You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Francis commits for three more years


The Vodacom Blue Bulls flyhalf Burton Francis, who was very prominent in Friday night's quarterfinal win over the Lions at Loftus, has signed a contract till the end of 2010.

Francis has had an absolute spectacular Vodacom Cup thus far and delivers a very mature performance every time he puts on the number 10- jersey.

He only made his senior provincial debut in 2008 but he came through the ranks at under 19 and under 21 level and showed as a junior that he has the temperament to match his extraordinary talent.

He is a product of Hoërskool Klein Nederberg in the Paarl and enrolled at the Puk Rugby Institute after he matriculated in 2004.

After one year at the Puk Institute he joined the Blue Bulls in 2006 and has ever since worked his way up through the pecking order.

He was invited to train with the Super 14 squad at George at the end of last year and is very excited about the next couple of years at Loftus.

"I am very happy at the Bulls and would like to continue to develop as a player in order to realize my full potential."



Print


Login Email adress Password


Blog
1. 1STE - Soos die VC BULLE!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, April 28, 2008 - 08:22
2. Jy sien! Daar is ouens wat vir die Bulle wil speel, en daar is spelers wat nie meer vir die Bulle wil speel nie.

Ons as Blou Bul ondersteuners wil die spelers op die veld sien wat WIL speel, en is gatvol vir die Prima Donnas wat nie meer wil speel nie.

Geluk Francis, mag jou verblyf by die Bulle 'n suksesvolle 3 jaar wees.
Posted by Lallas (Roodepoort) Monday, April 28, 2008 - 08:32
3. Baie dankie Burton, hoop jy gaan nog menige bekers vir ons help wen.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, April 28, 2008 - 08:52
4. Bakkies en die BBRU se verhouding is obviously nie meer gpoed nie en daar is geen vertroue nie. Ek is vies vir Bakkies, maar in dieselfde asem raak ek al hoe meer moerig vir Barend van Graan ook. Volgens koerantberigte het die spelers en die bestuur die Maandag voor die game teen die highlanders sake reguit uitgepraat.

HUh... ?

Volgens koerantberigte het Habana en Olivier in Desember saam Franse rugby gaan kyk. Bernie Hbana het ontken dat hulle enigsins belangstel om daar te gaan speel. Ian Schwartz het gesê Habana gaan nêrens heen nie.

Die eerste 2 weke van Januarie moes ons lees dat die nuwe Backline coach nie met die senior spelers in die span oor die weg kon kom nie. Wynand het op hierdie blog vir ons vertel "dis die manier waarop hy dit doen wat ons ongelukkig maak."

Nou toe nou, nou begin die legkaart ontvou oor wie is die senior spelers wat so invloed het op die span. Mooi manne.

bakkies, ek dink as ek ooit weer verby ju prentjie op 'n bill board ry, gaan ek veral 2008 met trane in my oë onthou, veral nadta jy wrestle mania agtig vir ons ook op hierdie blog kom vertel het hoe lief jy die Bulle het en dat ons 'n goeie kans het om die super 14 te wen.

Bakkies, wat het geword van daardie woorde?

Dit ruik vir my al te veel na die Goue Leeus se 1996 toe die meeste van hul spelers gestaak het oor salarisse. Francois Pienaar was aan die spits hiervan. dit was die einde van die Goue Leeus.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, April 28, 2008 - 09:01
5. Can we please have more players like Derick and Burton who signs for the Bulls and do their talking on the field!
Thank you to the young blood that still value being a Blue Bull.
Pity the management can't say the same
Posted by vissgjx (Singapore) Monday, April 28, 2008 - 09:17
6. Dag al my Blou vriende!

Hierdie berig het gister in die Sondag koerant verskyn.

26/04/2008 19:07 - (SA)

Wat Bakkies wil hê.

Die harde man van Suid-Afrikaanse rugby, Bakkies Botha, kla die Blou Bulle maak lelik met hom. Sportredakteur Brenden Nel het die hofstukke wat Botha ingedien het in sy saak teen die Bulle. Die Springbok-slot Bakkies Botha, wat in meeste mense se oë ’n getroue rolmodel en vreeslose Blou Bul en Springbok is, sê nou sy werkgewer is ’n “outokratiese tiran” wat nie omgee vir sy spelers nie.

Botha het in hofstukke wat sowat 150 bladsye beslaan die Blou Bulle Maatskappy bygekom in ’n poging om sy kontrakte met die Blou Bulle en SA Rugby tot niet te maak en sodoende ’n veel groter salaris by die Franse klub Toulon te gaan verdien.

Die stukke is die afgelope week by die arbeidshof ingedien. Die saak dien Woensdag in dié hof. Kenners beskou dit as ’n toetssaak wat elke provinsiale en Springbok-rugbyspeler se kontrak kan raak en Suid-Afrikaanse rugby kan verander.

Sondag is in besit van Botha se beëdigde verklarings. ’n Prentjie word daarin geskilder van ’n onredbare verhouding tussen die spelers en die bestuur van die Blou Bulle.Teen druktyd het die Bulle nie hulle antwoord op Botha se aantygings by die hof ingedien nie.

In die hofstukke gee Botha onder meer die volgende redes waarom sy kontrak met die Blou Bulle nietig verklaar moet word:

* Hy sê hoewel hy ’n vyfjaarkontrak geteken het, was hy onder die indruk dat die regte vir die gebruik van sy foto’s vir publisiteit nog beding sou word. Dit is teenstrydig met die kollektiewe ooreenkoms wat hy geteken het wat lui dat die provinsies die regte het om spelers se foto’s te gebruik in advertensies en dies meer.

’n Advertensiebord wat Botha naby Pretoria opgemerk het, was die finale strooi. Hy het besluit om hof toe te gaan om sy reklamewaarde op te eis.

* Botha sê verder hy is deur sy agent, Bernie Habana, onder dié indruk gebring en dat die Bulle niks gedoen het om die wanindruk reg te stel nie.

* Hy voer verder aan dat omdat Habana sr nie as ’n agent geregistreer is nie, die Bulle geen reg gehad het om die kontrak met hom te onderhandel nie, al het Botha hom aangestel as sy verteenwoordiger. Dit is nog ’n rede waarom die kontrak beëindig moet word.

* Botha voer drie verdere tegniese redes aan oor hoekom die kontrak nietig verklaar moet word. Die eerste is dat sy kontrak melding maak van bonusse waaroor daar “ooreengekom is om ooreen te kom”. Volgens Botha is dit nie regkens toelaatbaar nie.

Die tweede en derde redes het te make met die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging se ooreenkomste, wat Botha in 2007 geweier het om te teken. Dié ooreenkoms lui dat dit enige vorige kontrak vervang. Botha voer aan sy kontrak is dus nie geldig nie omdat hy nie die 2007-ooreenkoms geteken het nie.

* Botha se betaalstrokie dui aan dat hy 125 dae verlof geskuld word. Dit is eers op 18 April openbaar gemaak as deel van die dispuut waarvolgens sy prokureurs die Bulle tien dae kans gegee het om op te antwoord, of hom R636 650 te betaal vir dié verlof.

Hy voer verder aan dat die 53 dae wat hy in agt jaar as verlof geneem het minder is as die Arbeidswet se minimum en dus moet die kontrak ongeldig verklaar word.

* Botha voer ook aan dat daar ’n breuk in die verhouding tussen hom en sy werkgewer is omdat verskeie probleme nooit opgelos is nie. ’n Grief wat Habana sr names hom, Wynand Olivier en Bryan Habana ingehandig het, is nooit opgelos is nie, beweer hy. Dié grief is gegrond daarop dat die drie spelers nie gelukkig was met die bonusse wat hulle betaal is nie; hulle salarisse; reklameregte en ’n gebrek aan kommunikasie met die bestuur. Hy beweer ook dat die Bulle-bestuur ’n “dreighouding” teenoor hom ingeneem het.

* Botha voer aan dat die Bulle hom gedwing het om in 2006 met ’n beseerde enkel wat met pyninspuitings verdoof is te bly speel. Dit het uiteindelik gelei tot sy onvermoë om die seisoen te voltooi.

Sondag is ook in besit van ’n brief waarin Botha die Bulle vra om hom van sy verpligtinge te onthef en hy bevestig dat dit ’n finansiële besluit is.

“Ek wil beklemtoon dat die versoek geen betrekking het op my verhouding met die Bloubul-familie en nog minder my begeerte om nog voortaan vir die Springbokke te speel nie. (Dit is alleen ’n finansiële besluit),” lui die brief.

Maar nadat die Bulle dit geweier het, het Botha se prokureurs ’n versoek gerig dat sy salaris vir die jaar tot R2,2 miljoen verhoog word, want “sy potensiële verdienste is ver onder markwaarde”.

Die Bulle het dié bewering verwerp en Botha in verdere briewe versoek om die 2007-spelersooreenkoms te teken. Hulle het hom verder daarop gewys dat die 2004-ooreenkoms, wat Botha geteken het, nie voorsiening maak vir opgehoopde verlof nie. Die 2007-ooreenkoms maak wel daarvoor voorsiening, maar Botha het geweier om dit te teken.

Bakkies verdien ver meer as die meeste spelers.

WAT is ’n billike vergoeding vir ’n internasionale rugbyspeler? Volgens Bakkies Botha se hofdokumente is dit baie meer as die R1,3 miljoen wat hy tans verdien by die Blou Bulle. Dit is ook meer as die R76 000 wat hy elke maand huis toe neem ná aftrekkings. Sondag kan vandag onthul Botha se salaris by die Blou Bulle is ver meer as wat meeste spelers verdien.

Volgens Botha se kontrak, en betaalstaat, wat albei as bewysstukke saam met sy hofstukke ingegee is, en dus vir die openbare rekord is, verdien Botha per maand ’n “kontantkomponent” van R51 305,10; ’n reistoelae van R9 316; en verdere “reis en verblyf”-toelae van R33 540.

Dan word daar nog nie eens gepraat van die ekstra R8 000 wedstrydgeld wat bygesit word en ’n totale inkomste van R102 161,10 per maand gee. Sy pensioen is ook nie so baie nie – met net R6 763.80 wat in ’n pensioenfonds inbetaal word. Dit los hom met ’n netto “huistoe”-salaris van R76 310.16.

En dis sonder sy Springbok-kontrak wat meer as ’n R1 miljoen beloop en enige ander borgskappe wat hy mag kry.

Volgens Botha se kontrak, wat Sondag ook in sy besit het, het hy in 2006 sy kontrak geteken met ’n eskalasieklousule wat hom jaarliks dieselfde verhoging gee.

Sy vergoeding uiteengesit:

1 November 2006 - 31 Oktober 2007: R1 200 000
1 November 2007 - 31 Oktober 2008: R1 314 000
1 November 2008 - 31 Oktober 2009: R1 438 830
1 November 2009 - 31 Oktober 2010: R1 575 519
1 November 2010 - 31 Oktober 2011: R1 725 193


'Slegte advies' het hom in hof laat beland.

BAKKIES BOTHA gee toe dat hy slegte advies van sy agent, Bernie Habana, ontvang het. Dit is wat hom in ’n hofgeding laat beland het. Habana – die pa en agent van die Springbok-vleuel Bryan en ook van die Springbok-senter Wynand Olivier – word telkens in die hofstukke genoem.

Die Blou Bulle Maatskappy het by minstens twee geleenthede vir Botha en Habana in kennis gestel dat Habana sr nie ’n geregistreerde agent is nie en hy dus geen reg het om namens Botha te onderhandel nie. Habana sr het dit deurlopend geïgnoreer, selfs nadat SA Rugby hom in kennis gestel is van die leemte. Sondag het gister weer bevestig dat Habana sr glad nie eens aansoek gedoen het om die probleem reg te stel nie.

SA Rugby se Christo Ferreira het bevestig dat geen aansoek om as ’n agent te registeer ooit van Habana sr ontvang is nie. Die reëls bepaal dat die enigste ander mense wat namens ’n speler kan onderhandel ’n prokureur, rekenmeester of ouer van ’n speler moet wees. Habana sr tree dus buite die reëls op deur Botha te verteenwoordig.

Ten spyte daarvan het Habana sr in die hofstukke bevestig hy het namens Botha onderhandel en selfs verder gegaan deur na bewering:

* Te dreig dat as Botha nie vrygestel word van sy kontrak nie, Botha, Olivier en Bryan hulle sal onttrek aan die span;
* ’n grief namens dié drie spelers in te stel;
* in 2006 onderhandelinge met die Sharks begin het al was dit teen die Internasionale Rugbyraad (IRR) en SA Rugby se reëls en Botha nog ’n kontrak met die Bulls het; en die onderhandelinge met Toulon gevoer het teen die IRR en Saru se reëls en terwyl Botha nog ’n kontrak met die Bulls het.

Bulstryd soos min

BAKKIES BOTHA het ’n kwaai, maar genadige Bul opgesaal. Alles dui daarop dat die Blou Bulle-maatskappy bereid is om Botha enduit die stryd in die hof aan te sê. Hulle sal egter voortgaan om hulle kontrak met Botha te eerbiedig deur hom - ten spyte van sy saak teen die unie - te bly kies om te speel.

“Die Blou Bulle Maatskappy bevestig dat ’n aansoek deur Bakkies Botha in die Arbeidshof geloods is waarkragtens die Hof versoek word om te bevind dat Botha se kontrak met die Maatskappy ongeldig is en die Maatskappy verplig is om ’n uitklaringsvorm te onderteken waarkragtens Botha gemagtig word om vir Toulon in Frankryk rugby te speel. Die aansoek van Bakkies Botha word Maatskappy geopponeer,” sê die Bulle-bestuur.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Monday, April 28, 2008 - 09:38
7. AI...........wat n gemors!!!!! Ek kan nie verstaan dat die "Uitvoerende Gesag", van n vooruitstrewende besigheid, hulle in n hoek kan toeverf soos hierdie nie! Hulle sal die "pyn" van hulle swak beslissings moet dra, my vrinne. Dis die hardste manier om te LEER!!!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, April 28, 2008 - 10:18
8. Miskien kos die swak advies hom nog 'n klomp geld! As Bakkies wen moet hy en Wynand maar gaan, glo nie een van hulle sal in elk geval die Bokspan haal nie. Ons sal Habana egter mis by die Bulle. Wat egter die grootste wins sal wees is dat Bernie Habana ook weg is en die adder uit die boesem is. Minkien mis ek iets maar lyk my almal is die m*er in vir van Graan-maar hy is al meer as 10 jaar daar en moet dan ook die krediet kry vir die Bulle se sukses tot verlede jaar. Dat die bestuur lekker in 'n gemaksone verkeer is waar. Die CEO doen waarskynlik die onderhandelings en aanbevelings maar kan tog nie bestuursbesluite op sy eie neem nie? Hoe langer die seiesoen aangaan hoe meer besef mens die oplossing is nie enkelvoudig nie, daar moet baie nuwe bloed inkom.
Posted by Bloubosvelder (Lephalale) Monday, April 28, 2008 - 10:19
9. Stem 100% saam met alles wat hier bo gesê word! Ek sou 2008 (sover) beskryf as die jaar waarin die spelers vir ons, in DUIDELIKE TERME, gewys het waar hulle onderskeie lojaliteite lê!!

Jy het die senior manne vir wie die Blou trui (en 'n paar honderd duisend Rand per jaar) nog genoeg is, en dan het jy die manne wat die Blou trui gebruik het om NOG MEER EN MEER daar uit te kry. Wat die Bulle eintlik as 'n melkkoei sien (sorry vir die pun!).

Ek het na die naweek se kaskenades besluit om minder kritiserend te wees; dis tog net 'n spel waaroor ons hier blog.

So in die gees van die bogenoemde; hier is my telling voorspelling vir die komende naweek:

Bulle 30 - 26 'Tahs

Ek gaan dus met 'n wen vir die Bulle! Ek hoop dat, walglike hofsake en lelike stories ten spyt, dat die 'goeie' Bulle in die span sal saamtrek, en sal speel soos wat ons weet hulle kan!
Posted by Joe-ZA Monday, April 28, 2008 - 13:02
10. Nou ma toe. Nou weet ek hoekom die Bulle so swak vertoon het in meeste van hul games in die S14. Hulle het duidelik die games gegooi. Hoe anders verklaar mens dit? Kyk bv. na die Sharks game. Die Bulls het hul ore aangesit tot in die laaste 10 minute. Toe gee hulle net op. Geweet die Bulls kan nooit so kak wees nie.
Posted by Demon (aberdeen) Monday, April 28, 2008 - 13:44
11. So nou het gebeur wat Doc Craven oor gewaarsku het, geld maak van rugby niks meer as net nog 'n karakterlose professionele sport nie. Niks meer lojalitieit nie...spelers wil hulle sakke vul, en unies behandel die spelers soos net nog 'n bate of las.

Ek is die duiwel in vir beide die Bernie Habana kamp en die BBM oor hulle die Bulle se naam nou so deur die modder sleep. Niemand is groter as Blou Bul rugby nie, nie kleinlike tiranne in die groot kantore nie, en nie geldgierige spelers nie.

Hulle moet almal hulle ry kry, en in die vervolg behoort geen speler 'n kontrak by die Bulle te kry sonder massiewe betaal-vir-prestasie klousules nie.
Posted by Texas_Bul (Dallas) Monday, April 28, 2008 - 14:08
12. Thats ridiculous demon. Throwing matches is cynical and i doubt bakkies or any player for that matter would throw a game. Bakkies didn't play in the beginning, habana has been on fire in a few games and olivier hasn't been shabby either.
Posted by WP!!!! (Uitenhage) Monday, April 28, 2008 - 15:07
13. cant remember the exact stat but before the highlanders game the bulls conceded more then 60 percent of their points in the 2nd half. I propose a lack of thinking by the coaching staff to get the players fit enough 4 the elv's.
Posted by WP!!!! (Uitenhage) Monday, April 28, 2008 - 15:09
14. i reiterate therefore that the bulls have not been throwing games. The players would not want to have such a poor title defence because of a altercation with management. Its more poor tactics, fitness and injuries thats the cause
Posted by WP!!!! (Uitenhage) Monday, April 28, 2008 - 15:13
15. Sal al die Bulls spelers wat oorsee wil gaan speel asseblief Nou hulle "moves" maak, sodat ons die spelers wat lojaal is aan die Bloutrui 'n kans kan gee om te speel en ons weer op die wenpad kan kom.

En sal die Bestuur en spelers ook net besef dat dit die ondersteuners en borge se geld is wat julle in julle gemak sones gekry het. Julle kan die posisie net so maklik verloor as ons ophou om julle te ondersteun.
Posted by Lallas (Roodepoort) Monday, April 28, 2008 - 15:39
16. Quite correct, WP!!!!!!!!!!!!!! the guys were simply under prepared in pre-season training and could not play for 80 minutes! It took them 8 weeks to get where the other teams were in February! No-way did they throw matches, they were useless and the coaching staff,lack of discipline & commitment was to blame, not money. Lallas, ek stem 100% saam, laat hulle groet en die wat wil inkom. Ek is nou al so gatvol vir al die sideshows by die Bulle!
Posted by Bloubosvelder (Lephalale) Monday, April 28, 2008 - 16:34
17. Wp!!!! Oh really? Do you think it`s that impossible? We have heard all lame excuses, but i for one and most bloggers here refuse to accept them. Afterall we are not Shark supporters. If you think about it, did the rules changed really that much? From heroes to zeroes in less than a year? Even last years CC team did better than this S14 squad. Every week we learn more about the ongoing crises between players and management. Surely the bad results have more to do with the mental attributes of the players than their physical abilities? This ofcourse is just my opinion and i take note of your concerns.
Posted by Demon (aberdeen) Monday, April 28, 2008 - 16:35
18. Nog n punt. Sommige Springbok Bulle Skaar hulle nou by Bakkies en dreig met n staking. Duidelik is daar geen lojaliteit teenoor die bestuur. Ek weet uit ondervinding dat as die werknemer nie tevrede met sy werkgewer is nie, dan lewer die weknemer nie sy beste nie. Sommige sal tot sover gaan om skade aan die werknemer te verig. Lee stadions??? Lui dit dalk n klokkie?
Posted by Demon (aberdeen) Monday, April 28, 2008 - 16:42
19. Ek het baie jare rugby gespeel en kan met baie sekerheid se dat ek hierdie `nie fiks genoeg vir elv`s `storie glad nie buy nie. Dit is 10 keer meer uitputtend om met voorspelerspel n game te speel as om vrylik te hardloop met die bal. Aanvallende spel verbruik ook baie minder energie as om heeltyd te verdedig. Daarom se ek dis rubbish verskonings om met 50 talle op Loftus geklop te word. Hoekom is ons nie so opgedonner oorsee nie? Daar het ons die Blues gewen> Ja ek weet die telling se anders, maar ons weet wie was baas. Selfde vir die Force game. Ons het goed vertoon. Hoekom kry ons dan sulke groot tellings teen ons op Loftus???? Die Bulls is n professionele span met baie talent asook diepte. Ons almal weet wat die Bul kan doen.
Posted by Demon (aberdeen) Monday, April 28, 2008 - 16:57
20. Anyway ek weet die Bulls kan al hul oorblywende wedstryde wen as hul koppe reg is. Ongelukkig verkeer die bestuur in n moeilike geval met die Bakkies saga. Sulke dinge kan n span knak. Aan die positiewe kant weet ons dat waneer dinge tough raak en die Bul omgekrap raak, vonke kan spat op die veld. Die Bul sal opstaan.
Posted by Demon (aberdeen) Monday, April 28, 2008 - 17:25
21. Point taken demon. In all honestly i dont think any sa team is as fit as the australisian teams. Its during these last few weeks that we'll no how fit our teams really r. I fear however that the sa teams r gonna struggle, stormers included.
Posted by WP!!!! (Uitenhage) Monday, April 28, 2008 - 18:19
22. lets just hope that england succeeds in rallying support for opposing the elv's. Im not fond of them at all, it results in constant infringements at the breakdown as a freekick is the punishment. I only like the 22m kicking rule.
Posted by WP!!!! (Uitenhage) Monday, April 28, 2008 - 18:25
23. Yep, i fully agree. Elv`s are bad for rugby. Strange how the Australians pushed it. We all know what dirty buggers they are. Always infringing and they always struggled with scrums. Last year they couldn`t even reach the semi finals. Me thinks also that the refs struggled the most with the new rules and SA teams [sigh... like always] got the arse end of the decisions. Our teams are just as good or better than the NZ and Aus teams. I think they are just more savvy than us. Know how to influence the refs and commit infringements. Always been like that. Bleddie skuilies
Posted by Demon (aberdeen) Monday, April 28, 2008 - 18:47
24. The Aussies pushed for ELV's cause their supporter base went down.
I hear Victor already confirmed with the Saints.
No Bakkies will go to France and his big mate is in UK.
Guess Brian and Wynand will join Bakkies.
Posted by vissgjx (Singapore) Tuesday, April 29, 2008 - 06:38
25. Matfield gets that saintly look
World Cup-winning Springbok lock Victor Matfield is almost certain to sign for newly-promoted Northampton Saints from French club Toulon.

According to the BBC website, the 30-year-old second row forward, who is also a target for the Bulls in South Africa, has already met the Saints management and visited Franklin's Gardens.

Saints chairperson Keith Barwell told BBC Radio Northampton: "We hope to make announcements on people who might be coming, like Victor for instance.

"However, they won't all say yes," Barwell warned.

Matfield - who was Man of the Match in last year's World Cup Final, which saw South Africa beat England 15-6 - is playing in the French Second Division (Pro D2) with Toulon, but the 30-year-old is on a six-month deal only.

The Saints, who won promotion back into the English top flight after just one second in the Second Division, have announced a rash of new signings in recent weeks.

Argentinian international Ignacio Fernandez Lobbe has signed for the club and will arrive at Franklin's Gardens later this year. Lobbe will join from Sale Sharks, where he has played for the last four seasons.

Saints Director of Rugby Jim Mallinder recently revealed that the new signings are going to keep on coming at Franklin's Gardens in the off season.

The Saints boss has already recruited nine new players as he prepares for life in the Premiership, but he said there will be more to come.

"I think we still need to keep strengthening," Mallinder told the Northampton Chronicle and Echo.

"We are really pleased with the signings we have made, but we are still working on a couple at this moment in time.

"We all know recruitment is ongoing, and we won't just stop. We have a few players we have pinpointed and that may take a bit of time to get them here.

"We are looking for forwards, we are looking for somebody in the middle of the line-out who can contribute, and probably a little bit more cover in the back row."
Posted by vissgjx (Singapore) Tuesday, April 29, 2008 - 06:42
26. Van Heerden also eyes Bulls' exit
World Cup-winning Springbok loose forward Wikus van Heerden has become the latest player to look for the exit door at the troubled Bulls outfit in Pretoria.

With fellow World Cup-winner Bakkies Botha's court case against the Bulls to have his contract declared null-and-void postponed to a later date, it has now been revealed that Van Heerden has been courted by English club Saracens.

And that is not where it ends.

Bulls scrumhalf and captain Fourie du Preez is also looking to continue his career abroad, after receiving a number of offers from European clubs.

Neither player, Van Heerden and Du Preez, have taken up the offers put on the table by the Bulls and are expected to make public their future plans once the Super 14 ends next month.

Botha's case, originally scheduled for the labour court on Wednesday, has been postponed.

Reports in the weekend media suggested that Botha - along with fellow World Cup Boks Bryan Habana and Wynand Olivier - are threatening to go on strike if the contract dispute with the Bulls are not resolved.

Botha has asked the Bulls relieve him of his contract so he can join ambitious French Second Division (Pro D2) club Toulon - an outfit that has Botha's longtime Bulls and Bok second row partner Victor Matfield on their books.

Habana and Olivier are also looking to move to France, and now Van Heerden is being courted by Saracens, who lost to Irish province Munster in their Heineken Cup semifinal at the weekend.

Saracens are looking to fill the void that will be left when openside flank Richard Hill - a 2003 World Cup-winner with England - retire at the end of the season.

Negotiations between Van Heerden and Sarries are at an advanced stage.

Van Heerden made six appearances for South Africa in last year's World Cup, including starting in the 36-0 rout of England in their pool match.

Sarries have already signed England lock Steve Borthwick from Bath and Wales No.8 Michael Owen from Newport in their drive to have a team that can win Europe's most coveted club prizes - the Heineken Cup and Guiness Premiership league.

Eddie Jones, the former Australia coach who was a technical advisor for the Springboks at the World Cup in France, will take over from Alan Gaffney as Saracens coach.
Posted by vissgjx (Singapore) Tuesday, April 29, 2008 - 06:46
27. Hartlike goeie more Bulle !!!
Paar goedjies wat my oor die naweek BAIE bly gemaak het.
1. Titans !!!! ( Dolfyne choke )
2. VC Bulle !!!!
3. WP se wen ( jammer oor die bonuspunt...)
4. 1ste en 2de vir Ferrari !!!!
5. Sharks choke !!!!
6. Sharks choke !!!!
7. Sharks choke !!!!
8. Sharks choke !!!!
9. Sharks choke !!!!
10 Sharks choke !!!!

Nou die Blou !!!!

Keep the passion !!!!
Posted by ASSKICKER (Die BUL is terug !!!) Tuesday, April 29, 2008 - 06:56
28. Ek dnk die groot probleem het gekom saam met FL, ek bedoel, geen speler met 'n halwe brein sal sê 'wow, ek kan baie by die man leer nie'
Hy het immers elke span wat hy nog afgerig het in die grond ingedryf!

Maar wat te erg is is te erg!
Laat al hierdie manne wat wil gaan maar gaan en dan begin ons maar van voor af bou met 'n jong span vol spelers wat daai blou trui met trots wil dra!

Ek is 'n groot fan van hulle almal, Fourie, Habana, Olivier, Bakkies, Van Heerden, Matfield....., maar hulle is nou besig om my baie suur te maak met hierdie houdings van hulle!

DIt wil amper vir my lyk asof hulle nou dink hulle is te goed vir die Bulle!
en dis lagwekkend, aangesien dit die Bulle is wat hulle die spelers gemaak het wat hulle vandag is.

Vat julle goedjies en gaan speel daar anderkant vir meer geld! Ek dink dit maak van julle almal lafaards, want dis hulle wat gewoonlik weghol as dinge bietjie moeilik raak!

Gee my eerder 15 manne soos Derick en Burton wat hier bly, omdat hulle trotse Bulle is en nie bang is om 'n verskil te probeer maak nie!
Dis wat ek 'n MAN noem!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Tuesday, April 29, 2008 - 07:24
29. More almal
Dit is soos kanker dit wil net nie stop nie
Ek dink ek het n oplossing
FIRE FL
Laat die gaan wat wil
Bring die jong bloed in
Koop regte DIEPTE
Laat Nico hoof coach word
Bring in n ervare Forward coach
Bring in n Ervare backline coach
Koop Rassie as Rugby Direkteur
Hou weer Proewe
Kyk by klubs vir nuwe spelers
Fire Barend en Kie
Stel Naas, Joost, en Uli aan sa BBRU base

KYK HOE VROMMEL ONS DAN ALLES OP

Komaan bloues ons kan dit doen
Posted by LUG BLOU (Krugersdorp) Tuesday, April 29, 2008 - 08:55
30. Geluk ou Burtie, ons is trots op jou.

Liefde: Nadeane & Sturton - Paarl
Posted by Nadeane (Cape Town, Paarl) Tuesday, April 29, 2008 - 14:16
31. Dankie BF, mag jy gelukkig wees in die blou trui...
Posted by lieflingaanhanger_pe ((nou hougaard aanhanger)) Tuesday, April 29, 2008 - 20:08