You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Dreyer kies bulspan vir eindstryd


Behalwe vir 'n paar beserings en twee manne wat tans oorsee is, kon die Assupol Blou Bulle se breier, Jannie Dreyer, sy sterkste span kies vir Saterdag se nasionale amateurspan-eindstryd in Port Elizabeth.

Omrede Stefan Smit en Gerhard du Preez steeds in Portugal is, het Dreyer, soos vir die semi-finaal, 'n paar skuiwe in sy lostrio gemaak, maar die span wat in die eindstryd speel is grootendeels die een wat hulle so ver gebring het.

Willie Kok is weer op losskakel met Chandre Boshoff wat in Nelspruit is en op skrumskakel kom Andre Potgieter in Shaun Kitching se plek in.

Weens beserings aan Erich van der Westhuizen en Athi Mtya is Devin Oosthuizen op flank gekies, maar hy speel deesdae sulke goeie rugby dat dit glad nie die span sal verswak nie. Inteendeel, Oosthuizen was een van die beste spelers in vanjaar se Carlton.

Die Bulle is deur na die eindstryd nadat hulle verlede week die Vrystaat 35-34 in Bloemfontein in die semi-finaal getrap het.

Die Amateurs se eindstryd teen die Olifante skop Saterdag om 15:00 in die Baai af.

Assupol Blou Bulle: Francois Senekal, Dwain Rensburg, Callan Erasmus, Dean Kelbrick, Neill Pieterse; Willie Kok, Andre Potgieter; Johan de Bruin ©, Marius Weber, Devin Oosthuizen, Imille Keyser, Hein Brand, Jan-Harm Steenkamp, Birtie Powell, Ettienne Breytenbach.

Reserwes: Diedlof van der Merwe, Andries van Tonder, Tiaan Nel, Sisa Mafu, Shaun Kitching, Andre Kloppers, Craig van Rooi



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. 1ste soos die Bulle!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, October 10, 2008 - 16:40