You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Thanks to all our supporters


The Blue Bulls Company (Pty) Ltd and the Vodacom Blue Bulls would like to sincerely thank all their fans for their zealous support during the ABSA Currie Cup.

Your supports means a lot to the Bulls and although it is a massive disappointment losing to the Sharks in the final you can be sure that the Bulls will be back in 2009.

Thanks to all the supporters that went to Durban to cheer the Bulls and we would also like to express our gratitude for all the messages and best wishes that you sent prior to Saturday's game.

The Bulls' loyal support base is one of the reasons why the Bulls are a world class sporting franchise and without you the team will not be nearly as strong.





Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. 1ste soos die sharks :(

Posted by GreGorGy (Edenvale) Monday, October 27, 2008 - 07:27
2. I went down for the game. It was fantastic, bar the bottom line. Had a great time but it could've been better. Thanks to all the Bulls that were with me behind the poles under the big screen - that whole area was blue except for the two okes sitting next to me.

We tried. Shame...
Posted by GreGorGy (Edenvale) Monday, October 27, 2008 - 07:29
3. Goeie dag al die Bul ondersteuners

Geluk aan die sharks met hulle oorwinning. Punt.

Ons voorries het nie die mas opgekom nie en daarom kon ons agterlyn nie aan die gang kom nie. Habana was die groot onderpresteerder.

Ek was in Durban en die parkering by die stadion was maar weer 'n probleem. Durban kan nou maar by Zimbabwe ingelyf word, dit sal nie 'n verlies wees nie.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 07:29
4. Hoe kon hulle vir Brussouw bo Steggies kies. In die semi het dit gelyk of hy nie op die veld was so het Steggies hom oorskadu.

Ek wil ook opgooi oor die Springbokspan. Deysel en Vermeulen is strate beter as Spies en Kankofski.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 07:36
5. More Rustig.
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, October 27, 2008 - 08:06
6. Goeie more Bloues,
Geluk aan die sharks, op die dag die beter span, die bulle het ook goed gespeel veral op verdediging. Wat my bekommer, is dat die bulle nou reeds 2 jaaar in n ry in die finaal was maar nie kon wen nie, Dit sal dus volgende jaar hul derde jaar wees indien hulle die finaal haal.
Posted by vlekkie (Johannesburg) Monday, October 27, 2008 - 08:09
7. Ek dink almal is teleurgesteld oor die uitslag van Saterdag - maar soos Rustig se die Sharks het verdien om te wen Punt. ek is egter meer bekommerd oor ons agterspelers en natuurlik die vaskopstut - ons kan se wat ons wil daar is nie spelbrekers agter nie en ons losskakel het onder druk geswig. Ons kan nie terugval op JP Nel nie (vergeet dit maanne) ons het nuwe bloed nodig wat dit vir ons agter kan doen - ek glo dat Morne Steyn nog kan groei maar ons het 'n buitesenter nodig en 'n regtervleuel wat die ding kan doen
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, October 27, 2008 - 08:12
8. Once a Blue Bull - always a Blue Bull - my bloud is stil blou en ek is stil trots om my blou trui to dra.

Go Bulls - waiting for the Super 14 - we will show them all again.

Congrats to the Sharks !
Posted by Bulls r best (Johannesburg) Monday, October 27, 2008 - 08:15
9. More almal

Ek dink nie Spies was so sleg saterdag nie, inteendeel ek dink hy het sy beste game hierdie jaar in die blou trui gespeel. Pierre sal 2009 weer sy eie maak. Gee kans. Habana sal ook weer regkom. Hierdie jaar was 'n grys jaar vir ons bulle en tog het ons weer die eindstryd gehaal en kon ons verlede jaar se kampioen met groot onderskeiding klop, ons het die Vodacom beker ingeplam en ook die 0'21's en hey - die flippen vroue beker!!!!.

ons koppe sal reg aangeskroef wees vir die begin van die super 14. Ons sal beslis nie weer so 'n vrot voorbereide seisoen hê soos laasjaar nie. En ek dink ons terugkerende Bokke gaan beter op vorm wees. Ons groot pronbleem in vanjaarse cc was dat ons nie die momentum kon opbou soos ons graag sou wou nie.

SA het 'n vuur vol goeie grondflanke en dit is bitter moeilik om tussen hulle almal te kies. My eerste keuse sal Baywatch wees. Jacq Botes moet ook baie naby kom. Steggies se tyd sal hopelik kom as daar beserings kom. Gelukkig vir SA rugby het die stof nou rondom Luke gaan lê en sal ons nie weer 'n baljagter mors deur hom in te sluit nie. Jean Deyssel kan ook maar ingeskuiwe word in die skadu van Juan Smith.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, October 27, 2008 - 08:19
10. GOEIE MORE EDELE EN UITGERUSTE BLOU VOLK!

Lieflike dag vir hengel!

Geluk BlueCon5 en BBB met julle CB honours op Superbru en Spies, jou bielie, op ANZ Superbru. Briljant gekompeteer BLOU BUL BLOGGERS! Du so voort volgende seisoen!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 08:21
11. Ek wil net vir die sharkies sê dat ons drie bekers in ons kas het, die )/21, die Vodacombeker en die Amateurbeker. So geniet julle een koppie.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 08:21
12. Vlekkie, die leeus en die cheeetahs het verlede jaar in die eindstryd gespeel.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 08:22
13. Baie Geluk met jou verjaarsdag, Bergbok, jou ou man! Lol!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 08:22
14. Bulletjie 1, kn ons nie bietjie nus kry oor nuwe aanwinste vir die Bulle nie? Barend van graan het hier 2 maande geklede belowe ons moet die pers binnekort dophou as die coach sy planne voorlê. Waarom wag ons so lank?

Ralistix, ek stem, ons kort beslis meer spelbrekers van internasionale gehalte. Hulle bou op die ou end die jong spelers se karakter ook. Al wat ek op hierdie stadium weet is dat jaco vd Westhuyzen moontlik terugkom, JP Nel en dan het ons vir Dries van Schalwyk van die Boland gekontrakteer. ek wonder of jac Burger nog volgende seisoen by die Bulle gaan wees?
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, October 27, 2008 - 08:25
15. Happy Birthday Oom Bergbok omdat jy verjaar..... Mag oom die aftrede ten volle geniet, en bly so goeie mens soos oom is.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 08:25
16. Goeie dag almal

Dit was n puik game gewees.
Ek't julle laas week al gesê dat julle na die game speit gaan wees dat JP Nel nie daar was.
Ek dink dit was vir n slag net ons beurt om tops te eindig.
Dankie ook vir al die saam gesels hier op die BB blog ons sal weer meer gereeld gesels hoe nader die S14 kom.
Posted by BITE*ME (SHARK TANK) Monday, October 27, 2008 - 08:28
17. Oom Bergbok !!!!
Jou ou pensoinaris !!!!!
Lekker verjaar oubaas !!!!
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, October 27, 2008 - 08:29
18. 18.

Oe ek het vergeet dit was verlede jaar. Julle gaan partykeer so aan oor die ding ek dog dit was gister.
Posted by BBrown (Dbn) Monday, October 27, 2008 - 08:31
19. More Bulle!!

Well done aan die Bulle wat 'n great match was...ongelukkig kan daar net een wenner wees. Ek gaan nie sout invryf nie, want ons was al meningmaal in julle posisie en dis nie lekker nie..Strongs vir julle!

Aand die Sharks, well done boys...julle het leer fynkou, nie weer gechoke nie! (Alhoewel die laaste 5 minute nie goed was vir my hart nie...de ja vu...en toe word die ouens gelukkig wakker, bly koelkop na Frans se mislukte poging en maak seker hulle skop UIT...

Lekker dag!
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 08:33
20. Geluk aan die Sharks, hulle was die beste span op die veld Saterdag. Dankie aan al die blou mense en die spelers wat dit 'n lekker CC jaar gemaak het. ten spyte van die verloor, eet 'n Bul nie van die vloer af nie en tjank nerens...
Posted by blouhond (Pretoria (the ORIGINAL Bull-brand!)) Monday, October 27, 2008 - 08:35
21. Rustig

Ek hou eder net die top CC beker as wat ek al die ander klein goedjies het, maar darm het ons die o/19 beker ook by die huis laat bly staan.
Posted by BITE*ME (SHARK TANK) Monday, October 27, 2008 - 08:41
22. Alright...so it's the aftermath...Congratulations to our U\21 boys..you've done us proud...to Victor and the others...better luck next time...let's build on this one!!!You are still my number 1 team - My BLOED IS BLOU!
Posted by Bluebullsbabe08 (Cape Town) Monday, October 27, 2008 - 08:42
23. Stem saam met die meeste mense hier - Sharks het verdien om te wen.

Nou is dit tyd om te beplan vir 2009.

'n Paar posisies wek kommer:

1. Vaskop (Werner sal net beter word hy is nog jonk - ek dink ons kan hom net beter sien speel - 'n 2e vaskop van gehalte is egter ook nodig)
2. Derick op haker pla my steeds - ek dink Chilli skrum beter en speel meer soos 'n klasieke haker (soos Mealamu vir NZ) - miskien moet ons maar met hom begin en hom meer gametime gee.
3. Losskakel - Morne speel nie vir my goed onder druk nie - hy is beter as gemiddeld maar nie uitstaande nie...sy lynskoppe is nie lank genoeg nie en sy taktiese skopwerk is ook wisselvallig. Burton is dalk die antwoord, maar ek dink ons moet hom eers 'n jaar of so gee om by Morne te leer.
4. Buitesenter - Marius het hard probeer, en ek dink nie JP Nel is meer 'n faktor nie - ons het iemand nodig wat vir Wynand kan aanvul en ons jong oukies verdien 'n kans - iemand soos Dippenaar kan dalk net volgende jaar sy hand opsteek.
5. Vleuel - Ndugane en Mametsa is eerlike werkers maar is nie regtig spelbrekers nie!!!

Verder dink ek ook nie ons sleutelspelers het gevuur Sa nie...
1. Almal stem saam dat Spies hierdie jaar gesukkel het - hoekom weet ons nie - maar hy kan volgende jaar net so vinnig weer sy beste spel bereik... wie weet?... form is temporary but class is forever.
2. Wynand is gemerk deur die Sharks - en omdat Marius nie veel gebied het buitekant hom nie kon die Sharks op hom alleen konsentreer.
3. Habana is 'n skadu van die speler van laas jaar .... mense sê sy kop is te groot etc. etc.... ek dink egter nie so nie... ek dink hy is 'n gemerkte man - almal weet hoe gevaarlik hy is - dis altyd moeiliker as spelers jou sterk en swakpunte leer ken. Ek dink ook hy het 'n paar verdedigings leemtes - hy kom telkemale na binne in plaas van om op sy man te bly... dan word hy verplig om te onderskep of die man spasie aan die buitekant te gee. Verder dink ek ook hy word baie distract van die veld af met sponsorship deals, tv programme, interviews etc....

Ek dink egter die grootste probleem is die Bulle se spelpatroon.... ons het 'n simpel effektiewe patroon wat staatmaak dat ons oorspelers die oorhand kry en ons dan die ander span onder druk sit en hulle tot foute dwing.... maar as die teenstanders ons in ons eie gebied vaspen het ons nie 'n manier om daar uit te kom anders as skop en storm nie.... ek weet baie spanne maak hiervan gebruik en dit is juis die probleem wat ek met die nuwe ELV's het.... almal sê die bal is soveel meer in spel.... maar het hulle al gaan kyk hoeveel van die tyd die bal in die lug is!!!

Ek dink die ELV's is 'n uitstekende geleentheid vir 'n span (enige span) om innoverend te begin dink... en 'n spelpatroon te ontwikkel wat niemand anders het nie, en wat by die nuwe reëls sal pas. Die probleem is net wie sal dit waag... in vandag se tyd maak net resultate saak... en probeer iemand iets nuuts en dit werk nie word sy kop geëis... so ek sien nie dat dit gaan gebeur nie... maar 'n mens kan altyd hoop.
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 08:43
24. Dankie Ice, vra die ander barbers om te verdwyn.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 08:45
25. ZET - ek stem saam oor Habana, alhoewel ek ook dink hy het lui geraak om te werk...hy wag letterlik net om te kyk of hy kan onderskep...en niks anders nie...en as die ander span tight speel gaan hy nie 'n impak op die span he nie...ek dink hy moet sy vinger uit sy ** trek en begin speeeeel...hy kan nie altyud net die shining star wil wees nie. Am[per asof hy nie bruikbaar is nie, want almal ken nou sy tipe spel...hy sal moet innoverend begin dink, anders gaan hy niks vir die span beteken nie en hulle kan hom net sowel dan bench
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 08:47
26. Dankie webbie, hou die gemors weg.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 08:48
27. Weereens baie geluk aan die Sharks met jul oorwinning, dit kon verder gewees het, ons het by die spilpunte, dit waaroor dit gaan verloor, te veel swak skoppe in die keelgat van Terblanche wat die beste speler op die dag was. Ek is baie trots op die sportmangees wat na die wedstryd deur Victor Matfield en Wikus van Heerden gewys is. Dit het maar net weer aan die land gewys watter waardige spelers en ondersteuners die Blou Bulle is!! Baie dankie ook aan die Blou Bul rugbyunie, julle doen baie vir ons die ondersteuners, ons is almal saam hartseer, maar dit gaan verby en ons kyk saam vorentoe..die Blou Bul gaan lê nie.. tjank nie by sy ma hulle nie en gaan weer opstaan...nou vir die voorbereiding vir die Super 14..julle het jul beste gegee, ons sal lewe om weer volgende jaar verder te veg!!!
Posted by Vaskophaker (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 08:49
28. IceBabe,

Dankie vir die wyse waarop jy die Sharks se naam hoog hou op ons blog. So ook Bite*Me.

Jammer dat daar altyd 'n paar vrot appels in 'n sharkblik moet wees.
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 08:51
29. Goeie môre BlouBul ondersteuners van faam.

Baie geluk aan die Sharks, julle was die beter span op die dag.

Veels geluk met jou verjaarsdag Bergbok, mag die Here jou seën met 'n gesonde lewensjaar.

Mossel, ek het nie die inligting wat jy voor vra nie, maar "he who waits patiently will receive in the end"
Posted by Bulletjie 1 (Voorstad van BULLAND) Monday, October 27, 2008 - 08:53
30. Hoor hoor Vaskophaker. Ons moet positief bly, as sekere aangeë Sa gewerk het, kon ons die beker hier in Pretoria gehad het. Ek sê altyd 'n tuisveld is 10 punte werd. Wel die sharks het met vyf gewen.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 08:54
31. Geluk and die Sharks. Ons moet nou die geleentheid gebruik om dinge reg te maak. Die feit dat ons nog teen die einde in die game was spreek boekdele. Dit was egter reeds gedurenede die laaste paar games duidelik dat ons probleem in die voorry le. Ons MOET 'n vaskop en 'n haker kry wat hul man in die vaste fasette kan staan. Morne Steyn is ook nie die antwoord op losskakel nie. Takties was hy swak. Hy het Stefan Tereblanche gehelp om 'n puik wedstryd te speel. Ek isd bevrees dat Morne het dit nie in hom om in n totale losskakel te ontwikkel nie. Hy is meer net 'n skakel. Ek gee toe dat hy beter sou speel as dit nie was dat ons in die voorry oordonder was nie. As ons nire die probleem in die voorry adresseer nie gaan ons baie lang trane huil in die S14
Posted by Rietrot (Kempton Park) Monday, October 27, 2008 - 08:56
32. BULLE BULLE , BULLE BULLE
ek bly lief vir julle
Bulle Bulle ek weet
julle het vir ons gesweet
julle is steeds in my boek
die cherry op die koek
Ek bly in BUL
want ek WIL
Vir niks op aarde
sal ek die BULLE verruil
en my gewete so vervuil
die Bulle is die beste op aarde.

Sien julle met julle oefenkamp op George , ek is ou met die bloubul sokkies , bloubul broek en bloubul hemp en die bloubul vlag. Go BULLE !!!!!!!!!!
Posted by BloubulindieBoland (Ashton) Monday, October 27, 2008 - 09:05
33. BB waarheid op die bulls blog is ongelukkig blou en nie swart of wit nie.

Dankie Webbie!
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, October 27, 2008 - 09:05
34. Rietrot...Morne het 'n baie goeie seisoen gehad en as daar iemand was vir wie ek lugtig was Saterdag, was dit hy. Ek dink rerig hy moes 'n kans gegee gewees het vir die toerspan...I mean...EARL??? Nee wat, Steyn is STUKKE beter as hy..
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 09:07
35. BBindieB,

Dit help niks... almal het die blou sokkies, blou broek, blou hemde en blou vlae.... sê eerder jy is die een sonder die snor!!!
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 09:09
36. Ek neem die vrymoedigheid om ook my beskeie mening te lug na aanleiding van die Bloues se 2008 seisoen.

Eerstens , 'n ongekwalifiseerde geluk aan 'n Sharks span wat ongetwyfeld verdien het om te wen en met 'n bietjie geluk nog 3 drieë kon druk.

Geluk aan Frans Ludeke en sy DAPPER span vir die prestasie om die finaal te haal, dit ondanks neerhalende kritiek op hom as afrigter, ook op hierdie forum.

Punte van kritiek : Ondanks verskeie menings dat Ryno Gerber nie die mas opkom as vaskopstut nie het julle volhard met hom en dit was een van die redes waarom ons nooit kon oorheers in die vaste skrum nie. Inteendeel ons het meerendeels swaargekry, ook teen "swakker" spanne soos die Griekwas en Boland. Werner Kruger was die beter keuse, maar om een of ander onverklaarbare rede is Gerber bo hom verkies. Dis ook tyd om Frik Kirsten volgende jaar nader te trek.

John Mametsa het deur die jare vir ons uitstekende diens gelewer. Sy verdediging was altyd onbesproke en die man het nie 'n bang haar op sy kop nie. Feit is dat hy te stadig geword het vir games soos die van Saterdag. Sy skoppe was ook soos manna uit die hemel vir Terblanche. Ons moes nooit vir Trompie Nontshinga laat gaan het nie. Hy is strate beter as enige een van Ndungane, Mametsa en Rocco Jansen.

Net die volgende oor kritiek hierbo op die volgende spelers :
Pierre Spies : Hy het so goed gespeel as enige ander losvoorspeler op die dag. Niks beter of swakker as almal se hero, Ryan Kankowski nie. Onthou dit was 'n final, niemand gaan spectacular 40 meter runs inkry nie !

Marius Delport : Hy was niks meer as middelmatig die seisoen nie. Ons het JP Nel gemis, maak nie saak wat julle ouens oor hom kwytraak nie ! Sy fisieke presence in die middelveld maak net eenvoudig 'n verskil !

Brian Habana : Almal verwag wonderwerke as hy aan die bal vat. Hy het twee tackles gemis wat uitsonderlik is vir die standaarde wat hy daar gestel het. As sy onderskepdrie afgekom het, was hy weer almal se hero. Klas, gaan nie in een seisoen verdwyn nie ..................

Stefan Dippenaar : Gaan 'n ster word, maar is nog te klein vir die groot verhoog. Ek sal hom egter in die groep opneem en geleidelik blootstelling gee.

Ons het verloor omdat : Ons in die skrums swaar gekry het.
Ons taktiese skopwerk power was, dit het gelyk of ons skoppers vir Stefan op die veld uisoek en dan lekker in sy keelgat afskop.
Die Sharks se gamebreakers was op die dag beter as hul eweknieë in Blou.

Laastens : Alle respek en eer aan Victor en sy manne. Julle het jul bes gegee en dit was nie goed genoeg nie. Die wyse waarop julle die verloor hanteer het is ook 'n les vir al die ander provinsies wat so hatig op ons is. Die gebed na die game maak ons trots op wie en wat julle is. JULLE BLY ONS HEROES !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! DANKIE VIR WONDERLIKE OOMBLIKKE IN 2008 !!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by bluepitbull (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 09:16
37. Once a Blue Bull - always a Blue Bull - they are still my team and always will be - at lest we came second!!!!!!! I am hoping for a lekker comeback for the Super 14 so that we can shut everybody up again.

Go Bulle - U R Still the best - we can't win everything???????? The boys are only human. My only question is what the %$%$## Earl Rose in place of our Morne who has played so well this season? Why is Wynand on standby - he has been awesome this season - STRANGE

MY BLOED IS STIL BLOU
Posted by Bulls r best (Johannesburg) Monday, October 27, 2008 - 09:23
38. Zet ok , ek is die ongemaklike fris ene(borskas is besig om in hangkas te verander en sit nou my sixpack in 'n cooler box) sonder snor met dagoud baard en die drie kindertjies met 2 x dogters en 1 x seun ook in blou geklee en ook met vlae en motor met CBR registrasienommer ek weeg meer as die beast so jy kan my nie miskyk nie.
Posted by BloubulindieBoland (Ashton) Monday, October 27, 2008 - 09:24
39. Daasr's hy - die Vrystaat is amptelik nie meer die kampioen nie --snaaks hoe die meeste van hulle nou weer Sharks ondersteuners is.

BAIE GELUK SHARKS!!! Julle was die hele seisoen (S14 ingesluit) die beste SA span! Julle het die beker verdien! Geniet dit!
Posted by Boer (Van die plaas) Monday, October 27, 2008 - 09:28
40. lol BBindieB.... bly om te sien die verloor het nog nie ons sin vir humor aangetas nie.
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 09:28
41. Ai, en ek het gedink Fransie Steyn se ongeholpenheid gaan die Bulle help, en daar maak hy soos met die WC toernooi. Lyk my tog sy beste posisie is senter. Baie goeie plan gewees Plumtree! Julle het vir Wynand uit die game uitgehaal, al het hy soos `n tier verdedig.

My man van die wedstryd was ongetwyfeld Stephan Terblanche. Sy posisionele spel was uitstekend, en daar hardloop hy ons spog vleuel weg!
Posted by Boer (Van die plaas) Monday, October 27, 2008 - 09:33
42. Ek dink ons behoort ook darem vir Kaplan krediet te gee.... ek dink nie hy het te sleg geblaas nie - hy het ons darem nie die game gekos nie.

Ek voel wel dat as hy die trappery van Bismarck vir die TMO gestuur het die Sharks met 14 man sou speel - daardie trap was om die speler se enkel = rooi kaart.

Verder dink ek Kankowski kan ook gelukkig wees die lynregters en die Kaplan het nie sy kopstamp gesien nie - snaaks dat dit die Sharks is wat hierdie jaar al die kopstampe uitgedeel het.

Maar overall dink ek steeds 'n goeie game deur Kaplan.
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 09:33
43. Hierdie pil is maar erg bitter om te sluk. Dit gesê, ons kan nie altyd wen nie. Op die ou uiteinde van die dag kon ons net nie die mas opkom nie. My bloed bly blou. Dis nou al klaar tyd om te begin fokus op die Super 14. Ek weet dat daar hard gewerk gaan word vir volgende jaar. Ek het gisteraand nog in die huis rondgehang en gesulk. Die kinders was weg die hele naweek en het dus nie die rugby saam ons gekyk nie. Skaars het ons begin rustig raak vir die aand of ek hoor bekende klanke uit die sitkamer uit.

"Ek skree nie WP nie, ek bly 'n Bul. Ek skree nie OP nie, ek bly 'n Bul!" Daar sit my ses-jarige dogtertjie met 'n hartseer trekkie op haar sproet gesiggie toe die heel aand en luister na die liedjie, saam met "Maak die Bulle almal Bokke". Ek spot en sê ons moet maar die Sharks volgende jaar ondersteun. Dank die goeie Vader my kop sit nog op my skouers. Dit was HEEL DUIDELIK nie snaaks nie.

Manne, ons staan bankvas agter julle. Volgende jaar is nog 'n jaar. Ek is nie skaam om te sê waar my hart lê nie. Nou die Blou!
Posted by BlouBietsSeSussie (Springs) Monday, October 27, 2008 - 09:35
44. Dis nou al tot vervelens toe hier gesê, en ek beaam dit weer!! - ons voorry is nie op standaard nie, Guthro kan nie alleen die geveg wen nie, ons vaskop kry swaar, want ons haker is nie `n sterk skrummer nie. Die Willie Wepeners en Bismarcke is te sterk vir Derick. Skuif hom terug flank toe nou dat Wikus weg is. Ek weet net nie waar kry ons `n haker nie.
Posted by Boer (Van die plaas) Monday, October 27, 2008 - 09:36
45. Ai...as iemand vir AK sien...se vir hom sy sticker is reg om gepos te word...;-)

ZET - stem saam met Kaplan...overall sal ek se was dit 'n goeie een van hom..voel hy het paar plekke foute gemaak, maar na altwee kante toe - so in a way was dit seker dan "konstant"...
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 09:39
46. Aan al die B lou harte wat so teleurgesteld is vandag,

Met Victor Matfield se spiets na die tyd het ek net besef die Blou bulle is mense met ongelooflike karakter wat ook aan ander buite hulself erkenning en waardering kan gee. My ouma het ons altyd gedwing om dankie te sê voor jy eet en na jy klaar geet het. Victor het dit in styl kom uitleef saterdagmiddag.

Supersport se flitse na die tyd van die ouers en vrouens en girlfriends van die spelers was ongelooflik om te ervaar. Moaner se boodskap aan ou Wikus was sekerlik die mooiste van hulle almal: Onthou ons is troste Noord=Transvalers en al het ons dit nie vandag gemaak nie, gaan ons nie lê nie.

Dis hierdie goed wat elke mens bou. Maak nie saak hoe proffessioneel jy is of watter superster jy is nie. Of jy nou Frans Steyn of Fourie du Preez is, jy kom uit 'n huis met 'n ma en pa en mense wat vir jou omgee. Bismarck en jannie se foto met 'n huilende pa tussen hulle - daai is 'n fabrikasie van die Here af wat beloftes inhou van iets groter as die indivdu self. Gister aand het ek op Carte Blanche na die verlamde Andre Venter gesit en luister en ek kon nie glo dis dieselfde ou nie. Andre het mense wat vir hom omgee en hom laat glo daar is hoop.

As jy dit nie het nie is jy nie volkome mens nie. Dis die konneksies tussen mense en die nuwe vriende wat jy maak, die betekenisvolle tye saam, wat ongelooflik is. dis daardie geselse en saamsoek na dieper waarheid wat jou 'n adrenalien vir die lew emoet gee.

Saterdag het ek saam met close Blou Bul vriende voor die TV gesit. My skoonpa was ook daar, hy is 'n groot Shark ondersteuner, maar na die tyd kon ons lekker saam lag, braai en chocolate koek eet, hoewel daar soms 'n onderdrukte woede was tussen ons gedurende die game.

Hierdie soort ervarings kom nie sommer so elke dag nie, en dis waaroor rugby gaan en meer nog: dis waaroor menswees gaan. En dis vir hierdie soort gawe van menswees wat Victor Matfield saterdag raakgesien het en aan die Here kon dankie sê. Meer nog: die Bulle wat kringetjie maak na die verloor om dankie te sê en geluk te sê aan die Haaie. En dan jou opponent die kans te gun om sy oorwinning te vier. Ek was nie daar nie maar ek het spontaan begin hande klap.

Ek is nie die wêreld se mees godsdienstige ou of groostte heilige christen nie, maar wanneer ek woorde soos daai hoor en sien hoe 'n span hul nederlaag hanteer, dan leer dit my en my kinders ook iets van die lewe wat so kosbaar is wat ons gratis gekry het: is om elke oomblik te geniet en mekaar te waardeer.

Dankie Victor en jou manne dat julle die Goeie Nuus so beliggaam!
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, October 27, 2008 - 09:40
47. BOER, wat my bietjie afsit is die "warm onder die kraag" spel van die Du Plessis broers...hulle kan ons serious punt kos as hulle nie hulle humeurtjies bietjie in toom begin hou nie...ek het niks teen 'n harde game nie, maar ek is anti-vuilspel. Moet se Guthro het vi my sy hart uit gespeel...en ek is nie eens 'n fan van hom nie..

AAN WICKUS, V en gesin...baie sterkte daar in die verte!! Wickus, van 'n groot Sharks fan, die span wat jou kry is baie gelukkig! Soos die Rapport gister gese het, hulle kry 'n ou wat altyd 100% gee!
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 09:44
48. Zet ek is net bly my span laat my nie 12 jaar of 29 jaar wag vir 'n beker nie die lewe gaan aan , ek wil net gal braak Kaplan was konstant swak na beide kante toe ek blameer hom nie vir die verloor nie , maar ek begin glo die konstante kritiek vanuit Aus en NZ gemik na Kaplan is beslis nie suur druiwe nie. Hy is na my mening nie op standaar nie
Posted by BloubulindieBoland (Ashton) Monday, October 27, 2008 - 09:49
49. Altyd n Bul baie geluk aan die Haaie op die dag was hulle die beter span.
Wonder soms hoe spelers toegelaat kan word om met bloed te speel (Steyn) is daar nie reels wat moet geld vir sulke dinge nie, die skeidsregter het hom toegelaat om te skop en net verder aan te gaan, geen uitewerking op wat gebuer het nie, maar daar is 29 anders ouens wat potensieel kan moeilikheid kry waneer hulle kontak maak..

Dit was nie lekker om te sien die Bulle word uitoorle in byna elke deel van die spel nie, en ons het besonders baie werk na volgende jaar. Hoop die rys doen die manne goed en dat ons volgende jaar n vol kabinet sal he met super 14 o/21 en die geliefde Curriebeker. Dit is nou weet tyd dat ons wen!
Posted by Luke13 (Beyers Park) Monday, October 27, 2008 - 09:53
50. Nee dit is so BBindieB ... ek dink Kaplan se tyd is verby... hy mis baie goed. Die Bulle se flanke het bv. by meer as een geleentheid van die skrums weggebreek en hy het dit nie gesien nie - iets wat baie maklik is om raak te sien.

Wat my bekommer is nuwe geslag refs.... daar is werklik net 1 wat die moeite werd is, en dit is Craig Joubert... Marius Jonker is swak, Mark Lowrence kort 'n oogkundige en Willie Roos is skrikwekkend....

Ten minste het Kaplan nie die uitslag van die game bepaal nie... maar soos hulle sê... in die land van die blindes is die eenoog koning!!!
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 09:54
51. Ice, ek het voor die tyd gesê hulle gaan geelkaarte kry. Eintlik moes hulle , maar dit daar gelaat.

Ek is nie swart of wit nie
nie rooi, oranje of blou gestreep nie
ek bly by die kleur wat ek ken my Ou
en dit is die BLOU.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 09:56
52. Luke 13, sover ek dit het het Frans net klaar geskop, toe is hy deur Barrit vervang vir bloed...kan iemand anders dit bevestig? Hy is eers weer later op die veld.

Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 09:59
53. Mossel : Jou 46 slaan die spyker op die kop. Daar is dinge groter as rugby en die wyse waarop ons ouens die nederlaag hanteer het wys daarop.
Posted by bluepitbull (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 09:59
54. Die outjie wat die o/21game geblaas het, het nie te sleg gelyk nie, wat dink julle slim mense van hom??
Posted by Boer (Van die plaas) Monday, October 27, 2008 - 09:59
55. Nee Ice.... die spel is nooit dood na sy mislukte skop nie, en hy het toe die drie van daar gedruk.... ek kan verstaan dat hy op die veld gebly het - hy het gewag vir die eerste onderbreking.
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 10:00
56. Ja, Wikus - sterkte daar oor die water! Dankie vir die vreugde en die hoendervleis rugby wat jy in die Blou trui opgedis het!! Ons gaan jou mis, jy is `n yster!!!
Posted by Boer (Van die plaas) Monday, October 27, 2008 - 10:01
57. Post 46: Shot, mosselbaaibul!!!!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 10:03
58. Die reël sê as jy bloei moet jy af, hy moes nie eers die skop waargeneem het nie. Maar dis water onder deur die brug, iemand anders sou in elk geval daar gedruk het, dit was `n overlap en oop doellyn.
Posted by Boer (Van die plaas) Monday, October 27, 2008 - 10:03
59. Wat julle BLOU VOLK se van hakers het meriete! Wonder wat is die situasie met Gary Botha?? Hy was die beste haker in die land die afgelope dekade!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 10:05
60. More more lle BLOUE getroues,ja voel of ek n hartomlyning gehad het saterdag! Geluk aan die sharks en geniet die beker. BLOU BULLE (spelers ,afrigter & bestuur span) jammer oor die veloor ons voel dit saam met julle, maar by julle sal ons staan deur dik en dun net soos ons weet julle sal weer in 2009 julle lywe op die spel sit om ons trots te maak!! Dankie vir diw jaar se opofferings wat julle gemaak het dit word opreg waardeer, sterkte vir volgende seisoen en mag julle en julle gesinne n welvediende rus kans saam geniet!!! Oom Bergbok baie geluk met die verjaardag mag om vele seninge ontvan van bo,
BLOU BUL groete aan alma!!!!
Posted by ALS BLOU (Vanderbijlpark) Monday, October 27, 2008 - 10:05
61. Stem oor #46.
Baie goed Mossel. Dis wat die politici nie verstaan nie, sport is baie meer as wen of verloor, dis iets wat mense baie meer leer as net om op die tv te skree. Waardes, tradisies, sportmanskap, liefde tussen `n Pa en sy seun/s ens. Ag man dis mooi!! Daars nie `n beter sport as RUGBY nie!!!
Posted by Boer (Van die plaas) Monday, October 27, 2008 - 10:06
62. Boer... wat van onderwater hokkie?
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 10:08
63. Zet
Dit hang af hoe die opponente lyk (GRIN)
Posted by Boer (Van die plaas) Monday, October 27, 2008 - 10:09
64. lol.... hulle lyk almal soos BBindieB...sien post #38!!!!
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 10:11
65. 55 - Dankie Zet
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 10:12
66. Skies Boer... antwoord op #54...ek het nie die 0/21 game gekyk nie - wie het geblaas?
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 10:14
67. ***LMGA*** @ zet!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 10:15
68. Veels geluk Sharks. Julle het dit verdien om vir die eerste keer in 12 jaar te wen. Sou julle verskriklik jammer gekry het as julle weer verloor het.

Volgende jaar gaan die Bulle weer gekiedenis maak. Eerste SA span wat Super 14 en Curriebeker in een jaar wen.
Die Bulle het uitstekend gespeel. Hulle het maar net die gameplan soos altyd vergeet: Gee die bal vir Bryan. Sal maar vir hulle Bok se CD moet aanstuur.

Volgende jaar is Loftus tyd. Is sommer twak die dat ons altyd Durbs toe moet ry vir 'n final. Kan nie wag om weer vir Jaco van der Westhuizen te sien speel nie. 2009 die jaar van die BUL.


Posted by Boegie (East London) Monday, October 27, 2008 - 10:25
69. More Zet. Jou skrywe #23.

Nou hoe sal jy die probleme oplos wat jy identifiseer het? Ons moet darem realisties wees, waar kry ons 'n beter vaskop en losskakel vir 2009? IMO maak die Bulle te veel foute deur spelers te maklik vry te stel. Derick bly vir my 'n beter losskakel onder druk en met die Bulle se spelpatroon. Hy is nou weg. Die Unie het heeltyd gehoop Richard Bands gaan speel wat nooit realiseer het nie. Danie Thiart is verlede jaar al laat gaan, hy was 'n beter skrummer as Werner of Ryno.

Trompie soek 'n R750 000 kontrak - nadat hy een goeie dag beleef het. John is 25, en ek stem dat hy aan sy spoed moet werk. Akona is darem vinniger. Ons kort 'n Ray Mordt, wat ons waar gaan kry? Ek is baie anti-buitelanders. Die Fidjiaan kon nie die WP red nie. Senter? Tot iets beter opdaag, stem ek vir JP Nel.

Die feit is dat spelers die kus spanne verkies oor die "lifestyle" daar. Die Bulle en ander "binnelanders" moet maar die jonges kontrakteer en hoop dat die belegging sal ontwikkel in iets fenominaal. Ons as ondersteuners het nie lus om wag tot dit gebeur nie. Die enigste oplossing is om die spelers langer te kontrakteer, en dan kry jy 'n Lobberts wat jy nie wil he nie, maar moet betaal.
Posted by JB 007 (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 10:26
70. #10 - Dankie oom LB. dis darem so bietjie troos...
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 10:34
71. BULLE

Ek is baie trots op julle. Julle het nou nie die game gewen nie maar daar is heen Shark wat sy huis op die psel sou sit tot die eindfluitjie geblaas het nie. Julle het nooit tou opgegooi nie. Julle het mys self meer beindruk na die game deur eer aan die Here te gee en julle opponente erkenning te gee.

Ek is teleurgesteld in Johann Muller en John Plumptree. Julle het julle stofasie gewys deur nie een na die Bulle se aandeel in die skouspel te verwys in julle oorwinnings toespraak nie.
Posted by Wahoo (Cape Town) Monday, October 27, 2008 - 10:36
72. #45
No man....
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, October 27, 2008 - 10:50
73. #72 WHAT????
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 10:53
74. Presies soos jy se Wahoo @ 71. Nie net in hul oorwinning bring hulle aan hul Skepper die eer nie(S14 laas jaar) , maar ook in hul nederlaag , sulke dinge maak my ongelooflik trots om 'n BUL te wees. Daar is geen beter span as die BULLE nie !
Posted by BloubulindieBoland (Ashton) Monday, October 27, 2008 - 10:54
75. Gelukkige verjaarsdag Mnr Bergbok. Mag jy en jou familie 'n geseende jaar he vol voorspoed en geluk.
Posted by JB 007 (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 10:54
76. ***LMFGA***
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, October 27, 2008 - 10:55
77. JB007,

Stem saam - waar kry ons beter spelers?

Ek dink Werner sal op vaskop regkom - hy gaan net tyd nodig hê.
Morne is die beste losskakel wat ons het - ek dink net Burton kan beter word met ondervinding.
Stem saam oor JP Nel - maar maak Dippenaar groot.
Op haker kan Chilli regkom as hy meer speeltyd kry.

In kort dink ek nie ons hoef nuwe spelers te koop nie - ons moet die jong oukies wat die 0/21's gewen het grootmaak.
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 10:56
78. Only joking ICE.
Will mail jou my address....
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, October 27, 2008 - 10:57
79. #78...Okay...now you owe me 2 out of the 3....*grin* (very relieved grin*
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 10:58
80. Ja....
I just don't learn hey?
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, October 27, 2008 - 11:00
81. Goeiemôre al my blou-blou vriende(en ICE die ordentlikste Shark ondersteuner wat op die blog is)
Ja vanoggend lek ons die wonde, en tereg so. Die Haaie was ons baas en basta. Ek is egter steeds so trots op die Bulle dat my borskas kan ontplof. Die manier waarop die Bulle die verloor hanteer het, spreek boekdele van hul karakter. Ek sou heelwat meer respek vir Johan Muller gehad het as hy sy weg kon oopsien, om op dieselfde wyse op te tree.
Oor die wedstryd self kan baie gesê word. Die Haaie was duidelik baie meer desperaat om hierdie wedstryd te wen as ons. ‘n Verloor sou baie meer katastrofies vir hulle wees, en mens kon dit sien in die dringendheid waarmee hulle gespeel het. PUNTE vir julle dat julle onder sulke druk kalm gebly het en vasgeklou het.
Ek is nie oortuig dat Frans Steyn die speler van die wedstryd was nie. Stefan Terblanche en Jean Deysel was strate beter. Die Haaie het hul besit beter beskerm en het beter saamgespeel.
Die Bulle het onder soveel druk, nooit aan die gang gekom nie, en gesukkel om momentum te bou. Gegewe die feit dat die Haaie meesters is om die bal te vertraag, het ons losballe baie kere te lank gevat om uit te kom. Dit het veroorsaak dat ons staan-staan moes probeer om die bal vorentoe te neem. Op die grond was die Haaie ook baas, suiwer vanweë hul groter getalle by die afbreekpunte. Deon Stegman het egter gewys dat hy nie bang is vir die groter ouens op die grond nie, en gaan nog een van ons groot name word.
As ek moet sê wat ons grootste remskoen was Saterdag, is dit die feit dat ons anders as normaalweg, paniekerig begin raak het. Met tye het ons goed begin momentum opbou, en kon Fourie vinnig skoonmaak. In plaas daarvan om dan net aan te hou vorentoe speel, tot ‘n gat iewers oopgaan, het ons te gou ongeduldig begin raak, en een-een prober gate maak. Ons het tog nou al so baie keer gesien dat as ons geduldig is, ons wel geleenthede kan skep. Saterdag het ons net nie lank genoeg gewag daarvoor nie.
Almal het reeds die kwessie van taktiese skopwerk opgehaal, en ek kan net sê ditto. Morné is nie ‘n goeie taktiese losskakel nie. Die afgelope vyf of ses wedstryde al, het ek gesien hy skop nie takties korrek nie. Sy diepskoppe is meestal reguit heelagter toe, in plaas daarvan om die vleuels onder druk te plaas. Hopelik sal Vlokkie dit ook opmerk, en hieraan aandag gee.
Ek stem nie saam oor Rayno Gerber nie. Hy is ‘n goeie skrumwerker. Daar is heelwat faktore wat ‘n invloed kan hê op die individuele vertoning van ‘n stut in die skrum. Dit hang baie keer af van wie agter jou skrum. Die verskil in skrumtegniek tussen Wikus en Steggies(wat gereels omruil by die skrum), het ‘n beduidende invloed. Daarby het ons te veel gesien hierdie jaar dat ons flanke nie die heeltyd skrum nie. Daarom dat Pierre Spies soms onder druk was agter die skrum, om die bal op te tel. Een faktor wat grootliks hierdie jaar deur skeidsregters misgekyk is, is die bindwerk van die loskopstutte. Rayno is ‘n baie direkte skrummer. Hy gaan baie direk in op die loskop, wat die wêreld vir hulle moeilik maak. In die meeste wedstryde hierdie jaar, het die loskoppe met die inslaanslag eers op die grond gedruk om hulself te stabiliseer, voordat hulle met Rayno probeer bind het. Dit was selde gestraf. Trouens Rayno is meestal gestraf vir oortredings van die opponerende loskop. Indien die Loskop nie dadelik bind nie, kan die vaskop nie bind nie, want hy moet bo-oor die Loskop se arm bind. Dit is die rede waarom ons skrum so baie na die vaskopkant toegeval het. Saterdag is Beast menigmaal gewaarsku deur Kaplan dat hy moet reg bind. Rayno was nooit gewaarsku hierdie seisoen nie. Hy was telkens net gestraf. Meestal verkeerdelik. In die semi’s, toe Wian du Preez reg bind, het Rayno hom gebuig. Dat Werner ‘n briljante toekoms gaan hê, staan nie te betwyfel nie. Maar moenie vir Rayno te gou weggooi nie. Hy is ‘n yster.
Die een ander onverklaarbare aspek van Saterdag se wedstryd, is die feit dat ons so min prober kompeteer het op die Haaie se ingooi by die lynstane. Die een plek waar ons hulle kon ontsenu, het ons deur ons vingers laat glip.
Dit gesê, is ek steeds trots op die Blou passie wat so sterk gestaan het, toe die Bulle vlaag op vlaag op vlaag aanvalle gestuit het. Dit is net eenvoudig GUTS. Dit is hoe ek verloor AS ek verloor. Met GUTS.
Mooi so manne. Julle verdien elke Blou Bul se ondersteuning.
Aan die Sharks wat die laaste paar dae hier kom uitkamp het en ons gebombardeer het met die een vieslike aantuiging en opmerking na die ander. Gaan kruip terug in die gutter waaruit jy eerste keer gekom het. Hier word rugby gepraat, nie beledig nie. Van die goed wat julle hier kwytgeraak het, is uiters lasterlik en in terme van die Suid-Afrikaanse reg, strafbaar. Dit is onsmaaklik en getuig van swak sportmanskap en swak karakter. Swak karakter, word nie reggemaak deur die wete dat julle die Curriebekerkampioene is nie. As Blou Bul ondersteuners julle in die verlede te nagekom het, ditto vir hulle. Ek haat Blou Bul ondersteuners wat hulle nie kan gedra nie. Maar dit wat julle hier kom kwyt raak het die laaste paar dae, is lag, laakbaar en kinderagtig. Ons het nog altyd lekker gestry en gedebatteer met die ondersteuners van ander spanne op hierdie ONS blog. Julle is altyd welkom hier, maar onthou hierdie is ONS huis. As jy hier wil kom moeilikheid maak, gaan jy waai. Ons hoef nie met moeilikheidmakers in ONS huis opgeskeep te sit nie.
Groetnis almal. 2009......hel ek kan nie wag nie.






Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Monday, October 27, 2008 - 11:01
82. Hallo die Blou en Ice.

Geluk aan die Sharks wat op die einde van die dag beter was.

Blou Bul span,baie dankie vir n jaar van baie opwinding.Ons Bul support sal altyd daar vir julle wees.Wikus ons hoop dat jy die regte besluit gemaak het en voorspoed wens ons jou toe vir jou rugby loopbaan.

Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 11:04
83. 80...Could have gone either way...

Hey Judge! My MOM was ook Stefan...mens kan die ondervinding in sy spel sien (al se 'n paar ouenes hier Morne het hom gevoer)..
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 11:08
84. More almal

Mosselbaaibul se post 46.
Jy is 100% in die kol. Na die Wedstryd was dit vir my 'n openbaring hoe Victor, Fourie, Wikus en Johan Muller al die eer aan die Here gee. Hulle is waardige rolmodelle vir al die jong mense en kinders vir wie hulle helde is, en dis wonderlik om te sien hoe hierdie manne nie skaam is om hulle geloof uit te leef nie.
Ek onthou hoe ek as 'n seuntjie na rugbyspelers opgekyk het, Die Bul senter Pieter Nel was my held, omdat ek ook senter vir my skool se onder 11 span gespeel het. My Pa is 'n groot Leeus ondersteuner maar het tog besluit om sy bulletjie Loftus te toe te vat vir die Curriebeker finaal in 1990, my eerste wedstryd op loftus. Pieter Nel het natuurlik sy hakskeensening beseer toe hy opdraf, en die Bulle het verloor, so dit was beslis een van die terleurstelledste dae van my lewe. Maar ek het daardie dag op Loftus besef hoe lief ek rugby het.
Argumente op hierdie blog raak soms onnodig warm en ek erken ek is een van die groot skuldiges.
Mosselbaaibul die foto van die 3 du plessis op Rapport se voorblad het my ook aangegryp. 'n Pa wat nie die trane van trots oor sy seuns kan keer nie, al is dit in 'n Sharks trui is vat aan 'n man, en wys weereens dat ander spanne en ondersteuners maar net dieselfde as ons is.

Geluk aan die Sharks. Julle is waardige wenners. En die Bulle, julle het met groot eer uit die stryd getree, ek is baie trots op julle.


Posted by blouHenk (PE) Monday, October 27, 2008 - 11:11
85. Judge, dankie - 'n goeie perspektief. Ek sê weer, ons voorries was onder druk en dit het die agterlyn en Fourie en Morne nadelig geraak.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 11:14
86. Behalwe Habana, het die agterly goed verdedig.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 11:18
87. Blouhenk, ja ons almal is maar skuldig. Ek stem saam ons moet maar kalm bly partykeer.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 11:20
88. Goeie More Bulpeeps

Kan iemand dalk vir my se wie gekies is vir die bokke?
Posted by Soekie (Baby Blue) Monday, October 27, 2008 - 11:20
89. Ek wil 'n lansie breek vir Johan Muller en John Plumtree. Ek glo nie hulle het enigsins bedoel om die Bulle te na te kom met hulle toesprake na die tyd nie. Mens kon duidelik sien hulle was albei geweldig oorweldig deur die oomblik. Het enige iemand gesien hoe die Bulle en Sharks spelers mekaar omhels na die wedstryd toe hulle blad geskud het? Die spelers van die onderskeie spanne is duidelik groot vriende en daar is wedersydse respek. Dis baie keer net ons ondersteuners wat nie so goed oor die weg kom nie.
Moenie Johan nou oordeel oor sy toespraak nie, hy is 'n nederige mens, en hy het ook soos Victor die eer aan die Here gegee.
Posted by blouHenk (PE) Monday, October 27, 2008 - 11:21
90. Ons kort agterlyn afrigter wat spesifieke posisies kan afrig, soos senterspel. PR is goed, maar hy was self 'n vleuel.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 11:22
91. Ek voel jammer vir Wynand en Steggies dat hulle nie die Springbokspan gehaal het nie, maar julle kans sal kom.
Posted by Rustig (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 11:25
92. Baie geluk aan die Sharks. Op die dag het julle verdien om te wen. Julle het julle kanse beter gebruik.

Bulle….julle het alle verwagtinge oortref…ek is so TROTS op julle. Julle het nooit opgegee nie. In my oë is julle WENNERS!! Die feit dat julle tot die laaste probeer het…julle kan julle koppe gerus in die lug hou!!

Ons is VERSEKER volgende jaar weer op Fort Loftus. Ons sal verseker ons seisoenkaartjies hernieu. Ek kan nie wag vir 2009 nie, dink net wat julle dan kan bereik.

"Al het ons Saterdag NUL….
Ek bly 'n BUL!!!!!!"

Aan al die Bul ondersteuners & Spelers:

We win TOGETHER
We lose TOGETHER
BLUE BULLS ……..FOREVER!!!!
Posted by Bulletjies Bo (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 11:25
93. Goeiedag Almal
Eerstens geluk aan die sharks julle verdien dit
Tweedens Baie dankie aan die Blou Bul unie en spelers vir nog n suksesvolle seisoen,hopend dat ons volgende jaar weer die oorheersende span miskien op S14 en C cup vlak sal wees.Die verloor maak seer,maar die toewyding en respek wat ons spelers op die veld getoon het het my laat besef dat alles nie net oor wen gaan nie.Dankie aan ons jong spelers wat gewys het dat hulle kan teen die seniors huule man staan.dankie.
van Dan.
Posted by mon17lcd (cape town) Monday, October 27, 2008 - 11:45
94. Die sharks was die beter span op die dag, maar die bulle het ons nie in die skande gesteek nie. Hulle het baklei tot die einde en ons laat hoop tot die bitter einde.

Victor se toespraak het my so trotse laat voel! Die manier waarop die manne verloor het boekdele gespreek.

My bloed bly altyd blou, dankie vir 'n great seisoen manne!!!!!!!
Posted by Bloubloedmeisie (Sundra) Monday, October 27, 2008 - 11:45
95. Goed gesê blouHenk
Posted by BITE*ME (SHARK TANK) Monday, October 27, 2008 - 11:46
96. Goeie Dag amal

Laat 'n fransman ons so kom opneuk... Dis sharks was die beter span en as gevolg daarvan moet ek al my hare laat afskeer vanmiddag, maar ek bly nog steeds 'n bul my hare sal terug groei vir die volgende finaal. Ek stem saam met #92.

We win TOGETHER
We lose TOGETHER
BLUE BULLS ……..FOREVER!!!!
Posted by Choppie (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 11:48
97. Judge - baie goeie opsomming maar ek wil nie heeltemal met jou saam stem oor Gerber nie. Net 'n gedagte Morne sal moet leer om in sy kwartgebied verder terug te staan om beter te kan skoonmaak vanaf 'n skrum - sy spel kan verbeter hy het egter nodig om 'n totale loskakel te word. Oor JP wil ek se dat dit my persoonlike opinie is dat ons van hom moet vergeet hy gaan nie die langtermyn oplossing op buitesenter bied nie - wat die antwoord is weet ek nie werklik nie. Aan die unie julle het drooggemaak om nie iemand soos Juandre Kruger te behou nie
Posted by Realistix (Kempton Park ) Monday, October 27, 2008 - 11:50
98. The forwards determine who wins the game and the backs determine by how many points, Saterdag was 'n perfekte voorbeeld van hierdie teorie, geluk aan die Sharks en al was ons nie die wenners nie wil ek nogsteeds dankie sê aan die bulle, julle het van 2002 af in 6 finale van die Curriebeker gespeel en ons was 4 van daardie kere aan die wenkant.

En aan al die anti-bulle, ek sal nie my trui uitrek nie, ek sal nie vir 'n ander span skree nie, ek sal nie erken dat die Bulle pateties is nie, WEN OF VERLOOR, EK BLY 'N BUL!!!!!
Posted by Blou_Bloed_Seun (Pretoria_(Loftus)_oppie_middel_lyn) Monday, October 27, 2008 - 12:10
99. Geluk aan die Sharks,hulle was die beter span op die dag!
Posted by BLOUALLENT (CAPE TOWN) Monday, October 27, 2008 - 12:13
100. Ek stem regtig nie saam oor die voorry issue nie. Ou Rayno word week na week geskrum. Ek wil nie lelik wees nie maar 'n mens hoef net na hom te kyk as hy of die veld draf om vertroue in hom as 'n eersterangse vaskop te verloor. Werner is ook nie die antwoord op die oomblik nie. Wedstryde word in die voorry gewen of verloor. Spies en kie was totaal geneutraliseer. On kort 'n haker en 'n vaskop wat gesag kan afdwing anders sien ek swarigheid vir ons vorentoe. Op losskakel sal ons vir Burton Francis meer speelgeleentheid moet gee. Ek weet nie eintlik wat om van hom te verwag nie. Na alles bly ons nogstteds blou - nou en vir altyd.
Posted by Rietrot (Kempton Park) Monday, October 27, 2008 - 12:26
101. Sooi Brandt

Ek stem nie saam oor Stegman nie, hy is 'n klassieke fetcher soos Phil Waugh, en kan net beter word.
Heindrich Brussouw verdien egter sy plek deur en deur. Ek het lanklaas 'n jong speler met so 'n groot hart gesien.
Posted by blouHenk (PE) Monday, October 27, 2008 - 12:46
102. BLOUBROERS

Geluk Sharks. As Bloubul in murg en been maak dit my seer om dit te moet se maar ek is van mening dat die Sharks die volgende 2 of 3 jaar die rugby toneel gaan oorheers in SA.

Die Bulle sal bietjie moet bou. Bakkies sal seker weer volgende jaar reg wees maar ek wonder of ons nie uit die boks moet dink en Jaco Engels op haker moet speel nie met Kuhn wat terug skuif flank toe nie.

Die meeste posisies is goed gedek dis maar net op senter en losskakel waar ons probleme gaan he as daar beserings gebeur want die ervaring daar is effe dun.

Maar ek glo dat ons volgende jaar weer kompeternd gaan wees, die probleem is net dat die Sharks 'n baie baie goeie span bymekaar het wat nog lank gaan koning kraai
Posted by bloubefoeterd (pretoria) Monday, October 27, 2008 - 12:55
103. Frans Ludeke het meer reg gekry in sy eerste jaar van afrigting by die bulle as wat HM reg gekry het, ek voel dat Frans moet die kans gegun word om homself volgende jaar te bewys, hy het 'n grootkop probleem onder die WC spelers uitgekry en tot in 'n finaal deurgedring van die moeilikste kompetisie in die Suidelikke halfrond.

Die feit dat ons die finaal verloor het was nie die afrigting nie maar deurdringendheid, die spelers moet hulself vind en daar is nogsteeds 'n "ek is beter as jy" gogga wat in die koppe van van ons spelers is, Victor moet terug op form kom, alhoewel hy Saterdag goed gespeel het, was hy nie naastenby die Victor wat ons ken nie, Fourie moet ophou rondkyk twak rook agter die skrums en vinniger skoonmaak, Burton en Tiger moes op die veld gekom het toe dit crunch tyd was, die vars bene sou goed gewees het, dan kon Morne eerder nr 12 toe geskyf het en Wynand 13 toe, Marius het goed begin, maar hy het 15 min lank nie juis Marius Delport rugby gespeel nie, Zane was baie goed onder hoë balle maar sy teenaanvalle was maar baie voorspelbaar, dit is waar jy die onvoorspelbare bene nodig gehad het, en daai bene is aan Tiger se lyf vasgemaak.

Buiten die feit dat daar nie goeie taktiese skoppe was nie, was daar te veel skoppe, Burton kan goed takties speel en het al gewys hy kan in crunch tyd shine, verder is daar nog baie te sê oor die game, maar dit is maar vir ons as ondersteuners net spekulasie, op die ouend moet ons net ons blou truie aantrek en skree en ondersteun soos dit al die laaste 70 jaar gebeur het, dankie vir 'n rowwe en opwindende jaar van rugby, ek persoonlik sê jammer vir Frans Ludeke dat ek hom so gekritiseer het, hy was goud werd op die ouend, en hy moet asb bly vir so lank as moontlik, selfde gaan vir Slaptjips, sien julle volgende jaar vir 'n grooooooot S14, ons sal die vendetta teen die haaie ook volgende jaar klaar maak!!!!
Posted by Blou_Bloed_Seun (Pretoria_(Loftus)_oppie_middel_lyn) Monday, October 27, 2008 - 12:58
104. Helloooooo Bloues

Happy Birthday Bergbok.

Ag nou ja wat kan ek sê vir my is die verloor 'n bitter pil om te sluk en ek gaan nie verskoning maak vir hoe ek voel nie my hart is seer en my oë dik gehuil einde van storie.

Ek is trots op die ouens dit was so amper in daai laaste paar sekondes of ons het weer daai beker weg geraap.

Nou vir die super 14
BLOU BULLE BO!!!!!!!!!!
Posted by blouheks (100%BLOUBUL) Monday, October 27, 2008 - 13:02
105. Hi Sharkster - she's great! At 16 months she was jumping up and down and screaming on Saturday...i was so proud!! *grin*
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 13:09
106. Johan Muller kan nie kwalik geneem word dat hy ons Blou Bulle vergeet het nie!!!!hy leer dit immers by sy span bestuur.

Het julle ander Blou Bulle wat Saterdag daar was ook weer agtergekom dat ons Blou Bul spelers se name soos velede jaar met die S14 nie voor die game gelees is nie?Nou wil ons vir Johan kruisig oor swak maniere,n mens leer tog onder ander se voorbeeld.

By die Blue Waters hotel stap ek en my Leeu pel Pikkie in die eet lokaal vir ontbyt,ons hoor iemand gil O MY %F@*,almal kyk verward rond,soos ons dink die ander ook iemand het sy warm koffie op hom uitgegooi.Nee verkeerd,dis toe n Choker wat ons op dai manier begroet.Sy vrou wat n Bul ondersteuner is weet toe nie waar om haar kop in te druk nie.

Aan ons Shark pelle wat van Witbank en Pretoria saam ons gekuier het,julle was puik gewees,Dis die Durban scrap wat julle ouens n swak naam gee.

Webbie dankie dat jy die skuim uitgesort het.!!!!!!!!!!!!
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 13:18
107. Blou Dino

Los vir Johan uit, soos ek vroeer gese het ek is seker hy het dit nie so bedoel nie.
Posted by blouHenk (PE) Monday, October 27, 2008 - 13:36
108. Nou wie het jou hok geskud???
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 13:40
109. Dagsê almal!

Eerstens aan die Sharks, baie geluk met 'n puik seisoen en die beker in die kas, julle verdien dit. Dis net jammer julle het nie met 'n forward pass gewen nie, dit sou die oorwinning selfs nog lekkerder gemaak het!!

Aan die bulletjies, "no points for second best"!! Dis snaaks hoe julle nie kan wettige tries score nie nè! Maar op die ou einde het julle toe net mooi niks om te wys vir die "ref se hulp" in die semi's nie!! Julle era is verby, soos ek al einde verlede jaar gesê het. Maak julle maar reg vir die maer jare wat voorlê.

Hel dis weer lekker om in Pretoria te bly...
Posted by Vrystater! (pretoria) Monday, October 27, 2008 - 13:40
110. Stem Henk...Jo is 'n great ou, ek dink werklik hy was net oorweldig deur die oomblik...miskien moet julle vir Victor et al vra of hulle ook soos julle vinger wysers voel... Ek kry die gevoel dat julle nou iets anders soek om iemand oor the kastei en nou kom julle met sulke snert na vore..nee, man - julle ouens en girls hier het julle vandag baie nice gedra (dankie vir al die gelukwense) dis GROOT van julle...so ander, moenie hierdie mense nou skade aan doen nie...onthou mense wat in glashuise bly moenie klippe gooi nie..
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 13:44
111. Vrystater,jou bek is lekker groot vir iemand wat niks kan wys nie,nie eers een beker nie.lol
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 13:44
112. Dankie julle,ek waardeer dit opreg!!!!!Mag ons spanne volgende jaar die toneel oorheers!!!!
Posted by Bergbok (Stormers) Monday, October 27, 2008 - 13:44
113. Tripple Snap!!!
Posted by Bergbok (Stormers) Monday, October 27, 2008 - 13:46
114. Ice,ek het glad nie vir Johan kwalik geneem nie,hy het net gewoond geraak aan die swak bestuur se styl.Johan is eintlik n great ou.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 13:48
115. Aan al die ondersteuners van rugby spanne vir wie sukses nie so dikwels kom soos vir ons geliefde Bulle nie: julle leë woorde en belaglike beskuldigings is soos water op die rug van die Blou Bul!!

Ek vind julle so pateties soos die rugby wat julle onderskeie spanne mee verloor!
Posted by Joe-ZA Monday, October 27, 2008 - 13:49
116. Bok,is jy ook hier.??

Baie geluk met jou verjaardag,mag jy nou double!!!
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 13:49
117. Dino...iemand anders het boontoe 'n snedige aanmerking gemaak - ..ek dink ook nie die bestuur is so swak nie..

Wats die storie met die name?
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 13:51
118. Vlekkie (post 6) jy's verkeer ou maat. Dit is nie die tweede jaar agtermekaar dat die Bulle in die Finaal verloor nie. Ons het verlede jaar op 'n nat Bloemfontein teen die Cheetahs in die Semi's verloor. Derick het nog 'n skop hoog deur die pale gejaag, wat deur die grensregters en skeidsregter as mis aangegee is. Na die wedstryd is egter bevind dat die skop wel oor was, maar dit het ons die game en die finaal gekos. So sorry.

Sharks 100 (post 113) as jy mooi gaan kyk was die bal duidelik tussen ons speler se bene (Bismark kon dit maklik uit kry), die reël sê jy mag nie op 'n speler se gewrigte of enkels trap nie. Gaan kyk weer.....hy het nie getrap NABY die bal nie.....dit was duidelik 2x op ons speler se enkels.
Posted by Bulletjies Bo (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 13:52
119. Shark o,wat is jou probleem.

As julle verloor is julle dikbek,as julle wen is julle dikbek en warra,warra nog vir n week oor die ref.WAT SAL JULLE GELUKKIG MAAK!!!!
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 13:54
120. Ice,dit is goeie maniere om die besoek span se name ook te lees,nie net jou eie span sin nie.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 13:56
121. Ja,Dino........Is hier !!!!Lees maar wat jul te se het!!!En dankie hoor!!!
Posted by Bergbok (Stormers) Monday, October 27, 2008 - 13:57
122. En dit was ook nie net vergeet nie,dit is doel bewus.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 13:57
123. Bergie gaan seker n groot braai gooi??
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 13:59
124. Sharks 100 (113)

Nou verstaan ek als!
Die reël sê jy mag die BAL uit trap, ja, maar die reël sê ook dat jy op GEEN gewrig van 'n speler MAG trap nie!!!
En dit is presies wat Bismarck gedoen het!!
Hy het eers op sy gewrig gespring en toe dit nie werk nie, sommer op die enkel ook!!!
DIT volgens die reëlboek is 'n ROOI kaart oortreding!!
-1 vir Kaplan en die Sharks daar!!

Nog 'n gevalletjie is die blatante kopstamp van Kankowski!!
Volgens die reëlboek weereens 'n ROOI kaart oortreding!!!
Nog 'n -1 vir Kaplan en die Sharks!!!

En dan praat ons nie van Steyn se bloedbesering waar hy gevra is om die veld te verlaat nie, maar nogtans aanhou speel het!!!

Waar trek ons nou?
-3 Kaplan en die Sharks...??
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, October 27, 2008 - 14:01
125. JA,het dit gister gedoen....!!!!
Posted by Bergbok (Stormers) Monday, October 27, 2008 - 14:02
126. 121..nie geweet..

BERGBOK - Happy happy!
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 14:02
127. Bulversie,dankie vir dai een,maar ek wonder of hy dit sal verstaan,hy is maar aan die stomp kant.lol
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 14:05
128. Bulversie...en die hoogvat op Deysel? En die break van Kankowski wat gestuit is nog voor hy 2 meter kon vorder as gevolg van flanke wat nie behoorlik bind nie, en dat dit ok is om Sharks in die lug te tackle maar nie anders om nie...nee wat bulvers - die ref het na albei kante toe foute gemaak....en weereens die TV ref wat nie korrek op vrae kon antwoord nie, dat tot 'n bulondersteuner so verbaas was deur die ref se besluit?? Dis 'n visa versa ding die...we got some, you got some, we lost some, you lost some...
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 14:10
129. Ja-nee Dino,

Hy glo seker nog in kersvader en die tandemuis ook.....!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, October 27, 2008 - 14:10
130. Ice,

En die onkantspel van Kankowski nadat Ndugane die bal geraak het...? Die blatante afslaan van die bal toe Kirchner die bal vir Habana wou pass....?

Ja, daar was foute na albei kante toe, maar sulke ooglopende foute soos 2 rooikaarte van dieselfde span wat gemis is......?

Nee wat, die Bulle was nog nooit so gelukkig om met sulke oortredings weg te kom nie..!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, October 27, 2008 - 14:13
131. Ek sien ons word al klaar geskop terwyl ons lê, die feit dat die Bulle verloor het beteken nie julle wat hier strooi praat het hom gewen nie, ons het ons verloor erken en ons wil nie moeilikheid maak nie, en Vrystater, die Sharks kom nie van Bloem af nie, so jy het niks om oor opgewonde te raak nie, die span wat jy beledig is die span wat julle lieg en bedriegspul van 3 jaar laat oplos het soos suiker in kookwater, so moenie eers begin oor wedstryde onwettig wen nie, ek is seker ek kan 'n best seller skryf van al die wedstryde wat julle al "gesteel" het. Weereens geluk aan die Sharks, en net die Sharks, nie die vrystaat, leeus, wp, griekwas, luiperds, kavaliers, valke, griffons, pumas of enige ander span nie!!!!!!!
Posted by Blou_Bloed_Seun (Pretoria_(Loftus)_oppie_middel_lyn) Monday, October 27, 2008 - 14:15
132. JB007, jou skrywe in 69;

Ek stem (natuurlik) saam met jou. Die BBRU laat te veel goeie spelers gaan. Gary Botha was 'n uitstekende haker, 'n Springbok haker, en daar is fouteer deur hom te laat gaan. Daar word nou weer fouteer deur Wikus te laat gaan; ek persoonlik dink hy het nog een goeie seisoen in hom.

Derick Kuhn speel goed, maar sal nooit die wêreld aan die brand speel op haker nie; ditto vir Chiliboy.

Derick Hougaard, die mees onderskatte speler van SA, se gaan laat ons met baie probleme. Ek weier om weer betrokke te raak in die Morné vs. Derick debat; elkeen het sy unieke kwaliteite.

Bitter min van julle sal egter daarmee stry dat Derick 'n toetslosskakel in die formaat van Naas Botha is, en dat Morné nie dieselfde drukverligting van eersgenoemde 2 kan toepas nie.

Eergister se eindstryd was meer soos 'n toets, en ek dink die kondisies sou Derick soos 'n handskoen gepas het. Sou ons met hom daar kon wen; wie weet.

Die Sharks het Saterdag gewen deur Bloubul rugby te speel; daar was ongelooflike druk op ons pak, en dit het deurgevloei na die 8ste man, skrumskakel, losskakel, ens. Ons agterlyn is dus basies neutraliseer, en ons kan die 'desperaatheid' van hulle sien deurdat hulle uit die kwart gebied begin hardloop het.

Ons het ook eergister die verskil tussen 'n Springbok voorry en 'n provinsiale voorry gesien; die Bulle se stutte kan nie werklik in dieselfde asem as die Sharks s'n genoem word nie.

Posted by Joe-ZA Monday, October 27, 2008 - 14:17
133. Bulvers...dis die punt - ons kan aangaan en aangaan - daar was foute beide kante...praat jy nou van die "afslaan van Sykes" ? Enigeen kon sien dit was nie deliberate gewees nie en hy'y ook nie geknock nie...maar ek wil nou nie aant stry raak oor sulke goed nie...feit bly staan ek dink die Sharks was hongerder vir die wen en het dit deurgehaak....kyk wat se jou eie Kaptein..
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 14:19
134. Na aanleiding wat vanoggend deur die BLOU BUL kenners uitgespreek is, het ek van die laaste 3 wedstryde wat DIE BUL gespeel het n bietjie gaan loer na clips van onse agterlynspel. Ek maak die volgende afleidings gesien in die lig van hoe sekere spelers "evolve":

Wynand word vir my meer soos n buitesenter; Morne word weer meer van n binnesenter; die vleuels kort n paar klappe dan is hele weer reg en Marius moet die vleueldiepte versterk. Op heelagter is daar genoeg goeie diepte. Ons kort n spesialis losskakel wat BLOU BUL rugby kan speel; die resep wat ons al dekades lank suksesvol maak. As ons n losskakel MOET gaan invoer glo ek moet dit Willem de Waal wees? Sy styl pas by die BLOU BUL en was vermors by die tjieters en word nog verder vermors by die twinkies. KOOP HOM NOU!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 14:25
135. Ek sê nie die Sharks het nie verdien om te wen nie.
Het dit al Sat.aand op die blog gesê!

Ek het net vir Sharks 100 'n punt probeer wys!
Want volgens hom moes dit 'n "penalty try" gewees het!

Ek wonder maar net hoe al die Shark-ondersteuners sou reageer het as dit omgekeerd was, veral as ek kyk na die reaksie wat 'n sogenaamde aanslaan in verlede jaar se S14 finaal gekry het.....??

As die Bulle dit gedoen het, is hulle uitgekryt as vuil spelers wat tot vuilspel moet oorgaan om te wen.

Maar doen enige ander span dit, is dit maar net deel daarvan om jou opponent te probeer intimideer, en dus, deel van rugby....!!!

Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, October 27, 2008 - 14:26
136. Joe,stem met wat jy se.

Morne kon nie verligting bring deur die bal nie eers 5 meter ver uit te skop,en dit vanaf n strafskop,geen pressure op sy eie tyd.Ek het amper die stuipe gekry een aand tydens Super sport toe Joost se Morne kan dit maak vir Springbok.

Ek wonder of Jaco Engels nie ook eerder moes gespeel het nie.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 14:28
137. En verduidelik gou vir my hoe mens sien dit was nie deliberate nie??

Want vir my lyk dit maar of hy die bal met opset afslaan, want daar geen poging om hom te probeer vang nie......
Anders sou sy hand na die bal gedraai gewees het en nie van bo na onder beweeg het nie....
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, October 27, 2008 - 14:29
138. Ok Bulvers, gaan nie verder redeneer nie...ek nie lus vir baklei nie! Netnou gee jy my 'n rooikaart! *wink*
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 14:29
139. 138... Omdat EK so se....*grin*
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 14:30
140. Bulversie,dis hoekom ek se,hulle wen en hulle is nog steeds nie tevrede nie.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 14:34
141. Nee wat,

Ek baklei nie so maklik nie!!!

Wat ek eintlik probeer sê is nie dat Kaplan vir die Sharks geblaas het nie, net dat hy nog NOOIT OOIT VIR die Bulle geblaas het nie...!!

Daarvoor hang sy anti-blou onderrok te ver uit!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, October 27, 2008 - 14:34
142. DIno, ek dink dis omdat dit so min gebeur!!!

Hulle weet nie heeltemal hoe om dit te hanteer nie!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, October 27, 2008 - 14:35
143. Ek gaan ook my eie lê, weet nie wie dit ook op getel het nie, met elke vervanging van spelers is hulle name uitgeroep saterdag maar nie die Bulle sin nie, dis nou om terug te kom vir erkenning van die Bulle.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 14:37
144. Ice.

Pasop Bulversie gaan jou ore aansit!!!!!!!sy ken die reels soos min van ons.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 14:37
145. Ice

Ek het eerste die kwessie van Johan Muller opgehaal. As hy net deur die oomblik oorweldig is, is dit goed. Ek hoor egter die oorverdowende stille NOU !!! Victor het intussen al weer in die media sy gelukwense uitgespreek. Is daar nie media in Durban nie?

Jy ken ons sleg as jy sê dat hierdie kritiek is omdat ons net iemand wil kasty. Ek het lankal in my lewe geleer dat dit in elk geval niks help na die tyd nie. Ek het net gesê, dit laat 'n wrang smaak, as ons in Suid-Afrika ons so roem op ons sportmanskap. As die spelers mekaar nou so lekker omhels het, en ongeveer 30 minute later eers toesprake gehou het, kon hy nie daaraan gedink het nie??

Die oomblik was nie te groot vit john Smit om iets ordentlik te sê oor sy teenstanders in die Wêreldbekerfinaal verlede jaar nie. Wat maak die Curriebekerfinaal nou anders?? Of is ons beginsels in Suid-Afrika nou anders. Julle wil hê ons Bulle moet vandag buig voor julle en sê goed gedaan....julle het verdien....ens. Kom erken dan nou maar julle kaptein en afrigter het drooggemaak. Ek het nie op enige stadium gesê hulle is sleg of arrogant as gevolg daarvan nie. Ek sê net hulle het fouteer....of kan Sharks nie fouteer nie?????
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Monday, October 27, 2008 - 14:38
146. Nee wat,

Ek bly 'n trotse Blou-Bul ondersteuner!!!

Hulle sê mos, 'n kampioenspan word nie net gemeet aan die manier waarop hy wen nie, maar ook aan die manier waarop hy verloor!!

En die Bulle het ons Saterdag gewys met hoeveel integriteit hulle 'n verloor aanvaar!!

Hulle het my so trots gemaak toe hulle eers in 'n kring gaan sit het, daarna die Sharks geloof het vir hulle goeie spel, en nogsteeds met hulle koppe omhoog die veld verlaat het!!

KAMPIOENSPAN staan orals oor hulle as span, en as spelers geskryf!!!!

Dankie Bulle!!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, October 27, 2008 - 14:41
147. Ice... ek stem saam die ref het foute na beide kante gemaak.... maar ek moet sê as iemand sy onkunde oor die reëls kom voorhou moet hy mos aangevat word....as jy jou uitgee vir 'n toffie moet jy gereed wees om gekou te word....nie jy nie - een van jou geleerde Shark vriende met 200 grade en 20 besighede....

Bismarck se trappery was volgens die reëls definitief 'n strafskop.... om nou te kom sê dat die ref geintimideer was om daardie strafskop toe te ken is twak.

Die reëls sê wel dat jy mag die bal uittrap met jou toks...maar dit sê verder dat dit moet gebeur met die studs wat na agter wys en jou voet moet 'n terugwaartse beweging toon - soos wat mens sal doen om die bal uit te hark.... Wat Bismarck gedoen het was uit en uit "stomping" en strafbaar volgens die reëls... ek dink steeds as Kaplan dit na die TMO verwys het sou dit 'n rooi kaart gewees het (ek dink nie hy het gesien waar Bismarck trap nie - en net gesien dat hy "stomp").

Ek dink die lynrefs was aan die slaap - hulle moes gesien het waar Bismarck trap en die ref aangeraai het om die TMO te konsulteer. Ek dink ook hulle moes Kankowski se kopstamp uitgewys het.

Natuurlik sou dit die gang van die wedstryd verander het en mens weet nie wat sou gebeur het nie - maar dit is nie wat ek wil debateer nie... my punt is mens moet nie onkunde oor die reëls so aan 'n paal hang en dan windmakerig probeer wees nie!!!
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 14:42
148. Middag Mense

Ice en Bite*Me

Baie Geluk met jul span se oorwinning.

Ons kan baklei en stry soveel ons wil ons kan vanaand op Superrugby n halfuur aanhou on vir SA te vertel hoe swak Kaplan was dit help niks 14-9 se alles 2 driee teen nil die beste span het gewen. Ek is suur maar sal dit maar vat. Ek is nie n goeie verloorder nie. (Wys my n goeie verloorder en ek wys jou n ou wat altyd verloor) Die Sharks is 2008 se CC houer en sal dit vir die volgende jaar wees. Ek was Saterdag in Pta en my swaer is n Shark Ek het hom na die game geluk gewens maar nie die ander makeshift Sharks van die dag nie (Leeu & Province supporters) Kom ons kyk na 2009 wat ek glo n wonderlike sportjaar gaan wees.
Posted by OokBlou (Belfast) Monday, October 27, 2008 - 14:42
149. Versie,jip jy is reg.

Dit is hoekom ek se hulle bestuur is selfsugtig,swak en sulke swak sportman gees in net van hulle te wagte.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 14:43
150. Habana het darm n nuwe les geleer dat daar n verskil is tussen " use it " en " the ball is out"
Posted by BITE*ME (SHARK TANK) Monday, October 27, 2008 - 14:44
151. Blou Dino...ek het geen probleem met Blouversie nie...inteendeel dis altyd lekker as daar ander vroue onderseuners is in 'n oorheersende "mans' wereld...en Dino...ek moan genuine nie - ek is rerig, rerig baie happy!

Gesels ma net so bietjie...

Judge - punt gevat...ek het nou net gevra en hulle se dis net Custom dat die Tuisspan voorgestel word...ek dink egter jy't 'n punt beet - albei spanne verdien om te speel , albei behoort erkenning en respek te kry..

En glo my Judge...jy behoort maar te goed te weet ek weet dat die Sharks (nes enige ander human span) kan fouteer...
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 14:47
152. Dankie OokBlou
Ek moet eerlik sê ek dink Kaplan het n puik game gehaad daar was bitter min verkeerd en dit is ook hoekom die game so skoon was niemand het regtig gepluk aan mekaar nie behalwe die twee hakkers.
Posted by BITE*ME (SHARK TANK) Monday, October 27, 2008 - 14:48
153. Joe-ZA

Gary kon nie behou word deur die BBRU nie. Jy moet onthou hy het 'n SARU kontrak gehad, wat hom bekostigbaar gemaak het vir die BBRU. Na die Wêreldbeker 2007, het SARU(meer spesifiek Mnr. Jake White) aangedui hulle gaan nie Gary weer 'n SARU kontrak aanbied nie. Die BBRU sou dan Gary se hele kontrak moes dra. Dit was presies dieselfde probleem met Victor. Hy sou aanvanklik ook nie 'n SARU kontrak gekry het nie. Toe dit bekend word hy oorweeg om te gaan, het SARU aangebied om hom 'n kontrak te gee gelykstaande aan 60% van sy heel eerste SARU kontrak. Daarom is hy Frankryk toe. Dit was juis een van die vereistes vir hom om terug te keer, naamlik dat hy 'n SARU kontrak moes hê.

Ouens julle moet ontspan oor Derick Kuun. Daardie outjie het baie rugby in sy bloed. Ek het Gary ook sien speel die eerste paar seisoene nadat hy van flank geskuif het haker toe. Ditto met Jannie Brooks, en onthou almal hoe het Schalk Brits aan die begin weggeraak. Hulle het almal met tyd in uitstekende hakers ontwikkel. Derick Kuun gaan nog 'n briljante haker word. Hou dop. Gee hom net kans.

Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Monday, October 27, 2008 - 14:50
154. Ice.

Sal jy omgee as ek AK se bumper sticker vir hom gee??
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 14:52
155. Dai Sharkie van julle in n Bul gewaad!!!!
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, October 27, 2008 - 14:55
156. Dino...ek het een spesiaal laat kom van Durbs af...maar se my hoekom wil jy dit vir hom gee?
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 14:55
157. Kankowski het nie kop gestamp nie hy het bloot net skoon gemaak ek wonder egter of sy kop werklik vir Stegies geraak het dit was 50/50 kop en skouer, om nou iets so sag te wil uitwys is belaglik.
Posted by BITE*ME (SHARK TANK) Monday, October 27, 2008 - 14:58
158. 156...AK??? LOL
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 15:00
159. Ek dink ek moet ook 'n video maak soos die Sharks verlede jaar dat hulle ook mooi kan gaan kyk wat het presies daar gebeur, en twak Kaplan was met beide oortredings reg in sig van die oortreding en hy het Bismarck uitgedinges oor die trappery.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 15:05
160. Bite-Me wat is meer belaglik om uit te wys.... 'n klap na iemand wat mis is...of 'n 50/50 kopstamp wat gedeeltelik raak is?
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 15:07
161. Verder in my oë was Bismarck se algemene houding en gedrag swak byna die hele wedstryd deur ook toe hy die bal in Mametsa se hande geklap het.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 15:09
162. Ice

Nou daar het jy dit. Dit is maar al wat ek daaroor wou sê.

Die hele redekawel oor die trappery van Bismarck, is eintlik ontketen deur Shark100. As jy gaan teruglees wat die afgelope twee weke op hierdie blog gebeur het, sal jy verstaan waarom almal dadelik vir Shark100 wil aanvat. jy skud nie 'n bynes, druk dan jou kop daarin, skud dit weer so bietjie, sonder om te dink jy gaan gehap word nie. Die goed wat jou mede-ondersteuners hier kom kwyt raak het die afgelope tyd, was SWAK. Ek weet elke span het maar sulke ondersteuners. Ek veg gereeld op Loftus met ondersteuners van die Bulle oor die kwet wat hulle kan kwyt raak. Maar Shark100 en Sharkster II was met tye walglik.

Die finale sê oor die Bismarck trappery.........volgens die IRB se riglyne is dit inderdaad 'n outomatiese rooi kaart. Ongeag die rede vir die trap. Enige speler wat op enige gewrig(enkel,knieg,pols, elmboog of skouer) trap, kry 'n onmiddellike rooi kaart, self al klou daardie ontvanger die bal vas op die grond. Dit IS die amptelike riglyne aan alle IRB geaffilieerde skeidsregters. Die feit bly egter dat dit nie noodwendig die wedstryd sou swaai nie. Dalk het die Sharks dan nog beter gespeel en ons nog verder gewen. Niemand sal ooit weet nie.

Die kwessie van die afklap deur Steven Sykes is selfs nog duideliker. Die reêl bepaal dat indien die speler se hand afwaart beweeg om die voltooiing van die aangee te stuit, dit geag word hy klap die bal af. Deur die bal afwaarts te klap kan 'n speler op geen wyse die bal beheer nie, en word aanvaar dat hy nie die bal wou kry nie, maar slegs die ander span van potensiële besit onwettiglik ontneem. Weereens sou dit slegs bespiegeling wees om te vra of dit die wedstryd sou verander, soveel so dat die Bulle sou gewen het. Dit kan net geraai word.

Die wedstryd het onomkeerbaar geswaai, toe Habana gevang is na die onderskep, en die Sharks twee minute later self gaan druk het. Dit meer as enige iets ander het die wedstryd geswaai.
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Monday, October 27, 2008 - 15:09
163. In die game tussen die WP en die Bulle is AJ Venter uitgewys deur die lynregter dat hy 'n hou gemik het na Stegman... dit is na die TMO verwys en die het bevind dat AJ 'n plathand na Stegman gemik het en dat dit mis was... AJ is gestraf.... my punt is nie dat Kankowski noodwendig gestraf moes wees nie... maar dat daar ten minste iemand moes gesien het dat dit "moontlik" 'n kopstamp kon wees.... en dat die TMO dan beslis...dis dan sy werk...."belaglik?"
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 15:09
164. Daarsy Judge ... daar het jy dit nou mooi uiteengesit.... ons kla nie oor Kaplan nie of oor die uitslag nie ... ons reageer maar net op die onkundige opmerkings van ander.
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 15:15
165. Judge...ek twyfel of 'n man in jou werks-posisie " al wat ek daaroor wou se"...*wink* So van die os op die jas...sien jy's 'n ou Noordwester? Kyk, ek kom maar net bietjie op vir my Favourite spelers! sien mos NIKS verkeerd wat hulle doen nie....moet nou nie so ernstig wees nie...

Ek weet hiers van julle wat my en ander eerder sal wil weghe...maar hel - hiers 'n paar lekker ondersteuners om mee te chat...just having fun...
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 15:20
166. O ja en net voor julle my aanval Sharkies

Ek suig nie my post 163 uit my duim uit nie. Ek het aan die begin van die Curriebeker hierdie aangeleentheid met 'n SARU skeidsregter met wie ek gereeld gesels uitgeklaar. Dit is daar swart op wit(julle gunsteling kleur!!!!).
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Monday, October 27, 2008 - 15:24
167. Goeimiddag,

Wat gaan hier aan? Wat het ek verkerd gedoen? Ek dring aan op 'n antwoord. Waarom is my post van vroeër vanoggend verwyder?
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 15:25
168. Zet,

Ek wonder of Kaplan nog so vrygewig sou gewees het as dit Danie Rossouw was.....?

Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, October 27, 2008 - 15:26
169. Sooi Brandt... die webbie het vanmiddag 'n pie geëet en toe voel hy wil op die Bloubul trui opgooi elke keer as hy jou naam sien... toe haal hy maar liewer die post af....
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 15:29
170. Zet, Judge en Bulversie...ek se nie ek weet baie nie en ek is eerste om te erken dat ek nog BAIE het om te leer, maar ek is 'n gretige leerder...so enige reels ens is altyd welkom...my mense op my blog help my gereeld reg sonder om neer te sien op my "onkunde" want lamal van hulle moes eers kruip voor hulle kom loop... Maa dat ek 'n passie het, kan niemand gelukkig van my wegneem met snedige aanmerkings nie......een van die dae 'ref" ek die game! pasop! LOL
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 15:30
171. Dankie Judge!!!

Al wat oorbly om te vra is dat as dit dan nou die reëls is, swart op wit, hoe kry Kaplan dit reg om dit te blaas soos wat hy goeddink???
Is hy nie veronderstel om 'n profesionele ref te wees nie.....?

Sou baie graag Andre Watson se opinie hieroor wou hoor!
Hy spring mos gereeld in die media rond as daar snaakse beslissings ten gunste van die Bulle was (vodacombeker finaal)!!
Hy gaan nou seker swyg soos die graf!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, October 27, 2008 - 15:31
172. Ice

Hoe weet jy ek is 'n oud-Noordwester??? Maar ja ek is....ekstaties dat die Mielieboere terug is in Curriebeker rugby.

Wat wou jy sê van iemand in my posisie?? ... ek dink jy het jou sin half gelaat.

Nee kyk ek het vanoggend al gesê jy is welkom hier. Jy kom praat rugby, en opkom vir jou spelers is presies wat ek sou wil hê jy moet doen. Dit is mos waaroor ons lekker kan debatteer. Al wat ek sê is mens moet kan erken as jou spelers of span verkeerd was. Ek blameer ook niemand oor die goed wat ek vroeër gesê het nie, spesifiek in post 163. Ek stel maar net die feite om enige onduidelikheid uit die weg te ruim.

Selfs al sê Kaplan self dit moes 'n rooi kaart gewees het, of 'n strafskop teen Sykes, gaan dit nou niks verander nie. Julle naam is op die koppie en dit is ons taak om ons huiswerk te gaan doen om dit volgende jaar weer af te vat.

En nee ....ek is nie een wat jou hier wil weghê nie. Uit hoofde van my amp, soos jy kan sien....is ek lief vir stry.....so kom gerus...ek geniet elke uitdaging. Dit is wat sport SPORT maak.
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Monday, October 27, 2008 - 15:34
173. Ice,

Ons sien geensins neer op jou nie, die hele ding het begin met Sharks 100 wat sy onkunde ten opsigte van die reëls hier kom wys het!

Ons wou hom uit die goedheid van ons harte net reghelp, juis oordat ons almal hier net so passievol is oor ons span as jy oor joune!!

Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, October 27, 2008 - 15:35
174. Bulversie...seker dit sal bespreek word vanaand op SR....
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 15:35
175. Judge - wou net se iemand in jou werksposisie...moet mos altyd die feite oorkry - soos jy tereg se uit hoofde van jou amp...(julle sal nooit se "al wat ek wou se nie"...sal aangaan tot die punt mooi uiteengesit is...*winks*

Ek was ook 'n noordwester en eks 'n PI van beroep....die Sharks spelers sou se "Stalker"...LOL - ....ek het net jou Superbru profile gaan kyk...even vir 'n blonde is dit easy peasy!

Bulversie...ek het reeds vandag meer geleer as wat ek geweet het...thanks!
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 15:40
176. Nee, ek glo nie!!

DIt gaan onder die mat in gevee word, soos maar altyd na 'n finaal gedoen word!!

Dis in elk geval gedane sake, en nie iets wat verander kan of gaan word nie.!!

Hoop net daar word volgende jaar besluit om 'n skeidsregter van iewers anderkant die water te gebruik!!

So sal niemand kan vinger wys en sê hy's anti die een of daai een nie!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, October 27, 2008 - 15:41
177. Goed om te sien dat hier so baie reël kenners is, en om daardie rede wil ek wat nou al so deurmekaar is met die reëls graag weet, wat is julle opinie oor die Pienaar drie, ek het gevoel dat hy nie die bal geplaas het of met momentum oor beweeg het nie, en tog was dit nie verwys of opgebring in gesprekke nie, dit laat my voel of daar weer 'n gaping in my reëlboek is. Ek het laasjaar met die S14 finaal dieselfde ding gevra toe sê almal dat die vd Berg drie was eintlik oorgedra en dus nie 'n drie nie, wat my oortuig het was die feit dat hy in 'n tackle was en toe met sy arm homself nader aan die lyn getrek en toe die bal "geplaas" het.

Wat is julle menings hieroor, wil graag weet, want ek het nou al 2 slaaplose nagte oor daai ding!!
Posted by Blou_Bloed_Seun (Pretoria_(Loftus)_oppie_middel_lyn) Monday, October 27, 2008 - 15:45
178. Bulversie

Ek het min liefde vir die Suid-Afrikaanse refs. Ek dink nie daar is veel probleem met hul kennis nie. Hierdie ouens moet gereeld die IRB se standaard toetse skryf en 'n sekere vlak hanthaaf. Waarmee ek 'n probleem het met hulle is hul konsekwentheid. Mens sien gereeld in wedstryde dat 'n spesifieke reël op 'n stadium as A geinterpreteer word, en 30 minute later heeltyd as B. Of tussen wedstryd tot wedstryd verskil. Die beste voorbeeld was die tweede drie van die einste Sharks in Durban 'n paar weke terug, toe Mischalak onderskep het net nadat ons voordeel vir 'n aanslaan gekry het. hy skeidregter kennis, het bevestig dat Mark Lawrence se interpretasie korrek was, dat indien die span aan wie voordeel gaan, die bal dadelik skoon wen, voordeel verby is. Daarom dat toe die bal van Fourie na Mornè en toe oppad na Habana was, voordeel reeds verby was. Dit is die IRB se riglyn.....die probleem wat ek daarmee het, is dat geen van ons skeidsregters sedertdien daardie interpretasie gevolg het nie. In geen wedstryd nie.....!!!!!! Die einste Lawrence het in die semi tussen die Sharks en die Leeus daardie reël anders toegepas as teen ons. DIT maak my die duiwel in.

Oor Saterdag kan ek maar net dink dat Kaplan dalk nie mooi gesien het wat gebeur met die twee spesifieke voorvalle nie. Indien hy wel behoorlik gesien het, is dit werklik swak en uiters onprofessioneel. Ek dink net hy moes maar liewer seker gemaak het, deur gebruik te maak van die TMO.

Ons moet maar net almal altyd onthou(ek ook !!!) dat skeidsregters ook maar mense is wat kan fouteer. Maar noudat hulle die TMO het moet hulle dit reg gebruik....darem ook nie by elke tweede losskrum soos JC Fortuin nie....."Michael....."
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Monday, October 27, 2008 - 15:48
179. LOL@ "Michael.."
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 15:55
180. Blou-bloed-seun skrywe #103

Sonder om 'n stryery aan die gang te sit, ek het die naweek na 'n video gekyk in die jaar toe Heyneke begin het. Jy kan werklik nie die spanne vergelyk nie. Chris le Roux was kaptein, Piet Joubert flank, Boeta Wessels senter, Gavin Passens en McNiel Hendriks op vleuel, Victor en Bakkies in hul kinderskoene ens. Frans het darem baie beter geerf. Ek stem wel saam dat hy nog kans moet kry. Ek pleit weer ons benodig dringend 'n spesialis skrumafrigter soos Balie Swart of Dougie Heymans.

Ons moet onthou dat Bakkies se onttrekking vanjaar ons gekos het. Die ander slotte is nie Bakkies nie en skrum ook nie so sterk nie. Danie Rossouw is nie in dieselfde klas nie en sal hopelik volgende jaar reg aangewend word - op die bank. As ek FL is, sal ek Jaco Engels 'n haker maak. Hy is sterk, baie balvaardig en hopelik nie skeel nie ! Met Gurthro wat weer op sy beste is kan dit dalk werk.
Posted by JB 007 (Centurion) Monday, October 27, 2008 - 15:58
181. JC Fortuin het uitgetree ne!!!
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 16:02
182. Wag laat ons net eers by Michael seker maak!!!...yip... die TMO sê ok so!!
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 16:03
183. Blou_BLoed_seun... ek gaan net weer na Ruan se drie kyk ...sal nou terugkom na jou toe...
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 16:05
184. Jb

Jaco Engels kan beslis 'n goeie haker wees. Hy is goed genoeg in die los en het in matriek nog senter gespeel, so daar skort niks met sy spoed en vaardighede nie. Hy is nogal baie soos John Smit gebou met daai yslike bene van hom.

Op 'n ander noot is ek as 'n oud Puk ook geweldig bly en trots op die Luiperds, hulle is definitief my 2de span in volgende jaar se curriebeker.
Posted by blouHenk (PE) Monday, October 27, 2008 - 16:07
185. Ice

Jou 176 ... haha ...ja-nee, jy is reg...'al wat ek wou sê'....is seker maar een van daai dinge wat mens naderhand uit gewoonte sê, want my vrou sal ook vir jou kan sê.....ek het altyd iets of NOG iets te sê...LMGA

Blou Bloed Seun

Pienaar se drie Saterdag was nie 'n probleem nie. In terme van die nuwe interpretasie hoef momentum nie meer so erg ter sprake te kom soos in die verlede nie. Hy is geduik, het geval en toe hy stop het hy die reg om die bal DADELIK te plaas, sonder om enige ander beweging te maak wat die plaas van die bal bewerkstellig. Dit is myns insiens wat Pienaar gedoen het.

Albert vd Berg se drie verlede jaar is egter 'n ander storie. Ek het ook gedink dit moes nie 'n drie gewees het nie. Dit het duidelik geblyk dat hy aanvanklik kort gedruk het en toe die bal weer opgetel en oorgehelp het. Dit is in terme van die moderne interpretasie 'n tweede beweging. Julle sal onthou dat presies so drie soos VD Berg s'n, vroeër die seisoen nie toegelaat is nie, teo danie Rossouw teen die Sharks op Loftus so drie gedruk het, maar dit beslis is dat hy die plasing van die bal bewerkstellig het deur eers met sy linkerarm op te druk om hom momentum te gee om vorentoe oor die doellyn te gaan. Pienaar se drie was naby daaraan, maar ek dink was korrek toegelaat.
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Monday, October 27, 2008 - 16:07
186. Wou nie 'n stryery begin nie, het maar net genoem, maar ek stem saam dat ons vinnig iets met ons skrums moet doen, ons het die swaarder pak saterdag gehad, maar nogsteeds slae gekry, dit is nie juis asof ons stutte soveel swakker is nie.

Ons moet ook meer aandag gee aan ons vaste fasette, die beweging is daar maar die uitvoer is maar uiters voorspelbaar deesdae, hulle moet begin om die spelers bietjie meer onvoorspelbare rugby te leer, dit sal hulle ook baie gevaarlikker maak op die verdediging, omdat hulle dan onvoorspelbare rugby kan lees, of hoe?
Posted by Blou_Bloed_Seun (Pretoria_(Loftus)_oppie_middel_lyn) Monday, October 27, 2008 - 16:07
187. 88. Kan julle manne my se ASSEBLIEF?????????
Posted by Soekie (Baby Blue) Monday, October 27, 2008 - 16:08
188. Pienaar se drie was beslis 'n drie. Dis gedane sake mense. Die Sharks het gewen en die skeidsregter het soos in elke wedstryde foute gemaak, en weerskante toe ook.
Posted by blouHenk (PE) Monday, October 27, 2008 - 16:11
189. # 189..

The Springbok touring side is:

BACKS:

Jean de Villiers (WP), Fourie du Preez (Blue Bulls), Jaque Fourie (Lions), Bryan Habana (Blue Bulls), Adrian Jacobs (Sharks), Conrad Jantjes (WP), Enrico Januarie (WP), Jongi Nokwe (Cheetahs), Odwa Ndungane (Sharks), Ruan Pienaar (Sharks), JP Pietersen (Sharks), Earl Rose (Lions), Francois Steyn (Sharks).

FORWARDS:

Andries Bekker (WP), Bakkies Botha (Blue Bulls), Schalk Burger (WP), Heinrich Brüssow (Cheetahs), Bismarck du Plessis (Sharks), Ryan Kankowski (Sharks), Victor Matfield (Blue Bulls), Tendai Mtawarira (Sharks), Chiliboy Ralepelle (Blue Bulls), Brian Mujati (WP), Danie Rossouw (Blue Bulls), John Smit (Sharks, captain), Juan Smith (Cheetahs), Pierre Spies (Blue Bulls), Gurthrö Steenkamp (Blue Bulls).

ON STANDBY:

Peter Grant (WP), Jannie du Plessis (Sharks), Johann Muller (Sharks), Wynand Olivier (Blue Bulls), Adriaan Strauss (Cheetahs), Heinke van der Merwe (Lions), Jano Vermaak (Lions).
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 16:12
190. Nee Blou_Bloed_Seun... daai is 'n fair try.... sodra die speler doodgevat is mag hy die bal een keer plaas.... al is dit vorentoe.... en dit is presies wat Ruan gedoen het... Die speler mag nie 'n ander beweging doen om homself in 'n beter posisie te kry om die bal te plaas bv. sy knieë intrek en nog bietjie vorentoe beur en die bal dan plaas nie....hy moet hom dadelik plaas.

Albert het laas jaar die bal geplaas en toe weer sy ander hand bygesit en nog so bietjie vorentoe geskuif net om seker te maak... baie mense sê dus hy het 'n onwettige beweging gemaak - maar ek dink sy oorspronklike plasing was in elkgeval op die lyn - so dit sou anyway a drie gewees het.

Interresant is dat die druk van 'n drie eintlik teen die reêls van die spel is... Die reëls sê spesifiek in algemene spel dat indien 'n speler doodgevat is moet hy dadelik die bal uitgee of plaas... en met plaas sê dit spesifiek kant toe of agtertoe maar sluit spesifiek "vorentoe" uit.... so hoe kan jy dan 'n drie druk en dan mag jy die bal vorentoe plaas?
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 16:13
191. Danie, Spies, Ralepele, Du Preez, Habana, Bakkies en Victor
Posted by blouHenk (PE) Monday, October 27, 2008 - 16:13
192. Middag my bloues,
Ek lees met belangstelling die klaagliedere wat nou weer oor die ref gemaak word, dis snert, Frans Ludeke het self aan die media erken dat as die bulle nie so goed verdedig het nie, sou ons n groot pak slae gekry het. Refs gaan altyd foute maak , hulle is mense en n span moet bo dit kan uitstyg en wen ongeag of n swak beslissing gemaak was deur die ref. Ek glo ons bulspan sal volgende jaar terug wees maar daar wag harde werk vir afrigter en span om die beker te wen. Die feit dat die bulle nie n drie kon druk of beheer op enige tydstip oor die wedstryd kon uitoefen nie, is kommerwekkend. Die probleme het in die voorry begin en verder uit spiraal sodat ons voortdurend onder druk was en dit is hoekom ons vandag nie die CB in Pretoria het nie.
Posted by vlekkie (Johannesburg) Monday, October 27, 2008 - 16:16
193. BEDAAAAR Henk BEDAAAAAR!!!!

Ons het lankal daarmee vrede gemaak... gaan lees bietjie al die posts en jy sal sien waaroor die gesprekke gaan.... dis alles net goeie wedersydse gesprekke oor die reëls en die game... niks om oor opgewonde te raak nie!!!
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 16:16
194. My hel...
Hier is nog lewe hier buite ! ! !
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, October 27, 2008 - 16:17
195. Hello AK...wag nog oppie adres...*wicked grin*
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 16:19
196. Sb...
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, October 27, 2008 - 16:19
197. Zet.
Niemand is opgewerk nie wie moet bedaar?
Posted by blouHenk (PE) Monday, October 27, 2008 - 16:19
198. Agnee Vlekkie ...nie jy ook nie...soos vir Henk gesê... as jy al die posts lees sal jy sien ons kla nie oor die ref nie... ons spreek net Sharks se onkundigheid aan, en chat oor die game... niemand blameer Kaplan en kla dat ons verneuk is nie.
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 16:19
199. Net so laaste iets om oor telag voor die son sak.

Sondag toe dit nagmaal was vra die dominee na die maal of is daar iemand wat oorgeslaan is met die beker? Toe staan al die Blou Bulle op.
Posted by BITE*ME (SHARK TANK) Monday, October 27, 2008 - 16:21
200. Cheers Ouens en Vrouens....lekker aand!
Posted by Ice Babe (Shark-A-delic) Monday, October 27, 2008 - 16:26
201. Vlekkie, jy is korrek.
Ons kyk na die skeidsregter en kyk die ware probleme mis. Ek kan nie onthou wanneer laas 'n bul pak so oordonner is nie. Dit het 'n regstreekse invloed op Morne Steyn se spel gehad, so ek glo nie Derrick Houghaard sou 'n verskil kon maak nie. Die feit is, ons kon die wedstryd glad nie beheer nie, en soos Frans Ludeke tereg se het net briljante verdediging ons van 'n groter nederlaag weerhou. Kaplan het beslis foute gemaak, ek stry glad nie daarmee nie, maar dit was nie sy skuld dat ons oordonner is deur manne soos Deysel, Bismark en Beast nie.
Posted by blouHenk (PE) Monday, October 27, 2008 - 16:27
202. Patience is a virtue that a Sharkie has none....
***GRIN***
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, October 27, 2008 - 16:28
203. Cheers "ou" Ice !!!!
Lekker aand verder vir jou !!!!
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, October 27, 2008 - 16:32
204. blouHenk en Vlekkie,

Ons blameer nie vir Kaplan vir die verloor nie.
Die Bulle het verloor want op die dag was hulle nie die beste span nie.

Ons praat net oor die reëls en hoe onkonsekwent die skeidsregters dit oor die algemeen toepas.
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, October 27, 2008 - 16:36
205. Bulversie

Dit is waar wat jy se, daar moet een stel reels wees vir almal. Daar is nog te veel grys areas wat aan die skeidsregters se interpretasie oorgelaat word. Veral afbreekpunte het in 'n gemors onder die ELV reels verander
Posted by blouHenk (PE) Monday, October 27, 2008 - 16:46
206. Na afloop van die wedstryd moet ek maar net sê dat die Sharks die beter span op die dag was, hulle was hongerder as ons vir daai bekertjie, en alhoewel ons 'n goeie probeerslag gehad het, was dit nie goed genoeg om vir ons die wen te verseker nie. Die feit dat ons die finaal gehaal het was genoeg vir my. Vir beter opponente kon ons nie gevra het nie. Sharks, julle is werklik 'n wenspan en het die hele jaar hard gewerk vir daai koppie. Dit was lekker om saam met julle die laaste wedstryd te kon deel. Aan al my Sharks vriende, dankie vir al die grappies en opbou na die wedstryd, dit was lekker om dit saam met julle te deel. Volgende jaar maak ons weer so, en ek sal verseker op Loftus wees met die Bulls en Sharks game. Ek wil egter net een ding sê... My bloed bly blou! Sien julle volgende jaar!
Posted by Blou Sonneblom (Pretoria - Bulls or nothing) Monday, October 27, 2008 - 16:58
207. Mense ek dink ons moet so 30 sekondes van stilte gee uit meegevoel vir arme Choppie wie se hare vanmiddag afgechop word, hoop dis vir julle 'n les.... he he.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 17:00
208. Bergbok, weet nie of jy hier rond is nie maar hoor jy verjaar vandag. Ek hoop dit is 'n wonderlike dag! Enjoy!
Posted by Blou Sonneblom (Pretoria - Bulls or nothing) Monday, October 27, 2008 - 17:00
209. Net om ook by Judge se punt aan te sluit vroeër oor die voordeel by skrums.... die "interpretasie" van die skeidsregters is dat die voordeel verby is sodra 'n span dieselfde tipe bal uit gebroke spel ontvang het as wat hulle uit 'n skrum sou gekry het....

Onder die ou reëls het dit goed gewerk... maar onder die nuwe reëls moet die spanne 5m spasie agter die skrums laat - so volgens my gaan hulle selde dieselfde tipe bal uit 'n losskrum kry as wat hulle uit 'n skrum gaan kry... so eintlik is voordeel omtrent nooit verby, tensy jy 'n vinnige bal kry wat die verdediging onkant betrap.
Posted by zet (Pretoria) Monday, October 27, 2008 - 17:08
210. Goeiedag almal
Posted by blouHenk (PE) Monday, October 27, 2008 - 17:12
211. yes yes yes

almal nog besig met die nabetragtings.

Hou net by die blou.

Dis natuurlik beter om in pretoria te bly as jou span in die finaal verloor as wat jy 'n Bul is in die suide. Al wat 'n WP ondersteuner is het iets oor die Bulle te sê.

Wel, al wat ek kan terugsê is dat ons darem nie so sleg oor ons span voel dat ons op ons truie wil braak soos sommige ander spanne nie.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, October 27, 2008 - 17:48
212. Zet - jou vorige post verwys. Dit was presies my argument aan my SARU ref/kennis. Dit gaan selfs verder as die vyf meter spasie...met n skrum kry jy die bal onder meer beheerde omstandighede. Jy kan beter beplan wat om met die bal te doen en ook seker maak almal weet wat beplan word. My ref/kennis het nogal n effense bubble gehap hieroor. Nee, ek dink Lawrence was verkeerd en hul hantering van die reël in latere wedstryde bevestig dit. Lekker slaap julle.
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Monday, October 27, 2008 - 17:49
213. hi my blou pelle

wie kan my se as jy in n game trap is dit straf baar

as die ref vir jou se blood bin wat dan

net vra

van n baie hartseer blou bul
Posted by blueman (pretoria) Monday, October 27, 2008 - 17:56
214. Al het ons verloor is ek nog steets n TROTSE BLOU BUL!! GO BULLE!!!!!!
Posted by Dewald01 (Port Elizabeth) Monday, October 27, 2008 - 18:05
215. Hallo alle Bulle, jong staan nou julle getjank en erken die Sharks was die better span wat die hongerste was.................. dankie Boys en Girls.......
Posted by DieHaai (Sharks 2008 CC Champs) Monday, October 27, 2008 - 19:49
216. Dankie Blou Sonneblom!!!!
Hardloop jy nog lekker op jou speelveld rond???
Posted by Bergbok (Stormers) Monday, October 27, 2008 - 19:50
217. Ja Bergbok, ek raak nie moeg vir daai speelveld nie, ek wil nou net so graag seisoen kaartjies kry vir volgende jaar, maar ek hoor dis nie so maklik nie, het myself erg vervies vir die Loftus kaartjie kantoor vandag
Posted by Blou Sonneblom (Pretoria - Bulls or nothing) Monday, October 27, 2008 - 21:01
218. Thanks Bulls for a great final. I think we can agree that two great teams played in the final, and that the Bulls were worthy opponents. On a different day, it could easily have been the other way around.

We'll see you next year in the final again...:-)

Bulle is bakgat !
Posted by Sharko (Petoorsfontein) Monday, October 27, 2008 - 21:11
219. Sharks100... ek dink het jou naam nou al genoeg op hierdie site met 'n plank geslaan dink jy nie ook so nie?

Eers word jou gebrek aan kennis oor die reëls gruwelik ontbloot en nou kom jy alweer met jou "selektiewe" geheue... Ene Sean waarna jy so graag verwys het vir Wikus gevra hoe dit gaan voel as die Sharks die Bulle met 20 punte klap.... waarop Wikus geantwoord het dat dit nooit gaan gebeur nie.

Miskien moet jy op jou vingers tel Sharks100.... kom mooi stadig vir Graad 2 (jy het mos 2 grade ... graad 1 en graad 2)...14 MINUS 9 is.... kom nou klas...gee vir Sharkie100 ook 'n kansie dan kan hy dalk ook 'n sweetie kry....

Mooi so Sharkie100....Wikus hoef niks vir niemand te kom omverskoning te vra nie....
Posted by zet (Pretoria) Tuesday, October 28, 2008 - 05:31
220. More Zet, dis boggerol jy moet sien wat skryf die ou van my en vaskophaker op die vorige blog, ek lag my sommer dood. Hy kon wragtig nie agter kom dat ek en Sharkstes 'n gesprek gevoer het en die webbie sy post verwyder het nie.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, October 28, 2008 - 05:57
221. Maar ek stem dit sal nie lank vat vir hom nie, 1 2 3 blok myself.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, October 28, 2008 - 06:03
222. Webbie terwyl jy besig is haal sommer die posts van my van gister af op die vorige blog, dit lyk nie so baie vars nie, lyk of ek my koppie halftyd langs die pad verloor het en met myself praat. LOL.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, October 28, 2008 - 06:39
223. GOEIE MORE EDELE BLOU BUL BLOGGERS!!

Mooi oggend in Petoorsdorp maar die reen gaan kom! Als is mooi groen.

Hoop julle het n wonderlike en "troll"ose dag..........op DIE BLOU BUL BLOG!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Tuesday, October 28, 2008 - 06:42
224. Hartlike goeie more Bulle !!!!
...en Oom Bergbok !!!

Lekker dag verder vir almal !!!!
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Tuesday, October 28, 2008 - 06:56
225. Môre Bulle, Bullinne & Bergbok.
..... en alles lyk van veraf heel gesond.............
LB, ek het reeds 75mm reën sedert Saterdag gemeet.
Posted by Bulletjie 1 (Voorstad van BULLAND) Tuesday, October 28, 2008 - 07:51
226. Dis puik, B1! Die damme word net nie voller nie, maar as dit so aanhou kan n mens n bietjie in middel November bietjie gaan visvang.
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Tuesday, October 28, 2008 - 07:59
227. Oops wa my maniere,more Blou Bulle en Blou dames.

Hoop julle gaan n lekker dag he.
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, October 28, 2008 - 08:14
228. Bergie,raak jy al gewoond om te doen wanneer jy wil en hoe jy wil en waar jy wil??
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, October 28, 2008 - 08:17
229. Môre almal

Geluk met die verjaarsdag gister Bergbok. Hoop die WP gee jou iets om oor bly te word volgende seisoen. Al is dit net om vir Fluke Puke Pappa-sê Watson weg te jaag.
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Tuesday, October 28, 2008 - 08:38
230. Môre Bulle en linne

Loesing - kan iemand my help met die betekenis van hierdie woord. Morris Gilbert van die Beeld gebruik die woord. Hy sê die sharks het ons 'n loesing gegee. Dit het eerder gelyk of hulle deurgeskuur het.

Jammer om te sê, maar na gisteraand se program op Kyknet dink ek Bismark moes 'n rooikaart gekry het.
Posted by Rustig (Centurion) Tuesday, October 28, 2008 - 08:43
231. NUWE DRAAD!!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Tuesday, October 28, 2008 - 09:16
232. Nuwe draad, wat het daarvan geword? Yoo-Hoo, come out, wherever you are.
Posted by Little Blue Bull ((Gonubie)) Tuesday, October 28, 2008 - 17:22
233. Ek sal ook maar die bitter pil moet sluk en vir die sharks geluk se maar as ek moet eerlik wees manne julle was myle beter as ons op die dag. Dit maak my bekommerd oor die seisoen wat kom gaan ons weer n laaaaang vernedring in die super 14 ervaar en dan bietjie spark in die cc. Daar is denitief n paar posisies wat kort maar moet ons nie eers soos die stormers met n afrigter begin nie? Dink julle FL is regtig die antwoord vir die Bulle?
Posted by petoors (port elizabeth) Tuesday, October 28, 2008 - 17:31
234. LBB,hallo en hoe lyk dinge??
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, October 28, 2008 - 17:32
235. petoors,hallo.

Ek dink nie EF L het te sleg gedoen nie,van sy span keuses het my wel laat wonder.
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, October 28, 2008 - 17:41
236. Hallo Dino en petoors -
Nie te nie - my pa is Son. aand oorlede, so dit was n regte swart naweek gewees, Dino
Ek voel ook dat FL beter gedoen het as wat baie van ons aanvanklik verwag het. Wat my bekommer is klein van Graan.
Posted by Little Blue Bull ((Gonubie)) Tuesday, October 28, 2008 - 17:49
237. jammer om te hoor van jou pa Little blue Bull.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Tuesday, October 28, 2008 - 17:55
238. Hallo LBB, Dino en Petoors. LBB dis so jammer om dit te moet hoor, innige meegevoel wense werk ook nie, dit maak mens net meer hartseer, slegs tyd kan die verdriet en verlies wat gepaard gaan met die afsterwe van mens se vader verlig, maar my hart gaan uit vir jou en ek dink regtig in hierdie tyd aan jou.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, October 28, 2008 - 17:55
239. Hallo aan jou Mossel!
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, October 28, 2008 - 17:56
240. Hallo Mossel en Daisy natuurlik ook -
Ek waardeer die woorde van meegevoel. n Naweek wat met soveel positiewe afwagting begin het, het toe baie "sh%$@y" geeindig.
Was darem ook hoogtepunte - vir Weskaap, sy broer en Dino ontmoet - so nou weet ek ook darem hoe van die "familie" lyk.
Posted by Little Blue Bull ((Gonubie)) Tuesday, October 28, 2008 - 18:06
241. Blou Dino

ek dink Frans kan baie goed voel oor waar die span staan. Hy moes op nr. 99 die super 14 bestuur en beplan en 'n klomp ontevrede en ontnugterde Bokke by die Bulle erf. Victor se weggaan het tot in Februarie nog onsekerheid geskep plus Bakkies se hofsaak en 2 ander senior manne wat laat blyk het hulle stel belang in Frankryk, het ek dink, alles aktore geword wat die span se fokus wegneem en in januarie is die eerste agterlyncoach na 2 weke gefire, daarna moes Pieter Rossouw inkom en sy plek vind.

Frans het reggedoen deur nie te vele te vinnnig te chop en te change nie. Hy het stadig maar skeer in sy eie persoon sy gesag begin afdwing. waarskynlik het Pieter Rossouw se welslae met die agterlyn ook baie hiertoe bygedra. Aan die einde van 2008 kan ons weer reguit vir mekaar sê die Bulls is weer 'n eenheid en die spelers lyk gelukkig.

As ek wel kritiek kan lewer, dan was dit dat hy in die super 14 vir demas gekeis het bo Tiger manwei vir die toer na NS. Dit het die bulle erg ontwrig. Demas sal nooit plek kry by enige ander van die top 5 nie. Selfs trompie Nontshinga is definitief strate beter as demas. Frans se kennis rondom die ELV's en die span se voorbereiding daarop was ook by my 'n vraagteken. Dit het gelyk of die Stormers en die Haaie beslis die twe spanne was wat beter hieraantoe was.

Dan was daar die curriebekerreeks. Dit sal altyd moeilik wees vir enige afrigter om sy Bokke weg te laat, aangesien jy graag wil hê hulle moet so gou moontlik vorm bereik en saam met die betaande spelers gel. Maar miskien het Frans te veel staat gemaak op potensiaal en te min gekyk na vorm. Die Sharks het juis hierdie hul sterkpunt gemaak, met John Smith op die bench. Op die ou end was die bulle so paar wedstryde weg van werklike top momentum en het ons nog nie gepeak nie. Dit is hierdie aspek wat die spelers beslis hongerder sal maak in 2009.

'n ander punt wil ek eerder aan die Unie rig, en dit is om 'n ordentlike, goed bekwame voorspelerafrigter aan te stel en nie sentimenteel te kyk na Johan van Graan nie. Wat van Nico serfontein???? Hy het nou al lank deur die ranks gekom en ons kan hom gerus bietjie aanskuiwe na die groter kalibers toe.

Ek hoor dat Rassie neem sy adjudante na NS toe vir 'n afrigtingsskliniek daar om die ouens verder te skill. Dis sulke klein dingetjies wat 'n groot verskil maak en ek hoop net dat Frans genoeg tyd het om vir volgende jaar sy kaarte reg te beplan.

Oor die algmeeen, is ek tevrede met Frans. Ten minste kon ons Blou span weer opstaan na 'n teleurstellende CC bekerseisoen in 2007 en super 14 in 2008 en die span is weer 'n eenheid. En, ons kon vanjaar die meeste driee druk.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Tuesday, October 28, 2008 - 18:14
242. Hoe oud was jou pa Little BB? Hoe is hy oorlede?
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Tuesday, October 28, 2008 - 18:16
243. Sharks 100 het jy geen respek vir ander nie, as gas op 'n ander span se blog gedra jy jouself uiteraard presies soos ons wil hê die res van die land moet sien, net jammer julle posts word gedelete of ge-edit, sien ons kan nie ander mense wys hoe skurf julle julle hier kom gedra nie. Bloubulle is besig om eer te betoon aan 'n mede bloubul wie se vader afgesterf het, wys jou nou net weereens, presies hoe en van watse stofasie julle werklik aanmekaar gesit is, julle sal en kan nooit verstaan wat dit is om deel te wees van 'n opregte Bloubulfamilie nie, uiteraard ons word so gebore en is nie so opgevoed nie.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, October 28, 2008 - 18:30
244. Nog iets jou aanmerkings na die gesprek wat tussen my en Sharkster II gister op die vorige blog verskyn het vanoggend en wat ook weereens (shame ek kry ons webbie jammer) vroeg vanoggend verwyder is getuig ook aan my wat jy werklik is, ek het uit respek vir die res van die bloubul groep wat hier blog gister verkies om op die ou blog te bly om die sakie wat tussen my en Sharkster II onstaan het omdat ek nie dit nodig ge-ag het dat hulle na 2 mense se stryery moet kyk die hele tyd nie, dit gaan weereens rondom die kwessie van maniere, iets waarvan julle as Shark ondersteuners die afgelope paar dae uiters min getoon het, nes julle span, hulle afrigtings span en die Stadion en bestuur. En dan wil ek ook van die geleentheid gebruik maak om ons dank te betoon aan ons "Fort Loftus" stadion en bestuur, ek het nog nooit 'n game of Loftus gekyk waar ander spanne se spelers nie aangekondig is of met die vervanging van spelers aangekondig is nie. Ook nie is daar "liefling" vir hulle gespeel as 'n skop nie oor was nie, en daarmee verwys ek na die Cheetahs. Julle kan maak wat julle wil, Jaloesie is en bly steeds 'n lelike lelike ding.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, October 28, 2008 - 18:59
245. Cheers Shark100 en terwyl jy groet bly sommer weg.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Tuesday, October 28, 2008 - 19:02
246. Sharks 100

Luister asseblief nou mooi, want ek is nou bitter ernstig. Waarmee jy nou besig is, is wat in die regstelsel bekend is, as die gemeenregtelike misdaad crimen iniuria beter bekend as laster of naamskending. Jou beledigings gemik teen mense op hierdie blog, maak jou kwesbaar vir strafregtelike vervolging in 'n hof, en ook vatbaar vir siviele dagvaarding deur 'n prokureur. jou aanval op mense soos teen Bulldaisy post 253 is uiters lasterlik en is verseker vatbaar vir 'n situasie, waarin jou paadjies mag kruis met die lede van die SAPD. Ek kan hierdie goed vir jou se, uit hoofde van my direkte ervaring met strafreglitigasie vir meer as 16 jaar nou. En moenie vir 'n oomblik dink dit gaan moeilik wees om jou op te spoor nie. Die manne in blou(die ander bloues met sirenes en sulke dinge), weet presies hoe om jou op te spoor. Glo my ek het dit al gesien gebeur.

So, nou is jy ingelig oor die realiteite van jou optrede, en kan jy nou dienooreenkomstig optree. Die gevolge van jou volgende optrede, is nou vierkantig in jou eie hande.

Jy haat ons, so dit gaan my verstand te bowe, wat jy hier soek. So hou nou op met jou beledigings, gesels rugby, of bly weg hier. Jy maak dinge onaangenaam vir gewone goeie mense.

As laaste gedagte, wonder ek wat sou Johan Muller en sy ander Shark krygers dink van jou beledigings en moeilikheid soekery op hierdie blog. Ek wonder of hulle trots sou wees op jou kommentaar........
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Tuesday, October 28, 2008 - 21:56
247. Ek hou daarvan om bietjie die Blou Bulle se been te trek en joke of 2 te maak. Ek voel regtig skaam vir dinge wat gese word en dit is nie lekker om dit te lees nie. Bere tog die skerp tonge en praat net rugby
Posted by Black & White (Empangeni) Tuesday, October 28, 2008 - 22:40
248. Kom manne gesels oor die Bokke. Die 2008 CC is verby. Kan Earl Rose regtig 'n loskakel word Kan hy die bol versprei, kan hy die agterlyn aan die gang kry Kan hy die kantlyn kry Ek wonder so Grant of Morne 'n verskil kon maak
Posted by Black & White (Empangeni) Tuesday, October 28, 2008 - 22:45
249. Stop nou asseblief met hierdie nonsens. Netnou wil iemand hier ook mekaar dagvaar en dan verloor ons ook die blog soos die Sharks. Kom ons gesels net in vrede oor rugby. Ons kan mekaar se siele uittrek, maar hou op om persoonlik te raak. Webbie, as dit nodig is, verwyder asseblief vir Sharks 100
Posted by Blou Sonneblom (Pretoria - Bulls or nothing) Tuesday, October 28, 2008 - 22:59
250. Stem onneblom Om oor rugby te praat is baie lekkerder as om oor twak te baklei. Ek sien in die Volksblad dat Eddie Jones dink dat Ruaan 'n loskakel kan word. Hy moet net nie dieselde pad as Gaffie loop nie Gaffie fantasies en toe ek weer kyk toe maak hulle hom 'n rol speel wat hy nie kon nie
Posted by Black & White (Empangeni) Tuesday, October 28, 2008 - 23:12
251. Goeie More alle Bloggers.
Dink nie enige verdere bakleiery is nodig op hierdie blog nie, weet ek is self skuldig, bloubloedige humeure, seer wat vlak sit na 'n verloor, en ja wel gaste wat dinge kwytraak wat eerder moes gebly het.
Stem saam met almal, hier praat ons rugby, en al is sommiges van ons deel van die verkeerde geslag wat nie veronderstel om Ruggas te kyk nie, ons kan dit nie help nie, is net so adrenalien verslaafd soos ons manlike kykers, en party van ons het saam met broers grootgeword wat dit gespeel het, moes partykeer teen die ouboetes skrum en het dan lelik derde, vierde en vyfde gekom (soms met die nodige beserings daaraan verbonde)!
Wel ek glo nie dis verder meer nodig vir enige bakleiery nie, ek weet ek is 'n warmbloedige bloubul ondersteuner, en dat ek baie respek het vir al my mede bloubloedige ondersteuners, ek weet hoe dit voel om gepes en getreiter te word deur ander spanne se ondersteuners, en soos ek al gesê het van te vore al die spanne se ondersteuners is almal dieselfde, doen dieselfde dinge ensovoorts.
Ek het selfs 'n Cheetah "die look" gegee toe hy ewe kwytraak met die Semi's dat Steve se nuwe liedjie sommer " pooh" is. Na die game toe sê hy Bye Kwaai Tannie, (alhoewel ek dalk vir hom oom kon sê) toe gee ek hom maar "die smile" want ek weet al doen ons wat sal hulle steeds doen en sê wat hulle wil.
Ek praat steeds nie met die wintie shark buurvrou wat ewe windmakerig "iets" wou sê nie, oor 'n week as die gemoedere so bietjie gesak het dink ek sal dit beter gaan.
Feit is rugby is 'n adrenalien belaaide sport, en dit laat my altyd dink aan 'n "Bar" geveg, as een begin slaan dan slaan almal vir almal, en dit vriende is die waarheid. So gaan dit ook onder ondersteuners, niemand sal toelaat dat een van "ons" of ons nou blou, rooi, oranje, streepies wit en blou, of swart en wit is.
Baie hier skree vir die Blou omdat ons provinsialisties is, ek is een van hulle, vir ons beteken daardie Daisy amper soveel as die landsvlag en wapen. Dis waaroor dit alles gaan, die trots en lojaliteit, teenoor jou span en teenoor jou mede ondersteuners.
Ek stem met Sonneblom dat hier nie dieselfde ding moet kop uitsteek as wat met die Sharks blog gebeur het nie, en ag ek hoop regtig ek kan leer om my humeur te beteuel, maar ek belowe nou (hopelik ook vir die laaste keer) dat ek nie weer my sal skuldig maak aan 'n bakleiery nie.
Lief vir die Blou, en ek is lief vir die wêreld!
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Wednesday, October 29, 2008 - 05:53
252. Sharkslady, AK se "beloved" wife, groot Happy Birthday aan jou, ek hoop jy het 'n heerlike dag, vol liefde, geluk en glimlaggies. (O en ek hoop AK kook vanaand of stick jou vir 'n heerlike steak!)
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Wednesday, October 29, 2008 - 06:02
253. My rugby praatjie van die dag sal dan die volgende wees : Wynand Olivier, jy is my bloubul speler van die jaar, (en ja ek dink hy is verby mooi) ha ha, maar nee dis nie my rede nie, hy het van 'n swak begin hierdie jaar ge-eindig as een van die top presteerders hierdie jaar. Ek voel regtig jammer vir hom dat hy nie die Groen en Goud gehaal het nie en net op standby moet wees, ek dink dis waarvoor hy gespeel het, en ek hoop nie ons gaan hom ook verloor as gevolg daarvan nie.
Wel mense na ek die kids uit die bed gejaag het skooltoe, gaan ek my slapie opvang, as manlief nagdiens werk dan doen ek mos ook (vrek bang en alleen), sal vanmiddag weer inloer.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Wednesday, October 29, 2008 - 06:09
254. Nuwe Choker vangnet.
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Wednesday, October 29, 2008 - 07:06
255. Baie geluk aan al die Sharks met die beker. Daar is slegs eending wat ek nie verstaan nie en ek hoop iemand kan my meer duidelikheid gee: Wanneer jy 'n bloed besering het moet jy die veld verlaat en jy het 10 minute tyd om daarvan te herstel, Saterdag to die 'rev' vir Francios wou afstuur toe dui Francios aan dat hy eers wil skop, daarna speel hy toe aan en verlaat nooit die veld nie alhoewel sy besering aanhou bloei het. Kan iemand my meer duidelikheid gee asb.
Posted by Belgrade (Piet Retief) Wednesday, October 29, 2008 - 10:45
256. more maters

ek sluk nog swaar aan die swart saterdag!!

maar nou ja...........i wen is i wen en i verloor in i finaal is maar swaar!!......al was die sharks saterdag beter as ons.

die volgende pla my egter, en ek het dit al paar keer hier opgehaal:

1) ons gameplans wat kort kort die seisoen backfire.......het die afrigtingskorps niks uit die vorige 3 games (cc & s14) geleer nie??........seker nie want ons het dieselfde goed wat nie gewerk het nie, weer probeer!!

2)die verdediging van delport en hoe hy opgaan vir sy man..........die hele seisoen al............nou kry habana meer carrots as wat sy skuld is.............en ook hoe delport homself organiseer vir verdediging uit gebroke spel........hy is totaal pateties daarmee!!!.....as hy wakker was met steynkie se drie, het hy help verdedig en nie rond gestaan nie

3) i ystervriend vir gurthro........ons soek i yster saam hom in die voorry........ hard en betrokke by die spel wat i man kan terug duik.........met respek dink ek gerber het ons die seisoen gekos...........vaste voorspeler wat meeste strafskoppe afgestaan het in cc........hy is te onbetrokke

4) pedrie!!!!.........sy ervaring, krag en guts moes gebruik word........in durban het almal gejuig toe die bulle hom uitlaat............sy vorm was nooit swakker as spies die seisoen nie!!!...........en hy het al slot in i cc-finaal vir ons gespeel
....met onderskeiding!!.....al was hy op die bank in kruger se plek

5)frans ludecke!!!........is hy werklik.....een van sa se beste afrigters?
....i goeie strateeg?
i goeie motiveerder?
i rugby denker?
iemand wat vertroue by die spelers het

dis maar net my gedagtes!!

ek wil graag die blou lig sien!!
Posted by OU BUL (potch) Wednesday, October 29, 2008 - 12:14