You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
WP seal match in final quarter


The Vodacom Blue Bulls were controlling the match for more than 70 minutes but two late tries by the WP secured a 26-17 victory for Allister Coetzee's team.

The Blue Bulls played hard uncompromising rugby in the first half and after tries by JP Joubert and Pedrie Wannenburg they were leading 14-3 at the break.

In the second half Morné Steyn kept the Bulls' scoreboard ticking with a cheeky drop goal in the 48th minute, but the tide swayed in the WP's favour when Hilton Lobberts received a yellow card for a high tackle on Wylie Human in the 69th minute.

With Lobberts in the sin bin the WP ran from everywhere on the park and it wasn't long before Gio Aplon scored his team's first try.

Four minutes later the Springbok Gcobani Bobo dived over for the Capetonians' second try and the end result was that the WP scored 14 unanswered points during the ten minutes when the Bulls were playing with 14 men.

The Bulls played superb rugby for 70 minutes and in spite of the lost it will be unfair not to single out a few players. Pedrie Wannenburg, Deon Stegmann and Danie Rossouw did a great job in the loose as well as on the ground and in the scrums the front row of Werner Kruger, Derick Kuün and Jaco Engels will be proud of their performance.

The Bulls lost a few lineouts on their own throw-in, but regardless of this, Wilhelm Steenkamp and Francois van Schouwenburg, spoiled a number of WP's ball and in the tight loose they did everything that you can expect from a lock.

Morné Steyn had a wonderful afternoon at flyhalf but at the end the Bulls will be highly disappointed with the yellow card, because they did all a team needs to do to win at Newlands.

The Bulls' discipline was superb throughout the match, they took their changes when they had to, the defended like tigers, but the final word belonged to WP who exploited the situation in the last seven minutes while they had the extra man.

Scorers:

Vodacom Blue Bulls: Tries: JP Joubert and Pedrie Wannenburg. Conversions: Morné Steyn (2). Drop goal: Morné Steyn.

WP: Tries: Gio Aplon and Gcobani Bobo. Conversions: Willem de Waal (2). Penalties: Willem de Waal (4).



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. 1 ste soos die TMO
Posted by Cecil (nou die BLOU) (pretoria) Saturday, June 28, 2008 - 20:31
2. 2de soos die Bulle.

Ons manne het n' wedstryd verloor wat nie verloor moes gewees het nie.Ek kan nie glo dat ons volhard met Hilton Loberts nie,Ludeke het in sy voorskou oor de Waal se skopvoet gepraat en hoe ons nie foute kan bekostig nie- maar hy stuur Loberts op.Almal weet die man is die grootste loskanon op die veld en dat hy met sy spel altyd gevaar loop om strafskoppe af te staan.Ons kan nie hierdie man bekostig nie.Ek stem nie saam met die afhaal van Danie,Francois,Kruger en JP nie - ek dink die vervanging het die druk van die WP op n' kritieke tyd afgehaal.Rayno Gerber is vir my nie werklik op vorm nie - ons het selfs n' vaskop afgestaan nadat Kruger afgehaal was,na Loberts af is was die druk nog groter op jong onervare manne.
Dit is nog nie die einde van die wereld nie maar ons kan nie wedstryde so wegsmyt,deur ongedissiplineerdheid nie.Ek sal graag wil sien dat Jaques Burger nou sy kans sal kry,Loberts is nie die antwoord nie.Stuur hom soos Butch James vir behandeling-dalk verbeter sy dissipline.
Ek dink ook ons het in die 2de helfte nie die wind benut om in die WP se 25 te speel nie,Steyntjie het 2x hangskoppe geskop waar ons vir die hoeke mos geskop het.Dalk het ons lynstaan gesukkel hom laat besluit om eerder hangskoppe te probeer,WP het baie veld gewen van die skoppe.
Ons sal ernstig aan ons lynstane moet werk- ons verloor te veel balbesit hier.
Geluk aan die manne wat soos altyd hulle kant gebring het- dit was nie julle skuld nie.
Soos Frik gespreek het " Kom ons vat maar weer die bicycle by die handvatsels" daar is n' nuwe week wat wag.
Ons bloed sal altyd Blou bly.Groete aan almal.
Posted by vryman (Standerton) Saturday, June 28, 2008 - 20:53
3. Boys,

Ons moes nie die game verloor het nie....

Wat verby is is verby,

Vasbyt en konsentreer nou op die volgende game.

Groete van Warm Dubai
Posted by Dubai Bul (Dubai) Saturday, June 28, 2008 - 21:00
4. Ai. Die lekker wil net nie ophou nie
Posted by Kaapse Disa (WP, Jou Lekker Ding) Saturday, June 28, 2008 - 21:51
5. Disa, hoekom ? wat doen jy ?
Posted by alf (calvinia) Saturday, June 28, 2008 - 21:59
6. Naand al die Bloues

Kon nie die game 5h00 kyk nie en het nou eers na die 'replay' gekyk al het ek geweet wat die score is

My afleiding?
Die TMO was skokkend!!!!
Voeg nog daarby 'n eenogige skeidsregter (veral die laaste 20min.), en geen span sal wen nie!!!

Jammer Bergbok en Kaapse disa, maar nie eers julle kan sê dat al die beslissing korrek was nie.

Genade, van wanneer af is daar 'n vuishou en die ou kry net 'n strafskop teen hom?
Dis mos ten minste 'n geelkaart of is daar dalk nou 'n nuwe reël waarvan ek nie weet nie.?

Kyk oor Hilton se hoogvat wil ek nie eers praat nie, want hoog was dit hoog en dalk selfs 'n "swinging arm", maar net 'n ruk voor dit word Wynand nie 1 keer nie maar 2 keer in dieselfde beweging deur dieselfde speler met 'n "swinging arm" ook om die nek gegryp, maar o wee.....!
Shaun Veldsman sien niks gemene spel nie!!
Is die man blind gewees vanaand?
As Hilton 'n geel kaart gekry het vir 2 keer namekaar se vuilspel dan moes die mannetjie ook mos gaan afkoel het!!

En van die voorentoe aangee, kyk, maak nie saak hoe skeel mens ook al probeer wees nie, daai aangee was beslis ten minste 1m voorentoe, en die TMO met al die hoeke en 'angles' tot sy beskikking kan of wil dit nie sien nie!!!

Nee wat, ek sou graag wou sê die WP verdien die wen, maar dit was duidelik nie die geval nie!!
Dit was beslis meer 'n geval van wie hou die skeidsregters die meeste en dit het hulle vanaand vir ons gewys!!!

Jammer Bulle dat julle al weer aan die ontvangkant van sulke uiters swak skeidsregters moes wees.
Mens kan maar net hoop en bid dat geregtigheid sal seevier!!!





Posted by Bulversie (Potchefstroom) Saturday, June 28, 2008 - 22:02
7. Alf...Briljant. Nee, dis amper so lekker soos daai
Posted by Kaapse Disa (WP, Jou Lekker Ding) Saturday, June 28, 2008 - 22:06
8. En ja Alf, jy lees reg dis 'n "D"
Posted by Kaapse Disa (WP, Jou Lekker Ding) Saturday, June 28, 2008 - 22:09
9. Versie jy stel dit so mooi, stem saam met jou honderd persent, en dan praat ek nie eers oor die belaglike "trip" van Wynand nie, ek het oopmond daardie game gesit en kyk.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Saturday, June 28, 2008 - 22:17
10. Naand Daisy,

Ja kyk, dit lyk of hulle eerder in mekaar in vas hardloop, maar ou Veldsman wou seker hê hy moes in sy spore doodstop.

Ek hoop van harte AJ en Des Fountain word uitgewys.
Hulle kan maar vir Lobberts ook uitwys as hulle wil.

Dit raak net nou te belaglik dat die Bulle elke keer aan die korste end trek.
Was daai "swinging arm" van hulle JP Nel gewees, is hy belis gegeelkaart en nog geskors ook.
Dieselfde met die vuishou, as dit dalk Lobberts of Bakkies was, was dit heel waarskynlik 'n geelkaart of selfs 'n rooie.

Ons kan nie elke keer kla as dit in die S14 met een van ons spanne gebeur nie maar in ons eie plaaslike reekse gaan dit beroerd nie!!!

Dis nou tyd dat iemand op staan en die dinge regruk!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Saturday, June 28, 2008 - 22:27
11. Versie weereens stem ek saam met jou, die feit is dit was nie eers net een vuishou of een keer se swinging arm nie, ne.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Saturday, June 28, 2008 - 22:32
12. Nes jy daar sê.

Dit was uiters skokkende beslissings!!!

En dis nou maar eenmaal so dat as die Bulle paar sulke swak beslissings teen hulle kry, val hulle altyd uit die bus uit.

Nietemin, dit hoort nie in vandag se rugby nie.
Dit is immers 'n profesionele sport en net soos die spelers hulle moet weerhou van vuil of gemene spel, behoort die skeidsregters hulle ook profesioneel en onpartydig te gedra.

Ek kan dit beslis nie van vandag se skeidsregters sê nie.

Sal graag wil hoor wat hulle verduidelikings vir die beslissings is.
Met al die tegnologie wat ou Veldsman tot sy beskikking gehad het behoort sy antwoorde nogal interessant te wees
Ek wens Joost wil hulle vir ons op Superrugby kry dat ons hulle self kon vra!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Saturday, June 28, 2008 - 22:42
13. Hulle sal nie, mens kon sien dat Naas iets ergers as dit wou sê, hy was duidelik omgekrap, iewers word dinge lekker toegesmeer as jy my vra, dis nou seker 'n Watson weerwraak op die bulle se wen met die Vodacom Cup, ek dink daar moet meer as een TMO wees en die lynregters moet meer sê in die saak hê. Beste nog ons moet kyk na hierdie spul wat nou doodeenvoudig 'n sirkus geword het.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Saturday, June 28, 2008 - 22:47
14. Nou maar 'n rustige nag vir die Bloues!!

Ek glo en hoop dit sal beter gaan Saterdag!!
Vandag was dalk presies wat die Bulle nodig gehad het om vlam te vat
En in daai geval sê ek liewers nou as later!!

Ek hou by die blou!!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Saturday, June 28, 2008 - 22:47
15. Night Versie, sal maar sien of die bulle regverdige games gaan kry verder aan.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Saturday, June 28, 2008 - 22:52
16. Daisy jy het dalk 'n punt daar beet!!

Ek hoop Watson kritiseer vir Veldsman dieselfde as wat hy daai arme vrou gekritiseer het!!

Die swak beslissings vandag was tog duidelik en nie eers 50/50 beslissings soos daai vrou s'n nie!

Hierdie week gaan Watson sy ware klere moet wys, is hy regverdig en onpartydig of net so eenoogig soos 'n groot persentasie van die skeidsregters in SA



Posted by Bulversie (Potchefstroom) Saturday, June 28, 2008 - 22:54
17. Night - Night!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Saturday, June 28, 2008 - 22:55
18. Stem weereens Versie, Lekker nag vir jou en res van die naweek.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Saturday, June 28, 2008 - 22:57
19. Bergbok - geluk met jou span se wen - gelukkig, vir ons, is daar altyd n re-match (wink, wink)

Kaapse Disa - n ruk gelede het jy hier kom bollie maak, toe ewe skielik "sleg" gevoel daaroor en om verskoning gevra. Sekere naiewe Bu-ondersteuners het jou hier terug verwelkom, maar, skeptiese mens wat eks is, het my bedenkinge oor jou gehad. Raai wat/ Gemors bly gemors, en commin bly commin - geniet julle "wen" vanaad, maar asb, doen my n guns en gaan geniet dit daar in jou eie slykmoeras waar jy hoort - ons hou nie eintlik van distels, disas en poef nie.
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Saturday, June 28, 2008 - 23:13
20. Bulls you played with heart but in the end the ref had the final say.
Can all the bitching about the ref and reel in constructive opinions.
Allow the coach his hand in the turn of events too.
By sending on lobberts as early as he did and with a history of foul play its fair to say the coach feels more guilty than lobberts himself.
Hence his backing of the abovementioned player in the media.
Congrats to WP bloggers on the win.
Have a good evening.
Posted by Bulls_up (Pretoria) Saturday, June 28, 2008 - 23:24
21. GOEIE MORE EDELE BLOU VOLK!

Geluk WP, julle het verdien om HIERDIE EEN te wen!

Geluk met jou span se oorwinning, Bergbok !
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Sunday, June 29, 2008 - 06:49
22. Bernie, ons het n 2de-rangse losvoorspeler wat n job oorsee soek? Kry vir hom een asseblief. Ek is seker Noorwee of Ysland of dalk Romenie het n posisie oop?
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Sunday, June 29, 2008 - 06:52
23. It is time for the Bulls to cancel Lobberts's contract. He is a liability.
Posted by Loosehead (Cape Town) Sunday, June 29, 2008 - 08:12
24. die bulle skruma was baie goed,lynstane pateties. so goed as wat Kuun is, kry hy dit net nie reg nie. Die ouens het skitterend verdedig maar as jy gaan moeg word na 'n uur moet jy meer as 'n 11 punt kussing he!
Johan v Graan moet maar sy verdedigingsplan met 14 spelers beplan en inoefen, dan sal die afstuur van loose canon-Lobberts geen invloed he nie. Die Bulle kan dit wragtig nie meer bekostig nie, hierdie ou is onrehabiliteerbaar!
Geluk WP en Bergbok, julle het dit verdien;en jou m#er ook Kaapse Disa,
Posted by Bloubosvelder (Lephalale) Sunday, June 29, 2008 - 08:38
25. Nou wil ek 'n klip innie bos gooi, want ek verstaan nou nie. As ons dan nou so goed was innie los en die vas en die lynstane en als soos die artikel hier bo dit wil he, hoekom het ons so ver tweede gekom- nie eens 'n bonuspunt nie. Mense, ons was nie eens 'close' nie. Kyk die wedstryd 'stats' ouens. Ons moet ophou in droomland lewe. Ons was vandag gewen, ons het nie verloor nie.
Posted by Phoeboe (Pretoria) Sunday, June 29, 2008 - 08:56
26. More Blou Bulle, Bullinne & Bergbok.

Geluk aan die Province, julle het gespeel tot die fluitjie blaas.

Bulle speel tot die fluitjie blaas en verdedig tot die fluitjie blaas, dan kon julle gewen het.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Sunday, June 29, 2008 - 09:13
27. More almal!!

Net om te antwoord op 25 hierbo.

Ons sê nie die Bulle was great nie, maar net so ook was die WP beslis nie beter nie.

Die telling en die 'stats' vlei die WP beslis!!

Soos ek hierbo gesê het, het ek reeds geweet wat die telling was voor ek die wedstryd gekyk het.

Ek het dus die wedstryd gekyk sonder enige verwagtinge, en wou net sien of het die Bulle darem goed gespeel.
Daar is immers geen skande daarin om goed te speel maar teen 'n beter span te verloor nie.

Ek was egter so geskok oor die TMO en die skeidsregter se eenoogige beslissings (veral die laaste 20min.) dat ek net iets moes sê.

Dis hoekom ek sê die WP het nie verdien om te wen nie.
Daar was eintlik nie 'n wenner gister nie, want die skeidsregters het besluit om al die skouspelagtigheid van die wedstryd te beroof met uiters twyfelagtige en swak beslissings!

So lees asb. mooi voordat jy ons weer kritiseer.
Ons leef beslis nie in droomland nie.
Maar ons weier om weereens maar net te moet aanvaar dat dit maar deel van die game is.

'n Lekker dag vir jou!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Sunday, June 29, 2008 - 10:38
28. Ek het weer na gister se wedstryd gekyk, en tot die besef gekom dat die Bulle eintlik baie swakker was as wat ons sal wil toegee.

Die skrums was goed, TOT ons Werner Kruger afgehaal het, die verdediging was ok TOTDAT die bal tot by Marius gevorder het, vanwaar die WP maar net kon deurstap. Sy verdediging is soortgelyk aan die van Demas.

Die 2 drieë wat ons gedruk het, was teen die verloop van spel (Pedrie se onderskep-drie het nie gekom van goeie spel van die Bulle nie, maar eerder van 'n swak aangee van WP, en JP Joubert se drie het gekom van die eerste en enigste skoon lynstaan bal wat ons kon wen; ek, en dink ook WP, was so verbaas dat ons nie vinnig genoeg kon reageer nie!)

Die statistieke toon dat WP ons oordonder het met die balbesit en gebiedsvoordeel wat hulle geniet het. Vryman het dit ook vroeër genoem, en ek sluit by hom aan, dat met die wind agter hom, moes Morné Steyn meer vir veld posissie geskop het, en minder up-and-unders. Maar miskien het ons geploeter in die lynstane met sy besluit te doen.

Die enigste ding wat ons Saterdag van 'n verskriklike vernedering gered het, was die onbeholpenheid van WP! Hulle kon slegs punte aanteken teen 14 Bulle, en was dit duidelik dat die 'kamstige' ysterman AJ Venter net daar is om so 'n laaste salarissie te verdien.

Ek glo die Bulle kan van hier af opstaan. Wat my egter grensloos irriteer is dat ons hier, 'n week later, nog steeds oor swak lynstane praat!!! En as ons eerlik met mekaar moet wees, is dit nie net 'n week later nie, maar 'n jaar later! Die lynstaan fabriek van SA verloor 60% van hulle lynstane.

En 'n kompetisie later kos geelkaarte ons nog steeds wedstryde! JP Nel se geelkaart het ons die Sharks wedstryd in die S14 gekos, en gister was dit weer dieselfde met Lobberts.

Rugby in SA is seker die mees vergewende beroep wat jy kan beoefen. Maak nie saak hoeveel foute jy maak nie, en hoeveel daai foute jou span (jou werk) kos nie, jy sal toegelaat word om voort te gaan om daai foute week na week na week te maak. Ek het altyd geweet ek is in die verkeerde beroep!
Posted by Joe-ZA Sunday, June 29, 2008 - 11:49
29. Dankie Ligblou!!!!En dat jy nie veskonings soek nie.....En Joe-ZA dankie vir jou bydrae!!!!Post 28!!!
Bulversie....aanvaar dat julle verloor het!!!!:"soos so baie Blou Bul Bloggers Se....Kyk na die telbord"!!!!
Ja ek weet ....wanner WP op Loftus gaan kom speel....gaan hulle K@k!!!!!!!
Posted by Bergbok (Nou vir die Bokke) Sunday, June 29, 2008 - 12:37
30. Bergbok, jy hoef jouself nie te veel bekommer oor wat op Loftus gaan gebeur nie. Die Bulle, as hulle aanhou soos nou, sal geen bedreiging inhou vir geen span nie!

Ludeke moet NIE die Curriebeker span afrig NIE! Hy moet nou druk besig wees om vir die 2009 S14 te beplan, SOOS WAT RASSIE ERASMUS AAN'T DOEN IS!! Ludeke moet kans kry om ordentlik voor te berei vir, sodat hy nie weer op daardie verskoning kan staatmaak as dinge vasbrand nie.

Die Currriebeker span moet deur Nico Serfontein en afgerig word! Die man MOET 'n kans gegun word om homself op 'n hoër vlak te bewys, anders gaan ons hom, soos Ashley Evert, ook binnekort verloor!!

Posted by Joe-ZA Sunday, June 29, 2008 - 12:50
31. Dit gaan nou klink of ek baklei, maar neem dit dan presies in die lig wat ek dit bedoel, as ek reg onthou was daar een hengse bohaai vanaf die WP na die eerste game van die Super14 tussen die Stormers en die Bulle op die einste nuweland, nou verskoon my as ek dit sê, het ons wragtig nie geldige redes om te kla oor die eenoog Ref en TMO nie. Is dit waaroor ons gepraat het en verwys het na nie geldige redes om daardie game as 'n klug te sien nie. Hoe sou die prentjie dalk gelyk het as AJ 'n geelkaart gekry het na sy "verskeie" vuishoue nie, hoe sou die prentjie gelyk het na wie ookal vir Wynand "2 keer" met 'n stywe in die nek bygekom het 'n geelkaart gekry het. Ek wonder hoe kon die WP 80 minute sonder "enige" foute gespeel het, ja en sê dan ons soek verskonings, ongelukkig is dit die waarheid, ek self erken dat Lobberts nie daar hoort nie, maar om wragtig 'n span wat hulle alies afgespeel het af te breuk dat hulle dinges gespeel het is onregverdig in my oë, ek erken ook dat Kuun nog nie die lynstane kon regkry nie, asook dat Morne nie die regte skoppe gedoen het nie, maar feit is wat as.... en as bly verbrande hout, so ook 'n drie wat toegeken is deur 'n duidelike vorentoe pass sowel as 'n uittrap.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Sunday, June 29, 2008 - 14:14
32. Bulversie
Die 'stats' kan niemand vly nie- dit is tog sekerlik die historiese weergawe van wat in die "game" gebeur het, en die ref was sleg beide kante toe.

Joe ZA- jy is dood reg as jy se Nico Serfontein moet CC afrig en Ludeke moet hom by die S14 bepaal. Ons sal nie nog 'n fiasko soos hierdie jaar kan oorleef nie- nie ek nie, in elk geval. Ek weier om my langer blind te staar teen gemiddeldheid. Die Bulle gaan oor meer as dit.
Posted by Phoeboe (Pretoria) Sunday, June 29, 2008 - 15:11
33. Goeiedag almal,

Daar was seker nie 'n meer teleurgestelde Bloubul ondersteuner as ek teen gisteraand seweuur nie. Maar ek glo 'n mens moet nugter bly (by wyse van spreke!) anders gaan jy op die langduur jou geloofwaardigheid verloor. Dit beteken vir my om te kan erken dat die WP gister die beste span op die veld was, gereken op die vertoning en nie op papier nie, natuurlik.

Ja, die Bulle kon gewen het as Danie Rossouw op die veld gebly het en die wandelende geelkaart, Lobberts, nie opgekom het nie. Hieroor wil ek nie te veel sê nie, want ek is behoorlik gatvol vir politiek. Al wat ek kan sê is dat die man wat dink Lobberts hoort op hierdie vlak van rugby glo seker ook Bob Mugabe is die hoop van Donker Afrika...

Die Bulle gaan egter nog baie wedstryde verloor met sulke patetiese lynstaanspel. En hier moet Ludeke en Boetman van Graan die skuld kry. Ons sit met ervare hakers soos James vd Walt en Maku. Maar ons mors die beste baljagter in die land se talente op haker! Kuun kan 'n wedstrydwenner op flank wees, maar hy word gekies in 'n posisie waar hy 'n jaar gelede eers begin speel het en duidelik nié regkom nie. Ek laat my nie vertel slotte met S14 ervaring soos Steenkamp en Van Schouenburg het ewe skielik so sleg geword dat hulle nie eers hul eie besit teen die WP en die Leeus kan vat nie.

In die tweede plek het ons probleem gekom by die wedstrydplan. Hier moet 'n mens ook bysê dat die regte wedstrydplan nie by Steyn se natuurlike spel gepas het nie. Maar toe ons teen rustyd 14-3 voor was, moes ons ten alle koste die bal voor die voorspelers gehou het en in húlle gebied gaan speel het. Maar toe wil sommige manne uit hul eie kwartgebied begin hardloop!

Ons het dus, behalwe vir die Lobberts-fiasko, die wedstryd verloor in los, in die lynstane en op losskakel! En as dit nie was vir 'n briljante vertoning op die verdediging nie, kon dit 'n behoorlike pakslae gewees het.

Hierdie span kan die Curriebeker op 'n drafstap wen met Van der Walt en Maku op haker, Kuun op flank, Hougaard op losskakel, Steyn op 12 en Olivier op 13.

'n Beter strategiese brein in die afrigtershokkie sal beslis ook help. Serfontein is beslis nie 'n slegte roep nie...
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Sunday, June 29, 2008 - 16:05
34. Sooi Brandt, voeg by jou bg. span nog 'n fikse Wayne Julies op binnesenter, en dit lyk na 'n goeie agterlyn.

Julies is geen spoedvraat nie, maar sy balverspreiding was vir my nog altyd een van sy sterk punte.

Met Wikus van Heerden wat in Oktober klaar maak, maak dit net soveel sin met die oog op die toekoms om Derick Kuhn op flank te speel. Hy is wonderlike speler, maar sy talente word op haker gemors!
Posted by Joe-ZA Sunday, June 29, 2008 - 17:36
35. Die wedstryd beamptes Saterdag is almal van die kaap.
Phillip Bosch - Port Elizabeth
F Veldsman - Boland
M van Zyl - WP
T.M.O - S Veldsman - Boland
D Immelman - Chairman WP Skeidsregters.
Posted by Cecil (nou die BLOU) (pretoria) Sunday, June 29, 2008 - 17:45
36. Joe-za

Lyk my jy is 'n regte pampeon ou. Marius en Olivier het elke keer hul man gevat en nog meer. Hwt jy dalk die regte wedstryd gekyk of hou jy net nie van hom nie.
Posted by Rustig (Centurion) Sunday, June 29, 2008 - 19:38
37. James bond, gelukkig dat dom ouens soos jy nie geld het nie, want nou kan die Bulle vooruitgaan.
Posted by Rustig (Centurion) Sunday, June 29, 2008 - 19:40
38. Ek dink julle dom manne moet die fout by 'n ander plek gaan soek as net by een man, die voorspelers was die hele tyd onder druk en die agterlyn moes die hele tyd tackle wat hulle goed gedoen het.
Posted by Rustig (Centurion) Sunday, June 29, 2008 - 19:46
39. James bond lyk my jy is so kort jy begin sommer met 'n agterstand in die lewe.
Posted by Rustig (Centurion) Sunday, June 29, 2008 - 19:48
40. #36 James Bond
Dis maar goed jy is 'under cover'. Dis een ding om krities te wees, maar 'n heel ander ding om mense se gevoelens doelbewus en blatant seer te maak. Hulle kies hulself nie en hulle glo in hulle vermoeens omdat hulle drome het wat deur ander se erkenning, reg of verkeerd, aangeblaas word.

Die fout in SA rugby en ook die Bulle le daardby dat ons die basieste van die basiese vergeet het. Rugby is 'n spansport met ruimte vir alle grootes en vorms om hulle in uit te leef. Elke posisie stel sekere voorvereistes tov groote, spoed en vaardighede gebaseer op die rol wat die speler in elke posisie moet speel. So moet 'n vleuel bogemiddelde spoed en oog-hand vaardighede he terwyl groote nie noodwendig 'n faktor is nie, anders sou Habana nie gewees het waar hy is in wereld rugby nie. Slotte moet om en by 1,96 meter of langer wees, ens, maw daar is sekere basiese tiperende vereistes tov elke posisie.

Erens langs die pad het ons egter die kluts kwytgeraak. Afrigters, van Ian Mac se dae af, in hulle beheptheid met wen ten alle koste, het begin soek vir groter spelers in omtrent elke posisie om die opposisie van die veld af te vee.
Sig is verloor van die basiese PLIGTE wat met elke posisie gepaard gaan tgv groote. 'Groter is altyd beter ' het die wagwoord geword.

Dit het die Bulle Saterdag ingehaal, want:
1. Ons lostrio was ongebalanseerd. Daar was 4 slotte op die veld te alle tye- FvS en Wilhelm, plus Danie en Pedrie. En daarmee se ek nie Danie en Pedrie het nie goeie games gehad nie. In algehele spel het Danie uitgeblink, maar hy het flank soos 'n slot gespeel, en Pedrie het agsteman soos 'n slot/flank gespeel- bal gedra en vorentoe gespeel, getackle waar hulle kon bykom, en gewoel in die vastelos.

Probleem is, 'n toekant flank het spesifieke pligte, netso 'n agsteman en netso elke ander posisie, op die veld en hierdie spesifieke pligte MOET konsekwent nagekom word deur elke speler in elke posisie vir die SPAN om te presteer. Van hierdie pligte kan oorvleuel, maar geen twee posisies is identies nie- nie eens twee slotte of stutte nie.

Ons as ondersteuners en ook afrigters het sig hiervan verloor. Ons sien net 'n Danie of Pedrie op volle vaart met die bal hardloop, maw die persoon. Ons sien hom nie 'n tree te ver hardloop vir die span om 'n drie te druk nie. Ons sien hom 'n bal langs die kantlyn vang en 20 tree hol, een te ver vir die span, maar ons sien nie dat hy eintlik nie die bal moes staan en inwag het nie maar die skopper moes getackle of druk op hom uitgeoefen het in die eerste plek . Punt is hulle lyk goed maar die span sukkel want ander ouens moet hulle basiese werk doen. Dit gebeur oral in die span. Ons haker is 'n flank, ons losskakel 'n binnesenter, ons binnesenter 'n buitesenter en ons buitesenter 'n vleuel/heelagter, om maar 'n paar te noem. Ons span se balans is versteurd en die ouens doen hul bes, maar dit werk nie vir die span nie.

Ek se ons moet teruggaan na die tekenbord en weer elke posisie se vereistes definieer en dan die spelerskorps ontleed en kyk welke speler aan welke posisie reg laat geskied en die werk KAN doen wat verwag word van hom. Dan sal Kuun flank speel, Danie slot, Pedrie flank, Marius vleuel, ens.

Ek se weer ek wys nie die vinger na spelers nie. Niemand gaan op die veld om sleg te speel of foute te maak of te verloor nie, maar ons plaas kunsmatige druk op spelers deur te verwag hulle moet doen wat hulle nie kan nie, en hulle aanvaar daardie druk juis omdat hulle wil presteer, maar feit is hulle kan nie, want hulle arsenaal van vermoeens is beperk. Hier blameer ek die sisteem en verwagtinge van die binnekring in elke unie/span, wat die afrigtingspan en keurders insluit, tesame met elke speler wat nie eerlik met homself oor sy beperkinge kan wees nie.

Vir my is die grootste tekortkoming by die Bulle die feit dat die spelers sig verloor het van wat hulle posisionele pligte is.

Die Bulle presteer nog bloot in 'n mate omdat hulle 'n sterk strukturele patroon het, maar die patroon het voorspelbaar geword, en soos 'n raaisel, as die geheim ontrafel word, rafel die struktuur uit.

2. Ons het gespeel as individue. Ons het nie geleenthede vir mekaar geskep nie, maar eerder op eie vermoeens staatgemaak om vir ons self geleenthede te probeer skep. Dit was die hele tyd 1 teen 15, en net die WP se eie tekortkominge as span het 'n groot pakslae afgeweer.
Posted by Phoeboe (Pretoria) Sunday, June 29, 2008 - 20:55
41. Naand bul friende

Waneer gaan die blik$#mse refs beboet word vir al hulle k@k beslissings
Ek se ,tik hom oor die vingers en grou in sy beursie dan sal jy nie sulke
beslissings sien in rugby nie ,en ek praat nie net van die bulle se game nie ,
maar oor die algemeen ,dit is skokkend om die lae standaard te sien hoe hulle
blaas veral met ons tegnologie(tmo's)
Ek het nie suur druiwe nie ,want n hele paar van ons manne het shockers
gehad ,maar nou ja ons sal maar kyk wat gebeur teen die sharks volgende
naweek

Bul groete
Posted by Habananana (Vanderbijlpark) Sunday, June 29, 2008 - 21:30
42. O-ja verskoon asb my frans -het bietjie opgewonde geraak
Posted by Habananana (Vanderbijlpark) Sunday, June 29, 2008 - 21:31
43. GOEIE MORE EDELE BLOU VOLK!

Phoeboe vir BLOU BUL prys van die jaar......jy ken jou rugby!!!!!

Mag jul Maandag ligblou wees.................
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 06:18
44. Ek wil net sé dat Morne 'n losskakel was en nog nooit senter nie. Hy het wel uitgeblink as senter toe hy daar gekies was. Ludeke het nie keuse gehad met Lobberts nie ons noem dit transformasie
Posted by tokolosh (Gauteng) Monday, June 30, 2008 - 06:40
45. Hartlike goeie more Bulle.
Mag vandag n heerlike dag wees !!!!!

Geluk oom Bergbul met jou span se oorwining.

Keep the passion !!!!
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, June 30, 2008 - 07:27
46. Lobberts lyk soos 'n aap en speel soos 'n aap! En net voor die mense se dis rassisties , ek dink dieselfde van Kortbroek van Schalkwyk ook!
Posted by FRANNA (CENTURION) Monday, June 30, 2008 - 07:31
47. Ons was Saterdag onder groot druk maar kon nog steeds gerieflik gewen het! Malman Lobberts en Dwaalgees Marius Delport moet gaan! Speel Wynand buite senter en Morne of Julies binne!

Speel eerder Jacques Burger, Okkie of 1 van die ander jong manne.P3 of Danie moet slot toe skuif die laaste 20 minute om plek te maak vir vars bene in die lostrio. Dan kan ons tot 3 loosies kies op die bank!
Posted by FRANNA (CENTURION) Monday, June 30, 2008 - 07:37
48. Môre AK

Lekker dag vir jou ook.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 07:43
49. Franna banana

Wat bedoel jy dwaalgees delport?
Posted by Rustig (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 07:45
50. Hellooooooooo Bloues

My motivering vir die week is die liedjie wat vanoggend in my kop is toe ek opstaan.

Al slaan jou ma my drie maal op my kop
dan staan ek op
en kom ek weer

Nou vir die BLOU kom manne julle kan die sharks wen.

BLOU BULLE BO
Posted by blouheks (100%BLOUBUL) Monday, June 30, 2008 - 07:58
51. Hi

Yes ons kan daai Sharkies wen, maar ons sal ons sokkies moet optrek.
Waar's Derick Hougaard en Zane Kurchner??
Ons kort daai manne.
Posted by ianv (Sandton) Monday, June 30, 2008 - 08:05
52. As als goed gaan behoort Derick Saterdag teen Sharks reg te wees.
Wil net een ding se oor die game - Hilton moet dalk maar die pad vat. Rugby het verander na 'n "sussies" game daarom pas hy nie meer in nie. Al wat op elke game aangevra word is dat die TMO vuilspel moet uitwys. Bulle kon gewen het. HOop net hulle is beter teen Sharks en die Cheetahs!!
Posted by Steyn (Bloemfontein ) Monday, June 30, 2008 - 08:08
53. Wat verby is is verby.

Ons moet groot lesse uit hierdie wedstryd neem.

Die volgende sake moet ernstig aandag kry:

1. Lynstane
2. Lynstane
3. Lynstane

As die BBRU nie so gou as moontlik vir Gary Botha en/of Danie Coetzee terugkry nie, gaan ons aanhou probleme hê. Kuun is 'n goeie speler, maar nie 'n haker. Die twee belangrikste werke van 'n haker: lynstane en skrums, is hy bloot gemiddeld. Sy goeie losspel maak nie op daarvoor nie, dit wys eerder hy is 'n FLANK. PUNT !

2. Lobberts moet uit, al is Wicus nie reg nie. Jammer, as hy gekies word, dan verdien ons om te verloor.

3. Hoekom spelers van die veld afhaal wat goed speel, soos bv. Kruger en Danie. As hul dan kwansuis moeg is, dan beteken dit hul is nie fiks genoeg nie. Al 22 spelers behoor mos fiks te wees, of hoe ?

4. Spankeuse: kies vir Hougaard en dan vir Steyn en WO op senters.

5. Ons het 'n groot tekort aan spoed in ons agterlyn. Ndgane, Mametsa en Tiger is staatmakers, maar TE STADIG as kombinasie. Kyk na die ander spanne: Ments, Nokwe, Chivanga, ens. As Habana nie daar is nie, dan is ons net te stadig. Bulle sal iewers 'n BLITSvinnige paar senters en vleuels moet kry.

Saterdag se wedstryd is BAIE belangrik. Dit is tuisveld en teen een van die groot unies. Ons kan nie bekostig om te verloor nie, want die Bok Bulle gaan net terug wees vir een of twee wedstryde teen die groter unies. As ons teen die groter unies verloor, veral op ons tuisveld, dan gooi ons te minste ons kanse op 'n home semi weg.

Hoop die Bulle staan op, en maak ons weer trots Saterdag !
Posted by alf (calvinia) Monday, June 30, 2008 - 08:26
54. Ons kan maar se wat ons wil - vergeet van die swak beslissings - as ons Lobberts wil speel en Kruger wil afhaal en Gerber opstuur dan moet ons maar die prys betaal - en ons vleuels is net nie vinnig genoeg om werklik impak te maak of te verdedig nie - dit my liewe Bloubul vriende iss die oorsaak van ons nederlaag - en dan kan ek nie verstaan dat Kuun so lankvat om in te gooi nie, kan hulle nie die tekens vooraf afspreek (voordat die lynstaan vorm nie) - ons speel onprofessionele rugby
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, June 30, 2008 - 08:42
55. More almal,

Net oor die kommentaar hierbo vir my (29 en 32)

Bergbok, dit gaan nie oor aanvaar dat my span verloor het nie.
Dit het ek reeds gedoen voor ek die game gekyk het.
As jy al my kommentaar gelees het, en as jy Afrikaans kan verstaan sou
jy dit geweet het.
Dit gaan oor die skeidsregters en die onkonsekwentheid van hulle absurde beslissings!!!
En as jy nou wil voorgee daar was niks sulke beslissings nie, dan is jy sekerlik blind en net nog 'n eenoogige WP ondersteuner!!!
L.W. ek sê nerens dat die Bulle moes gewen het nie!
Al wat ek gesê het is dat die WP nie verdien het om te wen nie en dat daar eintlik volgens my nie 'n wenner was nie maar net skeidsregters wat die kollig wou steel!

Phoeboe, nou as jy nou die rugby 'ghoeroe' is wat jy voorgee om te wees.
Jy sê die skeidsregters was swak beide kante toe?
Noem asb. vir my 1 voorbeeld waar daar 'n vuishou, hoogvat met 'n 'swinging arm', 2 keer, of 'n voorentoe aangee wat gelei het tot 'n drie deur die TMO gemis is wat die Bulle teen die WP gedoen het.
Laat ek net byvoeg, dis natuurlik in Sat. se game
(net voordat jy nou in die geskiedenis in gaan delf)

Ek vra weer, voordat julle op julle perdjies spring, lees die hele gesprek en nie net stukkies nie.
Ek voel ook die Bulle het droog gemaak, my magtig hoeveel aanslane was daar!
Die enigste ding waaroor my 'tantrum' gegaan het was die omstrede beslissings van die skeidsregters.
En as julle All out rugby gekyk het, sou julle sien dat daar in die Sharks game ook sulke omstrede beslissings was.

So asb., ek kla nie oor die verloor nie!!
Maar is nou net mooi keelvol vir skeidsregters wat hulle nie profesioneel kan of wil gedra nie.!!!

Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 08:55
56. WP jou lekka ding. Sorry manne. Weet julle gee nie om wat ek te se het nie, maar hier is my biased WP opinie...

Ek was saterdag self op Nuweland. Kom ons vergeet gou van die ref vir 2 sekondes.
Bulle se verdediging was uitstekend, mar soos hulle se jy kan nie vir 80min verdedig nie. Ek voel die WP het meeste van die speelwerk gedoen, maar was planloos en dit het soms gelyk asof die Bulle net te maklik verdedig. Ons het op 'n tyd net van links na regs oor die veld beweeg.

Stem saam dat julle te min spoed het agter. Uuhhm, 'n sekere haker het om Ndugane gestep en hom soos 'n pop laat lyk. Zane sal 'n goeie aanvulling op full back wees en sal julle daai extra spoed bied.

Julle lynstane was swak en WP se skrums was nog swakker. Julle skrums lyk beslis goed (soos altyd) en juis op hierdie area moes julle meer gekapitiliseer het. Niks beter vir 'n agtsteman om 'n opisisie se flank vir parking te laat soek as hy 'n sterk regter skouer kry nie. Maar soos Phoeboe genoem het Pedrie is nie eintlik 'n agsteman nie.

Hard luck manne - ek dink 'n gelykop telling sou meer regverdig gewees het.
Posted by Bolla (Cape Town) Monday, June 30, 2008 - 08:56
57. More Alf,

Ek dink ook Morne sal beter doen op senter as Delport.
En hopelik is Liefling reg.

En oor Lobberts dink ek daar is al genoeg gesê!!!

Hopelik kan hulle die lynstaan probleme uitstryk voor Sat.
Ek hou oop van Kuun, maar Sat. was die lynstane maar beroerd!

Stem saam oor die spoed.
Tiger het vir my maar stadig gelyk Sat.
Wanneer is Kirchner reg?
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 08:59
58. Môre Bulle, Bullinne & Bergbok.
Wat 'n Blou Maandag.
Kom Bulle maak ons trots Saterdag, julle kan.
Posted by Bulletjie 1 (Bulle gaan Gaffel!) Monday, June 30, 2008 - 09:03
59. Bolla,

Vat dit van 'n Bul,
Dankie, vir daai ontleding!
Ek dink jy is nie so biased soos wat jy dink nie!

Vir seker die 1ste keer moet ek sê dat ek saam met WP-fan stem!

Oor daai haker, dit was darem Schalk Brits!!
En ek dink nie enige een kan sê hy is sommer net nog 'n haker nie, of hoe?
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 09:04
60. Ja Bulversie - en ons hakker kan nie ingooi nie - ek stem honderd persent saam en asb jaag Lobberts nou vir eens en altyd weg
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, June 30, 2008 - 09:09
61. Dagse Getroue Bloues (en ander gematigdes)
Baron - thanx, ek het boodskap gekry. Probeer antw via pm, maar kry dit nie gestuur nie. ?? wat ek verkeerd doen nie, maar sal dit later probeer uit"figure"
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Monday, June 30, 2008 - 09:09
62. Phoeboe goeie punt wat jy daar maak.

Ek het egter 'n gevoel dat balans nie sommer oornag in ons span gaan herstel nie, al sou jy die top spesialiste in ons Unie vir elke posisie kies. Die Bulle speel nog duidelik nie as 'n span saam nie nie, maar te oordeel aan die ander vier wat ek gesien het, kan ek nog nie eintlik sê daar is 'n span wat vir my vreeslik gebalanseerd voorkom nie. As jy nog daaraan dink dat daar heelwat van ons manne moet terug kom gaan ons dalk 'n rukkkie vat om as span te settle. Dalk meer as die ander spanne.

Ek is nie 'n groot fan van Marius Delport op buitesenter nie. Hy is net bestendig. maar hy is.... waar is hy?

Ek dink ons beste agterlyn kombinasie sal 'n Morne Steyn op binnesenter wees en Wynand op buite senter.

Ons agterste drie doen baie goed. Tiger soek werk en het male sonder tal gebroke bewegings gered met die dat hy op die regte plekke opduik. Die vleuels volg baie goed op. As kirchner terugkom moet ons minstens een van die drie behou op die benc. Of vir Mametsa buitesenter toe probeer skuif met Rocco janssen op die ander vleuel.

Saterdag het die Bulle een groot fout gemaak waaroor ek die hele week onrustig was: Ons was geintimideer met Nuweland en die nuwe air rondom die WP. (wat overrated is, maar ons koppe was senuweeagtig) Ons was die span wat die foute gemaak het. Ndungane wat bv. 'n bal knock 5m. van die doellyn af met Mametsa aan sy binnekant. Ons lynstane was 'n teken van 'n span wat panick:

Ons panick in die lynstane. Die spanbestuur reken dis die nuwe reels wat bepaal dat die span wat ingooi die getal spelers in die lynstaan vasstel. Maar as jy kyk na waar ons balbesit verloor dan is voor! Dius die heel veiliogste plek om in te gooi as jy sukkel in die lynstane. Dit het niks met getalle uit te waai nie maar met die haker/.slot kombinasie en timing. Dis uit en uit 'n haker en kommunikasie probleem. 'n Geofende oog sou sien soms het spelers die bal gevang op wie daar nie eers gegooi is nie! Dis agter in die lynstaan waar getalle die nuwe probleem blootlê en hier het ons self baie balbesit afgeneem

Ons panick in die rucks. Ons wil te vinnig wyd speel omdat ons eie spelers nie op hul voete kan bly nie en ons aan mekaar gestraf word hier. In ons oefenwedstryd teen die SWD het ek dit al raakgesien. Ons is daardie dag voos geblaas en kon nie aan die gang kom nie. As ons twee fases aan mekaar gesit het was dit baie. Saterdag was dieselfde probleem. In die super 14 het hierdie reel nie gegeld nie en is jy gestraf met 'n vryskop. Nou was dit strafskoppe. Indie proses verloor ons baldraers uit oorgretigheid om die bal wyd te speel byna 8 keer per helfde. Ons verloor dus 8 kee rop kritieke stadium op die anaval die inisiatief in 'n wedstryd. Dit het gemaak dat ons geen momentum kon bou in die eerste helfde nie.

Ten spyte hiervan was ons nog steeds met 15 min. oor 17-6 voor. dit is nie te sleg nie. Wat het dan gemaak dat ons verder knak?

WP is fikser. Die afgelope 2 naweke is al die games in die laaste 10 minute beslis. Hoewel ons laas naweek die oorhand gehad het in die laaste 10 minute was die leeus al voos.

Ons eie dissipline. Hilton Lobberts het nou al soveel kanse gehad en as baldraer misluk hy klaaglik. ek weet nie wie hom kan afrig nie, want nie eers onder Heyneke het hy reggekom nie. Hou hy net die swart getalle gebalanseerd? opdrag van nasionale afrigter? Hy kan glad nie kophou onder druk nie en verloor dit heeltemal. Jacques Burger? Okkie kruger? Ek sal vir Jacques Burger speel teen die Haaie. Skuif vir Danie op nr. 4 slot in of vir Fudge Mabeta. V. Schou. speel met 'n kuitbesering.

Rayno Gerber lyk skielik of hy sleg afsteek teen Werner Kruger. Ons kan nie bekostig dat ons skrumkrag ingee met 'n reserwe voorry nie.

Onthou net , dat die blou Bulle in 2006 nie een game teen die WP kon wen nie, eers in die semi finaal het ons as kombinasie geklick en hulle pak gegee.

Ons moenie te gou moed opgee met ons span nie, as hulle as kombinasie gaan klick gaan ons gatskop.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, June 30, 2008 - 09:12
63. Mosselbaaibul jy het die spyker op die kop geslaan ek weet net nie hoekom Kuun so lank vat om in te gooi by 'n lynstaan nie dit versteur die hele ritme en die springers weet nie wanneer om op te gaan nie - ek sou ook vir Danie nommer 4 speel en 'n vinnige vlank saam met Stegman inbring - ek hoop net ons kan ons senter probleem oplos en 'n vinnige vleuel inkry solank dit net nie clueless Demas is nie
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, June 30, 2008 - 09:23
64. Hierdie is nou op al die ander spanne van toepassing en nie die Bulle nie.

Vra maar net, maar is dit nie asof al die spanne bietjie sukkel in die lynstane nie?
Dink julle dit is die nuwe reëls?

DIe Bulle se lynstane was beslis nie so vrot in die S14 nie.
Ek weet dit het daar ook maar gesukkel, maar nou is dit 'n nagmerrie!

Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 09:27
65. 64.

Jy praat van die vinnige flank.
Is dit nie dalk die plek vir Kuun nie?
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 09:29
66. Ja Bulversie ek dink jy kan 'n goeie punt beet he maar wie speel ons op haker met al die beserings? Bulversie hou maar vir Kuun dop as hy ingooi - dit vat 'n ewigheid terwyl Schalk Burger met tye ook Saterdag gesukkel het maar ten minste gooi hy die bal vinnig in
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, June 30, 2008 - 09:31
67. Met n voorspeler afrigter wat vir die eerste keer voorspelers afrig, weet ek nie hoe ons die probleme gaan uitsorteer nie. Ons hoofafrigter is onsuksesvol, en ons voorspeler afrigter onervare. Ons moet maar aanvaar dat ons hierdie jaar nog baie gaan sukkel.
Posted by Cecil (nou die BLOU) (pretoria) Monday, June 30, 2008 - 09:32
68. Wat het gebeur van daai jong Potgieter flank van julle (so blonde kop). Ek rate daai ou!
Posted by Bolla (Cape Town) Monday, June 30, 2008 - 09:33
69. Bolla hy is beseer teen die Leeus binne 2 minuute nadat hy opgekom het
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, June 30, 2008 - 09:35
70. Net een punt......vir daardie ouens wat altyd skeidsregters wil blameer vir die uitkoms van n game. Ja, dis waar, as die tellings naby is kan n skeidsregter die uitkoms "kook". En, ja, skeidsregters maak foute. Maar, n goeie span sal altyd n goeie uitkoms kan bewerkstellig SONDER die invloed wat n skeidsregter foutiewelik, hetsy doelbewus of nie, op die spel sal kan uitoefen. Deur goeie dissipline, die basiese dinge reg te doen en n "kussing" in die telling te handhaaf waar verkeerdelike skeidsregterbeslissings nie n invloed kan he nie is van die eienskappe van n wenspan.

Ek maak nie verskoning vir hierdie vir hierdie reduksionere posisie nie. Feit is, as n span (insluitende afrigters, ens) verloor dan is die span die swakkere op die dag. Blaam kan nie elders geplaas word nie. Dus, dis terug tekenbord toe en die span se redes vir verloor moet uitgestryk word. Dit is die roete vir WENNERS.........nog altyd!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 09:40
71. My span vir Saterdag sal so wees as almal reg is met die uitsluitng van Wikus
15 Kirchner
14 Ndogwane
13 Olivier
12 Steyn
11 Mametsa
10 Hougaard
09 Hougaard
08 Wannenburg
07 Burger
06 Stegmann
05 Steenkamp
04 Rossouw
03 Kruger
02 ???? Kuun???
01 Engels
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, June 30, 2008 - 09:41
72. More bloues

Kuun kan nie uitblink as haker nie sit hom asb terug op flank want daar sal hy Springbok materiaal word. Bandise Maku het meer talent as Chiliboy en moet net blootstelling kry. Gerber moet asb op n kondisionerings program gestuur word want hy is nie fiks nie. Delport sal goed vaar tot op Vodacom vlak maar nie verder nie. JP het gewys wat spelers kan doen wat net n kans kry. Gebruik asb ons jonger spelers en bou vir die toekoms.

Sterkte vir Saterdag
Posted by tacklebag (Johannesburg) Monday, June 30, 2008 - 09:41
73. Almal wat die blog besoek het die reg op hulle eie opinie. Wanneer jy jou opinie hier uitspreek, moet jy bereid wees om daarby te staan. Jy moet ook aanvaar dat jou opinie nie noodwendig by almal gaan aanklank vind nie en dat ander met jou MAG verskil, net soos ek van ander mag verskil. Ek glo dat die meeste van die bloggers hier 'n groot passie vir rugby het, en in die besonder vir die Bulle.

Phoebe, almal is "under cover". Plaas gerus jou besonderhede op die blog, dan kontak ek jou persoonlik. Ek neem kennis van jou opinie. Rugby is wel 'n proffesionele sport en dus sal wen altyd 'n faktor wees. Die idee is tog in enige sport om jou teenstander te klop binne die reels van die spel. Ek het in my skrywe gemeld dat Marius hom nie self kies nie en is bewus daarvan dat selfs sportmanne gevoelens het.

Is ek of ander lelik deur te reken Chilliboy is 'n wandelende besering? Die feit is dat die Bulle 'n haker betaal wat in twee jaar byna geen rugby gespeel het nie. "Verkoop" vandag Hilton Lobberts se kontrak en kyk of jy iets kry. Hy is die een wat op die veld draf en week na week sy spanmaats se harde werk tot niet maak. Glo jy werklik dat die res van die span hom langer daar wil he?

Ek stem saam dat basiese vaardighede verlore raak, moontlik al op skoolvlak. Spelpatrone word so oordoen dat spelers hulle natuurlike instink en "flair" verloor. Kyk hoe sukkel van die Bokke na 'n lang toetsreeks om by sy provinsie in te skakel.

Of Danie en Pedrie beter slotte as flanke is weet ek nie en dit hang seker af in watter rol die afrigter hulle sien en gebruik. Dat ons spelers sukkel met die "offload" is duidelik.

Dit is my OPINIE dat FL eerder 'n erkende senter moet kies in Marius se plek. Ek is bekommerd oor Akona. Sy selfvertroue is nie 100% nie en hy is huiwerig op die aanval en verdediging.

Rustig, as jy dink ek is dom is dit jou opninie. Ek vat dit van wie dit kom en siende dat jy so sukkkel met die spelling..................Ek lees nie eintlik jou opmerkings nie want dis my opinie dat jy nie juis iets konstruktief kan se nie.
Posted by James Bond (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 09:42
74. Realistix. Wie is op die bank? Ludeke sal iemand wil opstuur om ons momentum te breek.
Posted by Cecil (nou die BLOU) (pretoria) Monday, June 30, 2008 - 09:43
75. Dankie James Bond. Jy is nie net dom nie, maar jou kennis van rugby is maaar skraal. Ek dink jy werk in Kemton. As dit so is weet ek wie jy is. Jy moet nie persoonlik raak met die spelers, want 'n volstruis kan jou dalk beetkry, en sy skop is seer. Wees konstruktief my maat, moet nie net afkraak nie.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 09:49
76. Cecil ek weet nie of Potgieter reg gaan wees nie hy is ook 'n wankelende beseringspook - ek weet nie of ons ander losvooespelers het nie, ons haker posisie is uitgedin en so ook ons slotkombinasies - om die waarheid te se ek weet regtig nie wie om op die Bank te sit nie
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, June 30, 2008 - 09:49
77. More Ligblou Baron

Ek stem saam dat 'n goeie span swak beslissings te bowe kan kom. Ek het net Saterdag gevoel die ref het op Stegmann in die tweede helfte gepik terwyl hy in die eerste helfte met dieselfde spel skitterend was. Seker die ref se keuse waarop hy wil fokus.

Die ref het beslis nie vir Hilton opdrag gegee om sy natuurlike self te wees nie. Dit en verkeerde plaasvervangers het ons eerder die wedstryd gekos.
Posted by James Bond (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 09:54
78. Mense ek stem saam met julle almal oor die swak beslissings maar 'n mens kan nie met minder as 40% balbesit speel nie Nog minder met die baisese foute en dissipline wat deur Lobberts aan die dag gele is - een hiervan is ons lynstane en inggooiwerk en die ander is verkeerde plaasvervangers - Gerber is lelik van vorm af
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, June 30, 2008 - 09:57
79. 77. Ons oorheers elke jaar die onder 20 tigs en vodacom beker, en as ons n paar spelers verloor sukkel ons met diepte. Iewers is iets nie reg nie, wat weet ek nie, so ek blameer maar die afrigters.
Posted by Cecil (nou die BLOU) (pretoria) Monday, June 30, 2008 - 09:58
80. Ek sal graag wil weet hoeveel hoogvatte daar sover in die Curriebeker was, en hoeveel geelkaarte daarvoor gegee is. Ek dink nie Lobberts se kaart was geregverdig nie.
As elke hoogvat met n geelkaart gestraf gaan word gaan n span soos Samoea nooit weer wen nie.
Posted by Cecil (nou die BLOU) (pretoria) Monday, June 30, 2008 - 10:04
81. Cecil, dit was immers Lobberts se 2de oortreding, na 'n laat shoulder charge op De Waal. Die speler is net plein weg vuil, help nie jy kom op vir hom nie.
Posted by Bolla (Cape Town) Monday, June 30, 2008 - 10:06
82. Bollie' ek dink dewaal was bietjie Bollywood nadat Lobberts hom amper gestamp het. 'n Goeie kandidaat vir Bollywood.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 10:08
83. Bolla, so as AJ weer geslaan het sou hy ook afgestuur gewees het? Nou verstaan ek die reels. Baie dankie.
Posted by Cecil (nou die BLOU) (pretoria) Monday, June 30, 2008 - 10:10
84. Realistix lyk my jy is net so dom soos james bond wat ook van Kempton af kom. Siestog, beide van julle is SIMS.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 10:22
85. realistix en JB

As julle nie van 'n speler hou nie, sê so. Moet agter kampsige rugby kennis skuil nie, want julle het nie die kennis nie.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 10:25
86. Cecil, onkonsekwente beslissings is so deel van rugby soos strafskoppe. Ongelukkig word spelers gemerk - Butch James , JP Nel en Lobberts. Die kommentator (Gavin Cowley) se opmerking oor Hilton was nie koud nie toe is die kaarte uit. Ongelukkig kan ek nie die keer stry met die ref nie. Ek wil net weet hoe word AJ gestraf vir 'n vuishou sonder 'n geelkaart.
Posted by James Bond (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 10:25
87. Cecil - om eerlik te wees, ek was op nuweland self en het nie die vuishou gesien waarvan julle praat nie. Indien hy die ou geslaan het, verdien hy 'n geelkaart.

Sal mar op Boots&All; kyk vir die vuishou.
Posted by Bolla (Cape Town) Monday, June 30, 2008 - 10:25
88. Jammer Bolla,

Hier gaan ek met jou verskil.

Ja, Lobberts het hom gestamp maar dit was nie naastenby so erg soos wat De Waal gemaak het nie.
En weereens Ja, hy het die speler lelik hoog gevat.
Ons almal weet hy is 'n geelkaart wat dreig om te gebeur.

Maar, daar was in 1 beweging 2 sulke swaaiende hoogvatte op Wynand!
En daar was nie 'n geelkaart nie.

Cecil, daarom stem ek saam met jou (81)

As daar vir een 'n kaart gegee word, moet die ander een dit ook kry!!

Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 10:29
89. James Bond, ek stem saam. n Hoogvat is n hoogvat. Die straf behoort elke keer dieselfde te wees, maar dt is word wereldwyd nie konsekwent toegepas nie. Wie was ons speler wat n rooikaart gekry het vir sy laatvat op Wilkenson teen Engeland? As elke hoogvat n geelkaart is, sal almal gelukkig wees, want dan haal ons die skeidsregters se oordeel of gebrek aan oordeel uit die wedstryd uit.
Posted by Cecil (nou die BLOU) (pretoria) Monday, June 30, 2008 - 10:31
90. Bolla,

Ek het die game gerecord.

Sal hom met graagte vir jou aanstuur.

AJ het beslis 'n vuishou gegee, en dit was raak!
En wat dit soveel erger maak is dat die TMO gevra is om daarna te kyk, en volgens die beelmateriaal wat op die TV gewys is, kon jy dit duidelik sien, maar hy hou hom blind!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 10:33
91. Bulversie, die TMO het die vuishou uitgewys, maar die skeidsregter het beslis dat dit net n strafskop regverdig. Ek het ongelukkig nie die game gerecord nie, maar dit is soos ek dit onthou.
Posted by Cecil (nou die BLOU) (pretoria) Monday, June 30, 2008 - 10:36
92. Dit was Jannes Labuschagne (90)

Jy's so reg Cecil.

Dalk was Lobberts gestraf omdat hy net soos JP Nel klaar deur die skeidsregters gemerk word as 'n vuil speler!

AJ Venter val beslis in Lobberts se kategorie.
Hy probeer ten minste 1 in kry in elke wedstryd wat hy speel.
Net jammer die skeidsregters dink hy's so onskuldig soos 'n baba.
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 10:37
93. Ja Cecil jy's reg.

Maar die skeidsregter het vir Veldsman gevra wat sy aanbeveling is, en sy woorde was: net 'n strafskop die keer!

Begin 'n vuishou nie by 'n rooie nie, en dan word hy afgebring as daar enige rede vir versagting was?
Kan iemand dalk help met die reël daar?
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 10:40
94. Wel, ons weet waar Veldsman se lojaliteite le. Kyk my post by 35. Die 50/50 beslissings sou altyd teen ons wees.

Posted by Cecil (nou die BLOU) (pretoria) Monday, June 30, 2008 - 10:44
95. Geniet julle oggend verder. Praat weer later.
Posted by Cecil (nou die BLOU) (pretoria) Monday, June 30, 2008 - 10:46
96. Rustig, dit is die laaste keer wat ek op jou opmerkings reageer.

Gaan soek elders geselsskap. Almal kritiseer spelers en afrigters. Tot BvG het al sy kwota kritiek gekry. Ek het na die Leeus die spelers al die erkenning gegee wat hulle verdien het. As jy nie ander se opinie wil aanvaar nie, los dit. Maak wat jy wil en skryf wat jy wil. Wat jy teen Kempton Park het weet ek nie en stel ook nie belang nie. Het jy daar gewerk en toe "fire" hulle jou?

Ek hou nie van Marius Delport se spel as senter of vleuel nie. Ek hou ook nie van Hilton Lobberts nie. Ek hou nie van Bolla Conradie se houding nie, tog het hy baie goed gespeel teen Wallis. Ek hou nie van mense wat k@k soek met ander nie net omdat hulle verveeld is nie.

Ek hou van die meeste mense hier op die blog en respekteer hulle opinies. So raak nou rustig en doen jou skuilnaam gestand.
Posted by James Bond (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 10:47
97. Dis wat dit soveel erger maak!
2 van die 3 foute wat hy gemaak het was nie eers 50/50 beslissings nie!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 10:47
98. James Bond, stem 100% saam met jou; ek geniet altyd jou bydraes, net soos wat ek die skrywes van Mosselbaai Bul, Weskaap Bul, Alf, Sooi Brandt, BBindieBoland, ens. geniet.

Julle besef waaroor hierdie forum gaan. Julle kritiek is opbouend, al wil, of kan ons ander dit nie altyd raak sien nie.

Hierdie is 'n plek van opinies, en opinies, per definisie, sal ALTYD verskil! Al wat ons idiote hier in gemeen het, is ons passie en liefde vir Blou Bul Rugby, NIKS verder nie.

Posted by Joe-ZA Monday, June 30, 2008 - 10:49
99. JB,

Moenie jou steur aan die vent nie!
Hy klink redelik ongeskik en onopgevoed!
Ons ander respekteer jou sienings en opmerkings!

Ek hou self ook nie baie van Delport nie.
Hy het my glad nie beindruk op vleeul nie, en op senter gaan dit nie beter nie.

Wie stel jy voor gebruik ons?
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 10:52
100. Ek kom nou laat hier aan maar as ek mag se ek stem saam met bv oor Delport ek sou se as Hougaard reg is moet ons Steyn en Oliver saam speel op senter
Posted by Bulle vir ewig (Vereenging) Monday, June 30, 2008 - 11:04
101. Goeie More Blouvolk
Hoe gaan dit vanoggend na die "game".
Wat gaan aan met ons manne?
Posted by Soekie (Baby Blue) Monday, June 30, 2008 - 11:05
102. More Bulversie !!

Is Potch koud vandag? Ek sal een van drie senters kies - Gerber, Watermeyer of Dippenaar. Ek is nie seker wie van hulle speel buite senter nie. Wynand verdedig tans baie goed op binne senter en die kanaal word baie aangeval. Op die aanval is Morne oraait op senter maar hy is soms 'n lui verdediger.

Wanneer Wayne Julies eendag reg is, sal ek hom binne speel en Wynand buite. Wayne versprei die bal goed en dit kan help om spasie te skep vir ons vleuels wat nie almal spoedvrate is nie.

Ja, wie lag nou die lekkerste..........JP Nel en die ander spanne se senters.
Posted by James Bond (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 11:08
103. Ek persoonlik dink hulle moet daai ongepoetste Hilton Lobberts uit die span gooi. Hy gaan nog vir ons BAIE punte wegbliksem met sy "fights"
Posted by Soekie (Baby Blue) Monday, June 30, 2008 - 11:10
104. Enige idee wanneer Wayne weer sal reg wees?
Posted by Bulle vir ewig (Vereenging) Monday, June 30, 2008 - 11:11
105. Hello Joe. Dankie vir die ondersteuning. My gevoel en respek is wedersyds. Dis hoekom ek gereeld hier op die blog is - ons deel tog immers die passie.

Almal het nie dieselfde kennis nie, as ek geglo het ek is alwetend, sou ek lankal by afrigting betrokke geraak het. Ek kyk en leef rugby al vir baie jare en sal dit doen tot ek nie meer kan nie.

Posted by James Bond (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 11:19
106. Nee wat JB, dis 'n heerlike sonnige wintersoggend!

Dan hoop ek maar Julies is gou weer reg.

Om te dink, 'n paar maande terug wou almal vir JP Nel weg hê, en nou sukkel ons sonder hom!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 11:29
107. Soos reeds genoem, is hierdie n geselsplek waar ons opinies, idees en observasies oor ons Lieflingspan, en rugby, kan uitruil. Ek leer van meeste mense wat hier gesels, ek geniet meeste mense se bydraes, en alhoewel ek, in my onkunde, soms, verskil van sekere standpunte, maak dit nie van my n beter of swakker ondersteuner nie. Vandag voel ek egter dat, al het die Bulle Sat die beste, mooiste rugby gespeel, ons nie n kans gehad het om daai game te wen nie. Die paloekas in beheer van die spel sou seker maak dat die wiel teen ons draai! Eenogige Bul-ondersteuner? Ja, dalk, maar ek dink ook dat die chokers, en veral die tjieters, hierdie naweek dear TMO en skeidsregter-besluite bevoordeel is. Ek glo dat menige welpie-fan vandag ook met n suur gevoel op die krop van die maag sit!
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Monday, June 30, 2008 - 11:29
108. Definitief LBB!!

Ek is bly om te sien ek is nie die enigste een nie!
Hulle het 'n hele paar sulke gevalle gewys op "All out Rugby"

Maar jy weet mos, as 'n Bul-ondersteuner kla is dit altyd suur druiwe!!

Hoop maar vir die ander klomp se part dit gebeur nie in die 3-Nasies nie.
Want dan gaan ek maar net vir hulle ook sê:"Kyk na die telbord"
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 11:34
109. Ek moet saamstem ons het seker van die swakste mees eensysdige skydregters in die CB - maar ons moet eending onthou ons het foute gemaak Saterdag, ongeag die swak beslissings en ja ek hou nie van Lobberts of Delport nie - en veral Lobberts het ons gekos - maak nie saak hoe ons daarna kyk nie
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, June 30, 2008 - 11:40
110. Ja, ons het beslis nie die beste game ooit gespeel nie!!!

DIs egter feite dat die Bulle omtrent 80% van die kere aan die ontvangkant van die skeidsregters se foute is!

Dit voel net vir my dat as 'n Bul en 'n ander speler perongeluk kopstamp, hulle die Bul gaan geelkaart want hy het dalk 'n sentimeter te vroeg nader gegaan!!

Dit raak regtig belaglik!!!



Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 11:47
111. Dalk moet die IRB nou besluit watter reels hulle vorentoe gaan gebruik sodat al hierdie onduidelikhede uit die weg geruim kan word.

DIs nie asof die refs foutloos geblaas het voor die veranderinge nie en in plaas daarvan om die foute reg te stel, het hulle nou met al die veranderinge net die dinge erger gemaak.

Dit raak nou erg verwarrend!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, June 30, 2008 - 11:51
112. Wil nie eintlik hierdie vraag vra nie, maar het ons iemand anders wat in Lobberts se plek kan speel - en ek bedoel hiermee n "development" speler?!
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Monday, June 30, 2008 - 11:55
113. Hallo Realistiks !!!!!!!!!!!!

Ag, ek lees jy is my dom maaikie jong. Was jy ook in die ice cream skool op Kempon? Watter jaare was jy daar. Was jy voor of agter in die klas. Het julle oook daer geleer om moei te skryf en te spel. Ek gaan nou doedoes voor dai kwai oom met my raas. (lees 85)
Posted by James Bond (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 11:56
114. ek lees maar so wat almal se; maar die ou hande het altyd gese n wedstryd word voor gewen, en ons het saterdag voor verloor as jy na balbesit kyk. om die agterspelers die skuld te gee as die voorspelers minder as 40% bal kry is darem maar ook hard. ongelukkig lyk dit nie asof die bulle konstruktiewe driee kan druk nie.nie uit die vaste spel of uit gebroke spel nie. die lynstane is n gemors en geen span sal wen as jy so baie besit verloor nie. dan stem ek saam dat die verkeerde gebruik van subs het ons die game gekos maar dit is meer die bestuur se swak besluitneming wat ons dan die game gekos het. tot die subs begin opkom het was ons nog in n mate in beheer, nie soseer met goeie spel nie maar met dodelike verdediging. daarna was als verlore.oor die senters jb. 103. watermeyer het nou vir die 0/20 s buite gespeel en heel goed gelyk maar ek dink sy beter posisie is binne.gerber is dalk ook beter binne. dippenaar het vir die 0/20 s vleuel gespeel en is dalk die vinnigste van die drie en hy verdedig ook goed. ek dink ook ons kort spoed op buite senter en vleuel. maar wat help dit as jy nie balle kry nie en die paar balle wat jy kry word weggeskop of dit is swak balle onder druk? ek dink nie daar het saterdag een bal tot by die vleuls gekom nie. baie geluk aan wp. met refs en al glo ek nie die bulle het verdien om te wen nie. komaan bulle wys ons saterdag teen die sharks jul kan.
Posted by baby bull (garsfontein) Monday, June 30, 2008 - 11:59
115. Little Blue Bull

Wees gerus. Hilton is nie in die span om "getalle" op te maak nie. Ons het meer as genoeg spelers van kleur. Daar is blykbaar nie 'n reel tov die aantal gekleurde spelers nie - volgens 'n sportskrywer by wie ek navraag gedoen het nie.

Die Leeus speel tans met slegs twee gekleurdes - Rose en Benjamin / Noble en niemand kla nie. Die Bulle het sonder Hilton drie in die beginspan + Maku en Fudge op die bank. Dus kan daar nie vinger gewys word na die Bulle nie.
Posted by James Bond (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 12:07
116. Goeie dag Blou mense
Ek het lank gewonder hoekom manne soos Baron, Texas Bull, Axeman, Blou_ril, Blou Koning ens. nie meer aktief op die blog deelneem nie. Ek dink ek begin verstaan...... en het sonder dat ek dit besef het, ook my deelname hier begin beperk en afskaal tot op `n punt waar ek nou glad nie meer deelneem nie.

Ek glo baie van julle het my alreeds vergeet en baie gaan my glad nie hier mis nie, en dis goed so, ek het geblog oor my liefde vir die BULLE en om saam met die passievolle Bulondersteuners te kuier. My in diepte kennis van die spel is nie naastenby in die liga van Judge en ds. Mosselbaai nie, daarom het ek meer geluister as gepraat, maar wanneer ons geliefde Bulle aangevat is deur idiote het ek saam met AK, Blitz en ander opgestaan vir die LIGBLOU!!

Noord-Transvaal is op my hart geskryf, maar ek het belangstelling verloor, en ongelukkig is regstellende aksie/transformasie die primêre oorsaak hiervan. Saterdag se sirkus op Nuweland het my finaal laat besluit genoeg is genoeg!! Van die patetiese skeidsregter en TV skeidsregter, tot Lobberts –alles transformasie, laat my kots!! En natuurlik die nepotisme en ander onderduimse dinge in die gange van Loftus Versfeld – ja Doc Craven, jy het dit voorspel, en nou is almal groter as die game en dis `n f@kkop!!

Dan is daar diegene wat soos foxterriers heeldag die bus jaag en `n lawaai opskop. Bv. Ek reken ouens soos Franna, Joe-ZA, James Bond ken hulle rugby en lewer gereeld goeie insette, hoekom nou die manne so aanvat ou Rustig?? Dan is daar die Toesighouer – Bulletjie 1, wat deesdae almal oor die vingers tik, maar nie te lank terug self sy besighede hier op die blog bekend gestel het.

Dit was `n voorreg om deel van hierdie blog te wees, maar genoeg is nou genoeg. Koester die BLOU PASSIE my vriende!! Wees gegroet!!!
Posted by goeters (Nou vir die Currie Beker!!) Monday, June 30, 2008 - 12:15
117. Rede hoekom ek gevra het JB, is omdat dit Sat as "feit" aan my gestel is. Dalk n ongeskrewe reel? Ek weet nie, maar indien dit wel so is, moet ons hom dan nie maar met hom begin nie, en dan seker maak dat hy met n "besering' afgaan nie? wink-wink
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Monday, June 30, 2008 - 12:15
118. Bulle, bulle, bulle moenie persoonlik raak met mekaar nie, almal het verskillende sienswyses asook voorkeur van spelers ens, respekteer mekaar......!!!!
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 12:21
119. Dankie Bullsdaisy, maar ons moet maar klaarkom met die andersdenkendes.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 12:26
120. Ek wil net dit bysê, vir mense soos ek en bulversie gaan dit rondom regverdigheid, dis hoekom ons so vasskop met die skeidsregter en TMO se beslissing.... sien my mening en miskien hare raak, watse fun is daar aan so 'n game...., kan mens nou regtig sê dat dit lekker was om dit te aanskou, en soos sy en ek alreeds gesê het, dis nie suur druiwe nie, maar dit wat gebeur het was regtigwaar nie konsekwent toegepas nie, en op die einde van die dag het dit wel 'n negatiewe uitwerking op puntetelling en die spelers gehad, en dit kom uit my eie mond oor wat met myself gebeur het tydens NTVL uitdunne in atletiek. EK vir een, haat flippen onregverdigheid.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 12:28
121. Goeters, ek din blou_ril is nou james bond?! en hy werk in Kempton.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 12:29
122. Maar dan bygesê, ek stem 101% saam met die oor Lobberts, ons lynsstane, ens ens... dit is tog ooglopend gewees.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 12:30
123. Our Springbok lock Bakkies Botha will
probably serve out his contract with
the Blue Bulls following the court case
involving Botha and the Blue Bulls
Company (BBC) (Pty) Ltd on Friday
which was decided with costs in
favour ofthe BBC.
Botha signed up with French second
division club Toulon earlier in the year. Toulon have since
been promoted to France's Top 14 competition. Botha
extended his contract with the Blue Bulls last year and
also signed a new deal with SA Rugby (Pty) Ltd.
Although the details of the judgement are not known, it
cost Botha R800 000 for the court case, it seems certain
that Botha will no longer take up the offer from Toulon. He
does, however, still have the option to appeal the
judgement or to revert to the Council for Conciliation,
Mediation and Arbitration (CCMA).

Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, June 30, 2008 - 12:31
124. En die Sharks en WP ondersteuners julle hoef nie te worry of weer hier op ons blog kom rondhang vir aaneenlopende weke nie... wat worry julle, julle het mos nou alreeds die CC gewen.... LOL.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 12:33
125. Goeters, ek vat hulle aan omdat hulle spelers uitsonder en ek dink dit is onregverdig, want al die spelers oefen hard en werk hard. Dit is my beskeie mening, en ek sal dit weer en weer weer en weer weer en weer en weer en weer doen as hulle persoonlik raak.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 12:34
126. En Mossel en Judge skop ons Ass lekker met die superbru....
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 12:34
127. Post 128 - nee, jy sou nie van hom gehoor het nie. Goeters is n "ou" blogger, nie een van die groentjies nie.
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Monday, June 30, 2008 - 12:53
128. Ek onthou Goeters baie goed! Hy was een van die eerste bloggers wat in sy nic "Vodacom Beker wenners 2008" gehad het.

Ons onthou jou ook Stairway; jy was eers Led Zeppelin, maar toe ontstel jy vir Bulletjie , en die res is geskiedenis!

Posted by Joe-ZA Monday, June 30, 2008 - 12:57
129. Former Bulls coach Heyneke Meyer has already signed a contract with England glamour club Leicester Tigers and according to a number of influential UK newspapers will this week be announced as head coach.
Pick your Tri-Nations Super Dream Team and win great prizes from Sony & Sony Ericsson! www.superdreamteams.co.za

A British paper, the Daily Mail, says "Leicester have chosen former Bulls coach Heyneke Meyer to make them a force in European rugby again next season."

Meyer will succeed Marcelo Loffreda, the former Argentinian coach who was sacked three weeks ago after only seven months at the club after the Tigers failed to win the Premiership final against Wasps.

The newspaper also writes that Meyer won the race ahead of six coaches from different countries - Wayne Smith (New Zealand), Jake White (South Africa), Eddie O'Sullivan (Ireland), Ewen McKenzie (Australia), David Young (Wales) and Fabien Galthie (France) - who were approached for the job.

Former England World Cup-winning coach Sir Clive Woodward had a direct input into the selection process in his role as a club director and Meyer - widely considered to be the best coach in South Africa - beat off all the competition.

According to the Daily Mail, Leicester believe the 41-year-old, who studied sports psychology at university, will create the disciplined environment needed for the club to flourish.

It is also inferred that Meyer had already started talks with former Wallaby centre Matt O'Connor, who was recently released as Brumbies backs coach, to assist him in this capacity at the Tigers.

Richard Cockerill, the Leicester forwards coach, will stay on, but Meyer will announce new defence and backs coaches.

Meyer had previously intimated that, if he could not coach the Springboks, he would not coach at all. His name had been linked to Stade Francais, Toulon and Munster - and there was a move to have him appointed as director of coaching of the SA Rugby Union after he was controversially overlooked for the Springbok job in favour of Peter de Villiers.

Posted by blouBoerseun (Hou by die BLOU) Monday, June 30, 2008 - 13:02
130. En dis nou wat gebeur as jou eie land jou so in die gesig skop.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 13:08
131. Bullsdaisy,

Dit is so ja........ die man was weg gegooi......... hoop hou doen goed daar in Engeland........ EN KYK MOOI, HY GAAN N PAAR SLEUTEL SPELERS UIT SA LOK.....

Posted by blouBoerseun (Hou by die BLOU) Monday, June 30, 2008 - 13:11
132. Jip BlouBoerseun so gaan ons al ons weggegooide spelers verloor.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 13:18
133. Ek was so 'n tytjie weg in 'n vergadering - ja jong James Bond ek was in Kempton in 1982 en ek sien ook dat Rustig ons probeer uitmekaartrek - ja ook een van die stoutgatte in die agterste banke - maar weet jy ek glo elkeen op hierdie blog is geregtig op sy eie opinie solank ons nie mekaar se karakters afkraak nie - mense niemand kon my nog antwoord nie - wie wil julle op die bench sien Saterdag - ek is heelwat bekommerd hieroor
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, June 30, 2008 - 13:23
134. Einste Blou Boer seun, die naam van John MacFarland is reeds genoem!! Dis om van te huil!

As ek reg onthou, het ons in ongeveer 'n jaar die volgende personeel verloor:

Heyneke Meyer
Todd Louden
Pote Human
Dr. Tommie Smook
Ashley Evert
John MacFarland (heel moontlik)

Dis baie jare se ervaring en 'n ongelooflike hoeveelheid kundigheid, in minder as 'n jaar! Die resulate is daar vir almal om te sien.

Die onus rus nou op die huidige personeel om te wys dat hulle hierdie bg. manne se skoene kan volstaan.

Dis interessant om in die Sondag pers te lees hoeveel waarde Eddie Jones bv aan goeie lynstane heg. Volgens hom is dit die sleutel tot 3 Nasie sukses; as ons die lynstane kan domineer, kan ons NZ in NZ wen!! Dis volgens hom hoe ons die 2007 WB kon wen, en dis hoe ons vorentoe gaan wen.

Spankeuses, die regte manne in die regte posissies, is volgens hom nog iets wat ons kan laat wen, mits ons die regte keuses maak!

Nou hoop ek Frans neem so iets uit Eddie se boek, en doen iets omtrent hierdie 2 faktore!

Posted by Joe-ZA Monday, June 30, 2008 - 13:25
135. Bullet threat cuts short NZ game
Thursday 26th June 2008
Rugby Union
featuring: Guinness Premiership Final Wasps vs Leicester and Super 14 Final Crusaders vs Waratahs
A rugby match in New Zealand's West Coast league was abandoned last weekend after one of the players threatened to shoot the referee.

The match, between Grey Valley and South Westland, was halted when one of the Grey Valley players told referee Steve Manzies he would 'put a bullet in his head' after a Grey Valley player had been yellow-carded.

"The South Westland players had to actually escort the ref off the pitch," said a spectator.

The local union chief declined to comment, saying only that a meeting with the club in question had taken place.

Menzies himself said that he had not been able to identify who had made the remark, and so no player had yet been disciplined.

"There are ways and means of dealing with things," he said.

"And target practice is not one of them."

Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Monday, June 30, 2008 - 13:38
136. It's official: Meyer to coach Tigers
Mon, 30 Jun 2008 13:23

The world's worst-kept secret is out. Leicester Tigers on Monday confirmed that Bulls' the Super 14-winning mentor Heyneke Meyer has been appointed as the English club's new head coach.

Meyer, who will arrive at Welford Road before the start of the new Guinness Premiership season after agreeing a three-year contract, said: "I have always thought that if I want to get back into rugby it must be with one of the best clubs in the world, and I truly believe Leicester Tigers are one of the best clubs in world rugby.

"I have a lot of respect for what the club has achieved in the past and I have been impressed with everybody I have met from the club.

"I know there are a lot of competitive clubs in the Guinness Premiership and I am looking forward to the challenge with Leicester Tigers.

"I am humbled that a club like Leicester Tigers has considered me alongside the other candidates for the job of head coach and I am very thankful that they have appointed me.

"Now I am looking forward to getting started."


Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Monday, June 30, 2008 - 13:52
137. Môre Bloues & Kie. Ek was lanklaas op die blog, het so bietjie gelees wat julle sê...my hart is seer vandag....daai game was in die sakkie....maar nou ja, dit is verby. Daar is nog 12 wedstryde oor en ek kan nie wag om Saterdag Loftus toe te gaan nie. Oor Saterdag....al wat ek kan sê is 'n mens kan nie rugby speel met so min bal besit nie. Oor Hilton....EK HET NOG NOOIT VAN HOM GEHOU NIE....stuur hom maar verniet vir Toulon...wat op die oomblik is hy 'n aanwins vir enige span wat TEEN ons speel. Nee, wedstryd vir wedstryd staan hy strafskoppe af met swak dissipline.

Ek wil graag vir julle 'n vraag vra....met Gio Aplon se drie en dit gelyk of Wylie Human uitgetrap het. Derick Kuun het dit vir die skeidsregter genoem, die het hom so te sê "weggejaag" daar is nie daarna gekyk nie...??

Selfde toe Wynand 2 keer met 'n stywe arm geslaan is (Veldsman het daarna gekyk)...nothing wrong...!!! Ek wil nie eers praat oor AJ nie...

Ek is a bad loser...maar ek sal verloor as dit regverdig is....dit was nie. Hulle moet 'n nuwe prys ook gee vir die wedstryd..... DRAMA KING van die game... Saterdag was dit verseker Willem de Waal. Daardie stukkie toneelspel kort 'n prys....sy kyk te veel sokker.

Cheers
Posted by Bulletjies Bo (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 13:55
138. Ek is sooooo bly Bakkies het die hofsaak verloor. dit sou 'n gatslag vir ons gewees het. die laaste ding wat SA rugby nodig het naas regstellende aksie fiasko is dat Mamon als gaan oorheers.

Wonder wat nou in bakkies se gemoed omgaan?

Ek dink nie ons moet in sak en as oor ons span wees nie. hulle sal hoeplik nie so laat as die super 14 eers begin speel soos 'n span nie, maar hul kant bring. Belangrikste is dat ons hierdie volgende twee tuiswedsrtyde wen.

Dis jammer ou wikus is beseer vir hierdie game.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, June 30, 2008 - 14:27
139. Kockott is darem ook ge"krok" vir twee weke LOL
Posted by Little Blue Bull (Gonubie is ook BLOU ) Monday, June 30, 2008 - 14:31
140. Goeiemiddag almal,

Mosselbaaibul, (140) ek dink Bakkies is dalk die mees verligte van almal oor die uitkoms van die saak. Ek dink dinge het heelwat verander op Loftus sedert Februarie, toe die Bakkies-debakel begin het.

Soos ek weke gelede al op hierdie forum gesê het, sal ons so oor vyf of ses jaar van nou af die volle waarheid oor hierdie storie hoor as 'n ywerige joernalis Bakkies ompraat om sy biografie te skryf. Dan sal ons heel waarskynlik hoor hoe Bakkies misbruik is deur Pappa Habana om die Bulle by te kom en om 'n presedent te skep, sodat sy seun ook uit sy kontrak kan ontsnap om vir ponde te gaan speel op die Rooinek-eiland.

Ek dink nie Bakkies wou ooit regtig so ver weg van sy beeste af gaan speel nie...

Tog dink ek die sweer, wat al hoe meer septies geword het sedert Heyneke by Loftus weggejaag is, is nie ordentlik skoongemaak nie. Alles is nog nie honkie-dorie op Loftus nie. Hou maar gerus dop wat besig is om in die bestuur van die oud Spelersvereniging te gebeur. Die old farts en vermufde Broederbonders gaan moelikheid optel, want hulle het ons rugby-unie jare teruggesit met hul stiksienige optrede.

Hou maar dop, die Bakkies-sage, en spesifiek Bakkies se klagte oor die "diktators" op Loftus sal weer na die oppervlak opstoot! 'n Paleisrevolusie met die verkiesing van die nuwe bestuur vroeg volgende jaar is nié vergesog nie.
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 14:47
141. Dankie vir die gesels sooibrandt!

Ek het 'n vermoede gehad Heyneke was nie gelukkig nie en gentleman wat hy is sou hy nie sommer in die pers te kere gaan nie.

Ek het geweet Habana sit hieragter veral toe hy bekend maak dat hy wat Habana is Bakkies se hofonkoste ook sommer sal dra.

Ek is nie bly bakkies het bloedneus gekry nie, maar ek is bly vir rugby se part dat ons die saak gewen het.

Wie is die spelersvereniging? Hoeveel mag het hulle? En wanneer gebruik hulle hul mag?

Hoe is Boet Fick? Barend van Graan?

Daar het darem baie van ons afrigters begin bedank die afeglope ruk. die ou wat ek sou wou sien dat ons Hom die graagste behou is Nico Serfontein.

Lyk my jy kan ons meer vertel.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, June 30, 2008 - 14:59
142. Hierdie verklaring het vandag op Leicester Tigers se webblad verskyn:*Lict Tigers are delighted to announce that Heyneke Meyer has been appointed as the club’s new head coach.
The most successful coach in South Africa, the 40-year-old Meyer has gained a reputation for innovation and developing talent.

He led the Vodacom Bulls to the 2007 Super 14 title – the first South African side to win the trophy - and won four Currie Cups in five years, as well as leading his team to four Vodacom Cup finals.


Leicester Tigers chairman Peter Tom CBE said: “We believe Heyneke is the outstanding candidate for a job which attracted a massive amount of interest from coaches all over the rugby world.


“He has a superb record in South Africa and we were very impressed by his levels of professionalism, preparation and enthusiasm when he spoke to us.


“Heyneke has dealt with top-quality international players in his time with the Bulls and in working with the South Africa national squad. He has also developed players from within the ranks at his previous clubs and he has an impressive record of success in a very competitive environment.


“We believe he is the man to take Leicester Tigers forward in a crucial time for this club.”


Meyer, who will arrive at Welford Road before the start of the new Guinness Premiership season after agreeing a three-year contract, said: “I have always thought that if I want to get back into rugby it must be with one of the best clubs in the world, and I truly believe Leicester Tigers are one of the best clubs in world rugby.


“I have a lot of respect for what the club has achieved in the past and I have been impressed with everybody I have met from the club.


“I know there are a lot of competitive clubs in the Guinness Premiership and I am looking forward to the challenge with Leicester Tigers.


“I am humbled that a club like Leicester Tigers has considered me alongside the other candidates for the job of head coach and I am very thankful that they have appointed me.


“Now I am looking forward to getting started.”

Heyneke Meyer Fact file:
Career: 2001-07 Blue Bulls/Bulls head coach, 2000 Northern Bulls head coach, 2000 South Africa assistant coach, 1998-99 SWD Eagles head coach, 2000 Stormers assistant coach, 1999 South Africa assistant coach, 1998 Emerging Springboks head coach, 1997 SWD Eagles assistant coach, 1988-1996 junior, high school, U21s and Carlton League coach
Key Achievements: The only coach to win Vodacom Cup, Currie Cup and Super 14; four Currie Cup victories in five years, including only third hat-trick in the competition’s history; first South African winners of Super 14 title; nominated as candidate for national coach; youngest-ever Currie Cup coach with SWD Eagles; led team to Currie Cup semi-final for first time in 100-year history in 1999; assistant coach to South Africa side which reached 1999 Rugby World Cup semi-finals.
Honours: Vodacom Cup winner 2001; Currie Cup winner 2002, 2003, 2004, 2006; Super 14 winner 207
*Jane dít is die man wat deur die old farts op Loftus weggejaag is toe hy 'n nuwe plan op die tafel gesit het om van die Bulle die grootste naam in wêreldrugby te maak! En dit is die man wat, so word ywerig verkondig, nie opgewasse was teen Pienkdas Padda-in-die-keel Diffie as nasionale afrigter nie!
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 15:00
143. ja-nee, Bakkies het nou verloor, maar die Franse gaan hom nou hof toe neem, want hy het 'n kontrak met hulle gesluit.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 15:31
144. My eerlike mening is dat die dinge wat gesê word oor Bakkies en Papa Habana net spekulasie is, en dit kan dalk ook onregverdig teenoor Papa Habana wees, niemand weet wat was die toedrag van sake nie, so ek dink ons moet ons eerder bepaal by wat ons wel weet, wat eintlik boggerol is nie. My opinie is nie dat Heyneke "weggejaag" is by loftus nie, maar in my hart dink ek dit was vir hom een bitter pilletjie om te sluk daardie skop in sy gesig met die aanstelling van die Springbok rugby afrigter en dink ek dis die rede hoekom hy hom onttrek het van rugby in SA af, kan enige iemand vir my verduidelik hoekom sou Papa Habana dan nou vir Bakkies se hofonkostes sou wou opdok as hy daardie geld dan eerder aan sy eie seun se "loskom" uit sy kontrak kon voor betaal het.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 15:33
145. Ek is bly HM het nou weer 'n afrigterspos, dit is 'n skande dat so 'n goeie afrigter nie 'n span het om af te rig nie.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 15:33
146. Mosselbaaibul, teen hierdie tyd is die Heyneke-storie ou nuus in Pretoria. Die leidrade het reeds in verskeie publikasies verskyn. My hoofbron kom egter uit die binneste van die binnekringe en is absoluut betroubaar, glo my!

Die storie loop so: Heyneke wou in die eerste plek nooit aansoek doen vir die Springbok pos nie. Sy eerste keuse was om by die Bulle te bly.

Heyneke het hom egter, soos alle mense wat hul tyd vooruit is, vasgeloop in die Broederbond burokrasie op Loftus. Hulle was woedend omdat die Bulle nie verlede jaar in die Curriebeker finaal gespeel het nie. Hulle het geeis dat hy die Super 14 span én die Curriebekerspan moes afrig.

Heyneke het 'n gedetaileerde plan op die tafel gesit waarvolgens hy die Bulle op alle vlakke wou uitbou en dié unie tot die "Mancherster United van wêreldrugby" wou verhef. Volgens die plan sou hy egter die direkteur van afrigting moes word. Hy sou steeds by die afrigting van die Super 14 span betrokke bly, maar hy sou ook alle ander afritingspanne koördineer.

Die Broederbond kliek het egter vasgeskop en aan hom die keuse gestel om te maak soos hulle sê, of sy goed te vat en te trap! Eers hierna het hy besluit om vir die Springbok pos aansoek te doen. Toe hy daar ook DEUR SY EIE MENSE in die rug gesteek word, het hy vir eers sy bande met rugby gebreek.

Daar was 'n geskinner dat hy die plan op die tafel gesit het om vir homself 'n pos te skep waardeur hy sou geldmaak. As dit egter vir hom om geld gegaan het, kon hy Toulon se aanbod van R5-miljoen aanvaar het om daar te gaan afrig! Dit was dus net kwaadstekery van die amateurs in Loftus se raadsale wat nog altyd jaloers was op 'n briljante en professionele man soos Heyneke.

My bron vertel ook dat, gedurende daardie week na die fiasko teen die Hurricanes vroër vanjaar, is daar in noodvergaderings besluit om Heyneke terug te roep vir dubbel sy vorige salaris! Hy is egter 'n man van inegriteit en die beginsel was vir hom steeds belangriker as die geld.

Dit is die storie in 'n neutedop. Om my bron te beskerm wil ek nie meer detail gee nie.

Net nog dit: Die spelersvereniging word met 'n ysterhand geregeer deur 'n klompie Broederbonders onder leidingvan 'n oud skrumskakel en kaptein van die blou Bulle. En hulle het heeltemal te veel mag, glo my! Dis deur hulle toedoen dat Barend byvoorbeeld in die pos van CEO aangestel is. Daarby het hulle van dag een af daar in 2000 al 'n vandetta teen Heyneke gevoer...
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 15:34
147. Sooi Brandt, stadig oor die klippe my vriend, netnou kry die broeders jou beet.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, June 30, 2008 - 15:47
148. Rustig, die waarheid moet eenvoudig uitkom! Heyneke is heeltemal te veel van 'n gentleman. As hy nie so ordentlik was nie en met die media gepraat het oor alles wat gebeur het, sou dit 'n hele geveg afgegee het. Veral vroeër vanjaar, toe die Bulls so drooggemaak het en die ondersteuners nog woedend was.

Heyneke het inderwaarheid sy vyande beskerm deur sy stilswye. Maar glo my, die man het baie om oor bitter te wees. En ons het steeds baie om oor woedend te wees.
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 15:54
149. Sooi Brandt

soos ek die strukture by Loftus verstaan het ons 'n ooreenkoms (50%) met Sail. Barend was voorheen 'n werknemer by hulle toe die ooreenkoms met die bulle gesluit is. Hy het eers in 2006 die leisels as CEO oorgeneem. sail het ook 'n 50% aandeel in WP rugby en ook by Saracens. Francois Pienaar dien as saracens se agent in SA. Dis deur sail dat eddie Jones versoek is om by ons super 14 as konsultant betrokke te raak. fdis ook hoe wikus van heerden daarheen gekontrakteer is.

In die lig van die bogenoemde: Hoeveel besluitnemingsmag het die "grootbase" of dan die oud-spelersvereniging en dis wat ek wil uitfigger?

Heyneke het wel genoem in 'n sporttydsrif dat hy siek en sat was vir die politiek by die blou bulle. Ek sou wou glo dat dit komende van hierdie groep is. ek kan nie dink dat 'n professionele opset soos Sail Heyneke sou opdraende gee nie.

Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, June 30, 2008 - 16:06
150. him bd net dit.146. wat nie spekulasie is nie is dat pappa habana bakkies se agent is. dis n feit. nou as my agent my sake so bestuur , dan wil ek liewers nie n agent he nie.
Posted by baby bull (garsfontein) Monday, June 30, 2008 - 16:06
151. Feit is Papa Habana het Bakkies en Wynand se Kontrakte met die bulle as guns gedoen, en hy is nie 'n geregistreerde agent nie en het ook geen agentfooi daarvoor ontvang nie.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 16:13
152. Hallo al die Bloues.

Dit is eintlik wat ons lankal vermoed het wat aangaan in die Bul kamp.Sooi Brandt dit maak sense wat jy se.Daar in nie veel wat ons as een mens daaraan kan doen nie.

Een of ander tyd gaan die bom bars,en dit is nie meer ver nie.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, June 30, 2008 - 16:20
153. Mosselbaaibul, Jou opsomming is korrek. Ek dink Morné du Plesis is ook by Sail betrokke.

Ek dink net jy onderskat die mag van die Broederbondkliek. Onthou, hulle is nie Johny-come-lately's nie. Dis manne wat jare al by rugbypolitiek én ander politiek betrokke is. Hulle invloed strek wyer as net rugbystrukture.

In 'n 50-50 vennootskap het hulle dus net een van die ander direkteure se steun nodig om hul ding te doen.

My inligting is dat dit juis die Sail-manne was wat ná die Hurricanes-fiasko aangedring het dat Heyneke teruggeroep moet word.

Die saak is ongelukkig ingewikkelder as blote sakepraktyk. Daar is baie ander faktore ook betrokke. Dit gaan hier ook oor persoonlikheidsbotsings en mense wat begin glo het dat hulle groter as rugby is. Dit gaan ook oor Heyneke se persoonlikheid en die enorme invloed wat hy op die spelers gehad het. Dít was vir sy vyande skrikwekkend.
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 16:20
154. Sooi Brandt, ek kan jou nie genoeg bedank vir die informasie in post 148 nie!!!!! Dis alles so waar!!!

Dis politiek wat Heyneke FORSEER het om te gaan, beide by die Bulle en die Bokke!! Hy is die Frik du Preez van afrigters! Ek respekteer hom grensloos!
Posted by Joe-ZA Monday, June 30, 2008 - 16:29
155. sooi Brandt

Ek kan vertsaan dat sail bv. so sou reageer, maar sail self het daarna beraadslaag met diie bestuur en 'n verslag hier uitgereik wat bepaal het dat dat die afdank van frans Ludeke meer nadelig sal wees as voordelig.

Sail is immers 'n sake vennoot.

Ek wens hierdie "ooms" wil vir 'n slag begin aftree. Hulle gebruik al wat 'n klubvereniging is as laaste bastion. vra my, hier in Mosselbaai het ons baie "ooms" by die gholfklub, ens. Hul manier van doen is altyd 'n agteraf gekonkel en om drukgroepies te stig. Voor jy weer sien stap jy in 'n vergadering in met helse kritiek teen jou en jy was nooit bewus van soveel teenkanting nie want almal lyk op die oog af of hulle jou ondersteun.

Lyk my dis waarvoor Heyneke moeg geword het.

Ek twyfel egter of heyneke sou terugkom al sou hulle hom meer betaal het. dit wa sin die middel van die reeks. die spelers het hulself uitgesort.

wat my net die m... in maak is dat niemand dit ooit se nie maar mens weet altyd daar is 'n gekrap wat van erens af kom.

wat sou hul aandeel wees in bv. die aanstelling van frans Ludeke?
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, June 30, 2008 - 16:35
156. In die Army is daar so mooi woordjie wat gepaard gaan met 'n geskinder in die gange.... hulle noem dit 'n "RUMOUR".
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 16:40
157. Hello hello hello.....
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, June 30, 2008 - 16:43
158. En FL gaan dit nie maak nie,sy naam se dit alles.Na die CC sal ons weer se,nou vir die 2009 S14,als verniet.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, June 30, 2008 - 16:56
159. Wie het vir van Graan jnr aangestel? Hy is baie stil en praat nie n woord in die media nie. Na F Ludeke se aanstelling, en gesukkel in die super 14 sou n mens dink hulle sou n ervare man as voorspeler afrigter aanstel. Aan die ander kant, sou n ervare voorspeler afrigter seker te veel druk op n Sukkelende Ludeke gesit het.
Posted by Cecil (nou die BLOU) (pretoria) Monday, June 30, 2008 - 16:58
160. Aartjie na die vaartjie,weet ewe min van Rygby!!!!
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, June 30, 2008 - 17:02
161. Mosselbaaibul, ek ry more PE toe, en van daar gaan ek Vrydag na Mosselbaai vir n 10 dae vakansie. Kan nie wag nie. Jy bly in die mooiste deel van Suid Afrika.
Posted by Cecil (nou die BLOU) (pretoria) Monday, June 30, 2008 - 17:02
162. Sooibrand
Jong ek weet nie van die manne met die blinkswart skoentjies nie Soos my oorlede Pa altyd gese het dis waarom Frik Du Preez nooit sal Bokkaptein word nie en Dawie De Villiers dit sal bly omdat Frik nie 'n broeder was nie.
My Pa was ook nie een van die dinge wat hy my nagelaat het was die Superafrikaners deur Hans Srijdom . Prof Theron en kie moet gaan potjiekos kook op Hartenbos ( Asb. no offence Mosselbaaibul) of Klein Kariba by Warmbad of by Goudini hier by Worcester.

Rugby het 'n besigheid geword en jammer om dit te sê is dat my geliefde span , en stadion soos 'n vlooimark bedryf word tot my skaamte , Ek dink manne met besigheidsbeginsels moet die leiding neem en die BBRU op besigheidbeginsels begin bedryf en werknemers wat nie presteer nie voor stok kry bv. Lobberts , Delport en Ludeke om 'n paar te noem.

Laas jaar het almal die strukture besing hoe kan alles in minder as 'n jaar so inmekaar duiwel?

Ek vertrou ook nie vir Sail nie na bewering is hulle besig om namens Hamiltons ('n klub in die kaap) met Sarecens te onderhandel om Cobus (ek skrum skeef) Visagie weer kaap toe te lok.

Ek skree deesdae te veel OP die Bulle terwyl ek VIR die Bulle wil skree. BBRU sorteer asb. werknemers uit en kry weer die Bulle waar hulle hoort bo-aan die log nie onderste 3 nie.
Posted by BloubulindieBoland (Ashton) Monday, June 30, 2008 - 17:39
163. Sooi Brand, Jou posting 148: Ek kan jou en jou kontakte verseker, met elke vesel in my lyf, dat daardie stories van ABB betrokkenheid by die BLOU BUL onwaar is en so is van die aanstelling van Hentie Serfontein.

Ek se nie dat daar nie esoteriese organisasies betrokke is nie, maar dis beslis NIE die ABB nie. So, ek stel voor ons los hierdie twak uit..........
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 17:56
164. Jinne!!!!!
Posted by Bergbok (Nou vir die Bokke) Monday, June 30, 2008 - 18:40
165. Dankie Baron, duidelik is Sooi Brandt bietjie hier uit sy diepte. Kon hy nie maar eerder die derde mag die skuld gegee het nie? Hulle word in elk geval beskuldig van die meeste ander dinge in die land.

Sooi Brandt, baie van ons wat uit die liefde vir die BUL hier blog, het redelike goeie toegang tot die hierargie van rugby, en nie net in Pretoria nie. Om daarom sulke grandiosiese uitlatings te maak is nie net onverantwoordelik nie, maar ook bietjie verspot.

Self gaan ek ook stadigaan bietjie g*tvol vir die voortdurende afrikaner bashing, die enigste sport waarin ons regering 'n goue medalje by 'n olimpiese spele sal wen. Magtig man, ek is net so trots om 'n Afrikaner te wees, as wat ek Saterdag was om MY span op Nuweland te ondersteun.

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Monday, June 30, 2008 - 19:24
166. Ligblou Baron en al die ander wat twyfel, ek kan julle seker nie maak die waarheid glo nie. (Ek is nie Chuck Norris of Vernn Koekemoer nie...) Hierdie tipe dinge het egter 'n manier om met tyd uit te kom. Tog jammer ons het nie meer ordetlike rugbyjoernaliste soos Quintus wat diep kon krap en die regte kontakte gehad het om die burokrate se boot 'n bietjie te skud nie! Deesdae wil hulle mos almal se pel wees en staan hulle nie meer in die bres vir die publiek, soos dit goeie joernaliste betaam nie.

Ek weet wat en weet en ek weet my bron is absoluut onberispelik! Ek los die storie nou maar hier. Die tyd sal leer. Ek hoop net julle sal my erkenning gee die dag as die waarheid oor hierdie gemors by die Bulle algemene kennis word.

BloubulindieBoland sê: "Laas jaar het almal die strukture besing hoe kan alles in minder as 'n jaar so inmekaar duiwel?"

BloubulindieBoland die dag sal ook kom dat die manne wat einde 2007 en in 2008 verantwoordelik was vir die inmekaarduiwel van die Bloubul strukture sal moet erken dat dié strukture alles op een pilaar gesteun het. Sy naam is Heyneke Meyer! Hy was die spil waarom die Bulle se sukses gedraai het.

Ek dink dit is juis hierdie feit wat die old farts bang gemaak het. Hulle was bang hy word so sterk dat hulle magsposisies in gedrang sal kom. En toe druk hulle hom uit. Hulle het gedink hulle sal iemand anders kry om sy meesterplan uit te voer. Maar hulle het die spelers se band met Heyneke onderskat. En hulle het Heyneke se impak en sy invloed en sy ongelooflike dryfkrag en dinamika totaal onderskat. Toe tuimel die kaarthuisie ineen.

Ek is bereid om op hierdie blog 'n stelling te maak waaroor julle my weer oor ses maande kan aanvat: Die probleme by die Blou Bulle is nié verby nie. Frans Ludeke en Boetman van Graan is nié die antwoord op die probleme nie. Inteendeel, die arme Frans het nie geweet in watter bynes hy sy kop gesteek het toe hy by die Bulle aangemeld het nie. Hy is eenvoudig nie opgewasse vir die burokrate op Loftus nie. Hy sla hulle nooit gasgee soos Heyneke gemaak het nie.

Hoor my lied, die geploeter sal voortduur en ons gaan nog goeie spelers verloor. Ons sal een van die top vier bly, maar ons sal nié oorheers soos die afgelope vyf seisoene nie.

Wat ons kort is 'n sterk rugbyman in Boet Fick se plek wat eerlik en regverdig, maar tog met 'n ysterhand kan regeer. En dan moes ons verlede jaar al, toe die unie meer as R20 miljoen wins gemaak het, begin het om aandele by Sail uit te koop, sodat rugby in Pretoria weer beheer kan word deur manne wat die belange van die Blou Bul en die rooi madeliefie op die hart dra en nié manne wat oor hul eie bonusse en die belange van 'n maatskappy (wat nie eers 'n adres in Pretoria het nie!) bevorder.

Ek weet byvoorbeeld nie eers of ons in staat gaan wees om 'n ordentlike vrouespan in die veld te stoot nie. Daaris redes vir al dié goed, maar ek is nie bereid om in 'n is-isnie-is-isnie debat met mede bekommerde Bloubul ondersteuners betrokke te raak nie.

Nou het ek genoeg gesê. Kom ons wag maar en kyk wat gebeur.

Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Monday, June 30, 2008 - 19:30
167. Joe,

Was nog nooit 'n Julies fan nie, maar wraggies, hy sal beslis 'n verbetering wees. Ek kon nie glo hoe swak was Delport se verdediging nie. Buite beeld van die tv kon 'n mens etlike kere duidelik sien hoe hy ala Breytie, weghardloop om NIE te verdedig nie. Ek dink hy is baie talentvol, maar plaas verskriklik baie druk op sy mede-agterspelers met hierdie lafhartige verdediging. Kyk maar hoe bepaal Robbie Deans in vandag se koerant weer die grootte van 'n man se hart aan sy vlak van verdediging!!!

Lobberts, ....? Kies homself nie, maar is 'n loaded gun wat ons nog net elke keer trane besorg het as hy op die veld gekom het. Hy kon dalk ook eerder vir P3 as Danie vervang het.

Wat my die meeste bekommer, is dat ons NOOIT in die wedstryd op die voorvoet was nie. Bulle, dis waar ons probleem le, kry dadelik iemand wat iets van voorspelerspel weet, want dis al plek waar ons vanjaar games gaan verloor.

Sterkte Frans en Pieter!!!

Wees getrou my BLOUVOLK!!!!!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Monday, June 30, 2008 - 19:34