You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Assupol Bulle teen Vrystaat in semifinaal


Die Blou Bulle se Amateurspan, die Assupol Bulle, speel aanstaande Saterdag teen die Vrystaat in die halfeindstryd van die nasionale amateurkompetisie nadat hulle Vrydag op Brakpan die Valke getroef het.

Die Bulle het die Valke 35-27 geklop, maar volgens die spanbestuurder Dries Schoonbee het hulle die lewe vir hulself baie moeilik gemaak en nooit werklik aan die gang gekom nie.

"Die Valke het die wind baie beter as ons gebruik en hulle het presies geweet waar om op die harde veld van die Bosmanstadion te skop, sodat die bal in al die rigtings gebons het.

"Rustyd het ons 21-14 voorgeloop nadat die telling so 'n paar keer wipplank gery het maar in die tweede helfte het ons genoeg gedoen om die oorwinning te verseker, hoewel ons hulle nooit van die veld af gespeel het nie."

Voorlangs was die Bulle se uitblinkers die Naka Bulle se haker Birtie Powell, TUT se losvoorspelers Johan de Bruin en Athi Mtya terwyl Tiaan Nel (Centurion) in die tweede helfte as impakspeler verwoesting gesaai het.

"Devon Oosthuizen (foto) was egter die beste speler van die dag maar agterlangs het ons Bulle nie tot hulle volle potensiaal gespeel nie."

Die wenner van die semifinaal tussen die Bulle en die Vrystaat gaan teen die OP Olifante in die eindstryd speel nadat laasgenoemde reeds vir die finaal gekwalifiseer het.





Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog