You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Assupol Bulle lig die beker


Die Assupol Blou Bulle is die nasionale amateur-kampioen nadat hulle verlede naweek in Port Elizabeth die OP Olifante 42-17 in die finaal geklop het.

Die Bulle was rustyd net 10-7 voor, want dit was soos mens van 'n eindstryd kon verwag aanvanklik 'n klipharde kragmeting, maar in die tweede helfte het die manne van die Jakarandastad na 'n hoër rat oorgeskakel en die Olifante van die veld afgespeel.

Die span se bestuurder Dries Schoonbee sê hoewel die telling teen rustyd nog baie naby was het hulle eintlik toe al die oorhand gehad "maar ons het nie aldag al ons kanse benut nie.

"In die tweede helfte het die manne egter besluit om die Olifante meer fisies aan te vat en dit het groot vrugte afgewerp. Die Olifante is 'n klomp ligte outjies wat die bal heeltyd wil rondgooi, maar toe ons met die voorspelers begin speel het hulle moeilikheid gehad. Uiteindelik het die wal gebars en toe was daar net een span op die veld."

Puntemakers: Assupol Bulle: Drieë: Birtie Powell (2), Johan de Bruin, Devin Oosthuizen, Neill Pieterse. Conversions: Francois Senekal (3) en Willie Kok. Strafdoele: Francois Senekal (3).



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog