You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
TUT pleeg kuikenmoord teen Pretoria


Die sterk span van TUT het Vrydagaand 19 drieë in hul oorwinning van 127-12 oor Pretoria gedruk.

Die buitesenter Callan Erasmus het 'n driekuns behaal terwyl Werner Pieterse, Danie Opperman, JJ Visser, Danie Crous, Quinton Smit, Tjaart Klue en Aubrey Macdonald elk twee drieë gedruk het.

Die Naka Bulle het Eersterust 66-5 laat les opsê, maar die Bobbies moes veel harder werk vir hul 26-17 oorwinning oor Harlequins.

Nadat Tuks tot die eindstryd van die veeleisende Varsity Cup deurgedring het, het hulle die Valke 45-9 gestamp, maar die afrigter Marinus van der Watt sê sy troepe is redelik uitgeput ná die studente-toernooi.

Uitslae van ronde 2 - 11 April 2008.

Naka Bulle 66 Eersterust 5

Naka Bulle: Drieë: Gerhard du Preez (3), Cecil Rowe (2), Theodore Prinsloo, Tjaart van der Walt, Mark Scriven, André Botha, Ian Herbst. Doelskoppe: Bradley Coetzer (8).

Eersterust: Drie: Elginn Louw.

Polisie 26 Harlequins 17

Polisie: Drieë: Cristefer Snyman, Dewald Pretorius, Hannes Prinsloo. Doelskop: Charl Oosthuizen. Strafskoppe: Mike Erasmus (3).

Harlequins: Drieë: Bryan Bester, Rik Els. Doelskoppe: Charl Landsberg (2). Strafskop: Charl Landsberg.

TUT 127 Pretoria 12

TUT: Drieë: Callan Erasmus (3), Werner Pieterse (2), Danie Opperman (2), JJ Visser (2), Danie Crous (2), Quinton Smit (2), Tjaart Kleu (2), Aubrey Mc Donald (2), Wouter Moore, Braam Pretorius. Doelskoppe: Braam Pretorius (16).

Pretoria: Drieé: Billy Brink, Leon Hunter. Doelskop: Japie Fourie.

Tuks 45 Silver Valke 9

Tuks: Drieë: Dean Kelbrick (2), Kruger van Heerden, Thys Louw, Ignick Windvogel, Jaco Fourie. Doelskoppe: Chandré Boshoff, Marnitz Boshoff (2). Strafskoppe: Chandré Boshoff (2), Marnitz Boshoff.

Silver Valke: Strafskoppe: Jurie van Niekerk (3).

Centurion 33 Brits 6

Centurion: Drieë: Francois Senekal (2), Elwyn Fransman, Anton Vlok, Johan Steenkamp. Doelskoppe: Willie Kok (4).

Brits: Strafskoppe: Divan Scott (2).



Print


Login Email adress Password


Blog
1. Yipee!!!!, nog 'n 1ste!!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, May 23, 2008 - 14:09