You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Vlok works his magic


The Vodacom Bulls' place kickers Derick Hougaard and Morné Steyn, who are coached by Vlok Cilliers, had the highest goal kicking percentages in this year's Super 14 tournament.

Hougaard was topping the list with 26/31 (84 percent) while Steyn is in the third place with 28/36 (78 percent). The Blues' Nick Evans was second with 52/66 (79 percent).

Hougaard was also the leading goal kicker in 2007's competition when he had an 82 percent success rate.

Thus the Bulls had a 54/67 (81 percent) strike rate which was the highest by any team in 2008's competition.

The Blues came in second with 59/77 (77 percent) and the Stormers were in the third spot with 47/62 (76 percent).

It is interesting to note that the Crusaders, who eventually won the Super 14, were in the tenth spot with 51/79 (65 percent).

Cilliers, who is one of only four specialist kicking coaches in the Super 14, works with Hougaard and Steyn on a daily basis and he is constantly trying to improve their kicking techniques.

The only other teams that have a fulltime kicking coach are the Stormers (Louis Koen), Crusaders (Mick Byrne) and the Blues (Gareth Ashton).

Cilliers says he will work with Hougaard and Steyn for 30 minutes on a Monday, but on a Tuesday and Wednesday they will have a 45 minute workout.

"Normally on a Thursday we will see each other for 40 minutes and on the Friday we will have a quick 30 minute session."

Cilliers has transformed Steyn, who wasn't his school's first choice goal kicker, into a formidable and reliable kicker and he helped to mold and develop every other kicker at the Blue Bulls.

We all know how important goal- and tactical-kicking has become in the modern game and Cilliers' role at the Bulls is one of the pillars of the team's success in the last couple of seasons.



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. 1ste!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 10:14
2. 2de ....maar seker nie vir lank nie, dan word als weer afgevee.
Posted by ruggas1 Friday, July 04, 2008 - 10:23
3. Ek het gister `n e-pos aan julle webmeester gestuur, maar soos verwag, geen reaksie gekry nie. Lyk my die Bulle se administrasie stort in duie. Ek sien ook die ou-spelers het gevegte met mekaar. Nou ja, solank rugby oorwin.....
Posted by ruggas1 Friday, July 04, 2008 - 10:25
4. Skuus - Goeie werk Vlok. Lyk my jy ken jou storie.
Posted by ruggas1 Friday, July 04, 2008 - 10:26
5. Mag die Bokke die All Blacks laat swart sien, Province die Vrystaat laat mieleis kou en die Bulle die Haaie tot agter Durban se branders in gaffel.
Posted by Kaapse Disa (WP, Jou Lekker Ding) Friday, July 04, 2008 - 10:30
6. Disa , die Bokke ?

O , jy bedoel die "Zanu-WP Alliansie"
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 10:32
7. Bloublitz, waa val jy nou uit. Wat bedoel jy Zanu-WP alliansie
Posted by Kaapse Disa (WP, Jou Lekker Ding) Friday, July 04, 2008 - 10:34
8. Kyk na die span.........
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 10:35
9. Kyk Saterdag na die telling................
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 10:35
10. Het julle gesien wat ou Corne Krige oor die nuwe All Black kaptein, Rodney So'iallo, gesê het?

Is bly om te sien John Smit het hom oor die vingers getik daaroor.

Sy stelling sal in sy gesig ontplof, veral as die AB die Bokke 'n groot pakslae gee.
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 10:37
11. Ek tel 4 Bulle en 4 Province 4 sharks (Butch ingesluit), 2 Cheetahs en 1 Leeu. Lyk vir my soos n gebalanseerde bokspan. Waar is die WP Alliansie?
Posted by Kaapse Disa (WP, Jou Lekker Ding) Friday, July 04, 2008 - 10:38
12. Hello Versie.

Ja , 'n mens kon nog nooit Corne se uitlatings verstaan nie.
Wie het in elke geval sy opinie gevra ?
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 10:40
13. More Disa,

Ek dink hy praat dalk van die 1 WP speler, wat ons almal weet, nie daar hoort nie.

Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 10:41
14. Disa , jy vergeet seker van jou kamerade:
Watson (+ pappie en familie)
Mujati ( Boer en grondbaron van formaat)
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 10:41
15. Ek stem bloublitz!

Het nog nooit baie van die ou gehou nie!

Maar John het hom op sy plek gesit met sy "rent-a-quote" opmerking!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 10:43
16. Welgedaan Vlok, Derick en Morne. Skoppe is ook punte en het al vele wedstyde gewen en gaan nog baie wen. Ek sal graag wil weet wat is Willem de Waal se persentasie.

"It is interesting to note that the Crusaders, who eventually won the Super 14, were in the tenth spot with 51/79 (65 percent)." Dit wys ook dat jy makliker wedstryde kan wen met driee. Kom Bulle, druk asb daai driee.
Posted by James Bond (Centurion) Friday, July 04, 2008 - 10:45
17. Ok, nou verstaan ek beter thanks. Hou self nie van Cheecky nie, maar ek dink darem nie hy's die keer daar oor sy Pa nie. PDV lyk nie na die tipe ou wat baandjies vir boeties sal toelaat nie. As Wickus reg was sou Watson dit in elk geval nie gemaak het nie.

Wat Mujati betref...nou ja toe, ons kan sker nie sy pa se sondes teen hom hou nie
Posted by Kaapse Disa (WP, Jou Lekker Ding) Friday, July 04, 2008 - 10:46
18. JB,

Jy's 'n punt daar beet!
Die Bulle is tot baie meer drieë in staat.
Dis net asof die afronding nog bietjie sukkel?


Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 10:47
19. Disa,

Ek voel ook ons kan nie sy pa se sondes teen hom hou nie, maar wat van die spelers wat uitgelaat word uit die Bokspan om plek te maak van transformasie?

Word dit nie maar ook met hulle gedoen nie?

Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 10:49
20. Jammer vir al die tikfoute.
Lyk my die fingers voel die winter die meeste!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 10:50
21. Bulversie, nee daar stem ek saam met jou. Meriete behoort die enigste maatstaf te wees.
Posted by Kaapse Disa (WP, Jou Lekker Ding) Friday, July 04, 2008 - 10:54
22. (19) Presies versie
Posted by ruggas1 Friday, July 04, 2008 - 10:54
23. Disa , jammer het "server" probleme gehad.
Kom ons los dit maar - elke persoon het sy opinie.
A.g.v. Mujati kan ek NIE die Bokke "support" nie.
Het familie wat vriende is met die mense wat van hul plaas afgesit is in Zim.
Volgens hulle is Mujati nie so onskuldig soos hy maak nie.
Plaas alle blaam op sy pa , maar was self ook op die plaas en het baie
te sê gahad oor velkleur , vrouens ens.

Ek persoonlik kan nie my gewete verkrag en hom "support" nie.
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 10:58
24. Sorry "gahad" moet wees "gehad"

**grin** klink soos PAGAD !!!
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 10:59
25. Disa ......en ek tel 8 Wp in die span.
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 11:00
26. Oud-spelers brom oor oud-spelers

Morris Gilbert (Beeld)

Die president van die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU), Boet Fick, kan dalk ingryp in die voortslepende geskil tussen die huidige bestuur van die Oud-spelersvereniging en ’n ander groep oud-spelers.
Fick het gister uit Messina gesê hy kan nie kommentaar lewer op die mediaverklaring wat gister deur die beswaarde groep se segsman, die gewese Springbok-kaptein Wynand Claassen, vrygestel is nie.
“Ek het dié verklaring nog nie onder oë gehad het nie. My laaste mededeling aan die strydende partye was ’n versoek dat hulle mekaar aanstaande week ontmoet om die geskil onderling te probeer bylê,” sê Fick.
Die beswaarde groep stel dit onomwonde in sy verklaring dat hy klaar gepraat het en daarom nou die media se hulp oproep om die geskil op die spits te dryf.
Die beswaardes sê dat daar dadels van al hul versoeke en ook ondernemings wat teenoor hulle gemaak is, gekom het. Hulle voel dat hulle reeds sewe maande lank die regte kanale gevolg het om die huidige bestuur van die Oud-spelersvereniging uit die kussings gelig te kry en dat ’n buitengewone jaarvergadering reeds voor April gehou moes gewees het.
In dié tyd het regstreekse gesprekvoering met sowel die bestuur van die Oud-spelersvereniging as die BBRU, wat as bemiddelaar optree, geen resultate opgelewer nie.
Die beswaardes stel dit duidelik dat hulle hul nie met die huidige bestuur van die Oud-spelersvereniging kan vereenselwig nie. Hulle distansieer hulle ook van die Oud-spelerstrust en negatiewe kommentaar wat in die verlede oor onder andere Heyneke Meyer en Jake White gelewer is.
“Die huidige bestuur is nie kragtens die grondwet van die Oud-spelersvereniging verkies nie en kan geen afdwingbare besluite neem, poste beklee, of verklarings namens die vereniging maak nie,” lui die verklaring van die beswaardes.
Groot kommer word uitgespreek oor die Oud-spelersvereniging se versuim om ondanks herhaaldelike versoeke sakelyste en notules van jaarvergaderings asook geouditeerde finansiële state beskikbaar te stel.
Die beswaardes, wat uit ’n groot groep bekende rugbypersoonlikhede bestaan, sê dat die huidige bestuur van die Oud-spelersvereniging “deur slegs 22 stemgeregtigde lede verteenwoordig word (2 % van alle oud-spelers)”.
In ’n kwalik onbedekte waarskuwing sê die beswaardes ook “ons wil nie in ’n hofgeding betrokke raak om ons regte afgedwing te kry nie”.
Fick sê: “As die beswaardes nie kans sien om verder met die huidige bestuur van die Oud-spelersvereniging gesprek te voer nie, sal ek my straks tot die grondwet van die BBRU moet wend wat my toelaat om regstreeks by sulke geskille in te gryp.”
Piet Uys, ’n gewese Bok-skrumskakel, is die huidige voorsitter van die Oud-spelersvereniging en ex officio ook ’n vise-president van die BRU.
*I daar nog manne wat wil beweer dat die Bulle se probleme iets van die verlede is?

Vir my lyk dit of iemand hier 'n verskuilde agenda het. En ek dink nie dit Wynand Claassen nie, want hy het in enkele jare bewys hy dien rugby, toe hy Tukkies in die dumps opgetel het. Hulle het verlede jaar onder sy leiding weer klubrugby in Pretoria oorheers.

Miskien moet Wynand sommer die hele paleisrevolusie lei. Ek dink hy is oopkop genoeg om die ideale president van die BBRU te word in hierdie moeilike tye!

Die Piet Uys-bende het nou genoeg skade gedoen. Hulle moet uit!
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Friday, July 04, 2008 - 11:00
27. ruggas1,

wie support jy ?
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 11:00
28. Net nog 1 ding.

Hy is van Zimbabwe, en ek weet hy is nou al seker 'n wettige Suid-Afrikaanse burger.
Maar hou hy nie nou 'n hier gebore Suid-Afrikaner uit die span uit nie?
Vir wie help transformasie dan nou eintlik?
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 11:02
29. Hi Sooi Brandt
Ek stem.

Dink ook dit is hoog tyd vir die bestuur om te GAAN.
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 11:03
30. Bloublitz. ek praat van die beginspan
Posted by Kaapse Disa (WP, Jou Lekker Ding) Friday, July 04, 2008 - 11:03
31. Die Blitz - Ludeke Barometer:

FL wedstryde betrokke by die Bulle = 15
Wedstryde gewen = 7 ( 6 in S14 en 1 CC)

Prestasie: 47% algeheel
46% S14
50% CC

Ons hou dop........................
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 11:07
32. Genoeg politiek!!

Gaan die Bulle more die Sharks se agterente skop of wat?
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 11:07
33. Reg so Disa.
Kom ons stem ooreen dat ons opinies verskil.
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 11:08
34. Versie,

hel , ek hoop so.
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 11:08
35. Bloublitz. In die haak met my
Posted by Kaapse Disa (WP, Jou Lekker Ding) Friday, July 04, 2008 - 11:09
36. Wie van julle gaan Loftus toe?
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 11:09
37. Wel, ek gaan, en ek hoop Loftus is so pragtig blou soos wat hy so baie verlede jaar was!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 11:12
38. More Kaapse Disa. Is die berg oop of bly jy nie daar nie?

Ek hoop net CJ vd Linde gaan 80 minute kan volhou more. Soos jy se, Mujati se pa se dinge is sy pa s'n. Brain is nes Eddie Andrews, nog nie ryp om die groot honde aan te vat nie. Vele stutte het in die verlede verlore geraak omdat hulle te vinnig ryp gedruk is. Vaskoppe word soos goeie wyn stadig en tydsaam gekweek. Kan nou nog nie glo dat BJ Botha nie in NZ is nie - ek wou hom ook nie more op Loftus gehad het nie !!!

Joe v Niekerk se keuse is nie sleg nie. Hy was goed in die S14 en het ervaring. Ek sou Spies of Kankowski op die bank kies MAAR PdV is duidelik bekommerd dat Schalk nie 80 min gaan hou nie en dan is Luke seker 'n beter fetcher as die res. Hoop maar die bene en lywe hou.

Sterkte Bokke en baie sterkte aan Adrian en Jean. As julle die beste senterpaar in die wereld in toom kan hou, is die stryd halfpad gewen.
Posted by James Bond (Centurion) Friday, July 04, 2008 - 11:14
39. Stem saam James. Ek sou egter eerder vir Heinke V D Merwe daar wou gesien het, maar dan moes hulle hom van die begin van die seisoen daar gehad het
Posted by Kaapse Disa (WP, Jou Lekker Ding) Friday, July 04, 2008 - 11:18
40. Versie , ek gaan.
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 11:20
41. Waar sit jy gewoonlik , Versie ?
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Friday, July 04, 2008 - 11:20
42. Praat later weer!

Lekker dag almal!!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 11:20
43. Bloublitz,

Op die hoofpaviljoen, onder, blok N, ry E
Ek het seisoenkaartjies.
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 11:22
44. Tellings vir Saterdag:

Bulle 28 - 16 Chokers - Rustig
Bulle 21 - 14 Chokers - P2
Bulle 22 - 13 Chokers - Bergbok
Bulle 31 - 15 Chokers - AK
Bulle 26 - 13 Chokers - LB
Bulle 30 - 20 Chokers - B-i-B
Bulle 33 - 22 Chokers - B1
Bulle 43 - 22 Chokers - Die Stier
Bulle 28 - 14 Chokers - Blouboerseun
Bulle 34 - 18 Chokers - LUG BLOU
Bulle 27 - 12 Chokers - Jimmy
Bulle 17 - 24 Chokers - BITE*ME
Bulle 26 - 18 Chokers - Realistix
Bulle 17 - 09 Chokers - Blitz
Bulle 16 - Chokers 10 - Axeman

Bokke 16 - 42 NZ - AK
Bokke 12 - 34 NZ - LB
Bokke 21 - 25 NZ - B-i-B
Bokke 23 - 45 NZ - B1
Bokke 28 - 38 NZ - Die Stier
Bokke 28 - 22 NZ - BITE*ME
Bokke 17 - 36 NZ - Blouboerseun
Bokke 21 - 15 NZ - LUG BLOU
Bokke 20 - 19 NZ - Jimmy
Bokke 15 - 13 NZ - Bergbok
Bokke 15 - 32 NZ - Realistix
Bokke 09 - 21 NZ - Blitz
Bokke 08 - 16 NZ - Axeman


Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Friday, July 04, 2008 - 11:22
45. Tot later dan!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, July 04, 2008 - 11:25
46. Die spelers moet maar by die politici en kerke gaan leer. As jy verskil met iemand, stig af en begin jou eie, nuwe, beter party of kerk. Zimbabwe stel so mooi voorbeeld - almal werk saam. Nou is daar net een party. Geen stryery meer nie anders is jy dood.

Ek sal graag wil weet presies waaroor verskil die oud-spelers met die ou-oud-spelers. Waar pas die huidige spelers in? En wat van die toekomstige spelers (grappie).

Ek het nog altyd geglo Piet Uys en kie is juis daar om rugby te dien en NET RUGBY.................
Posted by James Bond (Centurion) Friday, July 04, 2008 - 11:31
47. Kaapse Disa #39

Heinke skrum baie goed op loskop. Ons probleem is op vaskop. Miskien moet die boffins Heinke help om 'n vaskop te word. Ons het baie min diepte op vaskop. Op toetsvlak is dit tans net CJ en BJ. Ek sou graag more vir CJ op loskop en BJ op vaskop gehad het. Ek glo dit sal ons 'n goeie fondasie gee in die skrums. CJ is goed in die los en as BJ moeg is kan CJ vaskop toe en Guthro kan dan op kom. Net jammer PdV het my nie gevra nie !!!
Posted by James Bond (Centurion) Friday, July 04, 2008 - 11:40
48. Stem JB, die AB website se hulle gaan ons voor aanvat want hulle beskou dit as ons swakpunt.......
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Friday, July 04, 2008 - 11:45
49. Tellings vir Saterdag:

Bulle 28 - 16 Chokers - Rustig
Bulle 21 - 14 Chokers - P2
Bulle 22 - 13 Chokers - Bergbok
Bulle 31 - 15 Chokers - AK
Bulle 26 - 13 Chokers - LB
Bulle 30 - 20 Chokers - B-i-B
Bulle 33 - 22 Chokers - B1
Bulle 43 - 22 Chokers - Die Stier
Bulle 28 - 14 Chokers - Blouboerseun
Bulle 34 - 18 Chokers - LUG BLOU
Bulle 27 - 12 Chokers - Jimmy
Bulle 17 - 24 Chokers - BITE*ME
Bulle 26 - 18 Chokers - Realistix
Bulle 17 - 09 Chokers - Blitz
Bulle 16 - Chokers 10 - Axeman
BULLE 35-12 CHOKERS -BLOURIL


Bokke 16 - 42 NZ - AK
Bokke 12 - 34 NZ - LB
Bokke 21 - 25 NZ - B-i-B
Bokke 23 - 45 NZ - B1
Bokke 28 - 38 NZ - Die Stier
Bokke 28 - 22 NZ - BITE*ME
Bokke 17 - 36 NZ - Blouboerseun
Bokke 21 - 15 NZ - LUG BLOU
Bokke 20 - 19 NZ - Jimmy
Bokke 15 - 13 NZ - Bergbok
Bokke 15 - 32 NZ - Realistix
Bokke 09 - 21 NZ - Blitz
Bokke 08 - 16 NZ - Axeman
BOKKE 12 - 36 NZ BLOURIL
Posted by BLOU_RIL (GEE HULLE HORINGS!!!!!!!!!!!!) Friday, July 04, 2008 - 11:50
50. More almal

Piet Uys en kie moet die bulle nou met rus laat. Hulle het in 'n totale ander era rugby gespeel en van hulle opmerkings bewys dat hulle uit voeling met die spel geraak het.
Hoe kan 'n groep wat Heyneke Meyer(die beste profinsioale afrigter die afgelope 2 dekades) wou laat afdank nog vir raad gevra word.
Hulle was legendes in hulle eras maar rugby het verander en hulle het agter gebly
Posted by blouHenk (PE) Friday, July 04, 2008 - 11:55
51. Bulle 31 - 20 Chokers
All Blacks 32 - Bokke 34
Posted by Bulls_up (Pretoria) Friday, July 04, 2008 - 11:56
52. JB

CJ is beslis goed genoeg, maar Mujati is nog nie genoeg getoets om nou al 'n oordeel oor hom te vel nie. Ek is ook effens bekommerd.
Posted by blouHenk (PE) Friday, July 04, 2008 - 11:58
53. Fourie Du Preez AND H. Adams to be selectable as from next week !
You heard it hear first !!!!
Posted by Bulls_up (Pretoria) Friday, July 04, 2008 - 12:01
54. Tellings vir Saterdag:

Bulle 28 - 16 Chokers - Rustig
Bulle 21 - 14 Chokers - P2
Bulle 22 - 13 Chokers - Bergbok
Bulle 31 - 15 Chokers - AK
Bulle 26 - 13 Chokers - LB
Bulle 30 - 20 Chokers - B-i-B
Bulle 33 - 22 Chokers - B1
Bulle 43 - 22 Chokers - Die Stier
Bulle 28 - 14 Chokers - Blouboerseun
Bulle 34 - 18 Chokers - LUG BLOU
Bulle 27 - 12 Chokers - Jimmy
Bulle 17 - 24 Chokers - BITE*ME
Bulle 26 - 18 Chokers - Realistix
Bulle 17 - 09 Chokers - Blitz
Bulle 16 - 10 Chokers - Axeman
Bulle 35 - 12 Chokers - BLOU_RIL
Bulle 31 - 20 Chokers - Bulls_up


Bokke 16 - 42 NZ - AK
Bokke 12 - 34 NZ - LB
Bokke 21 - 25 NZ - B-i-B
Bokke 23 - 45 NZ - B1
Bokke 28 - 38 NZ - Die Stier
Bokke 28 - 22 NZ - BITE*ME
Bokke 17 - 36 NZ - Blouboerseun
Bokke 21 - 15 NZ - LUG BLOU
Bokke 20 - 19 NZ - Jimmy
Bokke 15 - 13 NZ - Bergbok
Bokke 15 - 32 NZ - Realistix
Bokke 09 - 21 NZ - Blitz
Bokke 08 - 16 NZ - Axeman
Bokke 12 - 36 NZ - BLOU_RIL
Bokke 34 - 32 NZ - Bulls_up

Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Friday, July 04, 2008 - 12:43
55. Sharks Match 22:

15. Stefan Terblanche
14. Monty Dumond
13. Waylon Murray
12. Andries Strauss
11. Henno Mentz
10. Brad Barritt
9. Scott Mathie
8. Keegan Daniel
7. Nic Strauss
6. Jacques Botes
5. Johann Muller ( Capt )
4. Albert van den Berg
3. BJ Botha
2. Skipper Badenhorst
1. Deon Carstens

Replacements
16. Craig Burden
17. Jannie du Plessis
18. Alistair Hargreaves
19. Skholiwe Ndlovu
20. Charl McLeod
21. Riaan Swanepoel
22. Chris Jordaan
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Friday, July 04, 2008 - 12:51
56. BlouHenk # 52

Ja, Mujati het nie oortuig in die S14 of teen Wallis / Italie nie. Ek kan nie dink dat die All Blacks in 'n (nat?) NZ 'n leerskool vir 'n voorry is nie. Hou in gedagte dat dat CJ vroeg beseer kan word en dan moet Brain 70 min speel !!!!

As dit gebeur beter hulle 'n besering "fake" en vra vir "uncontested" skrums. As jy nie sterk is nie wees slim.
Posted by James Bond (Centurion) Friday, July 04, 2008 - 12:54
57. Wat n naweek le weer voor - rugby, rugby, en nogmaals, rugby. GP (Go Ferrari, Kimi en Massa), en tennis!!! Ogies weer "square" Maandag LOL
Geniet die naweek vriende en GO DIE BESTE, ENIGSTE BLOU!!!
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Friday, July 04, 2008 - 13:01
58. Ek twyfel of die span so gaan speel. Verwag maar veranderinge voor die game - ou Sharks storie. Ek kry nagmerries oor ons lynstane. Die Sharks het 2 goeie CB slotte wat ons lynstane maklik sal neutraliseer. Ek hoop net FL en Kuun het die regte doepa gevind vir lynstaanbesit.

More is die dag van buite senters en uitdagings. Marius en Adi het more reuse uitdagings en ek hoop hulle slaag beide - dan wen die Bulle en die Bokke.
Posted by James Bond (Centurion) Friday, July 04, 2008 - 13:05
59.
Bulle 28 - 16 Chokers - Rustig
Bulle 21 - 14 Chokers - P2
Bulle 22 - 13 Chokers - Bergbok
Bulle 31 - 15 Chokers - AK
Bulle 26 - 13 Chokers - LB
Bulle 30 - 20 Chokers - B-i-B
Bulle 33 - 22 Chokers - B1
Bulle 43 - 22 Chokers - Die Stier
Bulle 28 - 14 Chokers - Blouboerseun
Bulle 34 - 18 Chokers - LUG BLOU
Bulle 27 - 12 Chokers - Jimmy
Bulle 17 - 24 Chokers - BITE*ME
Bulle 26 - 18 Chokers - Realistix
Bulle 17 - 09 Chokers - Blitz
Bulle 16 - 10 Chokers - Axeman
Bulle 35 - 12 Chokers - BLOU_RIL
Bulle 31 - 20 Chokers - Bulls_up
Bulle 38 - 19 Chokers - Bloubosvelder

Bokke 16 - 42 NZ - AK
Bokke 12 - 34 NZ - LB
Bokke 21 - 25 NZ - B-i-B
Bokke 23 - 45 NZ - B1
Bokke 28 - 38 NZ - Die Stier
Bokke 28 - 22 NZ - BITE*ME
Bokke 17 - 36 NZ - Blouboerseun
Bokke 21 - 15 NZ - LUG BLOU
Bokke 20 - 19 NZ - Jimmy
Bokke 15 - 13 NZ - Bergbok
Bokke 15 - 32 NZ - Realistix
Bokke 09 - 21 NZ - Blitz
Bokke 08 - 16 NZ - Axeman
Bokke 12 - 36 NZ - BLOU_RIL
Bokke 34 - 32 NZ - Bulls_up
Bokke 12 - 21 NZ - Bloubosvelder

Posted by Bloubosvelder (Lephalale) Friday, July 04, 2008 - 13:11
60. Hallo Bulle,

Ja, Little Blue Bull, wat 'n naweek wat voorlê! Ek glo die Bulle skuld die Sharks 'n loesing van proporsies! Ons S14 treintjie is deur 'n baie steriele Sharks span ontspoor, en ek dink dis hoog tyd dat ons sake reg stel.

Wat my egter bekommer, is die Bokke. Almal is dit eens dat die All Blacks daar is om gepluk te word (bestaan dit in Afrikaans?).

Met die besering van Richie, en met die speler uittog na Europa, is NZ miskien
op sy kwesbaarste in 'n lang ruk. As ons die regte span gekies het, glo ek ons sou hulle kon stamp. Maar toe kies PdV 'n span met duidelike swak plekke.

Danie Rossouw is 'n moet op 8ste man. Ek glo hy het genoeg in die S14, en die voorafgaande Wêreldbeker, gedoen om 'n regverdige kans gegun te word.

Ek sou ook met Percy begin het, veral omdat ek in hom 'n baie goeie stelskopper het, en ook omdat sy teenwoordigheid in die span die All Blacks van 'n aanvalstegniek ontneem (in my opinie). Percy is baie goed onder die hoë bal, hy het 'n groot voet, en ek dink die All Blacks sal 2 keer dink voordat hulle hoë balle op hom "mors"- hy sal dit met rente terug stuur. Jantjes is opwinded, maar dis toetsrugby hierdie, en nie die groepsfase van die S14 nie!

My buitesenter sou Frans Steyn wees. Ek dink sy verdediging is goed genoeg om Conrad Smith in toom te hou, en ek dink hy, saam met Jean, bring 'n fisiese dimensie tot die Bok middelveld. Sy balverspreiding tel teen hom, hy kan, of wil net nie uitgee nie! Met hom in die span, het jy 'n 40% kans om 3 punte vanuit jou eie halfgebied te kry!!! Dis sy skop statistieke; ons weet dit, die Aussies weet dit, en die All Blacks weet dit. Dis 'n statistiek wat Saterdag in my kop sou wees as ek dit dalk oorweeg om in die verkeerde kant van die losgemaal in te boender.

Die stutte is alreeds bespreek, begin met CJ en BJ, en bring Guthro op met so 30 minute se speeltyd. Guthro is wonderlik in die los, maar in die skrum sukkel ons Bulletjie.

Ek sou Spies op my bank hê, en met so 30 minute oor, sal hy my 8ste man wees, met Danie wat in Schalk se plek op flank speel. Soos die Bok span nou lyk, is daar anyway net 'n over-rated, wedstryd-onfiks Schalk wat die rol van fetcher speel.

Dis my Bok span, maar nou ja, in die woorde van James, Peter het my nie gevra nie...
Posted by Joe-ZA Friday, July 04, 2008 - 13:34
61. Joe-ZA

Onder die nuwe reels hoort Danie op slot, hy het 'n baie goeie wereldbeker gehad maar het nie die spoed en stamina om met die ligter voorspelers in die los te kompeteer nie. Richie Mcaw het 6kg verloor om hom by die nuwe reels aan te pas!

Percy hoort volgens my ook op heelagter, met Jantjies op die regtervleuel. Jantjies is opwindend soos jy se, maar ook baie meer stabiel as die ander regtervleuel opsies. En met sy skopvoet is daar niks fout nie.
Kan nie wag tot Fourie dP terug is nie. Sy skopvoet sou more vir ons goud werd gewees het.

Ek stem saam dat Schalk dalk onfiks moet wees op die oomblik, maar hy is beslis nie overrated nie. As 'n getroue bul voel selfs ek gemaklik om hom as die beste losvoorspeler in die wereld te beskou.
Posted by blouHenk (PE) Friday, July 04, 2008 - 13:47
62. Hallo james bond alias 007, jy ondersteun seker die sharks.
Posted by Rustig (Centurion) Friday, July 04, 2008 - 13:55
63. Rustig

Hoe kan jy dit aflei?
Posted by blouHenk (PE) Friday, July 04, 2008 - 13:57
64. Want sy naam sê alles, "undercover".
Posted by Rustig (Centurion) Friday, July 04, 2008 - 14:13