You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Kok terug by Amateurs


Centurion se wedstrydwenner Willie Kok is terug op loskakel vir die Assupol Blou Bulle se halfeindstryd van Saterdag in Bloemfontein teen die Vrystaat.

Kok het vroeër aangedui dat hy 'n breek wil hê omrede hy al vir meer as 12 maande onophoudelik rugby speel maar weens 'n losskakel-krisis (veral ná Tuks se Chandré Boshoff na Nelspruit verhuis het) het hy besluit om die span uit te help.

Die slot Hein Brand is ook terug van sy kniebesering maar die span se kaptein Stefan Smit is saam met Naka op pad na Portugal vir hul Europese toer em om dié rede sal TUT se Johan de Bruin die kapteinskap oorneem.

Gerhard du Preez is ook nes Smit op pad na Portugal en hy is ook nie vir die semi's beskikbaar nie.

Die halfeindstryd teen die Vrystaat skop Saterdag om 12:30 op Bobbiespark af en die wenner van dié wedstryd speel teen die Olifante in die finaal.

Assupol Blou Bulle: Francois Senekal (Cent); Dwain van Rensburg (Quins), Callan Erasmus (TUT), Dean Kelbrick (Tuks); Neill Pieterse (Pol); Willie Kok (Cent), Shaun Kitching (Silv Valke); Johan de Bruin (TUT) (kaptein), Marius Weber (Cent), Devin Oosthuizen (Tuks), Imille Keyser (Silv Valke), Hein Brand (TUT), Jan-Harm Steenkamp (TUT), Birtie Powell (Naka), Ettienne Breytenbach (Tuks). Reserwes: Diedlof van der Merwe (TUT), Andries van Tonder (Silv Valke), Tiaan Nel (Cent), Erich van der Westhuizen (Tuks), Andre Potgieter (Tuks), Lebogang Mahlo (Twaing), Craig van Rooi (Naka).



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. Wie rig die Appusol Blou Bulle af?
Posted by Captain America (Hermosa Beach, California) Wednesday, October 08, 2008 - 06:30