vir poltiek was nie het ons seker omtrent elke world cup en tri-nations gewen...

Ek lees hier dat baie van onse blou volk bekommerd is oor ons hakers. Dieselfde klomp wat sulke groot fans van HM is. Nou as wyse HM geglo het Derick Kuun gaan 'n breker van 'n haker word, dan support ek dit. Kuun is 'n yster. Ek dink ook Chillie gaan 'n legende word. Hy was ongelukkig met beserings, maar hopelik is dit iets van die verlede. Dalk breek hy nog John Smit se springbok rekord as kaptein? Watch this space....

Oor Zane. Ek dink die man het potensiaal. As ons mooi onthou het 2 van SA se beste heelagters volgens my in die laaste paar jare, Roetsie en Monty, ook hulle loopbane begin as opwindende spelers wat maar lekker kon droog maak op die dag. Bestendigheid kom met ondervinding. Gee die man 'n kans, hy gan nog diep spore trap in Bloubulland. Ek hou van Tiger, maar dink nie hy is die langtermyn oplossing nie.

Oppie Blou!
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Wednesday, August 13, 2008 - 09:53
2. Ek hoop hy gaan Wikus se skoene kan volstaan, maar hy is jonk en het nog baie om te leer. Alle sterkte en voorspoed aan hom.
Posted by Choppie (Centurion) Wednesday, August 13, 2008 - 10:02
3. Welkom Dries - nou moet ons net oordentlike senters koop
Posted by Realistix (Kempton Park ) Wednesday, August 13, 2008 - 10:24
4.
Dis jammer ons verloor vir Wikus van Heerden....

Miskien het sy besluit te doen met die feit dat Pieter Snorre nie in hom belangstel vir die Bokspan nie...

Die Bulle se verlies is Saracens se wins...



Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Wednesday, August 13, 2008 - 10:27
5. Ons koop losvoorspelers rond en bont, maar in die een posisie waar die Bulle die afgelope 2 seisoene voort ploeter word geen aandag gegee nie. Koop 'n ordentlike haker, en laat Derick Kuun tot sy reg kom op flank!!!!!
Posted by Joe-ZA Wednesday, August 13, 2008 - 11:32
6. Ja Joe weereens is jy reg - nie net 'n oordentlike haker nie ons kort 'n spelbreker op senter
Posted by Realistix (Kempton Park ) Wednesday, August 13, 2008 - 11:51
7. Ek wil met Joe saamstem, Derick Kuun behhort flank te speel waar hy tot sy reg sal kom. Hy het potensiaal om 'n 2de Richie Macaw te wees. Wat my aanbetref is haker (diepte) en vaskop voorry die Bulle se groot probleem. Ons het nou vaskoppe wat maar net survive, in stede daarvan om te domineer. Frik Kirsten kan dit word maar is nog te jonk.
Daar is ook 'n paar jong hakers - Sharmain en Bantjes wat baie goed kan word.
Daar is mos 'n paar goeie jong senters wat alreeds gebruik kan word.
Oppie Bulle!
Posted by Paarlbul (paarl) Wednesday, August 13, 2008 - 13:10
8. Ja koop n spelbreker op senter..!!!

My voorstel: Koop vir Jaco Pretorius van die lions. Die ou het die talent, soos ons laas Vrydag gesien het. En in elk geval gaan hy nie veel speel kans kry in volgende jaar se Super14 as Fourie weer sy plek in neem nie. Se vir hom hy kan by ons nr13 kom speel.

Ek hoor JP Nel is terug vir volgende jaar se Super14, true or false?
Posted by blouBoerseun (Hou by die BLOU) Wednesday, August 13, 2008 - 13:13
9. true
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Wednesday, August 13, 2008 - 13:22
10. JP is nie die antwoord op senter nie - kry vir Jaco Pretorius
Posted by Realistix (Kempton Park ) Wednesday, August 13, 2008 - 13:43
11. Wat het geword van ons twee senters wat Vodacom gespeel het hulle was nie te bad nie ek dink dit was Dipenaar? Op die stadium is ek meer gepla oor ons haker want as ons nie een kry gaan dit nie help ons het senters want ons kry nie die bal het. Ons gaan een van die dae hoor ons het die currie beker verloor oor hulle na kombinasies gekyk het vir volgende jaar se s14.
Nie een van ons is profesionele afrigters maar ons almal sien min of meer dieselfde dinge raak hoekom kan die afrigting span nie die probleme sien.Ek sien FL se WJ gaan eers oor drie weke werklik fiks wees. Is dit n vooruit verskoning?
Posted by BB1 (Piet Retief) Wednesday, August 13, 2008 - 14:10
12.
Hoekom nie die volgende kombinasie probeer nie?

10. Burton Francis
12. Morne Steyn
13. Wynand Olivier

Kan dalk net die senter-probleem oplos....

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Wednesday, August 13, 2008 - 14:54
13. Dit is ironies dat ons vir Jacques Cronje destyds laat gaan het en vir Lobberts gekontrakteer het in sy plek. Waar is Lobberts nou? Huh vir die blou bulle.
Posted by Rustig (Centurion) Wednesday, August 13, 2008 - 15:28
14. Middag mense

Sommige van die comments van die laaste paar dae laat my mond oophang.
Ons verloor een wedstryd en skielik is die Bulle volgens sommiges pateties.

Enige iemand wat beweer dat Zane Kirchner nie talent het nie moet liefs nie oor rugby kommentaar lewer nie. Hy het 'n baie swak game gehad, dit gebeur met alle spelers. Hy was die laaste paar jaar die groot ster in die Griekwaspan op 'n baie jong ouderdom, hy gaan nog 'n groot speler word.
Die skielike verlange na Derrrick Houghaard verstaan ek nie, hy was 'n staatmaker en het baie wedstryde vir die bulle gewen, maar hy is een van die mees eendimensionele loskakels wat Suid Afrika in die laasste paar jaar opgelewer het. Morne Steyn is sy meerdery in elke aspek van die spel, behalwe skopwerk. En is dit nie vir julle vreemd dat Heyneke Meyer die enigste afrigter is wat Houghaardt ooit werklik 'gerate' het nie.

Die stelling dat Wayne Julies nie kan verdedig nie is ook pure onsin, en tog so 'n stereotipiese stelling van iemand wat na grashalms gryp om 'n speler te probeer diskrediteer.
Hy is nie die opwindendste speler nie, maar het 'n ongelooflike vermoe om die spelers aan sy buitekant in spasie te sit . Jaque Fourie het nie die beste rugby van sy lewe langs Jean de Villiers of Doppies le Grange gespeel nie, hy het dit langs Wayne Julies gespeel. En hy kan baie goed verdedig.

Hoekom kan ons Bulle nie net die Leeus geluk wens met hulle briljante spel Vrydagaand nie? Hulle was die beste span, vergeet verskonings van Cobus Grobelaar wat voor mense inhardloop en die alewige gesanik dat skeidsregters die bulle probeer indoen. Dis twak en laat Bul ondersteuners na slegte sportmense lyk. Die Leeus het beslis verdien om te wen.

Go Bulle!
Posted by blouHenk (PE) Wednesday, August 13, 2008 - 16:31
15. 10. Burton Francis
12. Morne Steyn
13. Wynand Olivier
Dis die toekoms.
Posted by Greatest Team Ever (Pretoria) Wednesday, August 13, 2008 - 21:34
16. Ons kort verseker n 13 of beter n 12. Frans Steyn of Jaco
Posted by Greatest Team Ever (Pretoria) Wednesday, August 13, 2008 - 21:37
17. Hierdie gepratery van hierdie speler koop van daar en doer af laat my nogal dink aan 'n sticker wat ek gesien het wat lees, "F#@&%I BOKKE, MAAK DIE SHARKS ALMAL BULLE" watse geit is dit met julle? Ons is BULLE en ons bly by ons BULLE man.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Thursday, August 14, 2008 - 00:05
18. BlouHenk,

Jy sê Heyneke is die enigste afrigter wat Hougaard ooit gerate het?

Jou geheue is maar kort. Wie het van hom 'n Springbok gemaak op 20? En kan jy onthou hoe graag Nick Mallet hom terug wou lok Kaap toe so paar jaar gelede toe sy eerste kontrak met die Bulle sou verval? Die Bulle moes hoes om hom in Pretoria te hou.

Die waarheid is dat net Jake White en Frans Ludeke hom nié rate nie. Vrydagaand is Frans se flater om hom te laat gaan toe in hoofletters uitgebasuin!

Miskien moet jy moeite doen en die statistiek oor die afgelope paar seisoene gaan bestudeer voordat jy Derick Hougaard van "eendemensionele" spel beskuldig. Gaan kyk 'n bietjie mooi onder watter losskakel die Bulle die meeste agterlyn-drieë gedruk het oor die afgelope paar seisoene. Jy sal verbaas wees...

Ek sê weer: Derick Hougaard is die tipiese profeet wat nooit in sy eie land geëer is nie. Hy is die volmaakte losskakel en hy is in dieselfde klas as Johnny Wilkenson!

Morné is 'n tipiese Hennie le Roux. Hy is 'n bogemiddelde provinsiale losskakel, maar as hy verder wil kom, sal hy beter doen op 12. Morné se groot leemte as losskakel is tog helder en duidelik ontbloot in Vrydagaand se game teen die Leeus. Hy kon eenvoudige nie beheer neem en takties die game met die voet swaai nie. Dit is tog nie so 'n moeilike konsep om te verstaan nie. Naas kon dit doen, Wilkensen kan dit doen en Hougaard kan dit doen. As jou pak voorspelers swaarkry, moet die losskakel in staat wees om te besef dat hy beheer moet neem.

Een van die grootste leemtes in Steyn se spel regdeur die siesoen tot dusver was juis se taktiese skopwerk. Vrydagaand was die druk net te veel en skielik het dit erg saak gemaak.

Kom ek stel dit vir jou so: Sênou die Bulle speel in die CB eindstryd teen die Leeus, Cheetahs of Haaie. Die pakke dreun mekaar op en dis tipiese harde, taai eindstrydrugby. Wie sou jy dan op losskakel verkies -- die man wat die bal lekker kan rondgooi en wie se verdediging soms verdag is of die man wat jou vorentoe kan vat met die voet, wat sy kanaal solied verdedig én wat boonop 'n 90% suksesrate met sy skoppe na die pale handhaaf?
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Thursday, August 14, 2008 - 01:28
19. Hallo Bulle !!!!
Mag vandag n heerlike dag wees vir almal !!!!

Nou die Blou !!!!

Posted by AK (Keep the passion !!!!) Thursday, August 14, 2008 - 06:42
20. GOEIE MORE BLOU BUL WENNERS!

KOM MANAWATU!!!!! Soek punte op SuperBru.......

Mag julle almal n heerlike DONDERdag ondervind........
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Thursday, August 14, 2008 - 07:07
21. More my mede Bulls ondersteuners.

Geluk aan die Lions, julle wou wen. Dan, Bulle, julle sal julle sokkies moet optrek, maar ek glo vas dit was net 'n glips gewees vrydag. (Wat is dit met die Bulle en vrydae aande?)

Het julle gesien dat Steve 'n nuwe Blou Bul lied uitbring?

Die woorde gaan so (Dankie aan Beeld)

Só klink dit

Go Bulle go

Nog een vir die Blou

Go Bulle go

Dis hoe ons jou onthou

(2 keer)


Pretoria se strate is almal blou

My ouma se Peugeot, hy was ook blou

Die spietkop se ligte, hulle is blou

My meisie se oge was altyd nog blou


Herhaal refrein


Pretoria se wolke hang in die blou

My hart op ’n Maandag is baie blou

My babe se bikini hy is ook blou

Die bloed in my are is baie blou (Herhaal refrein)


Lekker blou dag vir almal...
Posted by Blou-is-Baas (Bulls is Baas!!!) Thursday, August 14, 2008 - 07:22
22.
Post 18

Stem 100% met jou saam Sooi Brandt.

Morne Steyn "shine" net as sy pak voorentoe speel.
Soda die pak voorspelers swaarkry, mis Steyn die bus.
Groot fout gewees om DH le laat gaan.

Ek wonder hoekom die afrigters nie deesae belangstel in losskakels wat soos Naas Botha die wedstryd met die voet kon dikteer nie..?????

Danie Caven het gesê Naas Botha was die beste losskakel ter wereld...
(ten spyte van sy "tackles"..)





Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, August 14, 2008 - 08:01
23. post 14 BlouHenk,

Derick Hougaard skop beter as Morne Steyn.
Hy verdedig baie beter as Steyn ...en Derick kan die bal net so goed, indien nie beter as Steyn versprei.

Jake White het nie van DH gehou nie, omdat hy vir die Bulle gespeel het.





Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, August 14, 2008 - 08:21
24. Blouhenk en Sooi Brandt

Ek stem met beide van julle saam., maar dit is twee uiteenlopende spelers wat julle vergelyk. DH kon dikteer met sy voet, maar sy belsuitneming oor wanner om te laat loop of te skop is nie so goed soos Morne s'n nie. Ek het hoeveel keer gesien dat die Bulle 'n twee teen een overlap het, maar Derick het geskop. Morne doen reuse werk op die verdediging, kyk maar na die statistieke wat na die wedstryd gegee word.

Dit was ook gister my punt dat ons eenkeer verloor en nou is ons 'n swak span. Die voorspelers is opgedons deur die leeus, en dan sal enige losskakel en agterlyn sukkel. Moet nie die probleem by die losskakel soek nie. Soos Naas gesê het, Morne moet net werk aan sy skopwerk, dan kan hy een van die groot losskakels word, al speel hy nie vir die Springbokke nie.
Posted by Rustig (Centurion) Thursday, August 14, 2008 - 08:22
25.
Klip in die bos:

As Derick Hougaard laas Vrydag vir die Bulle gespel het, het die Bulle die game gewen......

Yes or No ??????

Yes, Bulle Bo..!!!!!!!!

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, August 14, 2008 - 08:32
26. Ek weet darem nie so mooi nie, stem saam met Sooibrandt oor DH, maar een ding dink ek en dit is dat dit nie baie mooi is om iemand soos DH noudat hy nie meer by die bulle is op hierdie forum openlik so uitmekaar te trek vir die hele wêreld om te kan sien nie, ook nie ons ander spelers nie, mens moet in gedagte hou dat hierdie steeds mense is, as mens 'n rugby team kon opmaak deur 'n klomp robot mannetjies dan kon ons hulle seker op hierdie wyse aangevat het, maar hulle is nie, en human error is nog altyd 'n probleem gewees, maar ek vir een gaan so waar as wragtig nie al wat 'n Lion of watter ander spanne se spelers begin koop net omdat hulle/hy een goeie game teen die bulle gehad het nie, en o wee bewaar tog my siel die dag as daardie overrated van die overratestes die dag 'n blou bul trui aantrek (Francois Steyn) ek sal dit nie kan oorleef nie, daardie mannetjie wat dink die son se opkoms is op sy agterent.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Thursday, August 14, 2008 - 08:38
27. Ouens, DH is gone, weg, history, over-and-out! Kom ons kyk vorentoe en los maar die verlede uit; ons mors net energie?
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Thursday, August 14, 2008 - 08:38
28. Nie net sal hy aan sy skopwerk moet werk nie, maar ook aan sy verdediging! Spelers klop hom nog te veel.

En dat ons een van die Bulle se beste losskakels in Derick verloor is, gaan my verstand te bowe! Hoe kan 'n unie bekostig om spelers soos Gary Botha, Victor Matfield (al is hy intussen terug), Derick Hougaard, en afrigters soos Heyneke en Ashley Evert te verloor. Dis honderde jare se ondervinding en talent wat net daar laat gaan is...en dan koop ons 8ste manne uit Boland.
Posted by Joe-ZA Thursday, August 14, 2008 - 08:39
29. Toe Derick H nog by die bulle was het ek altyd die stryery oor wie die beste loskakel tussen hom en Morne is geniet. Maar hy is gone, so wat maak dit saak? Morne is op die oomblik defnitief ons beste loskakel. Laat Derick ondervinding opdoen da in die land van haar majesteit. As hy daar terugkom wen hy weer bekers vir ons. Kyk net hoe het Percy mature daar in die UK...
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Thursday, August 14, 2008 - 08:47
30.
Oplossing vir die Bulle se Losskakel-probleem:

....koop vir Naas Botha...!!
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, August 14, 2008 - 09:02
31.
BEELD: – Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, wou hom nie gister in diepte uitlaat oor sy besluit om Fourie du Preez voor Ricky Januarie op skrumskakel te kies nie, maar die All Black-rugbykamp was glad nie verbaas oor dié verwikkeling nie.

“Fourie is die beste skrumskakel ter wêreld,” het die All Blacks se afrigter, Graham Henry, sowel as sy een assistent, Wayne Smith, gister gesê.

Hoewel niks fout met Du Preez se insluiting gevind kan word nie, moes dit steeds vir De Villiers ’n moeilike besluit gewees het om Januarie ná sy heldedaad in Dunedin te pos, waar hy die beslissende drie in Suid-Afrika se geskiedkundige oorwinning van 30-28 gedruk het.

“As jy kyk na hoeveel wedstryde Ricky in die Super14-reeks gespeel het, besef jy sy bene raak dalk nou ’n bietjie moeg. Ek dink dis die regte tyd om te verander,” sê De Villiers.

BULLE BO...!!! (BESTE ER WERELD)
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, August 14, 2008 - 09:07
32. Goeiemore

Om Houghaard in dieselfde asem as Jonny Wilkinson te noem is verregaande. Ek is baie dankbaar vir wat Hougaard oor die jare vir die bulle beteken het, niemand probeer daarmee stry nie.
Morne Steyn is egter ons loskakel op die oomblik, en het enige iemand so 'n rukkie terug Naas Botha se antwoord op die vraag of Morne Steyn gereed is om vir die bokke te speel gelees. Sy andwoord was dat hy definitief so dink. Nou waar ky jy 'n beter loskskelkenner as Naas?

Blou Osse. Jou bewering dat White nie van Houghaard gehou het nie omdat hy vir Bulle gespeel het is uiters belaglik. Hoekom het Steenkamp, Victor, Bakkies, Wikus, Spies, Jaco v d w, die 2 Danies, Fourie, Pedrie, Jaques Cronje en vele meer in die White era vir die Bokke gespeel?

Hierdie jammerlike mentalieit onder sommige Bulle dat die Springbokafrigter en die Skeidsregters altyd teen ons is, is belaglik en onwaar, en laat die bul ondersteuners soos 'n spul eenoog slegte verloorders lyk.
Posted by blouHenk (PE) Thursday, August 14, 2008 - 09:21
33. en die Skeidsregters altyd teen ons is, is belaglik en onwaar...... ha Henk met hoeveel ogies kyk jy dan rugby????? Ag en asb let tog op dat ek nie van die Springbokafrigter praat nie hoor net jou stelling oor die skeidsregters.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Thursday, August 14, 2008 - 09:42
34. So eintlik al is die skeidsregter dan openlik teen ons moet ons dan maar net ons mondjies hou anders is ons slegte verloorders???? Skuus maar heelparty spanne maak hulle daaraan skuldig, selfs van hulle afrigters het al 'n bohaai opgeskop oor ongunstige besluitnemings, ek recall sommer so vlugtig die einste Super 14 Final van 2007, dit is ongelukkig dinge wat werklik gebeur, en daaraan moet 'n einde aan kom, as niemand daaroor gaan moun nie gaan die probleem dan gesien word?
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Thursday, August 14, 2008 - 09:46
35. Blou Henk

Ek stem saam met jou dat ons soms aan 'n slagoffermentaliteit ly, maar kan ek dit maar vir jou noem dat Jake ook by geleentheid op 'n ontbyt opmerkings oor die Blou bulle gemaak het wat verseker nie baie positief ontvang is deur almal nie.

Oor Derick,

Wat 'n losskakel!!! Na Naas Botha het die Bulle nog nie weer 'n goeie losskakel gehad voordat Derick nie daar was nie. Hy het eerste klas vertonings gelewer wat my soms herinner het aan Naas self. Sy finaal in 2002 teen die Leeus was die heel beste lossakel vertoning IN 'N CURRIEBEKER FINAAL sedert Naas se finaal in 1987 teen Transvaal op Ellispark. Ander wedstryde soos daardie selfde jaar se halfeind teen die Sharks, en dan weer die Super 14 finaal van 2007 en die semi was derick op sy beste. klinies. Oordonderend en 'n generaal. Derick was die een losskakel teen wie goeie spanne bitter versigtig was hoe hulle hul rugby sou speel. derick heet ook erfek ingepas in Heynek se startegie om in jou opponente se halfgebied te speel. watter ander losskakel sou dit vir enige afrigter kon bied?

Persoonlik dink ek is daar baie min afrigters wat met Derick kan werk. Rudy Joubert was die eerste een wat nie kon nie, en Rudolph Strauli die 2e een. Derick moes sy voete vind in 'n SA span wat oorgeloop het van regeringsinmenging en hy is nie genoegsaam beskerm en ontwikkel nie. Net onder Heyneke het hy gedy. en Onder Todd Louden het hy begin vlakker speel.

morne? Ons het nog nie sy beste gesien nie, maar hy is baaaaaaie talentvol. Hy laat my weer dink aan Henri Honiball se tipe spel en met die toedtrede van die nuwe reels gaan Morne gedy. Saam met Pieter Rossouw as afrigter gaan die Blou Bulle 'n nuwe era binne wat agterspel aan betref.

Maar gaan pieter hom kies? Pieter het vir Ishmael Dollie in sy groep van 46 gehad.

Nee ek is nie 'n slagoffer as ek dit sê nie, maar ek is vies omdat die Bulle en SA , waarskynlik ook nie Morne se ware opgang sal kan sien nie.


Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Thursday, August 14, 2008 - 09:48
36. More aan al my BLOUBUL genote,
Ek dink nie ons moet die griekwas more aand te veel beweegruimte gee voor en agter nie,hierdie ouens oefen die hele jaar om ons op Loftus te wen,dan hou hulle die hele jaar party en worry eers oor volgende jaar se game.My vraag aan ruggas1 vanoggend,het julle nie n webwerf daar in griekwas waar jy jou onbeskeie en eenogige mening kan lig sonder om skaam te voel nie,ek vra maar net?Ek hoop anders dat almal n wonderlike dag sal he.
Posted by alfa (Pta Moot) Thursday, August 14, 2008 - 09:55
37. Bullsdaisy

Skeidsregters maak foute beide kante toe, en ja hulle maak baie foute. Maar ek glo eerlikwaar nie 'n skeidsregteer gaan op die veld met die gedate om die Bulle te benadeel nie. Ons almal wil he die bulle moet wen, maar om na al ons nederlae die fout heel eerste by die skeidsregter te soek is die verkeerde mentaliteit.

Mosselbaaibul

Nie Dollie of Houghaard het hierdie jaar 'n plek in die groep van 46 verdien nie. Jy is 100% korrek oor Louden. Maar na hy weg is het Houghaard maar weer in die pocket gaan staan. Die grootste verkil tussen Derrick en Morne is dat Morne die verdedigers aan die raai hou omdat hy self 'n bedreiging op die aanval is. Verdedigers weet Derrick val nie sommer die lyn aan nie, en as hy doen het hy nie die spoedd om groot skade aan te rig nie.
Posted by blouHenk (PE) Thursday, August 14, 2008 - 10:05
38. Laat ek jou so vra Henk, as jy die geleentheid het om te blaas tussen die Bulle en die Stormers (net 'n voorbeeld) vir wie sou jou "hart" jou laat blaas het, en ek laat my nie vertel dat skeidsregters is heeltemal onpartydig as hulle op daardie veld stap nie, nee wat my vriend die skeidsregters het die bulle al lekker laat verloor en lekker games gekos, en niks gaan my mening daarvan verander nie, ek kan vir myself dink wat sou ek gedoen het as die geleentheid homself aan my sou voordoen, en ek is in elk geval die grootste fighter vir regverdigheid in sport maar boeta vir my span sal ek alle reëls buig...
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Thursday, August 14, 2008 - 10:12
39. lyk my ruggas1 (#44) het ook daai ding van die ref is teen my!
die reels geld vir almal op die blog
BULLE!!!!!!
Posted by Antoinette (Pretoria) Thursday, August 14, 2008 - 11:21
40. Môre Blou BUlle, Bullinne & Bergbok.
Mensig, maar die blog was besig nadat die Bulle verloor het. Ek persoonlik glo dat die Lions die beter rugby gespeel het. Geluk Lions.
WHOZA BULLE!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Thursday, August 14, 2008 - 11:32
41. BlouHenk,

Jake White het NIE van die Bulle gehou nie en as jy dit nie weet nie gaan jy maar toe-oë deur die lewe.

Jake White het openlik teen Derick Hougaard en Gary Botha gediskrimineer.

Hoekom dink jy speel Gary Botha nou oorsee..?????

White het ook nie goed klaargekom met Victor Matfield nie.

Jake White was en is 'n Sharks-fan...

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, August 14, 2008 - 12:07
42. Ek dink dis tyd dat julle nou aanvaar Derick is weg. Kom ons fokus op vandag en more se game.
Die bulle moet punte kry en verkieslik 5 punte vat!!
Posted by Steyn (Bloemfontein ) Thursday, August 14, 2008 - 12:13
43. ruggas1 - jy is besig om baie lelike beskuldigings teenoor my te rig. Kry eers jou feite reg.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Thursday, August 14, 2008 - 12:57
44. Shucks daar mis ek die groot rugby-en wildkenner rugass . Hy verlang so erg na die groot 5 of is dit vaste 5 dat hy net nie die Bulle se site kan uitlos nie
Posted by BloubulindieBoland (Ashton) Thursday, August 14, 2008 - 13:09
45.
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, August 14, 2008 - 13:29
46.
Ek het 'n vermoede dat Ruggas1 eintlik 'n "undercover" Bul-supporter is.

Ruggas1 moet nou uit die kas uit klim.....

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, August 14, 2008 - 13:32
47. Blou Osse

Daar is teen niemand gediskrimineer nie. Afrigters rate spelers of hy rate hulle nie.
As mens objektief na White se spankeuses kyk, sien jy dat John Smit die Bokke na 'n WB-oorwinning gelei het. Hy was duidelik die beste man om die Bokke te lei, dus was daar nie vir Gary plek nie. En toe Gary vir Bismark op die bank moes plek maak het ek ook nie 'n probleem gehad nie. Kyk na Bismark uit 'n objektiewe oogpunt, so moeilik soos wat dit is om te erken is en was hy beter as Gary. Die man is 'n frats. Ek voorspel Bismark gaan die Bokke beste haker van alle tye word.

Derick Houghaard het nie verdien om Werelddbeker toe te gaan nie, hy het kanse in die 2007 Tri-Nations gekry, en was heeltemal uit sy diepte uit.
Die uitslag bewys jou verkeerd Blou Osse: Met Butch James(wat hierdie jaar nie dieselfde spel lewer nie) het die Bokke wereldkampioene geword.

Jake White en Matfield het albei skuld aan hullle onderonsie gehad, en hulle het dit gou opgelos.

Een ding wat ek nooit sal vergeet nie, is hoe Bakkies in 'n toets in verlede jaar se einde van die jaar toer beseer is, en geweier het om op te hou speel. Toe joernaliste hom na die tyd vra hoekom hy nie die veld verlaat het nie het hy gese dat hy homself voorgeneem het om die wedstryd aan Jake White op te dra, om dankie te se vir alles wat hy vir hom as rugbyspeler beteken het. B

Blou Osse, jy gaan met een oog deur die lewe, soms moet mens besef dat die bulle nooit die beste spelers in elke posisie gaan he nie. En daar gaan kere wees wat daar meer Sharks as Bulle in die span gaan wees, en dit is goed so, ander kere is dit andersom.

Ek se weer die Bulle is nie slagoffers nie, en te probeer verkondig dat hulle is reflekteer nie baie goed op die res van die Bul- ondersteuners nie.
Posted by blouHenk (PE) Thursday, August 14, 2008 - 13:37
48. Lyk my ek mis ook alles....
Ruggas1 waar kom jy vandaan ????
Jy is klaarblyklik Danvel se beste !!!!
Geluk jou ou een sel organisme.
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Thursday, August 14, 2008 - 13:44
49.
BlouHenk,

Is jy seker jy is 'n Bul-ondersteuner...??

Jy lewer darem baie negatiewe kritiek oor die Bul-spelers...?!

Jy klink meer na 'n Shark-supporter...!!

Who is fooling who..??








Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, August 14, 2008 - 13:56
50. Die hoogste bome kry altyd eerste die wind, die dat dit voel of die Bul te nagekom word. In the Limelight in for critisism.
Groetnis Boues.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Thursday, August 14, 2008 - 14:37
51. AK, hoekom is jy so stil. Nou moet ek ander mense se twak lees.
Posted by Rustig (Centurion) Thursday, August 14, 2008 - 14:44
52. Hello Rustig.
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Thursday, August 14, 2008 - 14:49
53.
BlouHenk,

Feit 1

Geen skeidsregter kan 100% objektief wees as hy 'n game blaas nie.
Hy sal altyd in kritieke beslissings die voordeel van die twyfel aan een span bo die ander gee. (Soos gereeld bewys word met beslissings teen die Bulle.)

Feit 2.

Geen Springbok-afrigter is 100% objektief as hy sy Bok-span kies nie. Persoonlike voorkeure en afkeure sal altyd 'n rol speel in sy keuses. Dit het tot gevolg dat die "beste" speler nie noodwendig gekies word nie. Wat vir Jake White goed was, is nie noodwendig vir 'n ander afrigter goed nie.

Volgens Jake White was Luke Watson en Schalk Britz nie goed genoeg nie.

Maar Pieter Snorre het hulle vir sy Bok-span gekies.

Twee verskillende afrigers, ..twee verskillende kriteria....


Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, August 14, 2008 - 14:51
54. Blou os, onthou ou MCintosh van die sharks is 'n keurder, en hy het 'n invloed op die spankeuse.
Posted by Rustig (Centurion) Thursday, August 14, 2008 - 14:53
55.
Ruggas1 en Rustig,

Lees post 62 en leer iets van Rugby...

He he he he...!!!

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, August 14, 2008 - 14:59
56. Ruggas1

Ons kan nie so sleg wees as jy gereeld hier kuier nie...???
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, August 14, 2008 - 15:11
57. No man

Posted by AK (Keep the passion !!!!) Thursday, August 14, 2008 - 15:14
58.
Tot later !

..aan al die Bul -ondersteuners..

...en Ruggas1...

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, August 14, 2008 - 15:20
59. Cheers.......
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Thursday, August 14, 2008 - 15:24
60. Ja-nee, wragtig. Weet nie wat so erg aan daardie derde vers was nie... ten minste het dit bietjie insig en humor geverg om dit uit te dink. Nie soos daardie erbarmlike eerste twee verse en refrein van die "lied" nie. *spoeg*
Posted by WandaBul (Anderkant die Blou Berge) Thursday, August 14, 2008 - 16:05
61. Geen wonder hierdie site is deesdae so stil nie - wat het geword van mense se sin vir humor?
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Thursday, August 14, 2008 - 16:08
62. Dankie, LBB. Sê ek ook!
Posted by WandaBul (Anderkant die Blou Berge) Thursday, August 14, 2008 - 16:09
63. Rustig
ek het net gelees tot jy se dat Morne beter verdedig as DH,toe besef ek jy bestudeer nie die wedstryde nie!!

Sooibrand for president!!!!
Posted by waterberg (Nylstroom) Thursday, August 14, 2008 - 16:22
64. Blouhenk

Ek hoop regtig jy het gelees wat SOOIBRAND geskryf het....dit is vir my moeilik om te glo dat jy ooit kompeterende rugby gespeel het met sulke aantuigings .Jy wys jou onkunde. Ek WEN eerder voor ek kyk hoe my span soos afkop hoenders rondhardloop en verloor!
Rugby is n konstruktiewe spel,amper skaak......dis net deesdae wat die wereld dit soos rugby league wil laat word.Onthou julle hoe kwaad was die opponente vir Naas wat meestal met n skoon broek van die veld af is,hy het hulle name kiepie gemaak!!! EN ek stem saam met SOOIBRAND,Derrick en Johnny Wilkinson is van die min ander losskakels wat ook daai vermoe het!
Posted by waterberg (Nylstroom) Thursday, August 14, 2008 - 16:32
65. Ai! Is dit nou selfs 'n sonde as WandaBul en Little Blue Bull as dames op hierdie site aangespreek word? Nee wat, dit raak nou beyond belaglik hier.
Posted by WandaBul (Anderkant die Blou Berge) Thursday, August 14, 2008 - 16:46
66. Hallo Wandabul,

ek is bly om te sien dat daar nog ondersteuners is wat dink dat hierdie nuwe 'lied' belaglik is???
Posted by Joe-ZA Thursday, August 14, 2008 - 16:54
67. Ai, en dan ly onse webbie nog aan sensitiewe toontjies ook, lyk dit my. ;-)
Posted by WandaBul (Anderkant die Blou Berge) Thursday, August 14, 2008 - 17:10
68. Maar nou wonder ek... sê nou maar iemand skryf so 'n "lied" soos hierdie, en die BBM/BBRU én die Bloubulondersteuners vind dit absoluut afgryslik. Wat dan? Kan so iemand belet word om die ding vry te stel? Of sal dit deur 'n hofbevel verbied moet word?
Posted by WandaBul (Anderkant die Blou Berge) Thursday, August 14, 2008 - 17:15
69. LOL!!! Ek dink dat 'n hofbevel eerder verkry moet word om te verhoed dat dit vrygestel word...
Posted by Joe-ZA Thursday, August 14, 2008 - 17:24
70. Ons hoop maar dit was die narkose, Joe... maar ek sal nou nie juis geld daarop sit nie.
Posted by WandaBul (Anderkant die Blou Berge) Thursday, August 14, 2008 - 17:31
71. Het julle nie geweet dis 1 April vandag nie.....in die toekoms in!!!!!
Posted by Bergbok (Nou vir die Bokke) Thursday, August 14, 2008 - 18:32
72. Nee,daai liedjie is gebasseer op die Bloubul Bloggers se uitlatings hier!!!!
Gaan check maar terug war jul gese het!!!!
Posted by Bergbok (Nou vir die Bokke) Thursday, August 14, 2008 - 18:47
73. Bergbok, dit help nie jy sê ons moet gaan check wat ons gesê het nie. Want óf die oorywerige webmeestertjie/s verwyder mense se posts óf hy/hulle sensor of verander of haal woorde uit wat in ons oorspronklike posts gestaan het.

Kan iemand my dalk net sê wat so vreeslik daaraan is om die naam BarendSpeak te gebruik? Of was dit die bykans ondenkbare gedagte dat die man dalk nie van Steve se nuwe "lied" sal hou nie wat gemaak het dat die naam BarendSpeak uit my post nr. 79 verwyder is? Want ek het oorspronklik "BBM/BBRU/BarendSpeak én die Bloubulondersteuners" geskryf.

Lyk my die huidige gebrek aan humorsin op hierdie site is selfs erger as wat enigeen van ons vermoed of gevrees het.
Posted by WandaBul (Anderkant die Blou Berge) Thursday, August 14, 2008 - 20:24
74. Dag my bul vriende

Negativiteit smeer af en trek ver.Ons almal weet die Bulle het nou al jaar na jaar bewys ons het n wake up call nodig in die middel van die Currie beker.Die feit bly die Bulle het jaar na jaar n puik kompeterendespan opglewer.

Die bulle sal wen more aand,en dit is n kwessie van wie ons in die finaal speel.

Nie arrogansie nie.NET PASSIE !

Great naweek vir julle
Posted by sliver (cape Town ) Thursday, August 14, 2008 - 20:48
75. 84. WandaBul. Ek het nou al n paar keer probeer se dat ons afrigters (van Graan - voorspeler afrigter) sleg is omdat ons nie n plan B het nie. Elke keer word my post delete, selfs al noem ek hom nie n Aap nie. Hierdie Bulletjie 1 (askies as dit nie jy is nie, maar jy roem daarop dat jy die moderator is) moet n lewe kry. As n mens net n ander mening het, word jy gesensor. Vininig lees, voordat my mening weer delete word.
Posted by Blou Karnallie Thursday, August 14, 2008 - 21:49
76. EK moet net dit sê, Bulletjie1 is nie verantwoordelik vir die posts wat verander word of gedelete word of mense wat verban word nie, in die verlede het dit lekker rof gegaan op hierdie blog en is die ondersteuners erg deur ander spanne se ondersteuners getreiter ens, en daardie tyd was daar nie die beheer wat nou toegepas word nie, ek dink nogal dit het iets ook te doene met die Sharks se site waar daar nou glad nie meer gepost word nie, maar in elk geval toe daardie tyd het Bulletjie1 dit op homself geneem om die webmaster van toe in te lig oor wat aan die gang is op blog, maar lyk my ons nuwe webbie is op en top en hy geniet homself gate uit om te sensor, maar miskien is dit nogal nodig somtyds ek weet nie, nie dat ek sê dat wat enige een van julle gesê het verkeerd was nie, want ek het dit in elk geval nie gesien nie onthou, weet my sticker bewoording is mooi gekamoefleer nou.

So mense moenie vir arme Bulletjie1 die skuld gee nie.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Thursday, August 14, 2008 - 23:15
77. Blou Henk (post 53)

Jy is òf moedswillig òf daar is werklik fout met jou geheue. Kan jy onthou hoe Jake White vir Hanyani Shimange bo Gary Botha gekies het in die Bok-groep in 2004-2006, toevallig ook die tydperk toe Botha loshande die beste haker in die land was? Hy het dit gedoen om John Smit te beskerm, want hy het geweet as hy Gary saam met Smit in die groep kies, sal daar probleme wees. Gary was een van de gewildste spelers in Suid-Afrika, vra maar enige speler wat saam met hom gespeel het. En die spelers is nie dom nie. Hulle het geweet hy is die beste. Dus moes White hom liewer heeltemal uitlos, terwyl hy die politici terselfdertyd gepaai het met Shimange se keuse.

In 1995 het byna dieselfde ding gebeur, toe Tiaan Strauss uit die Bokspan vir die Wêreldbekertoernooi gelaat is, omdat hy gewild was by die spelers en die meerderheid hom as kaptein wou hê. Hy was die beste agtsteman in die land, maar hy is geoffer ter wille van Francois Pienaar, die welsprekende een wat die politiek reg gespeel het, maar nooit die beste flank in die land was nie.

Jou geheue is ook kort oor verlede jaar se Drienasies. Dit was 'n weggooi-span wat op die oorsese been gestuur is en dit het agterna uitgekom dat Jake hom nie veel aan hulle gesteur het nie. Hy (en die spelers) het geweet sy uitsoek-span vir die Wêreldbeker is klaar gekies. En hulle het geweet die Drienasies toernooi is klaar verloor. Hulle moes dus net die jaarprogram gaan afhandel. Derick Hougaard is 'n speler met BMT, as jy al ooit een gesien het. Hoe dink jy moes hy homself motiveer op daardie toer? Hoe moes hy sy kanse gebruik as White reeds vir almal vertel het Butch James en André Pretorius sal sy losskakels vir die WB wees?

Ek wil weer herhaal wat ek voorheen gesê het: In 2003 was Derick Hougaard 'n jong opwindende nuwe ster op die horison. Toe word hy vir die wolwe gegooi in daardie jaar se WB-toernooi en hy word een van die manne wat weggegooi word ná Suid-Afrika se katastrofiese mislukking. As White in 2004 dieselfde vertroue in Hougaard gestel het as wat hy in Percy Montgomery en John Smit gestel het (nie een van hulle was die beste in hul posisies op daardie stadium nie) en hy het Hougaard kans gegee om te ontwikkel en ervaring en selfvertroue op te doen, sou die hele wêreld vandag oor hom gekwyl het soos hulle maak as Dan Carter se naam genoem word!
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Thursday, August 14, 2008 - 23:28