You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Under 21's score nine against Boland


The Vodacom Blue Bulls' under 21 team scored nine tries in their impressive 64-18 victory over the Boland Cavaliers at Loftus on Friday.

The team from Wellington was quite competitive in the first half and they managed to restrict the Bulls to a 24-18 halftime lead, but in the second half Nico Serfontein's team unleashed fury and scored 40 unanswered points.

The Bulls demolished their opposition in the set pieces and as a result of this the trio of Gerrit-Jan van Velze, Okkie Kruger and Danie Crous had the upper hand in the loose.

The backs had a great game as a unit and it was pleasing to see how they kept the ball in play and how they protected the ball from the opposition.

The halfback pairing of Francois Hougaard and Francois Brummer were instrumental in keeping the tempo of the game at a high level, while the two "flyhalves" Divan Kotze and Ruan Boshoff did a great job in die the midfield.

The Blue Bulls are currently the only team in the A section of the under 21 competition that has not lost a game and due to this they are on top of the table followed by the Cheetahs, Leopards, WP and the Lions.

Scorers:

Vodacom Blue Bulls u21's: Tries: Divan Kotze (2), Gerrit-Jan van Velze, Ruan Boshoff, Francois Hougaard, Willem Serfontein, Braam Gerber, Francois Hougaard, Francois Brummer. Conversions: Francois Brummer (8). Penalties: Francois Brummer.

Boland Cavaliers u21's: Tries: Sampie Mastriet (2). Conversion: Earl Lewis. Penalties: Earl Lewis (2).





Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. Nommer Een!!!!!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, September 13, 2008 - 10:38
2. Kan iemand asb. scores post, ek hou bruilof.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, September 13, 2008 - 16:03
3. Geluk aan dieBulle met jul oorwnnings!!!
Hallo Jimmy....Scores is..
NZ 28- 24 Aus
WP 92 - 15 Valke
Leeus 41- 20 GW
Sharks 17-10 Cheetahs .....game nog aan die gang
Hou lekker Troue!!!
Posted by Bergbok (WP is in sy kanon in) Saturday, September 13, 2008 - 18:09
4. En,o ja....Andries Bekker is die nuwe senter in die WP Span...Het 5 driee gedruk!!!!
Posted by Bergbok (WP is in sy kanon in) Saturday, September 13, 2008 - 18:23
5. Sharks 22-10
Posted by Bergbok (WP is in sy kanon in) Saturday, September 13, 2008 - 18:27
6. Hoekom is almal so stil? Waar is almal? O ja, en dit lyk nie of die cheetahs ons gaan uithelp nie... ai
Posted by Blou Sonneblom (Pretoria - Bulls or nothing) Saturday, September 13, 2008 - 18:39
7. Solank hulle net kan seker maak dat die Sharks nie ñ bonus punt kry nie
Posted by Blou Sonneblom (Pretoria - Bulls or nothing) Saturday, September 13, 2008 - 18:45
8. Bergbok, geluk met jou span en dankie vir die scores.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, September 13, 2008 - 18:50
9. Geen bonuspunt!
Posted by Blou Sonneblom (Pretoria - Bulls or nothing) Saturday, September 13, 2008 - 18:54
10. Naand al die bloues en Bergbok

Die CC seisoen is besig om presies uit te draai wat ek verwag het in die laaste 5 rondtes: Die Sharks en die WP wat sterk sal eindig met die bloues en die Leeus sterk in die wedloop en die Cheetahs wat besig is om uit te sak.

Of die Cheetahs en die Leeus se stoom gaan opraak in die laaste pylvak remains to be seen, maar wat ek kon waarneem die afgelope 2 naweke is dat die Cheetahs beslis nie die eindstryd sonder 'n goeie losskakel sal haal nie en beslis nie dit ver gaan bring met Floors op vleuel nie. Net 'n bonuspunt is vir hulle nodig om dit deur te trek omdat hul laaste twee games teen die Valke en die Boland sal wees, maar hulle kon die afgelope twee naweke glad nie eens naby een bonuspunt kom nie. Ek dink egter hulle sal volgende naweek bietjie voos wees om die Bulle aan te durf.

Die leeus is baie beter as wat hul 41-20 op die telbord wys, en hul laaste game op Nuweland teen die WP gaan 'n yster wees. (Hulle het die Valke ook 83-14 geklop)

Die WP daarenteen kou hul naels af: waarom het hulle verloor teen die Valke en die Griekwas, en: gaan die leeus en die Cheetahs reg verloor sodat hulle kan inkom? Ek het nie hul game gesien nie maar met 'n telling soos daai sê dit iets van die karakter van die span wat begin inskop.

Wat die sharks aan betref dink ek hulle game teen die Leeus stuur af op 'n grote, maar ek het 'n funny feeling oor hierdie leeu spannetjie. Daai agterlyn is baie goed, en as hul voorspelers se beserings nie erg spook nie, staan hulle 'n goeie kans om die Sharks te klop.

Die Bulle het 'n great game gehad. Wat vir my veral positief was is die feit dat ons "off load" vir die eerte keer hierdie seisoen goed gewerk het vir ons. Wayne Julies het glad nie sleg gekyk nie. Toegegee, die Boland se verdediging is nou nie eintlik 'n metafoor van 'n muur nie, maar kom ons gee die Bulle hul krediet.

Groete vir almal

Op hierdie stadium is dit dan:

Sharks vs Cheetahs
Bulle vs Leeus

Ek dink die Cheaters gaan uit die bus uit val.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Saturday, September 13, 2008 - 20:01
11. Die Bulle het slegs teen die Boland vertoon soos wat te wagte kan wees van 'n span met so baie talent. Noem een Bolander wat die Bulle se span sal kan haal?

Ek het min twyfel dat die Bulle al hulle oorblywende liga wedstryde sal wen. Maar dit is nie juis 'n prestasie gegewe die talent in hulle span nie. Die wedstryd wat WEL deurslagewend was, het hulle egter deur hulle vingers laat glip.

Wat my betref, le die groot toets voor wanneer die uistpeel wedstryde aanbreek. As die Bulle nou elke wedstryd met 20 punte wen, maar weer teen die Sharks verloor in die finaal, dan was 2007 'n algehele mislukkig gewees. As hulle die finaal egter wen, dan mag hulle dalk net besig wees om die nagmerries van hierdie jaar om te draai. Dan is daar hoop vir volgende jaar se Super 14.

Maar ek is seker die Blou Bul base is nie juis tevrede met die feit dat die afrigter die tuisfinaal en die 50 000 kaartjieverkope wat daarmee gepaardgaan op 'n skinkbord weggegee het nie.

So die Boland wen is bevredigend, maar dit is nou nie juis rede om te jubel en te dans deur die strate van Pretoria nie. Daar is hoop, maar kom ons kyk eers hoe presteer hierdie Bulle wanneer dit weer 'n buig of bars wedstryd is.

Verstaan my mooi, ek het niks teen Frans Ludeke of enigiemand in die huidige bestuurspan nie. Trouens, ek sal uiters gelukkig wees as hulle alles van nou af wen en 'n reuse sukses van hul loopbane maak. Maar dan wil ek weer daardie sielkundige krag sien wat die Bulle 'n kampioenspan in die laast 5 jaar gemaak het.

Die verlies teen die Sharks was uit en uit weens sielkundige swakheid. Die wil om te wen het ontbreek. Kom Bulle, wys my dat julle dit nog het. Wen hierdie Curriebeker.
Posted by Shannow Saturday, September 13, 2008 - 20:22
12. Semi Finaal 1: Sharks vs WP in Durban
Semi Finaal 2: Bulle vs Cheetahs in Pretoria
Finaal: Bulle vs WP in Pretoria

Wenner van die 2008 Curriebeker is................
Posted by JB 007 (Centurion) Saturday, September 13, 2008 - 22:48
13. GOEIE MORE EDELE BLOU VOLK!

Geluk met die nuwe senter Bergbok en die wen.
Geluk Sharks met julle wen; was maar taai; die mis van die bonuspunt kan julle byt hier na die einde.

Gaan daar n relegasie wedstryd wees? Of gaan daar sommer gerelegeer word?
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Sunday, September 14, 2008 - 04:41
14. Dankie Ligblou!!! En Mossel!!
Gekuk Sharkies....julle maak die deur vir WP op n skrefie oop...
Ligblou,ek dink die 2 onderste spanne in A gaan teen die2 boonste! in B uitspeel soos verlede jaar???
JB....dankie aan jou ook!!!!Jy maak my hart sommer bly!!!!
Hoop dit is so!!!!
Posted by Bergbok (WP is in sy kanon in) Sunday, September 14, 2008 - 11:44
15. Ek dink nie hulle moet te veel afdwaal van die beginspan van Vrydagaand teen die Cheaters nie, om een of ander rede kon ons "nuwe" bene nie cope nie.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Sunday, September 14, 2008 - 13:30
16. Al wie ek op hierdie stadium in die beginspan sal terugsit is vir Wynand Olivier.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Sunday, September 14, 2008 - 13:50
17. Goeienaand almal(alhoewel hier niemand is nie)

Ek dink nie ek gaan hierdie week baie tyd vir gesels kry nie, so ek post maar gou nou terwyl ek 'n paar minute het.

Die BUlle was uitstekend Vrydagaand. Al wil sommige die oorwinning afmaak as niksseggend, moet dinge in perspektief gesien word. Hierdie was die grootste pakslae wat die Kavaliers nog gekry het hierdie seisoen, en as inaggeneem word dat hulle eers in die laaste paar minute toe die wedstryd "verby" was drie driee gedruk het, kan 'n mens werklik besef hoe klinies die Bulle was. As verder inaggeneem word dat daar soveel van ons eerste keuse spelers nie gekies was nie, maak dit die oorwinning soveel beter. Verder het die Kavaliers beslis nie gespeel soos 'n span wat net wou kom punte weggee nie. Hulle het vir 80 minute alles in die stryd gewerp en die Bulle het beslis niks op 'n skinkbord gekry nie. Die Kavaliers was in elk geval ook gelukkig met hul tweede drie. Die Kavaliers se binnesenter het drie of vier keer op die grond omgerol in ons doellyn se rigting voor 'n losskrum gevorm is, waarvandaan hulle gaan druk het. Die reels is duidelik, dat 'n speler nie op die grond mag rol nie. Net soos iemand nie mag kruip nie. Maar dit daar gelaat.

Die grootste swart kol van die naweek is weereens die skeidsregters. Daar is verlede week nou breedvoerig verduidelik hoe die skeidsregters die voordeelreel toepas (nav van die drie deur die Sharks). Dit was een van die aspekte wat ek nou baie duidelik dopgehou het hierdie naweek. In aldriw die CB wedstryde sowel as die Bulle se O/19 en O/21 wedstryde is daardie reel anders toegepas. veral in aldrie die CB wedstryde het die skeidsregters na 'n aanslaan die voordeel lank toegelaat, selfs nadat die span wat voordeel kry, die bal 'skoon' gewen het, en deur een of twee fases geneem het, hulle steeds teruggeneem vir 'n skrum as die bal kort daarna doodgaan. Heeltemaal anders as Mark Lawrence se verduideliking.

As daar voor hierdie naweek nog enige twyfel bestaan het dat die Sharks kan staatmaak op voorkeur behandeling van skeidsregters, dan is dit nou finaal uit die weggeruim. Die feit dat geen van die Sharks uitgewys is vir oortredings verlede naweek teen ons nie, was skokkend. Vrydagaand kry Pedrie 'n geel kaart vir 'n oortreding wat baie minder ernstig was as die van Stefan Terblanche verlede week. Freddie Michalak se boorvat kry 'n strafskop terwyl Burton Francis en renfred Danzel(Boland) geel kaarte kry vir 'gevaarlike' duikslae(beide hoogvatte). Michalak se boorvat word ook geag ten minste gevaarlik te wees, maar hy kry nie 'n geel kaart nie. Vir presies dieslfde tipe boorvat, is Morne Steyn 'n rooi kaart en 'n twee weke skorsing gegee, Zane Kircsner 'n rooi kaart en drie weke skorsing, Jaco van Schalkwyk 'n rooi kaart, JP Nel in die Super 14 'n geel kaart. MAAR nee, die Sharks kry net 'n strafskop teen hulle en in ander gevalle (Steyn op Pottie) nie eens 'n strafskop of 'n uitwysing nie. tot dusver nog nie 'n haan hoor kraai oor Jannie du Plessis se blatante vuishou in Heindrich Brussow se gesig, kort nadat Bismarck sy onwettige drie gedruk het nie. Was dit 'n Bul, was hy afgejaag en vir minstens vier weke geskors.

Nou ja Bloues - hopelik kan ons weer gesels in die week.

Groetnis.....

.......en hou dit BLOU !!!!!!!!!!!!!!!!!!

Die manier waarop Willie Roos toegelaat het dat die Sharks van hul voete af in die losskrums induik was skokkend. Veral omdat hy die Cheetahs daarvoor gestraf het. Op Superrugby het Chester Williams ook gese dat Jean Deysel voor die Sharks se derde drie teen die Bulle duidelik regvoor die skeidsregter op die losskrum geduik het en gestraf moes gewees het. Hierdie onkonsekwentheid het nou lagwekkend geword. Ek dink nie enige span kry 'n regverdige kans in 'n wedstryd as hulle teen die Sharks speel nie. Die Bulle kry nooit 'n regverdige wedstryd nie. Die vertoning van die twee skeidsregters in die Bulle se O/19 en O/21 wedstryde Vrydagaand, was eenvoudig skokkend. Die O/19 ref was die swakste wat ek nog in my lewe gesien het.
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Sunday, September 14, 2008 - 22:15