You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Live Chat: Wynie Strydom


The Vodacom Blue Bulls manager, Wynie Strydom, will be available from 12:00 to 12:45 on Thursday to answer supporters' questions on this website.

You are invited to bombard Wynie with all kinds of rugby related questions.

Please keep your questions as specific and clear as possible in order for him to answer as many questions as possible.



Print


Question & Answers
Anoniem asked:
More Wynie. Moet se ek geniet altyd jou gesigsuitdrukkings vreeslik as jy langs die veld sit.
Neem jy deel in die besluite m.b.t spankeuses en wedstrydplanne?
Wynie Strydom answered:
Die afrigters kies die span, ek en die afrigter praat wel informeel oor die span.
Ek is verantwoordelik vir alles van die veld af.
Led Zeppelin asked:
Goeie more Mnr Strydom. Verkies jy die ou of die nuwe reels?
Wie is die beste losskakel wat nog gespeel het met jou as spanbestuurder?
Wynie Strydom answered:
Daar is baie moontlike met die nuwe reëls om die spel beter te maak / vinniger te maak.
Maar tradisionele Blou Bul rugby, soos ons dit oor die jare ken, het die ou reëls ons beter gepas.
Losskakel: Almal se spelstyl verskil, dit hang af van die spelpatroon, daarom kan ek sê dat elkeeen was ewe goed in dit wat van hom verwag was in die spelpatroon.
BloubulindieBoland asked:
Julle ondersteuning in die Boland is ongelooflik ( soos die wedstryd op Wellington bewys het vroeer die jaar). Wat is die kans dat spelers skole kan besoek in die Boland soos met julle rooikaart teen rassisme skole projek in Pta?
Wynie Strydom answered:
Ek stem saam met jou - dit was ongelooflik om die afgelope twee jaar daar te speel. Dit was baie lekker om al die ondersteuners te sien. Ons kan nie wag om Saterdag 19 Julie weer daar uit te draf nie.

Skole: Ongelukkig is ons te kort daar om dit oor 'n naweek in te pas. Ons sal 'n ander plan moet maak om dit in te pas.
Snoeshaan asked:
Uitgesluit die huidige spelers, wie was die mees invloedrykste Blou Bul wat jy in jou tyd gesien het?

Wynie Strydom answered:
Daar was legio van spelers...want elke speler wat vir die Bulle uitdraf is op sy manier `n invloedryke speler.
Paar name wat opskiet: Hansie Brewis, Frik du Preez, Thys Lourens, Naas Botha, Daan du Plessis, Joost vd Westhuizen en die mees onlangste een is Anton Leonard.
Little Blue Bull asked:
Hallo Wynie
Dankie vir die tyd wat jy hier afstaan om bietjie met ons te gesels.
Jou teenwoordigheid langs die veld het vir my al so deel van elke BB wedstryd geword, net soos "die" liedjie (s), "babes", Bulletjie ens. Dankie vir die uiters professionele manier wat jy jouself daar in die openbare oog "conduct" - dit kan nie altyd maklik wees nie. Een voorstelletjie - ek dink jy moet maar soms die "Bulletjie"-pak aantrek want dan kan jy sommer lekker tekere gaan langs die veld!
Nogmaals dankie vir die harde werk met "onse" kudde - en skop hulle "alies" waar nodig.
Wynie Strydom answered:
Baie dankie vir jou positiewe opmerkings
Ek wil nog eendag daai Bulletjie-pak aantrek!
Stapper asked:
1) Na die Hurricanes wedstryd, was dit die spelers wat besluit het om die veranderings aan te bring wat gelei het tot die omkeer in uitslae, of wie?

2) Is Wouter Moore nog deel van die Bulle se beplanning?

3) Wat is die situasie met Fourie du Preez se kontrak?
Wynie answered:
Vergadering: Dit was `n gesamentlike poging deur die spelers en bestuur.
Wouter: Wouter is nog by ons.
Fourie: Fourie is ook gelukkig nog by ons.
Joe asked:
Goeie middag Wynie!

Eerstens baie dankie vir al die puik werk wat jy met ons geliefde Bulle doen. Met Bakkies, Victor en Danie wat by die Bokke is, wie sal ons slotte tydens die Currie Beker wees?
Wynie answered:
Soos altyd is ons steeds die slotfabriek vir die Bokke. Ons is baie bly dat ons drie slotte vir die Bokke kon oplewer.

Manne wat hul plek in die CB moet volstaan is Wilhelm Steenkamp, Fudge Mabeta, Wouter Moore, Juandre Kruger en Hendrik Roodt.
Ons kan Pedrie Wannenburg ook op slot gebruik.
Blou Bul Dame asked:
Hallo Wynie
Ek wil net weet waneer behoort Derick Hougaard volkome herstel te wees van sy besering
Wynie answered:
ek het hom nounet gebel om te hoor hoe dit met sy besering gaan...

Hy sê hy begin Maandag oefen en behoort reg te wees vir die eerste CB-wedstryd op 21 Junie teen die Leeus.
Judge asked:
Hallo Wynie

Hoe is die gees in die span na die aanvanklike struikel in die Super 14?
Wynie answered:
Ons was al voorheen ook daar waar dit swaar gaan met die span wat die uitslae aanbetref, maar ons is so 'n close familie dat ons selfs nader aan mekaar kom in swaar tye.

Daarom kan ek sê die spangees is baie goed en ons sien baie uit na die CB-seisoen wat voorlê.
AJS BLOU asked:
Middag oom Wynie,dankie vir oom se tyd vandag,al die jare se moeite en getrouheid by die bulle. Hoe lyk dinge met Bakkies gaan hy by ons bly of nie.Oom sterkte aan julle met die CB wat weer Loftus toe kom,en dra my BLOUBUL groerte ook aan die bestuur en spelers oor!!!
Dankkie ALS BLOU.
Wynie answered:
Goed om van jou te hoor daar uit Vanderbijlpark. Dankie vir die goeie wense!
Bakkies: Hy is op die oomblik by die Bokke waar hy weer baie vir SA sal beteken, en dan vertrou ons dat hy in die laaste paar CB-wedstryde weer vir ons gaan speel.
Vic asked:
Wynie

Baie dankie vir al die jare se lojale werk vir die Bulle. Altyd lekker om met jou geselsies aan te knoop.

Hoop jy bly nog jare saam met ons.
Bring vir ons die Curriebeker 2008!
Wynie answered:
Vic dankie vir die boodskap en gesels, dit gaan 'n baie moeilike CB-kompetisies wees met al die Bokke wat weereens nie vir ons gaan speel nie, maar ek weet dat die spelers wat in die saal gaan sit alles in hul vermoë gaan doen om weer die CB Loftus toe te bring.

Hoop ons sien jou op Loftus op Saterdag 5 Julie wanneer ons teen die Sharks speel.
Cosa asked:
Hallo Wynie.
Ons as ondersteuners neem 'n afplatting in die bestuur waar sedert Stephan Pretorius, Dolf van Huyssteen en Heineke Meyer weg is. Het ons rede tot kommer?
Wynie answered:
Stephan en Dolf het uitstekende werk gedoen by die Bulle en Heyneke Meyer is in `n klas van sy eie wat die Bulle weer op die wenpad gesit het.

Maar in die lewe is daar altyd tyd om aan te gaan en kan ek onomwonde sê dat daar met die nuwe manne aan die stuur geen rede tot kommer is nie. Barend van Graan het oor jare heen al bewys dat hy `n baie bekwane rugby-administrateur is en onder Mnr Boet Fick as president het ons die Super 14 gewen.

Frans het in die kort rukkie wat hy hier is, reeds reuse werk met die span verrig, soos ons kon sien in die uitslae van die laaste 4 wedstryde in die Super 14.
ChinWag asked:
What's the likelyhood of contracting John Smit to the team?
Wynie answered:
Thanks for the question
On this stage I am not allowed to comment on this.
All of the best for you there in Moscow