You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Live Player Chat: Victor Matfield


The Vodacom Blue Bulls' captain Victor Matfield will be available on Tuesday between 16:00 and 16:30 for a live player chat.

You are invited to bombard Victor with all kinds of rugby related questions but please keep your questions as short and clear as possible.





Print


Question & Answers
Blyblou asked:
Ek het gedink die Bulle was te angstig in die ligawedstryd teen die Sharks.
Wat gaan jy/julle doen om die manne rustig te hou, teen die Cheetahs, sonder om TE rustig te wees - soos in hulle onderskat?
Victor Matfield answered:
Al wat saakmaak Saterdag is om geleenthede te skep en dan ons geleenthede gebruik. Daar gaan "nerves" wees, maar dit is die span wat dit die beste verwerk wat sal wen.
Paul Grobler asked:
Why does it seem that the Bulls had a better playing stile under H meyer than current coach? Wat ek bedoel julle voorspeles het dinge beter gedoen , daar moet minder Chiefs wees en meer Indians wat die werk doen ,daars te "Kapteins" op die veld en onthou Victor ek het teen jou gespeel in jou PHS dae Regte kapteine ly hul spanne met voorbeeld !!! Ek weet julle kan diet doen Sterkte en ek hou duim vas!!!! bring hom huis toe!!!!
Victor Matfield answered:
Ja, alle spanne het harde werkers nodig en ek glo ons het ouens wat die harde werk doen.
Percy Phillipson asked:
Victor, net een vraag. Julle bring daai Kerrie Koppie huis toe né?

Dis lekker om n Blou Bul te is! Sterkte, ons ondersteun julle al die pad!
Victor Matfield answered:
Ek glo só!
Tinus asked:
Victor, Julle ouens maak ons harte groot..dankie. Wat dink jy is ons kanse op 'n oorwinning met die spelpyl wat die Sharks nou het en die tuis eindstryd op Kingspark ? Ons bloed bly blou hier in die Vrystaat.....
Victor Matfield answered:
Solank ons net in die finaal is dan het ons 50/50 kans. Al ons fokus is op Saterdag.
BloubulindieBoland asked:
Middag Victor , sterkte vir die laaste 2 CCup games. Hier is 'n groot gevoel in die Kaap dat die Curiebeker slegs tussen die 6 top spanne uitgespeel moet word (alhoewel WP teen die Valke verloor het en nie teen Boland 'n bonuspunt kon kry nie), hoe voel jy oor die formaat van 6 of 8 spanne? GO BULLE bring die beker LOFTUS toe!!!!
Victor Matfield answered:
Ek glo agt spanne is reg, maar daar moet 'n geleentheid wees vir die kleiner spanne om te kan kwalifiseer vir die Super 14 - dan kan hulle ook top-spelers kry en dan kan dit meer gelyk wees.
Paul Klaasen asked:
Why does the Bulls players loose so many balls in the contact situation and at ruck time why do they get push off the ball so often.
Victor Matfield answered:
It is an important area, we are working hard on it.
Bloubloed asked:
Victor,

welkom terug in die blou trui, ek dink die span wat die volgende twee Saterdae die hongerste is hetdie beste kans om die Curriebeker te wen.
Sal julle opgewasse wees teen 'n sterbelaaide Sharks-span sou julle mekaar in Durban ontmoet, hulle lek verseker hul lippe af om wraak te neem na die S14 van verlede jaar, miskien voel hulle nou hoe ons in 1990 gevoel het.
Victor Matfield answered:
Ek glo ons kan enige span wen, maar weereens ons moet eers hierdie week wen.
Percy Phillipson asked:
Victor, weer ek

Enige aanduiding wie jou slotmaat gaan wees Saterdag, of is dit n geheim?
Victor Matfield answered:
Danie Rossouw, die span sal binnekort uit wees.
Bulversie asked:
Hi Victor!

Wie is jou 'hero' as dit by rugby kom? en as jy 1 speler kan kies wat vandag die tipe rugby speel wat jou 'hero' gespeel het, wie sal dit wees?

Ek en my hele gesin gaan julle Saterdag op Loftus ondersteun!!
So, sterkte met die semi's!! Ons weet dit sal goed gaan!!
Victor Matfield answered:
Naas Botha! Ek was nog altyd 'n groot Blou Bul ondersteuner.
Vic Bester Snr & Jnr asked:
Dag Victor

Ek het nie 'n vraag nie. Wil net vir jou Baie dankie se vir jou lojaliteit teenoor die Bulle. Dit is wat Bekers huis toe bring. Baie sterkte vir Saterdag en ek voel julle gaan ons weereens trots maak.

Fort Loftus sal weer julle bondgenoot wees. Ons staan bankvas agter julle

EENS 'n BUL altyd 'n BUL
Victor Matfield answered:
Dankie Vic
Leslie asked:
Why are the bulls not playing more aggresive as 3 yours years ago and last why are our scrum so weak at tight head game after game?
Victor Matfield answered:
I believe we are still playing positive rugby. I thought our scrums were very good in the previous game against the Free State. Tighthead is a very difficult position and all teams try to put a lot of pressure on the tighthead.
Robert asked:
Hi, julle sterk punt, die lynstane, gaan druk ondervind. Dus, gebruik julle by elke wedstryd nuwe lynstaantekens, of is die lynstaantekens elke keer maar min of meer dieselfde?
Bul groete
Robert
Victor Matfield answered:
Mens moet maar jou tekens af en toe verander, só ons sal definitief Saterdag ander opsies hê
marco asked:
Hoekom sit julle nie vir zane kirchener op 'n sentre nie?
Victor Matfield answered:
Zane is ons eerste keuse heelagter en hy is vir ons back-up op buitesenter.
bBs asked:
Goeie dag Mnr.

Bly om jou terug te he in SA en weer by die Bulle.

1. WIe dink jy is die Cheeters se beste speler?
2. Wat is die Cheeters se beste eienskap?

Victor Matfield answered:
1) Juan Smith
2) Die Cheetahs is baie goed op die grond
Ben asked:
Dag Vic.

Wat dink jy kaptein? Kan ek maar my huis verkoop en die geld vat en dit op n wen sit vir die Bulle die naweek?

Victor Matfield answered:
as ek kan kommissie kry...
Lean asked:
Stel my asb net gerus dat julle gefokus is op die Curry Cup asb. Is die intensiteit by oefeninge op die regte vlak. Is die manne oorgehaal. Hier in die Kaap hou ek die fort. AS julle die jaar die Koppie wen maak julle die verblyf hier heelwat meer aanvaarbaar. Is julle REG!!
Victor Matfield answered:
Die Curriebeker is vir die Bulle baie belangrik.
Ek glo jy gaan `n lekker tyd in die Kaap hê die volgende paar maande.
James Bond asked:
Baie dankie vir jou lojaliteit teenoor die Bulle. Al die negatiewe het positief verander toe jy terug is. Baie sterkte vir die semi's en ek vertrou die finaal.

1. Wat is die kanse dat Bakkies kan speel in die moontlike finaal?
2. Lastige vragie - Is dit waar dat Heyneke van die spelers probeer oortuig het om nie nuwe kontrakte te teken by die Bulle nie en eerder England toe te gaan. Morne het glo in 'n tydskrif onderhoud dit beweer.
3. Beplan jy om nog in 2011 te kompeteer vir die Wereldbeker span?
4. Wat is jou gunsteling tydverdryf buite rugby?
5. Geluk met jou 50-tal teen die Titans. Het hulle voluit geboul?
Victor Matfield answered:
1) Daar is dalk 'n kans vir miskien 20 minute
2) Heyneke wou een of twee spelers saam met hom vat, maar geen kwade gevoelens. Ons is nou in die professionele era.
3) Ek sal ná volgende jaar se Britse Leeus oor my internasionale loopbaan besluit.
4) Gholf, my voorgee is 9, ek geniet dit om Fourie du Preez se geld elke week te vat.
5) Dit was baie lekker, maar gelukkig het hulle net van 3 tree geboul.
Hans du Plessis asked:
Victor, baie geluk met jou en die span wat die semi's gehaal het.

Ek wil net graag by jou hoor watter slotte jy hoog aanslaan in Suid Afrika. Ek het 'n tydjie gelede 'n Rugbyaand bygewoon waar Bakkies en Pierre Spies teenwoordig was en was aangenaam verras met Bakkies se keuses wat hy genoem het (of sal ek sê, keuses wat hy nie genoem het nie?).

Volgens Bakkies word jy, Danie en Barend Pieterse hoog aangeslaan. Wat is jou opinie hierop?

...en, word Bekker en Muller nie as goeie slotte geag nie?
Victor Matfield answered:
Bakkies en Danie Rossouw bly my eerste keuses.
Andries Bekker het `n baie goeie jaar gehad - hy is baie talentvol
Roux asked:
Hallo Victor
1. Sterkte met die voorberyding vir jou en die hele span en hoop julle voel goed vir Saterdag. (Net twee games oor om die beker te lig)
2. As jy met jou span praat vir die voorberyding se vir hulle dat ons altyd agter julle sal staan en dat julle die beste in die land is. Daar is geen uitsonderings nie en julle bly van speler 1 tot by 22 die beste.
Victor Matfield answered:
Dankie Roux
James Bond asked:
1. Victor, wat gebeur as julle na 80 min gelyk is?

2. Daar is 14 dae tussen die semi's en die finaal. Is daar 'n spesifieke rede en wat verkies die span?
Victor Matfield answered:
1) Daar is ekstra tyd, dan die span wat die meeste drieë gedruk het en dan die span wat bo-aan die punteleer geëindig het.
2) Sou verkies om dadelik (die daaropvolgende week) die eindstryd te speel.
Shannow asked:
Hi Victor

Fantasties om jou terug the he in die Blou.

Een groot vraag wat baie van ons pla: Het Pierre spoed verloor sedert laas jaar? Hy lyk nie heeltemal so vinning van die merk af as toe hy die Engelse 2 jaar terug so stukkend gehardloop het nie.

Dankie en neuk daai Cheaters Saterdag goed op asseblief!
Victor Matfield answered:
Nee, verseker nie, ons het nou die dag 7's teen mekaar gespeel en dit is skrikwekkend hoe vinnig hy is.
Yolanda Beattie asked:
You are by far my all time favourite rugby hero current and past! How long do you plan to play international rugby, except for any major injuries that may occur?
Victor Matfield answered:
I will decide over my international career after the British Lions tour
Ligblou Baron asked:
Middag Victor. Dankie vir die tyd wat jy afstaan om met ons te gesels.

Vraag: As die BLOU BUL in die finaal gaan speel ,voel ons as ondersteuners, dat die gekose skeidsregter nie onpartydig kan wees nie. Kan jy, as kaptein, hierdie situasie laat verander?

Ons is met julle Saterdag!!
Victor Matfield answered:
Jonathan is 'n baie ervare skeidsregter wat al baie groot toetse geblaas het.
Flippie asked:
Is die manne gefokus op die halfeindstryd vir Saterdag. Hoop net nie julle onderskat die Cheetas nie,want dit sal fataal wees.Ek is seker dat verdediging n' groot rol Saterdag gaan speel.Punte moet geneem word by elke geleentheid en onthou bonuspunte speel geen rol nie.Maak my die naweek trots op n' oorwinning en alle sterkte aan jou en die hele span. DIt is weer tyd vir di Bulle om die Curriebeker te wen. BULLE ALTYD BO !
Victor Matfield answered:
`n Vorige coach het altyd gesê "attack put bums on seats and defence wins trophies."
Shannow asked:
Hi Victor

Hoekom spandeer die Bulle nie meer geld om hulle diepte in kritiese posisies aan te vul nie? Ek vergelyk dit met die Sharks, wat omtrent 'n Bokspan op die bench het. Die Bulle is die top unie in die land, maar dit lyk of ons squad definitief minder diepte het as toe ons die S14 gewen het in 2007.
Victor Matfield answered:
Ons het die beste jong spelers in die land. Ons onder 21's is onoorwonne en bo-aan die log. Dus het ons genoeg diepte. Ons het ook die Vodacombeker gewen en ons het dertien SA o20 spelers.
Blouhenk asked:
Middag Victor

Wat dink jy van die jong slotte wat deurkom, en wie dink jy gaan jou opvolg by die Bulle en die Bokke?

Danie Theron het die opmerking gemaak dat hy dink Andries Bekker nou bo jou in die Bokspan moet speel omdat hy dalk hongerder is. Uit 'n slot se oogpunt, hoe goed is Andries Bekker werklik?
Victor Matfield answered:
Wilhelm Steenkamp en Jaundre Kruger kom baie mooi deur.

Andries het al die talent om `n top-slot te wees.
Blouhenk asked:
Wie is die hardste speler teen wie jy nog gespeel het.
Victor Matfield answered:
Martin Johnson
Wayne asked:
sterkte vir saterdag victor,gaan n groot game wees maar ek glo julle sal wen!wat dink jy van die ander semi???
Victor Matfield answered:
Maak nie saak nie, solank ons in die finaal speel.
Simon asked:
Victor, sterkte vir Saterdag die 11e en die 25e Oktober 2008!
Spook 2005 se verloor en jou (en Os) se geelkaarte teen Vrystaat nog in julle koppe? Ek sien dat jy, Bryan, Fourie en Pierre toe as "wereldbrekers" beskou is. Vrystaat het blykbaar nou ook "brekers" om julle te tem: Barend Pieterse (slot), Jongi Nokwe (vleuel), Duane Vermeulen (agtsteman) ,Tewis de Bruyn (skrumskakel) ,Juan Smith (flank), Wian du Preez (stut) en Adriaan Strauss (haker).
Slapelose nagte? Onrustige drome of... doodgewone "Bull-Shhh..."!

Victor Matfield answered:
doodgewone bull
Dean Boyle asked:
1.wat is ur prediction 4 the cheetahs clash
2.who do u think will win currie cup
Victor Matfield answered:
1) BULLE
2) BULLE
Blouhenk asked:
Wanner sny jy 'n bietje daai hare van jou?
Victor Matfield answered:
Ek het dit laas week gesny!
Shannow asked:
Hoe voel dit om man of the match in 'n World Cup Final te wees? Nie baie spelers op aarde kan dit se nie!
Victor Matfield answered:
Op die dag het dit nie baie beteken nie - al waaroor ons bly was was die World Cup.

Maar as ek terugkyk voel ek baie ge-eer.
Waterberg asked:
Victor,
Net 1 vraag,Morne se skoppersentasie was om en by 70% in die currie beker,dink jy dit is genoeg vir semi's en finals.........pla dit jou nie dat Morne nog nooit 'n curriebeker of superwedstryd kon wen as "nommer 1 "losskakel nie?
Victor Matfield answered:
Morné Steyn is een van die beste stelskoppers in die land. Ek het volle vertroue in hom.
Greg Lessing asked:
Are you looking forward to May 19th 2007 all over again ?

What is the feeling in the Bulls camp regarding the Sharks this year ?
Victor Matfield answered:
We are just focused on the Cheetahs
Danie asked:
Hi Victor. Dink jy die span se kombinasies en samespel is waar dit moet wees, veral na die Bokkie se terugkeer en ook na die gewone span wat nie gespeel het laasweek nie. Die bulle het alles om die currie beker te wen, julle moet dit net glo.
Victor Matfield answered:
Ek is gelukkig met ons vorm
dan asked:
hallo cappy
geluk met ons semi wat voorle hoop ons kan deur druk. se aan almal ons bul ondersteuners in die kaap is met julle sterkte
Victor Matfield answered:
Dankie Dan
Mark asked:
Hi Victor,

who do we look at for our backup kicker to relieve pressure off of mornye?

Victor Matfield answered:
Fourie and Zane are taking a lot of responsibility for the tactical kicking. I can kick as well!
Dean Boyle asked:
how long are u staying with da bulle will you eva play 4 sharks
Victor Matfield answered:
I am playing till 2011 at the Bulls. I will never ever play for another Union in SA
Flippie asked:
Victor ek is baie trots op my Bloubulle.Hoop julle speel Saterdag die Cheetas stukkend.Belowe my julle sal nie die Cheetas onderskat nie. Hierdie jaar moet julle die Curriebeker wen.Sterkte vir die oorblywende wedstryde en bly gefokus
Victor Matfield answered:
Dankie Flippie