You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
Login  |  Register
Francis named as Vodacom Cup Player of the Year


The Vodacom Blue Bulls' Burton Francis was named as the Vodacom Cup Player of the Year at Sa Rugby's annual awards banquet - sponsored by Absa, Sasol and Vodacom - which took place at a dazzling ceremony at Vodaworld, Midrand on Tuesday.

Francis was absolutely outstanding for the Blue Bulls in the Vodacom Cup and consistently performed to the best of his abilities.

The WP's Jean de Villiers was named as the SA Rugby Player of the Year, while the Sharks' Ryan Kankowski is the Super 14 Player of the Year.

The other prominent players who received rewards were Jean Deysel (Currie Cup Player of the Year), Robert Ebersohn (Young Player of the Year) and Ricky Januarie (Try of the Year).

All the SA Rugby Award winners:

SA Rugby Player of the Year:
Winner: Jean de Villiers (Western Province)
Also nominated: Bismarck du Plessis, Adrian Jacobs, Ryan Kankowski, Beast Mtawarira (all Sharks).

Vodacom Super 14 Player of the Year:
Winner: Ryan Kankowski (Sharks)
Also nominated: Andries Bekker, Jean de Villiers, Conrad Jantjes (all Stormers), Rory Kockott (both Sharks).

Absa Currie Cup Premier Division Player of the Year:
Winner: Jean Deysel (Sharks)
Also nominated: Heinrich Brussow (Free State Cheetahs), Ryan Kankowski (both Sharks), Wynand Olivier (Blue Bulls), Stefan Terblanché (Sharks).

Vodacom Cup Player of the Year:
Winner: Burton Francis (Blue Bulls)
Also nominated: Isma-eel Dollie (Western Province), Rocco Jansen (Blue Bulls), Ashley Johnson and Wilton Pietersen (both Free State Cheetahs).

Sasol Young Player of the Year:
> Winner: Robert Ebersohn (Free State Cheetahs)
Also nominated: Heinrich Brüssow (Free State Cheetahs), Ryan Kankowski, (Sharks), Nick Köster (Western Province), Beast Mtawarira (Sharks).

Players' Player of the Year:
Winner: Jean de Villiers (Western Province)

Vodacom Team of the Year:
Winner: Sharks (Super 14 team)
Also nominated: Platinum Leopards, Sharks (Absa Currie Cup team), Blue Bulls, Stormers.

Absa Coach of the Year:
Winner: John Plumtree (Sharks, Absa Currie Cup)
Also nominated: Eugene Eloff (Golden Lions), Rassie Erasmus (Stormers), Frans Ludeke (Blue Bulls). Chaka Willemse (Leopards).

Absa Currie Cup First Division Player of the Year:
Winner: Kennedy Tsimba (Griffons).
Also nominated: Cecil Afrika, (Griffons), Clayton Durand (Leopards), Ashley Johnson (Griffons), Vuyo Zangqa (Leopards).

SuperSport Try of the Year:
Winner: Ricky Januarie (SA v New Zealand, Dunedin)

Sasol Sevens Player of the Year:
Renfred Deysel

Sasol SA Under-20 Player of the Year:
Robert Ebersohn (Free State Cheetahs)

Women's Player of the Year:
Lorinda Brown (Eastern Province)

SAA National Club Champs Player of the Tournament:
Lola Waka (Pukke)

Marriott Refereeing Achievement of the Year:
Mark Lawrence

Coca-Cola Craven Week Player of the Tournament:
Sampie Mastriet (Boland)

Sasol Springbok Journalism Awards:
Sasol Springbok Journalist of the Year: Simnikiwe Xabanisa (Sunday Times).
Sasol Springbok Broadcasters of the Year: Dawie van Rensburg, Gert Roets (SuperSport for Springbok Saga)
Sasol Springbok Photographer of the Year: Craig Nieuwenhuizen (Rapport)



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. More Almal

Geluk Burton, daar word groot dinge van jou verwag.

En geluk Jean de Villiers en Jean Deysel, twee van my gunsteling spelers.
Posted by blouHenk (PE) Wednesday, November 26, 2008 - 09:40
2. Hierdie vertel die verhaal van te min toppresteerders by die Bulle.
Posted by Stapper (Pretoria) Wednesday, November 26, 2008 - 10:01
3. Burton Francis - Congratulations with the Vodacom player of the year award, we are proud of you.

Keep on the good work.
Posted by Nadeane (Cape Town, Paarl) Wednesday, November 26, 2008 - 10:14
4. Geluk Burton, bou voort daarop en wys jou staal met die S14.
Posted by Bulletjie 1 (Voorstad van BULLAND) Wednesday, November 26, 2008 - 10:20
5. So wat het met die Bul spelers gebeur hierdie jaar? Vergeet van die pryswenners en kyk na die nominasies. Daar is omtrent nie 'n enkele Bul speler in enige van die kategoriee nie.

Wat het hierdie jaar gebeur met Victor Matfield, Fourie du Preez, Pierre Spies, Danie Rossouw, Bakkies Botha, Bryan Habana etc?

Is hulle almal net skielik swak spelers, of is daar ernstige probleme gewees met die motivering en afrigting in die Bul kamp? Kom ons hoop maar 2009 sien 'n ommekeer, maar as ek dinge reg verstaan, dan gaan helfte van ons ster spelers in elk geval waai in 2009.

Waar los dit dan die stand van die Bulle as 'n krag in Suid Afrikaanse en wereld rugby? Aan die einde van verlede jaar was daar sprake van 'n Noord Suid wedstryd tussen die beste provinsie in die Suidelike halfron (die Bulle), en die beste in die Noordelike Halfrond (ek dink dit was Wasps op daardie stadium).

Waar staan die Bulle nou in vergelyking met daardie tyd? In 2007 het ons die wereld speler van die jaar (Habana), die Wereldbeker finaal speler van die wedstryd (Victor Matfield), die best skrumskakel in die wereld en SA speler van die jaar 2006(Fourie du Preez), en die mees belowendste speler in die wereld (Pierre Spies) in ons geledere gehad.

Die Bulle kon opreg as die beste provinsiale span in die wereld beskou word. En vandag, slegs 12 maande later?

Ek sou eerder helfte van ons oorbodige jong spelers en B span ouens laat gaan, en die miljoene rande wat dan beskikbaar word gebruik om Eddie Jones of iemand as afrigter aan te stel, as om so aan te sukkel.

Verlede week het Jones geskryf dat hulle by die Bokke in die aanloop na die wereldbeker vir Pierre Spies (wat hy as die mees fenomenale atleet in wereldrugby bestempel) in sekere bewegings op buitesenter laat hardloop het, met fantastiese resultate.

Wel, ek het die Bulle nie een keer dit sien probeer in die S14 of Currie Beker kompetisie's nie. Dis maar een voorbeeld, maar ek voel ons spelers word nie meer tot hulle uiterste potentiaal gelei by die Bulle nie.

Dinge moet vinning verander, of ons staar moeilike tye in die gesig.

Dit is my hoop dat ons die 2009 S14 sal wen. Minder as dit sal teleurstellend wees, maar seker aanvaarbaar. Minder as 'n halfeindronde sal 'n algehele mislukking wees.

Kom ons kyk maar wat gebeur.
Posted by Shannow Wednesday, November 26, 2008 - 10:53
6. Sjoe... dankie vir daardie positiewe beriggie Shannow.... ek het net gou gaan kyk of die son darem vanoggend opgekom het.... en hy het!!!.... maar nou is ek nie meer seker oor more oggend nie....

Kom ons kyk maar wat gebeur.
Posted by zet (Pretoria) Wednesday, November 26, 2008 - 11:04
7. More Bulle

Wonder hoekom het Toks (aka Tokka) nie die prys vir beste kommentator
gewen nie ?? ***LMGA***
Weet iemand dalk wat het met die McFarland (verdedigings afrigter) storie gebeur?
Webbie , enige nuus ?
Of mag ek nie (net soos oor PdV) iets hieroor opper nie ?

Geluk aan al die wenners (die wat dit verdien het).
Sien op ander blogs dat die WP ondersteuners nou druk vir Jean de Villiers
as Bok (Protea?)kaptein na die Leeus toer.
Posted by bloublitz (Bulle en PRETORIA !!!!) Wednesday, November 26, 2008 - 11:22
8. Hallo almal
Ek sien op super14.com dat die Blues nou die skares op Eden Park gaan vra om stil te bly wanneer iemand pale toe skop. Glo 'n ou tradisie wat hulle wil terug bring...
Ek het die afgelope jare vir almal wat wou luister gese ek wens so dit kan weer op Loftus gebeur. Ek onthou nog as tjokkertjie hoe almal sshhhhhh geskree het as iemand gaan skop. Selfs in Ian MacIntosh se boek verwys hy hierna en hoe hy moes herken dit nie op Kings Park die geval was nie.
Kan ons ook nie asb. weer hierdie tradisie terug bring nie?
Dis tog net blerrie ongeskik om 'n skopper te boo
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Wednesday, November 26, 2008 - 12:21
9. BlueCon5

Stem 100% saam oor die stilbly wanneer ouens pale toe skop . Ek is bevrees vir die dag wat Luke Watson weer opdraf op 'n Suid Afrikaanse veld. Hy het so baie mense kwaad gemaak en terleurgestel, Die skare gaan hom nie uitlos nie.

Ek het ook nogals 'n probleem met drank by stadions, veral by Ellispark. Ek verstaan daar is baie van ons wat 'n biertjie of twee saam met die rugby wil drink, maar so baie mense misbruik die voorreg, en maak rugby onaangenaam vir die mense rondom hulle met hulle dronkenskap en swak maniere.
Ek het dit al vroeer genoem, daar was aan die begin van die jaar 'n dronk Sharks ondersteuner wat voor my op Ellispark gesit het, en vir die volle 80 minute het hy gestaan en sy vlag geswaai. Niemand van ons agter hom kon behoorlik sien nie, en toe ons hom mooi gevra het om te sit het hy ons bloot gevloek en daarna geignoreer.

Ek kan net vir myself praat, maar ek verstaan nie hoekom mens dronk by 'n rugbystadion wil opdaag, of daar dronk wil raak nie. Dit gaan tog oor die rugby.
As ek gaan rugby kyk het ek nie 'n saak met drank nie, ek leef my in die wedstryd in en geniet elke oomblik daarvan.

Maar almal is nie dieselfde nie, is daar iemand hier wat rugby meer geniet na 'n paar sopies brandewyn? Verduidelik dit asb, vir my, ek verstaan dit nie
Posted by blouHenk (PE) Wednesday, November 26, 2008 - 13:21
10. MEDEBULLE

Duidelik het ek 'n major blog event gemis!

Ek sien die Sjaarkmaters is nie meer op onse blog nie en daaroor is ek oneindig dankbaar. Het hulle vrywillig getjaila is hulle afgeja en geblok?

Maar wat my nou bekommer is dat baie van ons BULLSBLOGGERS suutjies trap as hulle iemand wil kritiseer?

Het ek ietsie gemis op 'n dag wat ek nie ingelog het nie??
Posted by bloubefoeterd (pretoria) Wednesday, November 26, 2008 - 13:29
11. Ek stem verseker saam met Shannow,
As die bulle nie nou al die negatiewe soos die Heineke en al sy trawante wat die bulle wil verlaat uitsorteer nie kan ons maar los!!
Heineke was die beste era van die bulle ooit maar dis verby,nou moet Frans L sy staal wys en sy hulpafrigters in plek kry!!!
Posted by bloukrag (Pretoria) Wednesday, November 26, 2008 - 13:58
12. Vir Luke kan almal maar boo, selfs as hy pale skop!
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Wednesday, November 26, 2008 - 15:46
13. Bloukrag,

Ek is nie seker jy is op hoogte met die blog nie... Shannow is al lankal dik vir FL - hy wil hê dat hulle eerste van FL ontslae moet raak - en dit is ook sy goeie reg om so te voel en dit te sê ook.... ek het met my post maar net bietjie met hom die gek geskeer.... ek is nie seker dat jy meer heeltemal met hom saamstem nie ne?
Posted by zet (Pretoria) Wednesday, November 26, 2008 - 16:20
14. Zet

As Frans Ludeke die S14 beker vir ons wen, dan vergewe ek al sy vorige tekortkominge onmiddelik. Dit gaan nie oor persoonlikhede nie. Dit gaan oor resultate. Niks meer nie en niks minder nie.

Jy kannie 'n ou in diens neem omdat hy iemand se pel is nie. Selfde met die res van die afrigtingspan en bestuur.

Gee vir ons resultate en alles is vergewe. My probleem is dus nie met Frans Ludeke nie, maar met ons resultate van 2007. Dis soos 'n belegging, waarna jy sonder emosie moet kyk. Ek het 'n emosionele belegging in die Bulle. As hulle wen, is ek gelukkig, as hulle verloor dan is ek ongelukkig.

Al wat ek wil he is dat hulle wen. Maak nie saak hoe hulle dit regkry nie. So eenvoudig soos dit.
Posted by Shannow Wednesday, November 26, 2008 - 16:49
15. resultate van 2008
Posted by Shannow Wednesday, November 26, 2008 - 16:51
16. Gegroet Bulle!!

Ek glo nie FL is die probleem nie. Hy het een keuse gemaak as hulp-afrigter en Piet Slapchips aangestel met ongelooflike resultate. Volgende jaar gaan die agterspelers nog beter wees, en Pieter sal hiervoor verantwoordelik wees.

Die probleem is dat FL geen inspraak het in die aanstelling van afrigters nie.
Sterkte Fl en Slappes, julle twee weet ten minste wat aangaan.

WEES GETROU MY BLOUVOLK!!!!!!! en sien julle op die forum...
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Wednesday, November 26, 2008 - 17:25
17. Naand al my Blou vriende!

blouHenk - Post 9.

Ek sal nou nie reken dat ek 'n game meer geniet na 'n paar sopies nie, maar my vrou weier om saam met my te kyk as ek nie 'n paar gehad het nie........

As die Bulle op die veld draf, wil ek OORLOG maak!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Wednesday, November 26, 2008 - 19:17
18. Jimmy, ek sien die sharks het skoon gemaak. Coach, team, player, the works...
Let veral op die coach. 'n Ruk terug is ek uitgekryt oor ek so 'n ophef van John Plumtree gemaak het. Die bulle hou daarvan om na al die sharks se buys te verwys, maar die ironie van dit alles, is dat die sharks die enigste span is met 'n volbloed sharks ou as die coach. Die sharks kan al hulle top spelers verloor. Niemand is meer belangrik as Plum nie. Ek hoop die Sharksrugby unie besef dit...
Posted by mitysharkie (Pongola) Wednesday, November 26, 2008 - 19:39
19. Ek het 'n emosionele belegging in die Bulle. As hulle wen, is ek gelukkig, as hulle verloor dan is ek ongelukkig.

Al wat ek wil he is dat hulle wen. Maak nie saak hoe hulle dit regkry nie. So eenvoudig soos dit.

Posted by Shannow Wednesday, November 26, 2008 - 16:49

AMEN.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Thursday, November 27, 2008 - 02:00
20. Hartlike goeie more Bulle!!!!!

Eerstens.

Geluk met jou verjaarsdag ou Texas Bull !!!!
Geseende jaar vorentoe vir jou en die famielie !!!!

Tweedens.
Lekker dag verder vir almal !!!!
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Thursday, November 27, 2008 - 07:26
21. Die blou bulle gaan goed doen in die super14 2009.Daarvan is ek seker ek meen ons het die spelers ens.Ek wil net he ons moet alles nou in orde kry om die kompitisie gefokus te begin,want dan staan ons regtig n kans om die ding weer te wen!!!
Ons moet net met alles die keer in plek van die begin af begin.Dit sal die spelers gefokus en vertroud met afrigters laat voel,dit maak n enorme verskil!
Posted by bloukrag (Pretoria) Thursday, November 27, 2008 - 07:29
22. GOEIE MORE EDELE BLOU BUL BLOGGERS!

Baie geluk met jou verjaarsdag Texas_Bul! God se rykste seen vir jou en familie en mag jy vele "orders" skryf in die volgende jare.
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Thursday, November 27, 2008 - 07:46
23. Baie geluk Burton! Dit wil GEDOEN wees! Wys ons nou jou beste in 2009.. Die BLOU BUL het jou nodig!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Thursday, November 27, 2008 - 07:55
24. Goeie môre Bulle, Bullinne & Bergbok.

Texas_Bul, baie geluk met jou geboortedag herdenking em mag jy 'n baie geseënde jaar beleef. Mag al die goeie ding van die jaar wat verby is net die slegte dinge wees in jou nuwe jaar.
Posted by Bulletjie 1 (Voorstad van BULLAND) Thursday, November 27, 2008 - 08:02
25. Ek lees gereeld wat julle ouens klets op die blog. Dit is baie interresant om die verskillende menings te lees van mense wat almal aan dieselfde kant is (meeste - ek neem nie veel notisie van die ander spanne se ondersteuners wat op ons blog ons probeer kwaad maak nie). My siening oor die afrigter is egeter dat ek nie kan verstaan dat 'n unie soos ons 'n afrigter aanstel wat homself nog nie kon bewys nie. Ons het nouwel die eindrondte van die Curriebeker gehaal (geluk FL) maar ek voel tog dat met die regte afrigter sou ons kon wen. Nie net was ons gameplan voorspelbaar nie maar het ons nie die regte spelers in sleutel posisies nie. Die "rugraat" van 'n span is tog Vaskop, Agsteman, Skrummmie, Losskakel en Heelagter. Nie dat die ander nie belangrik is nie. Behalwe vir 8steman en Skrummie is ons redelik vulnarable. Ek glo heelagter behoort volgenede jaar OK te wees maar ons het wedstryde hierdie jaar verloor oor wiiselvallige spel op heelagter, loskakel en vasskop was volgens my een van ons GROOT probleme. FL boesem nie by my die vertroue in dat hy ons tot glorie kan lei nie. Ons gaan sukkel met ons losskakel en vaskop. Daar is geen teken dat FL dit aanspreek nie.Ons is die beste unie en behoort net met die beste tevrede te wees. Ek glo nie dat daar in die tyd van proffesionele rugby tyd is om iemand 'n kans te gee om ons reg of verkeerd te bewys nie. My bloed bly blou maar ek sien swarigheid voor. Hoop ek is verkeerd soos ek met die aanstelling van Pieter Rossouw. Groete.
Posted by Rietrot (Kempton Park) Thursday, November 27, 2008 - 08:24
26. MEDEBULLE

Jis dit bly darem maar lekker om met "likeminded", passievolle, MEDEBULLE te kommunikeer!

Ek sien ou mytiesjaarkie kommunikeer met homself op ons blog maar wat dis nou maar hoe dit is.

Shannow jy het dit so mooi opgesom. Ek het ook 'n emosionele belegging in die Bulle en hulle sukses en my happiness index loop dieselfde kurwe. Ek kan dit nog verdra om in die poolstadiums te verloor maar finale moet ons wen. Ononderhandelbaar!!!

Moet sê ek het ook maar my negatiewe sentimente en woorde oor FL en Slappes gesluk want die manne het my tog verbaas en ek stem saam ons gaan goed doen in 2009.

Daar is nie dieselfde ontwrigting met manne wat oorsee wil gaan speel en kontrak hofsake en sukke tjol nie. Daar is ook wedersydse vertoue.

Wat die CC finaal aanbetref ja ons kon gewen het maar ons het nie en ons weet hoekom. Die voorry. Verder is ons enige dag man vir man net so goed of selfs beter. Kannie wag vir die S124 nie!! Mense daai Sjaarks game gaan groot wees. Yslik Groot!!!

Ek hoop net ou Luke Watson gaan speel oorsee want op Loftus gaan ons vir hom vertel wat ons dink van pêrre soos hy!

Rietrot opcheerinkies want groot dinge wag op die BLOU in 2009

Posted by bloubefoeterd (pretoria) Thursday, November 27, 2008 - 10:59
27. Rietrot, vanwaar Gehasi? Dankie tog vir jou bydrae. Dankie vir jou perspektief. Ek het al begin dink ek is dalk te negatief as ek krake in die Bloubul-muur raaksien. Ek het gedink ek is al persoon wat glo die Bulle het die CB eindstryd weggegooi met ’n skokkende gebrek aan basiese vereistes en veral weens die patetiese vertoning van die voorspelers en die losskakel wat eenvoudig nie die spel kan dikteer nie.

Ek word gereeld aangeval as ek vrae vra oor hoe ons unie bestuur word. Maar ek wil steeds weet wie het besluit om geld te spandeer om manne soos Rassie van Vuuren, TC Losper en Danwel Demas Loftus toe te lok? Wie was verantwoordelik dat Hilton Lobberts ’n kontrak by die Bulle gekry het, terwyl ’n man soos Jacques Botes deur die sif geval het? Wie het Juandré Kruger hierheen gelok, net om toe te laat dat hy op die eiland gaan speel net toe hy begin dividende lewer? Waar is Carel Hoffman? Sy spel én sy leierskap was instrumenteel in ons Vodacombekerspan se sukses vanjaar. Hoekom is Hendrik Roodt, net 21 en ’n toekomstige ster, toegelaat om rugby te los? Watter redes sit regtig agter sy besluit?

Les bes, wat moet Nico Serfontein nog doen om erkenning op hoër vlak te kry? Moet ons hom ook eers verloor voor ons gaan besef wat ons gehad het?

Terloops, wat is die ware storie agter die fiasko met Nico le Roux se aanstelling aandie begin van 2008? Hoe kan ’n man wat by twee Super 14 spanne in New Zeeland én by die All Blacks betrokke was, so vinnig te lig bevind word in Pretoria?

Ek lees in die nuwe boek dat Heyneke sy sukses gebou het op die feit dat hy by die junior begin het. Toe hy die unie se juniors sterk gemaak het, het die sukses op ander vlakke gevolg. Met die onder 19’s wat vanjaar nie eens die halfeind kon haal nie en met die Cravenweekspan se fiasko, wat hou die toekoms in oor die volgende paar jaar?

En so kan ’n mens aangaan. Een ding blyk vir my duidelik uit al hierdie vrae: Iewers langs die pad het ons intellektuele kapitaal verloor wat ons baie duur te staan gaan kom in die toekoms. Was dit dalk Heyneke? Of dalk Dolf van Huysteen? Miskien dalk Stephan Pretorius? Of dalk die kombinasie van hierdie manne saam met ander afrigters soos Ashley Evert en Pote Human wat geloop het?

Hoor my lied, êrens is meer as net ’n skroef los op Loftus Versfeld...
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Thursday, November 27, 2008 - 12:19
28. TB,geluk met jou verjaarsdag!!!!Mag daar net mooi oomblikke in jou pad vorentoe le!!!!
Posted by Bergbok (Stormers) Thursday, November 27, 2008 - 13:15
29. Ja,lyk my die Armie moet weer verpligte Diensplig instel....Dan kan die ander Provinsies se beste jong spelers weer Pretoria toe gehok word!!!He ..He!!!!Net n grappie hoor!!!!
Posted by Bergbok (Stormers) Thursday, November 27, 2008 - 13:43
30. Luister hier BERGBOK!!!

Julle het altyd n klom pissies opgestuur boontoe en ons stuur weer MANNE terug.

Posted by Bloudonner (Pretoria) Thursday, November 27, 2008 - 14:43
31. Bergbok moet versigtig wees...!!

Die Stormers het op die oomblik 'n Cheetah-afrigter, ...wat besig is om al die ander unies se "has-beens" te koop.....!!

Dalk kan Rassie, met al sy "huur-soldate", die Stormers weer leer rugby speel.....
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Thursday, November 27, 2008 - 14:48
32. Bloudonner en BLOU OSSE, Bergbok is 'n groot grapjas, hy was beslis nie ernstig nie. *LOL*
Posted by Bulletjie 1 (Voorstad van BULLAND) Thursday, November 27, 2008 - 16:00
33. Middag dierbare Bulle!!!

Vir wie ook al verantwoordelik is vir die redigering van die forum kortliks die volgende. Nog nooit is my lojaliteit as Blou Bul ondersteuner in enige vorm van twyfel getrek nie. Blinde lojaliteit gaan egter nie maak dat ek nie ons tekortkominge gaan raaksien nie. Deur bydraes wat opbouende kritiek soos 'n Castro, Mugabe of Stalin te hanteer is julle besig om deel van die probleem te word, en nie deel van die oplossing nie. Enkele seisoen gelede was die Blou voorhoede nog 'n maatstaf waaraan ander hulself gemeet het. Nou is ons also-runs voorlangs en lag die ander spanne vir ons.

FL kan beplan en ontleed totdat hy blou in die gesig is, maar iemand moet daardie planne voorlangs tot uitvoer bring.

WEES GETROU MY BLOUVOLK!!!!!!!!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Thursday, November 27, 2008 - 16:11
34. Hallo almal...
Ek het nou eers al die week se kommentaar gelees.

Ek sien daar is baie bespiegelinge oor die span ,posisies, en afrigting ens.
Dit help nie ons word nou kwaad vir Heyneke oordat hy kwansuis bulle en hulpafrigters weglok nie.Dardie spelers en bestuurslede was NIKS voor Heyneke hulle iets gemaak het nie.
Die grootste fout was om Heyneke te laat gaan.

So ,toe vat hy vir Derrick saam. So met alle respek teen FL(niks is regtig sy skuld nie) ,Heyneke moes behou word,maar dis nou te laat ,en soos ek alles oor eindstryd van die curriebeker reg voorspel het ,se ek hartser vir my blou vriende ...ONS GAAN N PAAR DONKERJARE IN!!!!!!!!!!!!!!!!!! Solank iemand by die bulle nog dink Morne is n generaal in eie reg,sal ons geen belangrike game wen nie!!En solank Fourie Du Preez dink HY kan n belangrike game wen (soos sommige losskakels al gedoen het) sal ons niks bereik nie.

nSKRUMSKAKEL MOET N DIENS LEWER EN LOSSKAKEL MOET BESLUITE NEEM!!!!!!

So my vriende ,solank Ge Korsten nie weer liefling gaan sing op loftus nie,sal die trofee kabinet leeg ly!!

Nag ou grote
Posted by waterberg (Nylstroom) Friday, November 28, 2008 - 06:34
35. ONTHOU WAT EK SE IN VORIGE BLOG!!
Posted by waterberg (Nylstroom) Friday, November 28, 2008 - 06:39
36. Hoor Habana mag moontlik koers kies na France einde 2009!!!!!!!! omrede sy kontrak met bulls verval.
Posted by Richie Mc Caw (Naas Botha Land !!!) Friday, November 28, 2008 - 07:17
37. Bergbok, ek wil amper met jou saamstem. Die craven-week span 2008 was absoluut niks werd.

Gisteraand op Boot&All; het Darren Scott ook gese: " Wat de hel gaan aan met die rugby unies soos Bv. Toulon in France, die meeste geld maar spandeer dit roekeloos met die koop van top spellers vir miljoene maar snaaks genoeg kort termyn kontrakte( Victor n voorbeeld). Jake op pad na Toulon, so ja, hoekom geld wil gemors word bly kommerwekkend.
Posted by Richie Mc Caw (Naas Botha Land !!!) Friday, November 28, 2008 - 07:31
38. More al die Blou.

D.V.D.V,nice om weer tyd te kry om hier te kuier.5 to 8 is nie so maklik nie.

Ek sien daar is heelwat hier wat saam stem Morne is nie die antwoord nie.Dis waar wat gese is,solank iemand hom sien as n Generaal,is dit nag vir ons.

Se maar wat wie wil,die Sharks is ons myle voor,hulle is glad nie bang om iemand in te voer nie.Butch het nog gedink hy pak toe is die Fransman hier.Ek hoop dat as ons skrik dat ons wakker gaan skrik.
Posted by Blou Dino (Witbank) Friday, November 28, 2008 - 08:50
39. Die Derick Hougaard aanbidders moet tog tot bedaring kom asb. Derick is 'n standvastige, provinsiale vlak skoppende loskakel, maar Morne Steyn is 'n baie meer kreatiewe speler. Ja Morne het wel ander tekortkominge, maar Derick se tekort aan spoed en onvermoe om die voordeellyn oor te steek beteken dat hy nie gepas is vir die vinniger game wat die Bulle nou probeer speel nie.

Ons agterllyn leek in 'n ander liga vandat Morne Steyn losskakel speel. My gevoel is dat Jacque Louis Potgieter hulle albei se vaardighede kombineer (kreatief en aanvallend, asook 'n goeie skopskoen) en dat hy dus behou moes word, net soos Adriaan Strauss.

Hougaard is nie die antwoord nie, en dit was 'n fatastiese besigheidsbesluit om hom vir 'n miljoen of twee aan Leicester te verkoop. Dalk kan ons 'n goeie haker met daardie geld aanskaf.
Posted by Shannow Friday, November 28, 2008 - 08:59
40. leek = lyk
Posted by Shannow Friday, November 28, 2008 - 08:59
41. More, more
Ek was 'n groot Hougaard fan (iemand wat die leeus op ellispark in die CC final vermorsel kan nooit weer iets verkeerd doen in my oe nie)
Maar hy is weg. Help nie ons redeneer nog daaroor nie.
Morne is ok volgens my. Goeie provinsiale loskakel.
Maar watch vir Burton Francis! As ons hom reg groot maak, kan hy nog baie vir ons beteken. Vergeet van die imports, hierdie mannetjie gan die ding doen!
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Friday, November 28, 2008 - 09:10
42. Shannow,

Morne Steyn is ook definitief nie die antwoord nie...!!

Daardie CC log game teen die Sharks het die Bulle verloor agv Morne Steyn se swak skopwerk pale toe. ( 7 skoppe gemis? )

Morne is bloot 'n "gemiddelde" provinsiale losskakel...

Burton Francis is dalk 'n beter keuse op losskakel....

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Friday, November 28, 2008 - 09:16
43.
Solank Morne Steyn LOSSKAKEL vir die Bulle speel, en die Bulle nie domineer op VASSKOP nie, ...kan die Bulle vergeet van enige Bekers....

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Friday, November 28, 2008 - 09:23
44. Shannow Post 39

More mense

Stem 100% saam. Nog 'n manier waarop ek na 'n moderne loskakel kyk, is om te kyk hoe hy op binnesenter sou vaar, die spel het die laasste dekade baie verander, en so ook die losskakels.
Die beste losskakels in die wereld, soos Dan Carter, Matt Gittau, Jonny Wilkonson, Luke Mcalistar ens het byna sonder uitsondering al met sukses op binnesenter gespeel. In Suid Afrika het spelers soos Peter Grant, Morne Steyn, Butch James, Frans Steyn en Meyer Bosman al met sukses op binnesenter gespeel. Dit dui daarop dat hulle baie ander vaardighede behalwe hulle skopwerk het, soos om die bal oor die voordeellyn te dra, gapings te slaan, verdedigers in te trek ,die bal te versprei en ander spelers in gapings te sit. Die belangrikste is egter dat hulle nie hulle skopwerk ten koste van hierdie vaardighede moet afskeep nie, soos veral Dan Carter, Matt Gitau en Wilkonson goed regkry. Hulle is almal briljante spelers en skoppers
Hoe sou Derrick Houghaard op binnesenter gevaar het? Hoe sal hy op heelagter vaar? Hy sal dit nie maak nie.
Derrick is 'n goeie, veilige, stabiele losskakel. Maar hy is uiters beperk en eendimensioneel. Derrick is 'n baie goeie skopper maar 'n onder gemiddelde speler. Hy het ook die voorreg gehad om vir jare agter 'n briljante pak te speel wat sy lewe aansienlik vergemaklik het. Mone het ongelukkig op die oomblik nie so 'n voorreg nie.
Morne is nog nie so goed as hy moet wees nie, sy skopwerk kort veral aandag.
En dalk steek Burton hom nog verby
Maar dit is onnodig om aan te hou kerm oor Derrick. Die pak voorspelers is op die oomblik 'n baie groter bekommernis. Ons kort dringend 'n vaskopstut en 'n haker.
Posted by blouHenk (PE) Friday, November 28, 2008 - 09:39
45. Blou Os,ek stem.

En dan was dit nie van die moeilikste nie,dai wen kon ons n finaal by die huis verseker het.Ek glo Burton gaan baie beter doen,sy lynskoppe is in elk geval baie,baie beter.
Posted by Blou Dino (Witbank) Friday, November 28, 2008 - 09:41
46. Net een ding blouhenk : CHILLIBOY!
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Friday, November 28, 2008 - 09:42
47. Wonder wie sal Bryan se plek volstaan as hy sou waai??
Posted by Blou Dino (Witbank) Friday, November 28, 2008 - 09:46
48. BlueCon,spot jy nou"??
Posted by Blou Dino (Witbank) Friday, November 28, 2008 - 09:48
49. 44. Bloukenk, Naas Botha sou dit ook nie op binne senter gemaak het nie en tog word hy as een van die beste losskakels ooit gereken. Derick is nou geskiedenis en ons wil nou hardloop rugby teen alle koste speel. Ons gaan pragtige driie druk, maar gaan ons weer n super 14 wen?
Posted by Blou Karnallie Friday, November 28, 2008 - 09:51
50. Daar is meer leemtes as wat ons dink,Op vleuel is ons ook nie die beste af nie,en moenie vir my se Mametsa nie,hy is n briljante ou,maar spoed is n probleem.
Posted by Blou Dino (Witbank) Friday, November 28, 2008 - 09:52
51. Blou Karnalie,dankie vir dai een.NAAS!!!
Posted by Blou Dino (Witbank) Friday, November 28, 2008 - 09:54
52. Naas Botha het in 'n ander era gespeel, soos ek se, rugby het verander. In Naas se era het die All Blacks ook met manne soos Grant Fox uitgedraf.
Ek se nie ons moet 'n losskakel speel wat beter aanval as skop nie, ons moet een onwikkel wat beide ewe goed kan doen. Dalk is Burton nog die antwoord.
Posted by blouHenk (PE) Friday, November 28, 2008 - 10:09
53. Blou Dino

Stem saam oor Mametsa, hy het 'n reuse hart maar is nie op S14 standaard nie.

BlueCon5

Chillyboy op form en beseringsvry kan ons antwoord op haker wees.
Posted by blouHenk (PE) Friday, November 28, 2008 - 10:11
54. form=vorm
Posted by blouHenk (PE) Friday, November 28, 2008 - 10:23
55. Ek gee nie om in watter era jy speel nie. Dit is net teen swak oposisie wat jy kan wegkom sonder n goeie skoppende nommer 10. n Hardlopende losskakel lyk altyd goed totdat hy die druk moet verlig as sy span in die moelikheid is.
Posted by Blou Karnallie Friday, November 28, 2008 - 10:33
56. Blou Karnallie.

Dis hoekom ons 'n losskaakel nodig het wat beide kan doen, skop en hardloop.
Posted by blouHenk (PE) Friday, November 28, 2008 - 10:39
57. Blou Karnallie,

Stem saam met jou.

Dis belaglik dat al die afrigters ewe skielik so behep geraak het met "hardlopende" losskakels...

Die hardloop-werk kan gerus maar aan die senters aan die vleuels gelos word.

Die losskakel se werk is om die game te beheer, te lees, en met die voet te dikteer. Om met elke bal te probeer "hardloop" is sinneloos.

"n Losskakel wat nie kan skop nie, is zero vir sy span werd.

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Friday, November 28, 2008 - 10:42
58. TEKEN ASB DIE PETISIE VIR DIE BEHOUD VAN DIE SPRINGBOK OP DIE VF+SE WEBBLAD. HOU BY DIE BLOU!!!!
Posted by bulletjie3 (als is blou) Friday, November 28, 2008 - 10:45
59. Blou Osse, ek wen eerder die Curriebeker met 10 man rugby, as wat ek mooi driee druk en in die finaal verloor.

Posted by Blou Karnallie Friday, November 28, 2008 - 10:46
60. 58. Dit is weer verkiesing tyd. Tot die ANC is nou weer besorg oor die Springbok embleem.
Posted by Blou Karnallie Friday, November 28, 2008 - 10:47
61. GELUKKIG KEN ONS ALMAL HULLE TAKTIEK.
Posted by bulletjie3 (als is blou) Friday, November 28, 2008 - 10:49
62. Blou Dino - Ek dink Chilliboy gaan nog 'n legend word, so ek spot glad nie. Die ou is nog jonk en het gesukkel met beserings. As hy beseringvry kan bly gaan hy diep spore trap in blou bul rugby!
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Friday, November 28, 2008 - 10:52
63. BlueCon ek hoop jy is reg dat Chilliboy nog n legend gaan word, want ongelukkig gaan die Bulle met hom volhard ten spyte van sy vorm.
Posted by Blou Karnallie Friday, November 28, 2008 - 10:59
64. #63 Stem saam BK
Posted by Boer (Van die plaas) Friday, November 28, 2008 - 11:10
65. More BLOU MENSE!
Posted by Boer (Van die plaas) Friday, November 28, 2008 - 11:10