You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
De Bruin terug by Assupol Bulle


TUT se breker-agtsteman Johan de Bruin is terug in die Assupol Blou Bulle se beginspan vir Vrydag se wedstryd in Brakpan teen die Valke se Amateurs nadat hy die afgelope tyd saam met die Valke onder Rudy Joubert geoefen het.

Franco Booysen, wat vanjaar een van die Assupol Bulle se grootste uitblinkers is, is egter nie vir dié wedstryd verkiesbaar nie, maar 'n reëling is met die Valke getref dat hy wel in die uitspeelwedstryde sal kan speel. Hy is tans ook by die Valke en is Vrydagaand in die Curriebeker 22-tal wat teen die Vrystaat Cheetahs gaan speel.

Op slot is Tukkies se Devon Oosthuizen in Hein Brand se plek gekies nadat laasgenoemde 'n kniebesering opgetel het en op losskakel gaan Shaun Kitching die agterlyn aan die gang moet kry.

Kitching is die Silver Valke se skrumskakel maar omrede Willie Kok en Chandre Boshoff nie vanjaar weer vir die Bulle sal kan speel nie het Kitching dié rol oorgeneem.

Kok het vir 'n ruskans gevra nadat hy die afgelope 12 maande eers in Frankryk en toe in die Gilbertreeks en Carltonliga sonder 'n breek gespeel het en Boshoff het na Nelspruit verhuis.

Die Assupol Bulle is tans die enigste onoorwonne span in die kompetisie en 'n oorwinning oor die Valke sal aan hulle 'n plek in die halfeindstryd besorg.

Die Bulle se wedstryd teen die Valke se Amateurs skop Vrydag om 16:30 af en is 'n voorwedstryd vir die Curriebeker-kragmeting tussen die Vrystaat Cheetahs en die Valke.

Assupol Bulle: Francios Senekal (Cent), Dwain van Rensburg (Quins), Callan Erasmus (TUT), Dean Kelbrick (Tuks), Neill Pieterse (Pol); Shaun Kitching (S Valke), Andre Potgieter (Tuks); Johan de Bruin (TUT), Stefan Smit © (Naka), Athi Mtya (TUT), Emile Keyser (S Valke), Devon Oosthuizen (Tuks), Andries van Tonder ( S Valke), Birtie Powell (Naka), Ettienne Breytenbach (Tuks). Reserwes: Diedlof van der Merwe (TUT), Johan Visser (TUT), Tiaan Nel (Cent), Marius Weber (Cent), Gerhard du Preez (Naka), Craig van Rooi (S Valke), Lebogang Mahlo (Twaing).



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog