You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
Login  |  Register
Vodacom Bulls' Super 14 group


The Vodacom Bulls have been training at Loftus Versfeld since last week Monday and the following players are in the squad:

(please note that this is only a training squad and not the official Super 14 group)

VODACOM BULLS' SUPER 14 TRAINING SQUAD:

Fullbacks: Zane Kirchner, Tiger Mangweni
Wings: Akona Ndungane, John Mametsa, Bryan Habana, Gerhard van den Heever, Rocco Jansen
Centres: JP Nel, Marius Delport, Stefan Dippenaar, Gerhard van der Merwe, Jaco Pretorius, Wynand Olivier, Wayne Julies, Stefan Watermeyer, Ruan Boshoff
Flyhalves: Morné Steyn, Burton Francis, Francois Brummer, Marnitz Boshoff
Scrumhalves: Fourie du Preez, Heini Adams, Francois Hougaard, JP Joubert
Loose forwards: Pierre Spies, Dewald Potgieter, Gerrit-Jan van Velze, Pedrie Wannenburg, Dries van Schalkwyk, Okkie Kruger, Deon Stegmann, Jacques Burger
Locks: Victor Matfield, Wilhelm Steenkamp, Fudge Mabeta, Bakkies Botha, Danie Rossouw, Bosman Grobler, Ruan van Jaarsveld, Willem Serfontein, Bêrend Botha
Props: Rayno Gerber, Werner Kruger, Ruan Vermeulen, Frik Kirsten, Gurthrö Steenkamp, Jaco Engels, Dean Greyling, Corne Fourie
Hookers: Chiliboy Ralepelle, Derick Kuün, Bandise Maku, Henri Bantjes




Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. 1ste soos die BLOU BUL in 2009!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, November 24, 2008 - 06:32
2. MORE EDELE BLOU VOLK!

WELKOM terug JP Nel!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, November 24, 2008 - 06:33
3. More al julle Blou Bul mense....
Welkom terug JP,dit is met groot verligting toe ek nou op kom om te sien dat JP weer terug is in ons geliefde Bloubul span...
Nou wil ek met trots se dat ek vreeslik ge eerd voel en is om in die nuwe 70 Glorie jare boek te verskein,ek is die ou met die neusring en die horings op my kop,ek ry al 4 jaar so agter die Bulle se games an en ek was al kwaai in die knyp omdat dit my n klomp geld kos om so ver te ry altyd...
Ma mense was dit altyd die moeite werd.... Hel ja dit was en nou is my foto in die boek en ek deel van die Bulle se geskiedenis vir altyd.... HOERAAAAA....
Wel ek hoop julle het n lekker dag mense....
Hou by die BLOU....
Posted by Bloubulhoringkoning (PTA) Monday, November 24, 2008 - 06:58
4. Goooooooooooooooooooooooooooooooooooooooood morning BULLS !!!!

Geluk aan PDV en sy "Bokke" vir hulle oorwining Sat.

Die res van die mense ... n Lekker dag vir julle almal !!!!!
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, November 24, 2008 - 06:59
5. Sien "Fudge" is nog in die groep....
As hy skuldig bevind word aan sy "dagga" bust gaan hy mos die hele S14 mis...Hy sal mos dan vir 3 maande geskors wees.
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, November 24, 2008 - 07:02
6. Môre Bulle, Bullinne & Bergbok.
Nou kans sien hoe lyk die S14 groep. Dankie.
Welgedaan Bokke, julle het my mond stil gespeel.
Posted by Bulletjie 1 (Voorstad van BULLAND) Monday, November 24, 2008 - 07:17
7. Dag al my Blou vriende!

Boland, geluk met jou verjaardag!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Monday, November 24, 2008 - 07:21
8. Ja happy happy BOLAND !!!!
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, November 24, 2008 - 07:26
9. Geluk met die verjaarsdag Boland; mag jy een hengse jaar he...
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, November 24, 2008 - 07:31
10. Mmm.. wonder wat is die storie met Jaco vd Westhuysen???
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, November 24, 2008 - 07:35
11. Veels geluk aan die volgende bloggers:
Judge 22/11
Boland & Bulversie 24/11.
Mag die Here julle ryklik seën vir die volgende jaar.
Posted by Bulletjie 1 (Voorstad van BULLAND) Monday, November 24, 2008 - 07:44
12. Happy Birthday Judge wat op die 22ste verjaar het.

Geluk BolandBul en Versie met jul verjaardae vandag.
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Monday, November 24, 2008 - 07:52
13. Twee interesante keuses is die van Bosman Grobler en Ruan van Jaarsveld.
Ruan het vir die Valke gespeel en ek wonder is dit 'n franchise keuse of is hy nou by die Bulle.
Ek kan nie onthou of Bosman vanjaar enige Curriebeker rygby gespeel het nie
Posted by Stapper (Pretoria) Monday, November 24, 2008 - 08:12
14. Goeiemore aan al die Bul-ondersteuners.

Beeld - Londen. – Derick Hougaard het eergister hier 17 punte aangeteken en ’n foutlose stelskopvertoning gelewer vir die Leicester Tigers in hul sege van 27-14 oor Harlequins in die Engelse Premierliga.

Hougaard het ook een van die Tigers se drie drieë gedruk in hierdie indrukwekkende sege wat die afrigter, Heyneke Meyer, se span tussen die voorste spanne op die puntelys hou.

Bath het danksy ’n doelskop deur sy losskakel, Butch James, met 28-28 teen die Northampton Saints gelykop gespeel om steeds aan die voorpunt te bly.
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, November 24, 2008 - 08:16
15. BlouBulHoringKoning

Welverdiend meneer, nou is dit net tyd dat die Unie jou op die feeskomitee aanstel.

Ek wonder ook nou wat is die storie met Jaco van der Westhuysen?
Posted by Bloudonner (Pretoria) Monday, November 24, 2008 - 09:06
16. Geluk aan al die Bokke. Dit was m^%&6. Die beste span vertoning van die jaar.

My mede Bulle julle kan met my soveel stry as julle wil. Kry vir die Bulle vir Francois Steyn op losskakel en die Bulle wen permanent weer die Curriebeker.
Posted by Bloudonner (Pretoria) Monday, November 24, 2008 - 09:09
17. More almal in blou web kontrei.

Geluk aan die Bokke. Di darm vrek lekker om dieIngelse in Twckies te gaffel. Bly om te sien Hbana was weer nader aan sy ou self. Met die Bulls wat 'n baie gelukkiger groep gaan wees n 2009 (so hoop ek) sal ons weer 'n grote van Habana sien. Ek voel dit so aan my lyf. Dis 'n goeie groep hierdie. Ek sien veral uit na die voorrye wat deurkom, asook om te sien hoe Chlliboy sy voete gaan vind.

Ek is kleinbietjie bekommerd oor losskakel se diepte. Maar vanjaar lyk onbeter op senter en heelagters i nou gevestigde manne. Ons sal ook meer diepte he op slot. Ek si bly oor die jong vleuels wat ook gaan deurkom by die bulle.

Maar ons gaan vir WIKUS mis....

Welkom aan die nuwe manne. Ruan van Jaarslevld is goed genoeg maar wie op aarde is Bosman Grobler?
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, November 24, 2008 - 09:20
18. Geluk met die verjaarsdag, Judge; baie seeninge vir jou vir die volgende jaar...
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, November 24, 2008 - 09:20
19. EN, Happy Birthday en geluk Versie; mag jy geseend wees met al die bekers volgende jaar...
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, November 24, 2008 - 09:22
20. Jammer oor al die spel foute maar die keybord is horing.

Ek het hierdie naweek die veelbesproke en wydgeadverteerde "70 jaar van glorie" gekoop. Dis baie geld vir 'n betreklike dun boek wat in 'n saterdag agtermiddag gelees kan word. (Ek het dit reggekry!)

Dis 'n goeie opsommende storie van die Blou Bulle, maar vir die van ons wat meer feite soek oor gewes spelers en goeie beskrywings van wedstryde en om spelers beter te leer ken, wag daar teleurstelling.

Die boek wentel baies om ses karakters: Loftus, Buurman van Zyl, Frik Du Preez, Naas Botha, so bietjie van Joost en dan heelwat oor Heyneke, maar nie veel meer as wat jy die pers sou lees nie. Verder is daar interressante onstaansgeskiedenis oor die ou Noord-Transvaal.

Wat vir my teleurstellnd is is dat daar nie 'n enkele spanfoto van die manne in blou was gedurende die 70 er jare wat ons goue era was nie. Daar is 'n paar foto's in van Pierre Spies sr. en entjie van Frik, maar dis dit. Verder is daar meer foto's in van adminitrateurs as van hierdie spanne! Hoewel die 80's nie die beste tyd was vir die bulle nie, het ons darem 4 curriebekers kon wen en een gedeel. Dis 'n beter prestasie as die Heyneke era. Nie 'n enkele spanfoto is in nie, of nie eens goeie beriggewing of navorsing oor bv. 1980 se rekord oorwinning oor die WP in die finaal of enigsins 'n foto nie? Daar is geen statistieke oor die Bulle se vertoningslyie teen ander SA spanne nie. Ek sou nie hierdie boek na die drupers laat gaan het nie - wat van 'n bykomende DVD ,met hoogtepunte van ons cc finale? Lees 'n mens die boek oor SA Skole rugby wat R150 duurder kos, is hierdie ene maar aan die dun kant. Omdat rugbybronne so skaars is uit die argiewe, sit die punliek met bitter min inligitng in hul hande oor rugby in de 70's en 80's.

Instede daarvan is daar 4 volblad kleurbladsye oor ou wedstryd programme.

Toegegee, sê Boet Fick in die voorwoord, dit is geen naslaan werk nie. Maar as Blou Bul wat iets vir my seuntjie wil nalaat oor ons roemryke geskiedenis en spanne, voel ek so bietjie teleurgesteld met die boek.

Jammer, maar dis my mening.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, November 24, 2008 - 09:39
21. Geluk Judge! Hoop jy kan vir ons 'n goeie analise gee van jou lewe as blou Bul ondersteuner!
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, November 24, 2008 - 09:43
22. LBB en Bloudonner

Ek stem saam. Die naam van Jaco vd W skitter in sy afwesigheid!

Miskien is hy nog te besig in Japan en kom hy eers vroeg in die nuwe jaar hier aan. Met die beskikbare talent gaan hy egter sukkel want al die manne is besig om hulleself goed te vestig. Kirchner ens. As Morne Steyn nie presteer nie kan JvdW altyd daai gaatjie vul maar wat dan van die jong manne Francis, Brummer ens.?

Bloudonner ek stem saam met jou. Francois Steyn het mooi gebreek Saterdag maar ek dink nie hy sal ooit Pretoria toe kom nie. Die Sharks het hom ingemessel. Met Ruan wat nou so goed doen op no 10 dink ek hy gaan senter of heelagter speel daar.

Maar wat 2009 kan nie gou genoeg kom nie. Ekke is LUS vir daai Sharks en hulle fans. Ons gaan vir hulle vat met 'n KRAG!!!!
Posted by bloubefoeterd (pretoria) Monday, November 24, 2008 - 10:16
23. Dankie vir almal se mooi wense!!

Ek waardeer dit opreg!!
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, November 24, 2008 - 11:42
24. Goeie more mense, ek moet se, Ruan Pienaar het my stilgespeel die naweek, was nogal teleurgesteld in cipriani van Engeland. Ek gee toe, die bokke het my Verbaas. nou na belangrike dinge toe -

Volgende Jaar se Bulls span -

Ons lyk nog vir my bietjie maer in die voorry, ek is eerlik as ek se dat ek die dae van Kees Lensing, Gary Botha en Richard Bands. maar nou ja, dit is in die verlede.

Ek wonder oor ons diepte op loskakel, ek twyfel dat Burton al reg is vir S14, aangesien hy bitter min speelkans in die Curriebeker gekry het, soos julle genoem het, Jaco vd Westhuizen skitter in sy Afwesigheid, hy so `n groot verskil op loskakel gemaak het, en ons hele agterlyn aan die lewe bring.

Welkom terug aan JP Nel, en `n woord van advies aan Jaco Pretorius, jy sal moet Roer om vir JP te Klop.

Hartseer om te sien daar het niks van die Luke Watson saak geword nie, wonder hoe voel ou Grotes soos Frik hulle oor dat luke watson ook dieselfde trui as hulle gedra het.

Maar nou ja, onthou ons Bokke se leause en Geniet die dag -

Winning isn't everything, if it was, Jake White would still be coach.
Posted by BaberBok (Jacarandastad) Monday, November 24, 2008 - 11:53
25. Middag BLOU MENSE
Baie geluk aan almal wat verjaar/verouder/verweer! Mag julle `n BLOU jaar ervaar.

Geluk Bokke - dit was lekker om daai Pommies op te hel!
Was dit die laaste keer wat ons die Bok op `n trui gesien het??

Mosselbaai #20. Dis nou slegte nuus. Ek sit en wag vir my boek, behoort Woensdag afgelewer te word. Nou is ek nie meer opgewonde nie. Hulle sal nie `n DVD uitbring nie, ons het mos laasjaar gevra vir een oor die S14, toe het die BBRU die verskoning van kopiereg. Hulle het genoeg geld, koop die regte!! Oor 20 jaar van nou af help `n foto niks, maar video materiaal maak die legendes weer lewendig!
Posted by Boer (Van die plaas) Monday, November 24, 2008 - 12:49
26. Dis mooi om te sien hoe positief almal reeds is oor die S14 2009.
NOU DIE BLOU!!

Ek is baie bekommerd. Haker, stut en losskakel gaan `n probleem wees. Morne Steyn is `n goeie provinsiale speler, maar dis al. Burtin Frances het my nog nooit beindruk nie. Ok - hy is nog jonk, sal maar moet sien hoe ontwikkel hy.
Posted by Boer (Van die plaas) Monday, November 24, 2008 - 12:56
27. Ons lyk te maer op voorry maar verder lyk die bulle baie sterk,agterlyn lyk skitterend ons moet nou net oefen om meer kreatief agter te wees want ons het nou weer die spelers om agter aan te val!!!
Bakkies en die manne voor sal vir ons goeie bal gee agter!!!
Posted by bloukrag (Pretoria) Monday, November 24, 2008 - 13:55
28. Hallo Blou Bulle,liewer laat as nooit.

Dat daar nog mense is wat Morne Steyn sien as n Springbok,asseblief.Om wat te doen,seker om lemoene te skil. Ruan het gewys hoe n nommer 10 n lynskop moet gee.Gaan kyk na die CB final,Morne kry skaars meer as tien meter uit n skop,en sy doel skoppe laat n laerskool laaitie lag.

Koop vir Frans Steyn en julle sal n ander Blou span sien.Weet julle hoe lekker is dit vir n voorie om van sy kwartlyn na n lynskop doer op die ander span se kwartlyn n lynstaan te vorm,dan vir die bal te werk en te score.Morne sorry ek weet jy probeer maar jy sal dit nie maak nie.

Ons het JP se verdediging baie gemis,sy stywe arm ook,maar met hom,Jako en Wynand,wat wil ons meer he?O ja n stut,haker en n losskakel.

Blitz,lekker om weer van jou te hoor!!!
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, November 24, 2008 - 16:34
29. Mossel,stem saam met jou.

Die boek is glad nie wat ek gedink het dit gaan wees nie.Ek sal R500 betaal maak nie saak nie solank die inhoud reg is,maar dit is baie swak.Die foto materiaal is ook afgeskeep.Meer span fotos sou nice gewees het.Ek dink hulle het n halwe poging aangewend.Miskien moet hulle weer oor 70 jaar probeer.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, November 24, 2008 - 16:55
30. Hartlik geluk aan al die verjaarsdagvrinne. Mag julle 'n geseende jaar vol voorspoed , gesondheid en liefde beleef.

Ja, die Bokke het die beste vir laaste gebere en het 'die Engelse 'n goeie pak gegee. Beide spanne het kanse vir driee verlore laat gaan, soos dit maar in rugby is. Ruan Pienaar was die MOM. John Smit het weer sy waarde as kaptein getoon. Eintlik was die onderhoudvoerder met Martin Johnston die beste op die dag!!!!!

Ek is redelik optimisties dat die Bulls vanjaar minstens onder die top ses spanne kan eindig. Negatief is die verlies van Wikus en Derrick. Positiewe is dat die span gewoond is aan die ELV's. FL is 'n jaar wyser en die spelers is nou gewoond aan hom en Pieter Rossouw en sal hom hopelik nou vertrou. Victor is terug en die polemiek oor Bakkies en die Habanas hopelik verby.

Die spanne gaan baie op die Sharks fokus waar almal in 2008 op ons gefokus het. Ons heelagters is ryper, meer opsies op senter, maar Morne sal hom vanjaar MOET bewys. Ek hoop Jaco vd W kom nog by want die res is te onervare vir S14. Francis het dit gewys in die laaste CB wedstryd teen die Valke. Ons voorry sal moet uithaal en daar benodig ons 'n slim skrumdokter. Matthew Proudfoot - volgens Markgraaf uitstekend - verlore vir die Bulls. Ek is onseker hoe die loosies moet lyk. Stegmann = 6. Spies / Rossouw / Pedrie = 7 en Potgieter / Spies = 8. Ons grootste risiko is die besluite wat die bestuur kan neem of vergeet om te neem. Is almal se kontrakte met INK voltooi ? Potlood vee te maklik uit. Indien die beseringspook kan wegbly, sien ek uit na 'n baie beter 2009 S14.

Die Bulls kan Frans Steyn goed gebruik op 10 en 15. Ons weet ongelukkig dit gaan nie gebeur nie. Hy gaan binnesenter speel en klein bietjie losskakel totdat Stefan Terblanche dalk seerkry, dan is hy die heelagter. Hy en die Sharks is rerig geseend.
Posted by JB 007 (Centurion) Monday, November 24, 2008 - 17:17
31. Hierdie is 'n goeie groep, en hul sal sekerlik baie beter vaar as hierdie jaar.

Maar daar kort werklik 'n paar sleutelspelers om dit 'n kampioenspan te maak.

Ons swakplek is nogsteeds die voorry en op losskakel.

Morne is op sy beste 'n goeie speler, maar nie 'n wedstrydwenner soos bv. Hougaard, Ruan Pienaar en 'n Francois Steyn nie.

In die voorry is dit werklik net Guthro wat hoog aangeskrywe is, en selfs hy is nie so sterk skrummer nie. Vergelyk daarteenoor die Haaie se voorry: Beast, Smit, Bismark, Jannie Dup, Carstens .... nie eers 'n vergelyking nie.

Die Bulle het so baie geld, hulle moes ten minste nog 'n erkende sterk stut en haker gekoop het, bv. weer vir Kees Lensing en Danie Coetzee vir haker.

Ons grootste fout bly nog dat ons vir Hougaard laat gaan het.

Maar nou ja, ons sal hoop vir die beste, en dat manne soos Spies en Habana nou na hul 'afjaar' volgende jaar die wêreld weer aan die brand sal speel.
Posted by alf Monday, November 24, 2008 - 21:12
32. Goeiedag almal,

Lanklaas geblog, maar ek wroeg nog oor die CB eindstryd wat so onnodig verloor is weens 'n swak wedstrydplan.

In elk geval, Mosselbaaibul, ek wil net twee opmerkings maak oor jou bydraes hierbo by 17 en 20.

Eerstens, Bosman Grobler is al twee jaar lank Tukkies se kaptein. Dis dieselfde Tukkiespan wat die glorie van die verlede laat herleef het en nou reeds twee jaar na mekaar die Carltonbeker gevat het, na jare se droogte. Briljante slot. Ons gaan nog baie van hom hoor. Harde, eerlike werker. Lekker groot man. Grinder soos min in die vastelos en 'n goeie lynstaanman. Laat my nogal baie dink aan 'n jong Johan Ackerman. In my opinie saam met Vic, Bakkies en Danie onder die top 4 in die groep hierbo.

Ek hou daarvan dat daar weer 'n paar manne uit klubrugby naam gemaak het en nou skynbaar kontrakte by die Bulle het. Die twee Gerhards in die agterlyn het ook hul naam by Tuks gemaak vanjaar. Dis 'n baie goeie teken oor die kwaliteit van rugby in Pretoria. Daar is 'n paar klubs waar dinge reg gedoen word. Tuks, TUT en Centurion, byvoorbeeld. Hou gerus ook die Silver Valke dop. Hulle resep is reg -- gaan haal die manne wat wíl rugby speel daar uit die Moot se wêreld. Steur hulle nie aan die knape met die haarstyle uit die Ooste van Pretoria nie. Het van nêrens gekom en vanjaar 'n paar grotes lekker skrikgemaak.

Dan oor die boek. Miskien het jy te veel verwag omdat ky nie die idee agter die boek verstaan nie. Sover ek kon vasstel, moet hierdie boek saamgelees word met die een wat met die 50ste verjaardag in 1988 verskyn het. (Noord-Transvaal 50. Meer sa 400 bladsye met volledige geskiedenis en statistiek tot op daardie stadium.) Die nuwe boek, so verstaan ek, konsentreer meer op die laaste 20 jaar se geskiedenis, die sogenaamde "nuwe era", wat veral die tydperk sedert profesionalisme insluit. Elke soortgelyke boek het sy tekortkominge, maar vir my lees die twee lekker saam. Miskien moet die Bulle se bestuur nou al begin werk aan 'n lywige en volledige boek vir die 75ste verjaardag oor vyf jaar, wat alles dan saamvat.
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Monday, November 24, 2008 - 22:16
33. Hoewel ek nog nie dieboek gekoop het nie, beplan ek wel om een aan te skaf. Dit sal saam met my kopie van NT50 reg lyk. Baie van die foto's wat deur bloggers gesoek word is inderdaad in die NT50 uitgawe. Nog 'n baie interesante boek oor die Bulle is 'n boek wat ongeveer in 1977 verskyn het, genaamd "Die Ligbloues". Hierdie boek besit ek self nie, maar het hom by 'n bibloiteek geleen.k
Posted by Stapper (Pretoria) Monday, November 24, 2008 - 23:14
34. GOEIE MORE EDELE BLOU BUL BLOGGERS!

Mag julle n heerlike dag he..

Die BLOU BUL bly die BESTE!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Tuesday, November 25, 2008 - 06:44
35. Sooi Brandt

Dankie vir die inligting oor Bosman Grobler. Ek is ten gunste daarvan dat klubrugby weer moet heerleef in SA. Ek was as klein seuntjie by Pretoriarugby klub bevoorreg om grootes soos Louis Moolman te sien. Ek dink die vodacombeker moet plek maak vir klub rugby en gedurende die Drienasies kan die vodacombekerbesis word gevolg deur die Currie beker met 5-6 spanne. So sal klubrugby weerbegin opstaan en sal ons kennis neem van baie goeie spelers.

Ja nee. Ek kan nie die gedagte agter die boek mooi verstaan nie nadat ek dit klar gelees het nie. Waarom 'n 70 jaar bundel uitgee as baie die Bus in 1988 gemis het met NT50? Hoe weet Blou bul ondersteuners buite Pretoria waar kry mens so boek? En dis my punt. Die Blou Bulle se ondersteunersbasisis lankal nie meer net Pretoria nie, hier word dan in George 'n Blou Bul aand elke jaar aangebied by Outeniqua hoërskool. Hoe kan ons toegang kry tot die NT 50?

Die boek se titel en die prys skep ook verwagtinge waaraan dit nie voldoen nie. Ek kry die idee dat ons iets wou doen vir die 70 jarige viering, en die begroting was beperk.

Maar anyway, dis maar my mening. Dis 'n lekker boek om op my rak te hê en voor die ander ondersteunerste swaai. Maar as Blou Bul liefhebber is ek bietjie teleurgesteld. Kyk bietjie na die bemarking van die boek hieronder en sê my wat verwag jy in die inhoud gaan weesas jy nog nooit eens gehoor het van NT50 jaar nie?

En nou soek ek NT 50 jaar. Waar kan ek dit kry?

Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Tuesday, November 25, 2008 - 08:36
36. Ag etter, nou net in die Beeld moes lees dat McFarland nie opgedaag het vir werk nie.

Hoeko drop mense die Bulle so? Hemel, dis die begin van 'n nuwe seisoen, en on begin al weer met 'n flippen afrigtingskrisis.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Tuesday, November 25, 2008 - 08:43
37. Dit lyk my ons sit sonder 'n verdedigings afrigter - hier gaan ons alweer aan die vooraand van 'n nuwe seisoen
Posted by Realistix (Kempton Park ) Tuesday, November 25, 2008 - 08:45
38. Morris Gilbert
Die Bulls en Blou Bulle is amptelik op soek na ’n nuwe verdedigingsafrigter nadat John McFarland nie gister vir werk opgedaag het nie.

McFarland, wat tot gister met verlof was, het met sy afwesigheid duidelik kennis gegee van sy voorneme om nie na Suid-Afrika terug te keer nie.

Hoewel sy kontrak met die Blou Bulle Maatskappy (BBM) verlede jaar met ’n verdere drie jaar verleng is, het McFarland op 7 November bedank en koers gekies Engeland toe om sy siek pa te besoek.

In dié tyd het sterk gerugte die ronde begin doen dat McFarland ook om ’n ander rede terug in sy geboorteland is. Dit is om sy bande met Heyneke Meyer, hoofafrigter van die Leicester Tigers, te hernieu.

McFarland en Meyer, die Bulls en Blou Bulle se vorige hoofafrigter, is geesgenote. Volgens berigte in plaaslike Engelse koerante kom dit voor of McFarland ’n pos by die Tigers aanvaar het en dat dit sy nuwe tuiste is.

Daar word betroubaar verneem die verlenging van McFarland se kontrak het met ’n reuse-salarisaanpassing gepaard gegaan en dat dít sy ‘gedros’ nog swaarder maak om te sluk.

Ian Schwartz, media-bestuurder van die BBM, het gister bevestig dat Farland nie kom werk het nie.

Hy is weens menslikheidsredes deur die afrigter, Frans Ludeke, verlof gegee om eers vandag, ’n week nadat die Bulls se Super14-voorbereiding begin het, aan te meld.

Schwartz wou nie sê of die BBM regstappe teen McFarland vir kontrakbreuk gaan neem nie, maar dit lyk na die enigste logiese stap.

Daar kan selfs sprake daarvan wees dat die BBM in ’n Engelse hof ’n interdik teen McFarland kry om hom te keer om by Leicester af te rig totdat dié klub bereid is om die nodige oordragskoste te betaal.

Gary Sherrar, kommunikasie-bestuurder van Leicester, was nie gister vir kommentaar beskikbaar nie, terwyl McFarland se Suid-Afrikaanse selfoon net gelui het.

Soos verlede jaar, toe Ludeke amptelik eers in Desember as Meyer se opvolger aangestel is, durf die Bulls die nuwe Super14-seisoen weer met ’n agterstand aan. McFarland was goud werd.

’n Mens kan met taamlike sekerheid aanvaar dat Ludeke in Desember ’n rukkie in Australië sal agterbly om na opvolgers vir McFarland te soek. Ludeke woon die vergadering van Super14-afrigters by, wat aan einde vandeesmaand plaasvind.

Posted by Bloudonner (Pretoria) Tuesday, November 25, 2008 - 08:46
39. Heyneke is besig om my goed die d&^^%% in te maak. Los die Bulle uit!!!!! Die unie het op sy voorstel vir FL aangestel en nou vat hy al FL se fondamente weg.
Posted by Bloudonner (Pretoria) Tuesday, November 25, 2008 - 08:48
40. Dit is jammer dat Meyer suurgat raak - ek hoop ons kan 'n goeie verdegingsafrigter kry wat sy plek kana inneem
Posted by Realistix (Kempton Park ) Tuesday, November 25, 2008 - 08:51
41. Dagvaar Mcfarland sommer lekker en stel iemand aan wat wil werk en wat wil betrokke wees , help nie die span sit met iemand wat nie daar wil wees nie die span het nie negatiewe invloede nodig nie , daar is genoeg negatiewe invloede soos politieke druk , regstelaksie het nie 'n suurgat nodig nie. Daar dros hy soos 'n sleg....................
Posted by BloubulindieBoland (Ashton) Tuesday, November 25, 2008 - 09:26
42. More alle blou ondersteuners

Ek kry nie baie kans om hier te kom, soos julle seker kan sien, maar dit bekommer my dat die manne so waai by die Bulle...Nou wil die McFarland ook waai. Ag nee man, Heyneke moet nou nie so raak nie, maar aan die ander kant, dis nie sy skuld die BBRU kon hom nie tegemoed kom nie (my gevoel). Hy wil nou daai kant met die beste bou, so nou kom haal hy dit net weer hier.

Ek wag ook in spanning op die 70 Jaar vieringe boek, maar soos ou mosselbaai, het ek nie geweet van die 50 jaar een nie.(was nog op skool). Waar kan ons dit kry?

Mosselbaaibul en BloubulindieBoland, ek kom bietjie desember in julle kontrei draai maak. Ek gaan saam my familie in kleinbrak vakansie hou en dan so 2 dae Montaque toe...Die vakansie sien mens weer blou innie kaap, sjoe dis darem lekker...

Tot later.
Posted by Blou-is-Baas (Bulls is Baas!!!) Tuesday, November 25, 2008 - 09:43
43. Môre al die Bloumense

Ek het al verlede jaar al gewaarsku teen HM. Niemand wou my toe glo nie.
Posted by Rustig (Centurion) Tuesday, November 25, 2008 - 10:06
44. Mosselbaaibul

NT50 is gedruk en gebind deur Nasionale Boekdrukkery, Goodwood. Vir 'n lang kans probeer hulle.

Probeer toestemming by die Bloubulle kry dat die boek ingescan word. Dan druk jy jou eie kopie.

Andersins probeer adverteer, besoek hospices en tweede handse winkels, skool kermisse ens

Myne is nie te koop nie
Posted by Stapper (Pretoria) Tuesday, November 25, 2008 - 10:17
45. Hellou BLOUES

En daar gaan ons alweer op die nippertjie voor die nuwe seisoen alweer opsoek, hoekom altyd op kort kennisgewing en met drama gepaard ek kry sommer 'n kramp.

Anyway ek hoop net hulle kry hierdie keer iemand wat wil bly vir 'n lang tyd, maar hulle sal moet roer alles moet reg wees as die ouens begin by die oefenkamp in Desember.
Posted by blouheks (100%BLOUBUL) Tuesday, November 25, 2008 - 10:37
46. Kan Pieter Rossouw nie die pos ook oorneem nie?
Posted by Rustig (Centurion) Tuesday, November 25, 2008 - 11:11
47. Goeiedag Bloubul bloggers,

Mosselbaaibul, ek weet nie of die Bulle se kantoor dalk nog eksemplare van die 1988-boek oor het nie. Probeer maar die mense daar by bemarking, dalk is jy gelukkig. Myne is ongelukkig ook nie te koop nie.

Ek moet sê, as ek die 1988-boek met die nuwe een vergelyk is daar beslis tekortkominge in die nuwe boek. Die 50-jaar boek het byvoorbeeld 'n volledige lys van elke enkele speler wat tot op daardie stadium vir die Bulle gespeel het, al was dit net een game! Dis sulke statistiek wat 'n ware Bloubul-ondersteuner altyd handig te pas kom in rugby-argumente. Miskien was die eerste boek se grootste bate dat manne soos Bags Cilliers, Johan Volschenk en Quintus van Rooyen en Neil Steyn daaraan help werk het. Daardie manne het die Bulle se geskiedenis geken en hulle het die waarde van statistiek verstaan. Daar is ook foto's in daardie boek gepubliseer wat jy nêrens anders sal kry nie.

Ek dink die nuwe boek was meer 'n kommersiële poging en daarom het leemtes ingesluip.

Soos ek vroeër gesê het, miskien moet die Bulle se bestuur nou reeds begroot en manne aanwys om te begin werk aan 'n ordentlike en volledige geskiedenisboek vir die 75ste verjaardag in 2013.

Wat die McFarland probleem betref, dit beoort nie enige probleem te wees nie. Laat hom gaan en stel vir Naas aan as tackle-coach! Hy behoort nie daar slegter te vaar as wat ons huidige voorspeler afrigter met die voories doen nie...
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Tuesday, November 25, 2008 - 11:23
48. Rustig

Ek dink nie Pieter Rossouw sal werk nie want die verdedigingsafrigter moet betrokke wees by al die spanne vanaf Juniors, Vodacom to by S14.
Posted by Bloudonner (Pretoria) Tuesday, November 25, 2008 - 11:24
49. Môre julle Bloues

Blou-is-baas - waar wou die BBRU nie vir HM tegemoet kom nie. Hulle het 'n pos vir hom geskep as Direkteur van afrigting. HY het gekies om op nr. 99 aansoek te doen vir die Springbokafrigter's pos. SARU het hom ingedoen nie die BBRU nie. Toe Piet-Helium (oulike naam wat ek gehoor het) die pos kry, het HM die Bulle soos 'n warm patat gelos en is hy Engeland toe.

Wat my net die vieste in maak is die feit dat bulls John M se kontrak op SY aandring met 3 jaar verleng het en dat hy (volgens die Beeld) 'n REDELIKE salaris aanpassing gekry het. Nee, man......gaan voort BBRU, dagvaar hom en kry sommer daai interdik in Engeland dat hy nie mag afrig voordat die ding uitgesorteer is nie. Mens moet darem integriteit hê.
Posted by Bulletjies Bo (Pretoria) Tuesday, November 25, 2008 - 11:57
50. Bulletjies Bo skryf "waar wou die BBRU nie vir HM tegemoet kom nie. Hulle het 'n pos vir hom geskep as Direkteur van afrigting. HY het gekies om op nr. 99 aansoek te doen vir die Springbokafrigter's pos. SARU het hom ingedoen nie die BBRU nie. Toe Piet-Helium (oulike naam wat ek gehoor het) die pos kry, het HM die Bulle soos 'n warm patat gelos en is hy Engeland toe."

Stadig oor die klippertjies, Bulletjies Bo! Waar kom jy aan hierdie twak? Wanneer het die Bulle vir Heyneke 'n pos "geskep" as Direkteur van Afigting? Jou "feite" kom seker iewers uit 'n kroeg uit?

Die waarheid is dat Heyneke, VOORDAT HY AANSOEK GEDOEN HET VIR DIE BOK-POS, die Bulle genader het met 'n voorstel om direkteur van Afrigting te word. Dit was deel van sy nuwe super-plan om die Bulle die beste provinsiale span ter wêreld te maak. Hy het egter 'n skop in die tande gekry en het toe besluit om vir die Bok-pos aansoek te doen. Daar het hy toe weer 'n politieke skop in die tande gekry. Na byna agt maande as sakeman in die privaatsektor is hy eers Leicester toe!

Moenie nou weer vir Heyneke met modder kom gooi nie! Ek dog ons is verby daardie speletjie. Soos Clinton van der Berg van Sunday Times iewers geskryf het, Heyneke is heeltemal te veel van 'n gentleman! As hy 'n bitterbek was en met die media gepraat het oor die behandeling wat hy gekry het (nadat hy die Bulle vir dood kom optel het aan die begin van die dekade!), sou die koppe dalk nou nog gerol het!

Miskien moes hy maar gepraat het. Dan was ons dalk nou al deur die skoonmaakproses en sou ons nie hier op die vooraand van die 2009 Super 14 weer oor die strukture rondom ons span begin twyfel het nie.
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Tuesday, November 25, 2008 - 13:19
51. Goeie dag alle Bulle. Ja die Bokke het goed gewen Saterdag, maar ek reken ons moet perspektief behou. Dit was van die mees onervare Engelse spanne in jare met 'n skakelpaar wat moeilik sou kers vas hou in die Vodacom Beker toernooi. Ten spyte daarvan het hulle ons +-107 duikslae laat uitvoer teeoor hulle +-58. Hulle was net te onervare om af te rond. Onthou die vorige Saterdag het Skotland verloor ons het nie gewen nieen mag . Ek is defnitief nog nie oortuig nie. Groetnis en mag Derick nog baie sulke naweke beleef
Posted by Blou Bul dame (Pretoria) Tuesday, November 25, 2008 - 14:04
52. Sooi Brandt, ek het beter dinge om te doen as om in kroeë rond te hang.....so sorry, sal jou nie daar raakloop nie.

Volgens die stories wat ek gehoor het, is dit pos geskep. So sorry as ek verkeerd was. Ek het nou nie al die inside information soos jy nie. Wat is die punt om 'n mening te lig op hierdie blog as 'n mens dan uitgemaak word vir 'n dronklap??????

HM het wel vir 'n paar maande by USN gewerk, want hy was klaar met rugby. Ek het niks teen HM nie, was een van sy grootste fan's. Ek wens net hy wil ons nou uitlos....dit was sy keuse. En dit is nie net ek wat tans 'n probleem met hom het nie, lees wat die ander ook skryf.
Posted by Bulletjies Bo (Pretoria) Tuesday, November 25, 2008 - 14:16
53. Hallo Bulletjies Bo.

Moenie oorreageer oor die kroegstorie nie. Dit was tog duidelik by wyse van spreke!

In elk geval, jy is weer verkeerd! Jy sê: "Ek wens net hy wil ons nou uitlos....dit was sy keuse." Nee!. Dit was NIE sy keuse nie. Sy eerste keuse (voor die Bokke en voor enigiets anders) was om by die Bulle te bly en van dié span die beste rugbyspan in die wêreld te maak. Dit was ongelukkig ander mense BINNE ONS EIE STRUKTURE se keuse om vir hom die deur te wys!
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Tuesday, November 25, 2008 - 14:27
54. Okay, VREDE!!! Ons kan ure hieroor redeneer. Ek is eerlik, ek het nie bewyse nie, maar het jy? Ietsie heeltemal anders. Wanneer kondig hulle die amptelike Super 14 groep aan? Voor of na die oefenkamp op George?
Posted by Bulletjies Bo (Pretoria) Tuesday, November 25, 2008 - 15:01
55. 'n Span van 30 spelers moet deur elke Super14 franchise aangewys word. Hierdie spanne sal sowat 2 weke voor die eerste wedsryde bekend gemaak word
Posted by Stapper (Pretoria) Tuesday, November 25, 2008 - 23:48
56. More almal.

Gou weer hier. Bulletjies Bo en Sooi Brandt, hey, ek wou nie oorlog hier he nie. Die feit is, HM is nie meer hier nie en ons moet ongelukkig dit aanvaar. Hoe dit gebeur het, weet ek nie en lyk my baie ander ook nie.

Tot wanneer is die oefengroep in George bymekaar? Ek gaan die 19de deur George ry, so as hulle nog daar is, sal dit nice wees om hulle te sien.(As mens kan)
Posted by Blou-is-Baas (Bulls is Baas!!!) Wednesday, November 26, 2008 - 07:26
57. Burton Francis - Congratulations with the Vodacom player of the year award, we are proud of you.

Keep on the good work.
Posted by Nadeane (Cape Town, Paarl) Wednesday, November 26, 2008 - 08:09