You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Live Chat: Nico Serfontein


The triumphant Vodacom Blue Bulls head coach Nico Serfontein will be available on Tuesday between 13:00 and 13:30 to answer supporters' questions on this website.

Due to technical reasons the "live chat" will only take place on the English website, but please feel free to ask your questions in Afrikaans.

Brief summary of his coaching career:

Serfontein was the head coach of the under 19s from 2005-2007 and in 2006 as well as 2007 he was responsible for the Vodacom Cup team's backline.

In 2005 and 2006 his under 19s won the national title and last year they were the losing finalists.

Serfontein was the head coach of the all conquering under 20 teams in 2003 and 2004 and back in 2002 he had his first stint as head coach of the Blue Bulls' Vodacom Cup team.

The Blue Bulls initial approach and philosophy has been constructed around the idea of having a superior junior player development core supported by a well-organized coaching, conditioning, medical structure and world-class facilities.

Serfontein's coaching record at professional level over the last 8 years (12 competitions) demonstrates a win-rate of over 75 percent.



Print


Question & Answers
Snoeshaan asked:
Wie van die jong spelers in jou Vodacomspan het 'n goeie kans om later vanjaar Curriebeker te speel?
Nico Serfontein answered:
Fudge Mabeta en Hendrik Roodt op slot.
Loosies: Okkie Kruger en Vince Gwavu.
Agterspelers: Burton Francis, Francois Hougaard, Stefan Dippenaar, Braam Gerber, Rocco Jansen.
Goeters asked:
Nico
Baie geluk met die Vodacombeker!
Dink jy die vastevoorspelers wat so pas vir die CB groep aangekondig is, sal die mas opkom teen spanne soos die Sharks en WP?
Nico Serfontein answered:
Hello Goeters, uiteraard sonder Springbokke soos Bakkies, Victor, Danie, Gurthro en Pierre is die pak heelwat ligter, maar `n groot gros van die beskikbare spelers het reeds S14-ervaring soos Jaco Engels, Derick Kuun en Rayno Gerber.
Veral jonger spelers soos Werner Kruger, Bandise Maku en Dean Greyling (op loskop) behoort hul man te staan.

Beide die WP en Sharks sit ook met vaste voorspelers by die Bokke soos bv Beast, Mujati, Schalk Brits, Andries Bekker, BJ Botha.
LEON asked:
MIDDAG NICO

EERSTENS BAIE GELUK MET DIE VODACOM CUP

1. GAAN ONS DIE MEESTE VAN DIE JONG BULLE BEHOU VIR N PAAR JAAR

2.AS BAKKIES LOOP DINK JY WYNAND EN BRAIN GAAN DIE SELFDE DOEN.

3.HOE LANK GAAN JY NOG BY DIE BULLE BLY.ONS HET IEMAND SOOS JY NODIG

VOORSPOED MET DIE RES VAN DIE SEISOEN
Nico answered:
Baie dankie Leon.

1) Meeste van die jong Bulle se kontrakte is reeds verleng en ons glo die kern van die volgende suksesvolle generasie is besig om deur te kom bv 13 van die 22 in die Vodacombeker-eindstryd was juniors en ons het twaalf Bulle in die o/20 World Cup.

2) Ek hoop die dit begin 'n slegte "trend" nie. Maar ek glo die manne is lojaal en trots genoeg op die Blou-trui om nie oorhaastige besluite te neem nie.

3) Ek sal solank by die Bulle bly as wat ek 'n bydrae kan lewer en ek as 'n toekomstige Super 14/ Curriebeker-afrigter gesien word.
sharkie asked:
Nico, hou julle gereeld die Carleton liga spelers dop vir hoër louere of nie eintlik nie??? Baie geluk met die Vodacombeker, julle verdien dit.
Nico answered:
Dankie Sharkie, dit was maar `n spannende einde!

Ons keurders kam gereeld die Carltonliga vir spelers.

Dis tog interessant dat die gemiddelde ouderdom van `n Carlton-speler met 5 jaar geval het. Waar Carltonspanne `n paar jaar gelede `n gem ouderdom van 28 gehad het, is die gem ouderdom deesdae 23. Baie van die talent word dan ook in die jong spanne opgemerk.

Manne soos Dewald Pretorius - senter (Polisie), Luvuyo Mhlobiso -senter (Tuks), Gerhard van den Heever- vleuel/heelagter (Tuks), Gerhard van der Merwe - heelagter/senter (Tuks), Johan de Bruyn - agtsteman (TUT), Danie Crous - flank/haker (TUT) het ons oog gevang en is reeds by Blou Bul oefengroepe ingesluit.


Stapper asked:
Hoekom was Wouter Moore nooit in die Vodacombeker wedstryde nie
Nico Serfontein answered:
Hello Stapper

Met die aanvang van die kompetisie was Wouter beseer en teen die tyd wat Wouter weer verkiesbaar was, was ons sterkpunt juis die spel van ons slotte Hendrik Roodt, Fudge Mabeta, Gerrit-Jan van Velze en Juandré Kruger.



Snoeshaan asked:
Hoekom is jy nie aangestel as die Curriebeker se voorspeler-afrigter nie?
Nico Serfontein answered:
Ek stel myself nie aan nie, maar glo en vertrou die proses is korrek gevolg.
Op hierdie stadium sien ek myself as `n hoofafrigter, maar sal graag in die toekoms in enige relevante kapasiteit by `n Super 14-franchises betrokke wil raak.