You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
Login  |  Register
Three Bulls in Baabaas team


Jake White has included Fourie du Preez, Bryan Habana and Bakkies Botha in his starting XV for Wednesday night's match against the Wallabies at Wembley.

Du Preez will partner Francois Steyn who will start at flyhalf whilst Habana will play in a back three alongside Percy Montgomery and New Zealand's Joe Rokocoko.

Botha locks down with the Sharks' Johann Mulller with Schalk Burger and Richie McCaw as the flankers.

John Smit will captain the team and the other South Africans in the team are WP's captain Jean de Villiers and the promising young number 8 Nick Koster.

White described it as "one of the better Barbarians sides" there has been for a while.

"Eddie Jones and I are really chuffed to get this group of players together.

"It has been nice for me to be with the players I coached, but it has also been nice to coach players like Richie and Joe Rokocoko.

"Usually when I see them they are on the other side of the field. It is nice to see the players who usually smash into each other having an opportunity to play as a team and that is something unique in rugby.

"The important thing is that a number of these players haven't played for the BaaBaas - players like Richie, Bakkies Botha, Jean de Villiers and John Smit - and I think it is great that they get the opportunity to play alongside such wonderful players."

Barbarians: 15 Percy Montgomery, 14 Joe Rokocoko, 13 Rico Gear, 12 Jean de Villiers, 11 Bryan Habana, 10 Francois Steyn, 9 Fourie du Preez, 8 Jerry Collins, 7 Richie McCaw, 6 Schalk Burger, 5 Johann Muller, 4 Bakkies Botha, 3 Census Johnson, 2 John Smit (captain), 1 Federico Pucciariello.

Replacements: 16 Mark Regan, 17 Rodney Blake, 18 Chris Jack, 19 Nick Koster, 20 George Gregan, 21 Ollie Smith, 22 Shane Williams.



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. Bryan Habana moet eerder rus en nie speel nie
Posted by Stapper (Pretoria) Tuesday, December 02, 2008 - 06:48
2. More bloggers
Hoe lyk julle beste all time spanne?
Kies bietjie 'n span wat die een kan klop...
Christian Cullen; Jonah Lomu, Danie Gerber, Tim Horan, Bryan Habana; Jonny Wilkinon, Fourie du Preez; Schalk Burger op 8; Richie McCaw, George Smith, Victor Matfield, Bakkies Botha, Olo Brown, Sean Fitzpatrick, Os op sy beste.
Posted by Snoeshaan (Pretoria) Tuesday, December 02, 2008 - 07:11
3. Snoeshaan, waar's Naas?
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Tuesday, December 02, 2008 - 07:28
4. More blou mense
Snoeshaan, daai is 'n onmoontlike taak. Moeilik om tussen spelers te kies wat nie in die selfde era gespeel het nie. Wat van Joost, Naas en Uli net om 'n paar te noem...
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Tuesday, December 02, 2008 - 07:35
5. Kies van beste spanne beskou ek as 'n nuttelose tydverdryf.

Maar gee my die volgende spelers en ek sal 'n span saamstel wat enige span kan klop: Frans Steyn, Dan Carter en Justin Marshall. Op die koop toe kies ek vir Caucau op vleuel
Posted by Stapper (Pretoria) Tuesday, December 02, 2008 - 07:35
6. Hierdie span sal jou carrots gee: (Net SA spelers)
15- Johan Heunis, 14 - Ray Mordt, 13 - Danie Gerber, 12 - Definitief NIE Frans Steyn NIE - moeilik maar heelwaarskynlik Jean de Villiers , 11 - Brian Habana, 10 - NAAS, 9 - Fourie / Joost, 8 - Adriaan Richter (Een van vyf bestes wat die wereld al op gelewer het), 7 - Andre Venter, 6 - Burger Geldenhuys, 5 - Victor, 4 - Bakkies, 3 - Richard Bands, 2 - ULI, 1 - Os
Posted by Frik (Biksburg) Tuesday, December 02, 2008 - 07:55
7. 'n Heerlike oggend aan die Blou Hartige Bloggers.
Die Baabaas span is baie gedug en ek sien swaarigheid vir die Ozzies.
Posted by Bulletjie 1 (Voorstad van BULLAND) Tuesday, December 02, 2008 - 08:05
8. As jy 'n Yster span moet kies:
15- Johan Heunis , 14 - Ray Mordt, 13- J P Nel, 12 - Michael du Plesis, 11 - Carel du Plessis 10 - Henry Honnibol, 9 - Joost, 8 - Pote Fourie, 7 - Gert Smal, 6 - Burger, 5 - Frik, 4 - Bakkies. 3 - Jan Lock, 2 - Uli, 1 Oom Mof

Ek wed jou ek sal die Fight ook wen!!!!!
Posted by Frik (Biksburg) Tuesday, December 02, 2008 - 08:08
9. GOEIE MORE EDELE BLOU BUL BLOGGERS!

En waar de joos kom hierdie Nick Koster vandaan wat vir die baabaas speel?? Nogal van die twinkies.. mens!!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Tuesday, December 02, 2008 - 08:10
10. Frik, as jy die fight wil wen moet jy dalk plek maak vir James Small en Butch James
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Tuesday, December 02, 2008 - 08:23
11. more almal
frik....wa is thys lourens...rob louw.....faffa knoetze....louis moolman....nee wat jong....dis n great span wat jy da het ma glo my..da is baie ander wat ook da kan wees...nie die beste van beste nie......lol
Posted by FREAK1 ((PRETORIA - BULLS VAT GOUE BEKER - 2009)) Tuesday, December 02, 2008 - 08:29
12. lb
ja nee....kon nie eens hot of haar sky in die c/beker nie...sekerlik kon pedrie die span haal of enige ander speler....
Posted by FREAK1 ((PRETORIA - BULLS VAT GOUE BEKER - 2009)) Tuesday, December 02, 2008 - 08:32
13. 07:11----nee wat boet.....gaan soek beter......
Posted by FREAK1 ((PRETORIA - BULLS VAT GOUE BEKER - 2009)) Tuesday, December 02, 2008 - 08:35
14. 15- Johan Heunis, 14 - Pierre Spies Sr, 13 - Danie Gerber, 12 - Mannetjies Roux, 11 - Frannie Alberts, 10 - Naas Botha (Kapt.), 9 - Fourie du Preez, 8 - Lofty Nel, 7 - Jan Ellis, 6 - Piet Greyling, 5 - Victor, 4 - Bakkies, 3 - Nick Bezuidenhout, 2 - Gys Pitzer, 1 - Jan Locke
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Tuesday, December 02, 2008 - 08:43
15. Ligblou Baron ek stem saam maar ek wil weet waar is Victor Mattefield
Posted by BULLE MEISIE (SWARTWATER) Tuesday, December 02, 2008 - 08:49
16. 5 - Victor = Victor Matfield...
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Tuesday, December 02, 2008 - 09:04
17. Ligblou Baron,

@14 Baie goeie span...!!

Jammer daar is nie plek vir Joost en Frik du Preez nie...
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Tuesday, December 02, 2008 - 09:07
18. Nee man ek bedoel in die Baabaas se span
Posted by BULLE MEISIE (SWARTWATER) Tuesday, December 02, 2008 - 09:57
19. Dink ou Vic het genoeg rugby vir een jaar gespeel!
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Tuesday, December 02, 2008 - 10:03
20. Ja seker maar hy verdien om in die span te wees
Posted by BULLE MEISIE (SWARTWATER) Tuesday, December 02, 2008 - 10:15
21. 15. Johan Heunis
14. Ray Mordt / Tom van Vollenhoven
13. Willie du Plessis
12. Michael du Plessis
11. Carl du Plessis
10. Naas Botha
9. Tommy du Plessis
8. Morne du Plessis
7. Ruben Kruger
6. Jan Ellis
5. Nick du Plessis
4 Felix du Plessis
3. Daan du Plessis
2. Bismark du Plessis
1. Jannie du Plessis

PS. Jammer, maar ek moes al die du Plessis's insluit...LOL
Posted by Doep (Pretoria) Tuesday, December 02, 2008 - 10:24
22. 15. Jantjies
14. Peterson
13. Jacobs
12. Julies
11. Habana
10. Tobias
9. January
8. Dlulane
7. Floors
6. Tyibillika
5. Lobberts
4.Davids
3. Mujati
2. Chilliboy
1. Beast
Posted by Blou Karnallie Tuesday, December 02, 2008 - 10:28
23. Goeie more almal !!!

Blou Karnallie - Sal net vir Luke Watson in Tyibilika se plek gesit het en hom kaptein gemaak het.... LMGA!!
Posted by Scarface (Sharks Forever) Tuesday, December 02, 2008 - 10:53
24. 1. Richard Prentis
2. Willie Katz
3. Martiens le Roux
4. Moaner van Heerden
5. Louis Moolman
6. Rob Louw
7. Theuns Stofberg
8. Thys Lourens
9. Joos van der Westhuizen
10. Naas Botha
11. Ray Mordt
12.Willie du Plessis
13. Danie Gerber
14. Gerrie Germishuys
15. Gysie Pienaar.
Posted by Blou Karnallie Tuesday, December 02, 2008 - 10:54
25. 23. Lol
Posted by Blou Karnallie Tuesday, December 02, 2008 - 10:54
26. Goeie BaaBaas span wat Jake en Eddie bymekaar gesit het. Jerry Collins en Bakkies saam in een span....kan nie wag om dit te sien nie. Dink daai Aussies het al klaar slapelose nagte
Posted by Scarface (Sharks Forever) Tuesday, December 02, 2008 - 10:59
27. Johan Muller hoort nie daar nie, hy is pateties. Steyn is ook te stadig vir n losskakel, hulle gaan weer n paar van sy balle afstorm. Die Guppies gaan dalk die Baabas die game kos.
Posted by Blou Karnallie Tuesday, December 02, 2008 - 11:03
28. Blou Karnallie - Dis n great agterlyn wat jy daar het.. sou dalk net vir ou Mannetjies Roux op 12 gekies het.
Posted by Scarface (Sharks Forever) Tuesday, December 02, 2008 - 11:04
29. 28. Bo Julies???
Posted by Blou Karnallie Tuesday, December 02, 2008 - 11:05
30. Johan Muller is n uitstekende speler en sal geen span in die steek laat nie. Sal interessant wees om te sien hoe Frans doen op losskakel...dink nog steeds binnesenter is sy beste posisie.
Posted by Scarface (Sharks Forever) Tuesday, December 02, 2008 - 11:09
31. Bo Willie du Plessis...
Posted by Scarface (Sharks Forever) Tuesday, December 02, 2008 - 11:11
32. More mense

My beste span sedert ons terugkeer in 1992:

15. Montgomery
14. Chester Williams
13. Gerber
12. Jean de Villiers
11. Habana
10. Honnibal
9. Joost vd Westhuizen
8. Tiaan Strauss
7. Andre Venter
6. Rueben Kruger
5. Matfield
4. Bakkies
3. Balie Swart
2. John Smit(C)
1. Os
Posted by blouHenk (PE) Tuesday, December 02, 2008 - 11:52
33. MEDEBULLE

Julle gee julle ouderdomme weg met die kies van julle spanne!! *LOL*

Waar is ons defensive coach?????
Posted by bloubefoeterd (pretoria) Tuesday, December 02, 2008 - 14:55
34. Hy het Ge AWOLL////Die MP`S Soek hom nou!!!!
Posted by Bergbok (Stormers) Tuesday, December 02, 2008 - 15:41
35. Hey en wat van hiierdie ouens.....Roy Dryburgh,Gertjie Brytenbach,John Gainsford,Johan Oosthuizen,Theuns Briers Keith OxleeTommy Gentles,Doug Hopwood..Hugo van Zyl ,Martin Pelser..Tiny Naude Jan Pickardt Chris Koch Bertus vd Merwe en Jaap Bekker!!!!@
Posted by Bergbok (Stormers) Tuesday, December 02, 2008 - 16:07
36. Ek was in die begin smoorkwaad vir Watson, maar ek kry hom nou net jammer.
Ek hou niks van Shuster se liedjie nie, ek voel dit is gemeen om iemand in die openbaar te probeer verneder en dan nog boonop daaruit te probeer geld maak.
Die feit bly staan, Watson het dit oor homself gebring, ek maak nie verskonings vir sy gedrag nie. hy was verkeerd.
Maar 'n lelike ding het onder skere seksies van die rugbypubliek begin kop uitsteek.
Mense geniet dit vreeslik om Watson te vergruis en bespotlik te maak.
En ek voel die manier hoe die rugbypubliek hom aanval, bespot en hulle verlekker in sy vernedering is 'n skande.
'n Onderhoud met Watson in Sondag se Rapport het my tot ander insigte gebring. Watson is en bly 'n jongman wat drooggemaak het. Die 'Dutchman' stelling is nooit opgeneem nie, en is nie in die transkripsie nie. Daar is geen bewyse dat hy dit gemaak het nie. Hy het die braakstelling gemaak, en hy moes daarvoor om verskoning gevra het. Hy het nie, en dit is jammer.
Ek skaam my egter morsdood hoe mense hom vergruis het en verneder het. Waar is die deernis vir 'n medemens wat 'n fout begaan het? Al wat ek sien is 'n kleinlike haat. Wat Watson ook al gese het lyk nou piepklein in vergelyking met wat sekere mense nou oor hom kwytgeraak het.
Posted by blouHenk (PE) Tuesday, December 02, 2008 - 17:28
37. Watson het nog nie omverskoning gevra vir sy stellings nie. Hy is arrogant en kan nie herken as hy n fout gemaak het nie. Hy het ook nooit ontken dat hy die "Dutchman" stelling gemaak het nie. Daarby is hy n gemiddelde speler wat geen probleem gehad het om vir die bokke te speel toe hy gedwonge gekies is nie. Hoekom het hy nie toe gese hy sal nie met n Springbok op sy trei speel nie? Aan die ander kant is daar Amla wat gese het hy sal nie vir die proteas speel met die borg se naam (Castle) op sy hemp nie. Of hy speel sonder die borg se naam of hy speel nie. Dit is integriteit, en iemand wat opstaan vir dit waaraan hy glo. Luke Watson het egter nie integriteit nie en sing elke keer n ander deuntjie soos dit hom pas. Luke het al die kwaliteite om n bestaan in die politiek te maak, maar n Springbok rugbyspeler, nee.
Posted by Blou Karnallie Tuesday, December 02, 2008 - 17:55
38. 21. du Plessis
Players Date of Birth Tests Tries
Nick du Plessis 4 Dec 1894 5 0
Felix du Plessis 24 Nov 1919 3 0
Piet du Plessis 23 Jul 1947 1 0
Daan du Plessis 8 Sep 1948 2 0
Morné du Plessis 21 Oct 1949 22 3
Tommy du Plessis 29 Jun 1953 2 1
Willie du Plessis 4 Sep 1955 14 3
Michael du Plessis 4 Nov 1958 8 1
Carel du Plessis 24 Jun 1960 12 4
Jannie du Plessis 16 Nov 1982 7 0
Bismarck du Plessis 22 May 1984 21 5

Posted by Blou Karnallie Tuesday, December 02, 2008 - 17:58
39. GOEIE MORE EDELE EN RUSTENDE BLOU BUL BLOGGERS!

Pragtige weer vir tuinwerk..... P2 come hither!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 07:25
40. Scores vir Baabaas vs Aussies:

Barbarians 42 - 28 Aus - LB
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 07:27
41. More mense.
Ek sien baie uit na die baabaas game.
Oom LB, daai score lyk vir my reg.
blouhenk, jyt seker 'n punt oor Luke, maar ek voel nou oor hom soos ek voel oor die aussies, die pommies en FC barcelona. wat dit erger maak is, hy "is een van ons". as hy omverskoning vra en erken hy was verkeerd, sal ek hom uit los, maar nooit ondersteun nie. hoop die mense boo hom reg oor die land, selfs op Nuweland. Ons almal maak foute, maar sekere goed doen jy net nie. As jy 'n lat pluk vir jou eie gat, moet jy nie na die tyd moan oor die pakslae nie. Anyway, genoeg oor n fluke.
Lekke dag mense!
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 07:51
42. Blou Karnallie,

@ 37 Stem saam met jou.

Luke Watson WEET hy nie op meriete vir die Bok-span gekies nie.

Hy weet dit en sy mede Bok-spanmaats weet dit.

Dit is as gevolg daarvan dat hy sulke snert kwyt raak en nou die Bok-trui en sy mede Bok-spanmaats probeer "swartsmeer".

Net die feit dat hy afbrekend na Afrikaners as "Dutchmen" verwys gee my 'n afkeer in hom.

As hy soos Rapport berig, 'n groot Christen is, dan is dit hoog tyd dat hy soos een begin optree.
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Wednesday, December 03, 2008 - 08:02
43. Hoor, hoor, BLOU OSSE!!!!!!!!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 08:13
44. Great team for tonight but I don't understand why Victor wasn't chosen?????? Read a lekker article this morning on rugby365.com where Richie McCaw says he is so pleased to be playing with guys that he normally has to beat the hell out of and is sharing a room with John Smit for this tour. He reckons Smittie is a great snorer. Made a change to read something like that. Looking forward to the match if only to see some of my Bulls in action. Go Bulle - Habana - show them that you are still no 1.
Posted by Bulls r best (Johannesburg) Wednesday, December 03, 2008 - 08:28
45. Bulls r best, Jake White en Victor het nog nooit langs dieselfde vuur gesit nie. Daar was maar nog altyd wrywing tussen die twee.
Posted by Blou Karnallie Wednesday, December 03, 2008 - 08:35
46. Blouhenk, ek stem saam met jou oor Shuster, en dan is hy nog 'n sheeter ook.
Posted by Rustig (Centurion) Wednesday, December 03, 2008 - 08:38
47. Blou Karnallie, maar Jake the snake het geweet hy kan nie sonder Vitor speel nie al het hy nie van hom gehou nie.
Posted by Rustig (Centurion) Wednesday, December 03, 2008 - 08:40
48. Moet lees Victor, te vroeg vir die vingers.
Posted by Rustig (Centurion) Wednesday, December 03, 2008 - 08:40
49. Môre Bulle, Bullinne & Bergbok.
Vanaand gaan 'n slagting wees. Die ozzies gaan swaar leef.
Posted by Bulletjie 1 (Voorstad van BULLAND) Wednesday, December 03, 2008 - 08:50
50. Scores vir Baabaas vs Aussies:

Barbarians 42 - 28 Aus - LB
Barbarians 49 - 21 Aus - B1
Posted by Bulletjie 1 (Voorstad van BULLAND) Wednesday, December 03, 2008 - 08:51
51. Sien my comment oor Leon Schuster se nuwe cd is verwyder. As julle dit nou laaik of nie, Pukie gaan die rugby song van 2009 wees.
Posted by Boegie (East London) Wednesday, December 03, 2008 - 08:53
52. Onthou jare terug het Schuster ook 'n storie met Naas gehad.
Posted by Rustig (Centurion) Wednesday, December 03, 2008 - 09:04
53. Babaas 21 - 12Aus
Posted by Rustig (Centurion) Wednesday, December 03, 2008 - 09:05
54. Scores vir Baabaas vs Aussies:

Barbarians 42 - 28 Aus - LB
Barbarians 49 - 21 Aus - B1
Barbarians 21 - 12 Aus - Rustig
Barbarians 25 - 32 Aus - BK
Posted by Blou Karnallie Wednesday, December 03, 2008 - 09:22
55. Rugby football is a game I can't claim absolutely to understand in all its niceties, if you know what I mean. I can follow the broad, general principles, of course. I mean to say, I know that the main scheme is to work the ball down the field somehow and deposit it over the line at the other end and that, in order to squalch this programme, each side is allowed to put in a certain amount of assault and battery and do things to its fellow man which, if done elsewhere, would result in 14 days without the option, coupled with some strong remarks from the Bench. - P.G. Wodehouse in Very Good, Jeeves (1930)

There is far too much talk about good ball and bad ball. In my opinion, good ball is when you have possession and bad ball is when the opposition have it. Dick Jeeps

After being asked if he has anything to add to an inspiring teamtalk, "Ja, anyone know where I can get an engine for a Toyota Corolla?" Frans "Domkrag" Erasmus, late Springbok prop.

Of all the teams in the world you don't want to lose to, England's top of the list. The English know no humility in victory or defeat... If you beat them, it's because you cheat. If they beat you, it's because they've overcome your cheating. Good teams learn how to win and lose with graciousness and humility. England hasn't learned that lesson yet. Grant Fox, 1993

Our players are selected according to their ability, they always have been and always will be. Abie Malan Springbok manager after a French request to include a 'black Bok' in 1992

I think you enjoy the game more if you don't know the rules. Anyway, you're on the same wavelength as the referee. Jonathan Davies
Posted by Blou Karnallie Wednesday, December 03, 2008 - 09:40
56. Barbarians 42 - 28 Aus - LB
Barbarians 49 - 21 Aus - B1
Barbarians 21 - 12 Aus - Rustig
Barbarians 25 - 32 Aus - BK
Babaas 41 - Aus 17 - Bulls r best

I think that Aussie is going to get a hiding.
Posted by Bulls r best (Johannesburg) Wednesday, December 03, 2008 - 09:41
57. Boegie (51), ja, ek dink dis oordat jy kopiereg verontagsaam het en ook in die lied ernstige laster oorgedra het? Glo my die Watsons sal baie maklik vir jou, die BBRU, Supersport en Schuster hof te vat; at the drop of a hat, ou broer. So, die webbie gaan net volgens die reels sodat ons blog behoue kan bly.
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 09:50
58. Scores vir Babaas vs Australie:

Barbarians 42 - 28 Aus - LB
Barbarians 49 - 21 Aus - B1
Barbarians 21 - 12 Aus - Rustig
Barbarians 25 - 32 Aus - BK
Barbarians 41 - 17 Aus - Bulls r best
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 09:52
59. Ai... untidy minds... ens....
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 09:53
60. Sorry Ligblou Baron, sal nie weer Steve se Blou Bul song enige plek paste nie aangesien dit kopiereg verontagsaam. So, Leon Schuster gaan volgende jaar tronk toe volgens jou, wil dit nog sien.
Posted by Boegie (East London) Wednesday, December 03, 2008 - 10:13
61. Wonder of die Watsons ook Die Burger, waar ek die nuus oor Leon se nuwe cd gelees het, hof toe gaan vat.
Posted by Boegie (East London) Wednesday, December 03, 2008 - 10:15
62. Baie geluk met jou verjaarsdag vandag Pieter Rossouw. Hoop jy bly nog lank by die Bulle.
Posted by Blou Karnallie Wednesday, December 03, 2008 - 10:41
63. Ag toe nou Boegie, is seker oom LB het net verduidelik hoekom die webbie jou post verwyder het...
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 11:05
64. Geluk slap chips!
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 11:05
65. Boegie Post 61: So, Die Burger kan jou ook klap vir n kopiereg verontagsaming?? THINK or thwim!!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 11:26
66. Ja, ek verstaan nou hoekom my post verwyder is. Ek is net verskriklik trots op Leon Schuster dat hy opstaan teenoor mense wat die Springbok beledig. Leon behoort 'n medalje te kry. Ek het groot respek vir mense wat invloed het wat opstaan en veg vir iets wat na aan my hart is, al is dit met 'n lied wat 'n bespotting maak van daai persoon se uilatings. Leon se eie woord": “Hoe kan iemand wat as ’n Springbok ingesweer is, saam met die ouens getoer het en deel van die clan was dan omdraai en sê hy wil op die wapen puke? Dis ongevraagd.”
Posted by Boegie (East London) Wednesday, December 03, 2008 - 11:29
67. Ek wonder of Leon Schuster ook die Burger kan klap vir kopiereg verontagsaming. Dit lyk vir my n mens moet eerder jou bek hou en niks op skrif stel nie. n Toe bek is n heel bek.
Posted by Blou Karnallie Wednesday, December 03, 2008 - 11:32
68. Leon sou kon as Die Burger nie sy toestemming gehad het nie; ek kan julle verseker n koerant sal nie so n fout maak nie. Leon sou in elk geval nie toestemming geweier het nie want dit is reklame vir sy "lied" (of wat ook al jy dit wil noem?).
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 11:47
69. Dankie Ligblou Baron vir jou versekering, ek sal nou vanaand lekkerder kan slaap. Het n vriend wat vir die Burger werk. Lol.
Posted by Blou Karnallie Wednesday, December 03, 2008 - 12:02
70. Boegie jy het nou die kopiereg geskend, al het "Oom Ligblou" jou so mooi gewaarsky. Jy mag nie die titel van Leon se CD noem sonder toestemming nie. Oom Ligblou, help die man met jou kennis oor kopiereg asb.
Posted by Blou Karnallie Wednesday, December 03, 2008 - 12:10
71. Boegoe

Bewusmaking se voet. Leon se CD is op dieselfde vlak as Watson se uitlatings. Jy veg nie vir iets deur ander te beledig nie.
Posted by blouHenk (PE) Wednesday, December 03, 2008 - 12:39
72. Waarvan maak hy ons bewus, dat die bokembleem geskuif het? Dat Khomphela, Frollick en Stofile en die Watsons sonder om die rugbypubliek te raadpleeg druk op Sa Rugby gesit het om die embleem te skuif. Ons almal is bewus daarvan.
Shuster het die geleendheid gesien om 'n geldjie te maak, net soos hy baie rande uit Naas uit gemaak het.
Posted by blouHenk (PE) Wednesday, December 03, 2008 - 12:47
73. Blouhenk, deur Leon se CD met Luke Watson te vergelyk pleeg jy Crimen injuria. Pasop dit is self erger as om die kopiereg te skend. Ne oom Ligblou?
Posted by Blou Karnallie Wednesday, December 03, 2008 - 12:48
74. Ai, geen wonder die Bok gaan op die ou end verdwyn nie. Met mense soos die wat nie kan opstaan vir dit wat hulle lief net nie. Shame! Laat ek maar die blog aan die vuur gons: Frik du Preez en Naas Botha, alby Blou Bulle, mense vir wie ek altyd respek het, sal nie 'n vinger veroer om die Springbok te red nie. Ek het alby hul uitlatings gelees. Dis waarom julle die Springbok nooit weer sal sien in 'n wereldbeker toernooi nie.
Posted by Boegie (East London) Wednesday, December 03, 2008 - 12:54
75. Vat tog net die verdomde Springbok weg en kry klaar:
Naas Botha - Ja
Frik du Preez - Ja
Leon Schuster - Nee
Wyand Claasen - Nee

Wat se die Blou Bul spelers? Bryan, Bakkies, Fourie, ens. Wat is julle standpunt? Kom nou, ek wil weet!!
Posted by Boegie (East London) Wednesday, December 03, 2008 - 13:18
76. Blou Karnallie, is ernstig of terg jy vir Ligblou?
Posted by blouHenk (PE) Wednesday, December 03, 2008 - 13:42
77. Dagse almal,

Oor die Luke Watson debat. Vir my gaan dit nie soseer oor Luke nie want ons almal weet hy is n instrument van sy pa. Cheeky is nou die OP se rugbybaas en gaan dus ook op op SARVU dien en hy wil bitter graag die Bok weghe. So as dit van my afhang het ons 300 songs en durf en wil nodig om sulke mense te stop. Die Springbok wapen is niks anders as net n politieke speelbal nie. As n mens rondom jou kyk, elke rugby ondersteuner, wit, of swart, pienk of blou wil die Bok behou. Dis die mense wat omgee vir rugby. Ongelukkig is daar mense in die politiek wat geensins van rugby of enige ander sport van hou nie en hulle is die groot lawaaiers.
Posted by Bloudonner (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 13:58
78. Boegie,

Ek glo nie die spelers mag regtig iets se nie. Ek weet nie van een speler van enige provinsie wat al sy opinie gegee het nie. Ek dink die sewe spelers het so half laat deurskemer hulle wil die Bok behou.
Posted by Bloudonner (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 13:59
79. Bloudonner, dan het dit tyd geword dat hulle hul monde oopmaak. As hulle nou mag of nie.
Kom Mnr die webmeester. Julle is gou om ons as ondersteuners te vra om die Bulle voorspoed toe te wens voor 'n belangrike wedstryd. Nou het ons julle ondersteuning nodig. Sal die spelers veg vir nog 100 Springbok gloriejare?
Posted by Boegie (East London) Wednesday, December 03, 2008 - 14:09
80. Ja nee Boegie, as Luke Watson sy mening mag gegee het en ongestraf daarvan afgekom het is ek seker daarvan die ander spelers mag hulle mening ook gee.
Posted by Bloudonner (Pretoria) Wednesday, December 03, 2008 - 15:01
81. 76. Net tong in die kies, blouHenk.
Posted by Blou Karnallie Wednesday, December 03, 2008 - 16:47
82. Ja Watson Luke is so beginsel vas hy gee nie om as politiek hom 'n Bok gemaak het nie.
Posted by tokolosh (Gauteng) Wednesday, December 03, 2008 - 16:57
83. Give me one more day, please. I don't want to fade away. In your heart I want to stay….. Bell Bottom Blues – Derek & The Dominoes
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Thursday, December 04, 2008 - 01:14
84. Well, I’m running down the road, tryin’ to loosen my load. I’ve got seven women on my mind, four that wanna own me, two that wanna stone me……. Take It Easy – Eagles
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Thursday, December 04, 2008 - 01:20
85. Now you’re laughing, pretty baby, someday you're gonna be crying….. Further on up the road you'll find out I wasn't lying……. Further On Up The Road – Eric Clapton.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Thursday, December 04, 2008 - 01:29
86. She was swingin’ by the bangles in a main street store, a while before we met. The most dangerous angles that you ever saw, she spied her amulet….. Golden Heart – Mark Knopfler.


Posted by Jimmy (Altyd Blou) Thursday, December 04, 2008 - 01:37
87. Gooi mielies, gooi mielies, just sing it with your soul...... Gooi mielies, that's how we rock and roll...... Gooi Mielies - Bill Flynn.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Thursday, December 04, 2008 - 01:49
88. Goeiemore mense

Frans Steyn het gisteraand seker sy swakste wedstryd tot nog toe as 'n beroepspeler gehad. Hy moet liewer as 'n senter of 'n heelagter spesialiseer, want op loskakel lyk hy nie baie goed nie.

Schalk Burger daarenteen was 'n reus op agsteman, hy moet dalk meer daar speel. Het lanklaas 'n agsteman met so 'n enorme werkverrigting gesien. Hy was vreesloos en kliphard en het uitstekend met Jerry Collins gekombineer. Dalk is hy die antwoord vir die Bokke se agsteman probleme. Spies en Kanko het lanklaas oortuig, en nie een van hulle was hierdie jaar in internasionale rugby naastenby in die klas wat Burger gisteraand was nie.

My Bok lostrio vir volgende jaar:

6. Brussouw
7. Smith
8. Burger

Inpakspelers: Jean Deysel, Pierre Spies of Kanko
Posted by blouHenk (PE) Thursday, December 04, 2008 - 07:09
89. More my mede Bul ondersteuners, en ander.

blouHenk, ek wil met jou saamstem oor F Steyn. Ek doen toe die moeite om die game te kyk en wat 'n teleurstelling. Maar ons moet die Oz manne ook krediet gee, hulle WOU wen.

Ek dink ook J Smit was te stadig vir die vinnige game.Habana het ook seker meer gedoen as die laaste 2 maande se rugby wat hy gespeel het.

J de Villiers het die visie, maar sy verdediging laat hom nog soms in die steek.

Ek het die Blou Bulle Gloriejare vir my b-day gekry en moet se daar is lekker leesstof in. Ek het hier gelees dat mens die NT50 boek gekry het en as hy beter was, dan sal dit deffinitief die moeite werd wees om hom te kry.

Lekker dag vir jul almal...
Posted by Blou-is-Baas (Bulls is Baas!!!) Thursday, December 04, 2008 - 07:49
90. GOEIE MORE EDELE BLOU VOLK!

Ja, BlouHenk; ek het NOG NOOIT die laaitie ge-"rate" nie. Ek kan nie verstaan wat doen so n speler op hierdie vlak nie! Maar om n bietjie balans in die opinie te bring moet ek se dat hy nie bang is om n voorspeler van vooraf te lak nie (jeugdige braafheid?) en hy kan ver skop (al is dit 99% windskeef). Miskien sal hy op 30 goeie rugby kan speel? Nes Percy?

Een ding is verseker... n Losskakel sal hy NOOIT wees nie; al wil hy hoe graag. Hy oorskat sy eie vermoeens ten hemele!

Ek het so 10 minute in die 2de helfte die TV afgeskakel van verleentheid oor hierdie quasi-Springbok!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Thursday, December 04, 2008 - 08:16
91. Terloops, as Dan Carter op losskakel was het die Baabaas VER gewen!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Thursday, December 04, 2008 - 08:17
92. Thank you for the Music, Jimmy! Goeie keuses...

GOOI MIELIES!!!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Thursday, December 04, 2008 - 08:19
93. Blue Buddies en Blou Vriende

Ooooooopppsss my predication was a mess - what a game - I thought our Bulle shone through - Francois Steyn is overrated and threw away plenty points, Hanbana was great and back on form, Bakkies was an animal (as usual) and Fourie reliable and always there - well done guys. Can't wait for the Super 14 - we gonna kill you all!!!!
Posted by Bulls r best (Johannesburg) Thursday, December 04, 2008 - 08:33
94. Môre blou mense

Ek stem saam, Steyn is nie 'n losskakel nie, gister het iemand gesê hy is te stadig. Wel gisteraand het hy gewys hy is te stadig om losskakel te speel.
Posted by Rustig (Centurion) Thursday, December 04, 2008 - 08:38
95. Ek is so bly hierdie game was gespeel voor 2009 seisoen begin het want nou kon almal sien dat ons nie kan bekostig om Francois op loskakel te kies teen kwaliteit spanne nie.Hy is te stadid en wil te veel goed self doen!!!!In my opinie het Habana nie beindruk nie en hierdie af rukkie sal hom net goed doen.Maar laat ek julle manne een ding belowe,die aussies gaan n goeie kans staan om 2011 die wereldbeker te wen.Daai Robbie Deans gaan wondere met die aussies verrig!!!!!!!!!
Posted by bloukrag (Pretoria) Thursday, December 04, 2008 - 08:44
96. Wel, een ding is verseker; die Ausies se verdedigingspatrone was uit die boek uit. En dit sonder sleutel manne......

Ja, Robbie Deans is n yster afrigter.
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Thursday, December 04, 2008 - 08:56
97. Ja

Robbie Deans gaan nog baie met Australie regkry, veral die jong outjies soos O'Connor , Quade Cooper en Berrick Barnes kan dit nog ver bring. En al is hy nog beseer is James Horwill 'n yster van 'n slot.
Ek dink nie ons moet Frans afskryf nie. Hy het die laasste ruk baie goed op senter vertoon, veral in die Curriebeker finaal.
Ek is ook bly ons het hom nou vir 'n volle wedstryd op losskakel gesien, dit sal geen sin maak as Pieter de Villiers hom na gisteraand gou weer as loskakel kans gee nie.
Posted by blouHenk (PE) Thursday, December 04, 2008 - 09:31
98. 27. Johan Muller hoort nie daar nie, hy is pateties. Steyn is ook te stadig vir n losskakel, hulle gaan weer n paar van sy balle afstorm. Die Guppies gaan dalk die Baabas die game kos.
Posted by Blou Karnallie Tuesday, December 02, 2008 - 11:03

Ek hoop Steyn begrawe nou sy losskakel drome en aspirasies. As Hougaard daar was het die Babaas gewen. Lank lewe tien man rugby. As n mens teen alle koste hardloop gaan jy nooit teen goeie verdediging wen nie.
Posted by Blou Karnallie Thursday, December 04, 2008 - 09:41
99. Blou Karnallie

Houghaardt sou gister beter as Steyn gevaar het, maar Houghaardt is soos Steyn nie naastenby goed genoeg om 'n Barbarian loskakel te wees nie. Oor hardlooprugby: Die Barbarians wedstryde is feesrugby, hulle speel al jare hardlooprugby, en ek dink die spelers se kommunikasie met mekaar was gister die grootste probleem, dit vat tyd om gewoond aan mekaar te raak.
Ek is nie 'n voorstander van 10 man of "hardloop ten alle koste" rugby nie. Om te kan aanpas by die situasie en verskillende style binne een wedstryd te speel maak moderne spanne suksesvol. Die All Blacks is 'n goeie voorbeeld, hulle het 'n sterk skrum met uitstekende aanvallende agterspelers, en die wereld se beste losskakel(wat 10 man en hardlooprugby beter as enige iemand anders kan speel)
Soms is direkte rugby nodig, en ander kere moet jy die bal wyd vat.
Posted by blouHenk (PE) Thursday, December 04, 2008 - 10:05
100. Ek wil nou nie partydig wees nie maar die barbarians sou baie beter agterlangs gelyk het gisteraand as Morne Steyn loskakel was aangesien ver lynskoppe en so nie deel is van hulle spelwyse nie!Morne kan n agterlyn net beter wegstuur as ander loskakels in ons land.
Posted by bloukrag (Pretoria) Thursday, December 04, 2008 - 10:16
101. Blouhenk,

Ek en jy het iets in gemeen. Jy is net so lief vir die WP as wat ek vir die Bulle is!!! Dit is al hoe ek jou onsinnighede op heirdie site kan vertolk.

Om Chester in die beste Springbok-span sedert 1992 te sit, is nie net snaaks nie, dit is ook onverantwoordelik teenoor die groot en goeie spelers wat ons die afgelope 15 jaar opgelewer het. Het jy so vinnig vergeet van 'n Leeu soos Pieter H wat in 'n oomblik van briljantheid dienasie in 1995 hoop gegee het toe hy om Campese is? Dink jy regtgi Chester sou 'n 5 % kans gehad het om dit te doen, ek gaan nie eers begin om name soos Small Olivier en Oosthuizen te noem nie.

Luke sou lankal al iemand gedagvaar het oor die Dutchmen uitlating as dit nie waar was nie. Hy het in die dae onmiddelik na die nuus gebreek het uitgevaar teen die koerantman (ons weet wie dit is) wat hom aangehaal het. Die feit dat die Stormers se hele afrigting-span Maandag groen gedra het getuig seker hul solidarieteit met jou groot held. Dit is so maklik om jouself as hierdie groot kruisvaarder te beskou, maar ongelukkig word enigiemand gemeet aan sy woorde en dade, en daar faal jou Watson klaaglik.

Schalk was gisteraand so oorskadu deur Jerry en Richie, dat mens vir hom jammer was. Sy gebrek aan voorgevoel en visie is jammerlik aan die kaak gestel. George Smith het koning gekraai teen hierdie veelgeroemde lostrio omdat daar net twee in daai trio was. Enkele jare gelede het ons een aand in Welgemoed (Kaapstad) 'n video sessie gehad oor Schalk omdat almal so verskil het oor hom. Die Schalk fans moes na die tyd erken dat hy baie min doen vir die feit dat hy orals gesien word.

Maar nou ja, Henk ek is vir die Bulle net so lief soos die lewe self, en dit is iets wat jy seker nie sal verstaan nie.


Wees getrou my Blouvolk!!!!! en vir jou webbie!
Posted by Weskaap bul (kaapstad) Thursday, December 04, 2008 - 10:24
102. Weskaap bul

Jou post is onregverdig, ons opinies verskil duidelik. Ek gaan nie weer by 'n bakleiery betrokke raak nie
Posted by blouHenk (PE) Thursday, December 04, 2008 - 11:03
103. Weskaap bul, ek verskil met jou oor Schalk. Ek dink weer hy was die Barbarians se beste speler in die lostrio. Onthou hy agsteman gespeel en nie flank nie. Richie het goed gespeel in die eerste 20 minute en daarna weggeraak.
Posted by Blou Karnallie Thursday, December 04, 2008 - 11:32
104. Hy het agsteman
Posted by Blou Karnallie Thursday, December 04, 2008 - 11:33
105. Bloukanalie, Schalk was volgens my die beste speler in die Barbarian span. Habana het self goed gelyk, maar hy is baie goed dopgehou.
Posted by blouHenk (PE) Thursday, December 04, 2008 - 11:37
106. Schalk het hard probeer, Blouhenk. Die Aussies het soos tiere verdedig. Ek was veral beindruk met hulle haker. Ek dink ook ons het vir Victor gemis. Muller is nie meer n slot wat op daai vlak kan meeding nie.
Posted by Blou Karnallie Thursday, December 04, 2008 - 11:58
107. Blouhenk

Jy sal nog leer mense op die blog het gevestigde idees, en as jy van hulle verskil, is jy nie kwansuis verkeerd nie.
Posted by Rustig (Centurion) Thursday, December 04, 2008 - 12:07
108. Ja Karnallie, daai haker(dink sy naam is Palotu-Nau) se duikslag op Collins was reusagtig. En daai onder arm aangee ook.
Posted by blouHenk (PE) Thursday, December 04, 2008 - 12:12
109. blouHenk
Ek stem Schalk was reusagtig, maar weet jy, die Bulle sit met 'n 8 in Pottie wat week in en week uit as sub opkom en daardie tipe werkverrigting lewer, maar nie sover die vertroue van die afrigting span geniet nie, want hulle klou aan 'n uit vorm Piere Spies in die hoop dat hy sal regkom.

Of dit nou onder instruksies van die nasionale afrigter geskied en of daar ander redes is weet ek nie, maar ek verstaan die situasie nie. Hulle los verlede jaar vir P3 uit oor hy kwansius aan sy vorm moet werk, maar hulle volhard met Spies wat nie 'n skadu van die speler is wat hy was nie. Hy herinner op die veld regtig aan Don Quichot op sy donkie wat stoei met 'n windmeul agter die skrum . En as die donkie moet begin hol dan val hy af.

Ek is bevrees dat ons vir Pottie gaan verloor en dan sit ons nou regtig in $%#@ straat.
Posted by bloutokkelosie (Pretoria) Thursday, December 04, 2008 - 12:27
110. Goeiegad Bloubul bloggers,

Francois Steyn kort 'n haarsny, 'n paar warm klappe en 'n bietjie humble pie. Dan kan hy dalk terugkom en 'n goeie gemiddelde provinsiale heelagter word, want hy kan darem ver skop. Dis al.

Terloops, BlouHenk, Hougaard is besig om een van die sterre in die Britse Premierliga te word. Hou maar dop. So, Hougaard kan nie feestelike hardlooprugby speel nie, né? Wie was nou weer die losskakel in die Bulls-span wat die Reds met 92-3 gekarnuffel het in 2007?
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Thursday, December 04, 2008 - 13:27
111. Sooi Brandt,

Ek stem 100% saam,Hougaard was SA se beste loskakel gewees ons land het net te behep geraak met n running loskakel en en die belangrike take van n loskakel vergeet!Hy moet weet wanneer om te skop ,wanneer n goeie bal gehardloop word ens.Daarmee was Hougaard by verre die beste.Waar was Butch met die Super14 final,nerens want hy was oorskadu deur n loskakel wat 2 tipe games kon speel.Dit was wat Naas so goed gemaak het.
Posted by bloukrag (Pretoria) Thursday, December 04, 2008 - 13:45
112. Sooi Brandt, as Joost my sal verskoon en nie dagvaar vir kopiereg nie, wil ek sy woorde gebruik nl "jy is 100% reg" - #110.

Ek het gereken die Baabas gaan die Ausies slag, veral nadat hulle teen Wallis verloor het. Toe draai die Ausies om en bewys dat jy soms die ou hout moet los en siedaar!!! Hulle verdediging was briljant.

MY OPINIE is dat die Baabas gedink het dit gaan maklik wees. Net twee oefeninge gehad. Die Baabas het te individueel gespeel. Schalk het sy bes gedoen en bly kliphard (en bietjie dom?). Hoe sy lyf hou bly 'n raaisel - seker die gene. Die vertroue wat Jake in Steyn het, is seker nou heelwat minder. Ek sou Percy en Steyn na 15 min omgeruil het. Ruan Pienaar moes baie "veilig" geslaap het laas nag. Habana het hard probeer, Percy ook.

Skiet my maar soos 'n springbok, moenie 'n speler beoordeel na een swak of goeie wedstryd nie. Die wat egter beweer Jean de Villiers is in die klas van Danie Gerber / Mannetjies Roux moet tog weer kyk. Ek is bly om te sien Bakkies het 80min gespeel. Waarom Koster in 'n Internasionale span was, weet net Jake. Kankowski sou 'n beter keuse gewees het. As die Bulls so kan verdedig soos die Ausies gister, kan ons die S14 wen sonder Derick Hougaard en sy afrigter.
Posted by JB 007 (Centurion) Thursday, December 04, 2008 - 17:59
113. More almal.
JB, een van die Barbarians se tradisies is om ten minste een "uncapped" speler te kies. Daarom iemand soos Koster. Vir almal wat so moan oor van die keuses, die Barbarians is nie 'n wereld span nie, dis 'n uitnodiging span. Die afrigter (hierdie keer Jake white) nooi spelers om die game te speel. Eks seker daar was ten minste 1 of 2 spelers wat hy genooi het wat dit nie kon of wou maak nie. Dan ook is die Noordelike halfrond se ouens besig met hul klubrugby en meestal ook nie beskikbaar nie.
Lekker dag en naweek aan almal
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Friday, December 05, 2008 - 07:29
114. JB 007,

@112

Stem saam met jou.
Jean de Villiers is glad nie in dieselfde klas as Danie Gerber en Mannetjies Roux nie.
Jean de Villiers het een van sy minder goeie games gehad.

Daai Aussie het hom darem te maklik afgestamp voordat hulle daai drie gedruk het.
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Friday, December 05, 2008 - 08:20
115. Beeld - “Ons is teleurgesteld oor die Baabaas senederlaag,” het John Smit gesê.

“Die intensiteit was baie hoog, waarskynlik net so hoog soos enige toets waarin ek gespeel het. Dit was redelik woes daar buite,” het Smit gesê.

Schalk Burger, wat agsteman gespeel het, het eerstehands ervaar waarvan Smit getuig het. Burger het soms die eerste verdediger afgestamp net om deur twee of drie Wallabies toegesak te word.

McCaw was redelik stil met Jerry Collins wat ook aan die Burger-ervaring blootgestel is.

Agterlangs het die Barbarians erg teleurgestel. Fourie du Preez was stil agter die pak, terwyl Frans Steyn op losskakel gesukkel het om besluite te neem.

Jean de Villiers was ook nie op sy beste nie en is trouens deur Ryan Cross afgestamp wat tot Lote Tuqiri se drie gelei het.

Bryan Habana wat later heelagter toe geskuif is, het hard probeer, soms té hard in spanverband.

Die Barbarians se spelers het van die tradisie weggebreek en vir die eerste keer nie die kouse van hul onderskeie klubs gedra nie, maar wel dié van Cornwall.

Cornwall was die graafskapspan wat namens Brittanje in 1908 teen Australië om die goue medalje op die Olimpiese Spele in Londen meegeding het.


Die kragmeting was ook die 60ste herdenking van die eerste toerwedstryd wat Australië in 1948 teen die Barbarians gespeel het.

Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Friday, December 05, 2008 - 08:31
116. Blou Osse

Stem saam oor De Villiers. Cross het hom hopeloos te maklik afgestamp. Sy verdediging is egter normaalweg rotsvas. Mau Nano en ander kan daarvan getuig na die 3 nasies.

Dis moeilik om spelers uit verskillende era's te vergelyk, maar vir my was Danie Gerber en Michael du Plessis die beste senters wat ek nog vir SA sien speel het. En ja, ek dink ook nie De Villiers is in hul klas nie. Het nooit die voorreg gehad om Mannetjies Roux te sien speel nie, net hier en daar 'n drie op die ou Sprinboksage. My Pa het my ook altyd oor Joggie Jansen se plettervatte vertel.

Ek wens net die WP ondersteuners wil ophou om Danie Gerber te probeer "claim" net omdat hy 'n paar seisoene daar gespeel het. Hy is 'n OP boytjie deur en deur.
Posted by blouHenk (PE) Friday, December 05, 2008 - 09:17
117. Stem nie saam met julle oor Jean d V nie!!!
Daai ou is klas. Ja, hy het 'n af game gehad teen die baabaas.
Maar kyk hoe hy heel jaar gespeel het. Nie net sy onderskep vermoens nie, maar hoe hy ander spelers in die gap sit is baie goed.
Die doring van Despatch was 'n buitesenter. Sou darem graag Jean en Danie langs mekaar sien speel het!
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Friday, December 05, 2008 - 09:32
118. Jean de V is 'n bedrieglike begaafde speler. Beserings het sy loopbaan effe bederf maar hy lyk goed op die oomblik. Net jammer hy speel vir die Briesies en die Piealweers!

Ek dink dis tyd vir 'n opdatering van die S14 se profiele. Lobberts Demas en daai manne is mos weg!! Of is daar nog spelers wat moet bykom waarvan ons nie weet nie???
Posted by bloubefoeterd (pretoria) Friday, December 05, 2008 - 10:27
119. Adrian Jacobs verdien ook baie krediet vir hoe hy hierdie jaar gespeel het. Min mense het hom 'n kans gegun, hy het baie monde stilgespeel.
Hy en Jaques Fourie is verskillende spelers, en altwee baie begaafd, die bokke is gelukkig om 'n slag weer genoeg senters van gehalte te he.
Verkies op die oomblik vir Jacobs bo Fourie.
Posted by blouHenk (PE) Friday, December 05, 2008 - 11:15
120. BlueCon5

Jorrie Mulder was by verre Suid Afrika se beste senter nog. 3 maal beter as Danie Gerber
Posted by blouHenk (PE) Friday, December 05, 2008 - 11:17
121. Ek stem, BlouHenk (#120). En Lance Sherril was loshande ons beste losskakkel. Beter as Naas, Lem en Butch tesame...
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Friday, December 05, 2008 - 11:59
122. Dis reg Sooi Brandt, ek sien jy ken jou rugby
Posted by blouHenk (PE) Friday, December 05, 2008 - 12:03
123. Ek kan nie glo die Bokkeurders het al die jare vir Bakkies Botha bo Rob Linde gekies nie. Rob Linde sal vir Bakkies en Vleis Visagie gelyktydig opvrommel.
Posted by blouHenk (PE) Friday, December 05, 2008 - 12:05
124. Beste bokspan OOIT!

1. Lawrence Sephaka
2. Owen Nkumane
3. Dawie Theron
4.
5. Quenton Davids
6. Warren Brosnihan
7.
8.
9. Bolla Conradie
10. Lance Sheryll / Louis Koen
11.
12. Jorrie Mulder
13. Kaya Molotana
14.
15.

Help bietjie asb, ek sukkel...
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Friday, December 05, 2008 - 12:16
125. BlueCon5, ek dink nie hulle kan al suksesvol n brein oorplant nie, so ek kan jou nie help nie, lekker sukkel.
Posted by Blou Karnallie Friday, December 05, 2008 - 12:29
126. Beste bokspan OOIT!

1. Lawrence Sephaka
2. Owen Nkumane
3. Dawie Theron/Eddie Andrews
4. Nico Wegner
5. Quenton Davids
6. Warren Brosnihan
7. Solly Tibalika
8.
9. Bolla Conradie
10. Lance Sheryll / Louis Koen
11.
12. Jorrie Mulder
13. Kaya Molotana
14. Mcniel Hendriks
15. Russel Bennet

Ek kom ook nie veel verder nie, jmr
Posted by blouHenk (PE) Friday, December 05, 2008 - 14:25
127. Jorrie is seker Japie????
Posted by Bergbok (Stormers) Friday, December 05, 2008 - 14:33
128. Nee oom Bergbok, Japie was ok, Jorrie was useless.
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Friday, December 05, 2008 - 14:40
129. Beste bokspan OOIT!

1. Lawrence Sephaka
2. Owen Nkumane
3. Dawie Theron/Eddie Andrews
4. Nico Wegner
5. Quenton Davids
6. Warren Brosnihan
7. Solly Tibalika
8. Russel Winter
9. Bolla Conradie
10. Lance Sheryll / Louis Koen
11.
12. Jorrie Mulder
13. Kaya Molotana
14. Mcniel Hendriks
15. Russel Bennet
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Friday, December 05, 2008 - 14:41
130. 8=P Spies en11 = BHabana!!!!!LOL
Daar moet darem ook 2 Bloues in die span wees om die ander te help!!!!LOL
Posted by Bergbok (Stormers) Friday, December 05, 2008 - 14:42
131. Brosnihan het darem by ons kom aftree, so tel seker as 'n halwe bloue...
Selfde met Lance en Louis
Posted by BlueCon5 (Pretoria) Friday, December 05, 2008 - 14:55
132. Beste bokspan OOIT!

1. Lawrence Sephaka / Etienne Fynn
2. Owen Nkumane / Lukas van Biljon
3. Dawie Theron / Eddie Andrews
4. Nico Wegner
5. Quenton Davids
6. Warren Brosnihan / Pierre Uys
7. Solly Tibalika / Marco Wentzel
8. Russel Winter
9. Bolla Conradie
10. Lance Sheryll / Louis Koen
11. Dean Hall
12. Jorrie Mulder / Wayne Julies
13. Kaya Molotana
14. Mcniel Hendriks
15. Russel Bennet / Werner Greeff

Posted by BlueCon5 (Pretoria) Friday, December 05, 2008 - 15:11
133. LOL maar julle is wraggies erg verveeld né....
Posted by bullsdaisy (Pretoria) Friday, December 05, 2008 - 16:04
134. Liefde is my nooi se soen, sagter as die lente groen, dieper as die diepste see wanneer sy haar lippe vir my gee..... Liefde Is My Nooi Se Naam - Billy Forest.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, December 06, 2008 - 01:50
135. Sy ken elke draai van die lewe, sy het deur vuur en oor berge geloop. Sy dans die wals van die lewe, sy is mooi en sy vra bietjie liefde..... Die Wals Van Die lewe - Bobby Angel.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, December 06, 2008 - 01:59
136. Hy dink dink aan die jare van oefen en glo, hy dink aan die skare wat juig en aan die beloning as die wenner kom buig...... Hart Van 'n Wenner - Dennis East.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, December 06, 2008 - 02:07
137. Die radio speel ons liedjie oor en oor, die wind waai groot verlange begin weer voor. Ek sit by die kaggel so alleen.....Kom Terug na My - Lance James.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, December 06, 2008 - 02:18
138. Mooi is die helder dae, almal sien uit daarna. Kyk hoe die water skitter en skater laat ons die lied voltooi.....Mooi Is Die Lewe Nou - Rudi Neitz.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, December 06, 2008 - 02:29
139. Hierdie is 'n paar onbekende songs in Afrikaans deur hierdie groot geeste....

Gooi Mielies!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, December 06, 2008 - 02:43
140. Mooi Bokkies......Doet so Voort!!!!!!
Posted by Bergbok (Stormers) Saturday, December 06, 2008 - 13:49
141. Nou le Fiji voor!!!!
Posted by Bergbok (Stormers) Saturday, December 06, 2008 - 13:51
142. The Springbok sevens team beat England for the second time in a week to earn a place in the Cup semifinals of Emirates Airlines South African Sevens...
Mooi Bokkies!!!!
Posted by Bergbok (Stormers) Saturday, December 06, 2008 - 15:30
143. Webbie,jy kan nou n slag hierdie onderwerp change.......die Babaas het lankaal die game verloor!!!
Posted by Bergbok (Stormers) Saturday, December 06, 2008 - 16:18
144. Bergbok,
die is jou span se voorland
Posted by "mielieboer" (Falcon Ridge) Saturday, December 06, 2008 - 17:26
145. "mielieboer"
Ja, het in 1981 Tukkies en Maties op Loftus gekyk.....Maties was besig om te wen!!!!N Klomp Tukkies (van WTVL) het heeltyd vir my gese....."Wag maar tot die CB,dan vreet die Bulle Julle soos MIELIES"
Wat gebeur toe......WP wen die CB 5 jaar na mekaar!!!!!
So,ons sal maar sien!!!!!
Posted by Bergbok (Stormers) Sunday, December 07, 2008 - 10:52
146. Ek wil ook net vir ons 7e Bokkies gelukwens met hul 2e Toernooi WEN!!!!!!!Mooi so!!!!!
Posted by Bergbok (Stormers) Sunday, December 07, 2008 - 10:57
147. GOEIE MORE EDELE BLOU VOLK!

Geluk BlitsBokkies!!! Vir julle eerste wen op eie bodem!

WEN NOU ALS!!!!!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, December 08, 2008 - 09:07
148.

Leicester lash Perpignan December 6th, 2008, www.keo.co.za

A 23-point effort by Toby Flood ensured Leicester secured a 38-27 bonus point victory over Perpignan.

The result sees Heyneke Meyer’s team moving to the top of Pool Three. Flood scored the first of four tries with former All Blacks centre Aaron Mauger, Jordan Crane and Matt Smith scoring the rest.

Philip Burger’s Perpignan are yet to welcome Dan Carter to their playing ranks, and are lacking a quality flyhalf with Nicholas Laharrague and Steve Meyer both on the injured list.

Geluk aan Heyneke.
Dink nie Houghaard gaan veel speelkans kry noudat Toby Flood terug is van die Engeland groep nie. Daar is baie ongelukkigheid in Engeland omdat oorsese spelers die jong Engelse spelers se plekke vat en daar nie genoeg Engelse spelers ontwikkel nie, met veral loskakel 'n probleem. Butch James, Houghaard en Staunten(Ierse speler) om 'n paar losskakels op te noem. Ek is ook nie seker of Houghaard in dieselfde klas as Toby Flood is nie.
Posted by blouHenk (PE) Monday, December 08, 2008 - 09:17
149. Blouhenk, stem saam met jou. Hougaard en Toby Flood is nie in dieselfde klas nie. Hougaard is 10 keer beter as Flood.
Posted by Blou Karnallie Monday, December 08, 2008 - 09:30
150. Blou Karnallie,

Stem saam met jou.

Toby Flood is niks om oor opgewonde te raak nie.

Hy is bloot 'n "gemiddelde" klub-losskakel.

Ek twyfel of hy by Bulle sal span kry.
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, December 08, 2008 - 09:47
151. More almal

Dis met 'n effense onweerswolkie dat ek or die Bulle se 2009 seisoen begin dink. Net so effense entjie wat nie die wyk wil neem nie.

Ek lees in Rapport dat Ian Schwartz waarskynlik ons nuwe direkteur van afrigting by die Bulle gaan word. Dis nou die pos waarvoor Heyneke so baklei het. Wat my nogal laat wonder waarom nou 'n jaar later? Wat my nog meer laat wonder is die feit dat Johan van Graan dalk die nuwe verdedigingsafrigter gaan word. Dis nou dieslefde ou wat ons voorspelers hierdie cc seisoen oorgeneem het en bra middelmatig vertoon het.

Watter ondervinding het Ian as direkteur van afrigting of afrigting self? Waarom nie Frans Ludeke wat as die afrigter aangestel is nie? Dit sou vir my die logiese stap wees? Waarom is McFarland weg? Nico Serfontein het al vir 6 jaar ongekende suskes by die Bulle behaal en ons kon hom nooit promote nie (SA rugby maak hom 021 assistent afrigter!), maar instede word Boetman van Graan as afrigter in die senior span behou.

Nee Bulle. Ons (die ondersteuners) word al weer vir souskoppe gesien en die Unie dink ons sien niks raak nie. Als is nie pluis in daardie afrigtingspan nie en dit gaan WEER 'n effek op die span se gesindheid hê. Ek raak nou gatvol vir die onstabiliteit by die Bulle en die Unie is tjoeptstl oor alles.

Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, December 08, 2008 - 11:26
152. Ek het gister Leicester se game gekyk en ek was beindruk met hul verdediging maar ek dink nie dis so hot span nie. Toby Flood en die skrummie was vir my hul beste agterspeler. En ek dink hy is beter as Derick. Maar ek kan verstaan dat Heyneke beter voorspelers gaan begin soek.

Vir Perpignon sien ek toe vir die eerste keer weer in 1 jaar vir Phillip Burger. wat 'n paloeka.

Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, December 08, 2008 - 11:33